NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
BESIGHEIDSTUDIES V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 36 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 






View all





BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022_Afrikaans_watermark.pdf
Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 36 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 36
- File size
- 939.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 36
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
NOTAS AAN NASIENERS
1. INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes
om die volgende te verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die
nasienstandaard
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende
vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë
spektrum nasieners oor die hele land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en
assessering van die vak by skole/onderwysinstellings
Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
Nasiener: Rooi
Skool-moderering: Groen
Distrik-moderering: Oranje
Provinsiale moderering: Pers
2. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit
sal egter van die aard van die vraag afhang.
3. Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
• ʼn Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
• Uit ʼn ander betroubare bron kom
• Oorspronklik is
• ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
verband hou met ʼn spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe.
(In die geval waar die antwoord onduidelik is of ʼn mate van begrip aandui,
moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die
maksimum van twee punte.)
5. Die woord ‘Submaks.’ word gebruik om die toekenning van punte binne ʼn
vraag of subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maks.’
in die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maks.’
in die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord
moet in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8. In ʼn indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die
vraag verband hou.
9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en
B word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde
van die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
laasgenoemde nie duidelik is nie.
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie.
Dui aan met ʼn ‘H’.
11. Die verskil tussen ‘evalueer’ en ‘kritiese evaluering’ kan soos volg
verduidelik word:
11.1 Wanneer ‘evalueer’ gevra word, word daar van kandidate verwag
om te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale
(positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
hofgedinge. √
11.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie
geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
ondersteun met dieper insig, bv. ‘COIDA verminder tyd en koste√
wat spandeer word op lang siviele hofgedinge, √ want die werkgewer
sal nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te
betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat
die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie.’ √
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op
‘analiseer’.
2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van
punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn
en die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel
voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in
kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke
stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon
verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, ontwerp, analiseer,
evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer
diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus
meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens
die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid,
konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.
13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord
in AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.
14. AFDELING B
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se
EERSTE VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde.
Dui dit aan deur ʼn lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek.
LET WEL: 1. Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer
word.
2. Die bostaande is ook van toepassing op antwoorde in
AFDELING C (waar van toepassing)
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 14.1 geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie
voorbeelde/menings te gee, beredeneer dit by die
nasiensentrum/skool ten einde die alternatiewe antwoorde te finaliseer
en raadpleeg die vakadviseur vir goedkeuring.
14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat
kandidate moet ‘beskryf/bespreek/verduidelik’, kan dit soos
volg nagesien word:
• Feit 2 punte (of soos in die nasienriglyn aangedui)
• Verduideliking 1 punt (twee punte sal in AFDELING C
toegeken word)
Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word apart in die nasienriglyn
gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.
14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en
die maksimum punte in die nasienriglyn toegeken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk
aangehaal word uit ʼn scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek
van toepassing op AFDELING B EN C (waar van toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding Maksimum:
Inhoud
Gevolgtrekking 32
Insig 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar ʼn inleiding, paragrawe en ʼn gevolgtrekking? 2
Analise en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- 2
interpretasie opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een ‘A’)
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’)
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op die 2
vrae gebaseer is?
Punte wat toegeken word deur die nasiengids te gebruik:
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag met slegs relevante feite
beantwoord het, verskyn geen ‘-S’ in die
linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van
TWEE (2) punte vir sintese toe.
Opsie 2: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag met slegs OF ʼn paar
relevante feite beantwoord het, verskyn een
‘-S’ in die linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van
EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 3: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat VIER subvrae beantwoord,
maar een/twee/drie subvrae met geen
relevante feite; verskyn een ‘-S’ in die
linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1)
punt vir sintese toe.
Opsie 4: Geen relevante feite: 0 punte (Twee ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
sub-vraag) van die vraag met geen relevante
feite beantwoord het nie, verskyn twee '-S' in
die linkerkantlyn. Ken ʼn NULPUNT vir sintese
toe.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van twee voorbeelde, nie ouer as twee (2) 2
jaar wat gebaseer is op aktuele inligting, huidige neigings en
ontwikkelings?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word
uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ʼn
verduideliking ondersteun word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. (‘S, A, -S en/
of O’).
15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde
antwoord/nasienriglyn vir elke vraag aangedui.
15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke
onder-afdeling behaal is. Skryf ‘SUBMAKS.’/‘MAKS.’ nadat maksimum
punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid 'O'.
15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en
punte vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O
– Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die
submaksimum wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde
subopskrifte gebruik nie. Onthou opskrifte en subopskrifte word
aangemoedig en dra by tot insig (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui
duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kry
hy/sy steeds punte vir die uitleg.
15.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die
puntetoekenning/subopskrifte soos in die nasienriglyne aangedui.
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie
noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word
nie. Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui
word, bv. ‘Produkontwikkeling is ʼn groeistrategie, √ waar
ondernemings poog om nuwe produkte in bestaande markte
bekend te stel.’ √
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte
vir feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke
vraag geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D √√
1.1.2 B √√
1.1.3 A √√
1.1.4 C √√
1.1.5 D √√
(5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 demografie √√
1.2.2 geen √√
1.2.3 sloerstaking √√
1.2.4 tussengangers √√
1.2.5 eksterne √√
(5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 D√√
1.3.2 J √√
1.3.3 I √√
1.3.4 B √√
1.3.5 C √√
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
AFDELING B
Sien slegs die antwoorde op die EERSTE TWEE vrae na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Komponente van die mikro-omgewing
- Visie, missiestelling, doelwitte en mikpunte √
- Organisasiestruktuur √
- Organisatoriese hulpbronne √
- Organisasiekultuur √
- Bestuur en leierskap √
- Agt besigheidsfunksies √
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na. (3 x 1) (3)
2.2 Funksies van vakbonde
- Beskerm hul lede teen onregverdige arbeidspraktyke in die werkplek. √√
- Bemagtiging van werknemers deur hulle op te voed oor hul regte in die
werkplek en hoe om hierdie regte toe te pas. √√
- Verteenwoordiging van werknemers in vergaderings met hul werkgewers
wanneer hul werkplek griewe en dispute in die gesig staar./Verteenwoordig
werknemers korporatief en individueel. √√
- Onderhandeling/Beïnvloeding van bestuur vir beter werksomstandighede,
salarisse en ander voordele om die lewenstandaard vir werkers te
verbeter./Verbeter die materiële voordele van lede. √√
- Beskerming van werknemers teen onbillike ontslag en arbeidspraktyke. √√
- Neem regstappe namens hul lede wanneer nodig. √√
- Beskerming/Bevordering van die belange van werknemers. √√
- Verteenwoordig die belange van die algemene samelewing en
minderheidsgroepe deur die nuusmedia en onderhandelinge. √√
- Beïnvloeding van regeringsbesluite. √√
- Verskaffing van wetlike en finansiële advies. √√
- Verskaffing van voordele en opvoedkundige fasiliteite aan hulle lede. √√
- Ondersteuning en bevordering van geslagsgelykheid in die werkplek. √√
- Beskerming van lede gedurende tye van afleggings en dissiplinêre
verhore. √√
- Beskerming van die belange van hul lede tydens dissiplinêre
prosedures. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met die funksies van vakbonde
verband hou.
Maks. (6)
2.3 Maniere waarop besighede magsverhoudings kan vorm
2.3.1 Manier waarop besigheid magsverhouding gevorm het vanuit die
scenario
Oorreding van groot beleggers √√ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.3.2 Ander manier waarop besighede magsverhoudings kan vorm
Strategiese alliansie/Vennootskapsooreenkomste √√
- Besighede vorm vennootskapsooreenkomste om voordeel te trek
uit mekaar se betrokkenheid. √
- Hierdie vennootskap-alliansies help die betrokke partye om te deel
in mekaar se infrastruktuur en skaars vaardighede. √
- Hierdie alliansies word gebou op die vaardighede van elke vennoot
en hoe hulle mekaar kan aanvul. √
- Enige ander relevante antwoord wat met strategiese
alliansie/vennootskapsooreenkomste as ʼn manier waarop
besighede magsverhoudings kan vorm verband hou.
Manier (2)
Beskrywing(1)
Sub-maks. (3)
Maatskappy verteenwoordigers se invloed √√
- Die verteenwoordigers vervul ʼn belangrike funksie as hulle probeer
om beleggers te oorreed om in ʼn bepaalde sakepraktyk te belê. √
- Mense sal besluite neem op grond van die maatskappy se beeld,
persoonlikheid, kommunikasiestyle en mag om te oorreed. √
- Besighede moet tyd en energie insit om die regte persoon vir die
werk te vind. √
- Enige ander relevante antwoord wat met maatskappy
verteenwoordigers se invloed as ʼn manier waarop besighede
magsverhoudings kan vorm verband hou.
Manier (2)
Beskrywing (1)
Sub-maks. (3)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste EEN (1) na.
2. Geen punte moet vir ‘oorreding van groot beleggers’
gegee word nie.
Maks. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 11
2.4 Negatiewe impak van stakings as ʼn sosio-ekonomiese kwessie op
besighede
- Stakingsaksies het ʼn potensiaal om verhoudings √ in gevaar te stel.√/Mag
tot ongesonde werksverhoudinge √ tussen werkgewer/bestuur en werkers
lei. √
- Dit kan ook spanwerk in die werkplek beïnvloed √ in gevalle waar nie alle
werkers sulke nywerheidsoptrede steun nie. √
- Besighede ly finansiële verliese / √ as gevolg van lae vlakke van
produktiwiteit en verbruikersvertroue word nadelig beïnvloed. √
- Stakings mag tot produksieverliese √ en ʼn afname in verkope/ekonomiese
groei lei. √
- Besighede mag gedwing word om bedrywighede √ na stakingsaksies te
staak. √
- Mag besighede dwing om van hul geskoolde werkers af te lê √ om van
verliese te herstel. √
- Plundering, vernietiging van besigheidseiendom/infrastruktuur √ en
intimidasie van nie-stakende werkers. √
- Werknemers kan hul lonings/salarisse verloor √ met die reël, ‘geen werk,
geen betaling’ wat deur die besighede toegepas word. √
- Besighede moet werkers verkry om stakende werkers te vervang √ en
verhoog die opleidingskoste van nuwe werknemers. √
- Besighede kan besigheidsaandeel √/kliënte aan kompetisie √ gedurende
ʼn staking verloor. √
- Die beeld/reputasie van die besigheid √ mag beskadig word.√/Skrik √
potensiële beleggers af. √
- Die verskaffing van goedere en dienste √ word onderbreek. √
- Pryse verhoog partykeer √ om die koste van ʼn staking te verhaal. √
- Enige ander relevante antwoord wat met die negatiewe impak van
stakings as ʼn sosio-ekonomiese kwessie op besighede verband hou.
Maks. (6)
2.5 Uitdagings van die markomgewing
2.5.1 Uitdagings van die markomgewing vanuit die scenario
- KK sukkel om ʼn betroubare verskaffer van groente te vind. √
- Twee ander voedselkleinhandelaars het ook in dieselfde area
oopgemaak. √
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aangehaal is.
(2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.5.2 Maniere waarop besighede hulself van mededingers in die
mark kan onderskei
- Besighede moet verseker dat hulle unieke/gedifferensieerde
goedere of dienste √ vir die teikenmark produseer om die kliënt
se behoeftes en begeertes te bevredig. √
- Besighede moet meer persoonlike dienste aanbied √ deur op die
behoeftes/verwagtinge van hul kliënte te reageer. √
- Goedere/Dienste moet laer pryse hê √ as wat die ander
besighede in die mark vra. √
- Besighede moet uitstaande gehalte/nuwe produkte/dienste
vervaardig/verkoop √ waarin die kliënte dalk sou belangstel. √
- Skep ʼn positiewe beeld/publisiteit √ deur gereelde betrokkenheid
by gemeenskapsontwikkelingsprojekte. √
- Besighede moet kliëntediens verbeter √ en kliënte-tevredenheid
verseker. √
- Besighede moet ʼn positiewe beeld/vooruitsig skep √ deur gereeld
hul persele op te knap en hul stelsels te verbeter. √
- Besighede moet goeie bemarkingsveldtogte onderneem √ deur
promosie-idees soos plakkate of veldtogte op sosiale media te
gebruik wat die aandag van die teikenmark sal trek. √
- Besighede moet goedkoop ekstras √ soos verbeterde
kredietvoorwaardes en lojaliteitskemas aanbied. √
- Besighede moet verseker dat hul goed opgeleide/kundige
personeellede het √ wat ʼn beter werksomgewing kan skep. √
- Tred te hou met die ontwikkelinge in die sakesektor, √
verbruikersneigings te volg/te belê in nuwe tegnologie. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
maniere waarop ʼn besigheid hulself van mededingers in die mark
kan onderskei.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 13
2.6 2.6.1 Verband tussen die primêre, sekondêre en tersiêre sektor
- Die primêre, sekondêre en tersiêre sektore werk almal saam √
om ʼn ekonomiese ketting van produksie te vorm. √
- Die primêre sektor ontgin die grondstowwe, √ waarna die
sekondêre sektor die grondstowwe in produkte
omskep/verwerk.√
- Die sekondêre sektor is afhanklik van die primêre sektor √ vir
grondstowwe en produkte. √
- Sekondêre sektor benodig die tersiêre sektor √ om hul verwerkte
of vervaardigde goedere te verkoop en ook vir dienste soos
banke, versekering, vervoer en kommunikasie. √
- Die primêre sektor is afhanklik van die sekondêre sektor √ vir
vervaardigde goedere soos masjinerie/toerusting/bemesting-
stowwe. √
- Die primêre sektor is afhanklik van die tersiêre sektor √ vir hul
kliënte behoeftes. √
- Die primêre sektor is afhanklik van die ander primêre sektore √
vir grondstowwe/voer, bv. ʼn boer kan sade van ʼn ander plaas
benodig. √
- Die sekondêre sektor is afhanklik van ander sekondêre
nywerhede √ vir vervaardigde produkte wat vir die vervaardiging
van hul produk gebruik moet word. √
- Die tersiêre sektor is afhanklik van die primêre sektor √ vir
grondstowwe wat nie deur die sekondêre sektor verwerk moet
word nie. √
- Die tersiêre sektor is afhanklik van die sekondêre sektor √ vir
vervaardigde goedere soos kantoormasjiene/kantoormeubels/
skryfbehoeftes ens.
- Enige ander relevante antwoord wat met die verband tussen die
primêre, sekondêre en tersiêre sektor verband hou.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.7 Maniere waarop besighede ʼn direkte invloed op die omgewing kan hê
- Besighede moet buigsaam wees deur betrokke te raak by
navorsing/ontwikkeling sodat hulle met bedrywighede kan voort gaan.√√
- Beïnvloed hul verskaffers deur langtermynkontrakte vir hul grondstowwe
teen vaste pryse te onderteken. √√
- Beïnvloed hul kliëntebasis deur nuwe gebruike vir ʼn produk te skep, kliënte
weg te neem van mededingers, nuwe kliënte te vind en hulle te oortuig dat
hulle die nuwe produk nodig het. √√
- Beïnvloed reguleerders deur invloedwerwing en bedinging en kan hul
eienaars beïnvloed deur inligting in jaarverslae te gebruik. √√
- Inisieer bedingingsessies tussen bestuur en vakbonde. √√
- Beïnvloed sy eienaars met behulp van inligting in jaarverslae. √√
- Onderhandel strategiese alliansie-ooreenkoms deur middel van
kontraktuele prosesse. √√
- Enige ander relevant antwoord wat verband hou met die maniere waarop
besighede ʼn direkte invloed op die omgewing kan hê.
Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 3
2.2 6
2.3.1 2
2.3.2 3
2.4 6
2.5.1 2
2.5.2 6
2.6 6
2.7 6
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 15
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Gehaltebeheerliggame
- Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde/SABS √
- Internasionale Organisasie vir Standaardisering /ISO √
- Gehaltesirkels √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
(2 x 1) (2)
3.2 Voordele van produksiebeplanning
- Beplanning laat besighede toe om te verseker dat elke masjien en werker
tot hul volle kapasiteit gebruik word en nie met niks om te doen gelaat word
nie. √√
- ʼn Besigheid kan verseker dat dit die korrekte hoeveelheid voorrade
voorraadbeheer op ʼn gegewe tydstip het. √√
- Beplanning sal verhoed dat tyd vermors word en verhoog die aantal finale
produkte. √√
- Die beplanningsproses behels gehalte-inspeksies, verseker dat die korrekte
gehalte bereik word, en dat produksietyd verkort word.√√
- Verbeterde voorraadbeheer verminder vermorsing en onnodige
bergingskoste. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met die voordele van
produksiebeplanning verband hou.
Maks. (4)
3.3 Distribusiebeleid erwingsprosedure
3.3.1 Tipe tussenganger vanuit die scenario
Kleinhandelaar √√
3.3.2 Redes hoekom vervaardigers die gebruik van indirekte
verspreidingsmetodes sal verkies
- Die ervare agente/tussengangers sal die verbruikers hanteer √ en
dit sal besighede toelaat om op hul kernbesigheid te fokus.√
- Tussengangers sal vervoer √ en opberging hanteer.√
- Dit is nie nodig om gespesialiseerde personeel aan te stel √ om
verkoopsklagtes te hanteer nie. √
- Besighede hoef nie klagtes van kliënte √ te hanteer nie.√
- Besighede geniet die voordeel van grootmaat aankope √ deur
groothandelaars. √
- ʼn Groter gedeelte van die mark word gedek √ met tussengangers.√
- Tussengangers verstaan √ hoe die mark funksioneer. √
- Verbruikers is dikwels wyd verspreid oor die land√ en daarom moet
distribusie ook wyer versprei word.√
- Indirekte distribusie vereis nie ʼn groot investering √ in advertering.
nie. √
- Tussengangers verleen soms krediet aan verbruikers, √ wat meer
verbruikers sal lok. √
- Enige ander relevante antwoord wat met die redes hoekom
vervaardigers die gebruik van indirekte verspreidingsmetodes sal
verkies verband hou.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.4 Kategorieë van verbruikersgoedere
Geriefsgoedere √√
- Verbruikers wil nie baie tyd en moeite spandeer aan die koop van
geriefsgoedere nie, omdat daar baie klein verskille is in terme van prys,
gehalte en die bevrediging wat dit aan verbruikers bied. √
- Dit is items met lae pryse wat verbruikers koop sonder om baie daaroor te
dink. √
- Voorbeelde van geriefsgoedere is: brood, melk, gaskoeldrank. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met geriefsgoedere as ʼn
kategorie van verbruikersgoedere.
Verbruikersgoedere (2)
Beskrywing (1)
Sub-maks. (3)
Uitsoekgoedere √√
- Uitsoekgoedere is duurder as geriefsgoedere. √
- Verbruikers koop nie hierdie items gereeld nie. √
- Hulle is bereid om tyd en moeite te spandeer deur na verskillende winkels
te gaan om die beste waarde vir hul geld te kry. √
- Voorbeelde van uitsoekgoedere is: televisies, motorvoertuie, klere. √
- Enige ander relevante antwoord wat met uitsoekgoedere as ʼn kategorie
van verbruikersgoedere verband hou.
Verbruikersgoedere (2)
Beskrywing (1)
Sub-maks. (3)
Spesialiteitsgoedere √√
- Hierdie goedere dra gewoonlik spesifieke handelsmerke. √
- Verbruikers weet presies wat hulle wil hê en is bereid om te soek totdat hulle
kry waarna hulle soek. √
- Voorbeelde van spesialiteitsgoedere is: juweliersware, handelsnaam
klerasie. √
- Enige ander relevante antwoord wat met spesialiteitsgoedere as ʼn
kategorie van verbruikersgoedere verband hou.
Verbruikersgoedere (2)
Beskrywing (1)
Sub-maks. (3)
Dienste √√
- Dienste is nie tasbaar nie. √
- Dienste word deur diensverskaffers aan verbruikers gelewer.√
- Voorbeelde van dienste: tuindiens, finansiële dienste of vervoerdienste.√
- Enige ander relevante antwoord wat met dienste as ʼn kategorie van
verbruikersgoedere verband hou.
Verbruikersgoedere (2)
Beskrywing (1)
Sub-maks. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 17
Ongevraagde/Onbeplande goedere √√
- Verbruikers dink gewoonlik nie aan hierdie goedere nie, totdat hulle dit nodig
kry. √
- Die aankoop van ongevraagde goedere kan voorkom as gevolg van gevaar
of die vrees vir gevaar. √
- Voorbeelde is: begrafnisdienste, ensiklopedieë, brandblussers en
naslaanboeke. √
- Enige ander relevante antwoord wat met ongevraagde/onbeplande goedere
geriefsgoedere as ʼn kategorie van verbruikersgoedere verband hou.
