Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
BESIGHEIDSTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP
Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 369.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40
vrae
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE.
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
KEUSE: 30
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Die impak van … op besighede as ʼn sosio-ekonomiese kwessie kan
daartoe lei dat werknemers ʼn werkstaak moet herhaal.
A etiese wangedrag
B ekonomiese misdaad
C Onbeskikbaarheid/uitputting van natuurlike hulpbronne
D gebrek aan vaardighede
1.1.2 Vryheidsbank is werksaam in die … sektor aangesien hulle in die
aanbieding van bankdienste spesialiseer.
A primêre
B tersiêre
C ekonomiese
D sekondêre
1.1.3 Die komponent van die bemarkingskommunikasiebeleid waarvoor die
besigheid nie betaal word nie, staan as … bekend.
A publisiteit
B advertering
C verkoopspromosies
D persoonlike verkope
1.1.4 Fred Sappe gebruik ... tydens produksiebeplanning om die tyd uit te
werk wat vir die uitvoering van elke taak in hul produksiestelsel nodig
is.
A beplanning
B roetebepaling
C skedulering
D lading
1.1.5 Die doel van ʼn … is om die kandidaat se geskiktheid vir ʼn pos te
bepaal op grond van hul vaardigheid, ondervinding en kwalifikasie.
A induksieprogram
B indiensnemingskontrak
C werwingsproses
D onderhoud
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
psigografie; volle; eksterne; sloerstaking; tussengangers; demografie;
staking; interne; geen; verskaffers
1.2.1 Die statistieke van die bevolking soos geslag, ouderdom, ras en vlak
van opvoeding, staan as ... bekend.
1.2.2 Kebu Logistieke het … beheer oor die ekonomiese omgewing.
1.2.3 Werknemers neem deel aan ʼn … wanneer hulle doelbewus hul
produktiwiteit by die werk vertraag.
1.2.4 Die middelmanne wat as onderhandelaars tussen vervaardigers en die
verbruiker optree, staan as ... bekend.
1.2.5 Vloer Handelaars het … werwing gebruik wanneer die vakature van
winkelbestuurder in die plaaslike koerant geadverteer word.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Kliënte A die proses om landbouprodukte volgens hul
gehalte in kategorieë te klassifiseer
1.3.2 Moeilike B behels enige aanpassings wat aan die
werknemers beplanningsproses gemaak word
1.3.3 Standaardisering C die nuwe werknemer se vaardighede word by
die vereistes van die pos gepas
1.3.4 Regstellende D komponent van die markomgewing
aksie
1.3.5 Plasing E werknemers wat dikwels vir bevorderings
meeding
F die nuwe werknemer word aan hul nuwe
werkplekomgewing bekendgestel
G komponent van die makro-omgewing
H behels die kontrolering van die gehalte van die
produksieproses en die finale produk
I die proses om te verseker dat alle goedere wat
geproduseer word van gelyke gehalte is
J werknemers wat dikwels oor werkstelsels kla
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige DRIE komponente van die mikro-omgewing. (3)
2.2 Beskryf kortliks die funksies van vakbonde. (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ULNA HANDELAARS (UH)
Die bestuur by Ulna Handelaars probeer desperaat om hul omgewing en die
gedrag van ander besighede te beheer deur magsverhoudings te vorm.
Hulle het waardevolle advies van magtige invloedryke mense gekry nadat
hulle hul genooi het om deel van hul direksie te wees.
2.3.1 Identifiseer die manier waarop UH ʼn magsverhouding in die scenario
hierbo gevorm het. (2)
2.3.2 Beskryf EEN ander manier waarop besighede ʼn magsverhouding
kan vorm. (3)
2.4 Verduidelik die negatiewe impak van stakings as ʼn sosio-ekonomiese
kwessie op besighede. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KUHLE KOSSE (KK)
Kuhle Kosse ervaar baie uitdagings. Hulle sukkel om ʼn betroubare verskaffer
van groente te vind. Die bestuur van KK het nie ʼn duidelike plan van
waarheen die besigheid op pad is nie. Twee ander voedselkleinhandelaars
het ook in dieselfde area oopgemaak.
2.5.1 Haal TWEE uitdagings van die markomgewing vir KK in die scenario
hierbo aan. (2)
2.5.2 Verduidelik maniere waarop besighede hulself van mededingers in
die mark kan onderskei. (6)
2.6 Bespreek die verband tussen die primêre, sekondêre en tersiêre sektore. (6)
2.7 Stel maniere voor waarop besighede ʼn direkte invloed op die omgewing kan
hê. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige TWEE gehaltebeheerliggame. (2)
3.2 Beskryf kortliks die voordele van produksiebeplanning. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ZAJEED VERVAARDIGERS (ZV)
Zajeed Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van kantoor meubels.
ZV maak gebruik van tussengangers om hul produkte te versprei. Hulle
gebruik ander besighede om in klein hoeveelhede aan verbruikers te verkoop.
3.3.1 Identifiseer die tipe tussenganger wat deur ZV gebruik word. (2)
3.3.2 Verduidelik redes hoekom ZV, as ʼn vervaardiger, die gebruik van
indirekte verspreidingsmetodes sal verkies. (6)
3.4 Beskryf enige TWEE kategorieë van verbruikersgoedere. (6)
3.5 Bespreek die doel van advertering. (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
EKO HANDEL (EH)
Eko Handel het die pos vir ʼn aankoopbestuurder op die besigheid se
kennisgewingbord geadverteer. Hulle het aangedui dat die persoon verkieslik
ʼn diploma in bestuur moet hê. Die aankoopbestuurder sal verantwoordelik
wees om voorraad te bestel en om met verskaffers te skakel.
3.6.1 Identifiseer TWO komponente van die posontleding wat op die pos by
EH van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.6.1 te
beantwoord.
KOMPONENTE VAN DIE MOTIVERINGS
POSONTLEDING
1.
2. (6)
3.7 Onderskei tussen stukwerk en tydverwante salarisbepalings. (4)
3.8 Gee besighede raad oor die wetlike vereistes van ʼn indiensnemings-kontrak. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige TWEE uitdagings in die makro-omgewing. (2)
4.2 Beskryf kortliks DRIE voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat
besigheidsbedrywighede kan beïnvloed. (6)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
SONKRAG HOMMELTUIE (SH)
Sonkrag Hommeltuie het ʼn hommeltuig ontwikkel wat met sonkrag aangedryf
word en geen batterye hoef vervang te word nie. SH was bekommerd dat ander
besighede hul ontwerp sou dupliseer, daarom het hulle hul nuwe uitvinding
geregistreer. Hulle het ook ʼn baie spesiale simbool van ʼn gloeiende son gebruik
om klante in staat te stel om hul hommeltuie te identifiseer.
4.3.1 Identifiseer TWEE oplossings vir rowery wat SD geïmplementeer het.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.3.1 te
beantwoord.
OPLOSSINGS VIR MOTIVERINGS
ROWERY
1.
2. (6)
4.4 Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995
(Wet 66 van 1995). (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem enige VIER soorte verpakking. (4)
4.6 Beskryf kortliks die keuringsprosedure as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit. (4)
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SAGTE KOMBERSE (SK)
Sagte Komberse spesialiseer in die vervaardiging van komberse. Die bestuur
verseker dat SK aan die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid voldoen. SK
verseker dat hul noodhulpbokse altyd beskikbaar is. Hulle stel ook brandblussers
in die werkplek beskikbaar.
4.7.1 Haal TWEE maniere aan waarop SK aan die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid voldoen. (2)
4.7.2. Verduidelik ander maniere waarop SK aan die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid kan voldoen. (4)
4.8 Beveel voorkomende maatreëls aan wat besighede behoort te neem wanneer
masjinerie gebruik word. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (AANPASSING BY UITDAGINGS
VAN DIE BESIGHEIDSOMGEWING)
Besighede gebruik netwerkvorming en invloedwerwing om aan hul spesifieke
behoeftes en aktiwiteite te voldoen. Suksesvolle besighede het die vermoë om by
die talle uitdagings aan te pas wat hul besighede in die gesig staar. Besighede moet
projekte onderneem wat hul gemeenskap kan bevoordeel as gevolg van die voordele
van hierdie projekte vir besighede en die gemeenskap.
Skryf ʼn opstel oor aanpassing by uitdagings van die besigheidsomgewing waarby jy
die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die voordele van netwerkvorming.
• Verduidelik die volgende soorte van invloedwerwing:
o Verskansing teen inflasie
o Bedingingsessies tussen bestuur en vakbonde
• Bespreek enige DRIE maniere waarop besighede by uitdagings van die
besigheidsomgewings kan aanpas.
• Beveel projekte aan wat deur besighede as deel van maatskaplike/sosiale
verantwoordelikheid onderneem kan word. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (BEMARKINGSFUNKSIE)
Alle besighede is bewus van die belangrikheid van prysbepaling om finansiële
sukses te verseker, daarom eksperimenteer bemarkingsbestuurders dikwels met
verskillende prystegnieke. Dit is belangrik vir besighede om al die faktore wat hul
pryse sal beïnvloed te ontleed, en om van verkoopspromosies gebruik te maak om
mededingend in die mark te bly.
Skryf ʼn opstel oor die bemarkingsfunksie waarby jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die belangrikheid van prysbepaling.
• Verduidelik die volgende prystegnieke:
o Koste-gebaseerde pryse
o Kompetisie gebaseerde pryse
• Bespreek enige VIER faktore wat prysbepaling beïnvloed.
• Gee besighede raad oor die doel van verkoopspromosies.
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum