Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2010
SOSIALE WETENSKAPPE
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2010 papers 





View all
%20November%202026%20Mock%20Memo--a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39/v1-f74dc05be8e304ffffd5/card.webp)
%20November%202026%20Mock%20Memo--162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac/v1-8268220288e2ad848608/card.webp)


%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
Social Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper
Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2010, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2010. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Social Sciences
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2010
- Exam period
- November EC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 307.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
November EC 2010
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord alle vrae.
2. Lees alle bronne en uittreksels in die vraestel sorgvuldig deur.
3. Maak seker dat jy verstaan wat die vraag van jou verwag voordat jy dit begin
beantwoord.
4. Volg stappe versigtig wanneer vrae beantwoord word.
5. Nommer jou antwoorde presies soos dit op die vraestel verskyn.
6. Moenie die vrae meng nie.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) SOSIALE WETENSKAPPE 3
VRAAG 1 KAARTWERK EN KAART ANALISE - LU1 AS 2, 3, 4, 5
Verwys na BRON 1, TOPOGRAFIESE KAART VAN KING WILLIAM’S TOWN
3227CD 1: 50 000 (die kaart is verskaf) om VRAE 1 en 2 te beantwoord.
BRON 2: ORTOFOTO KAART VAN KING WILLIAM’S TOWN - 1: 10 000
Bestudeer die Google™-beeld hieronder van die area rondom die huis van Steven Biko
en verwys dan na die topografiese kaart.
1.1 Noem die kaart verwysingsnommers van die volgende kaarte:
1.1.1 Die kaart noord van die topografiese kaart, 3227CD van King William’s
Town (1)
1.1.2 Die kaart suid-wes van die topografiese kaart, 3227CD van King
William’s Town (1)
1.2 Beskou die skale: 1:50 000 en 1:10 000
1.2.1 Watter een is kleiner? (1)
1.2.2 Watter een is groter? (1)
Downloaded from hlayiso.com
4 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
1.3 Verander die kaartskaal 1: 50 000 na ʼn woord skaal. (2)
1.4 Noem TWEE verskynsels op die ortofoto en die topografiese kaart wat dien as
bufferstroke tussen Biko se huis in Ginsberg in D4, en die dorp van King
William’s Town. (2)
1.5 Bereken die afstand in ʼn reguit lyn vanaf Steve Biko se huis in D4 tot by die
uitgrawings in A5. (Die antwoord moet in kilometers wees.) Skryf alle
bewerkings neer. (4)
1.6 Indien ʼn student wat teen ʼn spoed van 5 km/h stap, hoe lank dit neem om te
stap met die sekondêre pad langs, vanaf Biko se huis tot by die KwaBhonke
skool in E4?
LW: (4)
1.7 Watter tyd sal die student by die KwaBhonke skool in A5 aankom, indien hy/sy
die oggend om 7:15 van Biko se huis in D4 af vertrek? (2)
1.8 Bereken die totale area van die kaart van King William’s Town (Topografiese
kaart). (Jou antwoord moet in km2 wees) (2)
1.9 Gee die koördinate van die trigonometriese baken by B-7. (2)
1.10 Identifiseer TWEE maniere waarop hoogte aangedui word in C10. (2)
1.11 Verwys na die onderstaande diagram van ʼn heuwel en beantwoord die vrae
wat volg:
1.11.1 Wat is die kontoerinterval op die diagram? (1)
1.11.2 Wat is die hoogte van die kontoerlyn by nommer A? (1)
1.11.3 Noem die tipe helling in die noordelike kant van die heuwel. (1)
1.11.4 Watter kant van die heuwel (weste of ooste) is ʼn kombinasie van ʼn
geleidelike en ʼn skerp helling? (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) SOSIALE WETENSKAPPE 5
1.12 Gee die volgende vanaf die Grey hospitaal by B tot by die huis van Steve Biko
by A:
1.12.1 Rigting (1)
1.12.2 Peiling (1)
[30]
VRAAG 2
2.1 Vind die Ngxwalane-rivier in E2 en beantwoord die volgende vrae:
2.1.1 By watter rivier sluit die Ngxalane-rivier aan? (1)
2.1.2 In watter rigting vloei die Ngxalane-rivier?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.2 Identifiseer TWEE tipes primêre aktiwiteite sigbaar op die kaart. (2)
[5]
Downloaded from hlayiso.com
6 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
VRAAG 3 DIE KERNWAPENTYDPERK EN DIE KOUE-OORLOG
LU1 AS, 1-5; LU2 AS, 1-3; LU3 AS, 1-4
3.1 Sê of die volgensde stellings WAAR of VALS is.
Moenie die stelling oorskryf nie. Skryf slegs WAAR of VALS.
3.1.1 Kapitalisme is ʼn regeringstelsel waarin die regering die ekonomie
beheer en waar slegs een politieke party is.
3.1.2 Die einde van die Koue-oorlog was ook ʼn faktor wat gelei het tot die
einde van Apartheid in Suid-Afrika.
3.1.3 Na die Tweede Wêreldoorlog is na die mees magtigste lande verwys
as die “Supermoondhede”.
3.1.4 Spanning en wedywering tussen Supermoondhede na die Tweede
Wêreldoorlog, was die onderliggende oorsake vir die Koue-oorlog.
3.1.5 Roosevelt was die leier van die USSR gedurende die Koue-oorlog.
(5x1) (5)
3.2 Hierdie paragraaf handel oor die gooi van die atoombom gedurende die
Tweede Wêreldoorlog. Kies die korrekte woord onderaan die paragraaf wat
pas in die oop spasies. Skryf slegs die nommer van die spasie sowel as die
korrekte woord neer.
Gebruik hierdie terme om in die spasies te pas
Hirosjima; Manhattan; VSA; Nagasaki; Fat Man; Little Boy; Uranium-235,
74 000; 80 000-100 000; 6de Augustus 1945
Die eerste land wat die atoombom ontwikkel en gebruik het, was …3.2.1… Die
projek vir die ontwikkeling van die bom se kode-naam was …3.2.2…. Hierdie
projek was aangevoer deur die Amerikaanse fisikus, Robert Oppenheimer.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, was die eerste bom gegooi uit ʼn
vegvliegtuig genaamd die “Enola Gay” op die Japanse stad …3.2.3… op die
…3.2.4… Die bom was genoem …3.2.5… Dit was gemaak van radio aktiewe
materiaal bekend as …3.2.6… Ongeveer …3.2.7… mense is onmiddellik
gedood en nog 60 000 het later gesterf.
Drie dae later is die tweede bom gegooi op die stad …3.2.8… Hierdie bom
was genoem …3.2.9… en daar was bereken dat ongeveer …3.2.10… mense
onmiddellik gesterf het en nog 70 000 later. (10)
[15]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) SOSIALE WETENSKAPPE 7
VRAAG 4
Bestudeer bronne 3 en 4 en beantwoord dan die onderstaande vrae:
BRON 3: Atoombom-ontploffing
BRON 4: Japanse stad na die eerste atoombom
4.1 Beskryf in VIER sinne die tonele op die foto’s van BRON 3 en BRON 4. (4)
4.2 Gee TWEE redes waarom die eerste atoombom op die Japanse stede gegooi
is. (2)
4.3 Noem TWEE uitwerkings van die atoombomme op die mense van Japan. (2)
4.4 Moet lande in die wêreld toegelaat word om kern wapens te ontwikkel en te
gebruik? (2)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
8 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
VRAAG 5 ONTWIKKELINGS SAKE: LU1:AS 2-4, 6; LU2: AS1; LU3: AS4
5.1 Skryf slegs die korrekte antwoord neer:
5.1.1 Die ontwikkelingsplan wat deur die Suid-Afrikaanse regering
daargestel is na die verkiesings van 1994, wat bedoel was om die
behoeftes van die land aan te spreek, was bekend as …
A H.O.P. (Her-opbou en Ontwikkelingsplan)
B R.O.I. (Ruimtelike Ontwikkelings Inisiatiewe)
C M.O.M. (Millennium Ontwikkelings Mikpunt)
D G.R. (Groenrewolusie) (1)
5.1.2 Een van die stellings hieronder beskryf nie die doel van die gebruik
van Volhoubare Ontwikkeling nie. Skryf die letter van die stelling
neer.
A Kan voorsien in die behoeftes van die mense, nou en in die toekoms
B Gebruik nie te veel hulpbronne nie
C Stel baie werkers aan en gebruik duur masjiene om groter profyt te
maak
D Beskadig nie die omgewing te veel nie (1)
5.2 METING VAN ONTWIKKELING: AANWYSERS/INDIKATORS VIR
ONTWIKKELDE EN ONTWIKKELLENDE LANDE.
DATA HANTERING
BRON 5: Bestudeer die bron en beantwoord die vrae wat volg.
Lees die paragraaf/gedeelte en die tabel wat data bevat oor Menslike
Ontwikkelings Indeks (MOI) van sekere lande, en antwoord dan die vrae wat
gebaseer is op die gedeelte en die tabel.
Ontwikkeling gaan oor die bevrediging van mense se behoeftes, sowel as die
verbetering van hul lewensstandaarde. Dit beteken dat ʼn volk se hulpbronne
soos geld, tyd en vaardighede van mense, effektief gebruik moet word.
Ontwikkeling bring verandering en groei teweeg, en is ʼn proses wat oor ʼn tyd
plaasvind en ten doel het om mense se lewens te verbeter. Die middele om
ontwikkeling mee te toets, staan bekend as aanwysers.
Twee belangrike aanwysers is die Ekonomiese en Sosiale Aanwysers,
bekend as Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI). Die ekonomiese aanwyser
wat die meeste gebruik word, is bekend as Bruto Binnelandse Produk (BBP).
BBP is die totale waarde (in geld terme) van alle goedere en dienste, wat die
mense van die land lewer in een jaar. Wanneer jy die land se totale
bevolking indeel in die BBP, kry jy die gemiddelde inkomste van elke persoon
wat in daardie land woon vir daardie jaar. In 2005 het die Wêreldbank Suid-
Afrika se BBP bereken op VS $3 600. ʼn Ontwikkelde land het ʼn BBP van VS
$6 000 per jaar en ʼn ontwikkelende land s’n is minder as dit.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) SOSIALE WETENSKAPPE 9
MOI-ontwikkelingsaanwysers van sekere lande:
Verenigde
Suid-
Ontwikkelingsaanwysers Brasilië China Mosambiek State van
Afrika
Amerika
Bruto Binnelandse
Produk per persoon 3 600 3 100 1 300 250 41 000
(VS$)
Lewensverwagting 46 68 70 41 77
Klein kinder
53 33 30 101 7
sterftessyfers
Persentasie van kinders
wat Sekondêre onderwys 62 69 90 10 87
ontvang
Getal vastelyne en
480 487 498 8 1 164
selfone per 1000 mense
5.2.1 Watter land, volgens hierdie aanwysers, kan as ontwikkeld beskryf
word? (1)
5.2.2 Volgens hierdie aanwysers, watter land is die swakste
ontwikkelende land? (1)
5.2.3 Is Suid-Afrika ʼn ontwikkelde of ʼn ontwikkelende land?
Gee EEN rede. (2)
5.2.4 Wat is die DRIE hoof kenmerke van ontwikkeling soos hierbo beskryf
word? (3)
5.2.5 Wat is die doel van ontwikkeling vir ʼn land? (2)
5.2.6 Wat is MOI volgens die bostaande paragraaf? (1)
5.3 Sê of die volgende stellings, ʼn eienskap van ʼn ontwikkelende of ʼn
ontwikkelde land is:
5.3.1 ondervoeding (1)
5.3.2 1 tot 2 kinders per gesin (1)
5.3.3 uitvoer van onbewerkte grondstowwe (1)
5.3.4 Geïndustrialiseerd (1)
5.3.5 Vinnige bevolkingsgroei (1)
5.3.6 Baie informele nedersettings (1)
[18]
Downloaded from hlayiso.com
10 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2010)
VRAAG 6 MAATSKAPLIKE EN OMGEWINGS KONFLIKTE IN SUID-
AFRIKA. LU3 AS 1-4; LU1 AS 1, 2-3
BRON 6
Konflik verwys na die manier waarop mense hul gevoelens uitdruk in verband met
sekere sake of dinge; of verskille oor die manier waarop ander mense optree, of oor
die beskrywing van onregverdige behandeling. Konflik ontstaan baie keer waar daar
nie genoeg hulpbronne soos grond, water, behuising vir almal is nie. Konflik kan uitloop
in fisiese geweld, oorlog, verdelings, ens. Dit kan voorkom in die skool, familie,
gemeenskap en onder die volk. As ʼn demokratiese land moedig Suid-Afrika sy
inwoners aan om hul opinies vrylik uit te spreek op ʼn vreedsame wyse.
6.1 Noem VIER konflik situasies wat bekend is vir jou: TWEE in jou skool en
TWEE in jou gemeenskap. (4)
6.2 Die Publieke/Staatswerkers in Suid-Afrika was op ʼn beskermde staking
gedurende Augustus en September 2010. Hulle was weg van hul
werksplekke vir ongeveer drie weke.
6.2.1 Noem TWEE konflik situasies wat gelei het tot die staking. (2)
6.2.2 Was die werkers volgens jou, reg of verkeerd met hulle staak
optrede? (2)
6.2.3 Waarom het die regering die staking toegelaat? (2)
6.2.4 Noem TWEE uitwerkings/gevolge wat die staking gehad het op die
werkers en TWEE uitwerkings op die regering/mense. (4)
[14]
VRAAG 7
BRON 7: Verwys na Bron 7 hieronder om die vrae te beantwoord.
In 1953 het Dr. H.F. Verwoerd, Minister van Naturelle Sake vir die Nasionale
Partyregering van daardie tyd, verklaar dat Swart onderwys minderwaardig moet wees
teenoor onderwys van ander rasse, en dat Swartes onderrig moet word slegs in so
verre om bruikbaar te wees as arbeiders.
Die naturelle sal van kind af geleer word om te besef dat
gelykheid met Europeërs nie vir hulle is nie. Daar is geen
plek vir die Bantoes bo die vlak van sekere vorme van
werke nie.
Understanding Apartheid. Issue 1 - Julie 2007. Oxford
University Press
7.1 Wat vertel die aanhaling van Dr H.F. Verwoerd jou omtrent die houding van
die destydse regering ten opsigte van die onderwys van swart mense? (4)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010) SOSIALE WETENSKAPPE 11
BRON 8: Verwys na Bron 8 en beantwoord dan die onderstaande vrae.
Studente protesteer in Soweto in 1976
7.2 Waarvoor het die studente, volgens die bron, in SOWETO geprotesteer? (2)
7.3 Beskryf die gemoedere van die skare deur te kyk na die gesigte van die
studente. (2)
[8]
TOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2010 Memo

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2010 Memo

Question paper
Social Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)

Question paper
Social Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Eng)

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 QP (Eng)
More from Grade 9 Social Sciences

CAPS document
CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7 9
%20November%202026%20Mock%20Memo--a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39/v1-f74dc05be8e304ffffd5/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 P1 November Mock 2026 Memo (English)
%20November%202026%20Mock%20Memo--162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac/v1-8268220288e2ad848608/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 P2 November Mock 2026 Memo (English)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (English)
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
Memorandum