Skip to content

Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11202416 pages

Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2024 GEOGRAFIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IGEOGA1* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: AFDELING A: VRAAG 1: Klimaat en Weer (60) VRAAG 2: Geomorfologie (60) AFDELING B: VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30) 2. Beantwoord al DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, benoem, identifiseer of ʼn lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1010 hPa, 9 °C en 25 m. 11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (UITTREKSEL uit 2527 DB HARTBEESPOORTDAM) en ʼn 2527DB 23 ortofotokaart van die gekarteerde gebied word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inhandig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 3 AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1: DIE ATMOSFEER 1.1 Verwys na die sinoptiese weerkaart van Suider-Afrika. Kies die korrekte woord/nommer van dié wat tussen hakies gegee word om die volgende sinne te voltooi. Skryf slegs die woord/nommer langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 trog. [Aangepas uit Geography for All] 1.1.1 Die sinoptiese weerkaart hierbo dui ʼn (somer/winter) seisoen aan. 1.1.2 Die maateenheid wat lugdruk langs die isobare aandui, is (hektopascal/millimeter). 1.1.3 Die waarde van die berekende isobariese interval op die sinoptiese weerkaart is (2/4). 1.1.4 Die area van konstante druk by C tussen die twee hoogdrukstelsels is ʼn (rug/saal). 1.1.5 Die drukgradiënt by A is (geleidelik/steil). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) 1.1.6 Die atmosferiese druklesing by letter D is ongeveer (1016/1024) millibar. 1.1.7 Die drukstelsel tussen Durban en Port Elizabeth is ʼn (kus-laag/ laagdruk). 1.1.8 Weerstelsel B is ʼn laagdrukstelsel. Kies die aanwyser wat NIE pas nie. (Gekenmerk deur onstabiele weerstoestande/Divergensie vind vanaf die sentrum plaas). (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 5 1.2 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 B. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Beweging van die aarde in ʼn A rotasie wentelbaan om die son B revolusie 1.2.2 Teoretiese wind wat uit ʼn presiese A geostrofiese vloei balans tussen Coriolis-krag en B geostrofiese balans drukgradiëntkrag ontstaan 1.2.3 Dit word in midsomer 21 Desember A lentenagewening ervaar wanneer die dae langer en die B somersonstilstand nagte korter is 1.2.4 Die rigting waarin die helling in A aspek verhouding tot die son kyk B wentelbaan 1.2.5 Die sone langs 60° N/S waar warm A front subtropiese lug en koue poollug B polêre front ontmoet 1.2.6 Wyse waarop daar ʼn balans tussen A aardstraling inkomende sonstraling en uitgaande B energiebalans straling van die aarde is 1.2.7 Sterk winde wat van wes na oos in die A planetêre winde boonste atmosfeer 10 km bo die B straalstrome aardoppervlak waai (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) 1.3 Bestudeer die skets hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.3.1 Wat is ʼn primêre lugsirkulasie? (1 x 2) (2) 1.3.2 Identifiseer die sel wat deur die skets hierbo voorgestel word. (1 x 1) (1) 1.3.3 Verskaf ʼn geskikte naam vir die oppervlakwinde wat van 30° tot 0° Noord en Suid van die ewenaar waai. (1 x 1) (1) 1.3.4 Gee ʼn uiteensetting van die gevolglike weerstoestande wat verband hou met die winde genoem in VRAAG 1.3.3. (1 x 2) (2) 1.3.5 Noem die tipe wolk wat by A gevind word. (1 x 1) (1) 1.3.6 Verduidelik die vorming van die sel wat in VRAAG 1.3.2 geïdentifiseer is. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 7 1.4 Verwys na die skets hieronder wat föhn-winde illustreer. 1.4.1 Definieer föhn-winde. (1 x 2) (2) 1.4.2 Verskaf ʼn geskikte naam vir föhn-winde in Suid-Afrika. (1 x 1) (1) 1.4.3 Vervaltempo is die tempo waarteen die temperatuur van droë lug met ʼn toename in hoogte afneem. Identifiseer die letter op die skets wat onderskeidelik droë adiabatiese vervaltempo en nat adiabatiese vervaltempo voorstel. (2 x 1) (2) 1.4.4 Verduidelik kortliks waarom die temperatuur van die dalende lug aan die lykant hoër is (16,4°) as die temperatuur aan die windkant. (1 x 2) (2) 1.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak van föhn-winde op die omgewing aan die lykant van die berg. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) 1.5 Lees die uittreksel oor droogte en verwoestyning. VERWOESTYNING, DROOGTE EN KLIMAATSVERANDERING Droëlandgebiede in Afrika word bedreig deur ontbossing, gronderosie, voedingstofmynbou, herhalende droogte en klimaatsverandering, wat moontlik gronddegradasie, verwoestyning, en verergerde armoede tot gevolg kan hê. Volhoubare landbou-innovasies is die sleutel tot die beperking van nadelige impakte op die omgewing en op die lewensbestaan van landelike bevolkings. 1.5.1 Onderskei tussen droogte en verwoestyning. (1 x 2) (2) 1.5.2 Meld TWEE oorsake van droogte. (2 x 2) (4) 1.5.3 Haal uit die uittreksel die gevolge van droogte aan. (3 x 1) (3) 1.5.4 Stel DRIE algemene bestuurstrategieë voor om die verspreiding van droogte en verwoestyning te verminder. (3 x 2) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 9 VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 A. 2.1.1 Canyon landskappe ontwikkel in: A Gekantelde sedimentêre gesteente B Ronde stollingskoepels C Massiewe stollingsgesteentes D Horisontale gelaagde rots 2.1.2 ʼn Klein, smal, lang area van erosie op ʼn helling word ʼn ... genoem. A kloof B slote C dongaveld D plato 2.1.3 Vlaktes wat lae rotse skei: A Laagvlakte B Penevlakte C Pedivlakte D Pediment 2.1.4 Terugwaartse erosie wat geen verlies aan hoogte van die landvorm tot gevolg het nie, word ... genoem. A afwaartse erosie B vertikale erosie C eskarp terugtrekking D afwaartse massabeweging 2.1.5 ʼn ... is ʼn plat heuwel met ʼn groter hoogte as breedte. A Butte B Mesa C Koniese heuwel D Plato 2.1.6 ʼn Lang, smal, langwerpige heuwel: A Rug B Plato C Mesa D Plaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) 2.1.7 ʼn Rug met ʼn hoek van die duikhelling groter as 45° word na as ʼn ... verwys. A cuesta B homoklinale rug C canyon D skerprug 2.1.8 In Rûe- en Karoo-landskappe word plat grond wat ideaal vir boerdery is in ... en ... strata gevind. (i) horisontaal (ii) hellende (iii) massiewe stollingsintrusies (iv) koepels A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (iii) en (iv) D (i) en (iv) (8 x 1) (8) 2.2 Kies die woord/term uit KOLOM B wat die stelling in KOLOM A voltooi. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.8 Y. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Die afskilfering van rotslae as Y meganiese verwering gevolg van uitsetting en krimping Z eksfoliasie 2.2.2 Granietrotse wat oorbly nadat Y stapelrotse/klipkoppies omliggende rots verweer het Z kernstene 2.2.3 Landvorm as gevolg van erosie van Y granietkoepel oorliggende strata om ʼn batoliet Z poort bloot te stel 2.2.4 Pieringvormige intrusie, wat dieper Y lakkoliet in die aardkors gevind word. Z lopoliet 2.2.5 Vertikale intrusie langs die Y gang sedimentêre gesteentes wat Z plaat getande rante vorm 2.2.6 Rotse wat net aan die onderkant Y koepel verbind is Z stapelrotse/klipkoppies 2.2.7 Groot koepelvormige intrusie van Y bosveldstollingskompleks magma diep binne die Z batoliet aardoppervlak (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 11 2.3 Verwys na die skets wat cuestas toon. [Bron: geo.msu.edu] 2.3.1 Defineer ʼn cuesta. (1 x 2) (2) 2.3.2 Beskryf die verskil tussen ʼn duikhelling en ʼn eskarphelling. (2 x 1) (2) 2.3.3 Verskaf die geskikte naam vir die cuesta by A. (1 x 1) (1) 2.3.4 Hoe sal die cuesta by B vorm? (2 x 2) (4) 2.3.5 Stel voor hoe mense cuestas kan gebruik. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) 2.4 Verwys na die skets oor hellingelemente.  2.4.1 Uit die skets hierbo, watter hellingelemente het die volgende vorms: (a) Konveks (b) Konkaaf (2 x 1) (2) 2.4.2 Kies die antwoord tussen hakies. ʼn Duidelike verandering in die hoek van die helling tussen die talus en die pediment is ʼn (knakpunt/eskarpterugtrekking). (1 x 1) (1) 2.4.3 Noem die geomorfologiese proses wat by hellingelement E dominant is. (1 x 2) (2) 2.4.4 Beskryf die kenmerke van hellingelemente F en G. (2 x 2) (4) 2.4.5 Evalueer die impak van hellingelement H op menslike aktiwiteite. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 13 2.5 Verwys na die foto hieronder oor massabeweging. BESTENDIGE REËN VEROORSAAK VERWOESTING OP DIE PAAIE Die Departement van Vervoer het bestuurders gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle bergpasse benader, nadat rotsstortings paaie in twee dele van die provinsie gedeeltelik belemmer het. ʼn Rotsstorting het die R67 van Makhanda na Fort Beaufort, 40 km van Makhanda, gedeeltelik belemmer, volgens Unathi Binqose, woordvoerder van die Departement van Vervoer. Binqose het padgebruikers gewaarsku om ekstra versigtig te wees wanneer hulle bergpasse nader, aangesien daar gevare van modderstortings is. Bestendige reën in die meeste dele van die provinsie het verwoesting op die paaie veroorsaak en modderstortings is op die R102 ou Kaapstad-pad naby Mondplaas in Humansdorp-omgewing asook die R67 tussen Makhanda en Fort Beaufort aangemeld. [Bron: talk/the town.co.za//2023/05/14] 2.5.1 Wat is massabeweging? (1 x 2) (2) 2.5.2 Identifiseer die tipe massabeweging wat op die foto hierbo uitgebeeld word. (1 x 1) (1) 2.5.3 Behalwe reënval wat in die uittreksel hierbo genoem word, verduidelik ander moontlike oorsake van massabeweging. (2 x 2) (4) 2.5.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor om effekte van massabeweging te verminder of te voorkom. (4 x 2) (8) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
14 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR HARTBEESPOORTDAM Koördinate: 25º43'32" S 27º50'54" O Hartbeespoortdam (ook bekend as Harties) is ʼn boogtipe dam in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika geleë. Dit lê in ʼn vallei suid van die Magaliesbergreeks en noord van die Witwatersbergreeks, sowat 35 kilometer noordwes van Johannesburg en 20 kilometer wes van Pretoria. In 1923 is die Hartbeespoortdam voltooi. Dit het ʼn gewilde vakansie- en naweekbestemming vir die inwoners van Johannesburg en Pretoria geword. [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/ Hartbeespoort Dam] Die volgende Engelse term en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese en ortofotokaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Agricultural holdings Landbouhoewes Archaeological site Argeologiese terrein Diggings Uitgrawings Estate Landgoed Golf course Gholfbaan Sewerage works Rioolwerke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GEOGRAFIE V1 15 3.1 KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE 3.1.1 Die koördinate van die nie-standhoudende rivier by H in blok E4 op die topografiese kaart is ... A 25º45'00" S 27º51'00" O. B 25º46'29" O 27º52'40" S. C 25º46'29" S 27º52'40" O. D 27º52'40" O 25º46'29" S. (1 x 1) (1) 3.1.2 Die kontoerinterval op die ortofotokaart is ... A 20 m. B 5 m. C 5 km. D 20 km. (1 x 1) (1) 3.1.3 Die benaderde tyd wat die ortofoto geneem is, is tussen ... A 08:00–10:00. B 11:00–13:00. C 14:00–17:00. D 17:00–19:00. (1 x 1) (1) 3.1.4 Bereken die afstand van 1 tot 2 op die ortofotokaart. (2 x 1) (2) 3.1.5 Bepaal die ware peiling vanaf die reservoir in blok E2 na die argeologiese terrein in blok E4 op die topografiese kaart. (1 x 2) (2) 3.1.6 Die horisontale ekwivalent tussen padhoogte 1170,7 m en punthoogte 1465 m in blok B3 op die topografiese kaart is 500 m. Bereken die gemiddelde gradiënt met behulp van die inligting hierbo. (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
16 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2024) 3.2 KAART INTERPRETASIE 3.2.1 (a) Is die landvorm by J in blok B3 op die topografiese kaart ʼn uitloper of ʼn vallei? (1 x 1) (1) (b) Verskaf kaartbewyse vir jou antwoord in VRAAG 3.2.1(a). (1 x 2) (2) 3.2.2 Harties het ʼn gewilde vakansie- en naweekbestemming geword. Identifiseer enige DRIE kenmerke, wat op die topografiese kaart gevind word wat toeriste lok. (3 x 1) (3) 3.2.3 Verwys na blok E4 op die topografiese kaart en gee ʼn geskikte naam vir die strukturele landvorm. (1 x 1) (1) 3.2.4 Beskryf die kenmerke van die landvorm in VRAAG 3.2.3 genoem. (1 x 2) (2) 3.2.5 (a) Is die gebied by 3 in blok C3 op die ortofotokaart intersigbaar met die gebied by 5 in blok C5. (1 x 1) (1) (b) Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.2.5 (a). (1 x 2) (2) 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 3.3.1 Definieer ʼn datalaag. (1 x 2) (2) 3.3.2 Identifiseer die datalae wat gebruik is om die tonnel in blok B2 op die topografiese kaart te bou. (1 x 2) (2) 3.3.3 Klassifiseer die volgende ruimtelike voorwerpe vanaf die topografiese kaart as punt, lyn of poligoon (veelhoek): (a) F in blok A5 (b) L in blok A1 (c) M in blok E1 (3 x 1) (3) 3.3.4 Kies die antwoord uit dié gegewe opsies tussen hakies. Die detail waarin ʼn kaart die ligging en vorm van die verskynsel beskryf, is (ruimtelike data/ruimtelike resolusie). (1 x 1) (1) [30] TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all