Skip to content

Social Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)

Question paperSocial SciencesGrade 9201012 pages

Grade 9 Social Sciences question paper from the June Common 2010 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 JUNIE 2010 SOSIALE STUDIES PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
2 SOSIALE STUDIES (JUNIE 2010) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE  Kandidate moet alle vrae beantwoord.  Lees alle bronne en uittreksels in die vraestel sorgvuldig deur.  Maak seker dat jy verstaan wat die vraag van jou verwag, voordat jy dit begin beantwoord.  Volg stappe versigtig wanneer vrae beantwoord word.  Nommer jou vrae op presies dieselfde wyse soos op die vraestel.  Moenie antwoorde van verskillende vrae meng nie. KAART LEES ANALISE Om VRAAG 1 en 2 te beantwoord, moet leerders verwys na die kaart uittreksel 2527DD/2528CC van Diepsloot wat voorsien word. Benodighede: Liniaal, potlood, gradeboog, sakrekenaar, stukkie tou of verdeelpasser.
(JUNIE 2010) SOSIALE STUDIES 3 VRAAG 1 Verwys na Bron A1 (Topografiese Kaart van Diepsloot) om die vrae wat volg te beantwoord. 1.1 Kyk na die titel van die kaart, in besonder die kaart verwysing 2527DD/2528CC. Gee die ruitnet verwysing van Diepsloot deur die breedtelyne en lengtelyne te gebruik. Jou ruitnet beskrywing moet akkuraat wees. (4) 1.2 Bereken die area wat gedek word deur die kaart van Diepsloot – dui alle berekeninge aan. NB: Die formule is: Area L x B = L × B 2 2 (2) 1.3 Kyk na die skaal van die kaart, 1: 50 000; dit verteenwoordig ʼn verhouding skaal. Verander die skaal en skryf dit in: 1.3.1 ʼn woordskaal en, (2) 1.3.2 ʼn lynskaal in meters. (2) 1.4 Voltooi die volgende sin: Hoogte op ʼn kaart verwys na hoogte bo ... (1) 1.5 Identifiseer TWEE maniere waarop hoogte aangedui word in blok C6. (2) 1.6 Konvensionele simbole word gekategoriseer as lyn-, area- of punt simbole. Identifiseer die volgende simbole: 1.6.1 Lyn simbool in A1, (1) 1.6.2 Punt simbool in A6. (1) [15] VRAAG 2 Verwys na Bron A1 en Bron A2 (Topografiese kaart en ortofoto kaarte van Diepsloot) om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Gee die peiling van die punthoogte 1366 in D4 vanaf die trigonometriese baken nr. 101 in E3. (2) 2.2 Bereken die afstand in kilometers van ʼn reguit lyn tussen P en Q op die ortofoto (Bron A2). (3) 2.3 Jy ry vanaf Krugersdorp na Pretoria op die N14. Hoe lank sal dit neem indien jy 100 km/h ry? (Die afstand tussen die twee dorpe is 80 km.) NB: Tyd = Afstand/Spoed (3)
4 SOSIALE STUDIES (JUNIE 2010) 2.4 Skryf neer die koördinate van die trigonometriese baken Nr. 101 in E3. (2) 2.5 Identifiseer die verskynsels genommer A, B en C op die ortofoto (Bron A2) (3 x 1) (3) 2.6 Identifiseer die aktiwiteite by G en H in Bron A2. (1) 2.7 Benoem die landvorm genommer P− Q in Bron A2. (1) [15] VRAAG 3: APARTHEID IN SUID-AFRIKA. Bestudeer die onderstaande bronne B, C en D sorgvuldig en beantwoord die vrae wat volg.
(JUNIE 2010) SOSIALE STUDIES 5 3.1 Gee ʼn kort verduideliking van die apartheidswet wat voorgestel word deur Bronne B, C en D. Verduideliking ook kortliks hoe elke wet die lewens van swart mense in Suid-Afrika beïnvloed het. (3 x 5) (15) 3.2 Skryf ʼn kort verduideliking oor die belangrikheid van elk van die volgende as deel van die stryd teen apartheid: 3.2.1 Die instel van die Burgerlike Ongehoorsaamheidsveldtog (Defiance Campaign). (4) 3.2.2 Die stigting van Umkhonto WeSizwe. (4)
6 SOSIALE STUDIES (JUNIE 2010) 3.3 Pas die inligting van KOLOM B by die term in KOLOM A. Skryf slegs die nommer en term in KOLOM A neer en langsaan slegs die letter van die stelling wat daarby pas uit KOLOM B. KOLOM A KOLOM B TERM STELLING i. Apartheid a) Dit verfyn die onderwys beleid wat ontwerp is vir swart kinders alleenlik. ii. Bantoe Onderwys b) Beleid om swart gemeenskappe te verdeel en te beheer. iii. Vryheidsmanifes c) Wet wat Suid-Afrikaners verdeel volgens kleur, godsdiens en geslag. iv. Tuislandstelsel d) Nasionale optrede deur bevrydingsorganisasies om apartheidswette te laat afskaf. v. Burgerlike e) Dokument met alle griewe en eise van die Ongehoorsaamheids onderdruktes. - veldtog (5 x 1) (5) [28] VRAAG 4 4.1 Voltooi die spasies in die onderstaande tabel. Kyk na die voorbeeld hieronder om te sien hoe jy dit moet doen. BRON BYPRODUK HERNIEUBAAR/NIE- HERNIEUBAAR Bv. gras Grasmandjies, grasdakke Hernieubaar of enige ander gras produk BRON BYPRODUK HERNIEUBAAR/NIE- HERNIEUBAAR 1. Hout _____________________ ______________________ 2. Steenkool _____________________ ______________________ 3. Water _____________________ ______________________ 4. Goud _____________________ ______________________ (2 x 4) (8) 4.2 Verduidelik kortliks TWEE negatiewe uitwerkings op die omgewing deur elk van die volgende: 4.2.1 Waterbesoedeling (4) 4.2.2 Aardverwarming (4)
