NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
BESIGHEIDSTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP
Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 449.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag
beantwoord word.
VRAAG PUNTE TYD
AFDELING
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40
vrae
3 40 70
KEUSE:
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 ʼn ... is ʼn persoon wat sy/haar eie besigheid begin en bestuur.
A Waagkapitalis
B Uitvoerende bestuurder
C Entrepreneur
D Direkteur
1.1.2 Prins en Koningin Prokureurs is gesamentlik en afsonderlik
aanspreeklik vir die skulde van die besigheid. Hierdie
ondernemingsvorm staan as ʼn ... bekend.
A publieke maatskappy
B vennootskap
C nie-winsgewende maatskappy
D privaat maatskappy
1.1.3 ʼn … plan is ʼn geskrewe dokument wat ʼn omvattende oorsig van ʼn
voorgestelde besigheid gee.
A Gelyke indiensnemings-
B Aksie-
C Vyf jaar
D Besigheids-
1.1.4 Besighede gebruik … denke wanneer ou denkpatrone op nuwe
situasies toegepas word.
A roetine
B kreatiewe
C uiteenlopende
D kritiese
1.1.5 Muzi Onderneming het nie al hul inkomste aan die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens verklaar nie. Hierdie is ʼn voorbeeld van ʼn … besluit.
A goeie
B morele
C slegte
D regte
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2023)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
aflegging; probleemoplossing; Iyngrafiek; beperkte aanspreeklikheid;
staafgrafiek; kommunikasie; onbeperkte aanspreeklikheid; besluitneming;
etiek; regstellende aksie
1.2.1 Konga Handelaars (Edms.) Bpk. sal slegs die bedrag geld wat in die
besigheid belê is, verloor. Dit verwys na …
1.2.2 Thando Ondernemings het ʼn reeks vertikale reghoeke gebruik, wat as
ʼn … bekend staan om ʼn stel verkoopsyfers te vertoon.
1.2.3 Die proses om oplossings vir moeilike kwessies te vind, verwys na …
1.2.4 Die kode van … beskryf die missie en waardes van die besigheid of
organisasie.
1.2.5 Perfekte Konsultante beëindig alle indiensnemingskontrakte van sy
werknemers om operasionele redes. Dit staan as … bekend.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Tantieme A dokument dien as ʼn grondwet van ʼn besigheid
1.3.2 Tydlyne B deur kreatiewe denke verkry
1.3.3 Memorandum van C besighede is in staat om nasionaal handel te
Inkorporasie dryf
1.3.4 Globalisering D betalings aan die franchise-gewer gemaak op
grond van die omset van die besigheid
1.3.5 Konvensionele E beplanningsinstrumente wat datums en
oplossings volgorde aandui
F betaling aan die eienaar van die eiendom
gemaak vir die gebruik van ʼn bate
G dokument waarvolgens maatskappy bekend
is deur registrasie en naam
H verkry deur logiese analitiese
probleemoplossingsmetodes
I beplanningsinstrument wat gebruik kan word
om ʼn idee in ʼn aksieplan te omskep
J besighede is in staat om handel in
verskillende lande te dryf
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2023)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG
2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige DRIE aspekte wat oorweeg moet word wanneer ʼn besigheid begin
word. (3)
2.2 Beskryf kortliks strategieë wat besighede kan gebruik om te verseker dat hulle
winsgewend en volhoubaar bly. (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MUZI EIENDOMME (ME)
Muzi Eiendomme is ʼn eiendomsagentskap. ME koop plase en laat die gebruiker
toe om die eiendom met gereelde betaling volgens hul kontrak te benut. Onlangs
het ME ook ’n bestaande slaghuis gekoop.
2.3.1 Identifiseer die verkryging van ʼn besighede wat deur ME toegepas is.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.3.2 Verduidelik die redes waarom entrepreneurs mag besluit om ʼn bestaande
besigheid te koop. (4)
2.4 Bespreek die prosedure vir die stigting van maatskappye. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
RADI MELKPLAAS (RM)
Radi Melkplaas sal die volgende aktiwiteite verrig tydens die oprigting van hul
besigheid gedurende Desember. Mzala sal die melkkoeie in die eerste week
aankoop. Gedurende die tweede en derde week gaan Kenny die melkmasjiene
opstel.
2.5.1 Trek ʼn Gantt-kaart op deur die inligting wat in die scenario verskaf is, te
gebruik.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5.1 te
beantwoord.
