NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
BESIGHEIDSTUDIES V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE : 150
TYD : 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P2 2020 QP (Afr)
Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 685.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
National Exemplar November Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag
in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
ʼn antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte 2 40 35
tipe vrae KEUSE:
(Beantwoord enige 3 40 35
TWEE.) 4 40 35
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
(Beantwoord enige EEN.) 6 40 30
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Die geouditeerde finansiële state van … moet aan al die
aandeelhouers en die publiek beskikbaar gestel word.
A Tlali se Athletiese Gimnasium BK
B JJ Enterprise (Edms) Bpk.
C Vuma en Zonke Handelaars
D King Visserye Bpk.
1.1.2 Effektiewe terugvoering is wanneer die aanbieder …
A vrae na ʼn aanbieding beantwoord.
B pamflette uitdeel.
C onbekwaam is om moeilike lede van die gehoor te hanteer.
D visuele hulpmiddels in die verbale aanbieding insluit.
1.1.3 Weza Gesondheid MSB verskaf gesondheidsdienste soos primêre
gesondheidsorg. Hierdie maatskappy is ʼn voorbeeld van ʼn …
A eenmansaak.
B privaat maatskappy.
C staatsbeheerde maatskappy.
D publieke maatskappy.
1.1.4 Gideon glo daarin om dinge anders te doen om mededingend te bly.
Hy pas … denke toe om nuwe idees te genereer.
A roetine
B kreatiewe
C konvensionale
D induktiewe
1.1.5 John P Kotter se agt-stap stelsel om verandering te bestuur word
gebruik om …
A probleem oplossing te skep.
B ʼn gevoel van dringendheid te vestig.
C ʼn winsgewende besigheid te vestig.
D ʼn gekose strategie te implementeer.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
besluitneming; aflegging; onbeperkte; aksieplan; goeie; beperkte;
probleemoplossing; regstellende aksie; swak; besigheidsplan
1.2.1 Die stap in die beplanningsproses wat die uitvoering van die plan
behels, staan as ʼn … bekend.
1.2.2 Die … aanspreeklikheidsklousule verduidelik hoe eienaars slegs
kan verloor wat hulle in die besigheid belê het.
1.2.3 Global Airways verskaf geleenthede vir voorheen benadeelde
mense. Hierdie veranderingsbestuur staan as … bekend.
1.2.4 ʼn … besluit stem ooreen met voldoende inligting wat strook met die
maatskappy se waardes en etiese beginsels.
1.2.5 Die proses om ʼn situasie te ontleed om sodoende strategieë te
identifiseer wat gebruik kan word om die situasie te verander, staan
as … bekend.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Gantt-grafiek A skielike en potensiële
rampspoedige gebeure
1.3.2 Huurkontrak B tegniek waar werknemers
versoek word om baie idees in
stilte op hul eie te genereer
1.3.3 Akte van oprigting C meningsverskil tussen twee of
meer mense
1.3.4 Kragveld-ontleding D dokument wat voltooi en geteken
word wanneer versoek word om
ʼn maatskappy te stig
1.3.5 Krisis E betaling gemaak aan
konsessiegewer deur die
konsessiehouer gebaseer op die
omset
F groot gebonde rolpapier en elke
bladsy kan omgeblaai word aan
die bokant
G betaling vir die gebruik van ʼn
bate eerder as om dit te koop
H beplanningsinstrument wat
datums, duur en volgorde aandui
I tegniek vir die lys en assessering
van kragte vir en teen ʼn
voorgestelde verandering
J dokument wat die regte, pligte en
verantwoordelikhede van
aandeelhouers, direkteure ens.
insluit
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin,
bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem DRIE bronne van finansiering. (3)
2.2 Beskryf kortliks DRIE stappe om te volg wanneer ʼn aksieplan opgetrek
word. (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KAMELISA GEÏNKORPOREER (KG)
Kamelisa Geïnk. benodig groot hoeveelhede kapitaal vir uitbreiding van hul
besigheid. KG het besluit om die huidige besigheid na ʼn ander tipe
maatskappy te verander, sodat hulle aandele op die JEB aan die publiek
kan verkoop.
2.3.1 Identisifeer die ondernemingsvorme wat Kamelisa Geïnkorporeer
was voordat hulle verander het na ʼn ander tipe maatskappy.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.3.2 Noem die ondernemingsvorm waarna KG toe wil verander. (2)
2.3.3 Onderskei tussen die ondernemingsvorme geïdentifiseer in
VRAAG 2.3.1 en 2.3.2 onderskeidelik. (8)
2.4 Bespreek die redes hoekom entrepreneurs mag besluit om ʼn bestaande
besigheid te koop. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SINDY PASTEI EN BURGERS (SPB)
Sindy verkoop tuisgemaakte pasteie en burgers. Sy het navorsing gedoen
oor kliëntediens as ʼn dryfkrag en het geleer deur kostes te sny kan sy haar
wins vermeerder tot die maksimum.
2.5.1 Noem TWEE faktore van die scenario hierbo wat Sindy oorweeg
het voor die begin van SPB. (2)
2.5.2 Stel EEN moontlike verbetering voor van ELKE faktor genoem in
VRAAG 2.5.1. (2)
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5 te
beantwoord.
FAKTORE VERBETERINGE
2.5.1 2.5.2
1. 1.
2. 2.
2.6 Beveel faktore aan wat die aanbieder moet oorweeg ter voorbereiding van
ʼn aanbieding. (8)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem VIER oorsake van konflik in die werkplek. (4)
3.2 Beskryf kortliks TWEE eksterne oorsake van verandering in die werkplek. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KHAYA BESIGHEIDSKONSULTANTE (KB)
Khaya Besigheidskonsultante is ʼn diensonderneming wat advies vir klein
opkomende besighede bied. Gedurende die vergaderingsessies
bevraagteken die spanlede mekaar se idees en menings.
3.3.1 Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat op die scenario
hierbo van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal. (3)
3.3.2 Verduidelik TWEE ander stadiums van spanontwikkeling. (8)
3.4 Verduidelik die voordele om probleme saam met ander op te los. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MIKE KONSTRUKSIE (MK)
Mike Konstruksie moet ʼn nuwe biblioteek in ʼn klein landelike dorpie bou.
Die geïdentifiseerde area is ʼn groot probleem vir die dorpsgemeenskap.
Die raad van direkteure het besluit om kundiges uit te nooi om die
uitdaging aan te spreek.
3.5.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek gebruik deur Mike
Konstruksie. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
aan te haal. (3)
3.5.2 Verduidelik die betekenis van die probleemoplossingstegniek
geïdentifiseer in VRAAG 3.5.1. (6)
3.6 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer moet word. (8)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Gee DRIE voorbeelde van nie-verbale aanbiedings. (3)
4.2. Beskryf kortliks die aspekte wat in ʼn prospektus ingesluit moet word. (8)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KUNDIGE MEUBELDIENSTE (KM)
Kundige Meubeldienste verkoop hoë kwaliteit meubels en kombuis-
eenhede in Qumbu. Die vervoer van meubels na die nabygeleë dorpies
is aan Dlamini Afleweringsdienste gegee.
4.3.1 Identifiseer die manier om ʼn besigheid te verkry soos in die
scenario hierbo voorgestel. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal. (3)
4.3.2 Bespreek die voordele van die manier om ʼn besigheid te verkry
wat in VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
BESIGHEIDSROLLE
4.4 Gee DRIE voorbeelde van etiese besigheidspraktyke. (3)
4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jabu, ʼn apteker, het onlangs sy apteek oopgemaak en sy verwagtinge vir
sukses is om sy besigheid se etiese gedragkode na te kom. Jabu moet
binne die wette handel wanneer medisyne uitgereik word, beskerming van
vertroulike kliënte inligting en hulpbronne verantwoordelik gebruik met
inagneming van die omgewing.
4.5.1 Noem DRIE beginsels van professionalisme in die scenario hierbo. (3)
4.5.2 Onderskei tussen professionalisme en etiek. (4)
4.6 Beveel maniere aan hoe besighede veranderinge in die werkplek kan
hanteer. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ’n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (MANIERE OM ’N BESIGHEID TE
VERKRY EN AANBIEDINGS)
Phumlo, HUB van African Business Corporation het ʼn aanbieding gemaak
geondersteun deur visuele hulpmiddels oor hoe om ʼn konsessie (franchise) te
koop en die kontraktuele verpligtinge daarvan. Na afloop van sy aanbieding, moet
hy ʼn verslag oor die uitkoms en sukses aan die raad van direkteure skryf.
Skryf ʼn opstel waarin jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die kontraktuele implikasies van ʼn konsessie-besigheid.
Verduidelik die voordele en nadele van die verkryging van ʼn konsessie.
Bespreek hoe die aanbieder die volgende visuele hulpmiddels moet voorberei:
o Transparante
o Uitdeelstukke
o Plakkate
Beveel aan Phumlo die stappe om te volg wanneer hy ʼn verslag aan die raad
van direkteure skryf. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (STRES, KRISISBESTUUR EN KREATIEWE
DENKE)
Queen Hoender Kos (QHK) is ʼn hoenderprodusent wat 50 werknemers in diens
neem. Werknemers werk nagskof en geen vervoer of beskermingstoerusting word
aan hulle verskaf nie. Sommige werknemers het bedank en ander het verlof
geneem as gevolg van stres. QHK gebruik kreatiewe denke om die
besigheidskrisis aan te spreek om hul besigheidsprobleme op te los.
Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf ʼn opstel waarby jy die volgende
aspekte insluit:
Beskryf kortliks die oorsake van stres in die besigheidsomgewing.
Verduidelik die voordele van die gebruik van kreatiewe denke in die
werkplek.
Bespreek die belangrikheid van die hantering van stres in die werkplek.
Stel maniere voor waarop besighede krisisse in die werkplek kan hanteer. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 2020 QP

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 2020 Memo (Afr)
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum