Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2011
SOSIALE WETENSKAPPE
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye met ʼn topografiese kaart as ʼn addendum.
Skip to contentAll 2011 papers 





View all
%20November%202026%20Mock%20Memo--a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39/v1-f74dc05be8e304ffffd5/card.webp)
%20November%202026%20Mock%20Memo--162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac/v1-8268220288e2ad848608/card.webp)


%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
Social Sciences Grade 9 November EC 2011 QP (Afr)
Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2011 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2011. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Social Sciences
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2011
- Exam period
- November EC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 381.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
November EC 2011
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2011)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord ALLE vrae.
2. Jy word voorsien van ʼn 1:50 000 topografiese kaart 3227CD van KING WILLIAM’S
TOWN (Addendum). Verwys daarna wanneer jy VRAE 1.1 en 1.2 beantwoord.
3. Vir VRAE 1.1 en 1.2 sal jy ook jou instrumente-blikkie en sakrekenaar benodig.
4. Die topografiese kaart moet ingehandig word aan die toesighouer aan die einde van
die eksamen.
5. Bestudeer en analiseer die inligting in die bronne voordat jy die vrae begin
beantwoord.
6. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae:
VRAAG 1: KAARTWERK
VRAAG 2: MENSEREGTE en MENSESLAGTING
VRAAG 3: APARTHEID IN SUID-AFRIKA
VRAAG 4: ONTWIKKELING en VOLHOUBARE GEBRUIK VAN BRONNE
VRAAG 5: DIE KOUE-OORLOG en KERNWAPEN ERA
VRAAG 6: ANTI-KOLONIALE STRYD IN SUID-AFRIKA en DIE WÊRELD
VRAAG 7: SAKE VAN ONS TYD en OMGEWINGSKONFLIKTE
VRAAG 8: GLOBALISERING en DIE ROL VAN WETENSKAP EN
TEGNOLOGIE
7. Begin elke vraag op ʼn nuwe bladsy en onderstreep die vraag indien dit voltooi is.
8. Nommer alle vrae korrek.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) SOSIALE WETENSKAPPE 3
Lys van Terme
Gebruik hierdie gids om jou te help om presies te bepaal wat die vraag van jou verwag.
WOORD BETEKENIS
Analiseer Ondersoek en breek dan af in dele of elemente. Vind of wys die
struktuur van sommige geskrewe items en gee ʼn beskrywing waar
moontlik.
Haal aan Noem, gee die naam, verwys na.
Bereken Gebruik getalle om jou antwoord te kry.
Vergelyk Wys op ooreenkomste en verskille.
Lei af Redeneer vanaf ʼn algemene idee tot by ʼn spesifieke idee.
Beskryf Gee die hoof kenmerke van iets of gee verslag van gebeure sonder om
dit te analiseer.
Bespreek Ondersoek ʼn saak, gebruik ʼn argument, deur verskillende idees neer te
skryf en te beklemtoon.
Verduidelik Maak duidelik, interpreteer, en noem die feite: Gee redes vir verskille in
standpunte of gevolge; probeer om redes te analiseer.
Evalueer Prys en/of kritiseer; gee jou opinie oor ʼn saak/stelling/item, nadat jy na
die bewyse gekyk het.
Illustreer Maak die betekenis van iets duidelik deur voorbeelde te gebruik.
Lys Skryf kort stellings neer en nommer hulle.
Noem Om te skryf/om te noem/identifiseer.
Rangskik Gee ʼn item of persoon ʼn sekere posisie op ʼn lys of skaal; gewoonlik
word items genoem van eerste tot laaste of andersom.
Toon aan Om duidelik te maak; uit te wys; te verduidelik.
Sintetiseer Om sekere elemente of feite op te bou tot ʼn groter geheel, om te skep,
om te komponeer, om te verander en of te verbeter.
Downloaded from hlayiso.com
4 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2011)
AFDELING A KAARTLEES en ANALISE
VRAAG 1
1.1 Kaartwerk: Meervoudigekeuse-vrae
Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart
3227CD van KING WILLIAM’S TOWN (Addendum).
Kies die mees gepaste antwoord uit die lys van moontlike antwoorde vir elke
vraag hieronder. Skryf slegs die korrekte letter langs die vraagnommer.
1.1.1 Die indeks van die kaart Noord-wes van King William’s Town is …
A 3227DC.
B 3227CA.
C 3227AA.
D 3227CB. (1)
1.1.2 Die Alfa Numeriese-rooster van die Rioolwerke in Bisho is …
A 8A.
B 27º27’S en 32º50’S.
C A8.
D 32º50’S en 27º27’S. (1)
1.1.3 Wanneer koördinate neergeskryf word, begin jy met …
A lengtegraad gevolg deur die breedtegraad.
B die linker kant op die kaart na die regterkant.
C die lang kant na die kort kant.
D breedtegraad gevolg deur lengtegraad. (1)
1.1.4 Die formule om area op ʼn kaart te bereken is …
A Lengte x Breedte
B Lengte ÷ Breedte
C Breedte + Lengte
D Breedte ÷ Lengte (1)
1.1.5 Een van die volgende tekens is nie ʼn konvensionele lynsimbool nie.
A
B
C
D (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) SOSIALE WETENSKAPPE 5
1.2 Kaartlees en Analise
Verwys na die 1: 50 000 topografiese kaart 3227CD van KING WILLIAM’S
TOWN (Addendum).
1.2.1 Gebruik die lynskaal onderaan die kaart om die afstand vanaf die
letter A (D3/4) onder Ginsberg tot by nommer 3 (B4) links van die
opgrawings, te meet. (1x2) (2)
1.2.2 Vind KwaBhonke; Watter bewys is daar op die kaart om die stelling
te regverdig dat plaasboere in die omgewing voordeel trek uit die
rivier daar naby om water te kry vir hul landerye. (1+1) (2)
1.2.3 Waarom is die strome van die Yellowwoods-rivier (noord-oos op
die kaart in blok A10) geneig om stadiger te vloei op hierdie plek?
(Kyk na die verskynsels in die omliggende gebied.) (2)
1.2.4 Rioolafvoerwerke naby die rivier kan ʼn gevaar (risiko) inhou. Gee
enige TWEE moontlike negatiewe uitwerkings van die
rioolafvoerwerke op die nedersetting en die omgewing van
Pakamisa (blok G10) en KwaMlakalaka (blok F8). (1x2) (2)
1.2.5 Bepaal die ware peiling vanaf die letter A (D3/4) onder Ginsberg tot
by die nommer 4 (D4) links van die Opgrawings. (1x2) (2)
[15]
Downloaded from hlayiso.com
6 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2011)
VRAAG 2 MENSEREGTE SAKE GEDURENDE en NA DIE TWEEDE
WÊRELDOORLOG
Bestudeer Bron 2A en beantwoord dan die vrae wat volg.
BRON 2A: MENSEREGTE
Jy moet in iemand anders se land bly om te verstaan
Hoe voel dit om ʼn buitestander te wees?
Hoe voel dit om in ʼn klas te sit waar almal blonde hare
het en jy alleen het swart hare?
Hoe voel dit as die onderwyser sê:
“Wie nie hier gebore is nie, steek op jou hand.”
En jy is die enigste een.
Dan, wanneer jy jou hand opsteek, kyk almal na jou en
dryf spot met jou.
Jy moet in iemand anders se land bly om te verstaan.
Noy Chou
Facing History & Ourselves, 1986 Group & Individual Identity
2.1 Skryf die woord neer wat gebruik word om te verwys na: vrees vir
buitelanders. (1)
2.2 Interpreteer die idees van Noy Chou hierbo, in TWEE sinne. (2)
2.3 Bestudeer Bron 2B hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
BRON 2B
NAZI RASSISME en ANTI-SEMITIESE IDEOLOGIE
“… hierdie besmetting van ons bloed, wat blindelings geïgnoreer word deur
honderde duisende van ons mense, word vandag sistematies oorgedra deur
die Jode … hierdie swart parasiete van die volk ontreinig ons onervare jong
blonde dogters en sodoende word iets vernietig wat nie in hierdie wêreld
weer vervang kan word nie. Die Joodse jeug, met hul swart hare, wag vir
ure en ure op onskuldige meisies; gluur hulle satanies aan en spioeneer op
hulle wie hulle beplan om te verlei … ontreinig hulle bloed en verwyder hulle
van die boesem van hul mense.”
The Holocaust: Lessons for Humanity- UITTREKSEL UIT DIE MEIN KAMPF (deur Adolf Hitler)
Skryf ʼn kritiek op die idees geopper deur Bron 2B. (2)
[5]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) SOSIALE WETENSKAPPE 7
VRAAG 3 APARTHEID IN SUID-AFRIKA
Analiseer die stellings hieronder en kies die mees gepaste antwoord. Skryf jou
keuse langs die vraagnommer op die antwoordblad.
3.1 Die volgende persoon was nie President van die Republiek van Suid-Afrika
nie.
Thabo Mbeki
C.R. Swart
Pumzile Mlambo-Ngcuka
F.W. De Klerk
Nelson Mandela (1)
3.2 Hierdie datum pas nie in die tydlyn van die grondwette van die Republiek
van Suid-Afrika nie.
1910
1961
1983
1994
2010 (1)
3.3 Nasionale Regeringsverkiesings word elke 5 jaar gehou.
Waar
Vals (1)
3.4 Die volgende Kommissie is verantwoordelik vir die toepassing van vry en
regverdige verkiesings in Suid-Afrika.
Onafhanklike Kommissie
Afrika Onafhanklike Kommissie
Onafhanklike Verkiesingskommissie
Verkiesingskommissie (1)
3.5 In ʼn demokrasie, …
word leiers gekies deurdat mense ʼn stem uitbring.
is mense vry om te kies vir wie hulle wil stem.
is alle mense gelyk voor die reg.
kan mense stem deur ʼn strepieskode-identiteitsdokument te gebruik.
is al die bogenoemde van toepassing. (1)
[5]
Downloaded from hlayiso.com
8 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2011)
VRAAG 4 ONTWIKKELING en VOLHOUBARE GEBRUIK VAN BRONNE
Lees die volgende persverklaring (Bron 3) van die 15de Sessie van die VN se
kommissie oor Volhoubare Ontwikkeling, en beantwoord die vrae wat volg.
BRON 3
Die Armoede Slagyster
Ons sal nooit die mikpunte van volhoubare ontwikkeling bereik, solank as ʼn
derde van alle mense nie moderne energie dienste het nie …
So lank as vroue en kinders moet opdok vir vuurmaakhout, so lank as studente
nie kan lees na sonsondergang nie, en so lank as nuwe besighede en nywerhede
nie elektriese krag kry om te funksioneer nie, kan ons nie verwag om
ontwikkeling te bereik wat ekonomies, sosiaal en omgewings gebalanseerd is
nie…
Dit word van lande verwag om staat te maak op fossielbrandstof vir hul energie
behoefte tot 2030 en daarna, en vrystelling van CO2, die dominante groenhuis-
gas, sal moontlik verdubbel teen 2030.
Ontwikkelende lande, wat die minste bygedra het tot die atmosferiese opbou van
koolstofdioksied, is die meeste blootgestel en is die swakste toegerus om die
gevolge van klimaatsveranderinge te hanteer.
Mnr. Abdullah Hamad Al-Attiyah, Minister van Energie van Qatar en voorsitter van
die 15de Sessie van die VN-Kommissie oor volhoubare ontwikkeling
(CSD persverklaring April 2007) www.un.org/esa/sustdev/csd/policy.htm
4.1 Wat is volhoubare ontwikkeling? (2)
4.2 Noem DRIE benaderings tot ontwikkeling. (3)
4.3 Watter DRIE dinge uit Bron 3 hierbo, soos deur Mnr. Abdullah Hammad Al-
Attiyah aangedui, vertraag volhoubare ontwikkeling? (3)
4.4 Gee TWEE voorstelle van dinge wat ons land kan doen om die uitwerking
van aardverwarming te verminder. (2)
4.5 Maak ʼn lys van VYF Millennium Ontwikkelingsmikpunte. (5)
[15]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) SOSIALE WETENSKAPPE 9
VRAAG 5 DIE KOUE-OORLOG EN KERNWAPEN-ERA
Analiseer bronne 4A, 4B (foto) en 4C.
BRON 4A BRON 4B BRON 4C
My clever Social Sciences http://home.pacbell.net/kidwell5/
aefdr.html
Grade 9
Het Jy Geweet? Albert Einstein se brief
aan die Amerikaanse
Kernwapens is die kragtigste President Franklin D.
ontploffings-toestelle wat nog Roosevelt in 1939.
deur mens gemaak is. Die
bestraling vanaf kernenergie Hierdie nuwe verskynsel
het ʼn vernietigende sou ook lei tot die maak
uitwerking op mense. van bomme, en dit is
moontlik - hoewel nie so
Gedurende die Koue-oorlog seker nie - dat uiters
het die VSA en USSR so baie kragtige bomme van ʼn
kern wapens gehad, dat nuwe tipe vervaardig
indien die twee lande sou sou kon word. ʼn Enkele
oorgaan tot oorlog, hulle die bom van hierdie tipe,
wêreld sou vernietig. gedra deur ʼn boot wat
Hierdie beleid, waar nie een ontplof in die hawe, sal
kant sou wen in ʼn kernoorlog heel waarskynlik die
nie, was bekend as MAD hele hawe vernietig
(Mutual Assured Destruction). tesame met die
Dit het beide kante verhoed omliggende gebied. Dit
om ʼn oorlog te begin want lyk egter asof sulke
hulle het geweet dat geeneen bomme te swaar sal
kon wen nie. wees vir lugvervoer.
5.1 Gedurende die Koue-oorlog het die VSA en USSR ʼn oorlog probeer verhoed.
Waarom? Verwys na Bron 4A. (1x2) (2)
5.2 Skryf die simbool wat kenmerkend was van die Koue-oorlog, wat gebruik
was om die Ooste van die Weste te skei. (2)
5.3 Skryf die feite neer wat elkeen van die bronne (hierbo) onthul oor die
oorsake en gevolge van gevaarlike wapens.
BRON Oorsaak Moontlike gevolge
(skryf die wapen) (wat die wapen kan doen)
4A 5.3.1 5.3.2
4B (Foto) 5.3.3 5.3.4
4C 5.3.5 5.3.6
(6x1) (6)
5.4 Skryf TWEE paragrawe van nie meer as 60 woorde (tel die woorde),
waarin jy die aard van die oorlog vergelyk en kontrasteer na die
bomaanvalle op Hirosjima en Nagasaki.
Jou eerste paragraaf moet ʼn opsomming gee van veranderings in die
manier van oorlogvoering vandag, en die tweede paragraaf moet die
gevare van kernkrag tegnologie ondersoek. (10)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
10 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2011)
VRAAG 6 MENSE-REGTE EN ANTI-KOLONIALE STRYD
Kyk na Bron 5. Hierdie gesigte is bekend in geskiedkundige temas in Afrika en
ander lande. Pas die regte naam by die regte gesig. Die name is gegee in blok F
hieronder.
BRON 5: Mense-Regte Leiers in Afrika en verder
A B C
HULLE IS:
Kwame Nkrumah
Nelson Mandela
Robert Mugabe
Samora Machel
Osama Bin Laden
D E F
6.1 Skryf die letters A – E, en pas elke naam by die gepaste gesig. (5x1) (5)
6.2 Wat beteken die woord kolonialisme? (2)
6.3 Noem DRIE redes waarom Europese lande gebiede in Afrika wou hê. (3)
6.4 BRON 6: Prominente figure van die Afro-Amerikaanse Siviele Regte-beweging
Rosa Parks Martin Luther King Jnr.
Skryf ʼn paragraaf oor die bydrae van die volgende aktiviste van die Siviele
Regte Beweging wat in hierbo in BRON 6 verskyn: (2x5) (10)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) SOSIALE WETENSKAPPE 11
VRAAG 7 SAKE VAN ONS TYD, SOSIALE en
OMGEWINGSKONFLIKTE
Analiseer Bron 7 noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.
BRON 7: Uittreksel uit Ruwanda se radio uitsaai-stasie bekend as
“Radio Television Libre des Mille Collines (RTLM)”
Ons moet onthou hoe om ons gewone In werklikheid sal
middele te gebruik [d.w.s. wapens]… ek sal alle Tutsi’s omkom.
ook vra dat elke gemeenskap homself Hulle sal verdwyn
probeer organiseer…om huise te deursoek uit hierdie land…
… om die vleie van die omgewing te hulle verdwyn Wis die
deursoek en seker te maak dat geen iinyezi bietjie-bietjie danksy kakkerlakke
(kakkerlakke) deurglip en hulself daar die wapens wat uit!!!!
wegsteek nie… deursoek die rioolgate en hulle tref, maar hulle
slote, rig grense op…sodat niks hulle kan word ook
ontglip nie. doodgemaak soos
Instruksies aan die Ministerie van Verdediging rotte.
7.1 Wie is die skrywer van die bron? (1)
7.2 Kies DRIE woorde/frases van haatspraak uit Bron 7 neer. (3)
7.3 Verduidelik waarom jy hierdie woorde in VRAAG 7.2 gekies het. (2)
7.4 Noem en verduidelik TWEE benaderings wat gebruik was om misdade teen
die mensdom in Suid-Afrika (WVK) in 1994 en in Duitsland (Nuremberg) in
1946 aan te spreek, in ʼn poging om regverdigheid te herstel. (4)
[10]
VRAAG 8 GLOBALISERING en DIE ROL VAN WETENSKAP en
TEGNOLOGIE
8.1 Omskryf die term globalisering. (2)
8.2 Wat was die Groen Rewolusie? (2)
8.3 Geslagsongelykheid is steeds ʼn ernstige bron van konflik in Suid-Afrika en
Afrika.
Skryf in ʼn paragraaf van 5 – 6 sinne ʼn artikel aan die redakteur van ʼn
koerant waarin jy hierdie saak uitlig. (6)
[10]
TOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2011 QP (Eng)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2011 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2011 Memo (English)

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 QP (Eng)

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2013 QP (Eng)

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2013 QP (Afr)
More from Grade 9 Social Sciences

CAPS document
CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7 9
%20November%202026%20Mock%20Memo--a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39/v1-f74dc05be8e304ffffd5/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 P1 November Mock 2026 Memo (English)
%20November%202026%20Mock%20Memo--162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac/v1-8268220288e2ad848608/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 P2 November Mock 2026 Memo (English)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (English)
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
Memorandum