Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*ELCTDM*
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende ʼn formuleblad.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)


Electrical Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP
Grade 12 Electrical Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 538.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1Practical Assessment Task (PAT)14 marks
- Question 2Practical Assessment Task (PAT)10 marks
- Question 3Occupational Health and Safety (OHS)10 marks
- Question 4Specialisation: Power Systems [Power Systems]10 marks
- Question 5RLC Circuits and AC/DC Theory30 marks
- Question 6Electrical and Electronic Components25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Sketse en diagramme moet groot, netjies en van volledige byskrifte
voorsien wees.
3. Alle berekeninge moet getoon word en korrek tot TWEE desimale syfers
afgerond word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. ʼn Formuleblad word aan die einde van die vraestel voorsien.
6. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 3
VRAAG 1: TEGNOLOGIE, GEMEENSKAP EN DIE OMGEWING
1.1 Ontwerp, produksie en bemarking van sekere tegnologiese produkte vereis
entrepreneursvaardighede vanaf die vervaardiger.
Noem DRIE entrepreneursvaardighede wat verwag word. (3)
1.2 Met verwysing na HIV/Vigs, noem EEN voorsorgmaatreël wat nagekom
moet word wanneer ʼn persoon wat beseer is, behandel word. (1)
1.3 Mense gebruik tegnologie om in hul behoeftes te voorsien. Die gebruik van
tegnologie het positiewe en negatiewe impakte op die samelewing en die
omgewing. Bespreek kortliks hoe die gebruik van tegnologie ʼn negatiewe
impak op die volgende het:
1.3.1 Lug (2)
1.3.2 Water (2)
1.3.3 Land (2)
[10]
VRAAG 2: TEGNOLOGIESE PROSES
2.1 Die senior inwoners van die Buqolo aftree-oord kla dat die interkomsisteem
nie hard genoeg is nie. Die Elektriese Tegnologie-leerders word gevra om
die probleem op te los.
Identifiseer die probleem wat deur die inwoners van die Buqolo aftree-oord
ondervind word. (2)
2.2 Fisiese gestremde kinders moet leer hoe om elektries-beheerde-rolstoele te
bemeester om sodoende ongelukke te voorkom.
Skryf ʼn ontwerp-opdrag om die bogenoemde probleem op te los. (5)
2.3 Navorsing en ondersoek bemagtig die ontwerper om bestaande produkte te
analiseer om sodoende die probleem te verstaan en dan beter op te los.
Beskryf DRIE metodes wat gebruik word vir die inwin van inligting wanneer
ʼn ontwerp-opdrag ondersoek word. (3)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
4 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 3: BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID
3.1 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word wanneer
daar met ʼn draagbare boormasjien gewerk word. (2)
3.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word wanneer
die stroomvloei in ʼn kring met ʼn digitale multimeter gemeet word. (2)
3.3 Beskryf hoekom dit belangrik is om goeie ventilasie in ʼn elektriese
tegnologie werkswinkel te hê. (2)
3.4 Noem TWEE onveilige handelinge wat in ʼn elektriese tegnologie
werkswinkel kan plaasvind. (2)
3.5 Beskryf EEN voorsorgmaatreël wat in gedagte gehou moet word wanneer
die isolasie van ʼn geleier gestroop word. (2)
[10]
VRAAG 4: DRIE-FASE WS-OPWEKKING
4.1 Noem hoe die arbeidsfaktor van ʼn resistiewe induktiewe las verbeter kan
word. (1)
4.2 Definieer die term gebalanseerde las. (2)
4.3 Beskryf EEN nadeel van ʼn drie-fase motor met ʼn swak nalopende
arbeidsfaktor. (2)
4.4 ʼn 2,5 kW gebalanseerde las is in delta aan ʼn 380 V-toevoer verbind. Die las
het ʼn arbeidsfaktor van 0,85 en ʼn rendement van 100%.
Bereken die kVA-aanslag van die vollas. (3)
4.5 Drie lasse, elk met ʼn weerstand van 50 Ω, word in stêr verbind om ʼn 380 V,
drie-fase toevoer te vorm.
Bepaal die fasespanning. (2)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 5
VRAAG 5: R, L EN C KRINGBANE
5.1 ʼn Wisselstroomkring bestaan uit ʼn induktor van 0,15 H, ʼn kapasitor van
150 μF en ʼn resistor van 20 Ω, verbind in parallel aan ʼn toevoer van
100 V, 50 Hz.
Bereken die volgende:
5.1.1 Die stroom deur die kapasitor (3)
5.1.2 Die stroom deur die induktor (3)
5.1.3 Die stroom deur die resistor (3)
5.1.4 Totale stroomvloei deur die kring (3)
5.1.5 Teken ʼn netjies benoemde fasordiagram van die kring in
VRAAG 5.1. (nie volgens skaal nie) (4)
5.2 ʼn Wisselstroomkring bestaan uit ʼn spoel en ʼn kapasitor in serie. Die
kapasitor het ʼn kapasitansie van 49 μF. Die spoel het ʼn induktansie van
0,14 H en ʼn weerstand van 40 Ω.
Indien die toevoerspanning 220 V/50 Hz is, bereken die volgende:
5.2.1 Induktiewe reaktansie (3)
5.2.2 Kapasitiewe reaktansie (3)
5.2.3 Die impedansie van die kring (3)
5.2.4 Die stroomvloei deur die kring (3)
5.3 Noem die tipe reaktansie aangebied aan die stroomvloei in die volgende:
5.3.1 Suiwer induktiewe kring (1)
5.3.2 Suiwer kapasitiewe kring (1)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
6 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 6: SKAKEL- EN BEHEERKRINGBANE
6.1 Verduidelik die funksionele werking van ʼn DIAK. (4)
6.2 Teken ʼn netjiese, volledige benoemde kenkrom van ʼn TRIAK. (5)
6.3 Verduidelik hoe ʼn SBG aangeskakel EN afgeskakel word. (4)
6.4 Teken die kringsimbool van die volgende elektroniese komponente:
6.4.1 Die TRIAK (3)
6.4.2 Die DIAK (2)
6.5 Verduidelik waarom die vuurhoek wat deur die RC-netwerk beheer word net
tot by 90° beheerbaar is indien die kapasitor in FIGUUR 6.5 hieronder
vervang word met ʼn resistor. (4)
FIGUUR 6.5: LAMPVERDOOFKRING
6.6 Noem DRIE voordele wat ʼn TRIAK en ʼn SBG oor resistiewe metodes van
kragbeheer het. (3)
[25]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 7
VRAAG 7: VERSTERKERS
7.1 Noem VIER eienskappe van ʼn ideale operasionele versterker. (4)
7.2 Operasionele versterkers kan in enkel inset/enkel uitset, ʼn differensiële
inset/differensiële uitset of ʼn differensiële inset/enkel uitset gekoppel word.
Verduidelik die term differensieel, met spesifieke verwysing na operasionele
versterkers. (2)
7.3 Verduidelik die verskil tussen positiewe en negatiewe terugvoer, met
verwysing na versterkers. Gee ʼn voorbeeld van elk. (4)
7.4 Die operasionele versterker in FIGUUR 7.4 is gekoppel in ʼn sekere manier.
FIGUUR 7.4: OPERASIONELE VERSTERKERKRING
Maak gebruik van jou kennis van operasionele versterkers en bepaal die
volgende:
7.4.1 In watter modus is die operasionele versterker gekoppel? (1)
7.4.2 Sal hierdie ʼn goeie of swak versterker wees vir audio gebruik?
Verwys na die inset en uitset golfvorms en motiveer jou antwoord. (2)
7.4.3 Bepaal die winsstelling van die versterker deur gebruik te maak
van die inligting wat verkrygbaar is in die kring in FIGUUR 7.4. (2)
7.4.4 Verduidelik wat jy sal doen om die wins van hierdie versterker te
vermeerder. Verduidelik ook die aard van die aanpassing wat jy
sal maak. (3)
7.5 Negatiewe terugvoer hou sekere voordele in wanneer dit in versterkerkringe
toegepas word. Noem DRIE bruikbare voordele wat negatiewe terugvoer in
versterkers het. (3)
Downloaded from hlayiso.com
8 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (SEPTEMBER 2013)
7.6 Verwys na die kring hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
FIGUUR 7.6: WIEN BRUGOSSILATOR
Bereken die resonante frekwensie van die Wienbrugossillator in
FIGUUR 7.6 hierbo. (3)
7.7 Noem EEN metode van voorspanning in ʼn gemeenskaplike
emittorversterker. (1)
[25]
VRAAG 8: DRIE-FASE TRANSFORMATORS
8.1 Noem TWEE metodes wat gebruik word om vloedlekkasie in transformators
te bekamp. (2)
8.2 ʼn 30 kVA transformator met ʼn windingverhouding van 50:1 is verbind in ʼn
delta-star verbinding om ʼn plaas met ʼn lynspanning van 380 V te voorsien.
Bereken die volgende:
8.2.1 Sekondêre fasespanning (2)
8.2.2 Primêre lynspanning (3)
8.2.3 Drywing gelewer teen vollas teen ʼn arbeidsfaktor van
0,85 nalopend (4)
8.3 Noem VIER verliese wat in transformators plaasvind. (4)
[15]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 9
VRAAG 9: LOGIESE KONSEPTE EN PLB’s
9.1 Wat word deur die stelling ‘programmeerbare logiese beheer’ (PLB) of
‘programmeerbare integreerbare kring (PIC) binne die digitale omgewing
geimpliseer? (2)
9.2 Beskryf die hoofverskille tussen ʼn hard-bedrade stelsel en ʼn PLB of sagte-
bedrade stelsel. (4)
9.3 ʼn PLB skandeer die program wanneer dit die instruksies in die LOOP-
modus uitvoer. Dit word gedoen in drie hoofstappe, waarna die proses van
voor af begin.
9.3.1 Verduidelik kortliks wat die stelling hierbo impliseer deur na die
werking van PLBs te verwys. (2)
9.3.2 Noem en beskryf die DRIE hoofstappe van ʼn PLB wanneer dit
funksioneel opereer. (6)
9.4 FIGUUR 9.4 toon ʼn eenvoudige EN hek voorstelling van twee skakelaars
wat ʼn spoel aktiveer.
FIGUUR 9.4: EN-HEK MET SKAKELAARS
9.4.1 Verander die Boolese vergelyking van A.B = X na ʼn logiese
leerdiagram vir gebruik in ʼn PLB. (4)
Downloaded from hlayiso.com
10 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (SEPTEMBER 2013)
9.5 FIGUUR 9.5 toon ʼn PLB wat aan ʼn olietenk gekoppel is.
FIGUUR 9.5: PRAKTIESE TOEPASSING VAN ’N PLB
Probleemstelling
• Jy beheer smeerolie wat vanaf ʼn tenk voorsien word in die fabriek. Die
olie in die tenk verminder die heeltyd.
• Dit is nodig vir die motor om die olie gedurig aan te vul totdat die vol-vlak
sensor geaktiveer word.
• Wanneer dit gebeur, moet die motor afgeskakel word totdat die olie-vlak
tot by die lae-vlak sensor daal. Hier skakel die motor weer aan en die
proses word herhaal.
Inligting
• Beheer word moontlik gemaak deur twee sensors. Een word aan die
onderkant en die ander een aan die bokant van die tenk geplaas.
• Daar word drie I/Os benodig, (met ander woorde – insette/uitsette). Twee
is insette (die sensors) en die ander een is ʼn uitset (die motor).
• Albei die insette sal NC (normaal geslote) optiese-veselvlak sensors
wees. Wanneer hulle NIE in vloeistof gedompel is nie, sal hulle AAN
wees, en wanneer hulle wel gedompel is in vloeistof sal hulle AF wees.
• Elke inset- en uitsettoestel het ʼn adres. Hierdie adres laat die PLB weet
waar hulle fisies gekoppel is. Hierdie adresse word hieronder getoon.
INSETTE ADRES UITSET ADRES INTERNE RELÊ
Lae inset relê 0000 Motor 0500 1000
Hoë inset relê 0001
9.5.1 Bepaal of die volgende Boolese vergelyking die bogenoemde
probleem stelling sal bevredig:
A.B + AB = X (2)
9.5.2 Maak gebruik van die inligting wat hierbo verskaf is en bepaal die
logiese leerdiagram wat die PLB korrek sal laat funksioneer. (7)
9.5.3 Elk van die insette en uitsette word ʼn adres gegee. Verduidelik
hoekom dit gedoen word met verwysing na PLB-toestelle. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 11
9.6 FIGUUR 9.6 hieronder toon die heknetwerk van ʼn logiese kring.
FIGUUR 9.6: LOGIESE KRING
9.6.1 Bepaal die vereenvoudigde Boolese uitdrukking vir die logiese
kring EN teken dan die ekwivalente logiese kring van jou antwoord. (6)
[35]
VRAAG 10: DRIE-FASE MOTORS EN BEHEER
10.1 ʼn Drie-fase motor werk vanaf ʼn 380 V stelsel en ontwikkel 8 kW. Die motor
het ʼn arbeidsfaktor van 0,8 en ʼn rendement van 100%. Indien die motor in
stêr deur ʼn stêr-delta aansitter aangeskakel word, bereken die volgende
teen vollas:
10.1.1 Lynstroom en fasestroom (5)
10.1.2 Inset in kVA (3)
10.2 Hoekom word ʼn stêr-delta aansitter gebruik om drie-fase motors aan te
skakel? (3)
10.3 Verduidelik die term nul-spanning-spoel met verwysing na motoraansitters. (3)
10.4 Verduidelik die term normaal geslote met verwysing na motoraansitters. (2)
10.5 Hoekom moet die raam van ʼn drie-fase motor geaard wees? (3)
10.6 Hoe kan die draairigting van ʼn drie-fase motor verander word? (2)
10.7 Elektriese motors het interne verliese. Noem en beskryf DRIE van die
verliese. (6)
10.8 Nadat ʼn motor geïnstalleer is, en voor dit aangeskakel word, word basiese
meganiese en elektriese inspeksies gedoen. Noem EEN basiese
meganiese, EN TWEE basiese elektriese inspeksies wat gedoen moet word
voordat die motor in gebruik geneem mag word. (3)
[30]
TOTAAL: 200
Downloaded from hlayiso.com
12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (SEPTEMBER 2013)
ELECTRICAL TECHNOLOGY/ELEKTRIESE TEGNOLOGIE
FORMULA SHEET/FORMULEBLAD
Single phase/Enkel fase
√
√
√
Three-phase/Drie-fase
√ √
√ √
Delta
√
√
Star/Ster
√
√
END/EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Electrical Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Eng)

Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum