Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2022
GRAAD 10
REKENINGKUNDE
TYD: 2½ uur
PUNTE: 200
11 bladsye + ʼn formuleblad en ʼn antwoordboek van 11 bladsye
Vraag Besonderhede Punte Tyd in minute
1 Konsepte en Ontleding van Transaksies 40 30 minute
2 Salarisse en Lone 50 38 minute
3 Algemene Joernaal 23 17 minute
Krediteure Versoening en Interne
4 43 32 minute
Kontrole
5 Algemene Grootboek en Interne Kontrole 44 33 minute
Totaal 200 150 minute
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers %20June%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--12b7b012-cbb3-4fbb-9dae-80ef64cd70a8/v1-3e2ef1e6b8f6b8b74842/card.webp)
%20June%202022%20Answer%20Book%20(1)_hlayiso.com_--bf1239c7-529d-4af5-b10c-5a3797615abc/v1-a9f4b505b8dedbb3d702/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1560e15b-6c60-4b9f-bc10-e974572f3385/v1-3084f10a03fee4913c97/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--a72a59e7-e519-4c3f-8851-03448ef5820a/v1-f2da8fdeba474873f487/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--97fa7309-0e74-4aa6-8644-2bd11066f044/v1-b7ba770352a533fe9123/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c5fa31d1-34ef-4bb7-adc7-bd5a8d2cb943/v1-0ca3e54f15010af59481/card.webp)
View all





Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2022 QP (Afr)
Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 251.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK verskaf.
3. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.
4. Nie-programmeerbare rekenaars mag gebruik word.
5. Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. ʼn FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is agter aan hierdie vraestel voorsien.
Jy kan dit gebruik soos benodig.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel wanneer vrae beantwoord word.
9. Probeer om NIE af te wyk van die tyd wat per vraag toegeken is NIE.
VRAAG 1: 40 punte ; 30 minute
Onderwerp Die vraag integreer:
Konsepte en Konsepte
Ontleding van Transaksies Ontleding van Transaksies van ʼn Eenmansaak
VRAAG 2: 50 punte ; 38 minute
Onderwerp Die vraag integreer:
Konsepte van Salarisse en Lone
Salarisse en Lone
Salarisjoernaal
VRAAG 3: 23 punte ; 17 minute
Onderwerp Die vraag integreer:
Algemene Joernaal Boekhouding inskrywings
VRAAG 4: 43 punte ; 32 minute
Onderwerp Die vraag integreer:
Krediteure Versoening en Versoening van krediteure
Interne Kontrole Interne Kontrole
VRAAG 5: 44 punte ; 33 minute
Onderwerp Die vraag integreer:
Algemene Grootboek en Algemene Grootboek
Interne Kontrole Interne Kontrole
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
GRAAD 10
VRAAG 1: KONSEPTE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
(40 punte ; 30 minute)
1.1 KONSEPTE
Kies die korrekte woord(e) uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraaagnommers (1.1.1 – 1.1.5) in die
ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 F. (5)
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 ʼn Voorbeeld van ʼn nie-bedryfsbate. A Regverdigheid
1.1.2 Die bestuur van ʼn besigheid behoort werknemers B Proefbalans
dieselfde te behandel ongeag van hul posisies.
1.1.3 ʼn Opsomming van saldo’s en totale geneem uit al die C AARP
grootboekrekeninge van ʼn besigheid.
1.1.4 Bates wat omgeskakel kan word in kontant binne ʼn 12 D Vaste Deposito
maand periode.
1.1.5 Algemeen aanvaarde riglyne wat gevolg word wanneer E Bedryfsbates
finansiële rekords opgestel word vir verslagdoening.
1.2 ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
Die volgende transaksies vir Maart 2022 het in die boeke van Naledi Handelaars
verskyn. Die besigheid koop en verkoop elektriese toerusting aan klante. Naledi
Handelaars maak van ʼn 80% winsopslag op kosprys gebruik.
GEVRA:
Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte verskaf in die
ANTWOORDBOEK. (35)
NOTA: Die besigheid het ten alle tye ʼn gunstige banksaldo.
Voorbeeld: Betaal R. Motloung R500 kontant vir die was van die gebou se
vensters.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
GRAAD 10
TRANSAKSIES:
1.2.1 Koop goedere op krediet van Ralefe Winkels vir R10 800 min 10%
handelskorting.
1.2.2 Betaal R450 uit die kleinkas aan RSA Verspreiders vir goedere gelewer
aan ʼn debiteur, S. Small. Debiteer sy rekening met die bedrag.
1.2.3 Verkoop goedere op krediet aan K. Samuels vir R4 500 en reik ʼn faktuur
uit.
1.2.4 ʼn Drukker wat op krediet gekoop is vir kantoorgebruik van Rossouw
Handelaars vir R2 400 in Februarie 2022 is foutief. Na bespreking met
Rossouw Handelaars, is die drukker teruggestuur aan hulle. Geen
inskrywing is vir hierdie transaksie gedoen nie.
1.2.5 Ontvang R3 400 van K. Abrahams (ʼn debiteur) ter vereffening van haar
rekening van R3 500.
1.2.6 ʼn Lening terugbetaling van R44 000 aan Perm Bank, sluit rente teen 10%
per jaar, vir een jaar in. Fondse is per EFO betaal.
Totale Punte
40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
GRAAD 10
VRAAG 2: LONE EN SALARISSE (50 punte ; 38 minute)
2.1 LONE – HILLTOP VERPAKKING
Hilltop Verpakking het slegs een werknemer, Jonas Shibangu. Hy word weekliks betaal.
Die inligting is ʼn uittreksel van die week geëindig 22 April 2022.
GEVRA:
Gebruik die inligting wat hieronder verskaf word om die volgende vrae te beantwoord.
2.1.1 Noem TWEE verskille tussen salarisse en lone. (4)
2.1.2 Aan watter organisasie word LBS betaal? Skryf jou antwoord volledig uit. (1)
2.1.3 Wat is die verskil tussen aftrekkings en bydraes? (4)
2.1.4 Bereken die totale aantal oortydure wat Jonas vir die week gewerk het. (6)
2.1.5 Noem die statutêre of wetlike aftrekking wat nog NIE afgetrek is van Jonas
se loon NIE. Moenie jou antwoord afkort nie. (1)
2.1.6 Verwys na VRAAG 2.1.5. Hoeveel moes van Jonas se loon afgetrek
geword het? (2)
2.1.7 Verwys na VRAE 2.1.5 en 2.1.6. Hoeveel is verskuldig aan die
Departement van Arbeid aan die einde van die maand? (Aanvaar daar is
vier weke in die maand.) (2)
INLIGTING
A. Jonas se normale tyd tarief is R13,50 per uur en as hy oortyd moet werk verdien
hy R20,25 per uur.
B. Die volgende is ʼn uittreksel van sy lone verdien vir die week 18 tot 22 April 2022.
Lone
Normale tyd 32 ure
Oortyd ?
Totale loon (normale tyd en oortyd) R675,00
Aftrekkings
Mediese fonds R125,00
Pensioenfonds (7,5% van basiese loon) ?
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
GRAAD 10
2.2 SALARISJOERNAAL
RAPID REALTORS
Rapid Realtors verkoop huise. Hulle het twee verkoopsverteenwoordigers in diens,
J. Smith en H. Sonum, wat dieselfde basiese salaris en ʼn kommissie van 0,5% verdien
vir elke huis wat hul verkoop. Kommissie word slegs verdien sodra al die dokumente vir
die verkoop deur beide die koper en die verkoper geteken is.
GEVRA:
2.2.1 Voltooi die Salarisjoernaal vir Maart 2022 in die ANTWOORDBOEK
voorsien. (30)
INLIGTING
A. Op 01 Maart het J. Smith ʼn huis vir R500 000 verkoop. Al die verkoop- en
oordragdokumente is op 27 Maart geteken.
B. H. Sonum het ʼn huis op 25 Maart vir R800 000 verkoop. Die dokumente is op
05 April 2022 geteken.
C. Beide werknemers behoort aan ʼn mediesefonds. Die totale premie betaalbaar aan
die mediesefonds vir elke lid beloop R2 700 per maand. Rapid Realtors het
ingestem om dubbel die bedrag wat die werknemers betaal by te dra.
D. Pensioenfondsbydrae is 15% per maand op hul basiese salaris. Die werknemers
betaal 7,5% terwyl die werkgewer die res bydra.
E. WVF aftrekkings en bydraes word volgens statutêre vereistes gedoen.
Totale Punte
50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
GRAAD 10
VRAAG 3: ALGEMENE JOERNAAL (23 punte ; 17 minute)
3.1 Die onderstaande inligting vir Desember 2021 is geneem uit die boeke van Jevon
Winkels. Die besigheid word deur J. Mahlangu besit.
GEVRA:
Boekstaaf die transaksies in die Algemene Joernaal vir Desember 2021, en sluit die
joernaal behoorlik af. (23)
Verwys na die onderstaande INLIGTING:
NOTA: Joernaalbeskrywings/redes is nie nodig nie.
INLIGTING
A. Voorlopige totale
Algemene Joernaal
Debiteurekontrole Krediteurekontrole
Debiet Krediet Debiet Krediet
825 116 268 384
B. Transaksies op 31 Desember 2021
(i) ʼn Debiteur, G. Molefe, wat R2 400 skuld, is insolvent verklaar. Sy boedel betaal 40c
uit elke rand. (Dit is reeds in die boeke van die besigheid geboekstaaf.)
Die res moet as oninbaar afgeskryf word.
(ii) Dra ʼn debietsaldo van R280 in M. Naude se rekening in die Debiteuregrootboek
oor na sy rekening in die Krediteuregrootboek. M. Naude is beide ʼn klant en ʼn
verskaffer van Jevon Winkels.
(iii) Die eienaar, J. Mahlangu neem handelsvoorraad teen kosprys van R1 200. Die
transaksie is nog nie geboekstaaf nie.
(iv) Die besigheid het ʼn bedrag van R35 000 van RSA Bank per EFO ontvang vir ʼn
vaste deposito wat verval het op 31 Desember 2021. Ingesluit in die bedrag is
rente op vaste deposito van R3 000. Die totale bedrag van R35 000 is na die Vaste
Deposito Rekening gekrediteer. Stel die fout reg.
(v) Goedere teruggestuur deur G. Chetty (ʼn debiteur) soos per kredietnota van R280,
is foutiewelik na die rekening van G. Levy (ʼn debiteur) oorgeboek.
(vi) Hef rente van 6% per jaar, vir drie maande op die agterstallige rekening van
M. Smith, hy skuld die besigheid R6 800.
Totale Punte
23
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
GRAAD 10
VRAAG 4: KREDITEURE VERSOENING EN INTERNE KONTROLE
(43 punte ; 32 minute)
4.1 BLUE WATER HANDELAARS
Die boekhouer van Blue Water Handelaars het foute gemaak met die oorboeking
na die Krediteurekontrole Rekening op 31 Maart 2022. Die saldo in die
Kontrolerekening het nie ooreengestem met die Krediteurelys onttrek uit die
Krediteuregrootboek nie.
GEVRA:
Neem die foute en weglatings voorsien in INLIGTING C in ag en voltooi die
volgende:
4.1.1 Stel die korrekte Krediteurekontrole Rekening vir Maart 2022 in die
Algemene Grootboek op. Saldeer daarna die rekening. (17)
4.1.2 Stel die korrekte krediteurelys soos op 31 Maart 2022 op. (18)
INLIGTING A
ALGEMENE GROOTBOEK VAN BLUE WATER HANDELAARS
BALANSSTAAT REKENINGE AFDELING
DT KREDITEUREKONTROLE B6 KT
Mrt 31 Bank en KBJ 34 250 Mrt 01 Saldo a/b 4 380
Korting
ontvang
Joernaal AJ 3 290 31 Krediteure KAJ 2 108
debiete Afslag
Saldo o/b 15 038 Totale KJ 44 800
aankope
Joernaal AJ 1 290
krediete
52 578 52 578
Apr 01 Saldo a/b 15 038
INLIGTING B
KREDITEURELYS SOOS OP 31 MAART 2022
Naam Debiet Krediet
PE Handelaars 3 890
Together Winkels 1 300
Lindiwe Handelaars 4 512
Nommer Een Motors 3 100
Frans Verspreiders 260
260 12 802
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
GRAAD 10
INLIGTING C
FOUTE EN WEGLATINGS
(i) Faktuur 154 vir R1 480, ontvang van Together Winkel is oorgeboek na die
rekening van Lindiwe Handelaars in die Hulpgrootboek.
(ii) Die besigheid het besluit om die saldo van Frans Verspreiders na die Debiteure
Grootboek oor te plaas. Geen inskrywing is nog gemaak nie.
(iii) Faktuur 278 ontvang van PE Handelaars vir handelsware op krediet gekoop vir
R2 300 is foutiewelik in die Krediteurejoernaal as R3 200 geboekstaaf.
(iv) Die besigheid het sommige onderdele ter waarde van R860, wat aangekoop was
vir die afleweringsvoertuig, teruggestuur aan Nommer Een Motors. Die bedrag is
korrek geboekstaaf in die Krediteure Afslagjoernaal maar is as kredietaankope na
die Krediteuregrootboek oorgeboek.
(v) PE Handelaars verskaf goedere aan Blue Water Handelaars en koop ook by Blue
Water Handelaars. Die debietsaldo van R640 in hul rekening in die
Debiteuregrootboek moet oorgeplaas word na hul rekening in die
Krediteuregrootboek.
4.2 INTERNE KONTROLE
Blue Water Handelaars koop goedere op grootmaat van Lindiwe Handelaars. Die
voorraad ontvang vanaf Lindiwe Handelaars sluit gewoonlik goedere in wat
beskadig is of nie bestel is nie.
Goedere aangekoop van Lindiwe Handelaars word ook laat afgelewer en Blue
Water Handelaars het as gevolg daarvan klante verloor. Blue Water Handelaars
het besluit om van verskaffer te verander omdat hulle geen korting van Lindiwe
Handelaars ontvang nie.
4.2.1 Verskaf TWEE interne kontrole maatreëls wat deur Lindiwe Handelaars
geïmplementeer kan word om voorraad effektief te bestuur. (4)
4.2.2 Stel aksies voor wat geneem behoort te word deur Lindiwe Handelaars
om sy klante te behou. Verskaf TWEE punte. (4)
Totale Punte
43
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
GRAAD 10
VRAAG 5: KONSEPTE, ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE BEHEER
(44 punte ; 33 minute)
5.1 KONSEPTE
Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs ‘Waar’ of ‘Vals’
langs die nommers (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDBOEK. (1 x 4) (4)
5.1.1 Volgens die historiese koste beginsel, moet handelsvoorraad wat
aangekoop word, teen kosprys geboekstaaf word.
5.1.2 Wanneer ʼn debiteur ʼn kredietlimiet van R10 000 het, beteken dit dat
R10 000 die maksimum bedrag is waarvoor hy goedere en dienste op
krediet mag koop.
5.1.3 Die omsigtigheidsbeginsel word toegepas wanneer die besigheid
voorsiening maak vir bekende uitgawes of verliese om oorstatering van
wins te voorkom.
5.1.4 Om debiteure se kredietwaardigheid te evalueer voordat goedere op
krediet verkoop word is ʼn goeie interne kontrole maatreël wat ʼn besigheid
toepas.
5.2 ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE KONTROLE
Solly Groothandelaars
Die boekhouer van Solly Groothandelaars is skielik in die hospitaal opgeneem en
hy kon sommige van die Algemene Grootboekrekeninge vir Mei 2022 nie voltooi
nie. Hy het die Algemene Joernaal na die Algemene Grootboekrekeninge
oorgeboek. Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 100% op kosprys.
GEVRA:
5.2.1 Voltooi en saldeer die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek vir
Mei 2022:
• Debiteurekontrole rekening (10)
• Handelsvoorraadrekening (16)
• Skryfbehoeftes (8)
5.2.2 Die eienaar van Solly Groothandelaars het opgemerk dat sommige
debiteure nie aan die kredietterme, soos kontraktueel met die besigheid
ooreengekom is, voldoen nie.
(a) Verduidelik die betekenis van die konsep kredietterme. (2)
(b) Verskaf TWEE maatreëls wat deur die besigheid geïmplementeer
kan word om vroeë betalings aan te moedig. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
INLIGTING
Totale in die Hulpjoernale vir Mei 2022:
Kontantontvangstejoernaal
Koste van Korting Debiteure- Lopende
Bank Verkope
Verkope Toegestaan kontrole inkomste
88 400 44 000 22 000 270 4 280 ?
Kontantbetalingsjoernaal
Handels- Korting Krediteure- Lone Skryf-
Bank
voorraad Ontvang kontrole behoeftes
65 350 27 900 620 36 510 ? 1 620
Debiteurejoernaal
Verkope Koste van
Verkope
12 800 6 400
Debiteure Afslagjoernaal
Debiteure Afslag Koste van
Verkope
1 200 600
Krediteurejoernaal
Krediteure- Skryf- Verpakkings- Diverse
Handelsvoorraad
kontrole behoeftes materiaal Rekeninge
58 400 25 990 1 500 2 300 ?
Krediteure Afslagjoernaal
Krediteure- Verpak- Diverse
Handels- Skryf-
kontrole kings- Rekeninge
voorraad behoeftes
materiaal
6 900 4 800 175 ? 1 155
Kleinkasjoernaal
Handels- Debiteure- Skryf- Diverse
Kleinkas
voorraad kontrole behoeftes Rekeninge
960 380 280 150 ?
Totale Punte
44
TOTAAL: 200
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 10 REKENINGKUNDE – FINANSIËLE AANWYSERS – FORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100 Netto wins 100
X X X
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
X X
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates - Voorraad) : Bedryfslaste
(Handels- en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Netto wins 100
X Totale bates : Totale laste
Eienaarsekwiteit 1
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--12b7b012-cbb3-4fbb-9dae-80ef64cd70a8/v1-3e2ef1e6b8f6b8b74842/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Addendum (English)
%20June%202022%20Answer%20Book%20(1)_hlayiso.com_--bf1239c7-529d-4af5-b10c-5a3797615abc/v1-a9f4b505b8dedbb3d702/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Addendum (Afr)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1560e15b-6c60-4b9f-bc10-e974572f3385/v1-3084f10a03fee4913c97/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--a72a59e7-e519-4c3f-8851-03448ef5820a/v1-f2da8fdeba474873f487/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 Paper 1 Gauteng June 2022 Memo (English)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--97fa7309-0e74-4aa6-8644-2bd11066f044/v1-b7ba770352a533fe9123/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c5fa31d1-34ef-4bb7-adc7-bd5a8d2cb943/v1-0ca3e54f15010af59481/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Eng)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Addendum
Accounting Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Addendum

Addendum
Accounting Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo (Eng)

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo