NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
BESIGHEIDSTUDIES V2
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 32 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)
Grade 11 Business Studies Paper 2 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
National Exemplar November Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die
volgende te verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor
die hele land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak
by skole/onderwysinstellings
1. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
2. Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
ʼn Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
Uit ʼn ander betroubare bron kom
Oorspronklik is
ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
3. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word
en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik
is of ʼn mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld
een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
4. Die woord ‘Submaks.’ word gebruik om die toekenning van punte binne ʼn vraag
of subvraag te vergemaklik.
5. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maks.’ in
die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.
6. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maks.’ in
die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in
die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
7. In ʼn indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
verband hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
8. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
laasgenoemde nie duidelik is nie.
9. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met ʼn ‘H’ of ‘R’.
10. Die verskil tussen ‘evalueer’ en ‘kritiese evaluering’ kan soos volg verduidelik
word:
10.1 Wanneer ‘evalueer’ gevra word, word daar van kandidate verwag om te
antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale (positiewe
en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: ‘COIDA verminder tyd
en koste wat spandeer word √ op lang siviele hofgedinge.’ √
10.2 Wanneer ‘kritiese evaluering’ gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval
word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun
met dieper insig, bv. ‘COIDA verminder tyd en koste √ wat spandeer word
op lang siviele hofgedinge, √ want die werkgewer sal nie verantwoordelik
wees om vergoeding aan die werknemer te betaal as beserings
opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die besigheid kan bewys
dat hy nie agterlosig was nie.’ √
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op
‘analiseer’.
2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning
van punte.
11. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die
konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
11.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor,
(lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se
antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal
dus aan die einde daarvan verskyn.
11.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon
verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, ontwerp, analiseer, evalueer,
evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip,
toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken
word om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme
geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal
kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
12. Merk slegs die EERSTE antwoord waar kandidate meer as een antwoord in
AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.
13. AFDELING B
13.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se
EERSTE VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui
dit aan deur ʼn lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek of gebruik
die woord ‘Kanselleer’.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite
gespesifiseer word.
13.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 13.1 geld steeds.
13.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/
menings te gee, beredeneer dit ten einde die alternatiewe antwoorde te
finaliseer.
13.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
13.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat
kandidate moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos
volg nagesien word:
Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyn)
Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C
toegeken word)
Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word apart in die nasienriglyn
gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.
13.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
maksimum punte in die nasienriglyn toegeken.
13.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal
word uit ʼn scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing
op AFDELING B EN C (waar van toepassing).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
14. AFDELING C
14.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Inhoud Maksimum: 32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
14.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar ʼn inleiding, inhoud en ʼn gevolgtrekking? 2
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-
vertolking opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A') 2
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op
die vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Geen relevante feite: 0 (Twee ‘-S’)
ʼn Paar relevante feite: 1 (Een ‘-S’)
Slegs relevante feite: 2 (Geen ‘-S’)
Opsie 1: Waar ʼn kandidaat 50% of meer van die vraag
met slegs relevante feite beantwoord het,
verskyn geen '-S' in die linkerkantlyn nie. Ken
die maksimum van TWEE (2) punte vir
sintese toe.
Opsie 2: Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die
vraag met slegs OF ʼn paar relevante feite
beantwoord het, verskyn een '-S' in die
linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1)
punt vir sintese toe.
Opsie 3: Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die
vraag met geen relevante feite beantwoord
het, verskyn twee '-S' in die linkerkantlyn.
Ken ʼn NULPUNT toe vir sintese. 2
Oorspronklikheid Is daar bewyse van voorbeelde gebaseer op aktuele
inligting, huidige neigings en ontwikkelings? 2
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
LET WEL:
1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word uit die inleiding
en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde INLEIDING en
GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte INLEIDING en
GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ʼn verduideliking ondersteun word nie.
14.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. (‘S, A, -S en/of O’).
14.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyn vir elke vraag aangedui.
14.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onder-
afdeling behaal is. Skryf ‘SUBMAKS’/‘MAKS’ nadat maksimum punte behaal is,
maar lees verder vir oorspronlikheid “O”.
14.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O –
Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
14.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum wat
aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
14.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy steeds
punte vir uitleg/struktuur.
14.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos in die nasienriglyne aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
14.10 14.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
14.10.2 Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie
noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word
nie. Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui word,
bv. ‘Produkontwikkeling is ʼn groeistrategie, √ waar
ondernemings poog om nuwe produkte in bestaande markte
bekend te stel.’ √
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
14.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag
geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D √√
1.1.2 A √√
1.1.3 C √√
1.1.4 B √√
1.1.5 B √√ (5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 aksieplan √√
1.2.2 beperkte √√
1.2.3 regstellende aksie √√
1.2.4 goeie √√
1.2.5 probleemoplossing √√ (5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 H √√
1.3.2 G √√
1.3.3 J √√
1.3.4 I √√
1.3.5 A √√ (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
AFDELING B
Sien SLEGS die EERSTE TWEE antwoorde na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1. Bronne van finansiering
- Eienaarskapitaal/eie kapitaal √
- Skuld/geleende kapitaal √
- Toekennings van regering/Nie-regeringsorganisasies √
- Skuldbriewe √
- Bruikhuur/Afbetalingsverkoopooreenkomste √
- Oortrokke bankrekening √
- Handelskrediet √
- Waagkapitaal √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bronne van
finansiering.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
(3 x 1) (3)
2.2 Stappe om te volg wanneer ʼn aksieplan opgetrek word
- Opsomming van visie, missie, doelwitte en doelstellings √√
- Werkonderverdelingstrukture √√
- Aksie staptabel √√
- Tydlyne wat teikens en spertye aandui √√
- Gantt-grafieke √√
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Aanvaar die stappe in enige orde.
Maks. (6)
2.3 Ondernemingsvorme
2.3.1 Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid √√ (2)
Motivering
Kamelisa Geïnkorporeer / Geïnk.√ (1)
Maks. (3)
2.3.2 Publieke maatskappy √√ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3.3 Verskille tussen maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid en
publieke maatskappy
MAATSKAPPY MET PERSOONLIKE PUBLIEKE MAATSKAPPY
AANSPREEKLIKHEID
- Mag nie aandele √ aan die - Verkoop aandele aan die
algemene publiek aanbied nie. √ publiek √ op die
Johannesburgse
Sekuriteitebeurs/JBE. √
- Aandele is nie √ vryelik - Aandele is vryelik √
verhandelbaar nie. √ verhandelbaar. √
- Ten minste een direkteur.√ - Ten minste drie direkteure. √
- Die naam moet eindig √ met die - Naam moet eindig √ met
word ‘Geïnk’. √√ Beperk/Bpk. √
- Jaarlikse finansiële state hoef - Jaarlikse finansiële state moet
nie geoudit √ en gepubliseer geoudit √ en gepubliseer
word nie. √ word. √
- Hoef nie ʼn prospektus te - Moet ʼn prospektus registreer en
publiseer nie √ omdat dit nie publiseer √ by Maatskappye se
aandele aan die publiek kan Intellektuele Eiendoms-
verkoop nie. √ registrasie-kantoor/ ‘CIPRO’. √
- Die maatskappy hoef nie die - Moet eers die
minimumsubskripsie √ in te minimumsubskripsie uitreik,√
samel nie/minimum aandele uit voordat maatskappy met sake
te reik nie. √ kan begin. √
- Enige ander relevante antwoord - Enige ander relevante antwoord
wat verband hou met ʼn wat verband hou met ʼn publieke
maatskappy met persoonlike maatskappy.
aanspreeklikheid.
Sub-maks. (4) Sub-maks. (4)
LET WEL: 1. Die antwoorde hoef nie in tabelformaat te wees
nie.
2. Die verskille hoef nie gekoppel te wees nie, maar
moet duidelik wees.
Ken ʼn maksimum van VIER (4) punte toe as die
verskille nie duidelik is nie/Sien of maatskappy
met persoonlike aanspreeklikheid of publieke
maatskappy na.
Maks. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 11
2.4 Redes waarom ʼn entrepreneur mag besluit om ʼn bestaande
besigheid te koop
- Makliker om befondsing te bekom √ indien die besigheid ʼn goeie
geskiedenis/beeld het. √
- Daar is onmiddelik kontantvloei √ omdat daar reeds gevestigde klante
is. √
- Marknavorsing is alreeds gedoen √ en daar is ʼn bestaande
klantebasis. √
- Daar is bestaande reëlings √ vir verspreiding van voorraad en
personeel/gevestigde netwerke/ervare personeel. √
- Die mark vir besigheidsprodukte of dienste √ is alreeds tot stand. √
- Bestaande werknemers en bestuurders het ondervinding √ wat hulle
van deel. √
- Baie besigheidsprobleme √ is alreeds opgelos. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes
waarom ʼn entrepreneur mag besluit om ʼn bestaande besigheid te
koop.
Maks. (6)
2.5 Faktore wat oorweeg moet word voor die begin van die besigheid
FAKTORE VERBETERINGE
2.5.1 2.5.2
Kliëntediens √ - Deurlopende pogings om kliënte te vrede
te stel. √
- Aanbieding van afslag/promosies. √
- Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met die verbetering van
kliëntediens as ʼn faktor wat oorweeg moet
word voor die begin van ʼn besigheid.
Kostes te sny √ - Uitskakeling van onnodige vermorsing en
uitgawes. √
- Huur opgeleide en gekwalifiseerde
werknemers. √
- Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met die verbetering van
‘kostes te sny’ as ʼn faktor wat oorweeg
moet word voor die begin van ʼn besigheid.
Sub-maks. (2) Sub-maks. (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) faktore na.
2. Ken punte toe vir die faktor al is die verbetering
onvolledig/verkeerd.
3. Sien slegs die eerste verbetering van ELKE
faktor na.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.6 Faktore wat oorweeg moet word ter voorbereiding van ʼn aanbieding
- Ken jou gehoor en hoe om met hul die beste te kommunikeer. √√
- Gebruik eenvoudige taal met duidelike en kort sinne. √√
- Duidelike doel/doelstellings en hoofpunte van die aanbieding. √√
- Gebruik visuele hulpmiddels/grafiese beelde wat die inligting sal
konsolideer. √√
- Aanbieding moet ʼn inleiding, hoofinhoud en gevolgtrekking/slot
insluit. √√
- Proeflees die verslag om te verseker dat dit sonder foute is. √√
- Gebruik helder kleure om sigbaarheid te verhoog en die gehoor se
aandag te trek. √√
- Struktureer inligting in ʼn logiese volgorde en gebruik puntsgewysde
feite. √√
- Gebruik ʼn leesbare lettertipe en -grootte. √√
- Kies ʼn geskikte agtergrond sodat die teks maklik gelees kan word. √√
- Voeg spesiale effekte en innoverings by om ʼn ander gevoel by die
gehoor te skep bv. klank/animasie. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die faktore wat
die aanbieder moet oorweeg ter voorbereiding van ʼn aanbieding.
Maks. (8)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 3
2.2 6
2.3.1 3
2.3.2 2
2.3.3 8
2.4 6
2.5 4
2.6 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 13
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Oorsake van konflik
- Gebrek aan kommunikasie tussen leiers en lede √
- Verskille in agtergrond/kulture/waardes/geloof/taal √
- Beperkte besigheidshulpbronne √
- Verskillende doelwitte/doelstellings vir die groep/individue √
- Persoonlikheidsverskille tussen groep/individue √
- Verskillende opinies √
- Onbillike werkslading √
- Stres wat nie goed bestuur word nie √
- Onrealistiese verwagtinge √
- Swak organisering/leierskap/administratiewe prosedures en
stelsels √
- Verwarring rondom skedulering/spertye √
- Ignorering van reëls/prosedures √
- Wangedrag/Onaanvaarbare gedrag √
- Hoë/Intens mededinging/Wedywering √
- Onduidelike verantwoordelikhede √
- Verwarring met persoonlike doelwitte √
- Konstante veranderinge in die werkplek √
- Onbillike behandeling van werkers/Begunstiging deur
bestuur/Diskriminasie √
- Gebrek aan vertroue tussen werkers √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met oorsake van
konflik in die werkplek.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) oorsake van konflik na.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.2 Eksterne oorsake van verandering in die werkplek
- Politieke faktore, bv. regeringsbeleide en internasionale
handelsbetrekkinge. √√
- Sosiale faktore, bv. armoede en werkloosheid, MIV/Vigs. √√
- Ekonomiese faktore, bv. verlaging/verhoging in die
rentekoers/inflasiekoers. √√
- Wetlike faktore, bv. veranderings in die wet/aanvaarding van nuwe
wette. √√
- Tegnologiese faktore, vooruitgang in produksietegnieke en IKT
rewolusie. √√
- Markkragte, bv. nuwe besighede wat die mark betree/bekendstelling
van nuwe produk/verandering in pryse. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met eksterne
oorsake van verandering in die werkplek.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Maks. (4)
3.3 Stadiums van spanontwikkeling
3.3.1 Bestorming √√ (2)
Motivering
Gedurende die vergaderingsessies bevraagteken die spanlede
mekaar se idees en menings. √ (1)
Maks. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 15
3.3.2 Ander stadiums van spanontwikkeling
Vorming √√
- Individue versamel inligting/indrukke in oor mekaar √ en die
omvang van die taak en hoe om dit te benader. √
- Dit is ʼn gemaklik stadium √ om in te wees omdat die werk nog
nie begin het nie. √
- Individue fokus daarop om met roetine-take besig te wees, √
soos span-organisering/wie doen wat/wanneer vergader gaan
word, √ ens.
- Individue word gemotiveer deur die begeerte √ om deur mede-
spanlede aanvaar te word. √
- Spanlede kan bepaal hoe elkeen, as ʼn individue, √ onder druk
sal reageer. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vorming
as ʼn stadium van spanontwikkeling.
Stadium (2)
Verduideliking (2)
Sub-maks. (4)
Prestasie/Werkverrigting/Werk as ʼn span na ʼn doel √√
- Spanlede is bewus van strategieë √ en doelwitte van die span. √
- Hulle het rigting √ sonder inmenging van die spanleier. √
- Prosesse en struktuur √ is vasgestel. √
- Leiers delegeer √ en hou toesig oor die prosesse en
prosedures. √
- Alle spanlede is nou bekwaam, √ onafhanklik en in staat om die
besluitnemingsproses sonder toesig te hanteer. √
- Verskille tussen spanlede word waardeer √ en gebruik om die
span se prestasie te verbeter. √
- Spanlede vind maniere √ om take te voltooi sonder
konflik/eksterne toesig. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
prestasie/werkverrigting/werk as ʼn span na ʼn doel as ʼn stadium
van spanontwikkeling.
Stadium (2)
Verduideliking (2)
Sub-maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
Ontbinding/Treurtydperk √√
- Die fokus is op die voltooiing √ van die taak/afsluiting van die
projek. √
- Die ontbinding van die span kan traumaties wees, √ omdat
spanlede dit moeilik mag vind om weer as individue te
funksioneer. √
- Alle take moet voltooi word √ voordat die span finaal uitmekaar kan
gaan. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
ontbinding/treurtydperk as ʼn stadium van spanontwikkeling.
Stadium (2)
Verduideliking (2)
Sub-maks. (4)
Normering/Skikking en Versoening √√
- Spanlede kom ooreen √ en bereik konsensus. √
- Rolle en verantwoordelikhede is duidelik √ en word aanvaar. √
- Prosesse/werkstyl en respek ontwikkel √ onder lede. √
- Spanlede het die ambisie om te werk √ vir die sukses van die
span. √
- Konflik kan voorkom √ maar toewyding en eenheid is sterk. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
normering/skikking en versoening as ʼn stadium van
spanontwikkeling.
Stadium (2)
Verduideliking (2)
Sub-maks. (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
(4 x 2) (8)
3.4 Voordele om probleme saam met ander op te los
- Daar is ʼn versameling verskillende perspektiewe √ waarvan uitgesien kan
word. √
- Toegang tot ʼn wyer kennisbasis, vaardighede √ en ondervinding. √
- Help kreatiewe proses wat aanleiding kan gee tot ‘n ander persoon √ en
ondersteun. √
- Help om ʼn ander persoon se idees te hoor √ om meer idees te kry. √
- Leer van mekaar √/groepsonderrig/verduidelik aan mekaar. √
- Aanmoediging van die beginsel van sinergie √ om beter resultate te
verkry. √
- Werkslading verlaag √ en almal deel die probleem. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele om
probleme saam met ander op te los.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 17
3.5 Probleemoplossingstegnieke
3.5.1 Delphi-tegniek √√ (2)
Motivering
Die raad van direkteure het besluit om kundiges uit te nooi om die
uitdaging aan te spreek. √ (1)
Maks. (3)
3.5.2 Betekenis van Delphi-tegniek
- Kenners hoef nie in een plek te wees nie, √ en sal individueel
gekontak word. √
- Ontwikkel ʼn vraelys met vrae oor hoe om die gehalte van hul
produkte te verbeter √ en versprei/stuur dit aan die
paneellede/kenners. √
- Versoek die paneel om individueel te reageer op die
vraelys/verbeteringe aan die produkte voor te stel √ en dit aan
die besigheid terug te stuur. √
- Som die antwoorde/reaksies van die kenners op √ in ʼn
terugvoeringsverslag. √
- Stel ʼn finale opsomming/terugvoeringsverslag saam wat al die
metodes bevat √ waarop die gehalte van produkte verbeter kan
word. √
- Besighede behoort die beste oplossing/voorstel te kies √ nadat
hulle konsensus bereik het. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
betekenis van die Delphi-tegniek.
LET WEL: Ken geen punte toe vir antwoorde vanuit die
scenario.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.6 Maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
besigheidspraktyke uitgevoer moet word
- Besighede behoort alle werknemers gelyk te behandel. √√
- Beplan deeglik en stel voorkomende maatreëls in plek. √√
- Betaal billike lone/salarisse wat ooreenstem met die minimumvereistes
van die WBDV/Vergoed werknemers vir oortyd/werk op openbare
vakansiedae. √√
- Raak betrokke by omgewingsbewustheidsprogramme/Vermy
besoedeling van die omgewing, bv. deur wettige maniere te gebruik om
van giftige/skadelike afval ontslae te raak. √√
- Vermy die stigting van ʼn besigheid deur ander besighede se idees te
gebruik wat deur wetgewing beskerm word. √√
- Besigheidsbesluite en -aksies moet duidelik/deursigtig wees vir alle
belanghebbendes. √√
- Besighede behoort verantwoordbaar/verantwoordelik te wees vir hul
besluite en optrede/aksies/eie patenteregte. √√
- Neem eerlike/betroubare rekenmeesters/finansiële beamptes met goeie
getuigskrifte in diens. √√
- Betaal belastings gereeld/betyds. √√
- Stel ʼn etiese/gedragskode op. √√
- Deurlopende ontwikkeling en opleiding van werkers. √√
- Prestasie-bestuurstelsels/Persoonlike evaluerings behoort in plek te
wees. √√
- Voldoende interne beheermaatreëls/monitering/evaluering. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere aan voor
waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
besigheidspraktyke uitgevoer moet word.
Maks. (8)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 4
3.2 4
3.3.1 3
3.3.2 8
3.4 4
3.5.1 3
3.5.2 6
3.6 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 19
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Voorbeelde van nie-verbale aanbiedings
- Data-projektor/PowerPoint √
- Oorhoofse-projektors √
- Interaktiewe witborde/slimborde √
- Tabelle √
- Grafieke/staafgrafiek/lyngrafiek/histogram/sirkelgrafiek √
- Diagramme √
- Illustrasies/Prente/Foto's/Scenario's √
- Geskrewe/Besigheidsverslae √
- Uitdeelstukke √
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met voorbeelde
van nie-verbale aanbiedings.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na (3 x 1) (3)
4.2 Aspekte wat ingesluit moet word in die prospektus
- Oorsig van die maatskappy, insluitende die visie, missie en doelwitte
van die besigheid √√
- Produk- of diensteportefeulje √√
- Markanalise en strategie √√
- Bestuurspan. √√
- Risiko en potensiaal van die besigheid √√
- Beskikbare finansiële- en aandele-inligting √√
- Maatskappy se bates en laste √√
- Fiansiële posisie en aangehegte sekuriteite √√
- Winste en verliese met geouditeerde finansiële state √√
- Kontantvloei √√
- Vooruitsigte vir groei √√
- Kontrakte wat onderteken is voor-inkorporasie √√
- Datum van registrasie van die prospektus √√
- Die minimumsubskripsie √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die aspekte wat
ingesluit moet word in die prospektus.
Maks. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
4.3 Verkryging van ʼn besigheid
4.3.1 Uitkontraktering √√ (2)
Motivering
Die vervoer van meubels na die naby geleë dorpies is aan Dlamini
Afleweringsdienste gegee.√ (1)
Maks. (3)
4.3.2 Voordele van uitkontraktering
- Die besigheid kan kostes verminder √ deur
personeelvergoeding, beheer en bedryfskostes te verminder. √
- Die hoofmaatskappy fokus op sy kernfunksie √ deur nie-
kernfunksies aan diensverskaffers te gee. √
- Toegang tot geskoolde arbeid √ en die werk word deur hoogs
geskoolde werknemers gedoen sonder om deur die besigheid
in diens geneem te word. √
- Besigheid het toegang tot hulpbronne en toerusting vir
spesifieke funksie, √ bv vervoer. √
- Afname in vaste koste en oorhoofse koste, √ meer
bestendigheid in veranderlike koste. √
- Produksietyd word verkort√ gehalte verbeter. √
- Interne personeel ontwikkel, √ deur met die uitkontrakteurder
saam op ʼn projek te werk. √
- Bied buigsaamheid tydens spitstye, √ bv. uitkontrakteuring van
ouditering en belasting. √
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die
voordele van uitkontraktering.
Maks. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 21
BESIGHEIDSROLLE
4.4 Voorbeelde van etiese besigheidspraktyke
- Gebruik van billike advertensies √
- Nie kinderarbeid te gebruik nie √
- Alle werknemers gelyk te behandel √
- Billike lone/salarisse te betaal √
- Binne die wet sake te doen √
- Besigheidstransaksies word openlik gedoen √
- Nie betrokke te raak by onwettige sakepraktyke nie √
- Om te verseker dat die omgewing nie besoedel word nie. √
- Die aanneming van goeie etiese gedragkode. √
- Stigting van korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsinisiatiewe. √
- Moedig werknemers aan om etiese gedrag aan te neem. √
- Kliënte en werknemers inligting word nie bekend gemaak/gebruik tot
voordeel van die besigheid nie. √
- Aandeelhouers en werknemers se persoonlike belange en sakebelange
bots nie met mekaar nie. √
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met voorbeelde van
etiese besigheidspraktyke.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) voorbeelde na.
(3 x 1) (3)
4.5 Professionalisme and etiek
4.5.1 Beginsels van professionalisme
- Binne die wette handel √
- Beskerming van vertroulike kliënte inligting √
- Hulpbronne verantwoordelik gebruik met inagneming van die
omgewing.√
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde van die
scenario.
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
4.5.2 Verskille tussen professionalisme en etiek
PROFESSIONALISME ETIEK
- Stel van standaarde √ vir - Voldoen aan ʼn stel waardes √
verwagte gedrag. √ wat moreel aanvaarbaar is.√
- Vorm deel van werknemers se - Vorm deel van ʼn gedragskode
gedragskode √ om √ om werknemers te lei om
werknemers te lei om eties op te tree.√
professioneel op te tree. √
- Fokus op die behoud van die - Fokus is op die ontwikkeling
reputasie √ van die besigheid/ van ʼn morele kompas √ om in
professie. √ besluitneming te gebruik. √
- Sluit riglyne √ vir werknemers - Behels die volg van beginsels
se voorkoms/kommunikasie/ vir reg/verkeerd √ in
houding/verantwoordelikheid besigheidsaktiwiteite/-
ens in. √ praktyke/-onderhandelings. √
- Aangewend tot voordeel √ van - Aanvaarbaar √ vir die
die werknemers/individue.√ samelewing/groep/
gemeenskap. √
- Toepassing van ʼn - Vorm deel van die werknemers
gedragskode √ van ʼn √ se gedragkode om
professie/ besigheid. √ werknemers te lei. √
- Enige ander relevante - Enige ander relevante
antwoord wat verband hou met antwoord wat verband hou met
professionalisme in ʼn etiek in ʼn besigheid.
besigheid.
Sub-maks. (2) Sub-maks. (2)
LET WEL: 1. Die antwoorde hoef nie in tabelformaat te wees
nie.
2. Die verskille hoef nie gekoppel te wees nie,
maar moet duidelik wees.
3. Ken ʼn maksimum van TWEE (2) punte toe as die
verskille nie duidelik is nie/Sien of
professionalisme or etiek na.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 23
4.6 Maniere waarop besighede veranderinge in die werkplek kan
hanteer
- Gesonde besluitnemingsproses, werknemers is deel van die
beplanning van die verandering deur deursigtigheid en
vertroue. √√
- Goeie kommunikasie deur werknemers op hoogte van
besluitneming en verwagte veranderinge te hou. √√
- Interpersoonlike verhouding deur opleidingwerkswinkels, kursusse
om emosionele intelligensie te ontwikkel, effektiewe
konflikresolusie-prosesse en belegging in spanontwikkeling. √√
- Erken dat verandering stresvol is deur leer- en
bemagtigingsforums te skep om verandering te hanteer. √√
- Verwag toekomstige en huidige gebeure en pas vooraf aan by die
verandering. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere
waarop besighede veranderinge in die werkplek kan hanteer.
Maks. (8)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 3
4.2 8
4.3.1 3
4.3.2 8
4.4 3
4.5.1 3
4.5.2 4
4.6 8
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING C
Sien SLEGS die EERSTE antwoord na in hierdie afdeling.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
5.1 Inleiding
- ʼn Kontraktuele verpligting van ʼn konsessie is ʼn ooreenkoms onderteken
deur ʼn konsessiegewer en konsessiehouer/nemer. √
- Voornemende konsessiehouers moet deeglike navorsing doen voordat
hulle ʼn konsessie-ooreenkoms aangaan. √
- ʼn Verbale aanbieding sal fokus op ʼn verbale/gesproke aanbieding aan
die direkteure. √
- Visuele hulpmiddels kombineer prente en klank wat die kwaliteit van die
aanbieding sal verbeter. √
- Visuele hulpmiddels kan help om ʼn groot hoeveelheid feite in ʼn kort tyd
oor te dra. √
- Die keuse van die mees doeltreffende visuele hulpmiddels moet die
aandag van die gehoor vasvang en die logiese vloei van die aanbieding
ondersteun. √
- ʼn Effektiewe aanbieding is een waarin die gewenste uitkoms bereik
word. √
- Besigheidsaanbieding oor die prestasie en uitkomste word dikwels op ʼn
geskrewe formaat vereis. √
- Enige ander inleiding wat verband hou met die kontraktuele implikasies
van ʼn konsessie visuele hulpmiddels besigheid/voordele en nadele van
die verkryging van ʼn konsessie/visuelehulpmiddels/stappe in
verslagskrywing. (Enige 2 x 1) (2)
5.2 Kontraktuele implikasies van ʼn konsessie-besigheid
- Die verpligtinge van die konsessie-nemer en konsessie-houer, dit wil
sê hoe die besigheid sal bedryf word. √√
- Die stigting en identifisering van die konsessienemer se intellektuele
eiendomsbates wat beskikbaar gestel sal word aan die konsessie-
houer. √√
- Die aard en omvang van die regte verleen aan die konsessiehouer. √√
- Die tydperk van ooreenkoms van enige hernuwingsregte. √√
- Bedryfsregheffings en diensfooie betaalbaar. √√
- Opleiding en operasionele ondersteuning wat deur die konsessie-
nemer verskaf word. √√
- Beëindigingsklousule en die gevolge daarvan √√
- Vertroulikheidklousule √√
- Belastingvereistes √√
- Openbaarmakingsdokumente √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die kontraktuele
implikasies van ʼn konsessie-besigheid.
Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 25
5.3 Voordele en nadele van die verkryging van ʼn konsessie
Voordele
- Koop ʼn bekende handelsmerk √ wat verkope en goeie opbrengs waarborg.√
- Die aankoop van ʼn konsessie is goedkoper √ as die begin van ʼn nuwe
besigheid. √
- Verminder langtermyn √ finansiële risiko. √
- ʼn Besigheid is gebaseer op ʼn bewese idee √ en die produk en diens is al
geprobeer en getoets. √
- ʼn Konsessiehouer kan ondersteuning van die konsessiegewer verkry, √ wat
dikwels opleiding, advies en bemarking insluit. √
- Vorme van finansiering wat nie beskikbaar is vir die publiek nie √ is dikwels
vir konsessiehouers beskikbaar. √
- Die aankoop van ʼn konsessie kan goedkoper wees √ as om jou eie besigheid
te begin. √
- Besighede kan ʼn erkende handelsnaam en geregistreerde handelsmerk
gebruik, √ wat met advertensies en bemarking kan help. √
- Die stelsels/bedrywighede/goedere en dienste √ is goed gevestig. √
- Daar is dikwels toegang tot groep ondersteuning van ander konsessiehouers
√ en ʼn netwerk van kommunikasie en regsadvies. √
- Gevestigde verskaffers gee grootmaat-afslag √ omdat hulle deel vorm van ʼn
groter groep. √
- Die bemarkings- en advertensiekoste word gedeel so dis dikwels laer √ as vir
ʼn nie-konsessie besigheid. √
- Bestuursadvies word dikwels verskaf, √ so dit is nie nodig om ʼn
besigheidspesialis te wees nie. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van ʼn
konsessie.
EN/OF
Nadele
- Die verkryging van ʼn konsessie kan duur wees, √ koste kan hoër as verwag
wees. √
- Die beperking in die ooreenkoms oor hoe om konsessie te bedryf, produk wat
jy verkoop √ en watter verskaffers om van te koop. √
- Onbuigsame aard van ʼn konsessie, beperk konsessiehouer oor hoe om uit te
brei √ en groei van die konsessie. √
- Slegte prestasie deur ander konsessiehouers √ kan ʼn konsessie se reputasie
beïnvloed. √
- Koop van ʼn konsessie is ʼn aanhoudende deel van winste √ met ʼn
konsessiegewer. √
- Deurlopende konsessiegewer monitering word indringend √ en kan dalk
ophou sake doen. √
- Dit kan moeilik wees om die konsessie te verkoop √ omdat die
konsessiegewer die nuwe koper moet goedkeur. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die nadele van ʼn
konsessie.
Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
5.4 Voorbereiding van visuele hulpmiddels
Transparante
- Dit kan met die hand voorberei word (OHP-penne) √ of elektronies op
rekenaar/kopieermasjien. √
- Effektiewe transparante/projeksies moet duidelik √ en sigbaar wees, bv. groot
druk, paar woorde/lyne. √
- Opsommings/eenvoudige grafiese beelde/diagramme/prosesse √ kan maklik
op transparante verduidelik word. √
- OHP-transparante √ kan gebruik word om gekleurde-beelde te weerspieël. √
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe die aanbieder
transparante moet voorberei.
Sub-maks. (4)
Uitdeelstukke
- Betekenisvolle uitdeelstukke kan aan die begin van die aanbieding uitgedeel
word √ om aandag te trek/deelname aan te moedig. √
- Notas/Hardekopieë van die voorlegging kan aan die einde van die voorlegging
uitgedeel word √ as ʼn herinnering van die kernfeite van die voorlegging. √
- Bykomende inligting, bv. kontakbesonderhede/pryslyste kan uitgedeel
word √ om die besigheid se dienste bekend te stel. √
- Bruikbare inligting vir die verbetering van die volgende aanbieding kan verkry
word √ wanneer die gehoor terugvoervraelyste voltooi aan die einde van die
aanbieding voltooi. √
- Dit is maklik om uitdeelstukke op te dateer √ met onlangse inligting of
ontwikkelings. √
- Notas kan met elektroniese skyfies vergelyk word √ om die akkuraatheid te
bekragtig. √
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe die aanbieder
uitdeelstukke moet voorberei.
Sub-maks. (4)
Plakkate
- Dit moet kleurvol/aandag trek/kreatief wees √ om die kernboodskap van die
aanbieding te ondersteun. √
- Mag groot illustrasies/prente/kenmerke van die produkte/sleutelkonsepte
bevat om detail te beklemtoon, √ bv. kreatiewe juweliersware/unieke
kenmerke van die juweliersware. √
- Kan impak maak wanneer dit strategies geplaas word √ in/buite die lokaal.√
- Nuttig in die bevordering van die embleem/visie √ van die besigheid. √
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe die aanbieder
plakkate moet voorberei.
Sub-maks. (4)
Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 27
5.5 Stappe in verslagskrywing
- Ontleed die probleem, stel ʼn geskrewe probleemstelling op om die taak
duidelik te maak. √√
- Verwag kwessies van die gehoor af, dit kan dalk versprei word aan
mense vir wie dit nie bedoel was nie. √√
- Stel ʼn werksplan op, begin vroeg en laat heelwat tyd vir ʼn
dinkskrumsessie en voorlopige navorsing toe. √√
- Doen die navorsing om data in te samel, moenie net op die internet
staatmaak nie. √√
- Orden, ontleed, vertolk en illustreer die data, oorweeg die doel. √√
- Stel die eerste konsep van die verslag saam, druk die eerste konsep en
lees dit eers later deur. √√
- Hersien, proeflees en evalueer, vra ʼn kollega om die verslag te lees. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met stappe in
verslagskrywing.
LET WEL: Aanvaar stappe in enige orde.
Maks. (10)
5.6 Gevolgtrekking
- Konsessie-ooreenkoms gee ʼn uiteensetting van die rolle en
verantwoordelikhede van die konsessie-gewer en konsessienemer. √√
- Verskillende verskeidenheid van konsessie-besighede skep groot
inkomste en indiensneming. √√
- ʼn Goed voorbereide aanbieding skep ʼn goeie indruk en sal potensiële
beleggers lok. √√
- Effektiewe aanbieding van besigheidsinligting is een van die belangrikste
elemente om met verskeie belanghebbendes te kommunikeer. √√
- Enige ander gevolgtrekking wat verband hou met die kontraktuele
implikasies van ʼn konsessie-besigheid/voordele en nadele van die
verkryging van ʼn konsessie/visuele hulpmiddels/stappe in
verslagskrywing.
(Enige 2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
28 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Kontraktuele implikasies van ʼn konsessie-
besigheid 12 Maks.
Voordele en nadele van die verkryging van ʼn 32
konsessie 12
Voorbereiding van visuele hulpmiddels
o Transparante
o Uitdeelstukke
o Plakkate 12
Stappe in verslagskrywing 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
Sintese 2 8
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTAAL PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE
6.1 Inleiding
- ʼn Stresvrye werksomgewing kan positief bydra tot die algehele
besigheidsdoelwit om wins te maak. √
- Baie van die mees stresvolle gebeure in mense se lewens hou verband
met hul werk. √
- Besighede moet alles in hul vermoë doen om stres in die werkplek te
bestuur/hanteer. √
- Die oplossing van probleme vereis dat besighede kreatiewe
denkvaardighede kan toepas. √
- Krisis is ʼn gebeurtenis wat die besigheid se belanghebbendes/eiendom,
finansies/reputasie kan benadeel. √
- Besighede moet ʼn rampherstelplan hê om enige gebeurtenis van krisis
te verwag. √
- Enige ander toepaslike inleiding wat verband hou met die gevolge van
stres/voordele van kreatiewe denke/die belangrikheid van
streshantering/maniere waarop besighede krisisse in die werkplek kan
aanspreek/hanteer.
(Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 29
6.2 Oorsake van stres in die besigheidsomgewing
- Werk-oorlading/onrealistiese teikens as gevolg van ʼn toename in die
aanvraag van werk, ʼn werknemer moet meer as die gewone werk. √√
- ʼn Gebrek aan mag of invloed waar werknemers verantwoordelikheid
gegee word, maar het geen gesag in hul werk nie. √√
- Lang werksure/verlengde/baie vreemde werksure kan lei tot baie
fisiologiese probleme in werknemers. √√
- Swak ontwerpte verskuiwingstelsels/verandering in die organisatoriese-
struktuur, beleid, proses/prosedures kan misverstande binne die besigheid
veroorsaak. √√
- Gebrek aan finansies, menslike hulpbronne/fisiese hulpbronne lei tot
ondoeltreffendheid in werknemer se prestasie. √√
- Veranderinge in posbeskrywing as gevolg van nuwe ontwikkelings- en
bestuursinligtingstelsel in tegnologie of in die ekonomie. √√
- Konfrontasies en konflik of probleme om saam met medewerkers en
kollegas by die werk oor die weg te kom weens ʼn gebrek aan
kommunikasie. √√
- Gebrek aan die deelname aan besluitneming weens ʼn gebrek aan vertroue
deur bestuur. √√
- Onvoldoende opleiding as gevolg van ʼn gebrek aan befondsing binne die
besigheid / swak begroting. √√
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die oorsake van
stres in die besigheidsomgewing.
Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
6.3 Voordele van kreatiewe denke in die werkplek
- Beter/Unieke/Ongewone idees/oplossings √ word verkry. √
- Kan besighede ʼn mededingende voordeel gee √ indien
buitengewone/unieke oplossings/idees/strategieë geïmplementeer word.√
- Komplekse besigheidsprobleme √ kan opgelos word. √
- Produktiwiteit verhoog √ omdat bestuur/werknemers vinniger ʼn
verskeidenheid van idees kan verkry sodat tyd en geld meer effektief
benut word. √
- Bestuurders/Werknemers het meer selfvertroue √ omdat hulle hul volle
potensiaal kan bereik. √
- Bestuurders sal beter leiers wees √ omdat hulle in staat sal wees om
veranderinge positief en kreatief te kan hanteer/bestuur. √
- Bestuurders/Werknemers kan ʼn heel nuwe uitkyk ontwikkel √ wat
toegepas kan word op enige taak(e) wat hul moet uitvoer. √
- Lei tot meer positiewe gesindhede √ omdat bestuurders/werknemers voel
dat hulle ʼn bydrae tot probleemoplossing gelewer het. √
- Verbeter motivering√ onder personeellede. √
- Bestuurders/Werknemers het ʼn gevoel van groter sukses √ en hulle sal
nie teenstand bied/in die pad staan sodra hulle probleme opgelos het/tot
die sukses van die besigheid bygedra het nie. √
- Bestuurders/Werknemers kan byhou √ met vinnige veranderende
tegnologie. √
- Stimuleer inisiatief van bestuurders/werknemers, √ aangesien hulle
gedurig uit hulle gemaksone gedwing word. √
- Kreatiwiteit kan lei tot nuwe uitvindings, √ wat die algemene
lewensstandaard verbeter. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voordele van
kreatiwe denke in die werkplek.
Maks. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 31
6.4 Belangrikheid van die hantering van stres in die werkplek
- Die hantering van stres sal afwesigheid √ bekamp ten einde
produktiwiteit in werkplek te handhaaf. √
- In staatstel en motiveer die moraal van werknemers moed beter √ deur
hulle gefokus op hul werkprestasie te hou. √
- Dit verbeter die werknemer se produktiwiteit deur √ die gebruik van
goeie stresbestuursvaardighede. √
- Die korrekte identifisering van die stresvolle kwessies, √ sal bestuurders
in staat stel om in moeilike tye te lei. √
- Dit voorkom konflik, √ en bou spanwerk deur almal se lewens makliker
te maak. √
- Verhoog die kanse om sperdatums na te kom √ deur die identifisering
van vorige stressor. √
- Identifisering van ʼn probleem √ en die oplos daarvan, versterk die
kommunikasieproses. √
- Help die besigheid om die werknemers te evalueer √ en die
prestasiebeoordeling van werknemers te doen. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die belangrikheid
van die hantering van stres in die werkplek.
Maks. (12)
6.5 Maniere waarop besighede krisisse in die werkplek kan hanteer
- Besighede moet toepaslik reageer om die effek van die krisissituasie te
verminder. √√
- Voorkom/Probeer die krisis te stop. √√
- Assesseer/Indien die krisis gebeur, kyk dit vierkantig in die gesig en
probeer vinnig uitvind wat gebeur het, sonder om te oorreageer. √√
- Beplan/Identifiseer en prioritiseer die aksie wat vereis word. √√
- Evalueer die skade/situasie. √√
- Inlig/Verskaf akkurate en korrekte inligting. √√
- Ondesteun/Gee ander leiding deur die situasie deur opleiding en
ondersteuning te verskaf. √√
- Los botsende belange op.√√
- Wees sensitief teenoor die betrokke mense. √√
- Herwin beheer/Bestuur die situasie op ʼn kalm manier totdat die krisis
verby is. √√
- Verkry kundige raad indien die krisis buite die besigheid se omvang van
kundigheid val.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop
besighede krisisse in die werkplek kan hanteer.
Maks. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2020)
6.6 Gevolgtrekking
- Besighede moet beter werk- en bestuurstelsels implementeer om stres
in die werkplekke aan te spreek/hanteer. √√
- Samewerking/Spanwerk moet aangemoedig word om stresvlakke in die
werkplek te verminder. √√
- Werksplek-ingryping kom suksesvol voor in die voorkoming van
negatiewe gevolge van werkplek-stres. √√
- Kreatiewe denke kan help om besigheidsprobleme suksesvol op te
los. √√
- Besighede moet proaktiewe krisisbestuur uitvoer deur potensiële risiko’s
te voorspel en hoe om dit te hanteer. √√
- Enige ander toepaslike gevolgtrekking wat verband hou met die gevolge
van stres/voordele van kreatiewe denke/die belangrikheid van
streshantering/maniere waarop besighede krisisse in die werkplek kan
aanspreek/hanteer.
(Enige 2 x 1) (2)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Oorsake van stres 12
Voordele van kreatiewe denke 14
Belangrikheid van Maks.
streshantering in die werkplek 12
Maniere waarop besighede 32
krisisse in die werkplek kan
hanteer 8
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTAAL 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Question paper