Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)
Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape November Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.
AFDELING A:
VRAAG 1: Die Atmosfeer (60)
VRAAG 2: Geomorfologie (60)
AFDELING B:
VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)
2. Beantwoord al DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat ʼn reël op tussen onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
8. Teken volledige benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe as jy moet noem, benoem, identifiseer of
lys moet maak.
10. Eenhede van meting MOET in jou finale antwoord aangedui word,
byvoorbeeld 1 020 hPa, 14 °C en 45 m.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. ʼn 1 : 50 000 Topografiese kaart (3419 AB CALEDON) en ʼn ortofotokaart
(3419AB 24 CALEDON) van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied word
voorsien.
15. Die gebied wat in ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inhandig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: DIE ATMOSFEER
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
Verwys na die skets hieronder oor die aarde se as om VRAE 1.1.1 tot 1.1.5 te
beantwoord.
[Aangepas uit https://www.spacecentre.nz/resources/faq/solar-system/earth/rotation-
speed.html]
1.1.1 Die seisoen wat deur die suidelike halfrond ervaar word is ...
A herfs.
B winter.
C lente.
D somer.
1.1.2 Die pyltjies by A wys die ... van die aarde.
A sirkel van verligting
B omwenteling
C aswenteling
D sirkel van parallelisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.1.3 Die skets illustreer ʼn ... situasie, met die dae ... as die nag by die
ewenaar.
(i) sonstilstand
(ii) eweninge
(iii) langer
(iv) gelyk
A (i); (iii)
B (i); (iv)
C (ii); (iii)
D (ii); (iv)
1.1.4 Lyn B–C verteenwoordig die ... van die aarde se as en is ... dwarsdeur
die jaar.
(i) dinamika
(ii) parallelisme
(iii) dieselfde
(iv) verskillend
A (i); (iii)
B (i); (iv)
C (ii); (iii)
D (ii); (iv)
1.1.5 Die hoeveelheid insolasie wat die aarde ontvang, hang af van ... en ...
(i) breedtegraad
(ii) aswenteling
(iii) seisoene
(iv) omwenteling
A (i); (iii)
B (i); (iv)
C (ii); (iii)
D (ii); (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 5
Verwys na die skets hieronder oor seestrome om VRAE 1.1.6 tot 1.1.8 te
beantwoord.
[Aangepas uit https://www.google.com/search?q=Warm+Mozanbique+current&tbm=]
1.1.6 Die seestrome in die skets speel ʼn gekombineerde rol in die vorming
van weerpatrone deur ...
A temperature te laat styg.
B ʼn matige invloed op temperature te het.
C temperature te laat daal.
D deur meer reënval te veroorsaak.
1.1.7 Die koue Benguela-seestroom dra ... lug vanaf die pole na die ...
sones oor.
A koue; gematigde
B warm; kus
C koue; kus
D warm; woestyn
1.1.8 Warm seestrome beweeg van die ... na die ...
A pole; ewenaar.
B wes; pole.
C oos; ewenaar.
D ewenaar; pole. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.2 Verwys na die skets oor die rigting en spoed van ʼn wind. Kies die korrekte
woorde(e)/nommer(s) van die wat tussen hakies gegee word om die
volgende sinne te voltooi. Skryf slegs die woord(e)/nommer(s) langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.2.1 Die lyne in die skets wat plekke van gelyke druk vertoon, staan as
(kontoere/isobare) bekend.
1.2.2 Die hoogdruk word deur (5280/5100) hektopascal verteenwoordig.
1.2.3 (Coriolis/Drukgradiënt) -krag bepaal die spoed van die wind.
1.2.4 Winde deflekteer of verander van rigting as gevolg van
(Drukgradiënt/Coriolis) -krag.
1.2.5 Die rigting van die wind in die skets hierbo verteenwoordig toestande
in die (suidelike/noordelike) halfrond.
1.2.6 Hoe groter die verskil in lugdruk tussen hoog- en laagdrukselle, hoe
(sterker/swakker) die wind.
1.2.7 Geostrofies (balans/vloei) is ʼn teoretiese wind wat parallel met die
isobare waai. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 7
1.3 Verwys na die skets oor globale lugsirkulasie.
1.3.1 Wat is die intertropiese konvergensiesone? (1 x 2) (2)
1.3.2 Noem die globale sel by A. (1 x 1) (1)
1.3.3 Hoe vorm die poolfront? (2 x 2) (4)
1.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die beweging van
die tropiese oostewinde en westewinde en die impak daarvan op die
weer in streke waar hulle voorkom. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.4 Verwys na die skets en uittreksel van ʼn moesonwind.
WINDE BAAN DIE WEG VIR DIE NADERING VAN DIE MOESONWIND
Die deurslaggewende suidwestelike moesonwind begin omstreeks 1 Junie sy
reis na die Indiese subkontinent vanaf die kus met ʼn standaardafwyking van
ongeveer sewe dae. Moeson reënval is van kritieke belang vir
landbouproduksie, wat ongeveer 18% van die ekonomie uitmaak en die
grootste werkgewer is.
[Aangepas uit deccanherald]
1.4.1 Pas skets A met óf ʼn somer- óf winter moesonwind oor die
subkontinent van Indië. (1 x 1) (1)
1.4.2 Identifiseer die rigting van die moesonwind, volgens die uittreksel, wat
in skets A waai. (1 x 1) (1)
1.4.3 Waarom bring hierdie wind wat jy in VRAAG 1.4.2 geïdentifiseer het,
swaar reënval na die Indiese subkontinent? (1 x 1) (1)
1.4.4 Wat sal die positiewe fisiese (natuurlike) impak van hierdie swaar
reënval op die Indiese subkontinent wees? (2 x 2) (4)
Verwys na skets B.
1.4.5 Beskryf die weerstoestande wat oor die Indiese subkontinent in
skets B heers. (2 x 1) (2)
1.4.6 Verduidelik die negatiewe ekonomiese impak wat die subkontinent
van Indië sal ervaar as die toestande in skets B verleng word. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 9
1.5 Verwys na die kaart en uittreksel oor verwoestyning.
Stygende temperature en
onbehoorlike rampbestuur het tot
verhoogde verwoestyning syfers
regoor die wêreld gelei. Tesame
met droogtes en ʼn daling in
landbouproduktiwiteit, kan die
gevolge van verwoestyning nie
geïgnoreer word nie. Om sulke hoë
koerse van grondagteruitgang wat
baie streke van die wêreld ervaar,
te bekamp, is effektiewe
risikobestuur nodig.
Verwoestyning is ook ʼn groot
kwessie in Afrika.
Byvoorbeeld, swak oeste en ʼn toename in onvrugbare grond teister steeds die
inwoners van Tanzanië. In Mauritanië het ʼn daling in reënval
landbouproduksie vererger en het baie boere laat sukkel om genoeg kos te
kweek om te eet of te verkoop. Verwoestyning kan ook verlies aan
biodiversiteit en verlies aan *waterdraers veroorsaak. In Afrika, met byna 45%
van die landmassa wat verwoestyning ervaar, staar baie mense selfs groter
risiko's in die gesig. In Mauritanië het die haglike situasie voedselonsekerheid,
behuisingsprobleme en bevolkingsgesondheid laat afneem. Dorpenaars
probeer migreer namate hul huise onder die sand begrawe word, benewens
ʼn gebrek aan waterbronne en inkomste.
* ʼn Rots gedeelte of sediment wat met grondwater versadig is.
[Bron: https://earth.org/desertification-in-afrika/]
1.5.1 Wat is verwoestyning? (1 x 2) (2)
1.5.2 Identifiseer die groot woestyn op die kaart. (1 x 1) (1)
1.5.3 Noem EEN negatiewe fisiese (natuurlike) impak, volgens die
uittreksel, van verwoestyning. (1 x 1) (1)
1.5.4 Waarom word die Sahel as ʼn hoërisikogebied beskou? (1 x 1) (1)
1.5.5 Verduidelik die negatiewe sosiale impak wat ʼn daling in
landbouproduktiwiteit op die mense van Afrika sal hê. (2 x 2) (4)
1.5.6 Stel maatreëls voor wat boere kan implementeer om die verspreiding
van verwoestyning te verminder. (3 x 2) (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs X of
Y langs vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.1.9 Y.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Vorm uit lae lawa wat horisontaal X heuwelagtige landskap
op die aardoppervlak vloei Y basaltiese plato
2.1.2 Tipe verwering wat veroorsaak dat X plaatvloei
blootgestelde stollingsgesteentes Y afskilfering
afskil
2.1.3 Die duikhelling is na buite, en die X cuesta koepel
eskarphelling wys na die binnekant Y cuesta bekken
2.1.4 Die reliëfstreek wat tussen die plato X plato hellings
en kusvlaktes lê Y groot eskarp
2.1.5 Bo-grond word versadig en gly op X aardvloei
die bevrore grond Y solifluksie
2.1.6 Vinnige beweging van materiaal X steil hellings
teen ʼn helling sal deur ... verhoog Y digte plantegroei
word
2.1.7 Asimmetriese rug met ʼn geleidelike X hogsback
duikhelling tussen 10–25 Y cuesta
2.1.8 Vorm vanuit harde rots wat stadig X duikhelling
verweer Y eskarp helling
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 11
2.2 Verwys na die skets oor intrusiewe landvorme. Kies die korrekte landvorm uit die
skets wat die stelling hieronder na verwys. Skryf slegs die landvorm langs by die
vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
[Bron: https: //www.google.com/search?q=igneous+intrusions+diagram]
2.2.1 Die grootste van alle intrusiewe landvorme
2.2.2 ʼn Vertikale intrusie van stollingsgesteentes wat ʼn muur vorm
2.2.3 Wanneer magma aan die aardoppervlak blootgestel word
2.2.4 Stollingsintrusie wat vorm wanneer strata opwaarts gedwing word
2.2.5 ʼn Horisontale intrusie van stollingsgesteentes wat ʼn plaat vorm
2.2.6 Stollingsintrusie wat vorm wanneer sedimentêre strata ʼn bekken
veroorsaak
2.2.7 ʼn Driehoekvormige heuwel uit uitbarstingsmateriaal gevorm (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.3 Verwys na die skets oor topografie wat met horisontaal gelaagde gesteentes
verband hou.
[Bron: https://www.google.com/search?q=topography+associated+with+horizontally]
2.3.1 Lewer kommentaar op die hoogte van die topografie wat in die skets
voorkom. (1 x 1) (1)
2.3.2 Verskaf bewyse uit die skets vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.
(1 x 1) (1)
2.3.3 Die topografie hierbo is (eenvormig/nie eenvormig nie) bestand teen
erosie. (1 x 1) (1)
2.3.4 Hoe vorm canyons? (2 x 2) (4)
2.3.5 Verduidelik hoe die elemente van die Karoolandskap wat in die skets
sigbaar is, uit ʼn canyonlandskap sal vorm. (2 x 2) (4)
2.3.6 Hoe kan die topografie in die skets wat verband hou met horisontaal
gelaagde gesteentes ekonomies deur mense benut word?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 13
2.4 Verwys na die foto’s oor topografie wat met massiewe stollingsgesteentes
verband hou.
A B
2.4.1 Identifiseer die landvorme wat met massiewe stollingsgesteentes in foto
A en foto B verband hou. (2 x 1) (2)
2.4.2 Noem EEN kenmerk van massiewe stollingsgesteentes wat in die foto
sigbaar is. (1 x 1) (1)
2.4.3 Uit watter stollingsintrusie ontstaan die landvorme op foto A en foto B?
(2 x 1) (2)
2.4.4 Hoe is hierdie landvorme op foto A en foto B aan die aardoppervlak
blootgestel? (1 x 2) (2)
2.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die rol van verwering
in die vorming van hierdie twee landvorme. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.5 Verwys na die foto en uittreksel op ʼn grondverskuiwing.
[Bron: google images]
In eThekwini het kombinasies van hellende grond, water en klei spore van
verwoesting tydens die onlangse vloede gelaat.
Sommige artikels het voorgestel dat die katastrofes in Durban en die groter
eThekwini-streek van Suid-Afrika ná onlangse vloede weens klimaatsverandering
en wanadministrasie te wyte is. Alhoewel hierdie faktore ʼn rol speel, is die feit dat
grondverskuiwings plaasgevind het, geen verrassing nie, as die geologie van die
gebied in ag geneem word.
eThekwini is ʼn kusmetropool wat gekenmerk word deur heuwelagtige terrein wat
deur verskeie groot riviere soos die Umgeni, Mlazi en Mbokodweni gedreineer
word. Die streek is subtropies, maar onlangse reën was abnormaal relatief tot
onlangse rekords en het verskeie grondverskuiwings tot gevolg gehad. Die
negatiewe sosiale, ekonomiese en fisiese impak op die streek was rampspoedig.
[Aangepas uit ʼn artikel deur Charles Macrobert]
2.5.1 Hoe beeld die foto ʼn grondverskuiwing uit? (1 x 1) (1)
2.5.2 Volgens die artikel, wat is die hoofoorsaak van grondverskuiwings in die
groter eThekwini-streek. (1 x 1) (1)
2.5.3 Watter klimaatsbewyse in die artikel dui daarop dat die eThekwini-streek
hoë reënval ontvang.? (1 x 1) (1)
2.5.4 Watter rol het swaar reënval in die ontwikkeling van grondverskuiwings
gespeel? (2 x 2) (4)
2.5.5 Gee rekeningskap vir die negatiewe sosiale impak van grondverskuiwings
in die streek. (2 x 2) (4)
2.5.6 Stel strategieë voor wat die munisipaliteit van eThekwini kan gebruik om
die gevolge van grondverskuiwings te verminder. (2 x 2) (4)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 15
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR CALEDON
Koördinate: 34° 13′ S ; 19° 25′ O
Caledon het ʼn Mediterreense klimaat van warm, droë somers en koel, nat winters.
Temperature word verander deur sy nabyheid aan die Suid-Atlantiese Oseaan, net oor die
Kleinrivierberge in die suide.
[Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Calendon,_Western Kaap]
Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese en
ortofotokaarte getoon:
ENGELS AFRIKAANS
Caledon Casino and Spa Resort Caledon Casino en Spa-oord
Nature Reserve Natuurreservaat
Show Grounds Skougronde
Hot Spring Warmwaterbronne
Sewage Disposal Works Rioolverwerkingsaanleg
Silo Graansuier
Marshes and vlei Moeras en vlei
Diggings Uitgrawings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.1 KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 Die topografiese kaartnommer 3419 verwys na die ...
A lengte- en breedtegraad.
B breedtegraad en lengtegraad.
C kontoerlyn en isobaar.
D lengtegraad- en kontoerlyne. (1 x 1) (1)
3.1.2 Die skaal van die ortofotokaart is ... keer groter as die skaal van die
topografiese kaart.
A 5
B 10
C 20
D 40 (1 x 1) (1)
3.1.3 Die lengte (L) van die hospitaal (Area 2) op die ortofotokaart is ...
sentimeter (cm).
A 30
B 13
C 3
D 1,4 (1 x 1) (1)
3.1.4 Die breedte (B) van die hospitaal (Area 2) op die ortofotokaart is ...
sentimeter (cm).
A 0,3
B 13
C 3,3
D 1,3 (1 x 1) (1)
3.1.5 Gebruik die antwoorde van VRAE 3.1.3 en 3.1.4 en bereken die
oppervlakte van die hospitaal 2 in vierkante meter (m2). Toon ALLE
berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Formule: Oppervlakte = lengte (L) x breedte (B) (3 x 1) (3)
3.1.6 Bereken die magnetiese deklinasie van Caledon vir 2023. Gebruik
die inligting en stappe hieronder.
Verskil in jare: 22 jaar
Gemiddelde jaarlikse verandering: 4' weswaarts
Totale verandering: ________________
Magnetiese deklinasie vir 2023: __________________
__________________ (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 17
3.2 KAART-INTERPRETASIE
3.2.1 Watter tipe klimaat word deur Caledon ervaar? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (1 + 1) (2)
Verwys na die topografiese en ortofotokaarte.
3.2.2 Die letter 3 op die ortofotokaart dui ʼn ... aan.
A rioolbehandeling-aanleg
B reservoir
C silo
D kragstasie (1 x 1) (1)
3.2.3 Reënval oor die gekarteerde gebied is seisoenaal. Gee TWEE
bewysstukke, vanaf die kaart in blokke E1/2, van maatreëls wat
boere gebruik om die probleem van watertekort in tye van lae reënval
te oorkom. (2 x 1) (2)
3.2.4 Die stadsraad van Caledon het besluit om die ontwikkelingsvlak van
hierdie gebied deur toerisme te probeer verbeter. Verduidelik hoe die
raad hierdie gebied sal bevorder deur bewyse uit blokke D3/4 en
E3/4 te gebruik. (2 x 2) (4)
Verwys na 2 in blok E2 op die ortofotokaart.
3.2.5 Die belangrikste ekonomiese aktiwiteit by 2 in blok E2 op die
ortofotokaart is (sekondêr / tersiêr). (1 x 1) (1)
3.2.6 Verduidelik waarom area 2 geskik was vir die ontwikkeling van die
ekonomiese aktiwiteit wat in VRAAG 3.2.5 geïdentifiseer is. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.3.1 Die topografiese kaart is ʼn voorbeeld van ... data.
A raster
B pixel
C vektor
D attribuut (1 x 1) (1)
Bestudeer die foto van die pad in blok B5 wat opwaarts na die Basil
Newmark-reservoir gaan.
3.3.2 Definieer ruimtelike data. (1 x 1) (1)
3.3.3 Watter tipe ruimtelike voorwerp (punt, lyn of veelhoek) is die pad?
(1 x 1) (1)
3.3.4 Noem EEN attribuut wat vir die sekondêre pad opgeneem kan word.
(1 x 1) (1)
3.3.5 As gevolg van die toename in Caledon se bevolking, neem die
water in die Badsrivier by G af in kwaliteit.
(a) Noem TWEE maniere waarop data ingesamel kan word om ʼn
omgewingsimpakstudie rondom die rivier te doen. (2 x 1) (2)
(b) Verduidelik hoe die versamelde data gebruik kan word om die
betrokke rivier teen verdere agteruitgang te beskerm. (1 x 2) (2)
TOTALE AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2013 QP

Addendum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)
More from Grade 11 Geography

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Geography Grade 11 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 Paper 2 MAPS 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 11 Paper 2 MAPS 2023 Question Paper

Question paper