(JUNIE 2010) SOSIALE STUDIES 7 4.2.3 Ontbossing (4) [20] VRAAG 5 Verwys na Bronne A en B hieronder om die volgende vrae te beantwoord. BRON A MOONTLIKE BESKRYWING VAN ’N GHETTO DEUR ’N JOODSE BEWONER. Ons is in hierdie AFGEBAKENDE TOE AREAS geforseer. Ons moes die mure om hierdie ghetto self bou, om ons af te sonder van die wêreld daar buite. Ons is ingedruk in klein kamers – somtyds twee of drie gesinne saam in een kamer. Ons het geen sanitasie of skoon water nie, en siektes floreer hier. Elkeen wie gesond is moet ʼn 12-uur dag werk. Ons moet ver loop om by ons werkplekke te kom, alhoewel ons nie warm of geskikte klere het nie. Dis harde werk en soms ook gevaarlik. Dis nie ongewoon vir mense om onder sulke omstandighede te sterf nie. Die Duitsers gebruik ons as slawe-arbeid sodat hulle nie hul eie mense gebruik om hierdie werk te doen nie. 5.1 Skryf ʼn paragraaf om te verduidelik hoe dit was om ʼn Joodse arbeider te wees in ʼn ghetto. (10) BRON B Bestudeer die volgende verslag van ʼn ooggetuie. Ek, ʼn Joodse besigheidsman, was vir weke in die konsentrasiekamp by Buchenwald. Die werksure was sestien per dag; Sondae en naweke ingesluit. Gedurende daardie ure was jy verbied om te drink, selfs in die warmste weer. Die kos self was nie sleg nie, maar baie min: flou koffie in die oggend, ʼn halwe liter sop in die middag en 250 g brood vir die hele dag. Terwyl ek daar was is die werk van die Joodse gevangenes verdubbel en hulle rantsoene is gehalveer. Pak slae was baie algemeen vir klein oortredings soos om water te drink gedurende werksure. Die gewone straf was 25 houe, gegee deur twee wagte. Daar was daagliks sterftes in die kamp. 5.2 Wie het die verslag geskryf? (1) 5.3 Verduidelik TWEE maniere waarop Jode in die konsentrasiekampe behandel is. (2 x 1) (2) 5.4 Gee ʼn rede waarom die Jode vervolg was. (1) 5.5 Lees die uittreksels wat verduidelik hoe mobiele moordspanne hulself (8)
8 SOSIALE STUDIES (JUNIE 2010) Georganiseer het. Kyk ook na die onderstaande prente A, B, C en D. Skryf nou slegs die letters A – D neer en verduidelik kortliks waaroor elke prent gaan. (4 x 2) [22] UITTREKSEL
(JUNIE 2010) SOSIALE STUDIES 6 MOBIELE MOORD SPANNE Spesiale mobiele moord spanne, genoem Einsatzgruppen, het 'n nuwe | | fase in die Nazi-beleid aangeteken - die totale vernietiging van die Joodse mense. ‘n Kaart wat die pad van verwoesting van die Einsatzgruppen wys Spesiale mobiele moord spanne, genoem Einsatzgruppen, het'n nuwe fase in die Nazi beleid aangeteken — die totale vernietiging van die Joodse mense. Op 22 Junie 1941 het die Duitse soldate die Sowjet Unie, waar 'n geskatte 3,5 miljoen Jode gewoon het, binne geval. Die vier eenhede van die Einsatzgruppen, onder die aanvoering van die Ss, het die invallende Duitse troepe gevolg. Hulle het bestaan uit polisiemanne, polisie reserviste en plaaslike samesweercers. Die Einsatzgruppen was opdrag gegee om na die dorpe en plase te gaan om diegene die Nazi's as “vyande van die staat" beskou het, dood te maak. Jode en Kommuniste was die primére teikens. Die mobiele moord eenhedce het vinnig opgetree en die Joodse gemeenskappe verras. Mans, vrouens en kinders is bymekaargemaak en moes marsjeer na die buite wyke van hul dorpe of plase waar hulle doodgeskiet is in massa grafte. Die Einsatzgruppen het 1,5 miljoen Jode en honderde duisende Russe, wie hulle gegio het kommuniste was, vermoor. Die bevelvoerders moes caagliks versiae van hul moord operasies aan die Nazi hoofkwartier stuur.
10 SOSIALE STUDIES (JUNIE 2010) FOTO A
(JUNIE 2010) SOSIALE STUDIES 11 FOTO B
12 SOSIALE STUDIES (JUNIE 2010) PRENT C PRENT D Samesweerders – Mense wat die Nazis bygestaan het of aan die doodmaak proses deelgeneem het. TOTAAL: 100

Study this subject

More from Grade 9 Social Sciences

View all