GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
GEOGRAFIE V1
MODEL 2013
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae.
Kopeireg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 










%20NOV2013_hlayiso.com_--b8e3d999-2fdd-49e9-900c-8a48487bcaa8/v1-3aa0e540918761fab3a0/card.webp)
View all





Geography P1 Exemplar 2013 Afr
Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 12
- File size
- 218.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geografie/V1 2 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 100 punte elk.
3. By die paragraafstylvraag mag jy na EEN idee verwys wat jy in diepte moet
bespreek, OF na verskillende idees wat in minder diepte bespreek word.
4. ALLE diagramme is in die BYLAE ingesluit.
5. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.
6. Begin elke vraag BOAAN 'n NUWE bladsy.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 3 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae uit AFDELING A beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Voltooi elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/begrip uit die lys
hieronder te kies. Skryf slegs die word/begrip langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
globale lugsirkulasie; westewinde; passaatwinde; geostrofiese winde;
Coriolis-krag; lugdrukgradiëntkrag
1.1.1 Die ... veroorsaak dat lug van sy oorspronklike baan afwyk. (1 x 2) (2)
1.1.2 Grootskaalse lugbeweging in die atmosfeer staan as … bekend.
(1 x 2) (2)
1.1.3 Die verskil in lugdruk wat daartoe lei dat lug van 'n area met hoë
druk na 'n area met lae druk beweeg, staan as ... bekend. (1 x 2) (2)
1.1.4 Winde wat parallel met isobare in die boonste atmosfeer
waai, is ... (1 x 2) (2)
1.1.5 Winde wat in die trope waai, word ... genoem. (1 x 2) (2)
1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 wat intrusiewe landvorme toon en beantwoord die
vrae wat volg.
1.2.1 Benoem die grootse intrusiewe landvorm wat 3 gemerk is. (1 x 2) (2)
1.2.2 Benoem intrusiewe landvorme 1, 2 en 7. (3 x 2) (6)
1.2.3 Watter landvorm sal ontwikkel as 1 aan die Aardoppervlak
blootgestel word? (1 x 2) (2)
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat die Wes-Afrikaanse moesonwinde toon en
beantwoord die vrae wat volg.
1.3.1 Wat is 'n moesonwind? (1 x 2) (2)
1.3.2 Identifiseer die wind wat Wes-Afrika onderskeidelik van Januarie
tot Maart en van Junie tot September oorheers. (2 x 2) (4)
1.3.3 Beskryf die weer in Wes-Afrika as gevolg van die wind wat van
Junie tot September waai. (2 x 2) (4)
1.3.4 Noem EEN probleem wat met die moesonwind wat van Januarie
tot Maart waai, geassosieer word. (1 x 2) (2)
1.3.5 Noem EEN probleem wat met die moesonwind wat van Junie tot
September waai, geassosieer word. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 4 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
1.4 Bestudeer die spotprent oor droogte in FIGUUR 1.4 en beantwoord die vrae
wat volg.
1.4.1 Definieer die begrip droogte. (1 x 2) (2)
1.4.2 Noem TWEE oorsake van droogtes. (2 x 2) (4)
1.4.3 Beskryf TWEE gevolge van droogtes op mense en die omgewing.
(2 x 2) (4)
1.4.4 Hoekom is ontwikkelende lande meer kwesbaar vir droogtes as
ontwikkelde lande? (2 x 2) (4)
1.4.5 Skryf 'n kort paragraaf waarin jy volhoubare strategieë verduidelik
wat ingestel kan word om droogtes effektief te bestuur. (6 x 2) (12)
1.5 Lees die artikel in FIGUUR 1.5 en beantwoord die vrae wat volg.
1.5.1 Definieer die begrip grondverskuiwing. (1 x 2) (2)
1.5.2 Waar kom grondverskuiwings gewoonlik voor? (1 x 2) (2)
1.5.3 Noem TWEE oorsake van grondverskuiwings. (2 x 2) (4)
1.5.4 Beskryf DRIE gevolge van grondverskuiwings op mense en die
omgewing. (3 x 2) (6)
1.5.5 Skryf 'n kort paragraaf waarin jy strategieë verduidelik wat gebruik
kan word om die uitwerking van massabewegings te voorkom of te
beperk. (6 x 2) (12)
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat cuestas toon en beantwoord die vrae wat volg.
1.6.1 Wat is 'n cuesta? (1 x 2) (2)
1.6.2 Beskryf die verskil in die ontwikkeling van cuestas in diagram A
en B. (2 x 2) (4)
1.6.3 Beskryf die verskil tussen die duikhelling en die eskarphelling van
'n cuesta. (2 x 2) (4)
1.6.4 Bespreek hoe mense cuestas kan gebruik. (2 x 2) (4)
[100]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 5 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
VRAAG 2
2.1 Bestudeer FIGUUR 2.1 wat op seisoenale temperatuurveranderinge
gebaseer is en beantwoord die vrae wat volg. Al die inligting in FIGUUR 2.1,
is vir seisoene in die Noordelike Halfrond.
2.1.1 Gee die begrip wat gebruik word wanneer die son direk oor die
Kreefskeerkring of die Steenbokskeerkring skyn. (1 x 2) (2)
2.1.2 Hoe vergelyk die lengte van die dag en nag in die Suidelike
Halfrond met mekaar wanneer dit 'n somersonstilstand ervaar?
(1 x 2) (2)
2.1.3 Gedurende watter seisoen in die Noordelike Halfrond ervaar die
Arktiese Sirkel 24 uur nag? (1 x 2) (2)
2.1.4 Beskryf die lengte van die dag en nag wanneer die Suidelike
Halfrond 'n lentenagewening ervaar. (1 x 2) (2)
2.1.5 Wat noem ons die baan wat die Aarde rondom die son volg?
(1 x 2) (2)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat 'n canyonlandskap toon. Dui aan of die volgende
stellings WAAR of ONWAAR is.
2.2.1 Canyonlandskappe ontwikkel in hellende sedimentêre gesteentes.
(1 x 2) (2)
2.2.2 Afwaartse erosie is die belangrikste erosieproses wat vir die
ontwikkeling van 'n canyon verantwoordelik is. (1 x 2) (2)
2.2.3 Canyonhange het 'n eenvormige vorm. (1 x 2) (2)
2.2.4 'n Canyon is gewoonlik wyd aan die oppervlak en nou by die
bodem. (1 x 2) (2)
2.2.5 Die jongste rotslae word naby die basis van die canyon aangetref.
(1 x 2) (2)
2.3 Lees die artikel in FIGUUR 2.3 wat op die impak van El Niño gebaseer is.
2.3.1 Noem die toestand wat nodig is voordat 'n El Niño-gebeurtenis kan
plaasvind. (1 x 2) (2)
2.3.2 Verduidelik waarom die meteoroloog die sinking van die Titanic
met El Niño verbind. (2 x 2) (4)
2.3.3 As die Titanic meer onlangs ter water gelaat is, kon die ramp
vermy gewees het. Waarom dink jy is dit die geval? (2 x 2) (4)
2.3.4 Bespreek die impak van 'n El Niño-gebeurtenis op die omgewing
van Afrika. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 6 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat verwoestyning in Afrika uitbeeld.
2.4.1 Wat is verwoestyning? (1 x 2) (2)
2.4.2 Noem EEN manier waarop mense tot verwoestyning bydra. (1 x 2) (2)
2.4.3 Beskryf die mate waarin Suid-Afrika deur verwoestyning bedreig
word. (2 x 2) (4)
2.4.4 Bespreek TWEE gevolge van verwoestyning op die ekonomie van
Afrika. (2 x 2) (4)
2.4.5 Skryf 'n kort paragraaf waarin jy volhoubare metodes beskryf wat
die proses van verwoestyning in Afrika kan voorkom en omswaai.
(6 x 2) (12)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat twee landvorme toon wat na mekaar ontwikkel.
2.5.1 Identifiseer landvorme A en B. (2 x 2) (4)
2.5.2 Noem die onderliggende intrusiewe landvorm waaruit beide die
landvorme ontwikkel het. (1 x 2) (2)
2.5.3 Verduidelik kortliks waarom landvorm A 'n geronde vorm aanneem.
(3 x 2) (6)
2.5.4 Skryf 'n kort paragraaf waarin jy verduidelik hoe landvorm B
ontwikkel. (6 x 2) (12)
2.6 Verwys na FIGUUR 2.6 wat die tipiese hangelemente/-vorme wat met 'n hang
geassosieer word, voorstel.
2.6.1 Identifiseer die hangelemente/-vorme wat A, B, C en D gemerk is.
(4 x 2) (8)
2.6.2 Gee EEN kenmerk van elk van die hangelemente/-vorme wat A en
C gemerk is. (2 x 2) (4)
2.6.3 Verduidelik waarom hangelement/-vorm D vir boere bruikbaar is.
(2 x 2) (4)
[100]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 7 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
AFDELING B: ONTWIKKELING, HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING
A beantwoord, moet jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Die totale waarde van goedere A ekonomiese ontwikkeling
en dienste wat in 'n jaar in 'n
land geproduseer word B Bruto Binnelandse Produk
3.1.2 'n Maatstaaf van 'n land se C Menslike
rykdom en hoe dit gegenereer Ontwikkelingsindeks
word
D buitelandse valuta
3.1.3 Geld wat uit uitvoere verdien
word E handelsbalans
3.1.4 'n Maatstaf van die nie-
F betalingsbalans
ekonomiese aspekte van 'n
land se ontwikkeling
3.1.5 Die verskil in die geldwaarde
van 'n land se uitvoere en
invoere
(5 x 2) (10)
3.2 Kies die korrekte woord/begrip tussen hakies om elk van die volgende
stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord/stelling langs die
vraagnommer (3.2.1 tot 3.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
3.2.1 'n (Natuurlike/Ekonomiese) hulpbron word uit die omgewing verkry.
(1 x 2) (2)
3.2.2 (Biotiese/Abiotiese) hulpbronne bestaan uit nielewende dinge.
(1 x 2) (2)
3.2.3 (Eluviasie/Illuviasie) vind plaas wanneer gronddeeltjies as 'n
oplossing of in suspensie afwaarts deur grond gedra word. (1 x 2) (2)
3.2.4 Hidroëlektrisiteit is 'n (hernubare/niehernubare) vorm van energie.
(1 x 2) (2)
3.2.5 (Swaartekrag/Ontbossing) is 'n natuurlike oorsaak van
gronderosie. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 8 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat oorsake van gronderosie toon en beantwoord die
vrae wat volg.
3.3.1 Identifiseer TWEE oorsake van gronderosie wat in die diagram
sigbaar is. (2 x 2) (4)
3.3.2 Verduidelik kortliks die gronderosieproses wat in die diagram
geïllustreer word. (2 x 2) (4)
3.3.3 Bespreek enige DRIE gevolge van gronderosie op die omgewing.
(3 x 2) (6)
3.3.4 Skryf 'n kort paragraaf waarin jy volhoubare bestuurstrategieë
bespreek wat gebruik kan word om gronderosie te voorkom en te
beheer. (6 x 2) (12)
3.4 Suid-Afrika het waardevolle steenkoolafsettings in die noordooste van die
land, en daarom word die meeste van Suid-Afrika se steenkoolaangedrewe
aanlegte in Mpumalanga aangetref. Histories het dit Suid-Afrika toegang tot
goedkoop elektrisiteit gegee, maar dit is ook een van die grootste redes
waarom die land op die top 20-lys van lande is wat koolstofdioksied vrystel.
3.4.1 Steenkool is nie 'n volhoubare energiebron nie. Verduidelik hierdie
stelling. (2 x 2) (4)
3.4.2 Noem TWEE omgewingsimpakte van steenkoolontginning en
termiese kragstasies. (2 x 2) (4)
3.4.3 Bespreek DRIE bestuursmaatreëls wat ingestel kan word om Suid-
Afrika se vrystelling van koolstofdioksied deur
steenkoolaangedrewe kragstasies te verminder. (3 x 2) (6)
3.5 Lees die uittreksel uit 'n artikel in FIGUUR 3.5 en beantwoord die vrae
wat volg.
3.5.1 Waarna verwys die begrip ontwikkelingshulp? (1 x 2) (2)
3.5.2 Wat is die verskil tussen bilaterale hulp en humanitêre hulp? (2 x 2) (4)
3.5.3 Noem EEN humanitêre hulporganisasie wat 'n belangrike rol speel
om voedsel aan lande te verskaf tydens hongersnood. (1 x 2) (2)
3.5.4 Behalwe vir voedsel, noem EEN ander vorm van humanitêre hulp.
(1 x 2) (2)
3.5.5 Stem jy saam dat humanitêre hulp aan Wes-Afrika en die Sahel
verleen moet word om 'n humanitêre krisis te voorkom? Motiveer
jou antwoord deur die voordele en/of nadele van die verskaffing
van humanitêre hulp te bespreek. (6 x 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 9 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
3.6 Verwys na die spotprent in FIGUUR 3.6 wat handel aantoon en beantwoord
die vrae wat volg.
3.6.1 Moedig die man met die sigaar vryhandel aan? (1 x 2) (2)
3.6.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1. (1 x 2) (2)
3.6.3 Wie in die spotprent stel die volgende voor:
(a) Meer ekonomies ontwikkelde lande (1 x 2) (2)
(b) Minder ekonomies ontwikkelde lande (1 x 2) (2)
3.6.4 Noem TWEE regulasies wat gebruik word om vryhandel te
voorkom. (2 x 2) (4)
3.6.5 Verduidelik waarom vryhandel voordelig kan wees vir lande wat
ekonomies minder ontwikkeld is. (3 x 2) (6)
[100]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 10 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
VRAAG 4
4.1 Gee EEN woord/begrip vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
woord/begrip uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/begrip langs
die vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
primêre aktiwiteite, ekonomiese aanwysers, tersiêre aktiwiteite,
uitvoergebaseerde ontwikkeling, sekondêre aktiwiteite,
Rostow se ontwikkelingsmodel
4.1.1 Lande gaan deur vyf stadiums van ekonomiese ontwikkeling (1 x 2) (2)
4.1.2 Dui die vlak van rykdom en ervaring van 'n land aan (1 x 2) (2)
4.1.3 Aktiwiteite wat 'n diens lewer (1 x 2) (2)
4.1.4 Die onttrekking van natuurlike hulpbronne direk uit die
Aardoppervlak (1 x 2) (2)
4.1.5 'n Handels- en ekonomiese beleid wat beoog om die
nywerheidsontwikkeling van 'n land te versnel (1 x 2) (2)
4.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (4.2.1 tot 4.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
4.2.1 'n Voorbeeld van 'n niehernubare hulpbron:
A Grond
B Water
C Steenkool
D Wind (1 x 2) (2)
4.2.2 Die beperking van skade aan die omgewing kan vermag word
deur …
A ontbossing.
B hulpbronvervanging.
C bevolkingsgroei.
D hulpbronuitbuiting. (1 x 2) (2)
4.2.3 … is 'n voorbeeld van 'n handelsverspreiding.
A Invoerkwotas
B Gewaarborgde produkpryse
C Minimum salarisstandaarde
D Minimum produkpryse (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 11 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
4.2.4 Die gemiddelde inkomste per jaar per persoon in 'n land staan as
die … bekend.
A BBP
B BBP per capita
C BNP
D BNP per capita (1 x 2) (2)
4.2.5 … is 'n voorbeeld van 'n demografiese ontwikkelingsaanwyser.
A Die geletterdheidskoers
B Die bevolkingsgroeikoers
C Geslagsgelykheid
D Toegang tot gesondheidsorg (1 x 2) (2)
4.3 Die koerantberig in FIGUUR 4.3 verwys na die toekoms van kernkrag
in Suid-Afrika.
4.3.1 Wat is kernkrag? (1 x 2) (2)
4.3.2 Waar is Suid-Afrika se huidige en enigste kernkragstasie geleë?
(1 x 2) (2)
4.3.3 Ten spyte van die baie voordele van kernkrag, maak Suid-Afrika
steeds grootliks staat op konvensionele energiebronne soos
steenkool om elektrisiteit op te wek. Waarom is dit die geval?
(2 x 2) (4)
4.3.4 Gee EEN rede waarom Suid-Afrika die bou van kernkragstasies in
Suid-Afrika uitgestel het. (1 x 2) (2)
4.3.5 Met verwysing na die voordele en nadele van kernkrag, skryf 'n
kort paragraaf waarin jy saamstem, of verskil, van die regering se
besluit om meer kernkragstasies te bou. (6 x 2) (12)
4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat 'n tipiese grondprofiel aandui.
4.4.1 Wat is 'n grondprofiel? (1 x 2) (2)
4.4.2 Wat is 'n grondhorisont? (1 x 2) (2)
4.4.3 Van watter belang is grondhorisont A vir mense? (2 x 2) (4)
4.4.4 In watter grondhorisont kom uitloging hoofsaaklik voor? (1 x 2) (2)
4.4.5 Watter rol speel moederrots (R) in grondvorming? (1 x 2) (2)
4.4.6 Verduidelik die rol wat klimaat in grondvorming speel. (2 x 2) (4)
4.4.7 Waarom kan mens sê dat die grondprofiel wat in FIGUUR 4.4
voorgestel word, die profiel van volwasse grond is? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 12 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
4.5 Verwys na die spotprent in FIGUUR 4.5 wat globalisering toon.
4.5.1 Definieer die begrip globalisering. (1 x 2) (2)
4.5.2 Watter boodskap dra die spotprent oor globalisering oor? (1 x 2) (2)
4.5.3 Watter land speel volgens die spotprent 'n belangrike rol in
globalisering? (1 x 2) (2)
4.5.4 Gee DRIE redes waarom baie mense globalisering teenstaan.
(3 x 2) (6)
4.5.5 In 'n kort paragraaf, gee aanbevelings hoe globalisering meer
voordelig vir ontwikkelende lande kan wees. (6 x 2) (12)
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 wat geslagsongelykheid voorstel.
4.6.1 Wat beteken die begrip geslagsongelykheid? (1 x 2) (2)
4.6.2 Teen watter geslag word daar volgens die staafgrafiek
gediskrimineer? (1 x 2) (2)
4.6.3 Noem EEN vorm van geslagsongelykheid. (1 x 2) (2)
4.6.4 Watter land in die staafgrafiek ervaar die ergste
geslagsongelykheid? (1 x 2) (2)
4.6.5 Gee TWEE redes waarom geslagsongelykheid meer prominent in
ekonomies minder ontwikkelde lande as in ekonomies meer
ontwikkelde lande is. (2 x 2) (4)
4.6.6 Noem TWEE maatreëls wat in Suid-Afrika aangewend is om
geslagsongelykheid op te los. (2 x 2) (4)
[100]
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2025 ENG

Question paper
GEOGRAPHY P2 MAP 2529CC EMALAHLENI Nov 2025 Final

Question paper
GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D

Question paper
GEOGRAPHY P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
IMG 20231013 WA0020 hlayiso.com

Question paper
IMG 20231013 WA0020
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans

Question paper
GEOG P2 GR11 QP Afrikaans Vryheid hlayiso.com

Question paper
GEOGRAPHY P2 QP GR11NOV2020 Afr D

Question paper
GEOGRAPHY P1 GR11 NOV2017 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
GEOG P1 N12 QP Afr
%20NOV2013_hlayiso.com_--b8e3d999-2fdd-49e9-900c-8a48487bcaa8/v1-3aa0e540918761fab3a0/card.webp)
Question paper
GEOG P1 GR11 QP (Eng) NOV2013 hlayiso.com
More from Grade 11 Geography
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG

Question paper and memo
FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo

Memorandum
GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR

Question paper
2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print

Question paper
2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie hlayiso.com

Question paper