Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
BESIGHEIDSTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP
Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 731.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape November 2022
- Paper 1Question paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Memo · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paper
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die
hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag
in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
ʼn antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE (minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40
vrae
KEUSE: 3 40 70
(Beantwoord enige TWEE)
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
KEUSE: 30
(Beantwoord enige EEN) 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Anker Bank word in die … sektor bedryf, omdat hul in die verskaffing
van finansiële fasiliteite spesialiseer.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D ekonomiese
1.1.2 Die manier om magsverhoudinge te vorm deur hoe besighede krediet
maklik kan verkry, is deur …
A strategiese alliansie.
B oorreding van groot beleggers.
C beïnvloeding van maatskappy-verteenwoordigers.
D beïnvloeding van regeringsverteenwoordigers.
1.1.3 Walters Koeldranke verander hul verpakking voortdurend; dit staan
as … bekend.
A verpakking vir dubbele gebruik
B verpakking vir herverkoop
C spesialiteitsverpakking
D kaleidoskopiese verpakking
1.1.4 Besighede gebruik … as verkoopspersoneel aangesig tot aangesig
kommunikasie met potensiële kliënte het.
A persoonlike verkope
B advertering
C afsetbevordering
D publisiteit
1.1.5 Die ... verseker dat die menslikehulpbronbestuuder waak teen
diskriminerende aanstellings.
A Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
B Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van
1997)
C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
D Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA),
1997 (Wet 61 van 1997)
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2022)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
oorname; induksie; uitsoekgoedere; industriële verhoudinge; volle beheer;
onderhoud; samesmelting; geriefsgoedere; industriële aksie; geen beheer
1.2.1 Besighede het … oor mikrolenings.
1.2.2 ʼn … het plaasgevind toe Fuller (Edms) Bpk. en Paddy (Edms) Bpk.
ooreengekom het om een besigheid te vorm.
1.2.3 Die interaksie tussen die werknemers en die bestuur staan as …
bekend.
1.2.4 Verbruikers koop … nadat hulle tyd en moeite ingesit het om dit met
soortgelyke produkte te vergelyk.
1.2.5 Die verkryging van inligting oor die sterk- en swakpunte van elke
kandidaat vind plaas tydens die ... van die kandidaat. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Netwerkvorming A ontwikkel en publiseer standaarde vir
produkte en dienste
1.3.2 Uitsluiting B geskikte aansoekers word geïdentifiseer
deur voorlopige onderhoude te voer
1.3.3 Gradering C bevoordeling van besighede deur die
regering se beleid te probeer beïnvloed
1.3.4 Gehaltesirkels D uitgevoer deur die werknemer in ʼn poging
om aan sy eise te voldoen
1.3.5 Keurings- E die proses om ʼn eenvormige stel kriteria te
prosedure ontwikkel om die produksie van kwaliteit
produkte te verseker
F bevoordeling van besighede deur
verbindings te maak met behulp van
besigheidswebwerf-platform
G uitgevoer deur werkgewers om te verhoed
dat werknemers die werkplek betree
H geskikte aansoekers word aangemoedig
om vir vakante poste aansoek te doen
I die proses om individuele eenhede van ʼn
produk in kategorieë volgens hul kwaliteit te
sorteer
J ontwikkel oplossings na die analisering van
probleme met die produksieproses
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE
bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem TWEE voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat
besigheidsbedrywighede kan beïnvloed. (2)
2.2 Brei uit oor die betekenis van magsverhoudinge. (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
ULNA VERVAARDIGERS (UV)
Ulna Vervaardigers (UV) het ʼn groot hoeveelheid kapitaal in ʼn
inligtingstegnologie-stelsel belê om hul sakebedrywighede op datum te
bring. UV het die manier waarop hul onderneming gestruktureer is,
verander om mee te ding in ʼn veranderende mark.
Identifiseer TWEE maniere waarop UV by uitdagings van die
besigheidsomgewing aanpas. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYNE om VRAAG 2.3 te beantwoord.
MANIERE OM BY UITDAGINGS
MOTIVERINGS
AAN TE PAS
1.
2. (6)
2.4 Verduidelik die verband tussen die primêre, sekondêre en tersiêre sektore. (4)
2.5 Bespreek die volgende uitdagings van die markomgewing:
2.5.1 Tekort aan verskaffing van voorraad (4)
2.5.2 Verandering in verbruikersgedrag (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ANELA SKOENE (AS)
Anela Skoene (AS) het hul besigheid na ander Afrika-lande uitgebrei deur ʼn
winkel in Botswana oop te maak. Hulle bestee ook geld aan navorsing in die
ontwikkeling van hul skoene. Onlangs het die bestuur ook ʼn betroubare
verskaffer van rou materiaal vir hul skoene verkry.
2.6.1 Haal TWEE maniere aan waarop AS in die makro-omgewing betrokke
is. (2)
2.6.2 Verduidelik ander maniere waarop AS in die makro-omgewing
betrokke kan wees. (4)
2.7 Bespreek die voordele van besighede wat in die makro-omgewing betrokke
is. (6)
2.8 Stel maniere voor waarop ʼn besigheid hulself van mededingers in die mark
kan onderskei. (4)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige TWEE faktore wat pryse beïnvloed. (2)
3.2 Beskryf kortliks die vereistes van ʼn goeie handelsmerk. (6)
3.3 Identifiseer die tipes tussengangers wat deur Melvin Vervaardigers in ELK
van die stelling hieronder gebruik word:
3.3.1 Melwin Vervaardigers gebruik kleinskaalse handelaars om aan
verbruikers in kleiner hoeveelhede te verkoop. (2)
3.3.2 Melwin Vervaardigers maak gebruik van verteenwoordigers om
transaksies tussen hulle en die finale verbuiker te organiseer. (2)
3.4 Verduidelik totale gehaltebestuur (TGB/’TQM’) as deel van gehaltebestuur-
stelsels. (6)
3.5 Bespreek die rol van openbare betrekkinge in publisiteit. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2022)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
ASAT REKENMEESTERS (AR)
Asat Rekenmeesters (AR) het Abie en Isa as finansiële rekenmeesters
aangestel. Abie word R5 000 betaal vir elke stel finansiële state wat hy
voltooi. Isa word R380 per uur betaal vir die uitvoering van haar pligte.
Identifiseer TWEE salarisbepalingsmetodes wat deur AR gebruik word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.6 te beantwoord.
SALARISBEPALINGSMETODES MOTIVERINGS
1.
2. (6)
3.7 Bespreek die werwingsprosedure. (6)
3.8 Gee besighede raad oor die wetlike vereistes van ʼn indiensnemingskontrak. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Name TWEE komponente van die makro-omgewing. (2)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BOSHOFF HANDELAARS (BH)
Boshoff Handelaars (BT) word aan baie uitdagings blootgestel. Die
bestuurders van BT het nie voldoende bestuursvaardighede nie. Moeilike
werknemers maak ook die daaglikse bestuur van die onderneming ʼn
uitdaging. Die nuut geïmplementeerde arbeidsbeperkings beïnvloed BT ook
negatief.
4.2.1 Haal TWEE uitdagings van die mikro-omgewing uit die scenario
hierbo aan. (2)
4.2.2 Noem TWEE ander uitdagings van die mikro-omgewing. (2)
4.3 Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge. (6)
4.4 Bespreek verskansing teen inflasie as ʼn soort van invloedwerwing. (4)
4.5 Stel maniere voor waarop besighede ʼn direkte invloed op die omgewing kan
hê. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.6 Noem TWEE aspekte wat tydens die produksiebeplanning oorweeg moet
word. (2)
4.7 Beskryf kortliks die doel van induksie as ʼn menslikehulpbronaktiwiteit. (6)
4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WANDA SAKKE (WS)
Wanda Sakke (WS) spesialiseer in die vervaardiging van verskillende
reistasse. Hul ontwerpers werk aan die ontwerp en ontwikkeling van produk-
idees wat ʼn een grootte pas almal benadering moontlik maak.
4.8.1 Noem EEN stadium/stap van die produkontwerp uit die scenario
hierbo. (2)
4.8.2 Verduidelik ander stadiums/stappe van die produkontwerp wat ook
deur WS gevolg gaan word. (6)
4.9 Gee besighede raad oor plasingsprosedure as ʼn menslikhulpbronaktiwiteit. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE
bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES)
Besighede moet ʼn goeie verhouding met die vakbonde hê om stakings te voorkom
wat ʼn negatiewe impak op besighede het. Die werksomgewing kan beïnvloed word
deur etiese wangedrag en rowery en moet dus deur besighede geïdentifiseer en
gerapporteer word. Oplossings vir rowery moet geïmplementeer word om
intellektuele eiendom te beskerm.
Met verwysing na bostaande, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:
• Beskryf kortliks die funksies van vakbonde.
• Verduidelik die negatiewe impak van stakings as ʼn sosio-ekonomiese kwessie
op besighede.
• Bespreek DRIE tipes etiese wangedrag.
• Gee besighede raad oor die volgende oplossings vir rowery:
o Patent
o Handelsmerk [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (PRODUKSIEFUNKSIE)
Suksesvolle produksiebeplanning maak dit mootlik om die aspekte van
produksiebeheer in sakebedrywighede te implementeer. Besighede moet goed
ingelig wees oor die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en moet
die nodige voorkomende maatreëls tref wanneer masjinerie gebruik word.
As ʼn kundige in produksiebeplanning, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:
• Beskryf kortliks die voordele van produksiebeplanning.
• Verduidelik DRIE aspekte wat tydens produksiebeheer oorweeg moet word.
• Bespreek die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid.
• Beveel voorkomende maatreëls aan wat besighede behoort te neem wanneer
masjinerie gebruik word. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum