NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
FISIESE WETENSKAPPE V2
(CHEMIE)
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 4 gegewensbladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 


%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fd9f92c8-f4d1-4104-926b-48e832bea015/v1-78099937dba38121cd43/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--14dc2ba3-3d16-418a-a9c0-5897316247be/v1-6ad58d4b5151f8d3de39/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 11 P2 2020 QP (Afr)
Grade 11 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 289.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
National Exemplar November Exam 2020
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies in die
ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1
en VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommers (1.1−1.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Die afstand tussen die kerne van twee aangrensende atome wanneer atome
bind, word ... genoem.
A verbindingslengte
B verbindingsenergie
C interatomiese binding
D intermolekulêrekragte (2)
1.2 Watter EEN van die volgende stowwe het IOON-DIPOOL kragte?
A H2O (ℓ)
B CO2 (g)
C NaCℓ (aq)
D NaCℓ (s) (2)
1.3 Die geometriese vorm van die molekuul PCℓ5 volgens die VSEPA-teorie is …
A lineêr.
B trigonaal-planer.
C tetraëdraal.
D trigonaal-piramidaal. (2)
1.4 EEN mol van water (H2O) en EEN mol koolstofdioksied (CO2) het
dieselfde …
A massa.
B molêre massa.
C aantal molekules.
D digtheid. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.5 Suurstof met ʼn sekere massa word in ʼn spuit verseël. Die gas oefen ʼn druk
van p uit. As beide die volume en die temperatuur verdubbel word, sal die
nuwe druk van die gas ... word.
A p
B ଵ
p
ଶ
C 2p
D 4p (2)
1.6 Die verhouding tussen druk en volume van ʼn vaste hoeveelheid gas by
konstante temperatuur word die BESTE beskryf deur ...
A B
P P
V V
C D
P P
V
(2)
1.7 Gelyke massas van elk van die volgende gasse, He, O2, CH4 en N2 word in
aparte houers by dieselfde temperatuur en druk geplaas.
Watter EEN van die gasse het die GROOTSTE volume?
A He
B O2
C CH4
D N2 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 5
1.8 Beskou die reaksie:
NH3 (aq) + X → NH4+ (aq) + OH (aq)
X verteenwoordig …
A H2O wat as ʼn suur optree.
B H2O wat as ʼn basis optree.
C H3O+ wat as ʼn suur optree.
D H3O+ wat as ʼn basis optree. (2)
1.9 Beskou die onderstaande reaktantpare.
Watter EEN van die volgende reaktant pare sal sout, water en
koolstofdioksied produseer?
A Zn + H2SO4
B NaOH + HCℓ
C CuO + H2SO4
D Na2CO3 + HCℓ (2)
1.10 Beskou die volgende redoksreaksie:
Cr2O7 2-(aq) + Fe2+(aq) + H+(aq) → Cr3+(aq) + Fe3+(aq) + H2O(ℓ)
Die produk van die reduksie-halfreaksie in die vergelyking is …
A Fe3+.
B Cr3+.
C H2O.
D H+. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Beskou die volgende chemiese vergelykings:
I: CH4 + 2 O2 → CO2 + 2 H2O
II: NH3 + H+ → NH4+
2.1 Definieer die term kovalentebinding. (2)
2.2 Skryf die Lewis-struktuur vir die CH4-molekuul neer. (2)
2.3 Beskou die C – H en O – H bindings.
Watter binding …
2.3.1 het die langer bindingslengte? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.3.2 is sterker? (1)
2.4 Hoeveel alleenpare is in die sentrale atoom van die H2O-molekuul? (1)
2.5 Skryf die formule van ʼn stof in reaksie II wat ʼn datiewe kovalentebinding het
neer. (1)
2.6 Die NH3-molekuul is POLÊR maar die CH4-molekuul is NIE-POLÊR.
Verduidelik hierdie waarneming. (4)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 7
VRAAG 3 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
3.1 Die kookpunte in die onderstaande tabel is verkry tydens ʼn ondersoek om
die kookpunte van groep 7 haliede te vergelyk. Die haliede, HCℓ en HBr,
word in die tabel as verbindings A en B onderskeidelik gemerk.
Verbinding Molekulêre massa Kookpunt
(g.mol-1) (°C)
A HCℓ 36,6 - 85
B HBr 81 - 66
3.1.1 Definieer die term kookpunt. (2)
3.1.2 In watter fases is die verbindings (A en B) by 0 °C en 101 kPa by
eksterne druk? (1)
3.1.3 Noem die tipe intermolekulêre krag wat bestaan tussen molekules
van beide verbindings A en B as gevolg van die polêre aard van
hierdie molekules. (1)
3.1.4 Watter EEN van die verbindings (A of B) het STERKER
Londenkragte (verspreidingskragte)?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
3.1.5 Watter verbinding (A of B), sal die hoogste dampdruk hê?
Gee ʼn rede vir die antwoord deur na die data in die tabel te verwys. (2)
Verbinding C (HF), nie in die tabel getoon nie, het ʼn kleiner molekulêre
grootte as beide verbindings A en B, maar het ʼn relatiewe hoër kookpunt
van 19,5 °C.
3.1.6 Verduidelik waarom die kookpunt van verbinding C HOËR is as dié
van verbindings A en B deur na die TIPE en STERKTE van die
betrokke intermolekulêre kragte te verwys. (3)
3.2 Vaste jodium (I2) word by gelyke volumes koolstoftetrachloried (CCℓ4) en
water bygevoeg in aparte proefbuise soos in die onderstaande diagram
aangedui.
CCℓ4 H2O
Jodium
3.2.1 In watter vloeistof (CCℓ4 of H2O), sal die jodium oplos? (1)
3.2.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.2.1 hierbo deur na die
intermolekulêre kragte wat betrokke is te verwys. (3)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Graad 11-leerders wil die verhouding tussen temperatuur en volume van ʼn gas
verifieer. Hulle het die volgende eksperimentele opstelling gebruik.
Apparatus X
4.1 Skryf die naam van die gas wet wat ondersoek word neer. (1)
4.2 Vir hierdie ondersoek skryf neer die:
4.2.1 Ondersoekende vraag (2)
4.2.2 Beheerde veranderlike (1)
4.3 Skryf die naam van apparaat X neer. (1)
4.4 Die leerders gebruik die resultate van hul ondersoek om die onderstaande
grafiek te teken:
4.4.1 Bepaal, deur berekeninge, die waarde van X.
132 g van CO2-gas is in bogenoemde ondersoek gebruik. (4)
4.4.2 Bereken die druk van die gas by 269 K. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 9
4.5 Skryf die TWEE toestande van temperatuur en druk neer waarteen werklike
gasse van die ideale gasgedrag afwyk. (2)
4.6 Die CO2 wat in die ondersoek gebruik is, word met ʼn gelyke hoeveelheid H2
(g) vervang.
Watter gas (CO2 of H2) tree meer soos ʼn ideale gas op?
Gee TWEE redes vir die antwoord. (3)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 5 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Leerders bestudeer ENDOTERMIESE en EKSOTERMIESE reaksies deur
eksperimente I en II uit te voer waarin die reaksies in die onderstaande tabel
plaasvind.
EKSPERIMENT GEBALANSEERDE VERGELYKING
I 2 H2O2 (ℓ) → 2 H2O (ℓ) + O2 (g)
II 2 H2O (ℓ) → 2 H2 (g) + O2 (g)
Die leerders het die begin en finale temperature van die reaksiemengsels gemeet.
Hulle verkry ook aktiveringsenergieë vir die reaksies uit ʼn datatabel.
Die leerders het hul bevindings in ʼn tabel voorgestel soos hieronder getoon.
EKSPERIMENT Begin (°C) Finaal (°C) Aktiverings-
energie (kJ/mol)
I 24 36 75
II 24 18 237
5.1 Definieer die term aktiveringsenergie. (2)
5.2 In watter eksperiment (I of II ) is die reaksie EKSOTERMIES?
Verduidelik jou antwoord. (2)
5.3 Is die hitte van die reaksie, ΔH, POSITIEF of NEGATIEF vir ʼn
EKSOTERMIESE reaksie? (1)
5.4 Skryf die algemene naam neer van ʼn stof wat in eksperiment II by die
reaksiemengsel bygevoeg kan word om die aktiveringsenergie te verminder. (1)
5.5 Beide reaksies lewer dieselfde aantal mol suurstofgas op.
Hoe vergelyk die massa H2O2 wat in eksperiment I gebruik is met die massa
H2O wat in eksperiment II gebruik is?
Skryf slegs KLEINER AS, GROTER AS of DIESELFDE neer. (2)
.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 11
5.6 Teken ʼn potensiële energie teenoor tyd grafiek vir die reaksie in
eksperiment II.
Die volgende moet op die grafiek getoon word.
x Hitte van die reaksie (ΔH)
x Aktiveringsenergie (Ea) (3)
[11]
VRAAG 6 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
6.1 Metielpropanoaat is ʼn organiese verbinding met die volgende persentasie
samestelling:
54,55% C ; 9,09% H ; 36,36% O
Die molêre massa van die verbinding is 88 g∙mol-1.
6.1.1 Definieer die term empiriese formule. (2)
6.1.2 Bepaal, deur berekeninge, die empiriese formule. (6)
6.1.3 Bepaal die molekulêre formule. (2)
6.2 Leerders berei ʼn oplossing van natriumhidroksied (NaOH) in water voor deur
8 g natriumhidroksied (NaOH) in ʼn volumetriese fles te plaas en water by te
voeg om 250 cm3 oplossing te kry nadat dit geroer is.
6.2.1 Definieer konsentrasie in woorde. (2)
6.2.2 Bereken die konsentrasie van die natriumhidroksie (NaOH)
oplossing. (4)
6.3 Natriumazied (NaN3) word in lugsakke van motors gebruik. Om die lugsak
op te blaas, moet die volgende reaksie plaasvind:
2 NaN3 (s) → 2 Na (s) + 3 N2 (g)
Bereken die hoeveelheid stikstofgas (N2) wat by STD geproduseer word
indien 55 g natriumazied volledig reageer. (5)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 7 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Die kunsmis ammoniumsulfaat ((NH4)2SO4) word vervaardig uit die reaksie tussen
swawelsuur (H2SO4) en ammoniak (NH3) volgens die gebalanseerde vergelyking:
H2SO4 + 2 NH3 (NH4)2SO4
2 kg swawelsuur en 58,82 mol ammoniak is beskikbaar om die kunsmis te
vervaardig.
7.1 Definieer die term beperkende reagens. (2)
7.2 Bereken die maksimum massa ammoniumsulfaat wat deur die reaksie
geproduseer kan word. (7)
[9]
VRAAG 8 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
8.1 Beskou die chemiese reaksie hieronder:
HPO42 (aq) + H2O (ℓ) → PO43 (aq) + H3O+ (aq)
8.1.1 Definieer ʼn basis volgens die Lowry-Bronsted teorie. (2)
8.1.2 Skryf EEN gekonjugeerde suur-basispaar in die vergelyking neer. (1)
8.1.3 Is die reaksiemengsel SUUR of ALKALIES na voltooiing van die
reaksie? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
8.1.4 Skryf neer die formule van ʼn stof in die reaksie, wat nie H2O insluit
nie, wat as ʼn amfoliet kan optree. (2)
8.2 Koper (II) oksied (CuO) reageer met salpetersuur.
Skryf ʼn gebalanseerde vergelyking vir die reaksie neer. (3)
8.3 40 g ONSUIWER kalsiumkarbonaat reageer met 200 cm3 verdunde
swawelsuur met ʼn konsentrasie van 1,5 mol∙dm-3. Al die kalsiumkarbonaat
en swawelsuur reageer volledig en laat die onsuiwerhede oor na die
voltooiing van die reaksie.
CaCO3 (s) + H2SO4 (aq) → CaSO4 (s) + CO2(g) + H2O (ℓ)
8.3.1 Bereken die persentasie suwerheid van die kalsiumkarbonaat. (6)
Om die swawelsuuroplossing met ʼn konsentrasie van 1,5 mol∙dm -3 wat met
die ONSUIWER kalsiumkarbonaat reageer, te verkry, is water by die 10 cm3
gekonsentreerde swawelsuuroplossing met konsentrasie 9 mol∙dm -3
bygevoeg.
8.3.2 Bereken die volume water wat by die gekonsentreerde
swawelsuuroplossing bygevoeg is om ʼn verdunde oplossing met ʼn
konsentrasie van 1,5 mol∙dm-3 te verkry. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 13
VRAAG 9 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
9.1 Beskou die gegewe redoksreaksie hieronder:
Fe3+ + Zn → Zn2+ + Fe2+
9.1.1 Definieer oksidasiereaksie in terme van elektronoordrag. (2)
Skryf neer die:
9.1.2 Formule van die reduseermiddel (2)
9.1.3 Reduksie-halfreaksie (2)
9.2 Beskou die redoksreaksie hieronder:
Ag (s) + NO3 (aq) → NO2 (g) + Ag+ (aq)
9.2.1 Bepaal die oksidasiegetal van stikstof (N) in NO3 . (2)
9.2.2 Balanseer die chemiese vergelyking hierbo met behulp van die
ioon-elektron metode. (4)
[12]
VRAAG 10 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
10.1 Die mynbedryf dra tot die Suid-Afrikaanse ekonomie by. Goud is een van
die minerale wat in Suid-Afrika gemyn word.
10.1.1 Skryf die naam van die gebied van die belangrikste
mynbouaktiwiteit in Suid-Afrika neer. (1)
Die volgende chemiese reaksie vind tydens die laaste stappe in die
herwinningsproses van goud plaas.
