Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
BESIGHEIDSTUDIES V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 26 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo
Grade 11 Business Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 958.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 26
This exam
Eastern Cape November 2022
- Paper 1Question paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Memo · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die
volgende te verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners
oor die hele land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak
by skole/onderwysinstellings
1. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
2. Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
• ʼn Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
• Uit ʼn ander betroubare bron kom
• Oorspronklik is
• ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
3. Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
verband hou met ʼn spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In
die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet
deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum
van twee punte.)
4. Die woord ‘Submaks.’ word gebruik om die toekenning van punte binne ʼn vraag
of subvraag te vergemaklik.
5. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maks’ in
die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.
6. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maks.’ in
die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet
in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
7. In ʼn indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
verband hou.
8. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
laasgenoemde nie duidelik is nie.
9. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met ʼn ‘H’ of ‘R’.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
10. Die verskil tussen ‘evalueer’ en ‘kritiese evaluering’ kan soos volg verduidelik
word:
10.1 Wanneer ‘evalueer’ gevra word, word daar van kandidate verwag om te
antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale (positiewe
en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: ‘COIDA verminder tyd en
koste wat spandeer word √ op lang siviele hofgedinge’. √
10.2 Wanneer ‘kritiese evaluering’ gevra word, word daar van kandidate verwag
om te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale
(positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word van
kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun met dieper
insig, bv. ‘COIDA verminder tyd en koste √ wat spandeer word op lang
siviele hofgedinge, √ want die werkgewer sal nie verantwoordelik wees om
vergoeding aan die werknemer te betaal as beserings opgedoen is tydens
werksure nie, solank as wat die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig
was nie.’ √
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op ‘analiseer’.
2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van
punte.
11. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe
werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks van
elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
11.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor, (lys
nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se antwoorde
nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal dus aan die
einde daarvan verskyn.
11.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon verskille,
differensieer, vergelyk, tabuleer, ontwerp, analiseer, evalueer, evalueer
krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing en
beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om te
verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied, sodat
eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.
12. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.
13. AFDELING B
13.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur
ʼn lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek.
LET WEL: 1. Dit is slegs van toepassing waar die getal feite
gespesifiseer word.
2. Die bogenoemde is ook van toepassing op antwoorde
in AFDELING C. (waar van toepassing)
13.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 13.1 geld steeds.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
13.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde / menings
te gee, beredeneer dit ten einde die alternatiewe antwoorde te finaliseer.
13.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
13.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat
kandidate moet ‘beskryf/bespreek/verduidelik’, kan dit soos volg
nagesien word:
• Feit 2 punte (of soos aangedui in die
nasienriglyn)
• Verduideliking 1 punt (twee punte sal in AFDELING C
toegeken word)
Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word apart in die nasienriglyn gegee om
die toekenning van punte te vergemaklik.
13.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
maksimum punte in die nasienriglyn toegeken.
13.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal
word uit 'n scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op
AFDELINGS B EN C (waar van toepassing).
14. AFDELING C
14.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Inhoud Maksimum: 32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
14.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/ Is daar ʼn inleiding, inhoud paragrawe en ʼn gevolgtrekking? 2
Uitleg
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-opskrifte 2
vertolking te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van wat gevra
word, getoon word?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een ‘A’)
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’)
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op die 2
vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’)
Waar 'n kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag met slegs relevante feite
beantwoord het, verskyn geen ‘-S’ in die linkerkantlyn
nie. Ken die maksimum van TWEE (2) punte vir
sintese toe.
Opsie 2: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag met slegs OF ʼn paar
relevante feite beantwoord het, verskyn een ‘-S’ in die
linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1) punt vir
sintese toe.
Opsie 3: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat VIER subvrae, waarvan een
subvraag van die vraag met geen relevante feite
beantwoord het, verskyn een ‘-S’ in die linkerkantlyn.
Ken ʼn maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 4: Geen relevante feite: 0 punte (Twee ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een sub-
onderwerp) van die vraag met geen relevante feite
beantwoord het nie, verskyn twee ‘-S’ in die
linkerkantlyn. Ken ʼn NULPUNT vir sintese toe.
Oorspronk- Is daar bewyse van voorbeelde gebaseer op aktuele inligting, 2
likheid huidige neigings en ontwikkelings?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal
word uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ʼn
verduideliking ondersteun word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
14.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. (‘S, A, -S en/of
O’).
14.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde
antwoord/ nasienriglyn vir elke vraag aangedui.
14.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke
onder-afdeling behaal is. Skryf ‘SUBMAKS’/’MAKS’ nadat maksimum
punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid “O”.
14.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en
punte vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese,
O – Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
14.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die
submaksimum wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde
subopskrifte gebruik nie. Onthou opskrifte en subopskrifte word
aangemoedig en dra by tot insig (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui
duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
14.8. Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
steeds punte vir uitleg/struktuur.
14.9. Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die
puntetoekenning/ subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
14.10 14.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
14.10.2 Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie
noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word
nie. Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui word,
bv. ‘Produkontwikkeling is ʼn groeistrategie, √ waar
ondernemings poog om nuwe produkte in bestaande markte
bekend te stel.’ √
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
14.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke
vraag geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D ✓✓
1.1.2 B ✓✓
1.1.3 C ✓✓
1.1.4 A ✓✓
1.1.5 C ✓✓ (5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 uitkontraktering ✓✓
1.2.2 waagkapitaal ✓✓
1.2.3 goeie ✓✓
1.2.4 regte ✓✓
1.2.5 stres ✓✓ (5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 H ✓✓
1.3.2 J ✓✓
1.3.3 F ✓✓
1.3.4 G ✓✓
1.3.5 I ✓✓ (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B
Sien slegs die EERSTE TWEE antwoorde na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Faktore wat oorweeg moet word voor die begin van ʼn besigheid
• Kultuur van die organisasie ✓
• Omgewingsveranderinge ✓
• Kliëntediens ✓
• Besigheidsgroei ✓
• Besnoeiing/Sny van kostes ✓
• Marknavorsing ✓
• Opleiding van personeel ✓
• Moontlike risikofaktore ✓
• Die bronne van natuurlike hulpmiddels ✓
• Die bronne van befondsing ✓
• Ondernemingsvorm wat deur die besigheid gebruik gaan word. ✓
• Ligging/besigheidsperseel wat gebruik gaan word. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met faktore wat
oorweeg moet word voor die begin van ʼn besigheid.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (2 x 1) (2)
2.2 Aspekte wat in die prospektus ingesluit moet word
• Oorsig van die maatskappy, insluitende die visie, missie en doelwitte van
ʼn besigheid. ✓✓
• Produk- of diensteportefeulje. ✓✓
• Markanalise en strategie ✓✓
• Bestuurspan. ✓✓
• Risiko en potensiaal van die besigheid ✓✓
• Beskikbare finansiële- en aandele-inligting ✓✓
• Maatskappy se bates en laste ✓✓
• Finansiële posisie en aangehegte sekuriteite ✓✓
• Winste en verliese met geouditeerde finansiële state ✓✓
• Kontantvloei ✓✓
• Vooruitsigte vir groei ✓✓
• Kontrakte wat onderteken is voor-inkorporasie ✓✓
• Datum van registrasie van die prospektus ✓✓
• Die minimumsubskripsie ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die aspekte wat in
die prospektus ingesluit moet word.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
2.3 Manier om ʼn besigheid te verkry
2.3.1 Konsessie ✓✓ (2)
Motivering
• Ekasi Hoender Braai is ʼn patentonderneming wat streng reëls het
oor hoe die besigheid bestuur moet word. ✓
• Die standaarde word gehandhaaf om die beeld en die naam van die
patentonderneming te beskerm. ✓
LET WEL: 1. Sien slegs die EEN (1) na. (1)
2. Geen punte word vir die motivering toegeken
indien die manier om ʼn besigheid te verkry
verkeerd geïdentifiseer is nie.
Maks. (3)
2.3.2 Kontraktuele implikasies van ʼn konsessie
• Die konsessie-gewer en die konsessie-nemer moet ʼn konsessie-
ooreenkoms onderteken ✓ wat op beide partye wetlik bindend is. ✓
• Openbaarmakingsdokument bevat belangrike finansiële inligting ✓/
besonderhede rakende die struktuur van die konsessie. ✓
• Die konsessie-nemer moes ʼn vertroulikheidsklousule onderteken ✓
om belangrike inligting van mededingers te beskerm. ✓
• Tantieme is betaalbaar in plaas van die deurlopende gebruik van die
intellektuele eiendom ✓ en konsessiefooi wat betaal word om die
lisensie of konsessie te bekom. ✓
• Die konsessie-nemer dra gereeld ʼn vaste bedrag/vaste persentasie
van die omset by ✓ tot die bevordering en advertensie van die
konsessiebedrywighede. ✓
• Opleiding en operasionele ondersteuning ✓ wat deur die konsessie-
nemer verskaf word. ✓
• Verpligting van ʼn konsessiegewer is die bestuur en ontwikkeling van ʼn
konsessie ✓ terwyl die konsessienemer die konsessie in
ooreenstemming met die ooreenkoms moet bedryf. ✓
• Beëindigingsklousule bevat die bepalings wat die konsessie-gewer die
reg gee om die ooreenkoms te kanselleer ✓ as die konsessienemer
nie in ooreenstemming met die bedrywighede optree nie. ✓
• Konsessie kan verkoop/oorgedra word ✓ met toestemming van ʼn
konsessiegewer. ✓
• Die lisensiëring van intellektuele eiendom ✓ (handelsmerk, patente,
logo’s) aan die konsessie-nemer word beheer deur die konsessie-
gewer. ✓
• Die oorspronklike tydperk van die konsessie ✓ en enige
hernuwingsregte. ✓
• Die beleide wat die produk ✓ or diens beheer. ✓
• Die aard ✓ en omvang van die regte verleen aan die
konsessiehouer. ✓
• Die ondernemingsvorm ✓ waaronder die konsessie sal funksioneer. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die kontraktuele implikasies
van ʼn konsessie-besigheid verband hou.
LET WEL: Aanvaar relevante feite indien die manier om ʼn
besigheid te verkry verkeerdelik geïdentifiseer was as ʼn
antwoord in VRAAG 2.3.1. Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.4 Voorbereiding van uitdeelstukke as ʼn visuele hulpmiddel
• Struktureer die inligting ✓ in ʼn logiese volgorde. ✓
• Gebruik leesbare skrif ✓ en lettergrootte. ✓
• Kies prente ✓ wat die boodskap van die aanbieding ondersteun. ✓
• Maak seker daar is ✓ geen taal-/spelfoute nie. ✓
• Gebruik helder kleure ✓ om sigbaarheid te verhoog. ✓
• Vermy die gebruik van ✓ besige rande, verskillende lettertipes en te veel
verskillende kleure. ✓
• Beperk die inligting aangesien uitdeelstukke ✓ nie onnodige inligting moet
bevat nie. ✓
• Laat ʼn leë bladsy aan die einde van die uitdeelstuk ✓ sodat die gehoor
bykomende aantekeninge tydens die aanbieding kan maak. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe aanbieders
uitdeelstukke as ʼn visuele hulpmiddel moet voorberei.
Maks. (4)
2.5 Gantt-grafiek
PERSOON
AKTIWITEIT WEEK 1 WEEK 2 WEEK 3
VERANTWOORDELIK
Aanvangskapitaal ✓ Claude en Claudia ✓
insamel ✓
Registreer CCO as ʼn ✓ Claudia ✓
persoonlike
aanspreeklikheids-
maatskappy ✓
Vind ʼn geskikte ✓ Claude ✓
besigheidsperseel ✓
Sub-maks. (3) Sub-maks. (3) Sub-maks. (3)
Maks. (9)
2.6 Redes hoekom besighede finansiering benodig
• Dek die aanvangskoste ✓ insluitend perseel / masjinerie / grondstowwe
ens. ✓
• Vir die bestuur van die besigheid ✓ en om genoeg geld hê om werknemers /
verskaffers van grondstowwe, ens. te betaal. ✓
• Betaal vir insetkoste ✓ soos lone, telefoon en ander uitgawes. ✓
• Uitbreiding van die besigheid ✓ namate die bestellings/verkope toeneem en
groter persele gevestig moet word. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes hoekom
besighede finansiering benodig. Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 11
2.7 Strategieë om te verseker dat besighede winsgewend en volhoubaar bly
• Deeglike beplanning elke keer as nuwe besluite en ontwikkeling
plaasvind. ✓✓
• Goeie bestuur van finansies deur verstandige besluit oor besteding. ✓✓
• Doeltreffende bestuur van skaars hulpbronne, bv. geld, toerusting,
personeel, ens. ✓✓
• Doeltreffende bestuur van werknemers deur middel van spanbou, goeie
interpersoonlike verhouding en goeie konflikoplossing. ✓✓
• Handhaaf ʼn soliede kliëntebasis deur kliënte te lok en te behou. ✓✓
• Tree eties en sosiaal verantwoordelik op waar produkpryse billik en
omgewingsvriendelik is. ✓✓
• Monitering van die eksterne en interne omgewing om bewustheid van
bedreigings en geleenthede te skep. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategieë wat
besighede kan gebruik om te verseker dat hulle winsgewend en
volhoubaar bly. Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 2
2.2 6
2.3.1 3
2.3.2 4
2.4 4
2.5 9
2.6 6
2.7 6
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Oorsake van stres in die besigheidsomgewing
• Werk-oorlading/onrealistiese teikens ✓
• ʼn Gebrek aan mag of invloed met geen gesag in hul werk nie. ✓
• Lang werksure/verlengde/baie vreemde werksure. ✓
• Swak ontwerpte verskuiwingstelsels/verandering in die organisatoriese
struktuur, beleid, proses/prosedures. ✓
• Gebrek aan finansies, menslike hulpbronne/fisiese hulpbronne. ✓
• Veranderinge in posbeskrywing ✓
• Konfrontasies en konflik of probleme as gevolg van ʼn gebrek aan
kommunikasie. ✓
• Gebrek aan deelname in besluitneming ✓
• Onvoldoende opleiding ✓
• Enige ander relevante antwoorde wat met die oorsake van stres in die
werksomgewing verband hou.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na. (Enige 3 x 1) (3)
3.2 Groot veranderinge vanuit gegewe stellings
3.2.1 Regstellende aksie ✓✓
3.2.2 Globalisering ✓✓ (4)
3.3 Probleemoplossing
3.3.1 Delphi-tegniek ✓✓ (2)
Motivering
GW het kundiges versoek om maniere voor te stel hoe om hul
besigheidsprobleem op te los. ✓ (1)
LET WEL: Geen punte word vir die motivering toegeken indien
die probleemoplossingstegniek verkeerd
geïdentifiseer is nie.
Maks. (3)
3.3.2 Toepassing van die Delphi-tegniek
• Besighede moet ʼn paneel van kenners nooi ✓ om die klagtes van
klante te ondersoek. ✓
• Kenners hoef nie in een plek te wees nie, ✓ en sal individueel
gekontak word. ✓
• Ontwikkel ʼn vraelys met vrae oor hoe om die gehalte van hul
produkte te verbeter ✓ en versprei/stuur dit aan die paneellede/
kenners. ✓
• Versoek die paneel om individueel te reageer op die vraelys ✓ /
verbeteringe aan die produkte voor te stel en dit aan die besigheid
terug te stuur. ✓
• Som die antwoorde/reaksies van die kenners ✓ op in ʼn
terugvoeringsverslag. ✓
• Stuur die terugvoeringsverslag en ʼn tweede stel vrae/vraelys ✓
gebaseer op die terugvoeringsverslag, aan die paneellede. ✓
• Versoek die paneellede om verdere insette/idees te gee ✓ om die
gehalte van produkte nadat hulle die resultate/dokumentasie
bestudeer het. ✓
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 13
• Stuur ʼn derde vraelys ✓ gebaseer op terugvoering van die tweede
rondte. ✓
• Stel ʼn finale opsomming/terugvoeringsverslag saam wat al die
metodes bevat ✓ waarop die gehalte van produkte verbeter kan
word. ✓
• Die besigheid behoort die beste oplossing/voorstel te kies, ✓ nadat
hulle konsensus bereik het. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing
van die Delphi-tegniek om besigheidsprobleme op te los.
LET WEL: Aanvaar relevante feite indien die problem-oplossings-
tegniek verkeerdelik geïdentifiseer was as ʼn antwoord
in VRAAG 3.3.1. Maks. (4)
3.3.3 Voordele om probleme saam met ander op te los
• Die probleem kan vinniger en makliker opgelos word ✓ deur saam met
ander te werk. ✓
• Werkslading neem af ✓ as almal hul deel doen. ✓
• Meer idees kan gegenereer word ✓ wat die kans verhoog om die beste
oplossings te vind. ✓
• Blootstelling aan ander mense se denkpatrone ✓ en aan die manier
waarop ander probleme benader. ✓
• Stel spanlede in staat om van ander te leer ✓ en hul standpunte te
aanvaar. ✓
• Groter resultate ✓ kan behaal word. ✓
• Spanlede het toegang ✓ tot ʼn breër basis van kennis, vaardighede en
kundigheid. ✓
• Die probleem word vanuit verskillende perspektiewe bekyk ✓ wat tot
beter/meer uiteenlopende insette lei. ✓
• Probleme word in meer detail ontleed ✓ wat tot ʼn beter begrip van die
probleem lei. ✓
• Bevorder kreatiewe denke en generering van idees ✓ deur aan soveel
moontlike idees te dink om probleme op te los. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele
daarvan om saam met ander probleme op te los.
Maks. (4)
3.4 Belangrikheid van hantering van stres
• Konflik en interpersoonlike probleme kan vermy word, ✓ as stres by die
werkplek hanteer word. ✓
• As stres nie effektief hanteer word nie, kan dit buite beheer raak ✓ en
gesondheidskwessies by personeel veroorsaak. ✓
• Gestresde werknemers is meer geneig om werk te mis, ✓ beide as ʼn manier
om dit te hanteer en as gevolg van gesondheidsverwante probleme. ✓
• Die hantering van stres sal afwesigheid ✓ bekamp ten einde produktiwiteit in
die werkplek te handhaaf. ✓
• Werkers wat aan stres ly, toon dikwels swak oordeel in krisis- of
noodsituasies, ✓ en dit kan vermy word deur stres te hanteer/bestuur. ✓
• Griewe of klagtes wat tot personeelomset lei, kan aangespreek word ✓ as
stres goed hanteer/bestuur word. ✓
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
• As gestresde en moeë werknemers die publiek bedien, kan dit tot swak diens
en ontevrede kliënte lei ✓ en dit kan reggestel word deur streshantering. ✓
• Gestresde werknemers hou meer vas aan die ou maniere om dinge te
doen ✓ deur verandering teen te staan en dit kan deur behoorlike hantering
van stres beheer word. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die belangrikheid van die hantering
van stres in die werkplek verband hou. Maks. (4)
3.5 Stadiums van spanontwikkeling
3.5.1 Stadiums van spanontwikkeling vanuit gegewe scenario
STADIUMS VAN MOTIVERINGS
SPANONTWIKKELING
1. Vorming ✓✓ In die eerste week het hul inligting ingesamel
oor die take wat hulle gaan uitvoer. ✓
2. Prestasie/Werkverrigting/ Kort daarna was al die werknemers
Werk as ʼn span na ʼn bekwaam en in staat om die besluitnemings-
doel ✓✓ proses sonder toesig te hanteer. ✓
Sub-maks. (4) Sub-maks. (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) stadiums na.
2. Ken punte toe vir die stadium van spanontwikkeling
selfs al is die aanhaling onvolledig.
3. Geen punte word vir die motivering toegeken indien
die stadium van spanontwikkeling verkeerd
geïdentifiseer is nie.
Maks. (6)
3.5.2 Ander stadiums van spanontwikkeling
Storm/Bestorming ✓✓
• Spanne gaan deur ʼn tydperk van ongemak/konflik ✓ na vorming. ✓
• Verskillende idees van spanlede sal meeding ✓ vir oorweging. ✓
• Spanlede maak oop teenoor mekaar ✓ en konfronteer mekaar se idees
/ perspektiewe. ✓
• Spanning/stryd/argumente vind plaas en ontstel die spanlede, ✓ daar
mag ʼn magstryd wees vir die posisie van spanleier. ✓
• In sommige gevalle kan storming vinnig opgelos word, ✓ in ander
gevalle verlaat die span nooit hierdie stadium nie. ✓
• Baie spanne misluk gedurende hierdie stadium ✓ aangesien hulle nie
op hul taak gefokus is nie. ✓
• Hierdie fase kan vernietigend vir die span wees/sal negatiewe impak op
spanprestasie hê ✓ indien dit buite beheer raak. ✓
• Hierdie stadium is nodig/belangrik ✓ vir die groei van die span. ✓
• Sommige spanlede verdra mekaar ✓ om hierdie stadium te oorleef. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met storm/bestorming as ʼn
stadium van spanontwikkeling verband hou.
Stadium (2)
Verduideliking (2)
Sub-maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 15
Normering/Skikking/Versoening ✓✓
• Spanlede kom ooreen ✓ en bereik konsensus. ✓
• Rolle en verantwoordelikhede is duidelik ✓ en word aanvaar. ✓
• Prosesse/werkstyl en respek ontwikkel ✓ onder lede. ✓
• Spanlede het die ambisie om te werk ✓ vir die sukses van die span. ✓
• Konflik kan voorkom ✓ maar toewyding en eenheid is sterk. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met normering/skikking/
versoening as ʼn stadium van spanontwikkeling verband hou.
Stadium (2)
Verduideliking (2)
Sub-maks. (4)
Ontbinding/Treurtydperk ✓✓
• Die fokus is op die voltooiing ✓ van die taak/afsluiting van die projek. ✓
• Die ontbinding van die span kan traumaties wees, ✓ omdat spanlede
dit moeilik mag vind om weer as individue te funksioneer. ✓
• Alle take moet voltooi word ✓ voordat die span finaal uitmekaar kan
gaan. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met ontbinding/treurtydperk as ʼn
stadium van spanontwikkeling verband hou.
Stadium (2)
Verduideliking (2)
Sub-maks. (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. Maks. (8)
3.6 Maniere waarop werknemers stres in die werkplek kan hanteer
• Ontwikkel selfbewustheid om die tekens van stres en die oorsake daarvan te
herken. ✓✓
• Skep ʼn gebalanseerde leefstyl en verminder uiterste emosies. ✓✓
• Oefen gereeld en bly fiks. ✓✓
• Volg ʼn gebalanseerde dieet. ✓✓
• Kry genoeg slaap en ontspanning. ✓✓
• Vervang negatiewe selfspraak deur positiewe gedagtes. ✓✓
• Pas goeie tydsbestuursvaardighede toe. ✓✓
• Stel persoonlike realistiese doelwitte en teikens. ✓✓
• Aanvaar dinge wat nie kan verander nie en fokus op dinge wat kan beheer
word. ✓✓
• Beoefen tydsbestuur. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
werknemers stres in die werkplek kan hanteer. Maks. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 3
3.2 4
3.3.1 3
3.3.2 4
3.3.3 4
3.4 4
3.5.1 6
3.5.2 8
3.6 4
TOTAAL 40
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Tipes geskrewe inligting
• Besigheidsverslae ✓
• Besigheids-/Sakeplanne ✓
• Inligtingsverslae ✓
• Analitiese verslae ✓
• Advertensies ✓
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na. (Enige 3 x 1) (3)
4.2 Stappe in projekbeplanning
• Definieer die omvang van die plan wat gedoen moet word. ✓✓
• Identifiseer projekondersteuners. ✓✓
• Verdeel die projek in aktiwiteite. ✓✓
• Stel tydraamwerke op en bepaal hoe lank elke aktiwiteit neem. ✓✓
• Stel mylpaalteikens, bv. wat is die hoof voltooiingspunt? ✓✓
• Bepaal die aanspreeklikheid/persoon wat vir die besluit verantwoordelik
is. ✓✓
• Bereken die finansiële, menslike/tegniese hulpbronne wat benodig sal
word. ✓✓
• Teken die aktiwiteitskedule op ʼn Gantt-grafiek aan. ✓✓
• Voer die projekplan uit. ✓✓
• Monitor vordering. ✓✓
• Kommunikeer en hersien die vordering van die projek. ✓✓
• Hou rekords van alle aktiwiteite ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die stappe in projekbeplanning
verband hou. Maks. (6)
4.3 Suksesfaktore
4.3.1 Sleutel suksesfaktore vanuit die scenario
• Klantebasis ✓
• Volhoubaarheid ✓
• Uniekheid van die klere wat hy ontwerp ✓
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na. (Enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 17
4.3.2 Areas van verbetering
• TMO moet voorstellehouers gebruik om voorstelle van personeel en
kliënte te ontvang. ✓✓
• Ontwikkel hersieningsvorms. ✓✓
• Laai webwerfkommentaar op vir terugvoering van kliënte. ✓✓
• TMO moet op terugvoering van kliënte reageer. ✓✓
• Gereelde sessie om die visie, besigheidstruktuur en dienslewering
te hersien. ✓✓
• Hou tred met die veranderende omgewing. ✓✓
• Ondersoek en kategoriseer mededingers. ✓✓
• Stel doelwitte met redelike mylpale en tydlyne. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die moontlike areas van
verbetering verband hou. Maks. (4)
4.4 Redes hoekom entrepreneurs mag besluit om ʼn bestaande besigheid te
koop
• Makliker om befondsing te bekom ✓ indien die besigheid ʼn goeie
geskiedenis/beeld het. ✓
• Daar is onmiddellike kontantvloei ✓ omdat daar reeds gevestigde klante
is. ✓
• Marknavorsing is alreeds gedoen ✓ en daar is ʼn bestaande klantebasis. ✓
• Daar is bestaande reëlings ✓ vir verspreiding van voorraad en personeel/
gevestigde netwerke/ervare personeel. ✓
• Die mark vir besigheidsprodukte of dienste ✓ is alreeds tot stand. ✓
• Bestaan/huidige werknemers en bestuurders het ondervinding ✓ wat hulle
van deel. ✓
• Baie besigheidsprobleme ✓ is alreeds opgelos. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes hoekom ʼn
entrepreneur mag besluit om ʼn bestaande besigheid te koop. Maks. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Voorbeelde van etiese besigheidspraktyke
• Gebruik van billike advertensies ✓
• Nie kinderarbeid te gebruik nie ✓
• Alle werknemers gelyk te behandel ✓
• Billike lone/salarisse te betaal ✓
• Binne die wet sake te doen ✓
• Besigheidstransaksies word openlik gedoen ✓
• Nie betrokke te raak by onwettige sakepraktyke nie ✓
• Om te verseker dat die omgewing nie besoedel word nie. ✓
• Die aanneming van goeie etiese gedragkode. ✓
• Stigting van korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsinisiatiewe. ✓
• Moedig werknemers aan om etiese gedrag aan te neem. ✓
• Kliënte en werknemers se inligting word nie bekend gemaak/gebruik tot
voordeel van die besigheid nie. ✓
• Aandeelhouers en werknemers se persoonlike belange en sakebelange
bots nie met mekaar nie. ✓
• Enige ander relevante antwoorde wat met voorbeelde van etiese
besigheidspraktyke verband hou.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (Enige 4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
4.6 Konflik
4.6.1 Betekenis van konflik
• Botsing van opinies/idees/standpunte ✓ in die werkplek. ✓
• Meningsverskille ✓ tussen twee of meer partye in die werksplek. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die betekenis van konflik
verband hou. Maks. (4)
4.6.2 Oorsake van konflik
• Gebrek aan behoorlike kommunikasie ✓ tussen bestuur en
werkers. ✓
• Ignorering van reëls/prosedures ✓ kan tot meningsverskille en
konflik lei. ✓
• Bestuur en/of werkers ✓ kan verskillende persoonlikhede/
agtergronde hê. ✓
• Verskillende waardes/kennisvlakke/vaardighede/ondervinding ✓
van bestuur/werkers. ✓
• Min/Geen samewerking ✓ tussen interne en/of eksterne partye/
rolspelers nie. ✓
• Gebrek aan erkenning vir goeie werk, ✓ bv. ʼn bestuurder wat nie
waardering toon vir ekstra ure gewerk om spertye te haal nie. ✓
• Gebrek aan werknemerontwikkeling ✓ kan frustrasievlakke verhoog,
omdat werkers foute weens ʼn gebrek aan kennis/vaardighede kan
herhaal. ✓
• Onbillike dissiplinêre prosedures, ✓ bv. begunstiging/nepotisme. ✓
• Min/Geen ondersteuning van bestuur ✓ ten opsigte van die
verskaffing van hulpbronne en die nodige riglyne nie. ✓
• Leierskapstyle toegepas, ✓ bv. outokratiese bestuurders kan dalk
nie werkers se insette in ag neem nie. ✓
• Onrealistiese spertye/Druk werkladings ✓ lei tot stres wat konflik tot
gevolg het. ✓
• Nie-eenstemmigheid oor gemeenskaplike sake, ✓ bv. vergoeding/
werksure. ✓
• Ongesonde mededinging/Interspanwedywering ✓ kan veroorsaak
dat werkers hul fokus op spandoelwitte verloor. ✓
• Gebrek aan toewyding/Afleiding deur persoonlike doelwitte ✓ kan
lei tot ʼn onvermoë om voorafbepaalde teikens te bereik. ✓
• Konstante veranderinge ✓ veroorsaak onstabiliteit. ✓
• Gebrek aan duidelikheid ✓ oor werknemers se rolle en
verantwoordelikhede. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met oorsake van konflik in die
werkplek verband hou. Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 19
4.7 Maniere waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe denke in
die werkplek stimuleer
• Besighede moet die belangrikheid van kreatiewe denke beklemtoon deur te
verseker dat alle personeellede weet dat hulle idees gehoor sal word. ✓✓
• Moedig personeel aan om met nuwe idees/opinies/oplossings vorendag te
kom. ✓✓
• Moedig posuitruilings binne die organisasie aan/bestudeer hoe ander
besighede dinge doen. ✓✓
• Moedig alternatiewe maniere van werk/dinge doen aan. ✓✓
• Reageer entoesiasties op alle idees en laat niemand minderwaardig voel
nie. ✓✓
• Beloon kreatiwiteit deur beloningskemas vir spanne/individue wat kreatiewe
idees voorstel. ✓✓
• Skep ʼn werksomgewing wat kreatiwiteit bevorder met min afleidings-
middels. ✓✓
• Maak tyd vir dinkskrumsessies om nuwe idees te genereer, bv. gereelde
werkswinkels/opvolgsessies om op mekaar se idees uit te brei. ✓✓
• Plaas voorstelhouers op verskeie plekke in die werkplek en hou
kommunikasiekanale vir nuwe idees oop. ✓✓
• Lei personeel in innoverende tegnieke/kreatiewe probleemoplossings-
vaardighede/geheuekaarte/laterale denke op. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek
stimuleer. Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 3
4.2 6
4.3.1 3
4.3.2 4
4.4 4
4.5 4
4.6.1 4
4.6.2 6
4.7 6
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING C
Sien slegs die EERSTE antwoord na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME EN
AANBIEDING)
5.1 Inleiding
• Die stigting van ʼn maatskappy behels uitgerekte prosedures en voltooiing
van baie dokumente aan die Registrateur van Maatskappye. ✓
• Die sakepersoon moet alle ondernemingsvorme ondersoek in die lig van
sy behoeftes en situasies. ✓
• Maatskappye is regspersone, en die stigting daarvan is as gevolg van
wetgewing. ✓
• Die Maatskappywet gee die reg vir die naam, simbool in enige taal aan die
maatskappy. ✓
• Dit is belangrik vir die aanbieder om bewus te wees van alle moontlike
slaggate wat by die voorbereiding van ʼn aanbieding kan plaasvind. ✓
• Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die stigtingsprosedures
van maatskappye/voordeel van die stigting van ʼn maatskappy teenoor
ander ondernemingsvorme/wetlike vereistes van die naam van die
maatskappy / faktore ter voorbereiding van ʼn aanbieding oorweeg.
(Enige 2 x 1) (2)
5.2 Stigtingsprosedures van maatskappye
• Bepaal die minimum aantal mense wat ʼn maatskappy kan stig. ✓✓
• Reservering van die maatskappynaam met die Registrateur van
Maatskappye, KMIE KOR9.4 met betaling van gelde. ✓✓
• Die opstel van ʼn Akte van Oprigting wat die regte, pligte en
verantwoordelikhede van aandeelhouers / aard van die maatskappy /
sekuriteite / vergaderings / direkteure aandui. ✓✓
• Indiening van ʼn Kennisgewing van Inkorporasie om ʼn besigheid te
begin/finansiering te bekom. ✓✓
• Die maatskappy moet ʼn bankrekening oopmaak en met die Suid-
Afrikaanse Inkomstediens (SAID) registreer. ✓✓
• Registreer vir werkloosheidsversekering (WVF) by die Departement van
Arbeid. ✓✓
• Registreer by die Kommissaris van Vergoeding vir Beroepsbeserings en –
siektes (KVBS) (‘COIDA’) vir die beskerming van beserings by die
werk. ✓✓
• Stel ʼn prospektus op om die beleggers in te lig oor die maatskappy en
aandele wat beskikbaar is. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die stigtings-prosedure van
maatskappye verband hou. Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 21
5.3 Voordele van die stigting van ʼn maatskappy teenoor ander
ondernemingsvorme
Wetlike status en aanspreeklikheid
• Maatskappye is as ʼn regspersoon ✓ anders as eenmansaak en
vennootskap geregistreer. ✓
• Die private bates van aandeelhouers word beskerm omdat hulle beperkte
aanspreeklikheid het ✓ met die uitsondering van maatskappye met
persoonlike aanspreeklikheid, eenmansaak en vennootskap. ✓
• Aandeelhouers het geen direkte regsverantwoordelikheid nie, ✓ slegs die
geld wat hulle belê het. ✓
• Maatskappye besit hul eie name ✓ en word beskerm, anders as ʼn
eenmansaak en vennootskap. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met wetlike status en aanspreeklikheid
van ʼn maatskappy verband hou.
Sub-maks. (4)
Kapitaal en kontantvloei
• ʼn Maatskappy kan meer beleggers lok ✓ om langtermyn groeigeleenthede
te finansier. ✓
• Maatskappye het ʼn beter kontantvloei ✓ as alleenhandelaars en
vennootskappe. ✓
• ʼn Maatskappy is nie beperk tot die individuele bydrae van die lede se
kapitaal, ✓ soos in die geval van ʼn eenmansaak nie. ✓
• Direkteure hoef nie persoonlike lenings uit te neem om die besigheid te
laat groei nie; ✓ aandele kan eerder as geldeenheid gebruik word. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met kapitaal en kontantvloei van ʼn
maatskappy verband hou.
Sub-maks. (4)
Eienaarskap en bestuur
• Aandeelhouers kan aandele in ʼn publieke maatskappy ✓ vrylik koop en
verkoop. ✓
• Die maatskappy word deur ʼn gekwalifiseerde ✓ en bekwame raad van
direkteure bestuur ✓
• Dit is minder waarskynlik dat ʼn maatskappy konsultante gebruik, ✓
aangesien dit oor ʼn groter aantal vaardighede en kundigheid beskik. ✓
• Direkteure neem meer risiko’s ✓ en laat groei-geleenthede vir die
besigheid toe. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met eienaarskap en bestuur van ʼn
maatskappy verband hou.
Sub-maks. (4)
Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
5.4 Wetlike vereistes van die naam van ʼn maatskappy
• Die naam van ʼn maatskappy moet oorspronklik wees ✓ en moet ook nie
misleidend wees nie. ✓
• ʼn Maatskappy se naam moet op alle maatskappydokumente verskyn, ✓
bv. op briefhoofde. ✓
• Om ʼn naam vir ʼn maatskappy te reserveer, is die eerste stap om ʼn
maatskappy te registreer, ✓ maar dit is nie verpligtend nie. ✓
• Name kan vir 'n tydperk van 6 maande gereserveer word ✓ deur die
CIPC. ✓
• Die naam moet nie eenders/soortgelyk as ✓ enige ander maatskappy s’n
wees nie behalwe as dit ʼn groep is. ✓
• Die naam moet nie vir ʼn persoon impliseer/voorstel/mislei ✓ om te glo dat
die maatskappy deel is van ʼn ander persoon/besigheid/die staat/regering
nie. ✓
• Die naam moet nie aanstoot gee/geweld/haat bevorder ✓ of skade
berokken nie. ✓
• Die naam moet nie verkort ✓ en vertaal word nie. ✓
• Die naam van ʼn maatskappy moet die tipe maatskappy soos volg aandui:
• Die naam van ʼn maatskappy moet eindig met ✓ NPC/Bpk./(Edms.) Bpk./
PLC/SOC. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die wetlike vereistes van die
naam van ʼn maatskappy verband hou. Maks. (12)
5.5 Faktore te oorweeg ter voorbereiding van ʼn aanbieding
• Duidelike voorneme/bedoelings/doelstellings en hoofpunte van die
aanbieding moet bepaal word. ✓✓
• Hoofpunte in die inleiding en openingstelling van die aanbieding
saamgevat. ✓✓
• Inligting aangebied behoort relevant en akkuraat te wees. ✓✓
• Ten volle vertroud wees met die inhoud of doelstellings van die
aanbieding. ✓✓
• Agtergrond/Diversiteit/Grootte/Voorkennis van die gehoor om te bepaal
watter visuele hulpmiddele toepaslik sal wees. ✓✓
• Berei ʼn rowwe konsep van die aanbieding voor met logiese struktuur/
formaat/inleiding, lyf en slot/samevatting. ✓✓
• Slot/Samevatting toon ʼn opsomming van die sleutelfeite aan en hoe dit
aanpas by die doelstellings/toon dat alle aspekte aangespreek is. ✓✓
• Ontwerp/Ontwikkel/Skep visuele hulpmiddele wat inligting/feite wat aan
die gehoor oorgedra moet word, sal saamvat/konsolideer. ✓✓
• Verkry inligting oor die plek waar die aanbieding gaan plaasvind, bv. watter
toerusting beskikbaar/toepaslik is/beskikbaarheid van kragopwekkers om
tydens kragonderbrekings/beurtkrag te gebruik. ✓✓
• Oorweeg die tydraamwerk vir die aanbieding, bv. vyftien minute beskikbaar
vir die aanbieding. ✓✓
• Oefen/Repeteer om ʼn selfversekerde aanbieding te verseker/om tyd
doeltreffend te gebruik. ✓✓
• Berei vir die terugvoeringsessie voor, deur moontlike vrae/kommentaar te
voorspel/daarvoor voorsiening te maak. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die faktore wat oorweeg moet
word ter voorbereiding van hul aanbieding verband hou.
Maks. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 23
5.5 Gevolgtrekking
• ʼn Maatskappy word ʼn regspersoonlikheid vanaf die dag en datum dat die
inkorporasie geregistreer en deur die handtekening van die MOI in werking
gestel is. ✓✓
• ʼn Maatskappy kan enige tyd meer aandeelhouers in bring indien dit meet
kapitaal benodig. ✓✓
• Die naam van ʼn maatskappy kan simbole insluit en kan in enige taal
wees. ✓✓
• Doeltreffende aanbieding van sake-inligting is een van die belangrikste
elemente van kommunikasie met verskillende belanghebbendes. ✓✓
• Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die
stigtingsprosedures van maatskappye/voordeel van die stigting van ʼn
maatskappy teenoor ander ondernemingsvorme/wetlike vereistes van die
naam van die maatskappy / faktore oorweeg ter voorbereiding van ʼn
aanbieding. (Enige 1 x 2) (2)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Stigtingsprosedures van
maatskappye 12
Voordele van die stigting van ʼn
maatskappy teenoor ander
ondernemingsvorme: 12 Maks.
o Wetlike status en 32
aanspreeklikheid
o Kapitaal en kontantvloei
o Eienaarskap en bestuur
Wetlike vereistes van die naam
van ʼn maatskappy 12
Faktore te oorweeg ter
voorbereiding van ʼn aanbieding 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
Sintese 2 8
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (PROFESSIONALISME EN ETIEK)
6.1 Inleiding
• Professionalisme en etiek beteken dat die hoogste regs- en morele
standaarde gehandhaaf moet word wanneer daar met belanghebbendes
omgegaan word. ✓
• Etiese en professionele gedrag beteken dat die hoogste regs- en morele
standaarde gehandhaaf moet word wanneer daar met rolspelers
omgegaan word. ✓
• Baie instellings in Suid-Afrika het hulle eie gedragkode en verbintenis tot
eties en professionele gedrag. ✓
• Besighede wat professionele, verantwoordelike en etiese sakepraktyke
aanvaar, sal winsgewend/volhoubaar bly oor ʼn lang tydperk. ✓
• Enige ander relevant inleiding wat verband hou met professionalisme en
etiek/beginsels van professionalisme/verskillende perspektiewe van etiek/
maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
besigheidspraktyke uitgevoer moet word. (Enige 2 x 1) (2)
6.2 Verskille tussen professionalisme en etiek
PROFESSIONALISME ETIEK
• Stel van standaarde ✓ vir • Voldoen aan ʼn stel waardes ✓ wat
verwagte gedrag. ✓ moreel aanvaarbaar is. ✓
• Vorm deel van werknemers se • Vorm deel van ʼn gedragskode ✓
gedragskode ✓ om werknemers om werknemers te lei om eties op
te lei om professioneel op te te tree. ✓
tree. ✓
• Fokus op die behoud van die • Fokus is op die ontwikkeling van ʼn
reputasie ✓ van die besigheid/ morele kompas ✓ om in
professie. ✓ besluitneming te gebruik. ✓
• Sluit riglyne ✓ vir werknemers se • Behels die volg van beginsels vir
voorkoms/kommunikasie/houding/ reg / verkeerd ✓ in besigheids-
verantwoordelikheid, ✓ ens. aktiwiteite/-praktyke/-
onderhandelings. ✓
• Aangewend tot voordeel ✓ van • Aanvaarbaar ✓ vir die samelewing
die werknemers/individue. ✓ / groep/ gemeenskap. ✓
• Toepassing van ʼn gedragskode ✓ • Vorm deel van die werknemers ✓
van ʼn professie / besigheid. ✓ se gedragkode. ✓
• Enige ander relevante antwoord • Enige ander relevante antwoord
wat met professionalisme wat met etiek verband hou.
verband hou.
Sub-maks. (6) Sub-maks. (6)
LET WEL: 1. Die antwoorde hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die onderskeid hoef nie verbind te wees nie, maar moet
duidelik wees.
3. Ken ʼn maksimum van SES (6) punte toe, indien die
onderskeid nie duidelik is nie/Sien slegs of
professionalisme of etiek na. Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V2 25
6.3 Beginsels van professionalisme
• Werknemers moet hulself en die waardigheid en regte van andere
respekteer, ✓ bv. respekteer ander tale/kulture. ✓
• Respekteer die beeld van die onderneming/jou beroep ✓ bv. voldoen aan
die kleredragreëls van die onderneming/professie. ✓
• Tree op met integriteit/eerlikheid/betroubaarheid ✓ bv. hou by werksure,
selfs al is geen ander werkers teenwoordig nie/moenie die onderneming
se bronne vir eie gewin misbruik nie. ✓
• Wees toegewyd aan kwaliteit ✓ en gebruik jou vaardighede en kennis tot
voordeel van die onderneming/breë gemeenskap. ✓
• Voldoen aan vertroulikheidsmaatreëls ✓ deur nie sensitiewe inligting oor
klante/onderneming bekend te maak nie. ✓
• Bly objektief, tree regverdig op teenoor almal ✓ sonder om kant te kies of
bevooroordeeld te wees. ✓
• Verbeter voortdurend/ontwikkel jou vaardighede en kennis ✓ bv. woon
opknappingskursusse en seminare by. ✓
• Deel jou kennis en ondervinding deur tyd aan junior personeellede te
bestee ✓ bv. opheffing/bemagtiging van andere. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die beginsels van
professionalisme verband hou. Maks. (14)
6.4 Verskillende perspektiewe van etiek
• Daar is sekere universele etiese beginsels soos menseregte ✓ maar dit
verskil volgens kultuur/godsdiens ens. ✓
• Daar is geen absolute reg of verkeerd as dit by etiek kom nie ✓ aangesien
samelewings oor aanvaarbare gedrag besluit. ✓
• Verskillende kulture ✓ het verskillende gedragsreëls. ✓
• Sommige mense glo dat die kloning van diere of mense inmeng met die
natuur, ✓ terwyl ander meen dat kloning dui op wetenskaplike vooruitgang en
mediese hoop. ✓
• Sommige glo dat belastingontduiking verkeerd is, ✓ terwyl ander
belastingontduiking as kreatiewe boekhouding beskou. ✓
• Die opstel van etiese kode, ✓ moet besighede in ooreenstemming wees
met die menseregte en die wet. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met verskillende perspektiewe op
etiek verband hou. Maks. (10)
6.5 Maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
besigheidspraktyke uitgevoer moet word
• Besighede behoort alle werknemers gelyk te behandel. ✓✓
• Beplan deeglik en stel voorkomende maatreëls in plek. ✓✓
• Betaal billike lone/salarisse wat ooreenstem met die minimumvereistes van
die WBDV/Vergoed werknemers vir oortyd/werk op openbare
vakansiedae. ✓✓
• Raak betrokke by omgewingsbewustheidsprogramme/Vermy besoedeling
van die omgewing, bv. deur wettige maniere te gebruik om van
giftige/skadelike afval ontslae te raak. ✓✓
• Vermy die stigting van 'n besigheid deur ander besighede se idees te
gebruik wat deur wetgewing beskerm word. ✓✓
• Besigheidsbesluite en -aksies moet duidelik/deursigtig wees vir alle
belanghebbendes. ✓✓
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2022)
• Besighede behoort verantwoordbaar/verantwoordelik te wees vir hul besluite
en optrede/aksies/eie patenteregte. ✓✓
• Neem eerlike/betroubare rekenmeesters/finansiële beamptes met goeie
getuigskrifte in diens. ✓✓
• Betaal belastings gereeld/betyds. ✓✓
• Stel ʼn etiese/gedragskode op. ✓✓
• Deurlopende ontwikkeling en opleiding van werkers. ✓✓
• Prestasie-bestuurstelsels/Persoonlike evaluerings behoort in plek te wees. ✓✓
• Voldoende interne beheermaatreëls/monitering/evaluering. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere aan voor
waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
besigheidspraktyke uitgevoer moet word. Maks. (10)
6.6 Gevolgtrekking
• ʼn Besigheid se gedragskode moet verhoudinge verbeter en onetiese
sakepraktyke uitskakel. ✓✓
• Werknemers wat nie aan die etiese en gedragskode gehoor gee nie, moet
gedissiplineer te word. ✓✓
• Besighede kan goeie korporatiewe bestuur gebruik om kwessies te hanteer
wat uitdagings bied vir etiese en professionele gedrag. ✓✓
• Daar word van besighede verwag om hul bedrywighede op 'n professionele
en etiese manier uit te voer. ✓✓
• Enige ander relevant gevolgtrekking wat verband hou met professionalisme
en etiek/beginsels van professionalisme/verskillende perspektiewe van etiek/
maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
besigheidspraktyke uitgevoer moet word. (Enige 2 x 1) (2)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM PUNTE
Inleiding 2
Verskille tussen professionalisme en etiek 12
Beginsels van professionalisme 14
Verskillende perspektiewe van etiek 10
Maniere waarop professionele, verantwoordelike, Maks.
etiese en effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer
moet word 10 32
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper and memo