Skip to content

Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP

Question paperBusiness StudiesGrade 1120248 pages

Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2024 BESIGHEIDSTUDIES V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IBUSTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte-en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 KEUSE: 70 3 40 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae KEUSE: 5 40 30 Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 ʼn Maatskappy waarin die direkteure gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik is vir al die skulde en laste van die besigheid: A Privaatmaatskappy B Publieke maatskappy C Staatsbeheerde maatskappy D Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid 1.1.2 Vusi het die reg om die naam en handelsmerk van VS Kosse te gebruik aan Tony verkoop, in ruil vir ʼn tantieme fooi. Vusi staan as die ... bekend A franchisegewer B franchisenemer C verhuurder D huurder 1.1.3 ʼn Besigheid wat tydelike werknemers aanstel of onafhanklike kontrakteurs gebruik, dink aan ... as ʼn faktor wat oorweeg moet word voordat ʼn besigheid begin word. A die kultuur van die organisasie B besigheidsgroei C kostebesparing D kliëntediens 1.1.4 Zonke Konstruksie gebruik … wanneer alternatiewe oplossings gegenereer en geëvalueer word in reaksie op probleme. A probleemoplossing B kragveldontleding C Delphi-tegniek D roetine denke 1.1.5 Die manier waarop die liggaam reageer op situasies wat ʼn persoon moeilik vind om te beheer, staan as ... bekend. A krisis B stres C verandering D konflik (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2024) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. normfase; passie; griewe; prestasiefase; vennootskap; inligtingstukke; konflik; beslote korporasie; plakkate; deursettingsvermoë 1.2.1 ʼn … het nie ‘n regspersoon nie en het dus geen kontinuïteit nie. 1.2.2 Dlamini het … as ʼn entrepreneurseienskap getoon toe sy nie moed opgegee het nie, ten spyte van die uitdagings wat sy in haar besigheid in die gesig gestaar het. 1.2.3 Nico het ... as ʼn tipe visuele hulpmiddel na sy aanbieding aan die gehoor verskaf om hulle aan die sleutelpunte te herinner. 1.2.4 ʼn Onenigheid tussen twee partye staan as ... bekend. 1.2.5 Tydens die ... as ʼn stadium van spanontwikkeling, kom spanlede tot ʼn ooreenkoms en bereik hulle ʼn konsensus. (10) 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Verbale aanbieding A belastingopgawes betyds ingedien en maak gereelde belastingbetalings 1.3.2 Ekwiteitskapitaal B voldoen aan die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde 1.3.3 Nie-konvensionele C belastingbetalings word aangepas om hoë oplossings belastingbetalings te vermy 1.3.4 Globalisering D geld en bates van die eienaars wat in ʼn besigheid belê is 1.3.5 Goeie besluit E inligting wat deur middel van gedrukte materiaal gekommunikeer word F daar is uiteenlopende oplossings vir ʼn probleem G geld wat deur die regering beskikbaar gestel word vir klein ontwikkelende besighede H inligting wat deur middel van ʼn mondelinge aanbieding gekommunikeer word I daar is net een oplossing vir ʼn probleem J voldoen aan internasionale standaarde van gehalte (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 5 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige VIER sleutelsuksesfaktore in ʼn besigheid. (4) 2.2 Beskryf kortliks die aspekte wat oorweeg moet word wanneer ʼn besigheid begin word. (6) 2.3 Identifiseer die tipes visuele hulpmiddels wat Thandi tydens sy aanbieding in ELKE stelling hieronder gebruik het: 2.3.1 Hy het kolomme en rye gebruik om die verskillende opsies wat vir beleggers beskikbaar is te vergelyk. (2) 2.3.2 Hy het die verband tussen twee veranderlikes oor ʼn tydperk aangetoon. (2) 2.4 Verduidelik die prosedure vir die stigting van maatskappye. (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. EGTE BEHUISING (EB) Egte Behuising besit eiendomme regoor die land. Hulle laat besighede toe om ʼn ooreenkoms aan te gaan en ʼn maandelikse betaling vir die gebruik van hierdie eiendomme te maak. EB bied ook inligtingstegnologiedienste aan hierdie besighede om hulle in staat te stel om op belangrike sakeaktiwiteite te fokus. Identifiseer TWEE maniere van verkryging van besighede wat RE gebruik het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5 te beantwoord. VERKRYGINGS VAN BESIGHEDE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 2.6 Bespreek die volgende voordele van die stigting van ʼn maatskappy teenoor ander ondernemingsvorme: 2.6.1 Wetlike status en aanspreeklikheid (4) 2.6.2 Eienaarskap en bestuur (4) 2.7 Stel redes voor waarom entrepreneurs mag besluit om ʼn bestaande besigheid te koop. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem enige VIER interne oorsake van verandering. (4) 3.2 Beskryf kortliks die belangrikheid van stresbestuur in die werkplek. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ASSOP VERVAARDIGER (AV) Assop Vervaardiger spesialiseer in die vervaardiging van elektriese motors en pas die beginsels van professionalisme en etiek toe. Hulle fokus daarop om hulpbronne verantwoordelik te gebruik om te verseker dat daar na die omgewing omgesien word. AV beoefen ook sosiale verantwoordelikheid deur terug te gee aan arm gemeenskappe. Die bestuur van AV is ook bewus van die verskille tussen professionalisme en etiek. 3.3.1 Haal TWEE beginsels van professionalisme en etiek aan wat AM in die scenario hierbo openbaar. (2) 3.3.2 Verduidelik die verskil tussen professionalisme en etiek. (4) 3.4 Bespreek die funksies van werkplekforums. (6) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. OOSTELIKE HOTEL (OH) Oostelike Hotel is aan moeilike ekonomiese toestande blootgestel en moet dus groot veranderinge hanteer. Hulle het die aantal werknemers by die hotel verminder om hul kostes te verlaag. OH bied ook gelyke geleenthede aan mense uit voorheen benadeelde groepe as ʼn wetlike bepaling. Identifiseer TWEE groot veranderinge wat mense en besighede moet hanteer in die scenario hierbo. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord. GROOT VERANDERINGE WAT MOTIVERINGS MENSE EN BESIGHEDE MOET HANTEER 1. 2. (6) 3.6 Bespreek die belangrikheid van spanwerk. (6) 3.7 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 7 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Noem enige VIER stappe van ʼn aksieplan/stappe om te volg wanneer ʼn aksieplan opgestel word. (4) 4.2 Brei uit oor die betekenis van memorandum van inkorporasie. (4) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RONALD PAKHUISE (RP) Ronald Pakhuise is besig om stoorfasiliteite rondom Johannesburg te vestig. Hulle het befondsing van ʼn ryk entrepreneur ontvang in ruil vir ʼn aandeel in die besigheid. RP is ook bewus van die vele redes waarom besighede finansiering benodig. 4.3.1 Identifiseer die bron van befondsing wat RW in die scenario hierbo ontvang het. (2) 4.3.2 Verduidelik die redes hoekom besighede finansiering benodig. (6) 4.4 Beveel faktore aan wat die aanbieder moet oorweeg wanneer ʼn aanbieding voorberei word. (4) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek. (6) 4.6 Identifiseer die stadiums van spanontwikkeling wat Donald Konstruksie in ELKE stelling hieronder ervaar. 4.6.1 Die nuut aangestelde lede van die bemarkingspan was gemaklik met mekaar tydens hul eerste ontmoeting. (2) 4.6.2 Rowena, die spanleier van die skoonmaakspan, het verseker dat alle take afgehandel is voordat die span finaal geskei het. (2) 4.7 Bespreek enige TWEE teorieë van etiek wat van toepassing is op die werkplek. (6) 4.8 Beveel maniere aan waarop besighede krisisse in die werkplek kan hanteer. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2024) AFDELING C: Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (OMSKAKELING VAN ’N BESIGHEIDSPLAN IN ’N AKSIEPLAN) Besighede wat die projekbeplanningstappe volg, sal die voltooiing van hul take verseker. ʼn Besigheidsplan is noodsaaklik om te verseker dat die voorgestelde besigheidsdoelwitte bereik word. Beplanningsinstrumente verskaf riglyne oor hoe om ʼn sakeplan in ʼn aksieplan te omskep en besighede gebruik aksieplanne om hul aktiwiteite te organiseer. Skryf ʼn opstel oor die omskakeling van ʼn besigheidsplan in ʼn aksieplan waarby jy die volgende aspekte insluit: x Beskryf kortliks die projekbeplanningstappe. x Verduidelik die doel van ʼn besigheidsplan. x Bespreek die belangrikheid van tydlyne en Gantt-kaarte/Werksindelingstrukture (WIS) x Gee besighede raad oor die belangrikheid van ʼn aksieplan. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING) Besighede gebruik roetinedenke en kreatiewe denke om hul probleme op te los. Kreatiewe denke hou baie voordele in en besighede kan ook die Delphi-tegniek en die kragveldontleding as probleemoplossingstegnieke toepas. Besighede moet ʼn omgewing skep wat kreatiewe denke in die werkplek stimuleer. Skryf ʼn opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarby jy die volgende aspekte insluit: x Beskryf kortliks die verskille tussen roetinedenke en kreatiewe denke. x Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. x Bespreek hoe besighede die volgende probleemoplossingstegnieke kan toepas: o Delphi-tegniek o Kragveldontleding x Beveel maniere aan waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek stimuleer. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Business Studies

View all