Zn + 2 NaAu(CN)2 → 2 Au + Zn(CN)2 + 2 NaCN
10.1.2 Is goud GEOKSIDEERD of GEREDUSEER tydens die reaksie?
Verduidelik die antwoord deur na die oksidasiegetal te verwys. (3)
10.1.3 Die NaCN is een van die produkte wat tydens die reaksie vorm.
Gee ʼn rede waarom ʼn chemikus MOET toesien dat hierdie stof nie
by nabygeleë waterbronne kom nie. (2)
10.1.4 Skryf die naam van die proses wat na die reaksie gevolg word,
neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
10.2 Die verbranding van fossielbrandstowwe het ʼn negatiewe impak op die
omgewing.
Skryf TWEE negatiewe gevolge van die verbranding van
fossielbrandstowwe op groot skaal neer. (2)
[9]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 15
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE
Standard pressure
pT 1,013 × 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume teen STD
Standard temperature
Tθ 273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
e -1,6 × 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro’s constant
NA 6,02 × 1023 mol-1
Avogadro se konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m n m
n= or/of c= or/of c = pH= -log[H3O+]
M V MV
Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
N ca Va na at /by 298K
n= or/of =
NA
cb Vb nb
V
n=
Vm
Eθcell = Eθcathode–Eθanode / Eθsel = Eθkatode–Eθanode
Eθcell = Eθreduction–Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie–Eθoksidasie
Eθcell = Eθoxidising agent–Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel–Eθreduseermiddel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) Atoomgetal (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
KEY/ SLEUTEL Atomic number
1 2
H He
2,1 29
1 4
Elektronegatiwiteit Simbool
3 4 Cu 5 6 7 8 9 10
Electronegativity 1,9 Symbol
Li Be 63,5 B C N O F Ne
1,0 1,5 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
Na Mg Benaderde relatiewe atoommassa Aℓ Si P S Cℓ Ar
0,9 1,2 Approximate relative atomic mass 1,5 1,8 2,1 2,5 3,0
23 24 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
0,8 1,0 1,3 1,5 1,6 1,6 1,5 1,8 1,8 1,8 1,9 1,6 1,6 1,8 2,0 2,4 2,8
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
0,8 1,0 1,2 1,4 1,8 1,9 2,2 2,2 2,2 1,9 1,7 1,7 1,8 1,9 2,1 2,5
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn
0,7 133 0,9137 139 1,6 179 181 184 186 190 192 195 197 201 1,8204 1,8
207 1,9
209 2,0 2,5
87 88 89
Fr Ra Ac
0,7 0,9226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 17
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies ' Ƌ (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
+ 2H2O +1,77
H2O2 + 2H +2e ⇌
2+
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn + 4H2O + 1,51
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2 3+
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr + 7H2O + 1,33
+ 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H + 4e ⇌
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
2+ Pt + 1,20
Pt + 2e ⇌
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
2+ Hg(ℓ) + 0,85
Hg + 2e ⇌
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Fe 2+
+ 0,77
⇌
3+
Fe +e
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
+
Cu + e ⇌ Cu + 0,52
+ S + 2H2O + 0,45
SO2 + 4H + 4e ⇌
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
Sn 2+
+ 0,15
⇌
4+
Sn + 2e
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
Fe 3+
+ 3e
⇌ Fe 0,06
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Co 2+
+ 2e
⇌ Co 0,28
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr 3+
+ 3e
⇌ Cr 0,74
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
Mn 2+
+ 2e
⇌ Mn 1,18
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
+
Na + e
⇌ Na 2,71
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
+ -
Cs + e ⇌ Cs - 2,92
K+ + e ⇌ K 2,93
Li+ + e ⇌ Li 3,05
Kopiereg voorbehou
18 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies ' Ƌ (V)
Li+ + e ⇌ Li 3,05
K+ + e ⇌ K 2,93
+
Cs + e
⇌ Cs 2,92
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mn + 2e2+
⇌ Mn 1,18
Cr2+ + 2e 0,91
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
⇌ Cr
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
2+
Cd + 2e
⇌ Cd 0,40
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
3+
Fe + 3e
⇌ Fe 0,06
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O2(g) + 2H + 2e +
⇌ H2O2 + 0,68
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
+
Ag + e ⇌ Ag + 0,80
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
Pt2+ + 2 e ⇌ Pt + 1,20
2+
MnO2 + 4H + 2e +
⇌ Mn + 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
2 3+
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ
+ 1,36
2+
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn + 4H2O + 1,51
+
H2O2 + 2H +2 e ⇌ 2H2O +1,77
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng June 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fd9f92c8-f4d1-4104-926b-48e832bea015/v1-78099937dba38121cd43/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng June 2018 QP (Afr)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--14dc2ba3-3d16-418a-a9c0-5897316247be/v1-6ad58d4b5151f8d3de39/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng June 2017 QP (Afr)
More from Grade 11 Physical Sciences

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P2 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P2 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P1 Mpumalanga June 2025 QP & Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 11 P2 2024 Memo

Memorandum