NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V2
EKSEMPLAAR
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*IGEOGA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all





GEOGRAPHY P2 QP ANNEX MEMO GR11NOV2020 Afr A
Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 32
- File size
- 871.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 32
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae.
2. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
3. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.
4. Laat ƌ lyn oop tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag aan die bokant van ƌ NUWE bladsy.
6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. In AFDELING B word jy van ƌ 1 : 50 000 topografiese kaart
(2527BD HARTBEESPOORTDAM) en ƌ ortofotokaart van ƌ gedeelte van
die gekarteerde gebied voorsien.
9. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing.
Punte sal hiervoor toegeken word.
10. Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekening aan, bv. 10 km;
2,1 cm.
11. Jy mag ƌ nieprogrammeerbare sakrekenaar en ƌ vergrootglas gebruik.
12. Die gebied wat met ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken
is, verteenwoordig die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.
13. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 3
AFDELING A: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN
VOLHOUBAARHEID
VRAAG 1
1.1 Kies die korrekte woord(e) uit die tussen hakies wat elke stelling geografies
KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.8) neer.
1.1.1 Volgens die Brandt-verslag word 80% van die wêreld se inkomste in
die (noorde/suide) verdien.
1.1.2 (Eerste/Derde) wêreldlande voer hoofsaaklik grondstowwe uit.
1.1.3 ƌ Beperking van (Rostow/Friedman) se model is dat dit nie
bevolkingsgroeitempo in ag neem nie.
1.1.4 Deur ƌ entstof vir die Corona-virus (COVID-19) te vind, is ƌ voorbeeld
van ontwikkeling op ƌ (streeks-/globale-) omvang.
1.1.5 (Bo-na-onder / Onder-na-bo) -benadering is dikwels ƌ meer
suksesvolle benadering in gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling.
1.1.6 Die volhoubaarheidsmodel sluit die (kern en periferie/ekonomie en
omgewing) in.
1.1.7 Ontwikkeling in (Eerste/Derde) wêreldlande word deur ƌ
markekonomie bereik. (7 x 1) (7)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 A.
1.2.1 … is die wêreld se mees verhandelde kommoditeit.
A Katoen
B Koring
C Olie
D Goud
1.2.2 Hulp van skenkerlande wat soms maskers en ventilators insluit, in tye
van ƌ mediese krisis, is ƌ voorbeeld van ... hulp.
A tegniese
B voorwaardelike
C uitvoer
D humanitêre
1.2.3 … vorm die basis van ƌ uitvoer-gerigte benadering tot ontwikkeling.
A Tegnologie
B Vervaardiging
C Mynbou
D Konstruksie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2.4 … is ƌ voorbeeld van ƌ handelsverhouding wat plaaslike produkte
teen buitelandse kompetisie beskerm.
A Handelsversperrings/handelsbeperkings
B Vryehandel
C Regverdige handel
D Onregverdige handel
1.2.5 ƌ Geslagsongelykheidindeks van ..., dui meer gelykheid tussen mans
en vroue aan.
A 0,83
B 0,48
C 0,21
D 0,64
1.2.6 Handelsblokke moedig … aan.
A regverdige handel
B onregverdige handel
C vryehandel
D handelsbeperkings
1.2.7 … beskryf die verhouding tussen die waarde van ƌ land se uitvoere
en invoere.
A Handelsterme
B Handelsbalans
C Betalingsbalans
D Bruto nasionaleproduk
1.2.8 … is die wêreld se vinnigste ontwikkelende ekonomie.
A Suid-Afrika
B Japan
C China
D Indië (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 5
1.3 Verwys na die spotprent in FIGUUR 1.3 wat ƌ ekonomiese aanwyser van
ontwikkeling toon.
1.3.1 Wat is die Gini-koëffisiënt? (1 x 1) (1)
1.3.2 Hoe beeld die spotprent die Gini-koëffisiënt uit? (1 x 1) (1)
1.3.3 Sou die Gini-koëffisiënt in hierdie spotprent ƌ statistiese telling nader
aan nul (0) of een (1) toon? (1 x 1) (1)
1.3.4 Bespreek DRIE maniere waarop ƌ land die verdeling van welvaart in
ƌ land kan verbeter. (3 x 2) (6)
1.3.5 Verduidelik hoe DRIE positiewe demografiese aanwysers ƌ
verbetering in die ekonomiese vlak van ontwikkeling van ƌ land, kan
toon. (3 x 2) (6)
