NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V1
EKSEMPLAAR
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IGEOGA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo
Grade 11 Geography Paper 1 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 838.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
National Exemplar November Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · Eng (3)Memo · Eng (4)Memo · AfrMemo · Afr (2)Memo · Afr (3)Memo · Afr (4)
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · Eng (3)Memo · Eng (4)Memo · AfrMemo · Afr (2)Memo · Afr (3)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit drie vrae.
2. ALLE diagramme is in die BYLAAG ingesluit.
3. Indien moontlik, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme.
4. Laat ʼn lyn oop tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. In AFDELING B word jy voorsien van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart
(2527 BD HARTBEESPOORTDAM) en ʼn ortofoto van ʼn gedeelte van die
gekarteerde gebied.
9. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat verskaf word, waar van
toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.
10. Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan, bv. 10 km;
2,1 cm.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar en ʼn vergrootglas gebruik.
12. Die gebied wat in ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
verteenwoordig die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.
13. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Kies ʼn term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Bepaal die hoeveelheid insolasie wat A Mosambiek
die aarde ontvang
1.1.2 Die krag wat veroorsaak dat lug vanaf ʼn B geostrofies
hoogdruk na ʼn laagdruk beweeg
1.1.3 Roterende krag wat winde deflekteer C aanlandig
1.1.4 Winde wat swaar reën na Indië D breedtegraad
gedurende somer bring
1.1.5 Winde wat parallel met die lyne van die E drukgradiënt
isobare waai
1.1.6 Winde wat vanaf die land na die see F coriolis
waai
1.1.7 Seestrome wat by die pole ontstaan G moeson
1.1.8 Kontaksone van polêre lug met warm H front
tropiese lug
I Benguela
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 oor driesel-lugsirkulasie. Pas die onderstaande
beskrywings met een van die POLÊRE, HADLEY- of FERRELSEL. Kies die
antwoord en skryf slegs die sel langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in
jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 POLÊR. Jy mag dieselfde
sel meer as een keer kies.
1.2.1 Lug sirkuleer tussen die 60̊–90̊ breedtelyne
1.2.2 Lug styg naby die ewenaar en divergeer poolwaarts
1.2.3 Lugsirkulasie is in die middelbreedtes
1.2.4 Word met tropiese lugmassa sirkulasie geassosieer
1.2.5 Koue oostelike winde ontstaan in hierdie sel
1.2.6 Hierdie sel genereer die westewindgordel
1.2.7 Passaatwinde ontstaan in hierdie sel (7 x 1) (7)
1.3 FIGUUR 1.3 is ʼn voorstelling van ʼn Föhn-wind.
1.3.1 Waarom is ʼn Föhn-wind ʼn voorbeeld van ʼn streekswind? (1 x 1) (1)
1.3.2 Noem die kant van die berg by A, in die vorming van Föhn-winde.
(1 x 1) (1)
1.3.3 Waarom kom reën by A voor? (1 x 1) (1)
1.3.4 Bespreek waarom die dalende lug by B warm en droog sal wees.
(2 x 2) (4)
1.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat die
dalende lug by B het op mense wat aan daardie kant van die berg
woon. (4 x 2) (8)
1.4 Verwys na FIGUUR 1.4, wat die La Niña-proses illustreer.
1.4.1 Waarom word die La Niña-proses as ʼn weerpatroon beskryf? (1 x 1) (1)
1.4.2 Noem TWEE bewysstukke uit FIGUUR 1.4 wat aandui dat die La
Niña-proses uitgebeeld word. (2 x 1) (2)
1.4.3 Bespreek waarom die oostelike helfte van Australië swaar reënval
gedurende die La Niña-proses sal ontvang. (3 x 2) (6)
1.4.4 Verduidelik die ekonomiese impak wat die La Niña-proses op Afrika
sal hê. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 5
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5, wat ʼn uittreksel oor verwoestyning is.
1.5.1 Volgens FIGUUR 1.5, wat is die hoofdoel van die groengordel-projek?
(1 x 1) (1)
1.5.2 Wat is verwoestyning? (1 x 1) (1)
1.5.3 Haal ʼn verklaring uit die uittreksel aan wat moontlike natuurlike
oorsake van verwoestyning aandui. (1 x 1) (1)
1.5.4 Noem TWEE menslike aktiwiteite wat tot verwoestyning bydra.
(2 x 1) (2)
1.5.5 Bespreek hoe die aanplant van bome as ʼn ‘buffersone kan dien’ om
verwoestyning te bestuur. (1 x 2) (2)
1.5.6 Behalwe vir bebossing (aanplant van bome), verduidelik TWEE ander
maniere waarop verwoestyning bestuur kan word. (2 x 2) (4)
1.5.7 Lewer kommentaar oor die positiewe impak wat die groengordel-
projek op die mense wat in die omgewing woon, sal hê. (2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2
2.1 Kies ʼn term in KOLOM B wat by die beskrywing oor topografie, wat met hellende
lae geassosieer word, in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die
vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
2.2.2 I.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Eskarphelling wys na binne en die A homoklinale skuiwing
duikhelling wys na buite
2.1.2 Steilhelling van ʼn homoklinale rug B cuesta
2.1.3 Duikende strata is meer as 45° C cuesta-koepel
2.1.4 Geleidelike helling van ʼn homoklinale D eskarp
rug
2.1.5 Lewer grondwater as gesteentes E duik
deurlaatbaar is
2.1.6 Beskryf asimmetriese rûe F cuesta-bekken
2.1.7 Duikende strata lê teen ʼn hoek van G hogsback
10°–25°
H homoklinale-rug
(7 x 1) (7)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat verskillende soorte massabeweging toon. Pas die
onderstaande beskrywings by die soorte massabeweging in die skets. Kies die
antwoord en skryf slegs die soort massabeweging langs die vraagnommers
(2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 grondkruip.
Jy kan meer as een keer dieselfde soort massabeweging kies.
2.2.1 Vinnige vloei van ʼn mengsel van gesteentes of grond en water
2.2.2 Geboë boomstamme en skuins heinings is die gevolge
2.2.3 Die vinnigste soort massabeweging
2.2.4 Kom algemeen in droë en halfdroë streke voor
2.2.5 Aardbewings kan hierdie soort massabeweging veroorsaak
2.2.6 Stadigste tipe massabeweging
2.2.7 ʼn Kombinasie van insinkings en puinvloei
2.2.8 Het sy oorsprong by steil rotswande (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 7
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat ʼn canyon-landskap aandui.
2.3.1 Toon bewyse uit die skets om te regverdig dat hierdie landskap uit
lae van ongelyke weerstand teen erosie ontwikkel het. (1 x 1) (1)
2.3.2 Beskryf die klimaat van hierdie canyon-landskap soos in
FIGUUR 2.3 uitgebeeld. (1 x 1) (1)
2.3.3 Noem EEN voordeel van hierdie canyon-landskap vir menslike
aktiwiteite. (1 x 1) (1)
2.3.4 Bespreek die rol van die rivier in die skets in die vorm van canyon-
landskappe. (2 x 2) (4)
2.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe Karoo-
landskappe uit ʼn canyon-landskap ontwikkel. (4 x 2) (8)
2.4 FIGUUR 2.4 toon stapelrotse.
2.4.1 Wat is stapelrotse? (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem die tipe rots, sigbaar op die skets, waaruit stapelrotse
ontwikkel. (1 x 1) (1)
2.4.3 Noem die stollingsintrusie waaruit stapelrotse mag ontwikkel.
(1 x 1) (1)
2.4.4 Beskryf die rol wat stollingsintrusies in die vorming van stapelrotse
speel. (2 x 2) (4)
2.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die vorming
van stapelrotse. (4 x 2) (8)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat die tipiese hellingelemente/-vorms wat met ʼn
helling geassosieer word, aantoon.
2.5.1 Identifiseer die hellingelemente/-vorms genommer A, B, C
en D. (4 x 1) (4)
2.5.2 Gee EEN kenmerk van elke hellingelement/-vorm genommer A en
C. (1 + 1) (2)
2.5.3 Watter helling-element is die mees geskikte vir gewasboerdery?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3)
2.5.4 “Hellings verskaf ʼn kosbare stuk grond vir die mensdom”.
Bespreek die belangrikheid van hellings vir menslike aktiwiteite.
(3 x 2) (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2527 DB
HATBEESPOORTDAM, sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die
gekarteerde gebied.
VRAAG 3
3.1 Verwys na die lyn wat loop van M (blok B5) tot N (blok A5) van die kabelbaan
op die topografiese kaart.
3.1.1 Bereken die gemiddelde helling van die kabelbaan vanaf M
(kontoerlesing 1 235 m) tot bo by N (trigonometriese baken 66). Toon
AL die berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Vertikale interval (VI)
Formule: Gradiënt = Horisontale ekwivalent (HE))
(5 x 1) (5)
3.2 FIGUUR 3.2 is ʼn dwarsprofiel van die klim tussen 3 en 4 op die ortofotokaart.
3.2.1 Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel. Toon alle
berekeninge vir jou berekeninge.
Vertikale Skaal (VS)
Formule: Vertikale Vergroting =
Horisontale Skaal (HS)
(4 x 1) (4)
3.2.2 Gee EEN rede waarom daar intersigbaarheid tussen 3 en 4 is. (1 x 1) (1)
KAARTINTERPRETASIE
3.3 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in jou ANTWOORDEBOEK
neer.
3.3.1 Die mensgemaakte verskynsel 2 op die ortofotokaart is ʼn ...
A dam.
B reservoir.
C gebou.
D watertoring.
3.3.2 Die verskynsel wat by 6 op die ortofotokaart gevind word, is ʼn ...
A hospitaal.
B skool.
C dam.
D tronk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 9
3.3.3 Die skaduwees op die helling onderkant 4 op die ortofotokaart kom in
die suidweste voor, wat daarop dui dat die foto teen ... geneem is.
A 08:00
B 10:00
C 16:00
D 14:00 (3 x 1) (3)
3.4 Verwys na die skuinslugfoto wat vanaf N in blok A5, op die topografiese kaart
geneem is.
3.4.1 Is hierdie lugfoto ʼn hoë of ʼn lae skuinslugfoto? (1 x 1) (1)
3.4.2 In watter rigting het die kamera gewys toe die foto geneem is? (1 x 2) (2)
3.4.3 Identifiseer die vakansie-oord by A. (1 x 1) (1)
3.5 Verwys na blokke B3/4 op die topografiese kaart en die foto in VRAAG 3.5.
3.5.1 Toon die gekarteerde gebied ʼn cuesta- of ʼn hogsback-landskap?
Ondersteun jou antwoord met bewyse vanaf die topografiese kaart.
(1 + 2) (3)
3.5.2 Waarom is daar geen ontwikkeling wat in die onderste hellings bokant
Schoemansville plaasvind nie? (1 x 2) (2)
GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.6 Jy doen tans ʼn stedelike studie van Ifafi in blok C5 op die topografiese kaart en
gebruik papier-GIS om te help met die ontleding van die gebied.
3.6.1 Watter GIS-proses sal gebruik word om die papier-GIS te
produseer? (1 x 1) (1)
3.6.2 Identifiseer TWEE verskillende lae wat jy sal gebruik om die woonbuurt
van Ifafi te analiseer. (2 x 1) (2)
3.6.3 Gee EEN voorbeeld van ruimtelike data wat in blok C5 aangetref
word. (1 x 1) (1)
3.6.4 Onlangs het baie van die inwoners van Ifafi gekla oor
waterbesoedeling. Verduidelik hoe jy GIS kan gebruik om die inwoners
te help om ʼn oplossing vir die probleem te vind. (2 x 2) (4)
[30]
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V1
BYLAAG
EKSEMPLAAR
*IGEOGA3*
Hierdie bylaag bestaan uit 7 bladsye.
2 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2020)
FIGUUR 1.2: DRIESEL-RANGSKIKKING LUGSIRKULASIE
[Bron: slideplayer.net]
FIGUUR 1.3: FÕHN-WIND
[Bron: ownyourweather.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 3
FIGUUR 1.4: LA NIÑA-PROSES
[Bron: wwwcrystal links]
FIGUUR 1.5: VERWOESTYNING
AFRIKA SE AMBISIEUSE GROENGORDELPROJEK
Die Great Green Wall-projek van 15 kilometer (9,3 myl) strek oor 7 775 km van Senegal
aan die Atlantiese Oseaan tot Eritrea aan die Rooi See. Die doel was om die verspreiding
van die Sahara-woestyn te beperk. Maar daar is nog steeds groot uitdagings.
Die verandering in klimaat- en weerpatrone het ʼn vinnige verspreiding van die Sahara-
woestyn veroorsaak, wat lande binnedring en groot mere omring, volgens
klimaatkundiges. Sewe lande in die Sahel-streek, ʼn gebied net suid van die Sahara, het
dus ʼn projek begin waarin miljarde bome teen 2030 in 11 lande geplant sal word, wat sal
dien as buffersones om die verwoestyning te stop.
Die Afrika-unie (AU) het die inisiatief in 2007 onder die naam die Groot Groen Muur van
stapel gestuur.
Die Groot Groen Muur is meer as net ʼn omgewingsprojek wat daarop gemik is om 100
miljoen hektaar vrugbare lande in die Sahel te herstel, en 250 miljoen ton koolstofdioksied
in die proses uit die atmosfeer te sny. Dit beoog om 10 miljoen sogenaamde groen
werkgeleenthede te skep.
[Vryvertaal en aangepas uit www.dw.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2020)
FIGUUR 2.2: TIPES MASSABEWEGING
[Bron: landslideadelaide.wordpress.com]
FIGUUR 2.3: CANYON-LANDSKAP
[Bron: nationalgeographic.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 5
FIGUUR 2.4: STAPELROTSE
[Bron: www.clearias.com]
FIGUUR 2.5: HELLINGS
[Bron: nationalgeographic.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: ALGEMENE INLIGTING OOR HARTBEESPOORTDAM
Koordinate: 25° 44′ 39″ S, 27° 53′ 58″ E Hartbeespoortdam (ook bekend as Harties) is
ʼn boogsoortdam in die Noordwes-provinsie
van Suid-Afrika. Dit lê in ʼn vallei suid van die
Magaliesberg-bergreeks en noord van die
Witwatersberg-bergreeks, ongeveer 35
kilometer noordwes van Johannesburg en 20
kilometer wes van Pretoria.
Die dam is oorspronklik ontwerp vir
besproeiing, wat tans die primêre gebruik is,
asook vir huishoudelike en industriële gebruik.
Die dorp bestaan uit vakansiehuise en
permanente wonings rondom die dam, want dit
is gewild onder besoekers van die nabygeleë
Gauteng provinsie.
Hartbeespoort-kabelbaan is die langste
eenweg-kabelbaan in Afrika.
Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
aangetref:
AFRIKAANS ENGLISH
Rivier River
Industrie Industry
Kliniek Clinic
Landingstrook Landing strip
Inryteater Drive-in-theatre
Grawing Digging
Stuwal Weir
Kanaal Canal
FIGUUR 3.2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 7
FIGUUR 3.4
[Bron: https://www.nationalgeographic.org/encyclopedia/escarpment/]
A
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GEOGRAFIE V1
NASIENRIGLYN
EKSEMPLAAR
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D (breedtegraad) (1)
1.1.2 E (drukgradiënt) (1)
1.1.3 F (Coriolis) (1)
1.1.4 G (moeson) (1)
1.1.5 B (geostrofies) (1)
1.1.6 C (aflandig) (1)
1.1.7 I (Benguela) (1)
1.1.8 H (front) (1) (8 x 1) (8)
1.2 1.2.1 Polêr (1)
1.2.2 Hadley (1)
1.2.3 Ferrelsel (1)
1.2.4 Hadley (1)
1.2.5 Polêr (1)
1.2.6 Ferrelsel (1)
1.2.7 Hadley (1) (7 x 1) (7)
1.3 1.3.1 Dit affekteer slegs kleiner gebiede en waai net op sekere tye van
die jaar (1)
[KONSEP] (1 x 1) (1)
1.3.2 Windkant (1) (1 x 1) (1)
1.3.3 Vogtige lug styg aan die windkant van die berg (1)
Afkoeling veroorsaak waterdamp om te kondenseer en wolke te
vorm (1)
Wolke is sigbaar in A (1)
[ENIGE EEN] (1 x 1) (1)
1.3.4 Vog word aan die windkant vrygestel (2)
Vog verdamp soos lug daal (2)
Die temperatuur verhoog adiabaties soos lug daal (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 3
1.3.5 Daar is ʼn moontlikheid van brande wat vernietiging kan veroorsaak
(aanvaar voorbeelde) (2)
Plantegroei/gewasse kan uitdroog wat die landbou beïnvloed (2)
Dit kan dehidrasie van weerlose mense soos kinders en bejaardes
veroorsaak (2)
Dit kan in sekere lande sneeu laat smelt en sneeustortings en
oorstromings veroorsaak (2)
As gevolg van oorstromings kan sneeustortings wydverspreide
vernietiging en selfs sterftes veroorsaak (2)
Gewasse kan weggespoel word (2)
[ENIGE VIER] (4 x 2) (8)
1.4 1.4.1 Dit veroorsaak korttermyn veranderinge in die klimaat. (1)
[KONSEP] (1 x 1) (1)
1.4.2 Sterk passaatwinde (1)
Laagdruk oor Australië (1)
Sterk ekwatoriale seestroom (1)
[ENIGE TWEE] (2 x 1) (2)
1.4.3 Warm temperature oor Australië veroorsaak dat ʼn laagdruk
ontwikkel (2)
Sterk passaat-/tropiese oostewinde stoot meer water as gewoonlik
weswaarts (2)
Grootskaalse verdamping en kondensasie kom voor (2)
Australië sal bo-gemiddelde reënval ontvang (2)
[ENIGE DRIE] (3 x 2) (6)
1.4.4 Die oostelike deel van Afrika kan meer reënval as gewoonlik
ondervind, wat damme sal vul en die beskikbaarheid van water sal
verhoog (2)
Meer water sal beskikbaar wees vir industriële, huishoudelike en
landbougebruik (2)
Dit sal groter voedselproduksie deur bestaansboere en kommersiële
boere verseker (2)
Kos sou goedkoper en toegankliker wees (2)
Die aantal invoer na die land sal verminder word (2)
Meer inkomste uit toerisme (2)
Meer werksekerheid in boerdery en industrie (2)
[ENIGE DRIE] (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.5 1.5.1 ‘... om die verspreiding van die Sahara-woestyne te bekamp.’ (1) (1)
1.5.2 Die proses waar eertydse vrugbare grond meer aried word. (1)
[KONSEP] (1)
1.5.3 ‘Die verandering in klimaat en weerpatrone ...’(1) (1)
1.5.4 Oorbeweiding (1)
Oorbewerking (1)
Ontbossing (1)
Bestaansboerdery (1)
Swak besproeiingspraktyke (1)
[ENIGE TWEE] (2 x 1) (2)
1.5.5 Bome bevorder infiltrasie en minder afloop van vrugbare grond (2)
Bome dien as windskerms rondom vrugbare grond (2)
Bome bied skaduwee en skep ʼn voedingsbak (2)
Bome verhoog die evapo-transpirasie, dus reënval (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
1.5.6 Behoorlike grondbestuur wat die gebruik van organiese kunsmis
insluit (2)
Grondhervormingsprogramme / -wette wat die volhoubare bestuur
van hulpbronne aanmoedig (2)
Grondbestuur wat die groei van droogtebestande gewasse
aanmoedig (2)
Terrashellings om afloop te verminder en grondvog te verhoog (2)
Laat die land braak lê (wisselbou) (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
1.5.7 Dit sal miljoene hektaar vrugbare lande herstel (2)
Dit sal voedselonsekerheid / hongersnood in die SAHEL
verminder (2)
Die agteruitgang van grond sal verminder word (2)
Dit sal help om konflik in die gebied te verminder (2)
Daar sal werk geskep word / vermenigvuldigingseffek (2)
Dit sal massa migrasie van lande in die SAHEL na ander dele van
Afrika verminder (2)
Dit sal koolstofdioksied verminder en suurstof verhoog (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 5
VRAAG 2
2.1 2.1.1 C (cuesta-koepel) (1)
2.1.2 D (eskarp) (1)
2.1.3 G (hogsback) (1)
2.1.4 E (duik) (1)
2.1.5 F (cuesta-bekken) (1)
2.1.6 H (homoklinale rug)
2.1.7 B (cuesta) (1) (7 x 1) (7)
2.2 2.2.1 moddervloei (1)
2.2.2 grondkruip (1)
2.2.3 rotsstortings (1)
2.2.4 moddervloei (1)
2.2.5 grondverskuiwing (1)
2.2.6 grondkruip (1)
2.2.7 grondverskuiwing (1)
2.2.8 rotsstortings (1) (8 x 1) (8)
2.3 2.3.1 Steil en minder steil hellings is afwisselend (1)
Die hellings is terrasvormig (1)
[ENIGE EEN] (1 x 1) (1)
2.3.2 Droog / Lae reënval / Hoë temperature (1) (1 x 1) (1)
2.3.3 toerisme (aanvaar voorbeelde) (1) (1 x 1) (1)
2.3.4 Die rivier het sy loop op die oppervlak sedimente gevestig (2)
Rivier erodeer vertikaal deur krake en nate (2) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3.5 Die canyon-landskap het weerstandige boonste lae wat ʼn
beskermende kaprots met steil kranse vorm (2)
Die lae onder die kaprots is makliker erodeerbaar (2)
Terugwaartse erosie / skerp terugwyking laat die kaprots kleiner word
en die valleivloer breër (2)
Die canyon-landskap word nou gekenmerk deur plat heuwels, geskei
deur wye gelyke vlaktes (2)
Mesas is plat heuwels wat bedek is deur weerstandige plate en steil
kranse (2)
As die weerstandige kaprots kleiner as die helfte van die basis is,
staan dit as ʼn butte bekend (2)
Spitskoppe ontwikkel, met ʼn baie klein kaprots, met steil hellings (2)
Sodra die weerstandige kaprots weggeërodeer is, lei die erosie van ʼn
mesa of butte tot die vorming van ʼn koniese heuwel (2)
[ENIGE VIER] (4 x 2) (8)
2.4 2.4.1 Massa los kernstene (1)
[KONSEP] (1 x 1) (1)
2.4.2 Stollingsgesteentes (1) (1 x 1) (1)
2.4.3 Batoliet (1)
Lakkoliet (1)
[ENIGE EEN] (1 x 1) (1)
2.4.4 Stollingsintrusies is die moederrots waarin stapelrotse hul basis
het (2)
Hierdie moederrots ondergaan chemiese verwering langs nate wat
kernstene onder die oppervlak vorm (2) (2 x 2) (4)
2.4.5 Grondwater infiltreer in krake en nate van granietgesteentes onder
die aardoppervlak (2)
Minerale in die rots word opgelos om ʼn oplossing te vorm
(ontbinding) (2)
Die rots onder die grond verswak (2)
Die verwydering van oorliggende rotslae stel die kernstene van die
stollingsgesteentes bloot (2)
[ENIGE VIER] (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 7
2.5 2.5.1 A – Kruin (1)
B – Krans (1)
C – Talus (1)
D – Pediment (1) (4 x 1) (4)
2.5.2 Helling-element A
Grondkruip kom voor (1)
Helling is konveks en geleidelik (1)
[ENIGE EEN]
Helling-element C
Dit is ʼn eenvormige helling aan die basis van die krans (1)
Vallende materiaal word neergelaat (1)
Die hoek van die helling bly konstant (1)
[ENIGE EEN] (1 + 1) (2)
2.5.3 Pediment (D) (1)
Redes:
Die helling is plat/geleidelik (2)
Ideaal vir die gebruik van masjinerie (2)
Die aanlê van infrastruktuur is maklik en goedkoop (2)
[ENIGE EEN] (1 + 2) (3)
2.5.4 Hellings is toeriste-aantreklikhede (adrenaliensport-beoefening) (2)
Dit verweer om vrugbare grond te vorm (2)
Ontspanningsaktiwiteite vind plaas (2)
Bosbou word op die steiler hange beoefen (2)
Gelyke gebiede is geskik vir boerdery (2)
[ENIGE DRIE] (3 x 2) (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
VRAAG 3
3.1 3.1.1 VI = 1 600 m – 1 235 m VI = 1 600 m – 1 235 m
= 365 m 3 = 365 m 3
HE = 1,6 3 cm x 500 m HE = 16 3 cm x 100 000
500
Speling [1,59 cm tot 1,61 cm]
= 800 m 3 OR = 800 m 3
Speling vir HE [795 m – 805 m]
G = 365 3 (Een punt vir) G = 365 3
800 korrekte vervanging) 800
ଵ ଵ
= 1 : 2,19 / 1 in 2,19 / 3 = 1 : 2,19 / 1 in 2,19 /
ଶ,ଵଽ ଶ,ଵଽ
Speling vir finale antwoord [1 : 2,18 – 1 : 2,21]
(5 x 1) (5)
3.2 3.2 1 Vertikale skaal
Formule: Vertikale vergroting =
Horisontale skaal
= 1/60 3÷ 1/500 3 OF = 1/6 000 3÷ 1/50 000 3
= 1/60 x 500/1 3 = 1/6 000 x 50 000/1 3
= 8,3 keer 3 = 8,3 keer 3 (4 x 1) (4)
3.2.2 Daar is geen versperrings tussen 3 en 4 nie 3
Daar is geen hoogliggende area/heuwel tussen 3 en 4 nie3
[ENIGE EEN] (1 x 1) (1)
KAARTINTERPRETASIE
3.3 3.3.1 B (1)
3.3.2 B (1)
3.3.3 C (1) (3 x 1) (3)
3.4 3.4.1 Hoë (1) (1 x 1) (1)
3.4.2 Suidwestelike (2) (1 x 2) (2)
3.4.3 Kosmos (1) (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 9
3.5 3.5.1 Cuesta (1) (1 x 1) (1)
Bewyse
Eskarphelling (naaste aan die dam) het kontoerlyne naby mekaar
en ʼn meer geleidelike duikhelling (2)
Die duikhelling is geleidelik (10°–25°) tot die horisontaal (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
3.5.2 Beskermende gebied / buffersone (2)
Gradiënt miskien te steil – rotsstortings (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.6 3.6.1 Data oorlegging/Oorlegging/Tematiese oorlegging kan die proses
verduidelik / Skryf ʼn beskrywing (1)
[ENIGE EEN] (1 x 1) (1)
3.6.2 Vervoernetwerk – paaie en spoorlyne (1)
Ontspanningsgebiede– wys die ligging van alle oop parke, oop
gebiede (1)
Woongebiede (1)
Industriële gebiede / rioolwerke ens. (1)
[ENIGE TWEE] (2 x 1) (2)
3.6.3 Paaie (1)
Riviere (1)
Huise en geboue (1)
Rioolwerke (1)
[ENIGE EEN – AANVAAR ANDER] (1 x 1) (1)
3.6.4 Analiseer waar die nywerheidsgebiede geleë is in verhouding tot
riviere / ander waterbronne. (2)
Deur spesifieke bedrywe binne ʼn sekere radius van ʼn waterbron aan
te dui, kan jy die oorsaak opspoor. Met GIS-sagteware kan jy
afstande maklik meet. (2)
ʼn Lugfoto van die gebied kan bygevoeg word as ʼn ‘laag of tema’ wat
ook ʼn bietjie lig op die saak kan werp. (2)
Rookpluime kan sigbaar wees; weereens, wat aandui watter bedrywe
verantwoordelik vir lugbesoedeling is. (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
[30]
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

Addendum
Geography Grade 11 P1 2020 Addendum (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP

Memorandum
Geography Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo
More from Grade 11 Geography

Question paper
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper and memo
Geography Grade 11 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Eng)

Question paper