NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2025
BESIGHEIDSTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 





View all




Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP
Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 657.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November Exam 2025
- Paper 1Question paper
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Forms of Ownership & Companies10 marks
- Question 1.2Forms of Ownership & Companies10 marks
- Question 1.3Business Environments10 marks
- Question 2Entrepreneurship & Business Ventures40 marks
- Question 3Stress, Crisis & Change Management40 marks
- Question 4Entrepreneurship & Business Ventures40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2025)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
LET WEL: SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C sal
nagesien word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute)
A: Objektiewe-tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
KEUSE: 30
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 –
NUWE bladsy, VRAAG 2 – NUWE bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoorde en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.
1.1.1 Die ... dien as die grondwet van ʼn maatskappy.
A aanvanklike openbare aanbod
B memorandum van inkorporering
C prospektus
D kennisgewing van inkorporering
1.1.2 Zonke het die reg om die naam en handelsmerk van Fruit and Veg
Afleweringsmaatskappy te gebruik aan Tiny verkoop in ruil vir ʼn …
-fooi.
A tantieme
B huur
C konsessiereg
D uitkontrakterings
1.1.3 ʼn … toon aktiwiteite wat voltooi moet word.
A Sakeplan
B Verslag
C Aksieplan
D Tydlyn
1.1.4 Oplossings wat afwyk van die norm, en wat nie volg wat algemeen
gedoen word nie, staan as ... bekend.
A konvensioneel
B roetine
C nie-konvensioneel
D kreatiewe denke
1.1.5 Een van die oorsake van stres in die werkplek is ...
A werknemers wat ernstig siek is.
B raadgewende kundiges.
C die evaluering van die noodplan van die besigheid.
D ongunstige werksomstandighede. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2025)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
strooibiljet; publieke; krisis; skyfies; sleg; ekwiteitskapitaal; stres; goeie;
engelbefondsing; privaat
1.2.1 Zanele-handelaars mag nie aandele aan die algemene publiek
aanbied nie. Dié verwys na ʼn ... maatskappy.
1.2.2 Mnr. Veejay, ʼn welgestelde entrepreneur, het ... voorsien in ruil vir ʼn
aandeel in die besigheid.
1.2.3 Simcock Tech Wear Klerasie het ʼn dun stukkie papier gebruik om hul
produkte te adverteer. Dit staan as ʼn … bekend.
1.2.4 Die leier van M&M Finansiële Dienste het baie take om in ʼn kort tydjie
te doen. Dit veroorsaak …
1.2.5 ʼn Goeie etiese praktyk is deel van ... besluitneming in besigheid.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met ʼn term in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Gantt-grafiek A gebruik roetinemetodes om probleme op
te los
1.3.2 Nie-verbale B vind plaas wanneer ʼn besigheid die aantal
aanbieding werkers in die besigheid of organisasie
verminder
1.3.3 Kreatiewe denke C toon die duur van die taak/element
1.3.4 Gedragskode D ʼn stel waardes wat moreel
aanvaarbaar binne ʼn sake-organisasie is
1.3.5 Werkloosheid E inligting word deur middel van gedrukte
materiaal oorgedra
F ʼn stel reëls en verantwoordelikhede van ʼn
organisasie of besigheid waaraan die
werknemers moet voldoen
G toon al die take wat gedoen moet word
H inligting word deur middel van
mondelinge aanbiedings gekommunikeer
I gebruik nie-roetine metodes om probleme
op te los
J vind plaas wanneer werknemers hul werk
as gevolg van bedanking of aflegging
verloor
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2025)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige VIER stadiums van ʼn aksieplan. (4)
2.2 Beskryf kortliks aspekte wat in die prospektus ingesluit moet word. (6)
2.3 Identifiseer die entrepreneuriese eienskappe in die stellings hieronder.
2.3.1 Die bestuurder van GM-staalvervaardiger het nie hoop verloor toe die
wêreldwye tariewe die plaaslike besighede bedreig het nie. (2)
2.3.2 Zuko verskaf spesiale materiaal soos veselglas vir kliënte wat nie die
oorspronklike materiaal kon bekostig nie, te midde van markonsekerheid. (2)
2.4 Verduidelik die doel van ʼn sakeplan. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
TELLY GADGETS (TG)
Telly Gadgets is ʼn nuutgestigte besigheid wat in die vervaardiging van TV-
toestelle spesialiseer. Ntombi, die eienaar van TG, het navorsing gedoen om
haar teikenmark te identifiseer. Sy het ook sommige van haar oorspronklike
sakeplanne as gevolg van nuwe tegnologie verander.
2.5.1 Identifiseer TWEE faktore uit die scenario hierbo wat oorweeg moet
word voordat die besigheid begin word. Motiveer jou antwoord deur uit
die scenario aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5.1 te beantwoord.
FAKTORE WAT OORWEEG MOET WORD VOORDAT MOTIVERINGS
DIE BESIGHEID BEGIN WORD
1.
2.
(6)
2.6 Bespreek hoe die aanbieder die volgende visuele hulpmiddels moet voorberei:
2.6.1 Skyfies (4)
2.6.2 Plakkate (4)
2.7 Gee raad aan die besigheid oor die wetlike vereistes van die naam van die
maatskappy. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige VIER eksterne oorsake van verandering. (4)
3.2 Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die besigheid. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MAKROS VERVAARDIGER (MV)
Makros Vervaardiger is ʼn nuutgestigte besigheid wat in die vervaardiging van
sjokolade spesialiseer. Hulle het ernstige uitdagings teëgekom, insluitend
masjinerie wat breek, bestuurders wat nie bekwaam of doeltreffend is nie, asook
kragonderbrekings.
3.3.1 Noem die TWEE voorbeelde van krisisse uit die scenario. (2)
3.3.2 Bespreek die belangrikheid van streshantering in die werkplek. (4)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EUGENE CREATIVES (EC)
Eugene Creatives spesialiseer in die vervaardiging van kuns en skeppings. Die
bestuur van EC wil die struktuur van die besigheid verander om digitale dienste
in te stel. Hulle het vir al die teenstrydige en ondersteunende idees vir hierdie
ontwikkeling gevra. Hulle het ook besluit om kundiges te nooi om hulle te help
om hul uitdaging te hanteer.
3.4.1 Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur EC gebruik
word. Motiveer deur uit die scenario aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.4.1 te
beantwoord
PROBLEEMOPLOSSINGS- MOTIVERINGS
TEGNIEKE
1.
2.
3.4.2 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6)
3.5 Bespreek die funksies van werkplekforums. (6)
3.6 Beveel maniere aan om krisisse in die werkplek te hanteer. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2025)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem enige VIER sleutelfaktore vir sukses. (4)
4.2 Beskryf kortliks die redes waarom entrepreneurs dalk besluit om ʼn bestaande
besigheid te koop. (6)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIEP GESPREK ONTWERP (DGO)
Sandra, die eienaar van DGO, wil kliëntediens in die stad van Johannesburg
verbeter. Sy oorweeg dit om befondsing van welgestelde sakelui te bekom om
die aanvangskoste van die aankoop van ʼn perseel te dek. DCD stel ook tydelike
werknemers aan om koste te bespaar. Betaal insetkoste soos lone, telefoon en
ander uitgawes.
4.3.1 Haal TWEE redes aan waarom die besigheid befondsing moet bekom. (2)
4.3.2 Verduidelik toelaes as ʼn bron van befondsing. (4)
4.4 Beveel areas aan vir verbetering op sleutel suksesfaktore. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Beskryf kortliks die DRIE stadiums van ontwikkeling. (6)
4.6 Identifiseer die beginsels van professionalisme en etiek wat deur Donald
Enterprise in ELKEEN van die stellings hieronder toegepas word.
4.6.1 Nomsa demonstreer altyd ʼn kombinasie van tegniese vaardigheid en
die vermoë om effektief te kommunikeer. (2)
4.6.2 Ahmad, die spanleier, deel nooit die werknemers se besonderhede met
ʼn ander spanlid nie. (2)
4.7 Bespreek strategieë wat besighede kan gebruik om globalisering te hanteer. (6)
4.8 Beveel maniere aan waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe
denke in die werkplek stimuleer. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat kies is, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld,
VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTEHEDE (MANIERE OM ’N BESIGHEID TE
BEKOM)
Entrepreneurs wat ʼn konsessie (franchise) koop, moet die betekenis van ʼn
konsessie verstaan. Hulle moet ook beide die voordele en nadele van die konsessie
verstaan. Besighede wat wil afskaal en fokus op die kernaspek van die besigheid,
sal die minder kritieke bedrywighede uitkontrakteer. Die huurooreenkoms beskryf die
hoofverantwoordelikhede en kontraktuele regte van die huurder.
Skryf ʼn opstel oor die maniere om ʼn besigheid te bekom waarin jy die volgende
aspekte insluit:
• Brei uit oor die betekenis van ʼn konsessie as ʼn manier om besigheid te verkry.
• Verduidelik die voordele en nadele van konsessies.
• Bespreek die voordele van uitkontraktering.
• Adviseer besighede oor die kontraktuele implikasies van huurkontrakte. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (PROFESSIONALISME EN ETIEK)
Besighede word vereis om hul bedrywighede op ʼn etiese en professionele wyse uit
te voer. Besighede moet weet hoe effektiewe sakepraktyk uitgevoer moet word.
Etiese teorieë lei besighede en individue wanneer hulle moreel korrekte besluite
moet neem. Wanneer ʼn besigheid gestig word, moet ʼn mens die voordele van etiese
sakeondernemings verstaan.
Skryf ʼn opstel oor professionalisme en etiek waarin jy die volgende aspekte moet
insluit:
• Beskryf die verskille tussen professionalisme en etiek.
• Bespreek maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
sakepraktyk uitgevoer moet word.
• Verduidelik kortliks die DRIE teorieë van etiek wat op die werkplek van
toepassing is.
• Gee raad aan besighede oor die voordele van etiese sakeondernemings. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum