Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V2
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 75
TYD: 1½ uur
EKSAMEN-
NOMMER:
SENTRUM-
NOMMER:
M In SM In DM In CM In IM In MC EA EX RM In
V1
V2
V3
V4
TOT
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en
1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 

View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 434.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1Map work
- Question 1.2Map work
- Question 1.3Map work
- Question 1.4Map work
- Question 1.5Map work
- Question 1.6Map work
Show all 27 questions
- Question 1.7Climate and weather
- Question 1.8Economic geography of South Africa
- Question 1.9Map work
- Question 1.10Map work
- Question 1.11Map work
- Question 1.12Rural and urban settlements
- Question 1.13Rural and urban settlements
- Question 1.14Geomorphology
- Question 1.15Geomorphology15 marks
- Question 2.1Map work5 marks
- Question 2.2Map work8 marks
- Question 2.3Map work7 marks
- Question 3.1Climate and weather7 marks
- Question 3.2Geomorphology6 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements5 marks
- Question 3.4Geomorphology2 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa4 marks
- Question 3.6Rural and urban settlements2 marks
- Question 4.1Map work5 marks
- Question 4.2Map work5 marks
- Question 4.3Map work5 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
BRONMATERIAAL
1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2627CD PARYS
2. Ortofotokaart 2627 CD 19 PARYS
3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
word.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die
voorblad.
2. Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf word.
3. Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS) en 'n
ortofotokaart (2627 CD 19 PARYS) van 'n gedeelte van die gekarteerde
gebied.
4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.
5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
losmaak NIE.
6. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat voorsien word, waar van
toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.
7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.
GEEN punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word NIE.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar en 'n vergrootglas gebruik.
9. Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
topografiese kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Aerodrome Vliegveld
Caravan Park Karavaanpark
Diggings Uitgrawings
Golf Course Gholfbaan
Gap Poort
Holiday Resort Vakansieoord
Island Eiland
Purification Plant Watersuiweringsaanleg
River Rivier
Sewage Works Rioolwerke
Woodlands Beboste Gebied
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
ALGEMENE INLIGTING OOR PARYS
Parys is 'n dorp in die Vrystaat in Suid-Afrika. Dit lê aan die oewer van die Vaalrivier
ongeveer 115 km suid van Johannesburg. Die voltooiing van die spoorlyn na Parys in
1905 het Parys skielik meer toeganklik vir die publiek gemaak en dit het weer daartoe
gelei dat die dorp as 'n vakansieoord en nywerheidsentrum gegroei het. Baie
kunstenaars het hulle in die dorp gevestig en die verskeidenheid nuwe, interessante
winkels en besienswaardighede maak dit die ideale wegbreek van Gauteng en ander
groot sentrums. Parys is in die Vredefortkoepel-wêrelderfenisterrein geleë. Die
Vredefortkrater is die grootste erkende impakkrater op Aarde. Die Vredefortkoepel is
by die lys van UNESCO se Wêrelderfenisterreine gevoeg as gevolg van die geologiese
belang daarvan.
PARYS .
Koördinate: 26°54'S 27°27'O
[Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Parys, South Africa, Freestate]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS), sowel as
die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer.
1.1 Die provinsiale grens wat op die topografiese kaart aangetref word, skei die
Vrystaat en …
A Noord-Kaap.
B Gauteng.
C KwaZulu-Natal.
D Mpumalanga.
1.2 Die topografiese kaartindeks suidoos van Parys is …
A 2727AB.
B 2727AD.
C 2627DC.
D 2727BA.
1.3 Die verskil in hoogte tussen peilbaken 99 en punthoogte 1532 in blok B9 is …
meter.
A 1 433
B 1 685,3
C 153,3
D 1 532
1.4 Die ware peiling van die windpomp in blok F4 vanaf punthoogte 1474 in
blok E6 is …
A 120°
B 240°
C 60°
D 200°
1.5 Die algemene rigting waarin die niestandhoudende rivier in blok J8 vloei,
is …
A suid.
B oos.
C noord.
D wes
1.6 Die ruitverwysing/koördinate van die uitgrawings in blok J5 is …
A 26°56ʹ42ʺO 27°24ʹ30ʺS/26°56,7ʹO 27°24,5ʹS.
B 26°56ʹ30ʺS 27°24ʹ42ʺO/26°56,5ʹS 27°24,7ʹO.
C 26°56ʹ42ʺS 27°24ʹ30ʺO/26°56,7ʹS 27°24,5ʹO.
D 26°56ʹ30ʺO 27°24ʹ42ʺS/26°56,5ʹO 27°24,7ʹS.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.7 Die gebied by P in blok H7 het 'n hoër temperatuur as gebied Q in blok J3 as
gevolg van die …
A kunsmatige oppervlakke.
B hellingsaspek.
C termiese gordel.
D rivier se invloed.
1.8 Die vernaamste primêre aktiwiteit in die gekarteerde gebied is …
A mynbou.
B bosbou.
C vissery.
D landbou.
1.9 Die landvorm wat deur lyn 8 op die ortofotokaart voorgestel word, is 'n …
A kloof.
B uitloper.
C vallei.
D poort.
1.10 Die nasionale hoofweg (N1) word …-straat waar dit deur die dorp Parys loop.
A Sciffier
B Allenby
C Breë
D Eike .
1.11 Die mensgemaakte verskynsel by 10 op die ortofotokaart is 'n …
A mynhoop.
B uitgrawing.
C dam.
D steengroef.
1.12 Die hoofrede vir die lineêre vorm van die nedersetting by S in blok I5 is die …
A pad.
B heining.
C grens.
D rivier.
1.13 Parys kan as 'n … -nedersetting beskou word.
A mynbou
B deurgangs
C opvoedkundige
D brug
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.14 Die dreineerpatroon in blok J3 is 'n ... patroon.
A tralie-
B dendritiese
C reghoekige
D radiale
1.15 Waar die stroom in blok J8 by X in die dam vloei, is dit 'n …-orde stroom.
A eerste
B tweede
C derde
D vierde
(15 x 1) [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE
2.1 Bereken, in km2, die oppervlakte van die gebied wat met ROOI uitgelig is, wat
die gebied aandui wat deur die topografiese kaart gedek word. Toon ALLE
berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Formule: Oppervlakt e lengte breedte
_______________________________________________________________

(5 x 1) (5)
2.2 Verwys na lyn 11–12 op die ortofotokaart wat min of meer 'n staproete volg.
2.2.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen 11–12. Toon ALLE
berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
vertikale interval (VI)
Formule: Gradiënt
horisontal e ekwivalent (HE)
________________________________________________________

2.2.2 Gee bewyse vanaf die ortofotokaart om te toon dat die gemiddelde
gradiënt wat in VRAAG 2.2.1 bereken is, NIE 'n ware weerspieëling
van die ware landskap is NIE.
________________________________________________________
________________________________________________________
(2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
2.2.3 Die staproete word vir beginnerstappers aanbeveel. Gee EEN rede wat
in jou antwoord op VRAAG 2.2.1 duidelik is om hierdie stelling te
ondersteun.
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
2.3 Verwys na die inligting oor die magnetiese deklinasie van Parys wat op die
topografiese kaart voorkom.
2.3.1 Bereken die magnetiese deklinasie van Parys vir 2018. Toon ALLE
berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Verskil in jare: _____________________________________________
_____________________________________________
Gemiddelde jaarlikse verandering: ____________________________
Totale verandering: ________________________________________
________________________________________
Magnetiese deklinasie vir 2018: _____________________________
_____________________________
(5 x 1) (5)
2.3.2 Vergelyk die magnetiese deklinasie vir 2018 met die magnetiese
deklinasie vir 2011 en dui aan watter een die grootste is.
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
2.3.3 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2.
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE
3.1 Verwys na blok B2.
3.1.1 Noem die klimatologiese faktor wat die ligging van die beboste gebied
(plantasie) in blok B2 beïnvloed het.
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
3.1.2 Verduidelik hoe die klimatologiese faktor wat in VRAAG 3.1.1 genoem
is, die groei van die bome in die beboste gebied bevoordeel.
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
(2 x 2) (4)
3.1.3 Evalueer hoe topografie die ligging van die beboste gebied in blok B2
beïnvloed het.
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 2) (2)
3.2 Verwys na die rivierkronkel/meander en helling 13 en 14 op die ortofotokaart.
3.2.1 Benoem die hellings van rivierkronkel 13 en 14 onderskeidelik.
Helling 13: _______________________________________________
Helling 14: _______________________________________________
(2 x 1) (2)
3.2.2 Verduidelik hoe helling 13 Grooteiland kon laat groter word het.
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 2) (2)
3.2.3 Bespreek waarom die geomorfologiese aktiwiteit by helling 14 kan
veroorsaak dat die inwoners van die nedersettings langs die rivier in
die toekoms voorsorgmaatreëls sal moet tref om hulle eiendomme te
beskerm.
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
3.3 Verwys na die straatpatrone by P en by T in blok H7 en I9.
3.3.1 Benoem die oorheersende straatpatrone by P en T.
P: ______________________________________________________
T: ______________________________________________________
(2 x 1) (2)
3.3.2 Sal gebied P of gebied T meer verkeersopeenhopings ervaar?
Gee 'n rede vir jou antwoord.
Antwoord: _______________________________________________
Rede: _________________________________________________
_________________________________________________
_________________________________________________
(1 + 2) (3)
3.4 Verwys na blok E1, F1 en F2 op die topografiese kaart. Verduidelik die rol van
die bome wat op die oewer van die Vaalrivier aangetref word.
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
(1 x 2) (2)
3.5 Die Vredefortkoepel en -krater is toeristeaantreklikhede wat met die dorpie
Parys verbind word. Evalueer die positiewe ekonomiese impak van die
Vredefortkoepel en -krater op Parys se ekonomie.
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
(2 x 2) (4)
3.6 Verwys na nywerheidsgebied U in blok I8.
3.6.1 Is nywerheidsgebied U 'n swaar- of ligtenywerheidsone?
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
3.6.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1.
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
4.1 Verwys na die beskermde gebied in blok H7.
4.1.1 Is die proses waartydens 'n gebied afgebaken word, bekend as data-
oorlegging of bufferskepping?
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
4.1.2 Gee redes, sigbaar op die topografiese kaart, vir die ligging van die
beskermde gebied
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
(2 x 2) (4)
4.2 Attribuutdata verskaf belangrike inligting in 'n GIS.
4.2.1 Definieer die term attribuutdata.
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
4.2.2 Bespreek TWEE attribute wat die ligging van die hospitaal in blok G9
beïnvloed het.
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
4.3 Verwys na die ortofotokaart.
4.3.1 Die ortofotokaart het 'n mediumresolusie. Beteken dit dat die
ortofotokaart 'n hoë vlak van duidelikheid het?
________________________________________________________
(1 x 1) (1)
4.3.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 4.3.1.
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 2) (2)
4.3.3 Stel maniere voor waarop datamanipulasie die kwaliteit van die
ortofotokaart kan verbeter.
________________________________________________________
________________________________________________________
(1 x 2) (2)
[15]
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Eng)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P2 EC June 2018 Question Paper (English)

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Addendum (Eng)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum