Skip to content

Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11201716 pages

Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 GEOGRAFIE V1 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ʼn 12 bladsye BYLAE.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die reël. 5. Laat ʼn reël oop tussen onder-afdelings van vrae wat beantwoord word. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie. 8. Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik. 9. Puntetoekenning is soos volg: 2 x 1 = 2 beteken dat TWEE feite vir EEN punt elk vereis word 2 x 2 = 4 beteken dat TWEE feite vir TWEE punte elk vereis word. 10. Indien woorde/aksie-werkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf, Klassifiseer, in ʼn vraag gebruik word, is EEN woord-antwoorde aanvaarbaar. Indien woorde/aksie-werkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer kommentaar, Evalueer, Verklaar, Stel voor en Staaf in ʼn vraag gebruik word, word VOLLEDIGE sinne of frases vereis. Alle paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word. Wanneer paragraafvrae beantwoord, word EENWOORD-antwoorde en ‘BULLETS’ nie toegelaat nie. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 3 AFDELING A: FISIESE GEOGRAFIE: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1, wat die ontwikkeling van El Niño toestande verteenwoordig. Verskaf die letter uit die figuur waarna die onderstaande beskrywings verwys. Elke letter/beskrywing verwys na prosesse in die ontwikkeling van die El Niño verskynsel. 1.1.1 Stygende lug en reënval kom oor die sentrale Stille Oseaan voor 1.1.2 Die vasteland waar die visserybedryf negatief deur hierdie toestande geraak word 1.1.3 Gedurende El Niño jare raak die tropiese oostewinde swakker 1.1.4 Die Walker-sirkulasie word versteur gedurende El Niño jare 1.1.5 Dalende en droë lug kom aan die oostelike dele van Australië voor 1.1.6 Opstuwing (Opwelling) in die oostelike Stille oseaan neem af 1.1.7 Warm lug wat gewoonlik oor die westelike Stille oseaan konvergeer, konvergeer nou oor die sentrale en oostelike Stille oseaan gedurende El Niño jare (7 x 1) (7) 1.2 FIGUUR 1.2 illustreer helling elemente. Verskaf die korrekte helling-element vir die beskrywings hieronder. ʼn Helling-element kan meer as een keer gebruik word. 1.2.1 Die helling-element met die minste grondbedekking 1.2.2 Die helling-element met ʼn konstante gradiënt 1.2.3 Die helling-element waar die konstruksie van geboue en infrastruktuur moontlik is 1.2.4 Die verskynsel wat die oorgang van een helling-element na ʼn ander aandui 1.2.5 Die helling-element waar die blootgestelde rotse gewoonlik ongelyk is, soos verwering die nate en krake in die rotse vergroot 1.2.6 Rotsstortings is die hoof-massabewegings-proses by hierdie helling- element 1.2.7 Die helling-element met ʼn konvekse vorm 1.2.8 Die helling element waar die opeenhoping van verweerde materiaal nie moontlik is nie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3, wat globale lugsirkulasie aantoon. 1.3.1 Noem die atmosferiese selle A en B onderskeidelik. (2 x 1) (2) 1.3.2 Gee EEN kenmerk van sel A. (1 x 1) (1) 1.3.3 Stel EEN rede voor waarom die suidelike halfrond winter ervaar op die skets. (1 x 2) (2) 1.3.4 Verwys na windgordels C en D. (a) Noem die windgordel wat die pyltjies C en D aandui. (1 x 1) (1) (b) Verduidelik waarom daar ʼn verskil in rigting tussen die winde by C en D voorkom. (1 x 2) (2) 1.3.5 Lewer kommentaar oor die rede waarom die winde by E van rigting verander. (1 x 2) (2) 1.3.6 Verwys na sone F. (a) Identifiseer die sone by F. (1 x 1) (1) (b) Beskryf hoe hierdie sone by F die swaar wolke in die atmosfeer bokant dit veroorsaak. (2 x 2) (4) 1.4 Verwys na die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.4. 1.4.1 Benoem die lyne wat plekke met dieselfde druk op sinoptiese weerkaarte verbind. (1 x 1) (1) 1.4.2 Wat is die atmosferiese druk van die lyn gemerk B? (1 x 1) (1) 1.4.3 Noem die atmosferiese verskynsel by C en die atmosferiese druk- sisteem by D. (2 x 1) (2) 1.4.4 Verskaf TWEE redes waarom die sinoptiese weerkaart verteenwoordigend van somer in Suid-Afrika is. (2 x 1) (2) 1.4.5 Verwys na weerstasie E: (a) Wat is die windrigting van weerstasies E? (1 x 1) (1) (b) In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe Coriolis- en lug drukgradiëntkragte die windrigting by hierdie weerstasies by E beïnvloed het. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 5 1.5 Verwys na die foto van die Grand Canyon in FIGUUR 1.5. 1.5.1 Noem die tipe gesteentes waarmee die canyon geassosieer word. (1 x 1) (1) 1.5.2 Beskryf die hellings van die landvorm in die foto. (1 x 2) (2) 1.5.3 Verduidelik waarom die hellings van die landvorm nie ʼn gladde konkawe of konvekse vorm het nie. (2 x 2) (4) 1.5.4 Verwys na die gebied by A: (a) Watter tipe erosie kom by A voor? (1 x 1) (1) (b) Verduidelik hoe die erosie (antwoord by VRAAG 1.5.4(a)) uiteindelik tot die ontstaan van ʼn kloof sal lei. (2 x 2) (4) 1.5.5 Lewer kommentaar op die nut van die rivier, in hierdie landskap, vir landbou-aktiwiteite. (1 x 2) (2) 1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6, wat die ontwikkeling van ʼn massiewe stollingsgesteente illustreer, en die gevolglike ontstaan van ʼn granietkoepel. 1.6.1 Noem die intrusiewe stollingsgesteente by A. (1 x 1) (1) 1.6.2 Verskaf TWEE kenmerke van die intrusie by A. (2 x 1) (2) 1.6.3 Verwys na die granietkoepel in stadium 4: (a) Noem die tipe verwering waaraan granietkoepels blootgestel word. (1 x 1) (1) (b) Verduidelik hoe hierdie tipe verwering plaasvind. (2 x 2) (4) 1.6.4 Skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls om te beskryf hoe graniet koepels aan die aardoppervlak te blootgestel word. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 2 2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 in verband met moeson toestande oor Indië. Kies die korrekte term/woord tussen hakies. 2.1.1 Die atmosferiese druk oor die Himalaja-gebergtes is (hoog/laag). 2.1.2 Die (Atlantiese/Indiese) Oseaan word by A aangetref. 2.1.3 Die (ewenaar/Kreefskeerkring) is die breedtelyn wat by B gevind word. 2.1.4 (April tot Mei / Junie tot September) is die maande wat deur die kaart voorgestel word. 2.1.5 Die windrigting van die winde by C is (suidwes/noordoos). 2.1.6 Die gebied tussen B en D is bekend as die (tropiese/middelbreedte) streek. 2.1.7 Moeson-winde bedek die aardoppervlak op ʼn (mikro-/makro-) skaal. 2.1.8 Die lugbeweging op die kaart veroorsaak (vloede/droogtes). (8 x 1) (8) 2.2 Verskaf EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur ʼn woord/term uit onderstaande lys te kies. Skryf SLEGS die korrekte term langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. mesa; butte; koniese koppie; tektoniese aktiwiteit; basalt plato; grondkruip; dongaveld; kaprots 2.2.1 Die beweging en prosesse in die aarde se kors 2.2.2 Baie ruwe landskap in semi-droë en droë streke 2.2.3 Die hellings van hierdie landvorm is baie reëlmatig en bestaan uit . konsentriese kontoere wat reëlmatig gespasieer is 2.2.4 ʼn Hoogliggende area wat duisende meters bokant die aardoppervlakte opgelig is 2.2.5 Platkopberge met ʼn groter hoogte as breedte 2.2.6 Platkopberge met ʼn groter breedte as hoogte 2.2.7 Harder en meer weerstandbiedende rots wat die minder weerstandbiedende gesteentes bedek (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 7 2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat gebaseer is op ʼn diagram wat warm, droë winde oor die Noord-Amerikaanse en Europese kontinente voorstel. 2.3.1 Verskaf die plaaslike name van die warm, droë winde aangedui deur A en B op die verskillende kontinente. (2 x 1) (2) 2.3.2 Word die nat adiabatiese vervaltempo aan die windkant of lykant aangetref? (1 x 1) (1) 2.3.3 Verduidelik waarom die wind in gebiede A en B droog is. (2 x 2) (4) 2.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die invloed van hierdie warm, droë winde op ekonomiese aktiwiteite in die gebiede op die kaarte aangedui. (4 x 2) (8) 2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4, gebaseer op ʼn kaart van Suid-Afrika, en ʼn tabel wat temperatuur en reënvaldata van geselekteerde stede/dorpe uitbeeld. 2.4.1 Waarvoor staan die afkorting mT? (1 x 1) (1) 2.4.2 Noem die redes waarom die mT lug van Port Nolloth en Durban verskil. (2 x 1) (2) 2.4.3 Verduidelik hoe die seestrome langs die wes- en ooskus van Suid- Afrika die klimaat van Port Nolloth en Durban onderskeidelik beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.4.4 Bespreek hoe die beweging van die ITKS die verskillende Januarie- en Julie-temperature van die plekke op die kaart aangedui, beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.4.5 Gee redes vir die groter temperatuurvariasies van Bloemfontein, in vergelyking met die temperatuurvariasies van Port Nolloth en Durban. (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 wat hellende strata voorstel. 2.5.1 Noem die landvorme A en B. (1 + 1) (2) 2.5.2 Eskarpterugwyking sal voorkom by beide landvorme. (a) Wat is eskarpterugwyking? (1 x 1) (1) (b) In watter rigting sal eskarpterugwyking (in die diagramme) voorkom? (1 x 1) (1) (c) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.2(b). (1 x 2) (2) 2.5.3 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, lewer kommentaar oor die betekenis van beide landvorme (AenB) vir menslike aktiwiteite. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 2.6 Verwys na FIGUUR 2.6 wat ʼn tipe massabeweging illustreer. 2.6.1 Noem die tipe massabeweging wat in die skets geïllustreer word. (1 x 1) (1) 2.6.2 Verskaf TWEE bewyse uit die skets om jou antwoord op VRAAG 2.6.1 te staaf. (2 x 1) (2) 2.6.3 Verwys na die insetsel by X. (a) Is die bewegingspoed van sandkorrels by X, 15 km per jaar of 1 cm per jaar? (1 x 1) (1) (b) Verduidelik TWEE maniere waarop uitsetting en krimping van grondkorrels kan geskied. (2 x 2) (4) (c) Evalueer hoe die hoeveelheid reënval en hellingsteilte die beweging by X sal beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.6.4 Beskryf TWEE maniere hoe om hierdie tipe massabeweging te verminder of te voorkom. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 9 AFDELING B: ONTWIKKELING EN NATUURLIKE HULPBRONNE VRAAG 3 3.1 Kies ʼn term uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf SLEGS die letter (A–I) langs die vraagnommer neer (3.1.1–3.1.8), byvoorbeeld 3.1.9 J. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Die ontwikkeling van industrieë in ʼn land A Globalisering 3.1.2 Ekonomiese aktiwiteite waar natuurlike B Selfversorgend hulpbronne direk uit die natuur ontgin word 3.1.3 Behels die vinnige uitbreiding in die C Vermenigvuldiger- beweging van goedere, dienste, kapitaal, effek idees en mense regoor die wêreld 3.1.4 Die tipe landbou waar dit wat geproduseer D Informele sektor word deur die boer en sy gesin gebruik word 3.1.5 ʼn Toename in aktiwiteit en belegging in E Industrialisering een area lei tot aktiwiteit en belegging in ander areas 3.1.6 Die ekonomiese aktiwiteit waar die F Buitelandse verskaffing van dienste en handeldryf die valuta vernaamste aktiwiteite is 3.1.7 Wanneer ʼn land of streek op homself G Primêre staatmaak en nie hulp nodig het uit ander aktiwiteite streke of lande nie 3.1.8 Hierdie sektor is nie deel van die formele H Bestaans ekonomiese sektor nie, en bestaan gewoonlik uit individue wat vir hulself werk I Tersiêre aktiwiteit (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 3.2 Gebruik FIGUUR 3.2 wat grondvormingsfaktore en grondhorisonne illustreer. Beantwoord die vrae hieronder deur die verskaffing van ʼn term/woord uit die figuur wat die beste by die beskrywing pas. 3.2.1 Noem ʼn passiewe grondvormingsfaktor. 3.2.2 In watter horison kom die moederrots voor? 3.2.3 Noem die horison wat uit verweerde moedermateriaal bestaan. 3.2.4 Die horison wat bestaan deur die hulp van ontbinde dier-en plantmateriaal. 3.2.5 Die horison waar uitloging voorkom. 3.2.6 Die horison wat die tekstuur, minerale samestelling en verweringspoed van die grond bepaal. 3.2.7 Die aktiewe grondvormingfaktor wat die proses van salinasie bepaal. (7 x 1) (7) 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, wat aanwysers van ontwikkeling illustreer. 3.3.1 Waarvoor staan die afkorting MOI? (1 x 1) (1) 3.3.2 Naam een van die MOI-aanwysers van ontwikkeling. (1 x 1) (1) 3.3.3 Verwys na die foto wat Ontwikkelde vs. Ontwikkelende lande aandui en die MOI- en GINI-koëffisiëntdata. (a) Pas X en Y by óf ontwikkelde óf ontwikkelende lande onderskeidelik. (2 x 2) (4) (b) Onderskei duidelik tussen MOI-en GINI-koëffisiëntdata. (2 x 2) (4) 3.3.4 Verduidelik hoe die bevolkingsgroei van ontwikkelende lande ʼn negatiewe invloed op ontwikkeling sal hê. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 11 3.4 FIGUUR 3.4 toon ʼn handelsbalanssituasie. 3.4.1 Definieer die term handelsbalans. (1 x 1) (1) 3.4.2 Die spotprenttekenaar toon ʼn negatiewe handelsbalans. (a) Hoekom sou jy saamstem met die stelling dat die handelsbalans negatief is? (1 x 1) (1) (b) Verskaf TWEE proteksionistiese(beskermings)-beleide wat meer ontwikkelde lande implementeer om invoere te beperk. (2 x 1) (2) 3.4.3 Proteksionistiese beleide beperk billike handel. Verduidelik hoe billike handel sukkelende lande kan help om ʼn beter balans in hul handel te hê. (2 x 2) (4) 3.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die belangrikheid van ʼn positiewe handelsbalans vir lande. (4 x 2) (8) 3.5 Bestudeer FIGUUR 3.5, wat data-inligting oor Suid-Afrika se energieverbruik en-behoeftes aantoon. 3.5.1 Watter huishoudelike eenheid verbruik die meeste energie in Suid- Afrika? (1 x 1) (1) 3.5.2 Noem hoe die geprojekteerde bevolking vanaf 2010 tot 2030 energieverbruik sal beïnvloed. (1 x 1) (1) 3.5.3 Beskryf die tendens in die grafiek wat Suid-Afrika se huishoudings met en sonder elektrisiteit illustreer. (1 x 2) (2) 3.5.4 Verduidelik hoe die inligting in die grafieke die ekonomie van Suid- Afrika nadelig sal beïnvloed. (2 x 2) (4) 3.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, lewer kommentaar oor hoe individue in huishoudings in Suid-Afrika elektrisiteit meer volhoubaar kan gebruik. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, ʼn spotprenttekenaar se indruk van die gebruik van ʼn konvensionele energiebron. 3.6.1 Noem die tipe energie wat die nywerhede in die spotprent van gebruik maak. (1 x 1) (1) 3.6.2 Die vraag wat in die spotprent gevra word, is die teenoorgestelde as wat in die nywerhede uitgebeeld word. Staaf hierdie stelling. (1 x 2) (2) 3.6.3 Verwys na die gasse by A, wat deur die nywerhede uitgelaat word. (a) Noem EEN tipe gas wat deur die nywerhede uitgelaat word. (1 x 1) (1) (b) Verklaar TWEE tipes atmosferiese gevolge wat deur hierdie gasse veroorsaak kan word. (2 x 1) (2) 3.6.4 Verduidelik waarom die antwoord 'ONTKENNING' gepas is. (2 x 2) (4) 3.6.5 Ten spyte van die situasie wat in die illustrasie uitgebeeld word, is die hulpbron wat gebruik word om energie te genereer nog steeds belangrik en noodsaaklik vir Suid-Afrika se ekonomie. Verduidelik TWEE redes waarom dit die geval is. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 13 VRAAG 4 4.1 Ontwikkeling modelle, alhoewel erg gekritiseer, gee ons ʼn idee van die ontwikkeling van plekke binne ʼn tydsraamwerk. Kies die ontwikkeling model wat die beskrywings hieronder verwys na. Skryf SLEGS een model langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) neer. MODELLE Rostow se model Kern-periferie model Volhoubare ontwikkelingsmodel 4.1.1 Hierdie model is uit die afhanklikheids teorie ontwikkel. 4.1.2 Hierdie model het ʼn ‘onder-na-bo’ eerder as ʼn ‘bo-na-onder’ benadering tot ontwikkeling. 4.1.3 Hierdie model is in die 1950's ontwikkel en bestaan uit lineêre ontwikkelingstadiums. 4.1.4 Hierdie model is gebaseer op die idee dat as daar wêreldwye groei in rykdom is, slegs die ryker lande voordeel uit hierdie rykdom trek. 4.1.5 Hierdie model is gebaseer op die Europese ervaring en akkommodeer nie ontwikkelende lande se ontwikkeling nie. 4.1.6 Hierdie model is gebaseer op die feit dat ontwikkeling nie kan plaasvind as daar nie ʼn balans tussen ekonomiese, sosiale en omgewingsontwikkeling is nie. 4.1.7 Volgens hierdie model, is ekonomiese groei toegespits op ʼn paar gebiede en die minder ontwikkelde gebiede is afhanklik van hierdie ontwikkelde sentrums. (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 4.2 Identifiseer die gebruik van die volgende natuurlike hulpbronne as hernubare of nie-hernubare. Skryf slegs hernubare of nie-hernubare langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) neer. 4.2.1 ʼn Maatskappy wat bio-termiese metodes gebruik om energie te genereer. 4.2.2 ʼn Ystermaatskappy wat geriffelde yster vir dakke maak. 4.2.3 ʼn Kommersiële boer wat organiese groente kweek. 4.2.4 ʼn Saagmeule wat hout vir die meubelbedryf sny. . 4.2.5 ʼn Maatskappy wat filters op hul skoorstene gebruik om koolstofdioksiedvrystelling te verminder. 4.2.6 ʼn Mynboumaatskappy wat goud vir die juweliersware-bedryf produseer. 4.2.7 ʼn Petrochemiese maatskappy wat brandstof vir motorvoertuie vervaardig. 4.2.8 ʼn Nutsmaatskappy wat groot hoeveelhede water aan die munisipaliteit verskaf. (8 x 1) (8) 4. Verwys na FIGUUR 4.3, ʼn uittreksel oor die inisiatief van die Umsizi- 3 organisasie in gemeenskapsontwikkeling. 4.3.1 Wat is gemeenskapsontwikkeling? (1 x 1) (1) 4.3.2 Noem EEN fokus area en EEN doelwit, uit die uittreksel, van die gemeenskaps ontwikkeling projekte georganiseer deur Umsizi. (2 x 1) (2) 4.3.3 Noem waarom landbouproduksie-opleiding volhoubaar en wydverspreid binne die Umsizi-raamwerk is. (1 x 2) (2) 4.3.4 Verduidelik waarom monitering van gemeenskapsgebaseerde projekte belangrik is vir suksesvolle volhoubare ontwikkeling. (2 x 2) (4) 4.3.5 Verskaf redes waarom gemeenskapsontwikkeling belangrik vir ʼn land se breër ontwikkelingsdoelwitte is. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 15 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, wat die uitwerking van hulp op die ontwikkeling van Derdewêreldlande illustreer. 4.4.1 Sou jy die tipe hulp in die illustrasie as bilateraal of multilateraal beskou? (1 x 1) (1) 4.4.2 Verskaf ʼn rede vir jou keuse in VRAAG 4.4.1. (1 x 1) (1) 4.4.3 Verduidelik waarom die hulp wat verskaf word, onvolhoubaar is, soos dit in die illustrasie uitgebeeld word. (1 x 2) (2) 4.4.4 Drie vorme van hulp, tegniese, voorwaardelike of humanitêre kan aan ontvangerlande voorsien word. (a) Noem die tipe hulp in die illustrasie uitgebeeld. (1 x 1) (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.4(a). (1 x 2) (2) 4.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf hoe hulp ʼn positiewe impak op die ontwikkeling van Derdewêreldlande kan hê. (4 x 2) (8) 4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 wat die gebruik van ʼn nie-konvensionele energiemetode aantoon. 4.5.1 Watter nie-konvensionele energie word deur die spotprenttekenaar geïllustreer? (1 x 1) (1) 4.5.2 Noem TWEE nadele, in die diagram geïllustreer, van hierdie tipe energie wat opgewek word. (2 x 1) (2) 4.5.3 Beskryf TWEE voordele van hierdie tipe energie wat opgewek word. (2 x 2) (4) 4.5.4 Verwys na die opskrif ‘Vergroen die land’. (a) Wat word bedoel met die opskrif ‘Vergroen die land’? (1 x 2) (2) (b) Verduidelik hoe vergroening van die land tot voordeel van die ekonomie van Suid-Afrika sal wees. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 4.6 Bestudeer FIGUUR 4.6 wat die belangrikheid van herwinning en herverbruik aantoon. 4.6.1 Wat word bedoel met volhoubare gebruik van hulpbronne? (1 x 1) (1) 4.6.2 Onderskei tussen herwin en herverbruik. (1 x 2) (2) 4.6.3 Bespreek hoe herwinning ekonomiese ontwikkeling kan veroorsaak. (2 x 2) (4) 4.6.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die impak van herwinning en herverbruik vir omgewingsvolhoubaarheid. (4 x 2) (8) [75] GROOTTOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all