Verbruikersgoedere (2)
Beskrywing (1)
Sub-maks. (3)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Maks. (6)
3.5 Doel van advertering
- Die doel van advertering is verduidelik deur die gebruik √ van die ABBA
beginsel. √
- Die ABBA-beginsel bestaan uit vier sleutelstadiums √ in die
adverteringsproses:√
o trek die aandag √ van die potensiële verbruiker of kliënt.√
o wek belangstelling √ in die produk of diens.√
o laat ʼn begeerte ontstaan √ by die kliënt vir dit wat aangebied word.√
o gaan oor tot aksie √ wat potensieël kan lei tot die koop van die produk
of diens. √
- Enige ander relevante antwoord wat met die doel van advertering verband
hou.
Maks. (4)
3.6 3.6.1 Komponente van die posontleding vanuit die scenario
KOMPONENTE VAN DIE MOTIVERINGS
POSONTLEDING
1. Posspesifikasie √√ Hulle het aangedui dat die persoon
verkieslik ʼn diploma in bestuur
moet hê. √
2. Posbeskrywing √√ Die aankoopbestuurder sal
verantwoordelik wees om voorraad
te bestel en om met verskaffers te
skakel. √
Sub-maks. (4) Sub-maks. (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
3. Ken punte toe vir die komponente van die posontleding
selfs as die aanhalings onvolledig was.
4. Geen punte word vir die motiverings toegeken indien die
komponente van die posontleding verkeerd
geïdentifiseer was nie.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.7 Verskil tussen stukwerk en tydverwante salarisbepalings
STUKWERK TYDVERWANT
- Werknemers word betaal - Werknemers word betaal vir die
volgens die aantal √ items/ hoeveelheid tyd/ure √ wat hulle by die
eenhede geproduseer / werk is/aan ʼn taak spandeer het. √
handeling uitgevoer.√
- Werknemers word nie - Werknemers met dieselfde
vergoed vir die totale aantal ondervinding/kwalifikasies √ word
ure gewerk nie, √ ongeag betaal volgens salaris-skale ongeag
hoe lank dit geneem het om hoeveel werk gedoen is. √
die items te voltooi. √
- Meestal gebruik in fabrieke, √ - Die meeste private- en
veral in tekstiel-/ openbaresektor-besighede √ gebruik
tegnologiebedrywe. √ hierdie metode. √
- Enige ander relevante - Enige ander relevante antwoord wat
antwoord wat verband hou met tydsverwante as ʼn
met stukwerk as ʼn salarisbepalingsmetode verband hou.
salarisbepalingsmetode.
Sub-maks. (2) Sub-maks. (2)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelvorm te wees nie.
2. Die verskille hoef nie by mekaar aan te sluit nie, maar
moet duidelik wees.
3. Ken ʼn maksimum van TWEE (2) punte toe as die verskille
nie duidelik is nie/Sien óf stukwerk óf tydverwant na.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 19
3.8 Wetlike vereistes van ʼn indiensnemingskontrak
- Die indiensnemingskontrak is ʼn ooreenkoms tussen die werkgewer en die
nuwe werknemer en is wetlik bindend. √√
- Die werkgewer en werknemer moet saamstem oor enige veranderinge in
die kontrak. √√
- Aspekte in die indiensnemingskontrak kan heronderhandel word,
gedurende tydperk van indiensneming. √√
- Geen party kan eensydig aspekte van die indiensnemingskontrak verander
nie. √√
- Die werkgewer en die nuwe werknemer moet beide die kontrak teken. √√
- Die indiensnemingskontrak behoort ʼn gedragskode en ʼn etiese kode in te
sluit. √√
- Die werkgewer moet die terme en voorwaardes van die
indiensnemingskontrak aan die werknemer verduidelik. √√
- Dit mag geen vereistes bevat wat in konflik met die WBD is nie. √√
- Voorwaardes van die indiensneming/pligte/verantwoordelikhede van die
werknemer moet duidelik gestipuleer word. √√
- Die vergoedingspakket/insluitend voordele behoort duidelik uiteengesit
word. √√
- Alle besigheidsbeleide, prosedures en dissiplinêre kodes/reëls kan deel
vorm van die indiensnemingskontrak. √√
- Die werkgewers moet werknemers toelaat om die indiensnemingskontrak
deeglik deur te lees voordat hulle dit onderteken. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met die wetlike vereistes van ʼn
indiensnemingskontrak verband hou.
Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 2
3.2 4
3.3.1 2
3.3.2 6
3.4 6
3.5 4
3.6 6
3.7 4
3.8 6
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Uitdagings in die makro-omgewing
- Veranderinge in inkomstevlakke √
- Politiese veranderinge √
- Kontemporêre wetlike wetgewing √
- Arbeidsbeperkings √
- Microlenings √
- Globalisering/internasionale uitdagings √
- Sosiale waardes en demografie √
- Sosio-ekonomiese kwessies √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
(2 x 1) (2)
4.2 Voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat besigheidsbedrywighede
kan beïnvloed
- Die Wet op Arbeidsverhoudinge wet reguleer die verhoudinge tussen
werkgewers en werknemers om konflik in die werkplek op te los. √√
- Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes stel die minimum aanvaarbare
standaarde vir enige indiensnemingsbeleid/omskryf die voorwaardes vir
indiensneming. √√
- Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes maak
voorsiening vir vergoeding wanneer werknemers beserings of siektes
opdoen tydens uitvoering van hulle pligte/verseker ook dat werkgewers vir
die nodige veilige en gesonde toestande in die werkplek voorsiening
maak. √√
- Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling verseker dat werkgewers ʼn bydrae
lewer tot onderrig en opleiding van hul werknemers. √√
- Die Wet op Verbruikersbeskerming streef daarna om die sosiale en
ekonomiese welvaart van verbruikers in Suid-Afrika te verbeter. √√
- Die Nasionale Kredietwet is ingestel om beide besighede en verbruikers te
beskerm teen nalatige en roekelose kredietverleningspraktyke wat daartoe
lei dat verbruikers te veel krediet kan bekom. √√
- Wet op Gelyke Indiensneming is ingestel om onregverdige diskriminasie
te elimineer soos bv. diskriminasie teen ras, ouderdom, geslag, geloof en
gestremdheid in die werkplek. √√
- Wet op Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging poog om voorheen
benadeelde individue volle deelname in die ekonomie te gee. √√
- Enige ander relevante voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat
besigheidsbedrywighede kan beïnvloed.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 21
4.3 4.3.1 Oplossings vir rowery vanuit die scenario
OPLOSSINGS VIR ROWERY MOTIVERINGS
1. Patente √√ SH was bekommerd dat ander
besighede hul ontwerp sou
dupliseer daarom het hulle hul
nuwe uitvinding geregistreer.√
2. Handelsmerk √√ Hulle het ook ʼn baie spesiale
simbool van ʼn gloeiende son
gebruik om klante in staat te stel
om hul hommeltuie te identifiseer. √
Sub-maks. (4) Sub-maks. (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
3. Ken punte toe vir die oplossings vir rowery selfs as
die aanhalings onvolledig was.
4. Geen punte word vir die motiverings toegeken indien
die oplossings vir rowery verkeerd geïdentifiseer was
nie.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
4.4 Doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV
- Voorsien ʼn raamwerk/struktuur om arbeidsverhoudinge tussen die
werkgewer en werknemers te reguleer.√
- Reguleer die regte van die vakbonde en fasiliteer √ kollektiewe
bedinging/gemeenskaplike bedinging. √
- Aanmoediging van die stigting van werkplek forums √ waar werknemers
aan besluitneming deelneem. √
- Moedig ook regverdige/billike arbeidspraktyke √ tussen die werkgewer en
werknemer aan. √
- Maak voorsiening vir die stigting van die Arbeidshof en die Arbeidshof en
Arbeidsappélhof √ om arbeidskwessies te hanteer. √
- Stigting van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
(KVBA) om arbeidsgeskille √ deur statutêre versoening, bemiddeling en
arbitrasie op te los. √
- Voorsien ʼn raamwerk waarin werknemers, werkersunies en werkgewers
saamwerk √ om sake wat verband hou met die werksplek, te bespreek.
bv. salarisse, diensvoorwaardes. √
- Bevorder ordelike onderhandelinge en werknemersbetrokkenheid √
tydens besluitneming in die werkplek. √
- Bevorder eenvoudige prosedures √ vir die registrasie van vakbonde en
werkgewersorganisasies. √
- Reguleer die effektiwiteit van bedingingsrade √ en statutêre rade. √
- Onderskryf die reg om te staak teen aflegging, √ en fasilitering van
arbeidsgeskille. √
- Maak die kontrakte van indiensnemingprosedures √ duidelik. √
- Hanteer √ stakings en uitsluitings en werkplekforums. √
- Stigting van werkplekforums √ om die belange van die werknemers te
bevorder ongeag of hulle aan ʼn vakbond behoort of nie. √
- Bevorder ekonomiese ontwikkeling/sosiale geregtigheid/ arbeidsvrede √
om te verseker dat die werkplek die basiese regte van werknemers
handhaaf. √
- Enige ander relevante antwoord wat met die doel van die Wet op
Arbeidsverhoudinge verband hou.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 23
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Soorte verpakking
- Verpakking vir onmiddellike gebruik/eenheidsverpakking √
- Verpakking vir dubbele gebruik √
- Verpakking vir herverkoop √
- Kaleidoskopiese/Voortdurend-veranderende verpakking √
- Spesialiteitsverpakking √
- Kombinasie verpakking √
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
(4 x 1) (4)
4.6 Keuringsprosedure as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit
OPSIE 1
- Bepaal regverdige assesseringskriteria waarop keuring gebaseer sal
word. √√
- Aansoekers moet die aansoekvorms/curriculum vitae en gesertifiseerde
persoonlike dokumente/ID’s/bewys van kwalifikasies, in handig. √√
- Sorteer die ontvangde dokumente/CV's volgens die assesserings-/
keuringskriteria. √√
- Keur/Bepaal watter aansoekers aan die minimum posvereistes voldoen en
skei hulle van die res van die aansoekers. √√
- Voorlopige onderhoude word gevoer indien baie geskikte aansoeke
ontvang was. √√
- Gaan verwysings na om die inhoud van CV’s te verifieer, byvoorbeeld
maak kontak met vorige werkgewers om werkservaring na te gaan. √√
- Stel ʼn kortlys saam van moontlike geïdentifiseerde kandidate. √√
- Gekortlyste kandidate kan onderwerp word aan verskeie soort
keuringstoetse soos vaardigheidstoetse. √√
- Nooi die gekortlyste aansoekers/kandidate vir ʼn onderhoud. √√
- ʼn Geskrewe aanbod word aan die gekose kandidaat gemaak. √√
- Lig onsuksesvolle kandidate in oor die uitslag van die aansoek./Sommige
advertensies dui die spertyd aan vir aankondiging van slegs suksesvolle
kandidate. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met die keuringsprosedure as ʼn
menslike hulpbronaktiwiteit verband hou.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
OPSIE 2
- Ontvang dokumentasie soos aansoekvorms en sorteer dit volgens die
kriteria van die pos. √√
- Evalueer CV's en stel ʼn kortlys op/keur die aansoekers. √√
- Gaan inligting op CV's na en maak kontak met verwysings. √√
- Hou voorlopige siftingsonderhoude om aansoekers te identifiseer wat nie
vir die pos geskik is nie, al voldoen hulle aan al die vereistes. √√
- Assesseer/Toets kandidate wat vir senior posisies aansoek gedoen het
om te verseker dat die beste kandidaat gekies word. √√
- Voer onderhoude met gekortlyste kandidate. √√
- Bied ʼn geskrewe aanbod aan die gekose kandidaat. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met ander stappe in die
keuringsprosedure verband hou.
- LET WEL: Aanvaar stappe in enige volgorde.
Maks. (4)
4.7 Maniere waarop besighede aan die Wet op Beroepsgesondheid en
Veiligheid kan voldoen
4.7.1 Maniere waarop besighede aan die Wet op Beroeps-
gesondheid en Veiligheid voldoen vanuit die scenario
- SK verseker dat hul noodhulpbokse altyd beskikbaar is.√
- Hulle stel ook brandblussers in die werkplek beskikbaar.√
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die
scenario aangehaal is.
(2 x 1) (2)
4.7.2 Ander maniere waarop besighede aan die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid kan voldoen
- Verskaf beskermende toerusting aan werkers √ om hulself te
beskerm teen moontlike gevaarlike situasies. √
- Brandblussers moet gereeld √ gediens word. √
- Masjinerie moet gereeld in stand gehou word √ en onmiddellik
herstel word. √
- Werkgewers wat meer as twintig werknemers in diens het √ moet
ten minste een gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger vir
elke 100 werknemers aanstel. √
- Verseker gesondheid en veiligheid van persone by die werk √ en
tydens die gebruik van masjinerie en toerusting. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander
maniere waarop ʼn besigheid aan die Wet op Beroepsgesondheid
en -veiligheid kan voldoen.
LET WEL: Geen punte moet toegeken word vir antwoorde wat
wat uit VRAAG 4.7.1 aangehaal is.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 25
4.8 Voorkomende maatreëls wat besighede behoort te neem wanneer
masjinerie gebruik word
- Alle masjinerie en toerusting moet korrek geïnstalleer word en veilig wees
om te gebruik. √√
- Werkers moet behoorlik opgelei wees oor hoe om masjinerie te gebruik
en moet ingelig wees oor die risiko’s wanneer masjinerie gebruik
word. √√
- Gereelde veiligheidstoetse moet uitgevoer word en masjinerie moet
gereeld in stand gehou word. √√
- Wanneer werkers met masjinerie en toerusting werk, moet hulle
beskermde klere en uitrustings dra, soos oorpakke, veiligheidshelms,
oorproppies, maskers, swaardiensstewels, sweisbrille en
handskoene. √√
- Ontwikkel ʼn kultuur van veiligheid in die werkplek. √√
- Maak werkers vertroud met veiligheidsprosedures. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voorkomende
maatreëls wat besighede behoort te neem wanneer masjinerie gebruik
word.
Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 2
4.2 6
4.3 6
4.4 6
4.5 4
4.6 4
4.7.1 2
4.7.2 4
4.8 6
TOTAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
AFDELING C
Sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (AANPASSING BY UITDAGINGS
VAN DIE BESIGHEIDSOMGEWING)
5.1 Inleiding
- Netwerking verwys na ʼn gekoördineerde aktiwiteit waar mense wat
soortgelyke doelwitte het ontmoet en inligting en idees uitruil. √
- Invloedverwing laat individue, besighede en organisasies toe om hul
invloed te gebruik om regeringsbeleid te verander. √
- Nodige maatreëls moet deur besighede in plek gestel word om te help
om die uitwerking van hierdie uitdagings te verminder. √
- Besighede het die verantwoordelikheid om meer sosiaal
verantwoordelik te word deur terug te gee aan gemeenskappe. √
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die voordele van
netwerkvorming/soorte van invloedwerwing/maniere waarop besighede
by uitdagings van die besigheidsomgewings kan aanpas/projekte wat
deur besighede as deel van maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid
onderneem kan word. (Enige 2 x 1) (2)
5.2 Voordele van netwerkvorming
- Besighede trek nuwe klante en verhoog hul markaandeel en
winsgewendheid. √√
- Netwerke is ʼn uitstekende bron van nuwe perspektiewe en
besigheidsidees. √√
- Laat bestuurders toe om nuwe verhoudings te bou en nuwe geleenthede
vir die besigheid te skep. √√
- Speel ʼn rol in bemarking en uitbreiding van die besigheid. √√
- Staan die besigheid by met die neem van toekomstige besluite. √√
- Besighede kry ondersteuning wanneer hulle betrokke raak by die
verteenwoordiging van beheer. √√
- Besighede kan ondersteuning kry wanneer verteenwoordiging aan
verskeie owerhede beplan word. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met die voordele van
netwerkvorming verband hou.
Maks. (10)
5.3 Soorte van invloedwerwing
5.3.1 Verskansing teen inflasie
- Die besigheid gebruik verskansing deur effekte, aandele,
eiendom te koop of edelmetale soos goud te koop √ om kapitaal
teen die effekte van inflasie te beskerm. √
- Besighede belê surplus fondse √ sodat sy waarde groei teen ʼn
vinniger koers as die van inflasie.√
- Besighede gebruik verskansing om hul finansiële beleggings te
beskerm √ deur die risiko te versprei. √
- Enige ander relevant antwoord wat met verskansing teen inflasie
as ʼn soort van invloedwerwing verband hou.
Sub-maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 27
5.3.2 Bedingingsessies tussen bestuur en vakbonde
- Hierdie sessies stel werknemers in staat om te onderhandel
met werkgewers as ʼn groep √ om werknemers se regte te
beskerm. √
- Bedingingsessies voorkom arbeidstakings en verskaf
noodsaaklike inligting √ aan mense in bewind. √
- Die doel van bedingingsessies is om ʼn wen-wen situasie √ vir
al die partye te skep. √
- Enige ander relevant antwoord wat met bedingingsessie
tussen besighede en vakbonde as ʼn soort van invloedwerwing
verband hou.
Sub-maks. (6)
Maks. (12
5.4 Maniere waarop besighede by uitdagings van die besigheids-
omgewings kan aanpas
5.4.1 Inligtingsbestuur
- Inligting moet gevind/aangeteken/gerieflik opgespoor word √
en effektief gebruik word.√
- Besighede moet ʼn effektiewe bestuursinligtingstelsel
implementeer wat toeganklik en nuttig is √ vir alle
personeel.√
- Inligting moet doeltreffend bestuur word en ʼn sisteem moet in
plek gestel word√ sodat die relevante personeel maklik
toegang tot dit het.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
inligtingsbestuur as ʼn metode om by die uitdagings in die
besigheidsomgewings aan te pas.
Manier (2)
Bespreking (4)
Sub-maks. (6)
5.4.2 Strategiese reaksie √√
- Bestuur moet strategiese reaksies ontwerp vir verskeie
uitdagings deur alle inligting te analiseer √ en die
belanghebbendes betrokke te identifiseer. √
- Vorm ʼn duidelike prentjie √ van elke belanghebbende se
standpunte en vereistes. √
- Besighede moet ʼn strategiese plan hê √ om te reageer op
veranderinge in die besigheidsomgewing. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
strategiese reaksie as ʼn metode om by die uitdagings in die
besigheidsomgewings aan te pas.
Manier (2)
Bespreking (4)
Sub-maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
28 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
5.4.3 Samesmeltings, oornames, verkrygings en alliansies √√
- Besighede kan aandele verkry √ van ʼn ander maatskappy. √
- Besighede kan kies om ʼn ander besigheid te koop/of daarmee
saam te smelt √ as ʼn manier om ʼn groter markaandeel te hê. √
- Hulle kan ʼn nuwe besigheidsonderneming met ʼn ander
maatskappy onderneem, √ wat ʼn veiliger manier is as om die
huidige besigheid uit te brei. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
samesmeltings, oornames, verkrygings en alliansies as ‘n
metode om by die uitdagings in die besigheidsomgewings aan te
pas.
Manier (2)
Bespreking (4)
Sub-maks. (6)
5.4.4 Organisasie-ontwerp en aanpasbaarheid √√
- Besighede moet aanpasbaar wees in hul organisasie-ontwerp en
strategieë √ sodat hulle kan meeding in ʼn verandererende mark.√
- Organisasie-ontwerp is ʼn proses om mense/inligting/tegnologie
van ʼn organisasie te integreer √ sodat dit die winsgewendheid
van die besigheid verbeter. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
organisasie-ontwerp en aanpasbaarheid as ʼn metode om by die
uitdagings in die besigheidsomgewings aan te pas.
Manier (2)
Bespreking (4)
Sub-maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 29
5.4.5 Direkte invloed van die omgewing en sosiale/maatskaplike
verantwoordelikheid √√
- Besighede moet buigsaam wees deur betrokke te raak by
navorsing en ontwikkeling √ sodat as hulpbronne opraak of as
die omgewings-wetgewing verander die besigheid kan aanpas
en kan voortgaan. √
- Sosiale/Maatskaplike verantwoordelikhede verwys na die
verpligtinge ʼn besigheid het √ om die belange van al hul
belanghebbendes te beskerm en te verbeter. √
- Deur sosiale/maatskaplike verantwoordelikhede kan ʼn besigheid
sy besigheidsomgewing beïnvloed √ en uitdagings wat gekoppel
is aan sosio-ekonomiese kwessies in sy sosiale omgewing
aanspreek. √
- Besighede moet meer bewus en betrokke wees in sosiale
verantwoordelikheidsprojekte √ wat die gemeenskap kan
bevoordeel. √
- Neem deel aan projekte √ wat die gemeenskap waarin die
besigheid bedryf word, op te hef.√
- Besighede gebruik KSV-projekte √ as ʼn bemarkingsinstrument
vir hul besigheid.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met direkte
invloed van die omgewing en sosiale/maatskaplike
verantwoordelikheid as ʼn metode om by die uitdagings in die
besigheidsomgewings aan te pas.
Manier (2)
Bespreking (4)
Sub-maks. (6)
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
Maks. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
5.5 Projekte wat deur besighede as deel van maatskaplike/sosiale
verantwoordelikheid onderneem kan word
- Besighede moet werknemers toelaat om betrokke te raak by
maatskaplike ontwikkelingsprogramme. √√
- Besighede moet die omgewing beskerm en aan gemeenskaps-
opheffingsprogramme deelneem. √√
- Neem deel aan omgewingsvriendelike veldtogte soos herwinning of
hergebruik van skaars hulpbronne. √√
- Besighede moet minderbevoorregte mense ondersteun deur skenkings
aan liefdadigheidsorganisasies te verskaf./Vrygewige bydrae aan
NRO’e/Besighede kan komberse aan ouetehuise/weeshuise
skenk/bestuur sopkombuise. √√
- Hulle kan ook betrokke raak by ekonomiese ontwikkeling en onderrig
verskaf oor MIV/Vigs-bewusmakingsprogramme.√√
- Betrokke by gemeenskapsvoorligting/-ontwikkeling/Bou skole in
gemeenskappe/Bied beurse aan behoeftige studente/Skenk ou
rekenaars aan minder bevoorregte skole/Verskaf/Ondersteun volwasse
onderwys en opleiding in die plaaslike gemeenskap. √√
- Gee opleiding oor entrepreneursvaardighede/Ondersteun individue wat
nuwe sakegeleenthede wil begin. √√
- Bied vaardigheidsontwikkeling/werkverskaffingsprojekte/ messelwerk-
kursusse aan. √√
- Borg kuns- en kultuurprogramme, soos skoolkore. √√
- Ondersteun jeugprogramme, soos sport/ontspanningsaktiwiteite.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met projekte wat deur
besighede as deel van maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid
onderneem kan word.
Maks. (10)
5.6 Gevolgtrekking
- Bestuur kan netwerkvorming gebruik om soveel mense as moontlik te
bereik en elke verbinding te laat tel. √√
- Besighede moet probeer om wetgewing of die regering se besluit-
nemingsprosesse te beïnvloed om winsgewend te bly. √√
- Aanpassing by uitdagings van die besigheidsomgewing kan deur
besighede bereik word as bestuur op hoogte bly met die nuutste
ontwikkelings. √√
- Sosiale verantwoordelikheidsprojekte wat deur besighede aangepak
word, kan as ʼn bemarkingstrategie gebruik word om hul produkte te
bevorder. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die voordele
van netwerkvorming/soorte van invloedwerwing/maniere waarop
besighede by uitdagings van die besigheidsomgewings kan
aanpas/projekte wat deur besighede as deel van maatskaplike/sosiale
verantwoordelikheid onderneem kan word.
(Enige 1 x 2) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 31
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Voordele van netwerkvorming 10
Soorte van invloedwerwing: Maks.
o Verskansing teen inflasie 32
12
o Bedingingsessies tussen bestuur en
vakbonde
Maniere waarop besighede by uitdagings
14
van die besigheidsomgewings kan aanpas
Projekte wat deur besighede as deel van
maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid 10
onderneem kan word
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
Sintese 2 8
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
*SASO – Vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (BEMARKINGSFUNKSIE)
6.1 Inleiding
- Pryse is die maklikste van al die bemarkingsveranderlikes om te
beïnvloed, maar dit is een van die mees komplekse besluite om te
neem. √
- Verskeie prystegnieke kan gebruik word om die finale pryse van
produkte te bepaal. √
- Die faktore wat die prysbepaling van produkte beïnvloed, moet deur alle
belanghebbendes in die besigheid goed verstaan word om voorsiening
te maak vir die toepassing van die gekose prysstruktuur. √
- Besighede maak gebruik van verkoopspromosies deur verskeie
bemarkingsmetodes te gebruik wat daarop gemik is om verbruikers
aanvraag in spesifieke produkte/dienste van die besigheid te
verbeter. √
- Enige ander relevante inleiding wat met die belangrikheid van
prysbepaling/prystegnieke/faktore wat prysbepaling beïnvloed/doel van
verkoopspromosies verband hou.
(Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
6.2 Belangrikheid van prysbepaling
- Dit definieer die waarde van die produk in terme van produksiekoste en
gebruik vir die verbruiker. √√
- Dit is tasbare pryspunt wat die verbruiker laat besef dat die produk waarde
vir geld in terme van tyd en investering is. √√
- Die prysbepalingsproses moet buigsaamheid/afslag/grondgebied/
lewensiklus/status/toelaes in ag neem.√√
- Die prys van ʼn produk kan die verbruiker se gesindheid teenoor ʼn
handelsmerk beïnvloed. √√
- Pryse beïnvloed die aantal produkte wat ʼn onderneming kan verkoop, wat
weer die winsgewendheid beïnvloed.√√
- Indien pryse te hoog vasgestel word, sal dit ʼn negatiewe impak/afname in
verkope veroorsaak.√√
- As pryse te laag is kan verbruikers dalk waarneem dat die produk se gehalte
nie goed is nie. √√
- Die prys van ʼn produk moet voorsiening maak vir vervoerkoste. √√
- Die prys van die produk moet BTW insluit. √√
- Die prysbeleid moet verduidelik wanneer en aan wie afslag toegestaan sal
word. √√
- Lae verkope lei tot voorraadophopings van onverkoopte produk wat gestoor
moet word en nie die koste van die vervaardiging van daardie produk
terugbetaal nie. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met die belangrikheid van prysbepaling
verband hou. Maks. (12)
6.3 Prystegnieke
6.3.1 Koste-gebaseerde pryse
- Koste-gebaseerde pryse is die praktyk om pryse te bepaal √ op
grond van die koste van die goedere of dienste wat verkoop
word. √
- ʼn Winspersentasie of vaste bedrag wins word bygevoeg by die
koste van die item, √ wat dan die prys bepaal waarteen dit verkoop
sal word. √
- Die koste van produksie en aanbod word bereken√ en ʼn geskikte
winsgrens word bygevoeg om die verkoopsprys te bepaal.√
- Enige ander relevante antwoord wat met koste-gebaseerde pryse
as ʼn prystegniek verband hou.
