Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2019
10601
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
VRAESTEL 1
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
13 bladsye + 1 antwoordblad en ʼn addendum van 4 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a/v1-800bfe1d1d09f06cc902/card.webp)

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)

%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432/v1-e0fc9a9293c5b8d6ade2/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Addendum_hlayiso.com_--f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd/v1-5415ac530376df944eb8/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Memo
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 970.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Gauteng Mock Exam 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2
(Vraestel 1) 10601/19
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
(Vraestel 1)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. ANTWOORDBLAD: Skryf jou naam in die spasies voorsien en handig jou
ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in.
3. Gebruik die ADDENDUM soos volg:
Gebruik BYLAAG A om Vraag 2.1 te beantwoord
Gebruik BYLAAG B om Vraag 4.1 te beantwoord
Gebruik BYLAAG C om Vraag 4.2 te beantwoord
4. Nommer jou antwoorde korrek soos die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word, tensy
anders vermeld.
6. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
7. Rond ALLE antwoorde toepaslik af tot die gegewe konteks, tensy anders vermeld.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
10. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3
(Vraestel 1) 10601/19
VRAAG 1
1.1 Die grafiek hieronder verteenwoordig die maandelikse uitgawes van die Jacobs-
familie huishouding.
Bestudeer die grafiek hierbo en beantwoord die vrae wat volg.
1.1.1 Identifiseer die tipe grafiek wat hierbo gebruik is. (2)
1.1.2 Bereken die totale bedrag waarvoor die Jacobs-huishouding maandeliks
moet begroot. (2)
1.1.3 Rangskik die bedrae van die begrote items in dalende volgorde. (2)
1.1.4 Meet die lengte van die “Skoolfonds” staaf in mm. (2)
1.1.5 Mev Jacobs verdien ʼn netto maandelikse inkomste van R11 335 en Mnr
Jacobs verdien ʼn netto maandelikse inkomste van R14 363.
Bepaal die totale netto maandelikse inkomste van die Jacobs-huishuiding. (2)
1.1.6 Definieer die term netto inkomste. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4
(Vraestel 1) 10601/19
1.2 Mnr Jacobs wil ʼn nuwe bagasie sak koop vir sy vakansie na die Nasionale
Krugerwildtuin.
Hy het die onderstaande twee advertensies gevind terwyl hy op die internet gesoek het.
OCTOLITE HANDBAGASIE AMERIKAANSE TOER BAGASIE
Skaal: 1:50 Skaal: 1:75
Verkoopprys: Verkoopprys:
R2 499 (15% BTW ingesluit) R1 999 (15% BTW uitgesluit)
Bestudeer die twee opsies hierbo en beantwoord die vrae wat volg.
1.2.1 Skryf die akroniem BTW ten volle uit. (2)
1.2.2 Bereken die totale BTW wat op die Amerikaanse toer bagasie gehef is. (2)
1.2.3 Verduidelik wat die skaal vir die Octolite handbagasie beteken. (2)
1.2.4 Bepaal die aantal wiele van die Amerikaanse toer bagasie. (2)
1.2.5 Definieer die term verkoopprys in die konteks hierbo. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5
(Vraestel 1) 10601/19
1.3 Die sirkeldiagram hieronder dui die persentasie mense aan wat die Nasionale
Krugerwildtuin van vyf verskillende Suid-Afrikaanse Provinsies besoek het. In 2018
het 1 659 793 mense van die vyf provinsies die Nasionale Krugerwildtuin besoek.
Besoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin in 2018 van vyf provinsies
[Bron: Aangepas uit www.iol.co.za/travel]
Bestudeer die sirkeldiagram en inligting hierbo en beantwoord die vrae wat volg.
1.3.1 Skryf die totale aantal besoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin vir 2018 in
woorde neer. (2)
1.3.2 Identifiseer die provinsie met die hoogste aantal besoekers na die Nasionale
Krugerwildtuin vir 2018. (2)
1.3.3 Bereken die totale aantal besoekers van KwaZulu-Natal na die Nasionale
Krugerwildtuin in 2018. (2)
1.3.4 Skryf, as ʼn verhouding in die eenvoudigste vorm, die persentasie besoekers
van die Wes-Kaap tot die persentasie besoekers van die Oos-Kaap. (2)
1.3.5 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn besoeker na die Nasionale
Krugerwildtuin te kies wat van die Vrystaat af kom. (2)
[32]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6
(Vraestel 1) 10601/19
VRAAG 2
2.1 Mnr Fortune ontvang maandeliks ʼn bankstaat met betrekking tot die voertuig wat hy
gekoop het. Die kontantprys van die voertuig was R151 140. Aangesien Mnr Fortune nie
genoeg kontant gehad het nie, het hy die voertuig op huurkoop bekom.
ʼn Voorbeeld van een van sy state word in BYLAAG A gegee. Bestudeer BYLAAG A en
beantwoord die vrae wat volg.
2.1.1 Skryf die straatnam neer wat in hierdie staat gebruik is. (2)
2.1.2 Bereken die aantal dae wat in hierdie staat-periode ingesluit is. (2)
2.1.3 Hoeveel paaiemente het Mnr Fortune al betaal volgens hierdie staat? (2)
2.1.4 Die NCA diensfooi sluit 15% BTW in. Bereken die BTW wat op hierdie
diensfooi gehef is. (3)
2.1.5 Toon aan hoe die uitstaande kapitaal balans waarde van R71 350,23 bereken was. (2)
2.1.6 Bereken die totale bedrag wat Mnr Fortune vir die motor sal betaal oor die volle
termyn van die lening. (3)
2.1.7 Vandaar, bereken die totale bedrag wat Mnr Fortune sou gespaar het indien hy die
motor kontant gekoop het. (3)
2.2 Kevin was motors by ʼn motorwassery oor naweke om geld te spaar vir sy Desember
vakansie.
Kevin trek die volgende tabel op vir sy beplanning:
TABEL 1: Inkomste van motors was
Maand Junie Julie Aug Sept Okt Nov
Aantal motors 11 17 A 33 20 28
Inkomste
495 765 1 170 1 485 B 1 260
(in Rand)
Gebruik die tabel om die vrae wat volg te beantwoord.
2.2.1 Definieer die term inkomste. (2)
2.2.2 Voltooi die volgende formule om sy inkomste per motor gewas, te bereken.
Inkomste (in Rand) = … × … (2)
2.2.3 Is hierdie ʼn voorbeeld van ʼn direkte of indirekte verhouding? Verduidelik jou
antwoord. (2)
2.2.4 Bereken die versmiste waardes van A en B in die tabel. (4)
2.2.5 Bereken sy totale inkomste vanaf Junie tot November. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7
(Vraestel 1) 10601/19
2.3 Kevin en Joan het besluit om Phuket (Thailand) gedurende hul Desember vakansie te
bsoek.
2.3.1 Kevin en Joan beplan om elk R10 000 vir spaargeld saam te neem.
Herlei hul totale spaargeld na Thai Baht.
Gebruik die wisselkoers: R0,438 per Thai Baht (3)
2.3.2 Joan het R15 000 in ʼn rekening by More Money Bank 2 jaar terug belê. Die
bank hef ʼn 7,8% enkelvoudige rente per jaar. Bereken die totale bedrag wat
die bank na twee jaar uitbetaal het. (4)
2.3.3 Die vakansie pakket het nie drankies en vervoer op Phuket Eiland ingesluit
nie. TABEL 2 hieronder toon die koste van drankies aan.
TABEL 2: Koste van drankies
Koste per persoon (in Rand)
Drankies R12, 00 per drankie
Kevin en Joan het ooreengekom dat elke persoon een drankie drie keer
daagliks gedurende hul 7-dae verblyf by die B-Lay Tong Phuket Hotel mag
drink.
Bereken hoeveel (in Rand) hulle sal spandeer op drankies vir hul totale duur
van verblyf. (3)
[39]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8
(Vraestel 1) 10601/19
VRAAG 3
3.1 Wonderblokkies (Magic Cubes) was populêre speelgoed in die 1980’s.
Bestudeer die twee wonderblokkies hieronder en beantwoord die vrae is volg.
Silindriese wonderblokkie Kubieke Wonderblokkie
Afmetings van ʼn silindriese wonderblokkie Afmetings van ʼn kubieke wonderblokkie
67 mm
60 mm
57 mm
3.1.1 Bereken die radius van die silindriese wonderblokkie indien die deursnit
67 mm is. (2)
3.1.2 Bereken die totale volume van die silindriese wonderblokkie in mm3.
Die volgende formule mag gebruik word:
Volume van ʼn silinder = × radius × radius × hoogte, waar = 3,142 (3)
3.1.3 Bereken die totale buite-oppervlak van die kubieke wonderblokkie in mm2.
Die volgende formule mag gebruik word:
Totale buite-oppervlak = sy × sy × 6 (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9
(Vraestel 1) 10601/19
3.2 Die tabel hieronder verteenwoordig die tyd wat dit neem vir ʼn speler en spanne om die
wonderblokkie op te los. Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NEEM KENNIS:
Speler tyd is die tyd wat dit ʼn speler neem om die wonderblokkie een keer op te los.
Span tyd is die totale tyd wat dit al die spelers in ʼn span neem om die wonderblokkie
een keer op te los.
Rang Speler Speler tyd Rang Span Span tyd
1 Zoë 10,8 sekondes 1 A 6 minute 53 sekondes
2 Enrique 13,6 sekondes 2 B 7 minute 44 sekondes
3 Thabang 16,1 sekondes 3 C 9 minute 11 sekondes
4 Koos 23,1 sekondes 4 D 9 minute 17 sekondes
5 Bongani 23,2 sekondes 5 E 9 minute 23 sekondes
6 Lee 23,9 sekondes 6 F 9 minute 28 sekondes
7 Thulani 24,3 sekondes 7 G 9 minute 41 sekondes
8 Liam 24,8 sekondes 8 H 9 minute 49 sekondes
9 Gregory 26,7 sekondes 9 I 9 minute 59 sekondes
10 Olivia 29,3 sekondes 10 J 10 minute 13 sekondes
[Bron: Aangepas vanaf: www.mindgamers.redbull.com]
3.2.1 Herlei die A-span se tyd wat dit geneem het om die wonderblokkie op te los, na
sekondes. (2)
3.2.2 Bereken die totale tyd wat dit die tien spelers geneem het om die wonderblokkie
op te los. Gee jou antwoord in minute en sekondes. (4)
3.3 Die sjokolade hieronder was aan al die deelnemers by die kompetisie gegee.
Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3 cm
3 cm
8 cm
4,2 cm
3.3.1 Bereken die totale oppervlak van al die reghoekige sye van die sjokolade pakkie.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Oppervlak = Lengte × Wydte (4)
3.3.2 Bereken die omtrek van EEN driehoek in mm. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10
(Vraestel 1) 10601/19
3.4 Bestudeer die bestandele hieronder wat gebruik word om vetkoeke te maak en
beantwoord die vrae wat volg.
BESTANDELE (Maak 24)
3
6 koppies meel
4
2 teelepels sout
2 eetlepels suiker
1 pakkie gis
Louwarm water
Kookolie (vir bak)
3.4.1 Indien een koppie = 250 ml, bereken die totale hoeveelheid meel, in ml, wat
gebruik sal word om 48 vetkoeke te maak. (2)
3.4.2 In die kook instruksie, staaf dit dat die olie in die pan verhit moet word tot 375 °F.
Herlei 375 °F na °C. Rond jou antwoord af tot die naaste tien.
Die volgende formule mag gebruik word:
°C = (°F – 32°) ÷ 1,8 (2)
3.4.3 Hoeveel eetlepels suiker sal benodig word om 72 vetkoeke te maak? (2)
[27]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11
(Vraestel 1) 10601/19
VRAAG 4
4.1 Vanaf Johannesburg sal Kevin en Joan na die Nasionale Krugerwildtuin vlieg. Verwys na
BYLAAG B in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord.
4.1.1 In watter algemene rigting is Hoedspruit vanaf Johannesburg? (2)
4.1.2 Hoe lank sal dit Kevin en Joan neem om vanaf Johannesburg na Phalaborwa te
vlieg? (2)
4.1.3 Indien Kevin en Joan vanaf Johannesburg Lughawe om 06:59 vlieg, teen watter
tyd sal hul die lughawe in Phalaborwa bereik? (2)
4.1.4 Die gemiddelde spoed van ʼn Airbus A380 is 900 km/h. Indien dit 50 minute
neem vir die Airbus om vanaf Johannesburg na Nelspruit te vlieg, bepaal die
afstand wat dit gevlieg het.
Jy mag die volgende formule gebruik:
(4)
4.1.5 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn 1 uur vlug te kies. Gee jou antwoord
as ʼn persentasie. (3)
4.2 Bestudeer die sitplekplan van die vliegtuig op BYLAAG C en beantwoord die vrae wat
volg.
4.2.1 Hoeveel uitgang deure word op die sitplekplan aangedui? (2)
4.2.2 Skryf die ry nommers neer van die Ekonomiese Plus klas sitplekke wat in-sitplek
krag het. (2)
4.2.3 Die werklike lengte van die vliegtuig (vanaf die kajuit tot aan die einde van die
passasierskajuit) word gegee as 50 m. Indien die skaal van die sitplekplan
1 : 200 is, bereken die lengte van die vliegtuig op die sitplekplan in mm. (4)
[21]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 12
(Vraestel 1) 10601/19
VRAAG 5
5.1 Die data in die tabelle hieronder verteenwoordig die afstand (in km) wat leerders van
Exhibition Hoërskool skool toe geloop het die oggend voordat hul ʼn Wiskundige
Geletterdheid toets geskryf en die punte wat hul vir die toets behaal het (uit 50).
Gebruik die data hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.
TABEL 3 : Afstand (in km) deur leerders geloop
0,2 0,5 0,3 1,2 0,25
0,75 1,3 3 1,2 1,8
2,4 1,5 0,2 0,8 2,6
3 1,4 0,75 0,5 1,2
3,2 0,8 0,3 1 1,8
TABEL 4 : Punte vir die toets behaal
49 38 37 30 39
34 29 19 27 25
20 28 43 33 41
15 25 38 40 30
18 30 39 28 28
5.1.1 Identifiseer die TWEEDE kortste afstand wat deur ʼn leerder afgelê is. (2)
5.1.2 Bepaal die hoogste punt wat deur ʼn leerder behaal is (2)
5.1.3 Noem EEN data-insamelingsinstrument wat gebruik was om hierdie data te
versamel. (2)
5.1.4 Bepaal die mediaan van die toets punte. (3)
5.1.5 Bepaal die modus van die toets punte. (2)
5.1.6 Bereken die gemiddelde punt vir die toets. (3)
5.1.7 Is die data in die tabel met betrekking tot die afstande wat leerders afgelê het, ʼn
voorbeeld van kontinue of diskrete data? (2)
5.2 Gebruik die afstandwaardes van TABEL 3 hierbo om die gegewe frekwensietabel op die
ANTWOORDBLAD aan die agterkant van die vraestel te voltooi. Handig jou
ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in. (5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 13
(Vraestel 1) 10601/19
5.3 Bestudeer die 5-getal opsomming hieronder en bereken die Interkwartiele Omvang
(IKO) vir die punte wat deur die leerders behaal is.
Minimum K1 K2 K3 Maksimum
punt punt
15 26 30 38 49 (3)
5.4 Bereken die persentasie leerders wat die toets gedruip het indien die slaagsyfer vir die
toets 25 uit 50 is. (3)
5.5 Verwys na die data in die tabel met betrekking tot die afstande geloop en punte deur
leerders behaal op die vorige bladsy om die vrae wat volg te beantwoord.
5.5.1 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn leerder te kies wat minder as 1 km op
die dag van die toets geloop het. (2)
5.5.2 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn leerder te kies wat meer as 35 uit 50
vir die toets behaal het. Skryf jou antwoord as ʼn desimaal. (2)
[31]
TOTAAL 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 14
(Vraestel 1) 10601/19
ANTWOORDBLAD
Naam: GR: 12
VRAAG 5.2
Afstand (in km) Telling Frekwensie
0 – 0,5
0,6 – 1
1,1 – 1,5
1,6 – 2
2,1 – 2,5
2,6 – 3
3,1 – 3,5
TOTAAL:
Study this subject
Recommended for this subject
%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a/v1-800bfe1d1d09f06cc902/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2019 Memo (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432/v1-e0fc9a9293c5b8d6ade2/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 Addendum
%20Preparatory%202017%20Addendum_hlayiso.com_--f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd/v1-5415ac530376df944eb8/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Addendum
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 QP

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Limpopo Mock 2025 QP

Question paper