AKTIWITEITE WEKE PERSOON
VERANTWOORDELIK
WEEK 1 WEEK 2 WEEK 3
(6)
2.6 Bespreek enige TWEE faktore wat die keuse van befondsing beïnvloed. (6)
2.7 Stel voor hoe die aanbieder die volgende visuele hulpmiddels moet voorberei:
2.7.1 Transparante/skyfies (4)
2.7.2 Uitdeelstukke (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem DRIE teorieë van etiek wat van toepassing is op die werkplek. (3)
3.2 Beskryf kortliks die beginsels van professionalisme. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
UMBANE TEGNOLOGIE (UT)
Umbane Tegnologie is ʼn besigheid wat elektrisiteit verskaf. Hulle is besig om ʼn
kernkragstasie aan die Jeffreysbaai-kuslyn te bou. Hulle het al die
ondersteunende en teenwerkende idees vir hierdie ontwikkeling oorweeg. UT het
besluit om kundiges uit te nooi om hulle te help om hul uitdagings te hanteer.
3.3.1 Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur UT gebruik is.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.3.1 te
beantwoord.
PROBLEEMOPLOSSINGS- MOTIVERINGS
TEGNIEKE
1.
2. (6)
3.4 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (4)
3.5 Bespreek die volgende groot veranderinge wat mense en besighede moet
hanteer:
3.5.1 Werkloosheid (4)
3.5.2 Regstellende aksie (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KONINGS BEVRORE KOSSE (KBK)
Konings Bevrore Kosse het ʼn ernstige uitdaging van fase agt beurtkrag teëgekom.
Swaar reën het ook hul stoorkamer beskadig. Die werknemers van KBK verskil
ook dikwels met mekaar. Die bestuur van KBK moet maniere vind om al hul
krisisse te hanteer.
3.6.1 Haal DRIE voorbeelde van krisisse uit die scenario hierbo aan. (3)
3.6.2 Verduidelik maniere waarop besighede krisisse in die werkplek kan
hanteer. (4)
3.7 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem enige TWEE projekbeplanning stappe. (2)
4.2 Beskryf kortliks die eienskappe van ʼn entrepreneur (4)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KUNGAWO GLAS BPK. (KGB)
Kungawo Glas Bpk. spesialiseer in die vervaardiging van glas. KGB het ʼn
dokument uitgereik waarin die publiek uitgenooi word om aandele te koop.
4.3.1 Noem die dokument in die scenario hierbo wat deur KGB uitgereik is. (2)
4.3.2 Beskryf kortliks die aspekte wat ingesluit moet word in die dokument wat
in VRAAG 4.3.1 genoem is. (4)
4.4 Verduidelik die redes hoekom besighede finansiering benodig. (4)
4.5 Bespreek die voordele van uitkontraktering. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.6 Beskryf kortliks die voordele van etiese besigheidsgeleenthede. (4)
4.7 Bespreek die voordele daarvan om probleme saam met ander op te los. (6)
4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUIWERSTE WATER (SW)
Sizwe is ʼn werknemer by Suiwerste Water. Hy het ʼn swaar werkslading en werk
lang ure. Sizwe sukkel om die stres by die werk te hanteer.
4.8.1 Noem TWEE oorsake van stres ervaar deur Sizwe in die scenario hierbo. (2)
4.8.2 Stel maniere voor waarop werknemers stres in die werkplek kan hanteer. (4)
4.9 Beveel maniere aan waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe
denke in die werkplek stimuleer. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING VAN
BESIGHEIDSINLIGTING)
ʼn Goed beplande aanbieding met huidige en betroubare inligting is noodsaaklik vir
belanghebbendes. Die sukses van ʼn aanbieding hang af van die voorbereiding van
die aanbieding. Besigheidsverslae moet op skrif gestel word en aanbieders moet
terugvoer op ʼn nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer.
Skryf ʼn opstel oor aanbieding van besigheidsinligting waarby jy die volgende aspekte
insluit:
• Beskryf kortliks die belangrikheid van die aanbieding van besigheidsinligting.
• Verduidelik die faktore wat die aanbieder moet oorweeg ter voorbereiding van ʼn
aanbieding.
• Bespreek die stappe in die skryf van ʼn verslag.
• Gee besighede raad oor hoe om na afloop van ʼn aanbieding terugvoering op ʼn
nie-aggressiewe en professionele wyse te hanteer.
[40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SPANDINAMIKA EN KONFLIKBESTUUR)
Besighede neem mense van uiteenlopende agtergronde in diens wat soms tot konflik
kan lei. Dit is belangrik vir die besigheid om deur die stadiums van spanontwikkeling
te gaan om ʼn gemeenskaplike doelwit te bereik. Besighede gebruik werkplekforums
om hul verskille op te los voordat dit tot ernstiger probleme lei.
Skryf ʼn opstel oor spandinamika en konflikbestuur waarby jy die volgende aspekte
insluit:
• Beskryf kortliks die belangrikheid van spanwerk.
• Verduidelik die oorsake van konflik in die besigheid.
• Bespreek VIER stadiums van spanontwikkeling.
• Gee besighede raad oor die funksies van werkplekforums.
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum