Skip to content
Question paper

Economic And Management Sciences Grade 9 November EC 2016 QP

Grade 9 Economic And Management Sciences question paper from the November EC 2016, 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Economic And Management SciencesGrade 9201620 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2016 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE PUNTE: 200 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 20 pages insluitend ʼn bylaag.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae en VIER afdelings. AFDELING A: 60 punte AFDELING B: 40 punte AFDELING C: 60 punte AFDELING D: 40 punte 2. Beantwoord ALLE vrae. 3. Gebruik dieselfde nommeringstelsel as die een wat op die vraestel gebruik word. 4. Lees die vrae noukeurig deur en beantwoord slegs dit wat verlang word. 5. AFDELING C moet op die BYLAAG agter op die vraestel beantwoord word. AFDELINGS A, B en D moet in jou ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 6. Gebruik die puntetoekenning om die vereiste lengte van jou antwoord te bepaal. 7. Verskaf duidelike, netjiese antwoorde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 AFDELING A VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Kontant ontvang vir dienste gelewer en kontant verkope word aangeteken in die … A Debiteurejoernaal. B Krediteurejoernaal. C Kontantontvangstejoernaal. D Kontantbetalingsjoernaal. (2) 1.2 Die ekonomiese stelsel van die VSA is ʼn voorbeeld van ʼn ... A gemengde ekonomie. B markekonomie. C beplande ekonomie. D globalisasie. (2) 1.3 BB’s is ʼn handelaar wat die voorraad teen ʼn winsopslag van 33⅓% verkoop. Indien die verkoopprys van ʼn artikel R400 is, is die kosprys van die artikel gelyk aan A R200. B R150. C R300. D R800. (2) 1.4 Hierdie funksie is gemoeid met die interne en eksterne beeld van die onderneming: A Openbare betrekkinge B Algemene bestuur C Finansiële funksie D Bemarking (2) 1.5 Hierdie afdeling vorm nie deel van ʼn sakeplan nie. A ʼn Bemarkingsplan B ʼn Strategiese plan C ʼn Operasionele plan D ʼn Finansiële plan (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) 1.6 Die wet op aanbod beslis dat, wanneer die pryse van goedere en dienste verhoog, die hoeveelheid goedere en dienste wat deur verskaffers aangebied word, sal ... A verhoog. B daal. C onveranderd bly. D geleidelik afneem. (2) 1.7 Die … -joernaal word gebruik vir goedere wat aan verskaffers teruggestuur word: A Debiteureafslag B Krediteureafslag C Debiteure D Krediteure (2) 1.8 As die prys van plaasvervangerprodukte produkte daal, sal die aanvraag van ons produk ... A verminder. B vermeerder. C konstant bly. D geleidelik daal. (2) 1.9 Watter van die volgende behoort NIE aan die tersiêre sektor NIE? A Pillay en Meyer Prokureurs B Pick ʼn Pay Groothandelaars Beperk C Frystark meubelvervaardigers D Drs. Botha, Fourie en Gerber tandartse (2) 1.10 Laste verhoog met ʼn inskrywing aan die ... kant en neem af met ʼn inskrywing aan die … kant van die lasterekening. A debiet en krediet B debiet en debiet C krediet en debiet D krediet en krediet (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 VRAAG 2 Voltooi die onderstaande sinne deur ʼn gepaste woord uit die woordelys te kies. Woordelys: debietnota; oorspronklike faktuur; vaste koste; veranderlike koste; gemengdemark; beplande; gelykspeelpunt; kredietnota; sakeplan; bedryfsbate; verbruikers 2.1 ʼn … dui op die optrede, doelwitte en metodes hoe doelwitte van ʼn onderneming sy doelwitte bereik. (2) 2.2 Handelsvoorraad is ʼn voorbeeld van ʼn … (2) 2.3 Die Nasionale Kredietwet is ontwikkel om … te beskerm. (2) 2.4 Die … is die brondokument vir die aankoop van goedere vanaf krediteure. (2) 2.5 ʼn Ekonomiese stelsel waar die staat alle dienste voorsien en alle produksiefaktore besit, staan as ʼn … ekonomie bekend. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 3 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A‒M) van jou antwoord langs die vraagnommer (3.1‒3.10) neer, byvoorbeeld 3.11 O. KOLOM A KOLOM B 3.1 Kapitaal A ʼn Stelsel wat ʼn land kies waarvolgens die hulpbronne aangewend word 3.2 Ekonomiese probleem B Bestuur van die bates en laste van die besigheid 3.3 Gemengde ekonomiese C Dit verteenwoordig die belegging van die stelsel eienaar se besigheid in die ekonomiese stelsel 3.4 Ekonomiese stelsel D Die aangaan van koste om inkomste te genereer 3.5 Mark ewewigsprys E Regering en private ondernemings span saam vir gesonde ekonomiese groei 3.6 Bedryfslaste F Die prys waar die vraag en aanbod vir ʼn produk dieselfde is 3.7 Huishoudings G Dit is ʼn geslote stelsel 3.8 Finansiële funksie H Bestaan uit mense wat saamwoon en ekonomiese besluite saam neem 3.9 Uitgawe I ʼn Duidelike inspirerende verklaring wat verbruikers oorreed om die produk of diens aan te skaf 3.10 Visiestelling J Die randwaarde waarteen ʼn kliënt kan koop K Dit word binne die tydperk van een jaar terugbetaal L Verbruikers wat ʼn kwaliteitproduk in plaas van ʼn ander aankoop M Die aanwending van beperkte hulpbronne om onbeperkte behoeftes te bevredig (10 x 2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE 7 VRAAG 4 Kies die korrekte woord of term hieronder om die korrekte stelling aan te dui. Skryf slegs die korrekte woord of term langs die vraagnommer(4.1‒4.5) neer. 4.1 (Globale ekonomie/Globale belang) verwys na die wyse waarop die ekonomieë van verskillende lande verbind word. (2) 4.2 Die (kredietstrokie/kredietnota) is die brondokument wat gebruik word wanneer beskadigde/onbevredigende goedere deur die debiteur teruggestuur word. (2) 4.3 Die (mark/raadsaal) is die plek waar kopers en verkopers bymekaarkom. (2) 4.4 Wanneer die eienaar geld of goedere uit die besigheid vir eie gebruik neem, word dit (kapitaal/onttrekkings) genoem. (2) 4.5 Die beste manier om die geld van jou onderneming te monitor, is deur die opstel van ʼn (begroting/sakeplan). (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 5 COSATU VELDTOG “Op 10 Mei 2000, het meer as 4 miljoen werkers in Suid Afrika ʼn staking geloods. Die staking was deel van COSATU se veldtog om teen werkverliese te protesteer en om te veg vir ʼn beleid wat werkskepping aan moedig.” [Bron: Uittreksel uit The Star] 5.1 Definieer die term “kollektiewe bedinging”. (2) 5.2 Noem die TWEE belangrikste kwessies waaroor vakbonde gewoonlik onderhandel. (2) 5.3 Verduidelik, in jou eie woorde, waarom vakbonde soveel mag het; met ander woorde wat maak hulle so magtig. (4) 5.4 Verduidelik die historiese ontwikkeling van vakbonde in Suid-Afrika. (8) 5.5 Evalueer die volgende stelling: “Vakbonde word slegs betrokke by sake rakende lone en werksomstandighede; hulle nie soveel gesteld om politieke aangeleenthede nie. ” (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE 9 5.6 Skryf ʼn paragraaf, en verskaf ook jou eie voorbeelde, om aan te dui hoe vakbonde besighede kan help om te ontwikkel en meer volhoubaar te groei. (8) 5.7 Die onderstaande stellings beskryf die vloei van inkomste van ʼn ekonomie. In elk van die volgende gevalle, dui die relevante deelnemer aan. Skryf slegs die vraagnommer (5.7.1–5.7.7)en die korrekte antwoord neer. Byvoorbeeld: 5.7.8 Betaal persoonlike inkomstebelasting aan die SAID. Antwoord: 5.7.8 Huishoudings 5.7.1 Ontvang belasting van ander deelnemers (2) 5.7.2 Betaal maatskappy belasting. (2) 5.7.3 Verdien lone van ander deelnemers. (2) 5.7.4 Verskaf lenings aan huishoudings en besighede. (2) 5.7.5 Verkoop goedere en dienste aan ander deelnemers. (2) 5.7.6 Verskaf arbeid aan die regering en ander besighede. (2) 5.7.7 Ontvang besparings van huishoudings. (2) TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING C: FINANSIËLE GELETTERDHEID LET WEL:  Die antwoorde van hierdie afdeling moet op die BYLAAG beantwoord word.  Die BYLAAG moet verwyder en aan jou ANTWOORDEBOEK geheg word. VRAAG 6 6.1 Gebruik die onderstaande inligting om die transaksies in die betrokke hulpjoernale van A Rosenberg, wat handel dryf as ROSENBERG HANDELAARS, aan te teken. 6.1.1 Kontantontvangstejoernaal met ontledingskolomme vir: Ontleding van Ontvangste, Bank; Verkope; Koste van verkope; Debiteurekontrole en Diverse rekeninge. Laaste kwitansie uitgereik nr. 445. (12) 6.1.2 Kontantbetalingsjoernaal met ontledingskolomme vir Bank; Handelsvoorraad; Krediteurekontrole en Diverse rekeninge. Laaste tjek uitgereik was nr. 312. (16) 6.1.3 Debiteurejoernaal met ontledingskolomme vir Verkope en Koste van Verkope. Laaste faktuur uitgereik was nr. 92. (4) 6.1.4 Krediteurejoernaal met ontledingkolomme vir Krediteurekontrole; Handelsvoorraad en Diverse rekeninge. Laaste (hernommerde) faktuur nr. 145. (4) 6.2 Boek oor na die volgende rekeninge in die ALGEMENE GROOTBOEK: 6.2.1 Kapitaal (B1) (3) 6.2.2 Handelsvoorraad (B2) (8) 6.2.3 Debiteurekontrole (B3) (5) 6.3 Boek die betrokke transaksies oor na die volgende rekening in die Debiteuregrootboek: 6.3.1 S FONTANA (D2) (4) 6.4 Boek die betrokke transaksies oor na die volgende rekeninge in die Krediteuregrootboek 6.4.1 A BOTHA (C2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE 11 INLIGTING: UITTREKSEL VAN SALDO’S OP 30 APRIL 2015 ALGEMENE GROOTBOEK: Kapitaal (B1) R160 400 Debiteurekontrole (B3) R9 062 Bank (Dt) (B4) R55 611 Handelsvoorraad (B2) R34 354 Krediteurekontrole (B5) R6 554 DEBITEUREGROOTBOEK: S Fontana (D2) R1 230 L May (D1) R786 M Solomon (D3) R2 000 KREDITEUREGROOTBOEK: C Beku (K1) R2 660 A Botha (K2) R1 650 W de Vos (K3) R1 000 LET WEL: ROSENBERG Handelaars handhaaf ʼn winsopslag van 80% op die kosprys vir kredietverkope en ʼn winsopslag van 35% op die kosprys vir kontantverkope. TRANSAKSIES VIR MEI 2015 1 A Rosenberg verhoog sy kapitaalbydrae tot R180 000. Ontvang ʼn kwitansie vanaf die boekhouer Ontvang R1 200 van Duzi Eiendomme vir die huur van een van die kantore. 2 Betaal Chowan vir handelsvoorraad, R6 600 en vir skryfbehoeftes, R53. 3 Verkoop goedere op krediet aan L Mei, R894,60. 4 Ontvang faktuur nr. 708 van C Beku vir die aankoop van goedere op krediet vir R650. 8 Kredietverkope van goedere aan: S. Fontana R1 429,20 L. May R934,20 9 Wissel ʼn tjek vir die tweeweeklikse lone, R2 650. 10 L Mei vereffen haar rekening tot op datum. Ontvang R5 525 van M Salomo as betaling van sy rekening. 12 Koop goedere op krediet van A Botha vir R1 800. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) 14 Kontantverkope van goedere met ʼn kosprys van R1 340 (KRR). Ontvang ʼn tjek van R1 500 as betaling van die rekening vanaf S Fontana. 22 Kredietverkope van goedere met ʼn kosprys van R860 aan M Salomo. 23 Betaal die rekening van C Beku, R2 660. 26 Aankope van die volgende van A Botha: Handelsvoorraad R1 334 Verpakkingsmateriaal R932 28 Die eienaar betaal sy huis se versekerings premie van R320 met ʼn besigheidstjek aan Solo Versekeraars. 31 Die eienaar reik ʼn tjek uit aan die Stadsraad om die besigheid se water en elektrisiteit van R356 te betaal asook die water- en elektrisiteitsrekening van sy persoonlike woning van R652. TOTAAL AFDELING C: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE 13 AFDELING D: ONDERNEMINGSKAP VRAAG 7 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE XD KLEREMAATSKAPPY Die XD Kleremaatskappy spesialiseer in ʼn gewilde reeks kinderklere wat na winkels in al die groot stede in Suid-Afrika verskeep word. Dit is ʼn progressiewe besigheid wat gereeld marknavorsing doen om tred te hou met die veranderende modes en voorkeure van verbruikers. Die maatskappy hou ook voordurend die mededingers dop en monitor gedurig wat die verbruikers van XD Kleremaatskappy dink. Xolisa Dumani is trots op haar groeiende besigheid en is baie dankbaar teenoor die ondersteunende raad van direkteure. Die bestuurspan is entoesiasties en bekwaam. Nuwe voorstelle vir ʼn kafeteria en gimnasium deur Lunga Makeleni, die Openbare Betrekkinge bestuurder, was goed ontvang. Opgegradeerde rekenaartegnologie het toegang tot inligting verbeter. Daarbenewens is ʼn nuwe verskaffer van grondstowwe, wat XD se klere mededingend sal hou, geïdentifiseer. Die kontantvloei is gesond en ʼn firma van konsultante het maniere voorgestel om die besigheid se risiko’s te verminder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) 7.1 Stel ʼn lys op van al die besigheidsfunksies van XD Kleremaatskappy, in dieselfde volgorde as waarin dit in die gevallestudie voorkom. (8) 7.2 Stel ʼn organigram van die besigheid op, wat al hierdie funksies uitbeeld. (20) 7.3 Watter funksie is uitgekontrakteer? (2) 7.4 Beskryf die teikenmark van hierdie onderneming. (4) 7.5 7.5.1 In die organigram hierbo (VRAAG 7.2) noem die funksie wat Xolisa se kollega verteenwoordig. (2) 7.5.2 Noem TWEE moontlike redes vir Lunga Makeleni se versoek. (4) TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
15 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) BYLAAG NAAM VAN LEERDER: VRAAG 6 KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN ROSENBERG HANDELAARS VIR MEI 2015 (KOJ5) Dok Dag Besonderhede Ontleding Bank Verkope Koste van Debiteure Diverse rekeninge nr. van verkope kontrole ontvangste Bedrag Besonderhede Downloaded from hlayiso.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) KONTANTBETALINGSJOERNAAL VIR ROSENBERG HANDELAARS VIR MEI 2015 (KBJ5) Dok Dag Besonderhede Bank Handels- Lone Krediteure Diverse rekeninge nr. voorraad kontrole Bedrag Besonderhede Downloaded from hlayiso.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 17 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) DEBITEUREJOERNAAL VAN ROSENBERG HANDELAARS VIR MEI 2015 (DJ5) Dok Dag Debiteur Fol. Verkope Koste van nr. verkope (8 ÷2) = (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) KREDITEUREJOERNAAL VAN ROSENBERG HANDELAARS VIR MEI 2015 (KJ5) Dok Dag Krediteur Fol. Krediteurs Handels- Diverse rekeninge nr. kontrole voorraad Bedrag Fol. Besonderhede (8 ÷2) = (4) Downloaded from hlayiso.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 19 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) ALGEMENE GROOTBOEK VAN ROSENBERG HANDELAARS Dt KAPITAAL (B1) Kt 2015 2015 Mei Mei (3) Dt HANDELSVOORRAAD (B2) Kt 2015 2015 Mei Mei 2015 Junie (8) Dt DEBITEUREKONTROLE (B3) Kt 2015 2015 Mei Mei 2015 Junie (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE (EC/NOVEMBER 2016) DEBITEUREGROOTBOEK VAN ROSENBERG HANDELAARS S FONTANA (D2) Datum Besonderhede Fol. Debiet(+) Krediet(-) Saldo 2015 Mei (8 ÷ 2) = (4) KREDITEUREGROOTBOEK VAN ROSENBERG HANDELAARS A BOTHA (K2) Datum Besonderhede Fol. Debiet(-) Krediet(+) Saldo 2015 Mei (8 ÷ 2) = (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Economic And Management Sciences

View all