1.4 Lees die artikel in FIGUUR 1.4 wat na globalisering verwys.
1.4.1 Volgens die artikel, hoe het globalisering gehelp met die verspreiding
van die COVID-19 pandemie? (1 x 1) (1)
1.4.2 Haal EEN voordeel van globalisering uit die artikel aan. (1 x 1) (1)
1.4.3 Noem EEN voorbeeld van ƌ multinasionalekorporasie (MNK) in die
artikel. (1 x 1) (1)
1.4.4 Bespreek hoe die COVID-19 pandemie ƌ nadeel vir
multinasionalekorporasies (MNK’s) kan wees. (2 x 2) (4)
1.4.5 In ƌ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom
globalisering nog steeds as die vernaamste stimulus vir ekonomiese
groei in die wêreld gesien word. (4 x 2) (8)
1.5 Lees die gevallestudie in FIGUUR 1.5 oor gemeenskapsontwikkeling in
Zambië en beantwoord die vrae wat volg.
1.5.1 Noem of die gevallestudie na landelike of stedelike
gemeenskapsontwikkeling verwys. (1 x 1) (1)
1.5.2 Beskryf TWEE voorbeelde wat bewys dat Veronica se lewensgehalte
verbeter het. (2 x 2) (4)
1.5.3 Die verbeterde lewensgehalte vir hierdie individue sal waarskynlik
positiewe uitkringende effekte in hul gemeenskap hê. Stel TWEE
positiewe uitkringende effekte vir Veronica se gemeenskap voor.
(2 x 2) (4)
1.5.4 Beskryf DRIE voordele van die gebruik van hierdie tipe tegnologie
waarna in die gevallestudie verwys word. (3 x 2) (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 A.
2.1.1 ... is die enigste kommersiële kernkragstasie in Suid-Afrika.
A Kusile
B Arnot
C Koeberg
D Lethabo
2.1.2 Groen-energie is/word ...
A geproduseer met fossielbrandstof.
B hernubaar.
C nie-hernubaar.
D ƌ produk van kweekhuisgasse.
2.1.3 ... is die kraguitleg wat die meeste van Suid-Afrika se elektriese-
energie produseer.
A Telkom
B Sasol
C Eskom
D Koeberg
2.1.4 Die hoeveelheid koolstofdioksied wat deur ƌ individu in die atmosfeer
vrygestel word, word ... genoem.
A kweekhuisvoetspoor
B groenbeweging
C koolstofvoetspoor
D omgewingsvoetspoor
2.1.5 Die ... wat in 1997 geteken is, vereis van lande om hulle
kweekhuisgasvrystellings te verminder.
A Parys-akkoord
B COP 17
C BRICS verdrag
D Kyoto-protokol
2.1.6 Energie wat vanuit warm gesteentes onder die aardoppervlakte
verkry word, staan as ... energie bekend.
A biomassa
B geotermiese
C wind
D bio-brandstof
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 7
2.1.7 ... is die mineraal wat benodig word om kernkrag op te wek.
A Steenkool
B Goud
C Uraan
D Platinum (7 x 1) (7)
2.2 Kies die korrekte woord(e) uit die tussen hakies wat elke stelling geografies
KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(2.2.1–2.2.8) neer.
2.2.1 Die (D/R)-horison is die diepste grondhorison in die grondprofiel.
2.2.2 ƌ (Steil/Geleidelike) topografie veroorsaak goed-gedreineerde en
steiler grond.
2.2.3 Ontbossing is ƌ (menslike/fisiese) agent van erosie.
2.2.4 Grondkleur word deur (tyd/moederrotse) beïnvloed.
2.2.5 Humusinhoud kom meestal in die (bo-grond/ondergrond) voor.
2.2.6 Die vernaamste agent van gronderosie is (water/droogte).
2.2.7 (Hernubare/Nie-hernubare) hulpbronne word konstant deur die
natuur geproduseer.
2.2.8 Gedeeltelik verweerde gesteente-materiaal word in die
(regoliet/ondergrond) aangetref. (8 x 1) (8)
2.3 Verwys na die spotprent in FIGUUR 2.3 wat die verhouding tussen
hulpbronne en ekonomiese ontwikkeling aantoon.
2.3.1 Noem die natuurlike hulpbron wat in die spotprent uitgeput word.
(1 x 1) (1)
2.3.2 Volgens die spotprent, waarom word hierdie natuurlike hulpbron
uitgeput? (2 x 1) (2)
2.3.3 Hoe affekteer die uitputting van hierdie natuurlike hulpbron die
omgewing? (2 x 1) (2)
2.3.4 Bespreek die positiewe ekonomiese impak wat die uitputting van
hierdie hulpbron op die ontwikkeling van ƌ land het. (2 x 2) (4)
2.3.5 Verduidelik hoe lande meer volhoubare strategieë kan implementeer
om hulle natuurlike hulpbronne te beskerm. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat Suid-Afrika se energieplan toon.
2.4.1 Watter persentasie van Suid-Afrika se energieplan sal steenkool in
2030 uitmaak? (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem enige TWEE ander konvensionele energiebronne wat ƌ deel
van Suid-Afrika se energieplanne in 2030 sal wees. (2 x 1) (2)
2.4.3 Waarom sal Suid-Afrika nog steeds in 2030 so op steenkool steun?
(2 x 1) (2)
2.4.4 Bespreek die impak wat Suid-Afrika se steun op steenkool op die
omgewing sal hê. (2 x 2) (4)
2.4.5 Verduidelik waarom kernkrag nie ƌ belangrike rol in Suid-Afrika se
energieplan in 2030 sal speel nie. (3 x 2) (6)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat nie-konvensionele energiebronne illustreer.
2.5.1 Waarom is son- en windenergie voorbeelde van nie-konvensionele
energiebronne? (1 x 1) (1)
2.5.2 Gee TWEE bewyse uit die skets om die stelling te ondersteun dat
die bron van nie-konvensionele energie relatief goedkoop is. (2 x 1) (2)
2.5 3 Hoe kan son-energie voordelig vir Suid-Afrika se huidige
energiebronne wees? (2 x 1) (2)
2.5.4 Beskryf die negatiewe impak wat windturbines wat gebruik word om
wind-energie op te wek, op die omgewing kan hê. (1 x 2) (2)
2.5.5 In ƌ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat
die nie-konvensionele energiebronne, in die skets uitgebeeld, op die
ekonomie van Suid-Afrika sal hê. (4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 9
AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2527 DB
HARTBEESPOORTDAM, sowel as die ortofotokaart van ƌ gedeelte van die
gekarteerde gebied.
3.1 3.1.1 Die skaal van die topografiese kaart is 1 : 50 000. Skryf die skaal as ƌ
woordskaal neer. (1 x 1) (1)
3.1.2 Wat is die reguitlyn-afstand vanaf peilbaken 104 in blok C2 tot
punthoogte 1521 in blok B3? Gee jou antwoord in meter. (2 x 1) (2)
3.2 3.2.1 Bereken die magnetiese deklinasie van Hartbeespoortdam vir 2020.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
(5 x 1) (5)
3.2.2 Vergelyk die magnetiese deklinasie van 2020 met die magnetiese
deklinasie vir 2012 en dui aan watter een die grootste is. (1 x 1) (1)
3.2.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.2. (1 x 1) (1)
3.3 3.3.1 Die verskynsel by 5 op die ortofotokaart is (ƌ) ...
A rugbyvelde.
B tennisbane.
C oop parkeergebied.
D suiweringsplantasie.
3.3.2 Die primêre ekonomiese aktiwiteit by P in blok A1 is (ƌ) ...
A sportvelde.
B uitgrawings.
C bewerking.
D nie-standhoudende rivier.
3.3.3 Identifiseer die omgewingsfaktor wat die gebied in blok C5 affekteer:
A Rivier
B Dam
C Rioolwerke
D Pad (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.4 Verwys na die FEITE-LÊER (FIGUUR 3.4) van die Hartbeespoortdam en die
topografiese kaart.
Die Schoemansville-stadsraad het besluit om die vlak van ontwikkeling in die
gebied deur middel van toerisme te verbeter. Bespreek hoe die stadsraad die
gebied kan bevorder deur bewyse uit blokke B2 en B3 te gebruik. (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na blok E1 op die topografiese kaart.
3.5.1 Identifiseer die omgewingsprobleem wat in die gebied aangetref word.
(1 x 1) (1)
3.5.2 Watter TWEE volhoubare strategieë kan geïmplementeer word om die
impak wat by VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is, te voorkom en te
kontroleer? (2 x 2) (4)
GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, wat van die Hartbeespoortdam in blok B2 op die
topografiese kaart geneem is, en beantwoord die volgende vrae.
3.6.1 Is die foto ƌ raster- of vektorbeeld? (1 x 1) (1)
3.6.2 Gee ƌ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1. (1 x 2) (2)
3.6.3 Watter tipe ruimtelike voorwerp is die damwal in blok B2 op die
topografiese kaart? (1 x 1) (1)
3.7 Verwys na die ortofotokaart.
3.7.1 Het die ortofotokaart ƌ lae of hoë resolusie? Gee ƌ rede vir jou
antwoord. (1 + 1 x 2) (3)
3.7.2 Noem EEN faktor in die afstandwaarnemingsproses wat die resolusie
van die ortofotokaart kan beïnvloed. (1 x 1) (1)
[30]
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V2
BYLAE
EKSEMPLAAR
*IGEOGA4*
Hierdie bylae bestaan uit 7 bladsye.
2 GEOGRAFIE V2 (BYLAE) (EC/NOVEMBER 2020)
FIGUUR 1.3: EKONOMIESE AANWYSER VAN ONTWIKKELING
[Bron: internationalmoneyreform.org/news]
FIGUUR 1.4: GLOBALISERING
ƌ Epidemie van globalisering – en die globalisering van ƌ epidemie
03 Apr 2020 20:11
John Luiz
Die buitengewone gebeure wat verband hou met die verspreiding van die COVID-19-
virus gedurende die afgelope paar maande, het verskeie swakpunte in verband met
globalisering beklemtoon. Ons het hieruit voordeel getrek, maar met COVID-19 ervaar
ons een van die vele nadele verbonde aan hierdie model. Ons het die globalisering van
ƌ epidemie gesien – nou ƌ pandemie – wat geen grense respekteer nie. In baie opsigte
was ons gelukkig dat iets wat ooreenstem met hierdie skaal nie vroeër gebeur het nie,
ondanks dat daar voorheen sprake van was.
Die ander perspektief is die epidemie van globalisering self en wat blootgestel is as
gevolg van hierdie virus. Die voordele van globalisering in vervaardiging het koste
verlaag en spesialisasie gefasiliteer wat met vermeende mededingende voordele
saamgaan, vergemaklik.
Om twee voorbeelde te gee: Die reuse Boeing 787 Dreamliner het massiewe aanlegte
in Italië, Japan en die Verenigde State wat die saamgestelde rompvate en vleuels uit een
stuk vervaardig, en hierdie aspekte moet oor die hele wêreld gesinchroniseer en
geïntegreer word. ƌ Belangrike Amerikaanse skootrekenaar vervaardig sy LCD-skerm
in Suid-Korea of Taiwan, die mikroprosessor en moederbord in China, die geheue in
Japan, die hardeskyf in Singapoer, Thailand of die Filippyne, en die battery in Maleisië
of Mexiko.
[Bron: www.fin24.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 (BYLAE) 3
FIGUUR 1.5: GEMEENSKAPSONTWIKKELING
VERONICA BOU ’N HUIS MET TAMATIES
Veronica Sianchenga was een van die eerstes in haar dorp wat die Mosi-o-Tunya, ƌ
goedkoop besproeiingstelsel wat in Zambië vervaardig word, gekoop het. Dit kos minder
as die ingevoerde pompe en lewer ƌ hoër opbrengs omdat dit ontwerp is vir die spesifieke
plaaslike topografie van landelike Zambië. Met behulp van Mosi-o-Tunya het Veronica se
familie reeds die vrugte begin pluk van ƌ bykomende inkomste uit besproeiingsprodukte
danksy IDE se skakels met groothandelaars en spyseniers in Livingstone.
Harde werk en skerp ondernemingsinstinkte het tot ƌ verbeterde lewensgehalte vir
Veronica en haar gesin gelei. As gevolg van ƌ toename in produktiwiteit en verkope, kon
sy in minder as een jaar ƌ nuwe huis bou en haar kinders skool toe stuur.
Die loopvlakpomp is maklik om te gebruik en
kan water vanaf ƌ put of ƌ rivier pomp
en kan ook maklik vervoer word.
[Aangepas uit http -/hvw w. ideorg.org/OurResults/SucœssStories'Veronica.aspx]
Kopiereg voorbehou Blaai om assesblief
4 GEOGRAFIE V2 (BYLAE) (EC/NOVEMBER 2020)
FIGUUR 2.3: HULPBRONNE EN EKONOMIESE ONTWIKKELING
[Bron: cartoonimage.com]
FIGUUR 2.4: KONVENSIONELE ENERGIEBRONNE
[Bron: www.satsssa.gov.za]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 (BYLAE) 5
FIGUUR 2.5: NIE-KONVENSIONELE ENERGIEBRONNE
VLIEËR
[Bron: dreamstime.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om assesblief
6 GEOGRAFIE V2 (BYLAE) (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: ALGEMENE INLIGTING OOR HARTBEESPOORTDAM
Hartbeespoortdam (ook bekend as
Koördinate: 25° 44ƍ 39Ǝ S, 27° 53ƍ 58Ǝ E Harties) is ƌ boogtipe dam wat in die
Noordwes-provinsie van Suid-Afrika
geleë is. Dit lê in ƌ vallei suid van die
Magaliesberg-bergreeks en noord van
die Witwatersberg-bergreeks, ongeveer
35 kilometer noordwes van
Johannesburg en 20 kilometer wes van
Hartbeespoort .
Pretoria.
A
Die dam is oorspronklik ontwerp vir
besproeiing, wat tans die primêre
gebruik is, asook vir huishoudelike en
industriële gebruik.
Die dorp bestaan uit vakansiehuise en
permanente wonings rondom die dam,
want dit is gewild onder besoekers van
die nabygeleë Gauteng provinsie.
Hartbeespoort-kabelbaan is die langste
eenweg kabelbaan in Afrika.
FIGUUR 3.4: FEITELÊER OOR HARTBEESPORTDAM
FEITELEÊR – Hartbeespoortdam-area 2527 DB.
Hartbeespoortdam het die afgelope paar jaar uitgebrei. Wat vroeër Hartbeespoortdam
genoem is, is nou ƌ versameling voorstede wat Schoemansville insluit – die
oorspronklike dorp – asook Kosmos, Meerhof, Melodie en Ifafi.
[Bron: <www.en.climate-data.org>]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 (BYLAE) 7
FIGUUR 3.6: HARTBEESPOORTDAMWAL
Kopiereg voorbehou Blaai om assesblief
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V2
NASIENRIGLYN
EKSEMPLAAR
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE EN HULPBRONNE EN
VOLHOUBAARHEID
VRAAG 1
1.1 1.1.1 noorde (1)
1.1.2 Derde (1)
1.1.3 Rostow (1)
1.1.4 globaal (1)
1.1.5 Onder-na-bo (1)
1.1.6 ekonomie en omgewing (1)
1.1.7 Eerste (1) (7 x 1) (7)
1.2 1.2.1 C (Olie) (1)
1.2.2 D (humanitêre) (1)
1.2.3 B (Vervaardiging) (1)
1.2.4 A (Handelsbeperkings) (1)
1.2.5 C (0,21) (1)
1.2.6 C (vryehandel) (1)
1.2.7 B (Handelsbalans) (1)
1.2.8 C (China) (1) (8 x 1) (8)
1.3 1.3.1 ƌ Ekonomiese aanwyser wat aantoon hoe welvaart in ƌ land verdeel
is (1)
[KONSEP]
(1 x 1) (1)
1.3.2 Dit wys dat welvaart/geld in die land in die hande van een persoon is (1)
Meeste mense in die spotprent wil hê dit moet verander (1)
Die ryk persoon deel letterlik kleingeld uit (1)
[ENIGE EEN]
(1 x 1) (1)
1.3.3 Nader aan een (1) (1 x 1) (1)
1.3.4 Meer werksgeleenthede skep (2)
Verbetering van vaardighede (2)
ƌ Aanpassing in salarisverskille (2)
Verbeter salarisaanpassings om in lyn met die VPI te wees (2)
Winsverdeling in maatskappye (2)
[ENIGE DRIE]
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 3
1.3.5 Meer mense wat in ƌ stedelike gebied woon, is 'n bron van geskoolde en
ongeskoolde arbeid (2)
ƌ Hoër persentasie mense wat in stedelike gebiede woon eerder as op
die platteland, sal meer bydra tot die BBP van ƌ land as hulle formeel in
die sekondêre, tersiêre en kwaternêre sektor werk (2)
Hoë onderwys- en geletterdheidsvlakke stel ƌ land in staat om
globalisering en die gepaardgaande tegnologie te aanvaar (2)
Hoë onderwys- en geletterdheidsvlakke dra by tot die vaardigheidsbasis
van ƌ land en lok buitelandse beleggings (2)
Goeie water- en elektrisiteitsdienste moedig ook die ontwikkeling van die
sekondêre, tersiêre en ekonomiese sektore van die ekonomie aan (2)
Doeltreffende en hoë gehalte gesondheidsorg beskerm ook die
arbeidsmag in ƌ land (2)
[ENIGE DRIE]
(3 x 2) (6)
1.4 1.4.1 ‘... wat geen grense respekteer nie’ (1)
Globalisering maak grense oop en laat vryheid van beweging toe (1)
[ENIGE EEN]
(1 x 1) (1)
1.4.2 ‘... het koste verlaag en het spesialisering wat verband hou met
vermeende mededingende voordele vergemaklik' (1) (1 x 1) (1)
1.4.3 Boeing 787 Dreamliner (1) (1 x 1) (1)
1.4.4 MNK’s sal nie in staat wees om produkte te vervaardig nie, aangesien
hulle afhanklik is van spesialisering (vervaardiging) in verskillende
lande (2)
Koste sal styg en winste daal (2)
Besighede regoor die wêreld sal tydelik sluit, dus geen winste nie (2)
Verhoogde koste aangegaan as gevolg van werknemervoordele /
uitbetalings (2)
Werk in gasheerlande / hoofkwartiere sal ook verlore gaan (2)
WInste sal ook nie na die pandemie toeneem nie, aangesien baie mense
nie meer die koopkrag het nie (2)
[ENIGE TWEE]
(2 x 2) (4)
1.4.5 Dit het die liberalisering van handel / vloei van internasionale
kommoditeite aangemoedig (2)
Grense word meer oop en laat vry beweging van idees toe (2)
Globale bestuur soos die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) het
ontwikkelende lande in wêreldhandels- en ekonomiese stelsels
geïntegreer (2)
Globalisering het die vorming van handelsblokke moontlik gemaak (2)
Multinasionale ondernemings werk wêreldwyd en skep werk en genereer
winste (2)
Produksie is gestimuleer en lande het hul ekonomieë uitgebrei (2)
ƌ Globale arbeidsmag het die uitruil van vaardighede moontlik
gemaak (2)
[ENIGE VIER]
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.5 1.5.1 Landelik (1) (1 x 1) (1)
1.5.2 Veronica is in staat om ander dorpenaars in diens te neem en
sodoende hul lewenstandaard te verhoog (2)
Haar verhoogde inkomste beteken ook dat sy die plaaslike
ondernemings tot ƌ groter mate kan ondersteun (2) (2 x 2) (4)
1.5.3 Het ƌ beter huis (2)
Al haar kinders is by skole ingeskryf (2)
Sy spandeer minder tyd om water te gaan haal (2)
[ENIGE TWEE]
(2 x 2) (4)
1.5.4 Loopvlakpomp is maklik om te gebruik (2)
Bespaar tyd en arbeid dus kan groter oppervlaktes bewerk word (2)
Maklik om te vervoer (2)
Lig genoeg vir mans en vroue (2)
Plaaslik vervaardig (2)
[ENIGE DRIE]
(3 x 2) (6)
[60]
VRAAG 2
2.1 2.1.1 C (Koeberg) (1)
2.1.2 B (hernubaar) (1)
2.1.3 C (Eskom) (1)
2.1.4 C (koolstofvoetspoor) (1)
2.1.5 D (Kyoto-protokol) (1)
2.1.6 B (geotermies) (1)
2.1.7 C (Uraan) (1) (7 x 1) (7)
2.2 2.2.1 R (1)
2.2.2 geleidelik (1)
2.2.3 menslike (1)
2.2.4 moederrots (1)
2.2.5 bo-grond (1)
2.2.6 water (1)
2.2.7 Hernubaar (1)
2.2.8 regoliet (1) (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 5
2.3 2.3.1 Bome (1) (1 x 1) (1)
2.3.2 Om ruimte te maak vir geboue (aanvaar voorbeelde) (1)
Infrastruktuur (aanvaar voorbeelde) (1) (2 x 1) (2)
2.3.3 Verminder suurstof (1)
Vermeerder koolstofdioksied (1)
Verhoog afloop (1)
Verhoog infiltrasie (1)
Verwoes estetiese skoonheid (1)
[ENIGE TWEE]
(2 x 1) (2)
2.3.4 Dit verskaf meer ruimte vir ontwikkeling (geboue, infrastruktuur, ens.) in
ƌ land (2)
Dit skep werksgeleenthede / vermenigvuldigereffek (2)
Daar sal verhoogde produksie en meer verkope wees (2)
Meer handel vind plaas en daar sal meer winste wees (2)
[ENIGE TWEE]
(2 x 2) (4)
2.3.5 Enige nuwe ontwikkeling vereis dat daar ƌ omgewingsimpak studie
gedoen word (2)
Opvoeding in omgewingsbewustheid (2)
Buffersones (groengordels) om ongekontroleerde stedelike uitbreiding
te beheer (2)
Strategieë om geboortesyfers te verlaag (2)
Om landelik-stedelike migrasie te verminder (aanvaar voorbeelde) (2)
[ENIGE DRIE]
(3 x 2) (6)
2.4 2.4.1 46% (1) (1 x 1) (1)
2.4.2 kern (1)
hidro (1)
gas (1)
[ENIGE TWEE]
(2 x 1) (2)
2.4.3 Dit is steeds geredelik in Suid-Afrika as ƌ natuurlike hulpbron
beskikbaar (2)
Steenkoolmynbou verskaf werk (2)
Groot hoeveelhede geld is in steenkoolmyne / kragstasies belê (2)
Nie-konvensionele energiebronne hou ekstra koste in (2)
[ENIGE TWEE]
(2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4.4 Dit sal die verwoesting van die omgewing veroorsaak (2)
Storting naby steenkoolmyne kan grondagteruitgang veroorsaak (2)
Die proses om steenkool te ontgin en kragstasies, sal metaan en
skadelike chemikalieë in die atmosfeer vrystel (2)
Suurreën sou die gevolg wees van die vrystelling van stikstofoksied in
die atmosfeer (2)
Stofdeeltjies en steenkoolas word vanaf kragstasies vrygestel (2)
[ENIGE TWEE]
(2 x 2) (4)
2.4.5 Kernkragstasies is duur om te bou (2)
Berging van kernafval is duur (2)
Aardbewings en terrorisme kan radioaktiewe stortings veroorsaak (2)
Menslike veiligheid is ƌ kwessie; ongelukke kan plaasvind wat tot
sterftes sal lei (2)
Uraan is ƌ nie-hernubare bron (2)
Steenkool is maklik beskikbaar wat kernenergie ƌ onnodige uitgawe
maak (2)
[ENIGE DRIE]
(3 x 2) (6)
2.5.1 Dit is hernubare energiebronne / nuwe en alternatiewe energie-
bronne (1)
[KONSEP]
(1 x 1) (1)
2.5.2 Sonlig (1)
Vlieër (dui wind aan) (1) (2 x 1) (2)
2.5.3 Dit is ƌ alternatief vir beide steenkool sowel as kernkrag (1)
Dit sal diversifiseer en broodnodige energie tot die elektrisiteitsnetwerk
toevoeg (1)
Dit is skoon en sal Suid-Afrika se koolstofvrystellings verminder (1)
Fotovoltaïese panele kan aan landelike gebiede wat nie op die
elektrisiteitsnetwerk is nie, verskaf word (1)
[ENIGE TWEE]
(2 x 1) (2)
2.5.4 Draaiende rotorlemme kan voëls, vlermuise, insekte doodmaak (2)
Dit beïnvloed ekosisteme en kan die biodiversiteit van die gebied
verminder (2)
Dit veroorsaak geraas wat die estetiese skoonheid van die omgewing
kan bederf (2)
[ENIGE EEN]
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 7
2.5.5 NEGATIEF
Die aanvanklike installasiekoste is duur aangesien onderdele ingevoer
moet word (2)
In meeste gevalle moet bekwame mense van oorsee toesig hou oor
die bedrywighede hou wat duur is (2)
ƌ Groot deel van die Suid-Afrikaanse arbeidsmark sal van hierdie
werksgeleenthede uitgesluit word omdat hulle ongeskool is (2)
Wind- en sonenergie is onbetroubaar, want albei is daagliks van groot
hoeveelhede sonskyn en wind afhanklik (2)
Slegs sekere gebiede in Suid-Afrika sal dan toegang tot nie-
konvensionele energiebronne hê (2)
Verhoogde afhanklikheid van nie-konvensionele energiebronne sal die
vraag na steenkool verminder en myne laat stilstaan (2)
Dit sal hoë werkloosheid in die myne veroorsaak en gepaardgaande
skakelbedrywe wat steenkool, soos kragstasies, verwerk (2)
POSITIEF
Die aanvangskoste van die installasie is duur, maar die bedryfskoste
daarna is goedkoper as om afhanklik van steenkool te wees (2)
Die bronne vir nie-konvensionele gebruik van energie is hernubaar en
goedkoper (2)
Dit sal meer werksgeleenthede skep (2)
Dit sal die vaardigheidsbasis van die land se arbeidsmag verbreed (2)
ƌ Toename in die gebruik van nie-konvensionele energiebronne
verminder die afhanklikheid van olie en daarom daal die prys (2)
Energie kan van afgeleë landelike gebiede verkry word wat die
ekonomie van hierdie gebiede sal stimuleer (2)
Daar sal minder beurtkrag wees en sodoende ƌ hupstoot vir
ondernemings gee (2)
[KANDIDATE MOET NA BEIDE POSTIEWE EN NEGATIEWE
IMPAK VERWYS]
[ENIGE VIER]
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Een sentimeter op die kaart verteenwoordig 50 000 cm in werklikheid 3
(1 x 1) (1)
3.1.2 4,9 3cm x 0,5 = 2,45 km OF 4,9 3cm ÷ 2 = 2,45 km
[Speling 4,8 – 5,0]
= 2 450 meter 3 (2 x 1) (2)
[Speling 2 400 – 2 500]
3.2 3.2.1 Verskil in jare: 2020 – 2012 = 8 3 jare
Gemiddelde jaarlikse verandering: 5' 3 W
Totale verandering: 8 x 5' W = 40' 3 W
Magnetiese deklinasie vir 2020: 15°24' W + 340' W = 16 °04ҿ W 3
(5 x 1) (5)
3.2.2 2020 is groter 3
16°04’ W is groter as 15°24’ W 3
[ENIGE EEN]
(1 x 1) (1)
3.2.3 Die gemiddelde jaarlikse verandering van die magnetiese deklinasie is
Wes 9 (1 x 1) (1)
KAARTINTERPRETASIE
3.3 3.3.1 A (1)
3.3.2 C (1)
3.3.3 C (1) (3 x 1) (3)
3.4 Bergagtige landskap 33
Beskermde gebied (Natuurreservaat) 33
Karavaanpark / kampeerterreine / vakansieoorde (Lekkersukkel) 33
Dam – vlotvaart / kanovaart / visvang / seil / seiljag / damwal 33
Slangpark 33
Brits-tonnel 33
[ENIGE TWEE]
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 9
3.5 3.5.1 Gronderosie (1) (1 x 1) (1)
3.5.2 Kontoerploeëry (2)
Strookbewerking (2)
Bebossing (2)
Nie ploeg op steil hellings nie (2)
Wisselbou (2)
Windskerms (2)
Braking van grond (2)
Vul dongas in (2)
Vermy oorbeweiding (2)
Kunsmis (2)
Plantegroei langs riviere (2)
Behou grondbedekking – droë seisoen (2)
[ENIGE TWEE]
(2 x 2) (4)
GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.6 3.6.1 Raster (1) (1 x 1) (1)
3.6.2 Toon grafika as rye en kolomme met klein reghoekige beeldelemente
(‘pixels’) om ƌ rooster te vorm (2) (1 x 2) (2)
3.6.3 Lyn (1) (1 x 1) (1)
3.7 3.7.1 Laag (1)
Rede
Hoe groter die grootte van die roostersel, hoe slegter is die resolusie en
minder akkuraatheid (2)
Minder pixels is gebruik, dus is die ortofotokaart nie baie duidelik nie (2)
Die kenmerke op die ortofotokaart is nie baie duidelik nie/vaag (2)
Minder besonderhede oor die omgewing van geboue kan verkry
word (2)
[ENIGE EEN]
(1 + 1 x 2) (3)
3.7.2 Weerstoestande (aanvaar voorbeelde) (1)
Fokus (1)
Aantal / grootte van pixels (1)
Skaduwees (1)
Toerusting (aanvaar voorbeelde) (1)
Lugbesoedeling (1)
Afstand (1)
Hoek waarteen die beeld vasgelê word (1)
Skaal (1)
[ENIGE EEN]
(1 x 1) (1)
[30]
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG

Memorandum
GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR

Memorandum
GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans Final hlayiso.com

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Eng D hlayiso.com

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afr D hlayiso.com

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 QP ANNEX MEMO NOV2020 Afr D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
GEOGRAPHY P2 QP ANNEX MEMO GR11NOV2020 Afr D

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans

Memorandum
GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Eng D

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afr D
More from Grade 11 Geography
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2025 ENG

Question paper
GEOGRAPHY P2 MAP 2529CC EMALAHLENI Nov 2025 Final

Question paper and memo
FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo

Question paper
GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D

Question paper
GEOGRAPHY P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
