Skip to content

Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11202320 pages

Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2023 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS. AFDELING A: VRAAG 1: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE (60) VRAAG 2: HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID (60) AFDELING B: VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord al DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is. 5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer opdrag gegee word om dit te doen. 9. Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of lys. 10. Meeteenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart van 2730DD VRYHEID en die 1 : 10 000 ortofotokaart word voorsien. 15. Die area wat in SWART op die topografiese kaart afgebaken is, verteenwoordig die area wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inhandig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 3 AFDELING A: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE EN HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID VRAAG 1: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 D. 1.1.1 Minder Ekonomies Ontwikkelde Lande (MEOL) word deur … en ... gekenmerk. (i) hoë bevolkingsgroei (ii) hoë lewensverwagting (iii) minimale industrialisasie (iv) tegnologiese ontwikkeling A (i) en (ii) B (i) en (iii) C (ii) en (iii) D (ii) en (iv) 1.1.2 Die …-aanwyser wys hoe rykdom in ʼn land gedeel word. A lewensgehalte B menslike ontwikkeling C demografiese D Gini-koëffisiënt 1.1.3 Sosiale aanwysers van menslike ontwikkeling sluit … tariewe in. A moedersterftes B geletterdheid C babasterftesyfer D sterftes 1.1.4 Die land wat die hoogste vlak van menslike ontwikkeling uitbeeld, is ... 1.1.5 Australië is ʼn … land geleë … van die Brandt-lyn. A ontwikkelende; suid B ontwikkelende; noord C ontwikkelde; suid D ontwikkelde; noord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 1.1.6 Die verskaffing van ʼn gemeenskap met toegang tot elektrisiteit en skole word as … ontwikkeling geklassifiseer. A basiese behoeftes B volhoubare C billike D toepaslike 1.1.7 Om volhoubare ontwikkeling in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-lande te bevorder, is ontwikkeling op ʼn …-vlak. A gemeenskaplike B nasionale C streeks D kontinentale (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 5 1.2 Gebruik die tabel hieronder om die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B te voltooi. Skryf slegs X of Y langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 Y. SUID-AFRIKAANSE UITVOER SUID-AFRIKAANSE INVOERE R88 679 256 980 R101 762 020 372 Handelsbalans: R-13 082 763 392 Top 5 lande waarnatoe SA Top 5 lande waarvandaan SA uitgevoer het: ingevoer het: 1. China 11,1 1. China 23,1 2. Verenigde State 8,1 2. Duitsland 9,2 3. Duitsland 6,2 3. Verenigde State 5,7 4. Japan 4,8 4. Indië 4,2 5. Botswana 4,8 5. Saoedi-Arabië 3,4 [Bron: https://prestigecredit.co.za/2019/03/01/south-africa-s-trade-statistics-for-january-2019/] KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Die waarde van Suid-Afrika se … is X uitvoere; invoere groter as die waarde van sy … Y invoere; uitvoere 1.2.2 Suid-Afrika het ʼn … handelsbalans X positief met die VSA Y negatief 1.2.3 … % van goedere word vanaf Suid- X 6,2 Afrika na Duitsland uitgevoer Y 9,2 1.2.4 Suid-Afrika het handel ... met X surplus Duitsland Y tekort 1.2.5 Die verhouding tussen die waarde X handelsbalans van ʼn land se uitvoere en sy invoere Y balans van betalings 1.2.6 China se ekonomiese ontwikkeling X invoer-geleide kan aan ʼn ... benadering tot Y uitvoer-geleide ontwikkeling toegeskryf word 1.2.7 Beperkings wat deur regerings gestel X kwotas word aan die hoeveelheid ingevoerde Y subsidies goedere 1.2.8 Onbeperkte handel van goedere en X regverdige handel dienste tussen lande sonder die Y vrye handel beperkings van tariewe en kwotas (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 1.3 Verwys na die uittreksel hieronder oor die Growing Hope- gemeenskapsvoedseltuine. Gemeenskapsvoedseltuine in Kaapstad bring hoop vir hul gemeenskappe deur groen ruimtes te aktiveer (te begin), om diete met vars groente aan te vul en omgewingsbewustheid te skep. Ten spyte van baie uitdagings, volhard stedelike tuiniers en bring hoop aan hul gemeenskappe. [Aangepas uit http://vpuu.org.za//projects/towards-a-community-economy] 1.3.1 Klassifiseer die voedseltuine waarna in die uittreksel verwys word as landelike of stedelike gemeenskapsontwikkeling. (1 x 1) (1) 1.3.2 Verskaf redes dat die voedseltuine gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling is. (1 x 2) (2) 1.3.3 Gee TWEE voorbeelde van menslike kapitaal wat tot die projek se sukses kan bydra. (2 x 1) (2) 1.3.4 Wat is die sosiale voordele van ʼn goed bestuurde gemeenskapsvoedseltuin? (2 x 2) (4) 1.3.5 Watter uitdagings sal die gemeenskapsvoedseltuin met beperkte toegang tot befondsing in die gesig staar? (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 7 1.4 Verwys na die prent hieronder gebaseer op internasionale handel en handelsooreenkoms. [Bron: Eksaminator se eie skets] *Fairtrade – Regverdige handel 1.4.1 Uit die skets, identifiseer EEN kommoditeit wat verhandel word. (1 x 1) (1) 1.4.2 Hoe illustreer die skets die suksesvolle proses van handel? (1 x 1) (1) 1.4.3 Haal bewyse uit die skets aan wat aandui dat handel op ʼn internasionale skaal is. (1 x 1) (1) 1.4.4 Hoe het globalisering tot die vinnige uitbreiding van internasionale handel bygedra? (2 x 2) (4) 1.4.5 Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe die beginsels van billike handel ʼn positiewe impak op die ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe in ontwikkelende lande het. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 1.5 Verwys na die uittreksel oor ontwikkelingshulp vir Afrika-lande. AFRIKA LANDE ONTVANG HULP NA SIKLOON FREDDY Die Europese Unie (EU) het €2,5 miljoen (R48 600 000) nood-finansiëring aan Mosambiek, Malawi en Madagaskar verskaf toe hulle in Februarie 2023 deur tropiese sikloon Freddy getref is. Tropiese storms en siklone, vloede, droogtes en epidemies kom dikwels voor, wat die Afrika-streek baie kwesbaar vir hierdié risiko’s maak. ʼn Lugondersteuningsoperasie het humanitêre belanghebbendes gehelp om gemeenskappe te bereik wat deur die oorstromings en sterk winde geraak is. Met hierdie hulp kon humanitêre vennote op die grond noodsaaklikhede soos voedsel, beskerming, noodskuiling en nie-voedselitems bekom. Gesondheid en nooddienste is ook bygestaan weens die cholera-epidemie wat in die streek uitgebreek het. Hulp is toegeken aan vennote wat in die water-, sanitasie- en higiëne sektor werk om die uitwerking van die wateroordraagbare siektes te probeer bekamp. [Aangepas uit https://civil-protection-humanitarian-aid.ec.europa.eu/news- stories/news/southern-africa-and-indian-ocean-eu-allocates-eu25-million-emergency-aid] : 1.5.1 Wat is humanitêre hulp? (1 x 2) (2) 1.5.2 Noem TWEE lande wat deur tropiese sikloon Freddy geraak is. (2 x 1) (2) 1.5.3 Identifiseer ʼn voorbeeld van humanitêre hulp wat in die uittreksel genoem word. (1 x 1) (1) 1.5.4 Waarom was humanitêre hulp in hierdie lande nodig? (2 x 1) (2) 1.5.5 Waarom ervaar LEDC’s meer uitdagings in hul pogings om van natuurrampe te herstel, in vergelyking met MEDC’s? (2 x 2) (4) 1.5.6 Verduidelik die negatiewe impak van humanitêre hulp op ontwikkelende lande. (2 x 2) (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 9 VRAAG 2: HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 D. Verwys na die kaart hieronder wat die verspreiding van Suid-Afrika se energiebronne toon, om VRAE 2.1.1 en 2.1.2 te beantwoord. [Bron: https://www.researchgate.net/figure/Map-of-Power-Plants-in-the-Republic-of- South-Africa] 2.1.1 In watter provinsie is Suid-Afrika se enigste operasionele kernkragsentrale geleë? A Gauteng B Mpumalanga C Limpopo D Wes-Kaap 2.1.2 Die meerderheid van Suid-Afrika se steenkoolkragstasies is in die Mpumalanga-provinsie as gevolg van ... A ryk steenkool-neerslae daar. B nabyheid aan ander lande. C konsentrasie van mense. D ʼn hoë vraag na elektrisiteit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 2.1.3 Konvensionele energiebronne in Suid-Afrika sluit in: (i) steenkool (ii) sonkrag (iii) hidro (iv) gas A (i) en (ii) B (i) en (iv) C (i) en (iii) D (iii) en (iv) 2.1.4 Om groen te word is ʼn belangrike stap na ... A ʼn verhoogde koolstofvoetspoor. B ʼn meer volhoubare leefstyl. C toenemende kweekhuisgasse. D hulpbronuitputting. 2.1.5 Natuurlike hulpbronne wat op ʼn nie-volhoubare manier gebruik word, sluit in ... (i) bebossing (ii) uitgebreide gebruik van fossielbrandstowwe (iii) herbebossing (iv) swaar gebruik van landbou-chemikalieë A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (iii) en (iv) D (ii) en (iv) 2.1.6 Die land met die meeste ekologiese voetspoor per persoon is ... A Botswana B VSA C Katar (‘Qatar’) D Mauritius Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 11 2.1.7 Volgens die sirkeldiagram hieronder is die hoofoorsaak van gronderosie … A klimaatverandering. B industrialisasie. C landbou-aktiwiteite. D verstedeliking. (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 2.2 Die foto's hieronder wys verskillende maniere waarop elektriese energie in Suid- Afrika verkry word. Pas die beskrywings hieronder by die toepaslike energiebron. Skryf slegs die energiebron langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.9 Termiese energie. [Aangepas uit https://www.sciencedirect.com/topics/engineering/primary-energy-source] 2.2.1 Verkry deur die opbreek van uraan-atome 2.2.2 Gebruik van hitte van ondergrondse rotse en water 2.2.3 Brandende plantegroei en organiese materiaal 2.2.4 Fotovoltaïese panele wat die son se strale omskakel 2.2.5 Energie verkry deur steenkool in kragstasies te verbrand 2.2.6 Energie wat ʼn kombinasie van hernubare en nie-hernubare is 2.2.7 Gebruik die krag van lopende water 2.2.8 Word na as hitte-energie verwys (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 13 2.3 Verwys na die infografika oor gronderosie in die Drakensburg-hooglande van Suid-Afrika. Gronddegradasie, in die vorm van gronderosie, is ʼn groot bedreiging wat die volhoubaarheid van weiveld in die gesig staar. Die wanbestuur van lande (oorbeweiding en veetrap), wat verband hou met die toenemende bevolkingsdigthede en vraag na grond, het gronderosie veroorsaak. [Aangepas uit https://www.intechopen.com/chapters/50695] 2.3.1 Hoe het die toenemende bevolkingsdigtheid en vraag na grond gronderosie veroorsaak? (1 x 2) (2) 2.3.2 (a) Watter beeld (A, B of C) is die kwesbaarste vir gronderosie? (1 x 1) (1) (b) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.2(a) deur na die impak van die grasbedekking te verwys. (1 x 2) (2) 2.3.3 Waarom is gronderosie ‘ ʼn groot bedreiging’ vir die bestaan van bestaansboere wat die gemeenskaplike grond gebruik? (2 x 1) (2) 2.3.4 In ʼn paragraaf van AGT reëls, verduidelik watter volhoubare bestuurstrategieë wat gebruik kan word om gronderosie te beheer en te voorkom. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 2.4 Verwys na die uittreksel hieronder oor Afrika se hernubare energie. • Afrika: die wêreld se enigste streek wat “uitstekende toestande” vir sonkrag oorskry • Afrika het 60% van die wêreld se beste sonkragbronne maar slegs 1% van die sonkragopwekkingskapasiteit word ingespan. • Hierdie sonkragbronne gee Afrika ʼn unieke geleentheid om bekostigbare, betroubare en volhoubare elektrisiteit vir sy ekonomiese groei te voorsien. [Aangepas uit https://www.weforum.org/agenda/2022/09/africa-solar-power-potential/] 2.4.1 Wat is hernubare energie? (1 x 2) (2) 2.4.2 Watter streek is die huidige leier op die Afrika-kontinent in hernubare energie-kapasiteit? (1 x 1) (1) 2.4.3 Watter Afrika-streek sal, wanneer al hul onderkonstruksie-projekte voltooi is, hul huidige kapasiteit meer as verdubbel? (1 x 2) (2) 2.4.4 Watter fisiese faktore dra daartoe by dat Afrika as oortref ‘uitstekende toestande’ vir sonkrag beskryf word? (2 x 1) (2) 2.4.5 Hoe sal die ontwikkeling van sonkragaanlegte tot Afrika se ekonomiese groei bydra? (2 x 2) (4) 2.4.6 Verduidelik die uitdagings wat Afrika in die gesig staar in die verhoging van hul kapasiteit om sonenergie op te wek. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 15 2.5 Verwys na die uittreksel oor Suid-Afrika se energiebestuur. STEENKOOL HET NOG ’N BELANGRIKE ROL OM IN SUID-AFRIKA TE SPEEL: VANDAG EN MÔRE Suid-Afrika se steenkoolkragstasies word met Suid-Afrika se energiekrisis verbind. Die nasionale kragvoorsiener in staatsbesit, Eskom Holdings – wat 90% van die elektrisiteit wat in Suid-Afrika gebruik word en 30% van die elektrisiteit wat op die Afrika-vasteland opgewek word opwek – kon nie met die nasionale vraag na elektrisiteit tred hou nie. Eskom se 14 steenkoolkragstasies is óf oud en onvoldoende onderhou óf swak ontwerp en funksioneer nie na vermoë nie. As gevolg van hierdie kwessies ervaar Suid-Afrika ʼn daaglikse tekort van ongeveer 4 000–6 000 megawatt, ongeveer gelykstaande aan 10% van die huidige gebruik. Wat geskeduleerde kragonderbrekings (of beurtkrag*) tot gevolg het. Onstabiele toegang tot elektrisiteit beïnvloed nie net die daaglikse lewe van die algemene publiek nie, maar kragonderbrekings veroorsaak ook ontwrigtings vir besighede, wat die ekonomiese ruggraat van die land beskadig. Om hierdie probleem aan te spreek, het Suid-Afrika gewerk om sy energiemengsel van steenkool na hernubare energie soos wind en sonkrag te verskuif. Uit ʼn holistiese perspektief het steenkool egter ʼn deurslaggewende rol om te speel in die stabilisering van die land se energiesektor en sake-omgewing. *Beurtkrag: wanneer ʼn kragstasie nie aan die vraag na elektrisiteit kan voorsien nie, word krag na dele van die netwerk afgeskakel om kragopwekkingsbates te beskerm. [Aangepas uit https://energycapitalpower.com/like-it-or-not-coal-still-has-an-important-role-to- play-in-south-africa-today-and-tomorrow/] 2.5.1 Volgens die uittreksel, watter persentasie van Suid-Afrika se elektrisiteit genereer Eskom? (1 x 1) (1) 2.5.2 Haal uit die uittreksel aan waarom Eskom se veertien (14) steenkoolkragstasies nie in die nasionale vraag na elektrisiteit kan voorsien nie. (2 x 1) (2 ) 2.5.3 Hoe beïnvloed onstabiele elektrisiteitstoevoer (beurtkrag) klein besighede? (1 x 2) (2) 2.5.4 Op watter maniere het Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkoolkragstasies ʼn impak op die omgewing? (2 x 2) (4) 2.5.5 Verduidelik waarom die vermindering van die land se afhanklikheid van steenkool as ʼn bron van energie nadelig vir die ekonomie sal wees. (3 x 2) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR VRYHEID Koördinate: 27° 45' 55'' S; 30° 47' 32'' E Vryheid is in die Abaqulusi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal geleë. Die dorp het ʼn relatiewe groot kommersiële en dienstesektor alhoewel die ekonomie van landbou en steenkoolmynbou afhanklik is. Primêre aktiwiteite sluit veeboerdery, besproeiingsgewasproduksie, boorde en beduidende bosbouplantasies in. Die kommersiële landbou word deur grondagteruitgang en droogtes bedreig. Die mynbousektor was tradisioneel ʼn belangrike stimulus van die distrikte se ekonomie, maar mynbouaktiwiteite in die distrik het in die middel 1990’s afgeneem, hoofsaaklik as gevolg van die sluiting van myne. [Aangepas uit Zululand District Municipality integrated Development Plan: 2020/2021] Die volgende Engelse terme en hul vertalings word op die topografiese kaart gewys: ENGLISH AFRIKAANS Aerodrome Vliegveld Canal Kanaal Diggings Uitgrawings Furrow Voor Golf course Gholfbaan Sewerage works Rioolwerke Show grounds Skougronde Waterfall Waterval Weir Studam Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 17 VRAAG 3 3.1 KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.2) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.3 A. 3.1.1 Die kaartindeks suidoos van 2730DD is … A 2831AA. B 2731CA. C 2730DA. D 2730BA. (1 x 1) (1) 3.1.2 Op die ortofotokaart stel 1 cm … in werklikheid voor. A 1 000 cm B 1 km C 100 m D 0,1 m (1 x 1) (1) 3.1.3 Die opgedateerde gemiddelde magnetiese deklinasie (MD) vir 2023 is 22°14' wes van Ware Noord. Bepaal die magnetiese peiling (MP) van die staproete, vanaf H (blok B1) tot by die dam I (blok C1) op die topografiese kaart. (2 x 1) (2) 3.1.4 Hoekom is dit belangrik vir ʼn stapper om die magnetiese peiling in plaas van die ware peiling te gebruik, om rigting op topografiese kaarte te bepaal? (1 x 1) (1) 3.1.5 Verwys na 1 en 2 op die ortofotokaart. (a) Die reguitlynafstand op die kaart, vanaf 1 tot 2, is 3,8 cm. Bereken die werklike afstand in meter. (2 x 1) (2) (b) Bereken die gemiddelde gradiënt tussen 1 en 2. Vertikale interval (VI) Formule: Gemiddelde gradiënt = Horisontale ekwivalent (HE) (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 3.2 KAART-INTERPRETASIE Verwys na die topografiese kaart. 3.2.1 Die mensgemaakte kenmerk J in blok D4 is ʼn … A treinstasie. B uitgrawing. C opvulling. D mynhoop. (1 x 1) (1) 3.2.2 Die Besterspruitrivier in blok E4 is ... en vloei ... (i) nie-standhoudend (ii) standhoudend (iii) noordwaarts (iv) suidwaarts A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (i) en (iv) D (ii) en (iv) (1 x 1) (1) 3.2.3 Verwys na die topografiese kaart en die foto hieronder wat K in D6 uitbeeld. [Aangepas uit Google Maps] (a) Gebruik beide die topografiese kaart- en fotografiese bewyse om te verduidelik waarom die Klipfonteindam nie ʼn goeie ligging vir die bou van ʼn hidro-elektriese kragstasie is nie. (1 x 2) (2) (b) Stel TWEE ekonomiese aktiwiteite voor wat by die Klipfonteindam kan baat vind. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 19 3.2.4 Verwys na die gebied afgebaken deur L in blok E3/F3 en E4/F4 op die topografiese kaart, wat uitgebreide gronderosie toon. (a) Beskryf die proses van gronderosie. (1 x 2) (2) (b) Verduidelik die negatiewe uitwerking van gronderosie op die fisiese omgewing. (2 x 2) (4) 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 3.3.1 Verwys na die diagram wat die proses van datalae toon. [Bron: https://www.esri.com/arcgis] (a) Klassifiseer lae X en Y as raster- of vektordata. (2 x 1) (2) (b) Verduidelik jou antwoord vir laag Y. (1 x 2) (2) 3.3.2 Vind die VRYHEID-NATUURRESERVAAT in blokke B1 / C1, wat van GIS gebruik maak om die reservaat volhoubaar te bestuur. Noem TWEE fisiese (natuurlike) lae wat die reservaatbestuur sal gebruik om ingeligte besluite oor hulpbronbestuur te neem. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 3.3.3 Beskou die bebosde gebied (3) op die ortofotokaart. Hoe sal deurlopende versameling van satelliet lugbeelde-data van die gebied help om ontbossing te monitor? (1 x 2) (2) [30] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all