NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V2
EKSEMPLAAR
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*IGEOGA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





GEOGRAPHY P2 QP GR11NOV2020 Afr D
Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 10
- File size
- 185.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae.
2. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
3. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.
4. Laat ʼn lyn oop tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag aan die bokant van ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. In AFDELING B word jy van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart
(2527BD HARTBEESPOORTDAM) en ʼn ortofotokaart van ʼn gedeelte van
die gekarteerde gebied voorsien.
9. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing.
Punte sal hiervoor toegeken word.
10. Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekening aan, bv. 10 km;
2,1 cm.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar en ʼn vergrootglas gebruik.
12. Die gebied wat met ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken
is, verteenwoordig die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.
13. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 3
AFDELING A: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN
VOLHOUBAARHEID
VRAAG 1
1.1 Kies die korrekte woord(e) uit die tussen hakies wat elke stelling geografies
KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.8) neer.
1.1.1 Volgens die Brandt-verslag word 80% van die wêreld se inkomste in
die (noorde/suide) verdien.
1.1.2 (Eerste/Derde) wêreldlande voer hoofsaaklik grondstowwe uit.
1.1.3 ʼn Beperking van (Rostow/Friedman) se model is dat dit nie
bevolkingsgroeitempo in ag neem nie.
1.1.4 Deur ʼn entstof vir die Corona-virus (COVID-19) te vind, is ʼn voorbeeld
van ontwikkeling op ʼn (streeks-/globale-) omvang.
1.1.5 (Bo-na-onder / Onder-na-bo) -benadering is dikwels ʼn meer
suksesvolle benadering in gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling.
1.1.6 Die volhoubaarheidsmodel sluit die (kern en periferie/ekonomie en
omgewing) in.
1.1.7 Ontwikkeling in (Eerste/Derde) wêreldlande word deur ʼn
markekonomie bereik. (7 x 1) (7)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 A.
1.2.1 … is die wêreld se mees verhandelde kommoditeit.
A Katoen
B Koring
C Olie
D Goud
1.2.2 Hulp van skenkerlande wat soms maskers en ventilators insluit, in tye
van ʼn mediese krisis, is ʼn voorbeeld van ... hulp.
A tegniese
B voorwaardelike
C uitvoer
D humanitêre
1.2.3 … vorm die basis van ʼn uitvoer-gerigte benadering tot ontwikkeling.
A Tegnologie
B Vervaardiging
C Mynbou
D Konstruksie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2.4 … is ʼn voorbeeld van ʼn handelsverhouding wat plaaslike produkte
teen buitelandse kompetisie beskerm.
A Handelsversperrings/handelsbeperkings
B Vryehandel
C Regverdige handel
D Onregverdige handel
1.2.5 ʼn Geslagsongelykheidindeks van ..., dui meer gelykheid tussen mans
en vroue aan.
A 0,83
B 0,48
C 0,21
D 0,64
1.2.6 Handelsblokke moedig … aan.
A regverdige handel
B onregverdige handel
C vryehandel
D handelsbeperkings
1.2.7 … beskryf die verhouding tussen die waarde van ʼn land se uitvoere
en invoere.
A Handelsterme
B Handelsbalans
C Betalingsbalans
D Bruto nasionaleproduk
1.2.8 … is die wêreld se vinnigste ontwikkelende ekonomie.
A Suid-Afrika
B Japan
C China
D Indië (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 5
1.3 Verwys na die spotprent in FIGUUR 1.3 wat ʼn ekonomiese aanwyser van
ontwikkeling toon.
1.3.1 Wat is die Gini-koëffisiënt? (1 x 1) (1)
1.3.2 Hoe beeld die spotprent die Gini-koëffisiënt uit? (1 x 1) (1)
1.3.3 Sou die Gini-koëffisiënt in hierdie spotprent ʼn statistiese telling nader
aan nul (0) of een (1) toon? (1 x 1) (1)
1.3.4 Bespreek DRIE maniere waarop ʼn land die verdeling van welvaart in
ʼn land kan verbeter. (3 x 2) (6)
1.3.5 Verduidelik hoe DRIE positiewe demografiese aanwysers ʼn
verbetering in die ekonomiese vlak van ontwikkeling van ʼn land, kan
toon. (3 x 2) (6)
1.4 Lees die artikel in FIGUUR 1.4 wat na globalisering verwys.
1.4.1 Volgens die artikel, hoe het globalisering gehelp met die verspreiding
van die COVID-19 pandemie? (1 x 1) (1)
1.4.2 Haal EEN voordeel van globalisering uit die artikel aan. (1 x 1) (1)
1.4.3 Noem EEN voorbeeld van ʼn multinasionalekorporasie (MNK) in die
artikel. (1 x 1) (1)
1.4.4 Bespreek hoe die COVID-19 pandemie ʼn nadeel vir
multinasionalekorporasies (MNK’s) kan wees. (2 x 2) (4)
1.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom
globalisering nog steeds as die vernaamste stimulus vir ekonomiese
groei in die wêreld gesien word. (4 x 2) (8)
1.5 Lees die gevallestudie in FIGUUR 1.5 oor gemeenskapsontwikkeling in
Zambië en beantwoord die vrae wat volg.
1.5.1 Noem of die gevallestudie na landelike of stedelike
gemeenskapsontwikkeling verwys. (1 x 1) (1)
1.5.2 Beskryf TWEE voorbeelde wat bewys dat Veronica se lewensgehalte
verbeter het. (2 x 2) (4)
1.5.3 Die verbeterde lewensgehalte vir hierdie individue sal waarskynlik
positiewe uitkringende effekte in hul gemeenskap hê. Stel TWEE
positiewe uitkringende effekte vir Veronica se gemeenskap voor.
(2 x 2) (4)
1.5.4 Beskryf DRIE voordele van die gebruik van hierdie tipe tegnologie
waarna in die gevallestudie verwys word. (3 x 2) (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 A.
2.1.1 ... is die enigste kommersiële kernkragstasie in Suid-Afrika.
A Kusile
B Arnot
C Koeberg
D Lethabo
2.1.2 Groen-energie is/word ...
A geproduseer met fossielbrandstof.
B hernubaar.
C nie-hernubaar.
D ʼn produk van kweekhuisgasse.
2.1.3 ... is die kraguitleg wat die meeste van Suid-Afrika se elektriese-
energie produseer.
A Telkom
B Sasol
C Eskom
D Koeberg
2.1.4 Die hoeveelheid koolstofdioksied wat deur ʼn individu in die atmosfeer
vrygestel word, word ... genoem.
A kweekhuisvoetspoor
B groenbeweging
C koolstofvoetspoor
D omgewingsvoetspoor
2.1.5 Die ... wat in 1997 geteken is, vereis van lande om hulle
kweekhuisgasvrystellings te verminder.
A Parys-akkoord
B COP 17
C BRICS verdrag
D Kyoto-protokol
2.1.6 Energie wat vanuit warm gesteentes onder die aardoppervlakte
verkry word, staan as ... energie bekend.
A biomassa
B geotermiese
C wind
D bio-brandstof
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 7
2.1.7 ... is die mineraal wat benodig word om kernkrag op te wek.
A Steenkool
B Goud
C Uraan
D Platinum (7 x 1) (7)
2.2 Kies die korrekte woord(e) uit die tussen hakies wat elke stelling geografies
KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(2.2.1–2.2.8) neer.
2.2.1 Die (D/R)-horison is die diepste grondhorison in die grondprofiel.
2.2.2 ʼn (Steil/Geleidelike) topografie veroorsaak goed-gedreineerde en
steiler grond.
2.2.3 Ontbossing is ʼn (menslike/fisiese) agent van erosie.
2.2.4 Grondkleur word deur (tyd/moederrotse) beïnvloed.
2.2.5 Humusinhoud kom meestal in die (bo-grond/ondergrond) voor.
2.2.6 Die vernaamste agent van gronderosie is (water/droogte).
2.2.7 (Hernubare/Nie-hernubare) hulpbronne word konstant deur die
natuur geproduseer.
2.2.8 Gedeeltelik verweerde gesteente-materiaal word in die
(regoliet/ondergrond) aangetref. (8 x 1) (8)
2.3 Verwys na die spotprent in FIGUUR 2.3 wat die verhouding tussen
hulpbronne en ekonomiese ontwikkeling aantoon.
2.3.1 Noem die natuurlike hulpbron wat in die spotprent uitgeput word.
(1 x 1) (1)
2.3.2 Volgens die spotprent, waarom word hierdie natuurlike hulpbron
uitgeput? (2 x 1) (2)
2.3.3 Hoe affekteer die uitputting van hierdie natuurlike hulpbron die
omgewing? (2 x 1) (2)
2.3.4 Bespreek die positiewe ekonomiese impak wat die uitputting van
hierdie hulpbron op die ontwikkeling van ʼn land het. (2 x 2) (4)
2.3.5 Verduidelik hoe lande meer volhoubare strategieë kan implementeer
om hulle natuurlike hulpbronne te beskerm. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat Suid-Afrika se energieplan toon.
2.4.1 Watter persentasie van Suid-Afrika se energieplan sal steenkool in
2030 uitmaak? (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem enige TWEE ander konvensionele energiebronne wat ʼn deel
van Suid-Afrika se energieplanne in 2030 sal wees. (2 x 1) (2)
2.4.3 Waarom sal Suid-Afrika nog steeds in 2030 so op steenkool steun?
(2 x 1) (2)
2.4.4 Bespreek die impak wat Suid-Afrika se steun op steenkool op die
omgewing sal hê. (2 x 2) (4)
2.4.5 Verduidelik waarom kernkrag nie ʼn belangrike rol in Suid-Afrika se
energieplan in 2030 sal speel nie. (3 x 2) (6)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat nie-konvensionele energiebronne illustreer.
2.5.1 Waarom is son- en windenergie voorbeelde van nie-konvensionele
energiebronne? (1 x 1) (1)
2.5.2 Gee TWEE bewyse uit die skets om die stelling te ondersteun dat
die bron van nie-konvensionele energie relatief goedkoop is. (2 x 1) (2)
2.5 3 Hoe kan son-energie voordelig vir Suid-Afrika se huidige
energiebronne wees? (2 x 1) (2)
2.5.4 Beskryf die negatiewe impak wat windturbines wat gebruik word om
wind-energie op te wek, op die omgewing kan hê. (1 x 2) (2)
2.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat
die nie-konvensionele energiebronne, in die skets uitgebeeld, op die
ekonomie van Suid-Afrika sal hê. (4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V2 9
AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2527 DB
HARTBEESPOORTDAM, sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die
gekarteerde gebied.
3.1 3.1.1 Die skaal van die topografiese kaart is 1 : 50 000. Skryf die skaal as ʼn
woordskaal neer. (1 x 1) (1)
3.1.2 Wat is die reguitlyn-afstand vanaf peilbaken 104 in blok C2 tot
punthoogte 1521 in blok B3? Gee jou antwoord in meter. (2 x 1) (2)
3.2 3.2.1 Bereken die magnetiese deklinasie van Hartbeespoortdam vir 2020.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
(5 x 1) (5)
3.2.2 Vergelyk die magnetiese deklinasie van 2020 met die magnetiese
deklinasie vir 2012 en dui aan watter een die grootste is. (1 x 1) (1)
3.2.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.2. (1 x 1) (1)
3.3 3.3.1 Die verskynsel by 5 op die ortofotokaart is (ʼn) ...
A rugbyvelde.
B tennisbane.
C oop parkeergebied.
D suiweringsplantasie.
3.3.2 Die primêre ekonomiese aktiwiteit by P in blok A1 is (ʼn) ...
A sportvelde.
B uitgrawings.
C bewerking.
D nie-standhoudende rivier.
3.3.3 Identifiseer die omgewingsfaktor wat die gebied in blok C5 affekteer:
A Rivier
B Dam
C Rioolwerke
D Pad (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.4 Verwys na die FEITE-LÊER (FIGUUR 3.4) van die Hartbeespoortdam en die
topografiese kaart.
Die Schoemansville-stadsraad het besluit om die vlak van ontwikkeling in die
gebied deur middel van toerisme te verbeter. Bespreek hoe die stadsraad die
gebied kan bevorder deur bewyse uit blokke B2 en B3 te gebruik. (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na blok E1 op die topografiese kaart.
3.5.1 Identifiseer die omgewingsprobleem wat in die gebied aangetref word.
(1 x 1) (1)
3.5.2 Watter TWEE volhoubare strategieë kan geïmplementeer word om die
impak wat by VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is, te voorkom en te
kontroleer? (2 x 2) (4)
GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, wat van die Hartbeespoortdam in blok B2 op die
topografiese kaart geneem is, en beantwoord die volgende vrae.
3.6.1 Is die foto ʼn raster- of vektorbeeld? (1 x 1) (1)
3.6.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1. (1 x 2) (2)
3.6.3 Watter tipe ruimtelike voorwerp is die damwal in blok B2 op die
topografiese kaart? (1 x 1) (1)
3.7 Verwys na die ortofotokaart.
3.7.1 Het die ortofotokaart ʼn lae of hoë resolusie? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (1 + 1 x 2) (3)
3.7.2 Noem EEN faktor in die afstandwaarnemingsproses wat die resolusie
van die ortofotokaart kan beïnvloed. (1 x 1) (1)
[30]
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2025 ENG

Question paper
GEOGRAPHY P2 MAP 2529CC EMALAHLENI Nov 2025 Final

Question paper
GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D

Question paper
GEOGRAPHY P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
IMG 20231013 WA0020 hlayiso.com

Question paper
IMG 20231013 WA0020
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans

Memorandum
GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Geography P1 Exemplar 2013 Afr

Question paper
GEOGRAPHY P1 GR11 QP NOV2020 Afr D

Question paper
GEOG P2 GR11 QP Afrikaans Vryheid hlayiso.com

Question paper
GEOGRAPHY P2 QP GR11 NOV2020 Eng D hlayiso.com
More from Grade 11 Geography
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG

Question paper and memo
FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo

Memorandum
GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR

Question paper
2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print

Question paper
2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie hlayiso.com

Question paper

