Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad en
'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
einde van die eksamensessie te verlaat NIE.
2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument
wat jy skep of stoor.
3. Die toesighouer sal 'n disket met al die lêers wat vir die eksamen benodig
word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
rekenaar gevind kan word. Indien 'n disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
sentrumnommer en eksamennommer op die etiket skryf. Indien jy op 'n
netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer gegee word,
volg.
4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
6. Beantwoord AL die vrae.
7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
aan jou gegee is, inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, OF jy
moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaatantwoord-lêers/-lêergidse
inlewer NIE.
10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE 3-UUR-EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Lewer dit
aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy
gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.
12. Tensy anders aangedui, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge
in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar
nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle
in 'n sigblad kopieer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
13. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet
jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.
14. Vir alle woordverwerkingsvrae moet die taal op 'English (South Africa)' gestel
word. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui.
15. Gebruik sentimeter as maateenheid wanneer hierdie vraestel beantwoord
word.
16. Alternatiewe instruksies vir kandidate wat LibreOffice gebruik, word
gegee in gevalle waar dit verskil van die instruksies vir kandidate wat
Microsoft Office gebruik.
17. Gewoonlik word een punt vir een aksie toegeken; dus sal 'n twee-punt-vraag
gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts.
18. Die eksamenlêergids/-datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang,
bevat al die lêergidse en lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat
jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
• 1Bullet_Kolpunt Prentlêer
• 1Energy_Energie Woordverwerkingslêer
• 1Social_Sosiaal Prentlêer
• 2Back_Agter Prentlêer
• 2School_Skool Woordverwerkingslêer
• 3Individ Sigbladlêer
• 4Countries_Lande Sigbladlêer
• 5Course_Kursus Databasislêer
• 6Save_Spaar Prentlêer
• 6Tips_Wenke HTML-lêer
• 7Act_Akt Woordverwerkingslêer
• 7Temp Sigbladlêer
• 7Video Saamgeperste/Kompak ('Zipped') -lêer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
SCENARIO
Die gemiddelde persoon se leefstyl gebruik te veel hulpbronne.
As elkeen in die wêreld soos die gemiddelde persoon sou leef,
sou ons drie Aarde-planete benodig om ons almal aan die lewe
te hou. 'n Volhoubare leefwyse is om 'n leefstyl te volg wat
hulpbronne verstandig sal gebruik asof ons vir ewig gaan leef.
Die skool het die graad 12-leerders gevra om deel te wees van 'n
veldtog om 'n volhoubare leefwyse te bevorder.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
'n Dokument is geskep om agtergrondinligting oor volhoubare energie te gee.
Maak die 1Energy_Energie-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou
eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in.
1.1 Hierdie dokument het 'n voorblad. Bring die volgende veranderinge op die
voorblad aan:
1.1.1 Voeg enige bladsyraam van jou keuse in. (1)
1.1.2 Maak seker dat die watermerk ('watermark') wat tans op al die
bladsye in die dokument verskyn, slegs op die voorblad verskyn. (1)
1.2 Voeg soos volg 'n outomatiese inhoudsopgawe ('table of contents') onder die
opskrif 'Table of Contents' in:
• Gebruik die 'Title'-styl vir die vlak 1-opskrifte.
• Gebruik die 'Heading 1'-styl vir die vlak 2-opskrifte.
• Gebruik die 'Heading 2'-styl vir die vlak 3-opskrifte. (3)
1.3 Pas soos volg outomatiese bladsynommering op die dokument toe:
• Vertoon die bladsynommers in die bladsyboskrif ('page header').
• Begin die bladsynommering vanaf die tweede bladsy van die dokument, en
nommer die bladsye vanaf bladsy 1 verder.
LET WEL: Geen bladsynommer moet op die eerste bladsy verskyn nie. (3)
1.4 Vind die prent op die bladsy na die inhoudsopgawe wat die drie dele van
volhoubaarheid toon: 'Environmental', 'Economic' en 'Social'.
Vul die 'Social'-vorm ('shape') met die prent 1Social_Sosiaal wat in die
datalêergids gevind kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.5 Vind die teks 'resources' in die paragraaf onder die prent op die derde bladsy
van die dokument.
Skep 'n hiperskakel ('hyperlink') op hierdie teks sodat dit met die opskrif
'Where does our energy come from?' in hierdie dokument koppel. (2)
1.6 Vind die teks onder die opskrif 'The difference between sustainable and
non-sustainable resource use'.
Skep 'n tabel deur die tabelstop-begrensde teks ('tab-delimited text') en die
volgende instruksies te gebruik sodat dit soos die voorbeeld hieronder lyk:
• Skakel die teks om na 'n tabel.
• Pas enige ander tabelstyl/formaat as die huidige styl op die tabel toe.
Sustainable resource use Non-sustainable
resource use
People and the environment Ecotourism, protecting Large scale tourism,
scenery and wildlife especially at mountain and
coastal resorts
People and resources Re-use, recycle and Continued use of fossils
reduce, soil conservation, such as coal and oil,
reforestation, organic unnecessary use of
farming, renewable energy minerals, deforestation,
use, clean drinking water soil erosion, heavy
fertilizer and agrichemical
use, polluted drinking
water
Socio-economic Controlled urban growth Rapid urbanization and
loss of farmland
(2)
1.7 Vind die teks 'Insert Citation' onder die opskrif 'Energy'.
Voeg 'n aanhaling ('citation') in deur die APA-styl op hierdie teks toe te pas en
die volgende boek-inligting te gebruik:
SMART LIVING HANDBOOK
2011 (3)
1.8 Vind die outomatiese byskrif ('caption') 'Table 1' onder die prent onder die
opskrif 'Energy' en doen die volgende:
• Verander hierdie byskrif ('caption') na 'n figuur wat 'Figure1: Electricity'
vertoon. (2)
1.9 Vind die kolpuntlys onder die opskrif 'What can we do?'.
Verander die formaat van die kolpunte ('bullets') na die prent 1Bullet_Kolpunt
wat in die datalêergids gevind kan word. (2)
1.10 Skep 'n nuwe styl met die naam 'Energy'. Stel die fontgrootte na 16 pt en die
fontkleur na rooi.
Vind die teks 'Decommissioning' na die opskrif 'Nuclear power' en pas die
'Energy'-styl op die opskrif 'Decommissioning' toe. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.11 Die woord 'sustainable' is op sommige plekke verkeerdelik as 'sustainnable'
gespel.
Vervang alle gevalle van die woord 'sustainnable' met die korrekte spelling en
verhelder ('highlight') die gekorrigeerde teks. (2)
1.12 Vind die opskrif op die tweede laaste bladsy wat met 'Strategies for …' begin
en met '… in South Africa' eindig. Verander die instelling van die derde kolom
van die tabel sodat die sweef-/rugreël-instelling ('widow/orphan setting') NIE
toegepas word NIE. (1)
1.13 Vind die 'Table of Figures/Illustration Index' op die laaste bladsy van hierdie
dokument.
Dateer die 'Table of Figures/Illustration Index' op om te vertoon soos hieronder
aangedui.
TABLE OF FIGURES/ILLUSTRATION INDEX
Figure 1: Electricity ............................................................................................................. 2
Figure 2: Residential ........................................................................................................... 7
Figure 3: Industry ................................................................................................................ 7
Figure 4: Biofuels ................................................................................................................ 7
Figure 5: Renewable energy sources ................................................................................. 7
Figure 6: Nuclear................................................................................................................. 7
Figure 7: Hydroelectricity .................................................................................................... 8
Figure 8: Imported gas ........................................................................................................ 8
Figure 9: Government ......................................................................................................... 8 (1)
Stoor en maak die 1Energy_Energie-dokument toe. [28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
As deel van die skool se volhoubare-ontwikkelingsprogram is jy gevra om 'n plakkaat
te ontwerp en om 'n opname-vorm te voltooi oor hoe om elektrisiteit by die skool te
bespaar.
Maak die 2School_Skool-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou
eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in.
2.1 Verander slegs die eerste bladsy se oriëntering na landskap ('landscape').
Die tweede bladsy se oriëntering moet portret ('portrait') bly. (2)
2.2 Verander die boonste kantlyn ('top margin') van die bladsyraam ('page
border') na 17 pt vanaf die rand van die bladsy ('edge of the page'). (2)
2.3 Sentreer die opskrif 'Climate change and energy use'. (1)
2.4 Plaas die paragrawe wat met 'Electricity at school ...' begin en met '... used in
schools' eindig soos volg in kolomme:
• Plaas die teks in drie kolomme.
• Verander die spasie tussen die kolomme na 0.6 cm.
• Maak seker dat die drie opskrifte altyd boaan 'n kolom sal verskyn. (3)
2.5 Redigeer ('Edit') die teksblokkie ('text box') sodat dit dieselfde lyk as die een
wat hieronder vertoon word.
Brain-teaser
A PC, peripherals and monitor
left on standby when not in use
will add up to R100 to the annual
energy bill of a school. If a
school switched off 10
computers rather than leaving
them on standby, how much
money would they save? There
are about 1000 schools in the
country, if they all did this, how
much money could be saved?
LET WEL:
• Al die teks moet duidelik sigbaar wees en 'n soortgelyke vorm moet
gebruik word.
• Verander die vulkleur ('fill colour') na grys.
• Die fontkleur van die teks in die vorm mag van die voorbeeld hierbo
verskil. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
2.6 Gebruik die twee prente op die eerste bladsy om die prent hieronder te skep.
LET WEL: Die prente moet gegroepeer word.
(2)
2.7 Stel die woordafbreking ('hyphenation') van die hele dokument na outomaties. (1)
2.8 Vind die opskrif 'Electricity Usage: Survey Form' op die tweede bladsy van die
dokument en bring die volgende veranderinge aan:
• Verwyder die tabelstop met die drie gidslyne ('leader tabs').
• Verander die teksvormveld ('text form field') langs 'Age' om slegs
nommers te aanvaar.
• Vervang die plekhouer langs die teks 'How would you describe your usage
of electricity?’ met 'n aftreklysvormveld ('drop-down list form field').
• Sluit die volgende items in die aftreklys ('drop-down list') in:
Moderate
Mild
Excessive (4)
2.9 Voeg 'n simbool in die laaste reël van die dokument in om soos volg te
vertoon:
Use Electricity Sparingly
• Microsoft Office: Wingdings, karakterkode 75
• LibreOffice: Wingdings, karakterkode U+F04B (1)
2.10 Gebruik die prent 2Back_Agter as 'n watermerk en stel die skaal ('scale') na
120%. (3)
Stoor en maak die 2School_Skool-dokument toe. [22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
Die statistiese verslag vir die koolstofvoetspoor van die gemiddelde persoon in die
wêreld is in die 3Individ-sigblad gestoor.
Maak die 3Individ-sigblad oop en werk in die Main_Hoof-werkblad. Voeg jou
eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in.
3.1 'n Waarde, wat poog om die huidige datum te vertoon, verskyn in sel B3.
Vervang hierdie waarde met 'n funksie wat die huidige datum outomaties sal
vertoon. (1)
3.2 Die verslag sal oor twee jaar en drie maande vanaf die huidige datum verval.
Voeg 'n berekening in sel B4 in om die vervaldatum van die verslag
outomaties te bereken. (4)
3.3 Gebruik geskikte teksfunksies om 'n kode in sel B7 te skep.
Die kode word geskep deur die volgende te kombineer:
• Eerste drie letters van die naam van die item in kolom A
gevolg deur die:
• Voetspoor-indeks in kolom J
Voorbeeld: Die kode vir 'Public Services' sal Pub9 wees. (4)
3.4 Voer 'n funksie in sel C19 in om die persentasie wat die gereeldste vir al die
jare vanaf 1990 tot 2014 voorkom, te vertoon. (1)
3.5 Gebruik 'n sigbladeienskap wat die gebruiker sal dwing om 'n heelgetal in
kolom I in te voer wat nie groter as 100 kan wees nie. Voeg 'n gepaste
foutboodskap by wat die gebruiker sal ontvang as ongeldige data ingevoer
word.
WENK: Gebruik datavalidering ('data validation'). (4)
3.6 Verander die bladsyinstelling ('page setup') soos volg:
• Stel die reeks A1:J19 as die drukarea ('print area').
• Maak seker dat roosterlyne ('gridlines') gedruk sal word as die werkblad
gedruk word.
LET WEL: MOENIE druk NIE. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.7 Kopieer die reeks A14:I16 op die Main_Hoof-werkblad na die Transp-
werkblad en begin by sel A1. Die gekopieerde data moet dieselfde lyk as die
tabel hieronder.
Public transport Holiday transport Private transport
3% 6% 10%
3% 7% 10%
3% 7% 6%
3% 7% 4%
3% 7% 2%
3% 6% 2%
2% 6% 2% (2)
Stoor en maak die 3Individ-sigblad toe. [18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
Die 4Countries_Lande-sigblad bevat die koolstofvoetspore van lande.
Maak die 4Countries_Lande-sigblad oop en werk in die Carbon_Koolstof-werkblad.
Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in.
4.1 Verander die oortjie-kleur ('tab colour') van die Carbon_Koolstof-werkblad
na enige ander kleur as die oorspronklike kleur. (1)
4.2 Voeg 'n kommentaar ('comment') in sel A1 in wat 'Carbon released' lees. (2)
4.3 Die hoofstad van 'South Korea' word in sel C10 benodig.
Die name van die lande verskyn in kolom B en die opsoek ('lookup') -data
word in die Capital_Hoofstad-werkblad van die sigblad verskaf.
Voeg 'n VLOOKUP-funksie in sel C10 in om die hoofstad van 'South Korea' te
vertoon.
LET WEL: Die hoofstad van 'South Korea' is 'Seoul'. (4)
4.4 Voeg 'n funksie in sel F22 in om die totale bevolking van al die lande op die
kontinente 'North America' en 'South America' te bepaal. (5)
4.5 Die CO 2 -vrystellings in kolom G en die gemiddelde CO 2 -vrystellings in
sel F24 word gebruik om die koolstofvoetspoor van 'n land soos volg te
bepaal:
CO 2 -vrystellings en gemiddelde CO 2 -vrystellings Koolstofvoetspoor
CO 2 -vrystellings groter as of gelyk aan die
High Risk
gemiddelde CO 2 -vrystellings in sel F24
CO 2 -vrystellings kleiner as die gemiddelde CO 2 -
Low Risk
vrystellings in sel F24
Voeg 'n funksie in sel H3 by om die koolstofvoetspoor van 'China' te bepaal.
Kopieer die funksie wat jy in sel H3 bygevoeg het na sel H4:H21. Maak seker
dat dit korrek werk. (5)
4.6 Die gemiddelde vrystellings per persoon per land verskyn in kolom I.
• Voeg 'n funksie/formule in sel J3 in om die persentasie wat China se
vrystellings per persoon teenoor die totale vrystellings per persoon vir al
die lande verteenwoordig, te bepaal.
• Formateer sel J3 om die antwoord met vier desimale plekke te vertoon. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
4.7 Vrystellingsbelasting vir elke land sal soos volg bereken word:
bevolking
Vrystellingsbelasting = 2
* (vrystellings per persoon) 5
area (in km )
Gebruik hierdie inligting om 'n formule in sel F26 in te voeg om die
vrystellingsbelasting vir China te bereken. (4)
Werk in die Nuclear_Kernkrag-werkblad.
4.8 Verander die grafiek om soos volg te vertoon:
Nuclear Electricity
90%
80% 75%
70%
60%
50%
Percentage
40%
30%
20%
10%
0%
Country
LET WEL:
• Voeg 'Country' by as die horisontale as se titel.
• Vul die hoogste kolom met 'n ander kleur as die ander kolomme.
• Voeg 'n data-etiket ('data label') vir slegs die eerste kolom ('France') by.
• Voeg 'n eksponensiaal-tendenslyn ('exponential trendline') in.
• Verander die vertikale as se skaal om die maksimum waarde van die skaal
outomaties te vertoon. (5)
Stoor en maak die 4Countries_Lande-sigblad toe. [31]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 5: DATABASIS
'n Databasis is geskep vir leerders wat in 'n beroep in die volhoubaarheidsveld
belangstel.
Maak die 5Course_Kursus-databasis oop.
5.1 Redigeer ('Edit') die Cur_Kur-tabel soos volg:
5.1.1 • Verander die Type_Tipe-veld deur 'n kombinasielys ('combo box')
by te voeg sodat die gebruiker tussen die twee opsies, 'Sust-
Related' en 'Sust-Focused', kan kies.
• Verander die veldgrootte van die Dept_Dept-veld na 15.
• Stel die veldeienskappe van die CourseID_KursusID-veld om die
gebruiker te dwing om data in hierdie veld in te voeg EN om geen
duplikate te aanvaar nie. MOENIE die primêre sleutel verander NIE.
LET WEL: Ignoreer waarskuwingsboodskappe wat mag verskyn.
• Skep 'n toevoermasker ('input mask') op die CourseID_KursusID-
veld om te verseker dat die gebruiker 'n kode invoeg wat soos volg
saamgestel is:
o Drie verpligte hoofletters
o Een opsionele hoofletter
o Drie verpligte getalle
Voorbeeld: DIET303 of PPS543 kan ingevoer word.
• Verander die formaat van die data in die Cost_Koste-veld na
geldeenheid ('currency') in rand.
• Verander die veldeienskappe van die Avail_Beskik-veld om
'Yes/No' te vertoon in plaas van merkblokkies ('check boxes') vir
(12)
'True/False'.
5.1.2 Formateer die tabel soos volg:
• Verwyder al die roosterlyne ('gridlines').
• Verander die agtergrondkleur van die tabel na grys. (2)
Stoor en maak die Cur_Kur-tabel toe.
5.2 Voer die Course_Kursus-tabel uit en stoor dit as 'n lêer met die naam
Exp_Uit, wat in 'n woordverwerkingsprogram kan oopmaak. (2)
5.3 Skep soos volg 'n navraag met die naam qry5_3 wat op die Cur_Kur-tabel
gebaseer is:
• Vertoon slegs die Title_Titel-, Cost_Koste- en VATInc-velde (sien volgende
kolpunt).
• Voeg 'n berekende veld met die naam VATInc in wat die koste van die
kursus sal bereken as BTW ('VAT') (14%) by die koste bygevoeg is.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.4 Maak die qry5_4-navraag oop.
• Vertoon slegs die kursusse wat die woord 'sustainable' op enige plek in
die titel bevat EN wat 60 of meer, maar minder as 100, studente het.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (5)
5.5 Skep 'n navraag met die naam qry5_5 wat op die Cur_Kur-tabel gebaseer is.
Die navraag moet slegs die inligting vertoon, in dieselfde volgorde, soos in die
voorbeeld hieronder getoon.
Dept_Dept Cost_Koste Title_Titel Avail_Beskik
ACCT 6061 Contemporary Acct Issues Yes
ACCT 5242 International Taxation Yes
ACCT 2543 Managerial Accounting Yes
ACCT 1343 Managerial Acct Concepts Yes
ACCT 9980 State and Local Taxation Yes
LET WEL: Die formaat van die Avail_Beskik-data wat hierbo vertoon word,
mag van joune verskil.
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (4)
5.6 Skep 'n vorm met die naam frm5_6 wat op die Cur_Kur-tabel gebaseer is.
• Voeg slegs die CourseID_KursusID-, Title_Titel-, Avail_Beskik-velde op
die vorm in.
• Verander die inhoud van die etiket in die vormkopskrif ('form header') na
'Courses'.
• Voeg die datum as 'n veld in die bladsy-onderskrif ('footer') van die vorm
in.
Stoor en maak die frm5_6-vorm toe. (3)
5.7 'n Verslag met die naam rpt5_7 is geskep.
• Baseer die verslag op die qry5_7-navraag.
• Groepeer die rekords in die verslag volgens die Avail_Beskik-veld.
• Maak seker dat 'n groep nie oor twee bladsye verdeel word nie.
• Voeg 'n funksie in om te bepaal hoeveel kursusse beskikbaar is en
hoeveel kursusse nie beskikbaar is nie.
• Voeg 'n geskikte etiket vir die funksie in.
Stoor en maak die rpt5_7-verslag toe. (7)
Maak die 5Course_Kursus-databasis toe. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
'n Webblad is geskep om wenke te gee oor hoe om elektrisiteit te bespaar.
Maak die onvoltooide 6Tips_Wenke-webblad in 'n webblaaier ('web browser') oop,
asook in 'n teksredigeerder.
LET WEL:
• Vraagnommers word as opmerkings ('comments') in die kodering ingevoeg, as
riglyne om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
• 'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
6.1 Voeg HTML-kode by sodat die teks 'Energy Tips' in die webblaaier-oortjie
('browser tab') vertoon. (2)
6.2 Verander die agtergrondkleur van die webblad na wit. (1)
6.3 Formateer die teks 'Energy Saving Tips' sodat dit as 'n vlak 1-opskrif vertoon
en horisontaal gesentreerd is. (2)
6.4 Verander die grootte van die horisontale lyn na 10. (1)
6.5 Die webblad sluit 'n tabel in wat uit twee rye en twee kolomme bestaan.
Vergroot die tabel deur 'n nuwe ry bo die huidige eerste ry in te voeg.
• Plaas die teks 'Tip 1' in die eerste sel van die nuwe ry.
• Plaas die teks 'Leaving a computer monitor on overnight wastes as much
energy as making 800 A4 photocopies!' in die tweede sel van die nuwe ry.
• Verander die font van die hele tabel na 'Arial'. (4)
6.6 Voeg die 6Save_Spaar-prent onder die tabel in. Stel die hoogte en breedte
van die prent na 200. (4)
6.7 Redigeer ('Edit') die ongeordende lys ('unordered list') wat op die webblad
verskyn, soos volg:
• Verander die lys na 'n geordende lys.
• Verander die fontgrootte van al die items in die lys na 6. (2)
6.8 Voeg die teks 'Link to Google' tussen die paragraafmerkers ('paragraph tags')
onderaan die webblad in en koppel dit met die webtuiste 'www.google.com'. (4)
Stoor en maak die 6Tips_Wenke-webblad toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
Jy is gevra om 'n blad te ontwikkel om leerders oor klimaatsverandering in te lig en hoe
dit temperature beïnvloed.
7.1 Onttrek die lêer uit die saamgeperste lêer 7Video na jou eksamenlêergids. (1)
7.2 Maak die 7Act_Akt-woordverwerkingsdokument oop.
7.2.1 Vind die teks 'Temperatures' en voeg 'n kruisverwysing ('cross-
reference') na die boekmerk met die naam 'Graph' in. (3)
7.2.2 'n Vergelyking wat elektrisiteitsverbruik aandui, verskyn aan die
einde van die eerste bladsy. 'n Gedeelte van die vergelyking is
weggelaat.
Kwh
ElectricityConsumption
day × 365days × 1.486 lbsCO2 ÷ 2204.6 = CO Emissions(tonnes)
Use(Suite / Individual )
2
Kwh
Verwys na die vergelyking hierbo en voeg die gedeelte wat
weggelaat is, in die vergelyking by. (2)
7.2.3 Vind die organogram op bladsy 2.
Voeg 'n vorm ('shape') vir 'Human Resources' in die diagram by
soos hieronder vertoon:
Resources
Natural Human
Resources Resources
Non-
Renewable
renewable
Perpetual: Sustainable: Minerals:
Fossil fuels:
solar, wind, soils, water, diamonds,
coal, crude oil
waves forests iron
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
7.3 Maak die 7Temp-sigblad oop.
'n Grafiek is in die 7Temp-sigblad geskep. Redigeer ('Edit') die grafiek soos
volg:
• Sorteer die data in die sigblad in stygende volgorde volgens jare.
• Sommige van die rye het duplikaatwaardes. Verwyder die rye met
duplikaatwaardes.
• Gebruik voorwaardelike formatering ('conditional formatting') om die top
drie temperature met enige raam van jou keuse te vertoon.
• Voeg die grafiek in die derde kolom van die tabel in die 7Act_Akt-
dokument in. Verklein die grafiek om in die tabelsel te pas.
LET WEL: Die grafiek in die woordverwerkingsdokument hoef nie
outomaties op te dateer nie. (6)
Stoor en maak die 7Temp-sigblad toe.
7.4 Gaan voort om aan die 7Act_Akt-dokument te werk.
Gebruik 'n funksie om die gemiddelde temperatuur in die laaste ry van die
tabel te bereken. (2)
7.5 Verander die teksvormveld ('text form field') langs die teks 'Completed by'
soos volg:
• Stel die teksvormveld-eienskap om nie meer as 30 karakters te aanvaar
nie.
• Voeg verstekteks ('default text') by wat 'Add your name here' lees. (2)
7.6 Verander die outeurseienskap ('author property') van die dokument na jou
eksamennommer.
Voeg die outeursveld langs die teks 'Created by:' in om in hoofletters te
vertoon. (3)
Stoor en maak die 7Act_Akt-dokument toe. [21]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringmerkers vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
Definieer die liggaam van die Word voor elke lysitem
<body></body>
webblad ingevoeg, en voeg dan 'n
<li></li> nommer of simbool by
<body Stel die agtergrondkleur van die
afhangende van die tipe lys
bg color="pink"> webblad
wat geselekteer is
<body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in
liggaamteks
<head></head> Bevat inligting oor die dokument Stel 'n prent inlyn: kan ook
<img src="name"
align="left"> ''right", "center"; "bottom",
Skep 'n HTML-dokument – "top", "middle'' wees
<html></html>
begin en eindig 'n webblad <img src="name" Stel die grootte van die raam
border="1"> rondom 'n prent
<title></title> Definieer 'n titel vir die dokument
<img src="name"
width="200" height Stel die hoogte en breedte
<!-- --> Kommentaar
="200"> van 'n prent
Teksmerkers ('Text Tags')
Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks
<img src="name"
<hl></hl> wanneer die muis oor 'n prent
Skep die grootste opskrif alt="alternative
text"> gehou word of wanneer die
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind word nie
<hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van
Skep teks in vetdruk
'n reël
Stel die breedte van 'n lyn, in
<i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> persentasie of absolute
waarde
<font <hr
size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" color="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
<font Tabelmerkers ('Table Tags')
color="green"></ Stel fontkleur
font> Merker ('Tag') Beskrywing
<font face="Times <table></table> Skep 'n tabel
New Roman"></font> Stel fonttipe
<tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif (in 'n sel
<th></th> met algemene vetgedrukte,
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel gesentreerde teks)
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel
src="URL"></a>
<a name="NAME"></a> <table border="1"> Stel die breedte van die raam
Skep 'n teikenarea
rondom die selle van die tabel
Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die
<a href="#NAME"></a> elders in die dokument geskep cellspacing="1"> selle van die tabel
is Stel die spasie tussen 'n
<table
Formateringmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud
daarvan
Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die
<tr align="left"> sel(le) (kan ook ''center'' of
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf ''right'' wees)
Stel 'n paragraaf links inlyn Stel die vertikale inlynstelling
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> vir sel(le) (kan ook ''middle'' of
''center'' wees ''bottom'' wees)
<br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line break') in Stel die getal kolomme
<td colspan="2">
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys waaroor 'n sel moet strek
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat Stel die getal rye waaroor 'n
<td rowspan="4">
"I","i","1"></ol> gebruik is sel moet strek
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
"square","circle"></ Definieer die tipe kolpunte wat
ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – FEBRUARIE/MAART 2015
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3-uur-sessie deur die kandidaat voltooi word)
180
SENTRUMNOMMER _________________________________________________________
EKSAMENNOMMER _________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________
SUITE GEBRUIK
LibreOffice 4.2 of Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die
hoër 2007 2010 2013
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam (-name) vir elke antwoord inskryf. Maak 'n regmerkie indien dit
gestoor en gedoen is.
Nasiener
Vraag- Gestoor Gedoen Maksimum Punt
Lêernaam Voorletter/
nommer () () Punt Behaal
-kode
1 28
2 22
3 18
4 31
5 40
6 20
7 21
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
___________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.