Downloaded from hlayiso.com
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING
GRAAD 9
AFRIKAANS HUISTAAL
STEL 1: 2012 VOORBEELD
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Mathematics Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Afr)
Grade 9 Mathematics question paper from the ANA Exemplars 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Mathematics · Grade 9 · ANA Exemplars · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematics
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA Exemplars
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 271.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)
1. Algemene oorsig
Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en
vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir die
skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om suksesvol
deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle
ontwikkel wat onderwysers vir Taal- en Wiskunde-onderrig kan gebruik. Die voorbeeldvraestelle is ontwikkel,
gebaseer op die kurrikulum wat oor die eerste drie kwartale van die skooljaar strek. Daar is ook 'n volledige
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA) vir elke graad. Die voorbeeldvraestelle, insluitend die
modeltoets, is aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang
nie die skoolgebaseerde assessering nie.
2. Die struktuur van die voorbeeldvraestelvrae
Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede en/of
kennis te assesseer. Spesifieke inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer word deur 'n
meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van
die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om
gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met
tekeninge of sketse te toon, ens.). Onderwysers en leerders sal dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat
verskillend gestruktureer is, maar wat dieselfde spesifieke inhoud en vaardigheid teiken. Blootstelling aan 'n
groot verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om op verskillende
toetsitems te reageer.
3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal
Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind. Die
voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV), graad R tot
12, die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die
Nasionale Protokol vir Assessering. Hierdie dokumente, saam met ander dokumente wat deur 'n skool voorsien
kan word, sal 'n ryk bron van bronmateriaal vorm wat onderwysers in staat sal stel om lesse te beplan en om
formele assessering uit te voer.
4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik
Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef
die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae
kies wat deel vorm van die beplande les. Sorgvuldig geselekteerde individuele voorbeeldvrae of 'n hanteerbare
groep vrae kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word:
4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die
diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om
aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese
toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie.
4.2 Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en
vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie.
1
Downloaded from hlayiso.com
4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders
voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas.
Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die
les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.
4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe
om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord.
Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe
toets heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is.
Dit is belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n
volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.
5. Memorandums of nasienriglyne
'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins
rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare
moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar.
6. Kurrikulumdekking
Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die voorbeeldvraestelle
vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van
belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking
het. Die tempo waarteen die werk in sekere skoolkwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke
Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).
7. Gevolgtrekking
Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie
verbeter. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun en om die nodige
hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoetse as deel van die onderwyshulpmiddels gebruik te maak, sal onderwysers
leerders help om vertroud te raak met verskillende style en tegnieke van assessering. Indien die
voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis opdoen en
vaardighede ontwikkel om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale
Assesseringstoetse.
2
Downloaded from hlayiso.com
Voorbeeld Graad 9 Afrikaans Huistaal
Kwartaal 1
1. Lees die gedig, TUSSENPOSE, en beantwoord die vrae wat volg.
1 Die dae gaan te gou verby,
2 O keer die vlugge ure!
3 Hier in die hede wil ek bly
4 waar water lag en voëltjies vry,
5 hier meng geen wrede hand vir my
6 die soete met die sure.
7 In ander dae, nou verby,
8 moes ek hul saamgestrengel kry:
9 die milde en die gure.
10 Nou lag die watervoor met my
11 Waar geelborsvinke sing en vry –
12 Die dae gaan te gou verby,
13 hoe val die brose mure!
14 Hier in die hede wil ek bly,
15 O keer die vlugge ure!
1.1 Watter beeldspraak kan in reël 4 geïdentifiseer word?
(1)
1.2 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Kies ’n voorbeeld van personifikasie uit die volgende:
A die soete met die sure
B O keer die vlugge ure
C waar water lag en voëltjies vry
D die milde en die gure (1)
3
Downloaded from hlayiso.com
1.3 Verduidelik die doeltreffendheid van die beeldspraak in reël 4.
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________ (1)
1.4 Voltooi die volgende sin:
’n Herhalende maatslag regdeur die hele gedig, staan bekend as ...
___________________________________________________________ (1)
1.5 Identifiseer die beeldspraak en verduidelik wat die digter daarmee bedoel .
″waar water lag en voëltjies vry″
____________________________________________________________ (1)
2. 2.1 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Die gemoedstemming van die spreker in reël 3 dui op ...
A geluk
B deernis
C tevredenheid
D A en C (1)
2.2 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Identifiseer die gemoedstemming van die spreker in reël 3 deur die
korrekte antwoord uit die gegewe moontlikhede te kies.
A Deernis
B Geluk
C Tevredenheid
D B en C (1)
2.3 Voltooi die volgende sin:
In reël 1 dui die spreker se gemoedstemming op . . .
___________________________________________________________ (1)
2.4 Wat is die gemoedstemming van die spreker in reël 3?
___________________________________________________________ (1)
4
Downloaded from hlayiso.com
3. 3.1 Hoe beïnvloed die spreker jou standpunt met betrekking tot tyd?
____________________________________________________________ (2)
3.2 Verduidelik in jou eie woorde wat die spreker bedoel met die volgende:
″Hier in die hede wil ek bly″ (reël 3)
____________________________________________________________
____________________________________________________________
____________________________________________________________ (2)
3.3 Omkring die letter voor die regte antwoord. Voltooi die onderstaande sin
deur te kies uit die gegewe moontlikhede.
Die boodskap van die digter aan die leser is dat ...
A tyd waardeer moet word.
B ’n mens minder gejaagd moet wees.
C ’n mens vir tyd moet bid.
D B en C. (2)
3.4 Beantwoord die volgende vraag.
Hoe beïnvloed die herhaling van reëls 2 en 3 die boodskap van die gedig?
__________________________________________________________
__________________________________________________________
__________________________________________________________ (2)
3.5 Beantwoord die volgende vraag.
Haal ’n woord met dieselfde betekenis as swak uit die gedig aan.
__________________________________________________________ (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
Lees die volgende artikel en beantwoord die onderstaande vrae.
Klimaat sal almal na die noorde laat trek
1. Johannesburg - Die res van die wêreld gaan weens klimaatsverandering ″hel ervaar″
en sal noordwaarts na die nou nog yskoue Skandinawiese lande wil verhuis waar
volop vars water sal wees en kos geproduseer sal word.
2. Dít is die voorspelling van prof. Laurence C. Smith, Geografiedosent aan die
Universiteit van Kalifornië in die VSA, nadat hy 15 maande lank in die verre noordelike
dele van die planeet in Rusland, Lapland, Kanada, Finland, Swede en Noorweë
navorsing oor klimaatsverandering gedoen het.
3. Smith sê lande binne die Noordpoolsirkel is die enigstes wat in die volgende 40 jaar uit
klimaatsverandering gaan voordeel trek.
4. Science Daily het die naweek in ’n verklaring gesê Smith meen elders gaan
waterbronne opdroog, oeste misluk en natuurlike hulpbronne opraak.
5. Hy voorspel die Skandinawiese lande gaan ekonomies groot baat vind by
klimaatsverandering en selfs daaruit ryk word.
6. As die olie- en steenkoolbronne in die res van die wêreld uitgeput is, gaan dié
natuurlike hulpbronne – wat eeue lank onder die sneeu geberg was – vir groot rykdom
in die koue noorde sorg, sê hy.
7. Volgens sy verslag, ″The World in 2050: Four Forces Shaping Civilization’s Northern
Future″, wat op 23 September uitgereik word, gaan klimaatsverandering chaos in die
omgewing veroorsaak.
8 Hy voorspel die wêreld se bevolking gaan in die volgende 40 jaar met byna die helfte
toeneem.
9. Natuurlike hulpbronne gaan daar ontbloot word presies wanneer dit in die res van die
wêreld uitgeput is. As die see-ys in die Noordpool gesmelt het, sal Europa se droom
van die afgelope 500 jaar – om direk oor die Noordpool met die Verre Ooste handel te
dryf – volgens Smith uiteindelik bewaarheid word.