Sub-maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 33
6.3.2 Kompetisie gebaseerde pryse
- Kompetisie gebaseerde pryse is ʼn prysbepalingsmetode wat die
vasstelling van pryse baseer√ deur te kyk na die pryse van
mededingers.√
- Hierdie benadering word ook genoem die lopende koers pryse √
of mededingende pryse. √
- Hoe meer mededingers in die mark is √, hoe laer sal pryse
waarskynlik wees.√
- As die pryse vasgestel word op ʼn hoër vlak as die van die
mededingers, √ kan die verbruikers dalk oortuig word dat die
produk beter is in terme van gehalte en nut daarvan.√
- Enige ander relevante antwoord wat met kompetisie gebaseerde
pryse as ʼn prystegniek verband hou.
Sub-maks. (6)
Maks. (12)
6.4 Faktore wat prysbepaling beïnvloed
6.4.1 Insetkoste √√
- Hoe hoër die insetkoste, hoe hoër sal die finale prys wees.√
- ʼn Verhoging in vervoerkoste sal ʼn styging in die finale prys
meebring.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
insetkoste as ʼn faktor wat prysbepaling beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
6.4.2 Vraag na die produk √√
- Hoe hoër die vraag na ʼn produk, hoe hoër die volume van
produksie. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die vraag
na die produk as ʼn faktor wat prysbepaling beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
6.4.3 Teikenmark √√
- Die inkomstevlakke van die teikenmark kan die prys van die
produk beïnvloed. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
teikenmark as ʼn faktor wat prysbepaling beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
34 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
6.4.4 Tipe produk √√
- Daar kan hoër pryse vir luukse produkte as noodsaaklikhede gevra
word. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die tipe
produk as ʼn faktor wat prysbepaling beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
6.4.5 Prystegniek word gebruik om die prys te bepaal √√
- Promosiepryse kan laer wees as vraag-georiënteerde pryse.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
prystegniek word gebruik om die prys te bepaal as ʼn faktor wat
prysbepaling beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
6.4.6 Mededingende en substituutprodukte √√
- As daar soortgelyke produkte is wat die produk kan vervang, sal hoë
pryse daartoe lei dat verkope kan afneem as gevolg van verkope
van die substituutprodukte. √
- As die prys en vraag na komplementêre produkte verhoog, kan die
ander produk verhoog teen dieselfde koers, byvoorbeeld, pryse van
rekenaars en sleutelborde kan op dieselfde tyd verhoog word.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
mededingende en substituutprodukte as ʼn faktor wat prysbepaling
beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
6.4.7 Die ekonomiese klimaat en beskikbaarheid van goedere en
dienste √√
- As daar ʼn tekort ontstaan aan ʼn sekere produk, is mense bereid om
meer vir dit te betaal. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
ekonomiese klimaat en beskikbaarheid van goedere en dienste as
ʼn faktor wat prysbepaling beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 35
6.4.8 Markvorme √√
Die volgende markvorme sal prysbepaling beïnvloed:
- Volmaakte mededinging/Die hoeveelheid kopers en verkopers is
baie groot. √
- Produkte is soortgelyk en daar is baie substituutprodukte,
byvoorbeeld, aandele wat op die JSB verhandel word. √
- Monopolistiese mededinging/Daar is baie verskaffers/verkopers.√
- Elke verskaffers het sy/haar eie handelsmerk van ʼn spesifieke
produk, byvoorbeeld, restaurante soos McDonalds/Burger
King/Steers. √
- Oligopolie/Slegs ʼn paar verskaffers/verkopers wat die pryse van
produkte beheer. √
- Produkte is homogeen/dieselfde, byvoorbeeld, MTN, Vodacom/
Cell C. √
- Monopolie/Slegs een verskaffer/verkoper wat die pryse van
produkte beheer.√
- Winsgrense is gewoonlik hoër, omdat verbruikers nie ander
alternatiewe het nie, byvoorbeeld Eskom. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
markvorme as ʼn faktor wat prysbepaling beïnvloed.
Faktor (2)
Bespreking (1)
Sub-maks. (3)
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
Maks. (12)
6.5 Doel van verkoopspromosies
- Vermeerder en verhoog die aantal produkte wat aan kliënte verkoop word,
en lei tot ʼn verhoging in die verkope van die besigheid se produkte. √√
- Deurgee van inligting oor produkte en dienste van die besigheid aan
bestaande en nuwe potensiële kliënte. √√
- Opbou van langdurige verhoudings met kliënte. √√
- Oorreed potensiële kliënte om onmiddellike aankope te doen. √√
- Bepaal watter verkoopspromosie-metodes die mees geskikste is om die
teikenmark te bereik. √√
- Voorsien produkte en dienste gelykstaande aan die waarde soos belowe in
promosies, aan verbruikers. √√
- Herinner die teikenmark aan huidige en nuwe produkte en die
beskikbaarheid daarvan. √√
- Herenig met die bestaande teikenmark.√√
- Verbeter die handelsmerk bewustheid oor die algemeen, van bestaande en
nuwe potensiële kliënte. √√
- Verbeter die verbruikerslojaliteit van bestaande en nuwe potensiële
kliënte. √√
- Aktiveer sluimerende kliënte om produkte en dienste te koop. √√
- Enige ander relevante antwoord wat met die doel van verkoopspromosies
verband hou.
Maks. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
36 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
6.6 Gevolgtrekking
- Die korrekte prysbepaling van produk/dienste bepaal die verkope en sukses
van die besigheid op die langtermyn. √√
- Die baie verskillende prystegnieke wat vir besighede beskikbaar is, maak
voorsiening vir die gebruik van ʼn kombinasie van hierdie tegnieke. √√
- Besighede moet al die faktore wat hul pryse beïnvloed noukeurig oorweeg
om te verseker dat hul sukses nie van korte duur is nie. √√
- Die gebruik van verkoopspromosies moet deeglik navorsing word om te
verseker dat die kleiner winsgrens per item nie die winsgewendheid van die
besigheid negatief beïnvloed nie. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat met die belangrikheid van
prysbepaling/prystegnieke/faktore wat prysbepaling beïnvloed/doel van
verkoopspromosies verband hou.
(Enige 1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Belangrikheid van prysbepaling 12
Prystegnieke:
o Koste-gebaseerde pryse 12 Maks.
o Kompetisie gebaseerde pryse 32
Faktore wat prysbepaling beïnvloed 12
Doel van verkoopspromosies 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
*SASO – Vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE_watermark.pdf
Memorandum
BUSINESS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV2025_Afrikaans_watermark.pdf

Memorandum
BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023_Afrikaans_watermark.pdf

Memorandum
BUSINESS STUDIES P1 MEMO GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
BUSINESS STUDIES P2 GRADE11 MEMO NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_watermark.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES gr 11 P2 QP AFR D_watermark.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
BSTD P1 GRADE 11 Nov 2025 ENG_watermark.pdf
Memorandum
BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24.pdf

Question paper and memo
LP-Business-Studies-Grade-11-June-2025-P2-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Business-Studies-Grade-11-March-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
BUS.S-April-QP & Memo-2021-Gr11_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Business-Studies-Grade-11-June-2021-QP-only_hlayiso.com_.pdf

Memorandum