You're offline
Skip to content
Question paper

GEOGRAPHY P1 GR11 QP NOV2020 Afr D

Subject: GeographyGrade 1120209 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 GEOGRAFIE V1 EKSEMPLAAR PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IGEOGA1* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit drie vrae. 2. ALLE diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 3. Indien moontlik, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme. 4. Laat ʼn lyn oop tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. In AFDELING B word jy voorsien van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (2527 BD HARTBEESPOORTDAM) en ʼn ortofoto van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied. 9. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat verskaf word, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 10. Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan, bv. 10 km; 2,1 cm. 11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar en ʼn vergrootglas gebruik. 12. Die gebied wat in ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken is, verteenwoordig die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word. 13. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 3 AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1 1.1 Kies ʼn term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Bepaal die hoeveelheid insolasie wat A Mosambiek die aarde ontvang 1.1.2 Die krag wat veroorsaak dat lug vanaf ʼn B geostrofies hoogdruk na ʼn laagdruk beweeg 1.1.3 Roterende krag wat winde deflekteer C aanlandig 1.1.4 Winde wat swaar reën na Indië D breedtegraad gedurende somer bring 1.1.5 Winde wat parallel met die lyne van die E drukgradiënt isobare waai 1.1.6 Winde wat vanaf die land na die see F coriolis waai 1.1.7 Seestrome wat by die pole ontstaan G moeson 1.1.8 Kontaksone van polêre lug met warm H front tropiese lug I Benguela (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 oor driesel-lugsirkulasie. Pas die onderstaande beskrywings met een van die POLÊRE, HADLEY- of FERRELSEL. Kies die antwoord en skryf slegs die sel langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 POLÊR. Jy mag dieselfde sel meer as een keer kies. 1.2.1 Lug sirkuleer tussen die 60̊–90̊ breedtelyne 1.2.2 Lug styg naby die ewenaar en divergeer poolwaarts 1.2.3 Lugsirkulasie is in die middelbreedtes 1.2.4 Word met tropiese lugmassa sirkulasie geassosieer 1.2.5 Koue oostelike winde ontstaan in hierdie sel 1.2.6 Hierdie sel genereer die westewindgordel 1.2.7 Passaatwinde ontstaan in hierdie sel (7 x 1) (7) 1.3 FIGUUR 1.3 is ʼn voorstelling van ʼn Föhn-wind. 1.3.1 Waarom is ʼn Föhn-wind ʼn voorbeeld van ʼn streekswind? (1 x 1) (1) 1.3.2 Noem die kant van die berg by A, in die vorming van Föhn-winde. (1 x 1) (1) 1.3.3 Waarom kom reën by A voor? (1 x 1) (1) 1.3.4 Bespreek waarom die dalende lug by B warm en droog sal wees. (2 x 2) (4) 1.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat die dalende lug by B het op mense wat aan daardie kant van die berg woon. (4 x 2) (8) 1.4 Verwys na FIGUUR 1.4, wat die La Niña-proses illustreer. 1.4.1 Waarom word die La Niña-proses as ʼn weerpatroon beskryf? (1 x 1) (1) 1.4.2 Noem TWEE bewysstukke uit FIGUUR 1.4 wat aandui dat die La Niña-proses uitgebeeld word. (2 x 1) (2) 1.4.3 Bespreek waarom die oostelike helfte van Australië swaar reënval gedurende die La Niña-proses sal ontvang. (3 x 2) (6) 1.4.4 Verduidelik die ekonomiese impak wat die La Niña-proses op Afrika sal hê. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 5 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5, wat ʼn uittreksel oor verwoestyning is. 1.5.1 Volgens FIGUUR 1.5, wat is die hoofdoel van die groengordel-projek? (1 x 1) (1) 1.5.2 Wat is verwoestyning? (1 x 1) (1) 1.5.3 Haal ʼn verklaring uit die uittreksel aan wat moontlike natuurlike oorsake van verwoestyning aandui. (1 x 1) (1) 1.5.4 Noem TWEE menslike aktiwiteite wat tot verwoestyning bydra. (2 x 1) (2) 1.5.5 Bespreek hoe die aanplant van bome as ʼn ‘buffersone kan dien’ om verwoestyning te bestuur. (1 x 2) (2) 1.5.6 Behalwe vir bebossing (aanplant van bome), verduidelik TWEE ander maniere waarop verwoestyning bestuur kan word. (2 x 2) (4) 1.5.7 Lewer kommentaar oor die positiewe impak wat die groengordel- projek op die mense wat in die omgewing woon, sal hê. (2 x 2) (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 2 2.1 Kies ʼn term in KOLOM B wat by die beskrywing oor topografie, wat met hellende lae geassosieer word, in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.2 I. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Eskarphelling wys na binne en die A homoklinale skuiwing duikhelling wys na buite 2.1.2 Steilhelling van ʼn homoklinale rug B cuesta 2.1.3 Duikende strata is meer as 45° C cuesta-koepel 2.1.4 Geleidelike helling van ʼn homoklinale D eskarp rug 2.1.5 Lewer grondwater as gesteentes E duik deurlaatbaar is 2.1.6 Beskryf asimmetriese rûe F cuesta-bekken 2.1.7 Duikende strata lê teen ʼn hoek van G hogsback 10°–25° H homoklinale-rug (7 x 1) (7) 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat verskillende soorte massabeweging toon. Pas die onderstaande beskrywings by die soorte massabeweging in die skets. Kies die antwoord en skryf slegs die soort massabeweging langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 grondkruip. Jy kan meer as een keer dieselfde soort massabeweging kies. 2.2.1 Vinnige vloei van ʼn mengsel van gesteentes of grond en water 2.2.2 Geboë boomstamme en skuins heinings is die gevolge 2.2.3 Die vinnigste soort massabeweging 2.2.4 Kom algemeen in droë en halfdroë streke voor 2.2.5 Aardbewings kan hierdie soort massabeweging veroorsaak 2.2.6 Stadigste tipe massabeweging 2.2.7 ʼn Kombinasie van insinkings en puinvloei 2.2.8 Het sy oorsprong by steil rotswande (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 7 2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat ʼn canyon-landskap aandui. 2.3.1 Toon bewyse uit die skets om te regverdig dat hierdie landskap uit lae van ongelyke weerstand teen erosie ontwikkel het. (1 x 1) (1) 2.3.2 Beskryf die klimaat van hierdie canyon-landskap soos in FIGUUR 2.3 uitgebeeld. (1 x 1) (1) 2.3.3 Noem EEN voordeel van hierdie canyon-landskap vir menslike aktiwiteite. (1 x 1) (1) 2.3.4 Bespreek die rol van die rivier in die skets in die vorm van canyon- landskappe. (2 x 2) (4) 2.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe Karoo- landskappe uit ʼn canyon-landskap ontwikkel. (4 x 2) (8) 2.4 FIGUUR 2.4 toon stapelrotse. 2.4.1 Wat is stapelrotse? (1 x 1) (1) 2.4.2 Noem die tipe rots, sigbaar op die skets, waaruit stapelrotse ontwikkel. (1 x 1) (1) 2.4.3 Noem die stollingsintrusie waaruit stapelrotse mag ontwikkel. (1 x 1) (1) 2.4.4 Beskryf die rol wat stollingsintrusies in die vorming van stapelrotse speel. (2 x 2) (4) 2.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die vorming van stapelrotse. (4 x 2) (8) 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat die tipiese hellingelemente/-vorms wat met ʼn helling geassosieer word, aantoon. 2.5.1 Identifiseer die hellingelemente/-vorms genommer A, B, C en D. (4 x 1) (4) 2.5.2 Gee EEN kenmerk van elke hellingelement/-vorm genommer A en C. (1 + 1) (2) 2.5.3 Watter helling-element is die mees geskikte vir gewasboerdery? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3) 2.5.4 “Hellings verskaf ʼn kosbare stuk grond vir die mensdom”. Bespreek die belangrikheid van hellings vir menslike aktiwiteite. (3 x 2) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2527 DB HATBEESPOORTDAM, sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied. VRAAG 3 3.1 Verwys na die lyn wat loop van M (blok B5) tot N (blok A5) van die kabelbaan op die topografiese kaart. 3.1.1 Bereken die gemiddelde helling van die kabelbaan vanaf M (kontoerlesing 1 235 m) tot bo by N (trigonometriese baken 66). Toon AL die berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Vertikale interval (VI) Formule: Gradiënt = Horisontale ekwivalent (HE)) (5 x 1) (5) 3.2 FIGUUR 3.2 is ʼn dwarsprofiel van die klim tussen 3 en 4 op die ortofotokaart. 3.2.1 Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel. Toon alle berekeninge vir jou berekeninge. Vertikale Skaal (VS) Formule: Vertikale Vergroting = Horisontale Skaal (HS) (4 x 1) (4) 3.2.2 Gee EEN rede waarom daar intersigbaarheid tussen 3 en 4 is. (1 x 1) (1) KAARTINTERPRETASIE 3.3 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in jou ANTWOORDEBOEK neer. 3.3.1 Die mensgemaakte verskynsel 2 op die ortofotokaart is ʼn ... A dam. B reservoir. C gebou. D watertoring. 3.3.2 Die verskynsel wat by 6 op die ortofotokaart gevind word, is ʼn ... A hospitaal. B skool. C dam. D tronk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 9 3.3.3 Die skaduwees op die helling onderkant 4 op die ortofotokaart kom in die suidweste voor, wat daarop dui dat die foto teen ... geneem is. A 08:00 B 10:00 C 16:00 D 14:00 (3 x 1) (3) 3.4 Verwys na die skuinslugfoto wat vanaf N in blok A5, op die topografiese kaart geneem is. 3.4.1 Is hierdie lugfoto ʼn hoë of ʼn lae skuinslugfoto? (1 x 1) (1) 3.4.2 In watter rigting het die kamera gewys toe die foto geneem is? (1 x 2) (2) 3.4.3 Identifiseer die vakansie-oord by A. (1 x 1) (1) 3.5 Verwys na blokke B3/4 op die topografiese kaart en die foto in VRAAG 3.5. 3.5.1 Toon die gekarteerde gebied ʼn cuesta- of ʼn hogsback-landskap? Ondersteun jou antwoord met bewyse vanaf die topografiese kaart. (1 + 2) (3) 3.5.2 Waarom is daar geen ontwikkeling wat in die onderste hellings bokant Schoemansville plaasvind nie? (1 x 2) (2) GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 3.6 Jy doen tans ʼn stedelike studie van Ifafi in blok C5 op die topografiese kaart en gebruik papier-GIS om te help met die ontleding van die gebied. 3.6.1 Watter GIS-proses sal gebruik word om die papier-GIS te produseer? (1 x 1) (1) 3.6.2 Identifiseer TWEE verskillende lae wat jy sal gebruik om die woonbuurt van Ifafi te analiseer. (2 x 1) (2) 3.6.3 Gee EEN voorbeeld van ruimtelike data wat in blok C5 aangetref word. (1 x 1) (1) 3.6.4 Onlangs het baie van die inwoners van Ifafi gekla oor waterbesoedeling. Verduidelik hoe jy GIS kan gebruik om die inwoners te help om ʼn oplossing vir die probleem te vind. (2 x 2) (4) [30] GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Geography

Explore more published documents in this catalogue.

View all