Skip to content

Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11201715 pages

Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur NAAM: PUNTE HOD CLUSTER PROVINSIAAL V1 15 V2 20 V3 25 V4 15 TOTALE MOD PUNTE 75 75 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende 1 bladsy vir rowwe werk en berekeninge.
2 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) BRONMATERIAAL 1. ʼn Uittreksel uit die topografiese kaart 3224 BA & BC GRAAFF-REINET 2. Ortofotokaart 3224 BC 1 GRAAFF-REINET 3. LET WEL: Die bron materiaal moet deur die skool vir hulle eie gebruik gekollekteer word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf word. 3. Jy word van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (3224 BA en BC GRAAFF- REINET) en ʼn ortofotokaart (3224 BC 1 GRAAFF-REINET) van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan. Maak seker dat eenhede regdeur ALLE berekening en finale antwoord onderhou word. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word, voor. 10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon. AFRIKAANS ENGLISH Vliegveld Landing strip Voor Furrow Karavaanpark Caravan Park Kanaal Canal Rioolwerke Sewerage works Gholfbaan Golf Course Uitgrawing Excavation Natuurreservaat Nature reserve Skietbaan Rifle Range Vliegveld Aerodrome Kloof Ravine Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 3 ALGEMENE INLIGTING RAKENDE GRAAFF-REINET Die Karoo-dorp van Graaff-Reinet in ʼn draai van die Sondagsrivier geleë, is die vierde oudste nedersetting in Suid-Afrika en word deur die rotsagtige Sneeuberge in die Camdeboo Nasionale Park oorskadu. Van hier af kan jy ook die Vallei van Verlatenheid aanskou en ʼn goeie gevoel van die geweldige grootheid van die Groot-Karoo kry. Moderne Graaff-Reinet is gebaseer op toerisme, wildboerdery en tradisionele vee soos Merino-skape en ‘witgoud’: angora-bokke wat sybokhaar verskaf. Bron: Eksaminator Koördinate: 32°15′08″S 24°32′26″O / 32°15,1′S 24°32,4′O Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 1: MEERVOUDDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3224 BA en BC GRAAFF-REINET, en op die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag. 1.1 Die kaartverwysing noord van Graaff-Reinet is … A 3224BA21. B 3224BC1. C 3224BC6. D 3224BC7. 1.2 Die breedtelyn wat A op die algemene inligting kaart op bladsy 3 gemerk is, is ... A 24°S. B 32°O. C 25°O. D 32°S. 1.3 Die Sondagsrivier in blok G2 op die topografiese kaart, vloei in ʼn ... rigting. A noordoostelike B suidelike C noordwestelike D westelike 1.4 Die kaartprojeksie wat op die Graaff-Reinet-kaart gebruik word, is die ... projeksie. A transversale B Lambert C Mercator D Gauss konforme 1.5 Die nommer, 1, op die ortofotokaart verwys na ʼn ... A sekondêre pad. B hoofverkeerpad. C spoorlyn. D hoofpad. 1.6 Die tipe helling van die landskap vanaf 2 tot 3 op die ortofotokaart is ... A steil. B konkaaf. C konveks. D getrap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 5 1.7 Die tyd wat die otofotokaart ongeveer geneem was, sal ... wees. A tussen 08:00–10:00 B tussen 10:00–12:00 C tussen 12:00–14:00 D presies 17:00 1.8 Die damme wat in die landelike gebied van Graaff-Reinet aangetref word, word hoofsaaklik vir ... gebruik. A ontspanning B landbou-doeleindes C industriële doeleindes D huishoudelike doeleindes 1.9 Die landvorm genommer 4 tussen punthoogte 1338 en peilbaken 1303 op die ortofotokaart is ʼn ... A vlakte. B saal. C uitloper. D pas. 1.10 Die Camdeboo Nasionale Park wat B op die topografiese kaart gemerk is, is in die ... geleë. A Drakensberge B Graaff-Reinet-berge C Sneeuberge D Outeniqua-berge 1.11 Die ligging (koördinate) van peilbaken 202 in blok D13 is ... A 24°42'16"S 32°12'22"O / 24°42,2'S 32°12,3'O. B 32°12'55"S 24°47'20" O / 32°12,9'S 24°47,3O. C 24°44'10"O 32°12'40"S / 24°44,1'O 32°12,6'S. D 32°12'22"S 24°42'21"O / 32°12,3'S 24°42,2'O. 1.12 Identifiseer die mensgemaakte verskynsel wat by 6 op die ortofotokaart aangetref word. A Gholfbaan B Uitgrawing C Boerdery gronde D Droë panne Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 1.13 Die ware peiling vanaf die Koniese koppie in blok A12 tot by peilbaken 202 in blok D13, op die topografiese kaart, is ... A 22°. B 338°. C 142°. D 158°. 1.14 Verskynsel E in blokke H14/I14 op die topografiese kaart is ʼn ... A kloof. B poort. C pas. D waterval. 1.15 Die kontoerinterval op die topografiese kaart is ... meter. A 2 B 5 C 10 D 20 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 7 VRAAG 2: KAARTWERKBEREKENINGE EN -TEGNIEKE 2.1 2.1.1 Die skaal van die topografiese kaart is 1 : 50 000. Skryf dit as ʼn woordskaal neer. (1 x 1) (1) 2.1.2 Wat is die reguitlyn-afstand vanaf G in blok I2 tot by H in blok H2?. Verskaf jou antwoord in meter. (2 x 1) (2) 2.2 Gebruik die inligting op die topografiese kaart en bepaal die magnetiese deklinasie vir 2017. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Verskil in jare: Gemiddelde jaarlikse verandering: Totale verandering: Magnetiese deklinasie vir 2017: (5 x 1) (5) 2.3 Vind punte C (blok A10) en D (blok B11) op die topografiese kaart. 2.3.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punt C en punt D op die topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Vertikale interval (VI) Formule: Gradiënt = Horisontale ekwivalent (HE) (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 2.3.2 Verwys na punte C en D op die topografiese kaart en teken ʼn vryhand dwarsprofiel. (1 x 1) (1) 2.3.3 Is daar intersigbaarheid tussen punt C en punt D? Verskaf ʼn rede vir jou antwoord. Antwoord: Rede: (1 + 1) (2) 2.3.4 Veronderstel die vryhand dwarsprofiel, geteken in VRAAG 2.3.2, is geteken op ʼn skaal van 1 cm = 20 m. Bereken die vertikale vergroting (oordrywing) van die dwarsprofiel. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. 𝑽𝑺 Formule: VV = 𝑯𝑺 (4 x 1) (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 9 VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Die onderstaande sketskaart verteenwoordig die gebied op die topografiese kaart wat die volgende blokke E1, 2, 3, 4 / F1, 2, 3, 4 en G1, 2, 3, 4 dek. Bestudeer die topografiese kaart en identifiseer die verskynsels waarna in VRAE 3.1.1–3.1.5 verwys word, so akkuraat as moontlik op die sketskaart aan. 3.1.1 Gebruik pyltjies ( ) om die vloeirigting van die rivier by X aan te toon. (1 x 1) (1) 3.1.2 Gebruik die letter R om aan te toon waar die R63 Graaff-Reinet met Murraysburg verbind. (1 x 1) (1) 3.1.3 Gebruik die letter T om die posisie van die Lokasiekoppeilbaken op die sketskaart aan te toon. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 3.1.4 Toon die menslike aktiwiteit by P aan. P= (1 x 1) (1) 3.1.5 As die heersende winde noordwes is, noem EEN residensiële voorstad wat aan die besoedeling vanaf die fabrieke in blok G3 op die topografiese kaart blootgestel sal word. (1 x 1) (1) 3.2 Die gekarteerde gebied rondom Graaff-Reinet is blootgestel aan droogte en verwoestyning. 3.2.1 Definieer die term droogte. (1 x 1) (1) 3.2.2 Identifiseer en verduidelik EEN groot omgewingsimpak van droogte in die Graaff-Reinet area, in blok C10. (1 + 2) (3) 3.2.3 Plaaslike waterverskaffing is van groot belang in die Graaf-Reinet gebied. Lys VIER metodes wat die boere in blokke D9/10 gebruik het, om die negatiewe effekte van droogtes op te los. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 11 3.3 Verwys na blokke D10, D11 en die onderstaande foto van die pad wat deur die berge sny en beantwoord die volgende vrae. 3.3.1 Benoem die massabeweging wat heel moontlik langs die pad sal voorkom. (1 x 1) (1) 3.3.2 Stel TWEE oplossings voor om verdere massabeweging in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer, te voorkom. (2 x 2) (4) 3.4 Verwys na die horisontale landvorme gemerk F (blok F10) en G (blok I2) op die topografiese kaart. 3.4.1 Benoem die landvorme wat by F en G onderskeidelik gevind word. F= G= (2 x 1) (2) 3.4.2 Watter stollingsintrusie vorm die harde deklaag by die kruin van die verskynsel wat F gemerk is? Plaat of Gang. (1 x 1) (1) 3.4.3 Evalueer TWEE negatiewe gevolge wat hierdie verskynsels op die ekonomiese potensiaal van die gebied het. (2 x 2) (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSISTEME (GIS) 4.1 4.1.1 Is die ortofotokaart van Graaff-Reinet ʼn vektor- of ʼn rasterkaart? (1 x 1) (1) 4.1.2 Verskaf ʼn rede om jou antwoord by VRAAG 4.1.1 te ondersteun. (1 x 2) (2) 4.2 Identifiseer ʼn poligoonverskynsel, ʼn lynverskynsel, en ʼn puntverskynsel onderskeidelik in blok A3. Poligoon = Lyn = Punt = (3 x 1) (3) 4.3 Verwys na die Polisie Akademie gemerk 7 op die ortofotokaart en die TWEE onderstaande insetsels A en B. A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 13 B [Bron: Ortofotokaartuittreksel Graaff-Reinet] 4.3.1 Definieer die term ruimtelike resolusie. (1 x 1) (1) 4.3.2 Watter foto A of B het hoër resolusie? (1 x 1) (1) 4.3.3 Verskaf EEN rede vir jou antwoord by VRAAG 4.3.2. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 4.4 Verwys na die Polisie Akademie gemerk 7 op die ortofotokaart en beantwoord die volgende vrae. 4.4.1 Definieer die term attribuutdata. (1 x 1) (1) 4.4.2 Jy word gevra om ʼn attribuuttabel vir die Polisie Akademie-databasis te skep. Noem DRIE attribute wat jy sal oorweeg om in jou GIS in te sluit. (3 x 1) (3) 4.4.3 Verskaf die ruimtelike posisie van die Polisie Akademie wat 7 gemerk is. (1 x 1) (1) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 15 ROWWE WERK EN BEREKENINGE LET WEL: MOENIE hierdie bladsy vanaf die vraestel verwyder NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all