Skip to content

Economic and Management Sciences Grade 6 2010 QP (Afr)

Question paperEconomic and Management SciencesGrade 6201013 pages

Grade 6 Economic and Management Sciences question paper from the June Common Test 2010 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Province of the EASTERN CAPE Vlak Kode EDUCATION INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 JUNIE 2010 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE LEERDER SE NAAM: ………………………………………………………….. PUNTE: 50 TYD: 1 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
2 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Al die vrae moet beantwoord word. 2. Lees die instruksies vir elke vraag sorgvuldig en beantwoord slegs wat gevra word. 3. Vrae moet op die vraestel beantwoord word. 4. Gebruik die puntetoekenning as aanduiding vir die lengte van die antwoord.
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 VRAAG 1 (LU 1: AS 4) ; (LU 4: AS 4; 5) 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE. Drie antwoorde word vir elke vraag verskaf. Maak ʼn kruisie (X) in die blokkie vir jou antwoord. 1.1.1 Geld wat deur die regering vanaf mense en besighede kollekteer word, is … (a) belasting. (b) rente. (c) profyt/wins. 1.1.2 Een van die volgende is nie ʼn faktor van produksie nie: (a) Markfaktore (b) Rou materiaal (c) Arbeid 1.1.3 Watter stelling hieronder is onwaar aangaande die rol van die regering? (a) Die regering voorsien werk (b) Die regering verskaf arbeid (c) Kollekteer belasting 1.1.4 Een van die volgende is nie ʼn rol van Besighede nie: (a) Dwing die wet af om te sorg dat die ekonomie vlot verloop (b) Produseer goedere en dienste vir verbruikers (c) Om werk te voorsien 1.1.5 Vergoeding vir arbeid is … (a) rente. (b) huur. (c) lone. (5 x 1) (5) [10]
4 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) 1.2 Kies die term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Gebruik die tabel wat voorsien word vir jou antwoorde. Moenie die beskrywing in KOLOM A oorskryf nie. Skryf slegs die korrekte/regte term in KOLOM B. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 James het ʼn pakkie Simba skyfies by “Joe’s A. Inkomste Spaza-shop” gekoop en het … betaal. belasting 1.2.2 Na die Begrotingstoespraak betaal Michel B. Invoer R1,25 meer vir sigarette as gevolg van … belasting belasting wat ingesluit is 1.2.3 Julie betaal R400 … op haar salaris aan die C. Maatskappy einde van die maand. belasting 1.2.4 SA MTN het 100 nuwe selfone vanaf Japan D. Sonde aangekoop en betaal … belasting. belasting 1.2.5 TwaLU besit ʼn maatskappy en betaal … E. BTW belasting op die maatskappy se wins. ANTWOORDE 1.2.1 1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 (5 x 1) (5) [10]
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 VRAAG 2 (LU 1: AS 1) Kyk na die volgende diagram van die Ekonomiese Siklus/Vloeidiagram. Skryf die korrekte rolspeler langsaan (a) asook die vloeidiagram beskrywings (b); (c); (d) en (e). Huishoudings (b) (c) (e) (d) (a) (a) (1) (b) (1) (c) (1) (d) (1) (e) (1) [5]
6 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) VRAAG 3 (LU 4: AS 5) Lees deur die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg: Goodies Goodies is ʼn kitskos-onderneming in ʼn besige inkopiesentrum. Dit is oop vanaf 7:30 in die oggend tot 5:15 saans. Buite is ʼn groot spyskaart met allerhande smullekker geregte en daar kom allerhande heerlike geure uit die winkel. Daar werk baie mense in die winkels en kantore in die sentrum. Honderde kopers loop elke dag verby Goodies. Mary, die bestuurder van Goodies, maak ʼn baie groot verskeidenheid kosse soos geroosterde toebroodjies en pasteitjies tot gekookte maaltye soos bobotie en beesbredie. Die pryse is redelik en daar is iets om elkeen se sak te pas. Mary verkoop ook bevrore gesinsetes. Sy het agtergekom dit verkoop baie goed aan werkende moeders wat dit op pad huis toe koop na ʼn dag se werk. Goodies maak ook versnapperings vir kantoorpartytjies. ʼn Verskeidenheid vingerhappies soos geroosterde hoendervlerkies, worsrolletjies, frikkadelle visvingers, sout-tertjies, klein tamaties, wortelstokkies en ander rou groente word op groot borde uitgepak. “Op my borde is iets vir elke smaak.” Sê Mary. “Daarby is ons eetgoed goedkoper as ons die kompetisie s’n. Die nuus oor ons heerlike peuselhappies het gou deur al die kantore en sentrum versprei.” Kort nadat die onderneming geopen het, het hulle pamflette versprei in die parkeerterrein van die winkelsentrum en by al die kantore in die omgewing, maar deesdae is dit nie eens nodig om te adverteer nie. Mary vertel dat die eienaars van die winkelsentrum beplan om dit op te knap. Hulle gaan gedeeltes van die winkelsentrum afskerm terwyl die werk aan die gang is. Die ondernemings gaan gedurende die bouery gebruik moet maak van tydelike persele. “Ek hoop ons kry ʼn plek waar al ons kliënte ons maklik sal kry,” sê Mary.
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7 1. Gee die elemente van die markmengsel/bemarkingsamestelling en langsaan elk woorde uit die gevallestudie wat daarby pas: (6) 2. (a) Watter element van die markmengsel/bemarkingsamestelling sal beïnvloed word as Goodies tydelik deur die eienaars van die winkelsentrum verskuif word? (1) (b) Hoe dink jy gaan die tydelike verskuiwing Goodies beïnvloed? (1) (c) Watter verandering kan Mary aan die markmengsel/bemarking samestelling maak om te verhoed dat die verskuiwing die onderneming nadelig beïnvloed? (1) 3. Veronderstel Mary verhoog die prys van al haar produkte met 20%. (a) Watter element van die markmengsel/bemarkingsamestelling gaan beïnvloed word? (1) [10]
8 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) VRAAG 4 (LU 4: AS 2) Object 2 Jy word voorsien van ʼn kolomgrafiek wat verskillende Besigheidsgeleenthede op die X-as (horisontaal) wys en die geld, in rand, wat jy per week kan maak op die Y-as (vertikaal). Bestudeer die grafiek versigtig sodat jy die volgende vrae kan beantwoord. (a) Watter is die beste besigheidsgeleentheid en hoeveel is die totale bedrag wat jy per week kan maak ? (2) (b) Watter een is die slegste besigheidsgeleentheid en hoeveel is die totale bedrag wat jy per week kan maak ? (2) (c) Gee ʼn rede waarom jy dink dat die was van motors die beste besigheidsgeleentheid is in vergelyking met die ander. (1) [5]
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 9 VRAAG 5 (a) (LU 4: AS4) Catherina beplan om lekkers gedurende pouses by die skool te verkoop. Sy beplan om ʼn pakkie lekkers, wat sy vir R1,50 gekoop het, te verkoop en om ʼn wins van R0,50 op elke pakkie te maak. Daar word van jou verwag om Catherina te help om ʼn Bemarkingsplan, wat deel is van die Besigheidsplan, te ontwikkel. 1. Wie is Catherina se teikenmark? (2) 2. Hoe kan sy haar produk by die skool adverteer? (1) 3. (a) Bereken haar verkoopprys. (2) (b) Bereken haar wins as sy 20 pakkies lekkers per dag verkoop. (3) [8]
10 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) VRAAG 5 (b) (LO4 AS4) Catherina het besluit om haar besigheid uit te brei deur koek teen R20 elk vanaf haar huis, ná skool en gedurende naweke, te verkoop. Sy wil nie moontlike klante verloor nie en is dus bereid om bestellings te neem en om ook tuis af te lewer. Haar huisadres is Wesparklaan 23 King William’s Town en haar huis telefoonnommer is 043 607 3319. Haar selnommer is 084 939 2392 ingeval kliënte haar wil bel om bestellings te plaas. Ontwerp ʼn advertensie vir haar besigheid. (Hou in gedagte die goeie kwaliteite van ʼn advertensie). (8) [16]
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 11 RUBRIEK VIR VRAAG 5 (b) Kriteria 1 2 3 4 Ontwerp en Swak onwerp Ontwerp is nie Goeie gebruik van kleur Ontwerp Netheid en tekort aan oorspronklik nie, effens en oorspronklikheid in (Kleurvol, baie kleur kleur en kreatiwiteit ontwerp kreatief en (kreatiwiteit) oorspronklik) Onnet Aanvaarbare vlakke van Netjies en goed versorg Netjies en goed netheid versorg Inligting Tekort aan Sommige van die Meeste inligting relevant Alle relevante relevante inligting is nie van inligting benodig inligting toepassing voorsien
12 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (JUNIE 2010) VRAAG 6 (a) (LU 1: AS2) Lees die volgende stuk. Suid-Afrika sal die 2010-FIFA Sokker Wêreldbeker aanbied. Ons land moet gereed wees vir hierdie gebeurtenis. Die regering moet verseker dat alle hoofpaaie en stadiums in ʼn goeie toestand is. Die besighede bv. hotelle moet ook verseker dat daar genoeg blyplek vir al die toeriste is wat ons land sal besoek. Rou materiaal word gekoop om goedere te maak wat tydens die wêreld beker verkoop gaan word. Sodoende beplan hulle om meer wins te maak. Inwoners is ook besig met planne om meer geld te kry gedurende hierdie tydperk. Hulle bied hul huise aan toeriste vir akkommodasie, ander sal hul huise as Bed en Ontbyt fasiliteite gebruik. Die ekonomie sal gedurende hierdie tydperk bevoordeel word. Baie menses sal deeltydse werke gedurende hierdie tyd kry. Daar sal heelwat informele besighede wees bv. mense wat goedere en dienste aan toeriste verkoop. Lys EEN verantwoordelikheid en EEN reg van elke deelnemer in die tabel. (4 x 1) (4) Rol en Verantwoordelikhede van Rol en Verantwoordelikhede van Besighede Regering Regte van Regering Regte van Besighede [4] TOTAAL: 50
(JUNIE 2010) EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 13

Study this subject