Skip to content

Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP

Question paperBusiness StudiesGrade 11201513 pages

Grade 11 Business Studies question paper from the Eastern Cape November Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 BESIGHEIDSTUDIES PUNTE: 300 TYD: 3 uur *IBUSTA* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
2 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die onderstaande instruksies en inligting aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Neem die tydsindeling in ag wanneer vrae beantwoord word. 3. Lees die instruksie vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 4. Tensy ander instruksies gegee word moet antwoorde in VOLSINNE gegee word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Gebruik die puntetoekenning en aard van die vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 7. Begin die antwoord vir ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 2 – NUWE BLADSY, VRAAG 3 – NUWE BLADSY, ens. 8. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A Meervoudigekeuse-vrae Kies die korrekte woord 1 40 30 minute Pas-items VERPLIGTEND B Beantwoord enige DRIE van die 2 60 30 minute vyf vrae. 3 60 30 minute 4 60 30 minute 5 60 30 minute 6 60 30 minute C Opsteltipe-vrae Beantwoord 7 40 30 minute enige TWEE vrae. 8 40 30 minute 9 40 30 minute 10 40 30 minute TOTAAL 300 180 minute Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2015) BESIGHEIDSTUDIES 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 VIER moontlike opsies word as antwoord vir die volgende stellings gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E. 1.1.1 Ekonomiese misdaad sluit ... in. A roofkopiëring B winkeldiefstal C geldwassery D gewapende roof 1.1.2 Watter van die volgende pas nie by die bemarkingsamestelling nie? A Prys B Produk C Personeel D Plek 1.1.3 Paulina Pizza is ʼn onderneming wat deel van die … sektor vorm. A voedselvervaardiger B primêre C sekondêre D tersiêre 1.1.4 ʼn Vakbond se hooffunksie is om … A vir beter salarisse en werksomstandighede namens werkers te onderhandel. B handelsooreenkomste met ander lande te organiseer. C die politieke mondstuk vir die land te wees. D stakings, sloerstakings en ander vorme van protesoptogte te organiseer. 1.1.5 Kentucky Fried Chicken en McDonalds is voorbeelde van … A kettingswinkels. B franchises. C groothandelaars. D uitkontrakteringsbesighede. 1.1.6 Die grootste vakbond in Suid-Afrika staan as die … bekend. A Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde B Konferensie van Suid-Afrikaanse vakbonde C Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie D Kongres van vakbonde in Suid-Afrika Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) 1.1.7 … is ʼn voorbeeld van ʼn besigheid in die sekondêre sektor. A Olieboor B Melkproduksie C Joghurtprodusering D ʼn Vrugteboord 1.1.8 Pro bono-werk beteken om ... A probleme op te los of om moeilike situasies te hanteer. B ʼn werk te onderneem sonder om betaling daarvoor te soek, veral vir kliënte met ʼn lae inkomste. C dinge te gee en om hulp te verskaf om doelwitte te bereik of te behaal. D iemand op te lei, berading te gee en raad te gee met minder ervaring as wat jy het. 1.1.9 Die vervaardiger van groot hoeveelhede gestandaardiseerde artikels kan identifiseer word as …-produksie. A bondel B massa C werk D produk 1.1.10 Wat kan ʼn werker eis indien daar ʼn werkverwante besering opgedoen word? A Getrouheidsversekering B Werknemersversekering C Padongelukkefonds D Beroepsbeserings en -siektes (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2015) BESIGHEIDSTUDIES 5 1.2 Vul in die ontbrekende woord/e vir elke van die volgende. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK. 1.2.1 Afslag op pryse van goedere en dienste vir verbruikers wat dit buite seisoene aankoop, staan bekend as ... 1.2.2 Om jou verbruikerstal uit te brei en om kwaliteit dienste te verbeter. 1.2.3 Die … word altyd gebruik om te toets of ʼn aksie eties is. 1.2.4 BTW, Perseel, Lopende Betaalstelsel (LBS) word deur … registreer. 1.2.5 Die … is die naam van die wet wat verbruikers beskerm en sorg dat hulle nie diep in die skuld raak nie. (5 x 2) (10) 1.3 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 F. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Ekonomiese A Om ʼn produk ʼn hoë prys te gee om die topvlak dilemmas van die mark te lok 1.3.2 Kritiekroete- B Hierdie kaart wys hoe kritiese elemente van ʼn ontleding taak of projek verwant is aan mekaar en tot die projek in sy geheel 1.3.3 Prysafskeiding C Wanneer al die dele van die besigheid so goed saamwerk en meer uitsette produseer 1.3.4 Induksie D ʼn Stap-vir-stap tegniek vir die beplanningsproses. 1.3.5 Opbreek van E Die proses waar ʼn nuwe werker, of ʼn werker werkstrukture wat oorgeplaas was uit ʼn ander posisie, voorgestel word aan die besigheid F Wanneer daar probeer word om onbeperkte behoeftes met beperkte hulpbronne te bevredig (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING B Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING 2.1 “Magsverhoudings kan ʼn besigheid maak of breek.” Verduidelik bogenoemde stelling met gepaste voorbeelde. (6) 2.2 Bespreek die impak van die verandering in inkomste vlakke van verbruikers op die besigheidsektor. (4 x 2) (8) 2.3 Onderskei tussen samesmeltings, oornames, alliansies en verkryging. (3 x 2) (6) 2.4 Beskryf kortliks hoe sosiale, kulturele en demografiese kwessies besighede affekteer. (6) 2.5 “Uitkontraktering het al hoe meer populêr oor die afgelope jare geword.” Bespreek VYF voordele van uitkontraktering. (10) 2.6 “Elke bestuurder in die werkplek moet sorg dat ongelukke in die werkplek voorkom moet word.” Gee VYF maatstawwe wat bestuurders in plek kan stel om te voorkom dat ongelukke in die werkplek plaasvind. (5 x 2) (10) 2.7 “Die belangrikheid van die primêre sektor-industrieë wat die sub-sektore van die sekondêre sektor voed word oorbenadruk in die ekonomieë van ontwikkelende lande soos Suid-Afrika.” Verduidelik hierdie stelling deur die skakel tussen die landbou, bosbou, vissery en mynbou te vergelyk as sub-sektore van die primêre sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie. (14) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2015) BESIGHEIDSTUDIES 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Tabuleer die verskille tussen ʼn eenmansaak, beslote korporasie en private maatskappy ten opsigte van die volgende kenmerke: 3.1.1 Aantal stigterslede (3 x 2) (6) 3.1.2 Aanspreeklikheid vir skuld (3 x 2) (6) 3.1.3 Belasting (3 x 2) (6) 3.2 Verduidelik enige DRIE kontraktuele implikasies wat bruikhuur vir besighede inhou. (3 x 2) (6) 3.3 ʼn Besigheidsplan is ʼn geskrewe dokument wat die aard, verkope en bemarking asook die finansiële agtergrond van die besigheid beskryf. Hierdie plan sluit in ʼn geprojekteerde wins- en uitgawe staat. Die besigheidsplan word ook beskou as ʼn padkaart wat rigting moet gee sodat die besigheid sy toekoms kan bepaal en ook vroegtydig struikelblokke in sy pad te kan identifiseer. 3.3.1 ʼn Besigheidsplan moet omgeskakel word in ʼn aksieplan. Definieer die aksieplan. (2) 3.3.2 Verduidelik die stappe wat gevolg moet word om ʼn besigheidsplan in ʼn aksieplan om te skakel. (5 x 2) (10) 3.4 Lys en verduidelik VYF funksies van ʼn vakbond. (5 x 2) (10) 3.5 Noem VYF dinge wat vermy moet word in ʼn vraag en antwoordsessie. (5 x 2) (10) 3.6 Wat is die verskil tussen verbale en nieverbale aanbieding van besigheidsinligting? (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE 4.1 “Die kragveld-ontleding is ʼn besluitnemingstegniek wat in enige besigheid gebruik kan word.” Noem SES stappe wat gebruik kan word indien hierdie tegniek toegepas word. (6) 4.2 Noem en verduidelik die stadiums wat ʼn besigheid kan gebruik indien daar krisisse voorkom. (10) 4.3 Gee kortliks VYF redes waarom besighede gekant is teen veranderinge. (5 x 2) (10) 4.4 Noem VYF belangrike eienskappe van ʼn entrepreneur. (5 x 2) (10) 4.5 “Mikroleners word nie deur die Suid-Afrikaanse bankwet gereguleer nie.” Evalueer die aard en funksies van mikroleners. (4) 4.6 Stel VYF strategieë voor om stres te hanteer. (5 x 2) (10) 4.7 Beskryf die doel van die Arbeidsverhoudingewet, van 1995 (Wet nommer 66 van 1995). (5 x 2) (10) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2015) BESIGHEIDSTUDIES 9 VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Lees deur die gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarna volg: ADVERTERING IS MY WERK James het vir ses maande waargeneem as finansiële bestuurder voordat daar besluit was om die pos te adverteer. Die bestuurder het die pos geadverteer sonder om te spesifiseer wat die vereiste kwalifikasies en ervaring vir die pos was. Dit het gemaak dat aansoekers nie duidelikheid kon verkry oor die kriteria van die seleksieproses nie. Een van die funksionele bestuurders het besluit om die pos intern te adverteer deur van kennisgewingborde gebruik te maak. Slegs werkers in die finansiële departement kon aansoek doen. James was die enigste aansoeker en was permanent aangestel sonder ʼn onderhoud. 5.1.1 Stel TWEE alternatiewe metodes voor wat die besigheid nog kan gebruik om die pos te adverteer. (4) 5.1.2 Die besigheid het van interne werwing gebruik gemaak. Verduidelik ʼn ander metode wat ook gebruik kon word. (4) 5.1.3 Waarom is dit belangrik om kwalifikasies en ervaring te spesifiseer indien ʼn pos geadverteer word? (4) 5.1.4 Differensieer tussen pos/werkbeskrywing en pos/werkspesifikasie. (4) [16] 5.2 Pas die volgende konsepte by die beskrywing wat daarna volg. Skryf SLEGS die konsep langs die vraagnommer neer. Induksie; Werwing; Plasing; Dienskontrak; Seleksie 5.2.1 Verskaf vereistes vir indiensneming, bv. vergoeding en werksure. 5.2.2 Die aksie wat plaasvind nadat ʼn aantal onderhoude gevoer was. 5.2.3 Die proses om geskikte kandidate te soek om die werk te doen. 5.2.4 Om die kandidaat bekend te stel aan beleide, prosedure en werksprosesse van die besigheid. 5.2.5 Die proses om ʼn nuwe kandidaat in ʼn pos aan te wys. (5 x 2) (10) 5.3 Watter inligting behoort in ʼn dienskontrak ingesluit te wees? (10) 5.4 Noem TWEE gehalte-liggame wat verseker dat vervaardigde goedere se gehalte behou word. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) 5.5 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarna volg: Beaux-Arts was in 1996 deur Linda Lloyd in Kempton Park gestig. Linda het begin met ʼn kuns en ambagsdienste wat sy aan skoolkinders vanaf die ouderdom van drie jaar verskaf het. Sy het as ʼn proef konsessiebesigheid (franchise) vir ʼn jaar begin en daarna ʼn lid van die Franchise Assosiasie van Suid-Afrika geword. Teen Junie 2001 het sy franchise besighede gestig wat skole in 101 stede, dorpe en munisipale gebiede oor die land bedien het. Sy het self die opleiding gedoen wat produkopleiding en bemarkingservaring ingesluit het. Konsessiehouers en hul werkers het ook deurgaanse opleiding deur spesialiste in die veld van pottebakkery, kuns en ambag ontvang om te verseker dat hulle die vereiste ervaring opdoen en kon gebruik. 5.5.1 Bespreek TWEE voordele en TWEE nadele van ʼn franchise besigheid. (4 x 2) (8) 5.5.2 Linda wil graag van die aktiwiteite wat deur haar franchise-besigheid onderneem word, uitkontrakteer. Beveel aan EEN aktiwiteit wat sy kan uitkontrakteer en gee ʼn rede vir jou antwoord. (4) 5.5.3 Veronderstel jy doen aansoek om die regte van ʼn franchise te besit vanaf Linda, en jy neem al die verantwoordelikheid van die besigheid op jouself. Watter soort eienaarskap sal jy kies? Motiveer jou antwoord. (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2015) BESIGHEIDSTUDIES 11 VRAAG 6 ALLERLEI 6.1 6.1.1 Lys VIER oorsake van konflik in ʼn organisasie. (8) 6.1.2 Watter strategieë kan gebruik word om konflik op te los? (8) 6.2 Alle spanne deel dieselfde vier belangrike elemente. Skryf neer die VIER elemente wat ʼn span suksesvol maak. (8) 6.3 Lys enige VIER eienskappe van goeie sake praktyke soos vervat in die King Kode III. (4 x 2) (8) 6.4 “Verpakking onderskei produkte van die van mededingers.” Noem en beskryf kortliks die VIER vorme of tipes van verpakking. (4 x 3) (12) 6.5 Identifiseer die probleemoplossingstegnieke wat hieronder beskryf word: 6.5.1 Versameling van inligting deur ʼn gekose paneel wat gebaseer is op kennis van ʼn spesifieke onderwerp of area om ʼn oplossing vanuit verskillende oogmerke te kry deur van vraelyste gebruik te maak. (2) 6.5.2 Die metode om voor- en nadele te lys en te bespreek om sodoende oplossings vir ʼn probleem te kry. (2) 6.6 Na vele inmengery en vergaderings het almal Joseph as spanlid aanvaar. Almal is nou gefokus op die groot wedstryd wat binne twee weke sal plaasvind. Soos die tyd verbygaan, het almal egter oor die wedstryd begin stres. Die afrigter het besef dat hy die span sal moet leer oor hoe om stres te bestuur. 6.6.1 Waarom is dit belangrik vir die afrigter om die stresvlakke te bestuur? (5 (10) x 2) 6.7 Omskryf kollektiewe bedinging. (2) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 7 Die bepaling van geskikte pryse vir produkte is een van die suksesfaktore vir ʼn besigheid. As gevolg van die konstante verandering in die besigheidsomgewing moet besighede soms aanpassings maak ten einde bestaande verbruikers te behou, of om nuwe verbruikers te lok. Analiseer en bespreek bogenoemde stelling onder die volgende hoofde: Prystegnieke, Prysstrategieë, Prysbepaling en Faktore wat prysbepaling beïnvloed [40] VRAAG 8 Baie besighede word direk of indirek geraak deur talle sosio-ekonomiese kwessies, wat druk plaas op die korporatiewe sosiale verantwoordelikheid van besighede. Bespreek die impak van DRIE van hierdie huidige sosio-ekonomiese kwessies op ʼn besigheid se bedrywighede: bv. lae inkomste vlakke; armoede; inflasie; demografiese/kulturele faktore en bevolkingsgroei; werkloosheid en/of ekonomiese misdaad. Beveel aan enige moontlike oplossings en of bydraes wat besighede kan maak om hierdie sosio-ekonomiese kwessies aan te kan spreek. [40] VRAAG 9 ʼn Goeie voorbeeld van ʼn franchise-besigheid is Kentucky Fried Chicken. Hierdie tipe besighede word feitlik in elke stad of dorp oor die land heen aangetref. ʼn Klein besigheidseienaar koop die regte om goedere en dienste te verkoop vanaf ʼn groot, reeds bestaande maatskappy. Die persoon wat die regte koop staan bekend as die konsessiehouer/franchisee en die persoon/maatskappy wat die regte verkoop staan bekend as die konsessiegewer/franchisor. Brei uit op bogenoemde stelling deur te verwys na die voordele en nadele vir beide die franchise-houer en franchise-gewer asook wat in die franchise-kontrak ingesluit behoort te word. [40] VRAAG 10 Die Arbeidsverhoudingewet (wet nommer 66 van 1995) die Wet op Gelyke Indiensneming, Wet 55 van 1998 en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, wet 75 van 1997, was ingestel om die wanbalanse van die verlede in die arbeidsektor reg te stel. Bespreek die aard en bepalings van elke wetgewing en verduidelik hoe die wette besighede beïnvloed. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Business Studies

View all