10. Vir sy navorsing in die noorde het Smith onderhoude gevoer met onder andere
robjagters, takbokboere, vissermanne, mynwerkers, hoofde van oliemaatskappye,
bioloë, klimatoloë, restauranteienaars, burgemeesters en bejaardes wat hul hele lewe
op dieselfde plek gebly het.
11. Hy voorspel wild gaan die swaarste kry en sal nie by die vinnige veranderinge in die
volgende vier dekades kan aanpas nie. Hy meen die grootste hoeveelheid spesies ooit
gaan in die volgende vier dekades uitsterf.
[ Volksblad Elise Tempelhoff]
6
Downloaded from hlayiso.com
4. 4.1 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Watter van die volgende stellings gee die hoofgedagte van die artikel weer?
A Die gevolge van klimaatsverandering.
B Redes vir die verhuising na die Noorde.
C Die voorspellings van Laurence C. Smith.
D Die voordele van klimaatsverandering. (2)
4.2 Beantwoord ’n kort vraag.
. . . is die hoofgedagte van die artikel
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
4.3 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Watter een van die volgende ondersteun NIE die hoofgedagte van die artikel
NIE?
A Die chaos van klimaatsverandering.
B Redes vir die verhuising na die Noorde.
C Die voorspellings van Laurence C. Smith.
D Die hele wêreld sal ten gronde gaan. (2)
4.4 Voltooi ’n kort vraag.
Die hoofgedagte van die artikel is ...
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________ (2)
4.5 Beantwoord die vraag.
Verduidelik in jou eie woorde wat die hoofgedagte van die artikel is.
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________ (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
5. 5.1 Beantwoord die vraag.
Wat is die doel van hierdie artikel?
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
5.2 Beantwoord die vraag.
Verduidelik waarom die skrywer hierdie artikel geskryf het.
____________________________________________________________
____________________________________________________________ (2)
5.3 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Watter een van die volgende ondersteun die doel van die artikel die beste?
A Die gevolge van klimaatsverandering.
B Redes vir die verhuising na die Noorde.
C Die voorspellings van Laurence C. Smith.
D Die chaos van klimaatsverandering. (2)
5.4 Beantwoord die vraag.
Verduidelik in jou eie woorde wat die doel van die artikel is.
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (2)
5.5 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Watter een van die volgende som die doel van die artikel die beste op?
A Om uit te daag en te inspireer.
B Om te bemagtig en in te lig.
C Om aan te moedig en te motiveer.
D Om te kritiseer en demotiveer. (2)
8
Downloaded from hlayiso.com
6. 6.1 Omkring die letter met die regte antwoord.
Die doel van hierdie artikel is bereik, want dit vertel ons meer omtrent die ...
A gevolge van klimaatsverandering.
B redes vir die verhuising na die Noorde.
C voorspellings van Laurence C. Smith.
D chaos van klimaatsverandering. (2)
6.2 Beantwoord die vraag.
Dui aan of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou
antwoord.
Die hele wêreld gaan ly as gevolg van klimaatsverandering.
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
(2)
6.3 Beantwoord
Beantwoor ’n vraag om die skrywer se siening te evalueer.
Klimaatsverandering gaan algehele wanorde veroorsaak. Stem jy saam? Haal ’n
sin uit die teks aan om jou antwoord te staaf.
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________ (2)
6.4 Beantwoord ’n vraag om die skrywer se idees te evalueer.
In paragraaf 1 het die skrywer hoop vir die wêreld. Is die skrywer se opinie
geregverdig? Verduidelik jou antwoord in een volsin.
(2)
_________________________________________________________________
6.5 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Watter een van die volgende ondersteun nie die skrywer se idees nie?
A gevolge van klimaatsverandering.
B redes vir die verhuising na die Noorde.
C voorspellings van Laurence C. Smith.
D chaos regoor die wêreld. (2)
9
Downloaded from hlayiso.com
7. 7.1 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Watter van die volgende is ’n meer formele woord vir trek (titel)?
A migreer
B gaan
C beweeg
D uitwyk (2)
7.2 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Kies ’n meer formele woord met dieselfde betekenis as trek (titel) uit die
onderstaande.
A uitwyk
B gaan
C beweeg
D migreer (2)
7.3 Beantwoord ’n vraag en vervang informele met formele taal.
Gee ’n meer formele woord met dieselfde betekenis as trek soos dit in hierdie
konteks gebruik is.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (2)
7.4 Beantwoord die vraag.
Die meer formele woord vir trek is ...
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________ (2)
7.5 Beantwoord die vraag.
. . . is ’n meer formele woord vir trek.
________________________________________________________________
_________________________________________________________________ (2)
10
Downloaded from hlayiso.com
8. Lees die volgende uittreksel uit ’n woordeboek en beantwoord die vrae wat volg.
Atmosfeer (snw.) 1 Lug, gasomhulsel rondom die aarde; dampkring. 2
(atmosphere) Eenheid van spanning by gasse. 3 (fig). Stemming, gees van
êrens heers; omringinde invloed: Op die plaas is daar ’n atmosfeer van vrede en
kalmte. 4 Omgewing, milieu: Opgroei in ’n rustige atmosfeer.
[G. atmos damp + sphaira kring]
8.1 Beantwoord ’n kort vraag.
Waarvoor staan die afkorting (snw.) wat volg na atmosfeer?
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (2)
8.2 Beantwoord die vraag.
Waarom is die laaste gedeelte van die woordeboek uittreksel skuins gedruk?
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (2)
8.3 Beantwoord die vraag.
Watter van die woordeboek betekenisse is van toepassing op aardverwarming?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________ (2)
8.4 Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Die inhoud binne die hakies aan die einde van die uittreksel, verwys na die ...
A oorsprong van die woord
B uitspraak van die woord
C woordsoorte
D alternatiewe betekenis (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
8.5 Beantwoord die vraag.
Wat beteken (fig)? Skryf dit voluit neer..
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________ (2)
9. 9.1 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Die afkappingsteken in foto’s dui aan dat ...
A iets weggelaat is.
B ’n letter weggelaat is.
C ’n woord weggelaat is.
D dit die meervoudsvorm is. (2)
9.2 Beantwoord die vraag.
Gee die funksie van die afkappingsteken in foto’s (par. 2)
______________________________________________________________
_______________________________________________________________ (2)
9.3 Beantwoord die vraag.
Waarom word die afkappingsteken in die woord foto’s gebruik?
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (2)
9.4 Beantwoord die vraag.
Skryf die meervoud van foto neer.
______________________________________________________________ (2)
12
Downloaded from hlayiso.com
10. 10.1 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Kies uit die moontlikhede hieronder en voltooi die onderstaande sin.
In 2010 het die wêreld, ondanks die ekonomiese krisis ...
A in ’n verklaring gesê kweekhuisgasse is ’n terugslag.
B groot geskrik vir die feite gelewer oor klimaatsverandering.
C ’n rekord hoeveelheid koolsuurgas in die atmosfeer ingepomp.
D gesê die gemiddelde temperatuur kan tot 4 styg. (2)
10.2 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Kies die sin wat korrek geformuleer is.
A Die uitdunning van die osoonlaag het bereik ’n laagtepunt.
B Suid-Afrika is die wêreld se dertiende grootste bron van kweekhuisgasse.
C Die tweede laag van die atmosfeer sal ervaar ’n uiters koue winter.
D Suid-Afrika is nie die wêreld se grootste bron van kweekhuisgasse. (2)
10.3 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Die volgende sin is ’n voorbeeld van ’n ...
″Skandinawiese lande gaan groot baat vind by Aardverwarming?″
A stelsin
B vraagsin
C uitroep
D bevelsin (2)
13
Downloaded from hlayiso.com
10.4 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Watter een van die volgende is NIE ’n volledige sin NIE?
A Japan en Duitsland wil kernkrag heeltemal afskaf.
B Dit is reeds ’n uitgemaakte saak.
C ’n Kweekhuis-gasvrylating van 80% word 2020 verwag.
D Ons laaste skatting ’n waarskuwing. (2)
10.5 Beantwoord die vraag.
Herrangskik die volgende woorde om ’n sin te voltooi:
Aardverwarming; keer; word; al hoe
die kans; om; te; minder
_____________________________________________________________ (2)
11. 11.1 Omkring die letter voor die regte antwoord.
Kies die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies in die volgende sin.
Die navorsers het (vind) dat die diep oseane hitte absorbeer.
A gevind
B bevind
C vind
D gebevind (2)
11.2 Beantwoord die vraag.
Herskryf die volgende sin en verskaf die korrekte vorm van die onderstreepte
werkwoord.
Die navorsers het vind dat die diep oseane hitte absorbeer.
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (2)
14
Downloaded from hlayiso.com
11.3 Beantwoord die vraag.
. . . is die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies in die volgende sin.
Die navorsers het (vind) die diep oseane absorbeer hitte.
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________ (2)
11.4 Omkring die letter met die regte antwoord.
Vervang die onderstreepte woord met die korrekte keuse uit die woorde hieronder.
Die navorsers het vind die diep oseane absorbeer hitte.
A bevind
B gevind
C vind
D gebevind
(2)
11.5 Beantwoord die vraag.
... is die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies in die volgende sin.
Die navorsers het (vind) die diep oseane absorbeer hitte. (2)
12. 12.1 Skryf ’n informele brief aan jou neef/niggie. Vertel hom/haar van julle skoolprojek
of jou eie pogings om die aarde se bronne te bewaar deur herwinning en
hergebruik.
Jou brief moet tussen 160 en 200 woorde lank wees. (10)
15
Downloaded from hlayiso.com
13. 13.1 Skryf ’n verhalende opstel. Jou skool het ’n uitreikingsprogram en jy het besluit om
na een van die armer gemeenskappe te gaan en hulle te help om ’n groentetuin
aan te plant. Vertel hoe alles sal gebeur.
Die lengte van jou opstel moet tussen 200 en 250 woorde wees. (20)
13.2 Skryf ’n verhalende opstel. Begin met die volgende woorde... ″net toe ek wou begin
hersiening doen vir my Afrikaans toets, het al die ligte afgegaan. ″Ag nee, nie weer
ESKOM se beurtkrag nie!″ Vertel wat gebeur het.
Jou opstel moet 200 tot 250 woorde beslaan. (20)
13.3 Skryf ’n kortverhaal in reaksie op ’n prent/foto (voorsien deur jou onderwyser;
neem die konteks van die skool en leerders in ag).
Die lengte van jou opstel moet tussen 200 en 250 woorde wees. (20)
13.4 Skryf ’n verhalende opstel. Vertel die reeks gebeure wat tot die volgende slot
aanleiding gegee het: ″dit was die einde van die dag waarna ek met groot
verwagting uitgesien het.″
Die lengte van jou opstel moet tussen 200 en 250 woorde wees. (20)
16
Downloaded from hlayiso.com
17
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematics Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Eng)

Question paper
Mathematics Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Eng)

Question paper
Mathematics Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Afr)

Question paper
Mathematics Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Eng)

Memorandum
Mathematics Grade 9 ANA Exemplars 2012 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Mathematics Grade 9 ANA Exemplars 2012 Memo (English)
More from Grade 9 Mathematics

CAPS document
CAPS SP MATHEMATICS GR 7 9

Memorandum
Mathematics Grade 9 P2 November Mock 2026 Memo (English)

Question paper and memo
Mathematics Grade 9 P2 Free State November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Mathematics Grade 9 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Mathematics Grade 9 NSC June 2025 Paper & Memo

Memorandum