Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
BESIGHEIDSTUDIES
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP
Grade 11 Business Studies question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 836.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape November 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van ʼn antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer
elke vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
1 40 30 minute
VERPLIGTEND
2 60 30 minute
B: VYF direkte/indirekte tipe 3 60 30 minute
vrae
4 60 30 minute
KEUSE (Beantwoord enige
DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
7 40 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae KEUSE 8 40 30 minute
(Beantwoord enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1
– nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.
1.1.1 Uitdaging van die makro-omgewing:
A Moeilike werknemers
B Gebrek aan visie en missie
C Veranderinge in verbruikersgedrag
D Politiese veranderinge
1.1.2 ... lening verwys na die toestaan van klein lenings aan mense wat nie
krediet van banke van kry nie.
A Mikro-
B Mark-
C Makro-
D Primêre
1.1.3 Tussengangers is in die … sektor van die ekonomie werksaam.
A mark-
B primêre
C sekondêre
D tersiêre
1.1.4 … van besighede word dikwels gedefinieer as die bestuur van die
drievoudige sleutelaspekte.
A Sukses
B Volhoubaarheid
C Winsgewendheid
D Produktiwiteit
1.1.5 ʼn Vennootskap het …
A beperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.
B onbeperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
C beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
D onbeperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.
1.1.6 ʼn Voordeel om van eie fondse as ʼn bron van finansiering vir ʼn
besigheid gebruik te maak, is:
A Geen rente word op die fondse betaal nie
B Lae rente word op die fondse betaal
C Lae rente kan onderhandel word
D Geen rente word in die eerste jaar betaal nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.7 Die …-teorie bepaal dat besigheidsprosesse verbeter moet word om
verandering doeltreffend te hanteer.
A Kaizen-model
B John Kotter se veranderingsmodel
C Totale gehaltebestuur
D Besigheidsproses-herontwerp
1.1.8 Die Belbin-rolteorie is in drie kategorieë georganiseer, naamlik …
A denke, aksie en koördineerder.
B denke, aksie en mense.
C planter, spesialis en monitor-evalueerder.
D vormer, implementeerder en voltooier.
1.1.9 Die Wet op ... stipuleer die regte van werknemers en werkgewers en
voorsien vir kollektiewe bedinging in die werkplek.
A Basiese Diensvoorwaardes
B Gelyke indiensneming
C Arbeidsverhoudinge
D Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes
1.1.10 ... is die berekening om te bepaal hoeveel eenhede ʼn besigheid moet
verkoop voor ʼn wins gemaak word.
A Wins
B Totale koste
C Koste per eenheid
D Gelykbreekanalise (10 x 2) (20)
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord mag net EEN keer gebruik word.
verkryging; afbetalingsverkoopooreenkoms; Belbin-rol; 10; aanstellingsbrief;
alliansie; Jungian; 8; werknemerskontrak; verbandlenings
1.2.1 ʼn … is wanneer een besigheid ʼn ander besigheid koop.
1.2.2 … finansier die aankoop van vaste eiendom.
1.2.3 … se spandinamika-teorie is op vier funksionele tipes gebaseer,
naamlik denke, gevoel, sensasie en intuïsie.
1.2.4 Werknemers kan slegs ʼn maksimum van ... ure per week oortyd werk.
1.2.5 … is ʼn geskrewe aanbod van indiensneming wat aan die suksesvolle
kandidaat gemaak word. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Strategiese bondgenoot- A ʼn Voorbeeld van ʼn groepkonsensus
ooreenkoms
1.3.2 Oortrokke B ʼn Voorbeeld van magsverhoudings
bankrekeningfasiliteit
1.3.3 Konflik C Die toename in beweging van
mense, goedere, kapitaal en idees
oor landsgrense
1.3.4 Globalisering D Om onregverdige diskriminasie te
uit te skakel
1.3.5 Interne werwing E Korttermynlening van die bank
F Om nuwe werkers buite die
besigheid te kry
G ʼn Voorbeeld van sonering
H ʼn Meningsverskil tussen mense
I Langtermynlening van ʼn bank
J Om werkers binne die besigheid te
kry
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op ʼn nuwe bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessies wat van toepassing is op elk van die
onderstaande scenario’s.
2.1.1 ʼn Verhoging in die prys van brandstof, kunsmis en landbouprodukte.
2.1.2 Mnr Green stuur seksuele beelde aan ʼn vroulike kollega.
2.1.3 Slegs die eienaar van intellektuele eiendom het die reg om dit te vervaardig
en kopieer.
2.1.4 Soms sal ander lande hulle oortollige, goedkoop produkte na Suid-
Afrikaanse markte bring.
2.1.5 NUMSA geaffilieerde lede weier om te werk in ʼn poging om die werkgewers
te dwing om aan hul eise te voldoen. (10)
2.2 Omskryf in breë trekke VIER uitdagings in die mikro-omgewing. (8)
2.3 Verduidelik maniere waarop besighede invloedwerwing kan gebruik om wedersydse
vertroue te verkry. (10)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BLUE SKY LUGREDERYE
Blue Sky-lugrederye staar ʼn 30 persent verhoging in brandstofkoste in die gesig.
Hulle verloor besprekings aan Cape Coast Lugrederye en hulle kontantvloei is
krities van aard.
2.4.1 Noem die besigheidsektor waarin Blue Sky-lugrederye bedryf word.
Motiveer jou antwoord. (3)
2.4.2 Klassifiseer die uitdagings van Blue Sky-lugrederye volgens die DRIE
besigheidsomgewings. Dui die mate van beheer wat Blue Sky-lugrederye
oor elke omgewing het. Teken die onderstaande tabel in die
ANTWOORDEBOEK om jou antwoord aan te bied.
Uitdaging Omgewing Mate van beheer
Mikro
Mark
Makro (9)
2.5 Verduidelik hoe besighede magsverhoudinge vorm. (8)
2.6 Beskryf die impak van rowery op besighede. (6)
2.7 Stel maniere voor waarop besighede ʼn sterk verhouding met verskaffers kan
ontwikkel. (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Noem VIER eienskappe van ʼn suksesvolle entrepreneur. (4)
3.2 Identifiseer die ondernemingsvorm wat in elkeen van die volgende onderstaande
stellings van toepassing is.
3.2.1 Die instelling fokus nie op optimale wins nie, maar verskaf ʼn diens aan sy
lede.
3.2.2 Al die direkteure is gesamentlik en afsonderlik saam die besigheid
aanspreeklik vir die skuld van die besigheid.
3.2.3 Afhanklik van skenkings en donasies van fondsinsamelings as ʼn bron van
kapitaal.
3.2.4 Die naam eindig op (Edms.) Bpk.
3.2.5 Die besigheid word deur een persoon besit en het onbeperkte
aanspreeklikheid. (10)
3.3 Beskryf die volgende beplanningsmiddele was nodig is om ʼn besigheidsplan in ʼn
aksieplan te omskep:
3.3.1 Gantt-grafieke (4)
3.3.2 Tydlyne (4)
3.3.3 Projekbeplanning (4)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEGA HANDELAARS
Mega Handelaars maak van strooibiljette gebruik om hulle produkte te adverteer.
Die rede waarom Dube, die eienaar van strooibiljette gebruik maak is omdat dit
goedkoop is en hy self die strooibiljet kan ontwerp.
3.4.1 Haal TWEE redes uit die scenario aan vir Dube se besluit om strooibiljette
te gebruik om Mega Handelaars se produkte te adverteer. (2)
3.4.2 Noem VIER riglyne wat Dube in gedagte moet hou wanneer ʼn strooibiljet
ontwerp word. (8)
3.5 Verduidelik hoe om terugvoer na ʼn aanbieding in ʼn nie-aggressiewe en
professionele manier te hanteer. (10)
3.6 Bespreek die voordele van ʼn verhuringsooreenkoms/bruikhuur. (6)
3.7 Stel faktore voor wat oorweeg moet word voordat ʼn besigheid begin word. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Noem enige VYF oorsake van konflik in die werkplek. (5)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FLYING HIGH
Flying High is ʼn reisagentskap wat vervoer- en akkommodasie-besprekings vir
internasionale sportspanne bied. Hulle bevind dat meer spanne hulle eie
besprekings hanteer en is bekommerd dat hulle een van die dae nie meer baie
besigheid gaan hê nie. Die bestuur van Flying High het besluit om ʼn groep
sakekenners te versoek om vraelyste te voltooi om te help om hulle probleem op
te los.
4.2.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Flying High gebruik is
om hul probleem op te los. Motiveer jou antwoord. (3)
4.2.2 Verduidelik aan Flying High die voordele van die probleemoplossings-
tegniek in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer. (6)
4.3 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (10)
4.4 Onderskei tussen etiek en professionaliteit. (8)
4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ABSA WWK-PROJEK
Die projek ondersteun weeskinders en weerlose kinders (WWK) in die
Gqebera/Walmer-woongebied deur die stigting van ʼn Kinderomgee-forum. Die
projek behels die identifisering van 80 WWK families as begunstigdes van die
Absa program en die opleiding van 15 versorgers wat aan die huishoudings
toegewys sal word om die vordering van die kinders te monitor.
[Bron: The Small Projects Foundation]
4.5.1 Identifiseer DRIE maniere waarop hierdie projek direkte hulp aan wees-
en weerlose kinders in Gqebera/Walmer-woongebied verskaf. (3)
4.5.2 Gee VYF burgerskaprolle en verantwoordelikhede wat ABSA binne die
besigheidsomgewing moet uitvoer. (5)
4.5.3 Analiseer die rol wat ABSA kan speel in die sosiale en ekonomiese
ontwikkeling van gemeenskappe. (4)
4.6 Bespreek die volgende teorieë van etiek:
4.6.1 Konsekwensieteorie (4)
4.6.2 Die algemene goeie benadering (4)
4.7 Stel strategieë voor wat besighede kan gebruik om regstellende aksie te hanteer. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 9
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Lys VIER komponente van die bemarkingskommunikasiebeleid. (4)
5.2 Identifiseer die bemarkingsaktiwiteit wat van toepassing op die volgende stellings
is:
5.2.1 Die veilige bewaring van produkte totdat die verbruikers dit benodig
5.2.2 Die verkryging van betroubare inligting van verbruikers aan wie die
besigheid sy produkte verkoop
5.2.3 Om die besigheid te dek teen verliese wat die besigheid mag lei as gevolg
van menslike, fisiese of ekonomiese risiko’s (3 x 2) (6)
5.3 Onderskei tussen advertering en publisiteit. (8)
5.4 Bespreek die belangrikheid van handelsmerke vir ’n besigheid. (8)
5.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RED TIN (EDMS.) BPK.
Red Tin (Edms.) Bpk. vervaardig groot hoeveelhede identiese blikke deur van
massaproduksie gebruik te maak. Hulle gebruik enkeldoelige masjiene. Die
masjiene moet gebalanseer word sodat daar ʼn konstante vloei van goedere is en
die vloeroppervlak effektief benut word.
5.5.1 Identifiseer VIER karaktereienskappe van massaproduksie in die
bostaande scenario. (4)
5.5.2 Verduidelik die voordele van massaproduksie. (10)
5.5.3 Beveel voorkomende maatreëls wat Red Tin (Edms.) Bpk. ten opsigte van
masjinerie kan gebruik. (8)
5.6 Verduidelik die verskille tussen stukwerk- en tydverwante salarisbepalingstelsel. (4)
5.7 Beveel maniere waarop ʼn besigheid aan die Wet op Beroepsgesondheid en -
veiligheid, (Wet nr. 85 van 1993) kan voldoen. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 6: VERSKILLENDE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWING
6.1 Identifiseer die komponent van die makro omgewing wat op elkeen van die
volgende uitdagings van toepassing is:
6.1.1 Nuwe tegnologie maak bestaande produkte nutteloos
6.1.2 Invloed van hoë of lae rentekoerse
6.1.3 Indiensnemingsbeperking
6.1.4 Die graad van staatsinmenging in die ekonomie
6.1.5 Die verval van morele waardes wat lei na korrupsie en ander misdade (10)
6.2 Stel TWEE maniere voor waarop ʼn besigheid homself van sy mededingers kan
onderskei. (4)
BESIGHEIDSGELEENTHEID
6.3 Identifiseer die visuele hulpmiddel wat van toepassing op die onderstaande
stellings is.
6.3.1 Word gebruik waar die inligting baie detail bevat en die aanbieder wil hê
dat die gehoor ʼn volledige weergawe van die aanbieding het.
6.3.2 Word gebruik om ʼn proses of prosedure te vertoon.
6.3.3 Skyfies met inligting wat op ʼn skerm gewys word.
6.3.4 Dit word gebruik om die hele eenheid sowel as die proporsies van sy
komponente aan te toon. (8)
6.4 Verduidelik bronne van finansiering vir besighede. (8)
BESIGHEIDSROLLE
6.5 Identifiseer die spanontwikkelingstadium wat van toepassing is op elkeen van die
stellings hieronder:
6.5.1 Gedurende hierdie stadium ontmoet en leer ken die spanlede mekaar.
6.5.2 Die stadium waar die ware karakter van ʼn persoon na vore kom.
6.5.3 Spanlede is gemotiveer en werk saam. (6)
6.6 Adviseer besighede oor die rol van werkplekforums om konflik op te los. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 11
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.7 Noem VYF tipes verpakking. (5)
6.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CLEAR WATER (EDMS.) BPK.
Clear Water (Edms.) Bpk. botteleer en versprei gebottelde water. Die totale
koste om 10 000 bottels water te produseer is R40 000.
Bereken die volgende:
6.8.1 Produksiekoste per bottel (3)
6.8.2 Verkoopprys per bottel as hulle 40% wins op die kosprys wil maak (4)
6.8.3 Wins as hulle al 10 000 bottels verkoop (4)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op elke vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 7 op ʼn nuwe bladsy, VRAAG 8 op ʼn NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWING
Arbeidsverhoudinge reguleer die verhouding tussen werkgewers en werknemers.
Vakbonde bevorder arbeidsverhoudinge, maar werknemers kan industriële aksie in die
vorm van stakings en sloerstakings neem.
Met verwysing na bostaande stelling:
Verduidelik die verskil tussen ʼn staking en ʼn sloerstaking.
Bespreek die negatiewe impak van stakings op besighede.
Beskryf die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Adviseer besighede oor die funksies van vakbonde in die bevordering van
arbeidsverhoudinge. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
SNOWY BAKKERY
Rick en Jacob bestuur ʼn bakkery die afgelope vyf jaar. Hulle stem saam dat hulle hul
besigheid wil uitbrei. Rick het voorgestel dat hulle meer takke in ander stede moet
oopmaak. Jacob dink dit sal beter wees om hulle besigheid as ʼn konsessie (franchise) te
registreer. Hulle besluit hulle het meer inligting oor konsessies (franchises) nodig.
Snowy Bakkery het jou as onafhanklike besigheidskonsultant gevra om hulle van meer
inligting te voorsien. Jou verslag moet die volgende insluit:
Brei uit op die betekenis van konsessie (franchise).
Verduidelik die voor- en nadele van die konsessie (franchise).
Bespreek die TWEE partyebetrokke by ʼn konsessie (franchise).
Adviseer Snowy Bakkery oor die kontraktuele implikasies van ʼn konsessie
(franchise). [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 13
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE
Die veranderende omgewings waarin besighede sake doen is baie stresvol. Besighede
moet krisisverwante kwessies kan hanteer.
Met verwysing na die bostaande stelling:
Brei uit oor die betekenis van stres en krisis.
Verduidelik die effek wat stres op ʼn besigheid het.
Bespreek VIER redes waarom daar weerstand teen verandering kan wees.
Beveel maniere aan waarop besighede besigheidsverwante krisisse kan hanteer. [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
Brian het onlangs van Komani Electrical bedank om by Wild Coast Electrical as
bestuurder aan te sluit. Komani Electrical moet die nuwe posisie adverteer en moet die
Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet nr. 55 van 1998) in ag neem wanneer die
nuwe aanstelling gemaak word.
Verwys na die bostaande scenario en skryf ʼn opstel wat die volgende aspekte dek:
Omskryf in breë trekke die seleksieprosedure wat gevolg moet word om die mees
geskikte kandidaat te identifiseer.
Verduidelik die wettige vereistes van die indiensnemingskontrak waaroor beide
Komani Electrical en die nuwe werknemer moet saamstem.
Beskryf die aspekte wat in ʼn induksieprogram ingesluit moet word.
Adviseer Komani Electrical oor hoe om aan die Wet op Gelyke indiensneming te
voldoen wanneer nuwe aanstellings gemaak word. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum