You're offline
Skip to content
Memorandum

Equine Studies Memo 2019 Afr hlayiso.com

Subject: Equine StudiesGrade 1220199 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 PERDESTUDIE NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 200 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning van detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees van die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 9 AFDELING A VRAAG 1 1.1 A–2 B–6 C–1 D–4 E – 3 of 7 1.2 1.2.1 Sprinkaanbos (Senecio) – affekteer ingewande, lewer, senuwees en vel, veroorsaak diarree, koliek, gewigsverlies, geelsug (ikterus), steiering, songevoeligheid Malpitte (Datura) – belemmer die parasimpatiese stelsel, veroorsaak impaksiekoliek, vergrote pupille, blindheid, stuipe (stuiptrekkings), diafragmaverlamming, spierkoördinasiegebrek/ ataksie Mienie-mienie boontjie – koliek, bloederige diarree, koors, jeukende en geïrriteerde vel Bobbejaantou – spierkoördinasiegebrek/ataksie, stuiptrekkings, stywe/verdraaide nek Varings (Bracken) – depressie, spierkoördinasiegebrek/ataksie, blindheid, kop en nek op en agtertoe, konvulsies, bewing Blou-groen alge – diarree, dehidrasie, koliek, lewerversaking, fotosensitiwiteit, stuiptrekkings Harige stinkblaar – dermknoop, koliek, spierkoördinasiegebrek/ ataksie, konvulsies, blindheid (enige twee plante twee punte elk, hoef slegs twee simptome in te sluit om die punte te behaal) 1.2.2 Olie smeer die derm om absorpsie van gifstof te verhoed en reinig derms van gifstof, dus minder tyd vir absorpsie. 1.2.3 Groot hoeveelheid word benodig om doeltreffend te wees, sal nie genoeg inkry nie en perd hou nie van smaak nie, as perd gedwing word, kan dit in 'n long beland en longontsteking veroorsaak. 1.3 1.3.1 Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 1.3.2 Lopende Betaalstelsel (betaal soos jy verdien) 1.3.3 Belasting op toegevoegde waarde 1.3.4 Werkloosheidsversekeringsfonds 1.3.5 Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 9 VRAAG 2 Boudspier Trapesiumspier Kop-longissimusspier Bragiokefaliese spier Driekopspier 2.1 3 punte toegeken vir elke spier: korrekte plek en naam, korrekte oorsprong, korrekte invoeging. 2.2 Verlaagde aksie met min impuls, werk op die voorlyf en die agterhoef sal nie in lyn met die voorhoef wees nie (gebrek aan kolleksie) 2.3 trauma / pyn, gebrek aan gebruik, senuweeskade, verkeerde ry/ opleiding 2.4 Heuwelwerk, paalwerk, kolleksie (ry van agter) fisioterapie VRAAG 3 3.1 Atlas C1; Aksis C2 3.2 C1 of nekwerwels 3.3 Skedel toon die meeste sywaartse beweging, nekwerwels se sywaartse beweging neem toe tot C6 waar die meeste sywaartse beweging van alle werwels gesien word, dit neem dan stadig af, die minste hoeveelheid laterale buiging oor die skof en die lumbale area die middelste deel van borskas toon geringe laterale fleksie 3.4 'n Op- en af knikbeweging soos "Ja" IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 9 3.5 nekwerwels 3.6 Botsing van dorsale spineuse uitsteeksels (kissing spine) gewoonlik tussen T 14 – 16. Volgens die grafiek toon dit die minste beweging van ruggraat in hierdie gebied, gewoonlik as gevolg van verandering van rigting van die dorsale spineuse proses wat nie in die grafiek voorgestel word nie. 3.7 Gaan saal na – kan rugpyn en lordose (voorwaartse ruggraatverkromming) veroorsaak as dit nie goed pas nie, ruiter se gewig – te swaar veroorsaak lordose en verhoogde ruggraat, geen rus/hou aan werk hou die spiere sterk om korrek te werk, ry met geronde rug, ondersteun deur kern- en buikspiere om die ruimte in die werwelkolom te vergroot. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 9 AFDELING B VRAAG 4 4.1 4.1.1 Maand 1: aptytverlies aangesien 31/36 (86%) perde verbeter het Maand 2: LKV aangesien 31/37 (84%) perde verbeter het en aptytverlies nou 29/36 was (80%) Oor die hele tydperk het misversagting in 10/11 (91%) perde verbeter 4.1.2 Benodig langer as een maand om effek te toon, koliek as gevolg van ander redes as maagsere, groter navorsingsgroep sou dalk groter verandering aangedui het. 4.1.3 Weinig toegang tot weiding, meestal op stal beteken suur dikwels in kontak met 'n leë maagwand wat erosies veroorsaak, hoë spanningsomgewing spanning stel kortisol vry en maak perd vatbaar vir maagsere, hoë konsentraat lae ruvoer, gedeeltelik leë maag vir baie ure per dag konsentraat verteer vinnig en veroorsaak suurder omgewing, lae ruvoer beteken lae pH, omdat geen buffer of beskermende veselagtige mat vorm nie. Maagsuurproduksie duur voort, beteken dat suur dikwels in kontak is met 'n leë maagwand wat erosies veroorsaak, hoë intensiteit oefening op 'n leë maag laat suur op maagvoering spat. 4.1.4 (a) Speeksel buffer vir suur veral op die boonste oppervlakmat wat die spat van suur in die maag onderdruk. (b) Speekselvloei neem toe met molêre druk met eet vermeerder die hoeveelheid hooi wat gevoer word, aangesien kou die meeste molêre druk benodig. 4.1.5 stampvoet, rol, tande kners, na maag kyk, sweet, rusteloos, anoreksies, vermindering van of geen mis nie, verhoogde hartklop, verhoogde of verlaagde ingewandsgeluide. Kreun of steun (enige 7) 4.1.6 gebrek aan water, swak tande, swak gehalte hooi, parasiete, vreet grond, skielike verandering van dieet (enige 4) 4.2 4.2.1 Soutsuur word voortdurend in die maag afgeskei om die proteïene in die voer te denatureer (wysig). Die ensiem pepsinogeen word in 'n onaktiewe vorm afgeskei dit word deur soutsuur tot pepsien geaktiveer en hierdie pepsien laat proteïnevertering begin. 4.2.2 Meganiese en bakteriële vertering. Meganiese vertering is die fisiese opbreek van voer in kleiner deeltjies wat die oppervlakte vir verdere ensimaties vertering vergroot. Bakteriese vertering vind in die agterste ingewande plaas. Mikrobe in die blindederm breek deur gisting onverteerbare vesel af in vlugtige vetsure wat opgeneem en vir energie gebruik word. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 9 VRAAG 5 5.1 5.1.1 Verhoogde spoed veroorsaak groter potensiaal vir vaskulêre skade daarom berei die liggaam hom voor om enige moontlike bloeding reg te stel. 5.1.2 Perde wag die wedrendag af wat verhoogde adrenalien en spanning veroorsaak, dit op sigself kan die bloedplaatjietelling verhoog, die sametrekking van die milt sal gestoorde bloed versprei wat die hoeveelheid bloedplaatjies kan verhoog. 5.1.3 Oefening-geïnduseerde longbloeding / bloeiers / epistakse 5.2 Gastriese maagsere Koliek Akute diarree Twee simptome Gewigsverlies, Stampvoet, kyk na Waterige gedragsverandering, flank, sweet, ontlasting, pyn na eet, tande kners, rusteloos, pynlike buik, ens. anoreksies, ens. dehidrasie, anoreksie, ens. Een oorsaak Hoë konsentraat lae Dehidrasie, swak Bakterieë, virus, ruvoer, bestuur, gehalte hooi, vars gras, ens. spanning, hoë dieetverandering, werkverrigting wurms, ens. Deel van spys- maag maag, SI, LI SI, LI verteringstelsel Impak op deel van Skade aan die Dooie weefsel Inflammasie van spysverteringstelsel maagvoering, rooi weens gebrek aan voering van dun- letsels, pynlik as suur bloedtoevoer, en/of dikderm, die dun slymvlies raak. impaksiedraaiing, verminderde gasuitbreiding, ens. opname van vloeistowwe of verhoogde produksie van vloeistowwe. Aanvanklike Bel veearts, Bel veearts, Bel veearts, hou behandeling Omeprazole / verwyder perd en stal omeprocoat, kruie konsentraat, skoon, verwyder maagseermiddels, pynstillers konsentrate, dieetverandering verseker dat vars skoon water beskikbaar is, probiotika / prebiotika Voorkoming Verander bestuur, Ontwurming, Hou die verhoog ruvoer, verander voer gereedskap verminder opleiding en geleidelik, verseker skoon, pre/ spanning dat vars skoon water probiotika, beskikbaar is, ruvoer beperk die van goeie gehalte, skielike tandheelkundige vermeerdering opdatering, ens. van welige weiding, verander voer geleidelik, ens. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 9 5.3 Smaaklikheid is die smaak van die voer en hoe goed die perd dit vreet. Verteerbaarheid is hoe maklik die voer in die ingewande afgebreek word om energie deur die perd vry te stel. 5.4 sout / molasse 5.5 Moet 'n voedingsbord/-kaart bespreek, asook benoemde/genommerde voerbakke/-bedekkings, vervoer na stalle in kruiwa, ens. Moontlik meer as een voerkamer, volgorde van take, dubbelkontrolering voor uitstuur, veldperde afsonderlik gevoer en dopgehou, verwyder probleemperde of trae eters, meer as een persoon om te voed, dra hoede, bring in skofte na stalle, enige ander redelike antwoorde. 5.6 A Voer met hand vir kort rukkies, klein hoeveelhede nat hooi dikwels, konsentrate geleidelik bygevoeg sodra die hooi goed gevreet is en uitskeiding plaasgevind het; indien op boksrus, nie terug na vorige hoeveelhede pre-/probiotika nie. B Vars skoon water na goeddunke, benodig toenemende energie om melk te produseer namate vul groei en meer melk drink, verander voer volgens BCS C Hoë konsentraat 14 – 16%, 550: 50 konsentraat tot ruvoer verhouding, klein maaltye dikwels, beste kwaliteit voer, ulkusmedikasie. D Slegs ruvoer en weiding, afhangende van liggaamtoestandtellings, anders proteïne van goeie gehalte om spiermassa vol te hou, nie 'n hoë persentasie proteïene, wat die niere en lewer kan beskadig nie. Bekyk tande, benodig dalk maklik verteerbare voer, olie, pre-/ probiotika. E Moet op 'n hoë ruvoer, lae konsentraat wees, vermeerder die hoeveelheid konsentraat en proteïen/energie % met werklading geleidelik, hou gedrag en liggaamtoestandtellings dop. F Beperk weiding met 'n beperkende toegang- of weidingmuilband, week hooi, lae tot geen konsentrate, miskien 'n gebalanseerde aanvulling indien geen konsentraat nie. 5.7 Metabolisme; Voorbeeld van 'n volbloedperd (warm bloed) en 'n trekperd (koue bloed) waar die trekperd groot is, maar weens stadige metabolisme sy gewig met 'n klein hoeveelheid voer behou, en die volbloedperd (rasegte perd) wat kleiner is, maar groot hoeveelhede voer benodig om weens hoër metabolisme sy gewig te behou. 5.8 Hoë konsentrasie CO2 in spiere versprei die konsentrasiegradiënt afwaarts tot lae CO2 konsentrasie in plasma, gaan na die longe waar die hoë konsentrasie in plasma versprei tot lae konsentrasie in alveoli, uitasem. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 9 VRAAG 6 6.1 Plasenta wat agterbly, verhoogde inname van groen gras of graan, diarree, medikasie, verhoogde gewiglas op een voet, verhoogde konkussie van die voet. (enige vier) 6.2 kreupel 6.3 Witbloedselle help om infeksie te beveg deur vreemde liggaampies en bakterieë aan te val en te verswelg en sodoende die liggaam te help om enige infeksie te lokaliseer en te vernietig reparexin verhoed dat dit weefsel binnedring en gevolglik infeksie versprei en vererger. 6.4 Verhoogde toonlengte sal verhoogde druk op die laminae plaas wat rekking vanaf die wit lyn veroorsaak, en inflammasie en moontlik laminitis tot gevolg kan hê. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: PERDESTUDIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 9 AFDELING C VRAAG 7 7.1 Afrika-perdesiekte is 'n virale siekte wat die vaskulêre stelsel van perde affekteer en wat deur die cullicoides-muggie oorgedra word. 7.2 7.2.1 Bakterieë, gis en eiers. In lewende stelsels. 7.2.2 Tabakplante 7.2.3 Lewendige maar swak virus 7.2.4 Virusagtige deeltjies 7.2.5 Moontlike tekens van Afrika-perdesiekte/viremiese perd, veroorsaak uitbreking 7.2.6 Geen effek, net teenliggaampies geproduseer, geen moontlikheid van uitbreking nie 7.3 Nee, geen entstof is 100% effektief nie, baie perde in landelike gebiede word nie ingeënt nie, die virus skuil endemies in sebras, en daar is altyd 'n poel sirkulerende virusse in Afrika. Daar is 9 stamme en dit is slegs 'n entstof vir een daarvan. 7.4 Sodra die entstof toegedien is, reageer die perd se immuunstelsel op die antigeen, wat dieselfde as die lewendige virus of bakterieë lyk of dieselfde proteïenmerkers het. Die liggaam vervaardig teenliggaampies wat die antigeen sal teenwerk. Party teenliggaampies word as geheueselle gestoor en sodra die perd blootgestel word aan die werklike siekte, kan die liggaam vinnig reageer en die virus/bakterieë aanval. 7.5 Moet vir en teen argumenteer en dan 'n eie mening vorm, bv. oneties as entstof nie werk nie en perde APS opdoen, ly en vrek, as entstof wel werk, sal baie meer perde in die toekoms APS oorleef. As die perde wat gebruik word, net die beste mediese sorg en behandeling kry, of op 'n menslike wyse uitgesit word waar die perd APS opdoen, is ek ten gunste van die toetsing van die entstof. Ens. 7.6 Uitvoer sal makliker word, kwarantyn sal korter wees en van baie punte regoor die land, nie net die Kaap nie. Ander lande sal meer geneë wees om ons perde te aanvaar en as daar 'n uitbreking is, kan hulle die entstof gebruik sonder die moontlikheid van 'n uitbreking. Ekonomies sal dit goed wees vir ons wedren- en uithouvermoëbedryf, sowel as vir ander mededingers wat oorsee wil deelneem. Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2019

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.