You're offline
Skip to content
Question paper

HISTORY GR10 QP NOV2019 Afr D hlayiso.com

Subject: HistoryGrade 10201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2019 GESKIEDENIS PUNTE: 150 TYD: 3 uur *XHISA1* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae onder AFDELING A en DRIE opstelvrae onder AFDELING B. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 VRAAG 2: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 VRAAG 3: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – WET OP NATURELLE GROND VAN 1913 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees. 5. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 6. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: WAAROM WAS DIE ZOELOES ONDER SHAKA AS DIE MEES VREESAANJAENDE KRYGERS IN AFRIKA BESKOU? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Gebruik Bron 1A. 1.1.1 Verskaf TWEE bewyse uit die bron wat daarop dui dat Shaka nie die oorerflike opvolger was nie. (2 x 1) (2) 1.1.2 Wie het Senzangakhona as die leier van die Zoeloes opgevolg? (1 x 1) (1) 1.1.3 Wat was die eerste ding, volgens die bron, wat Shaka gedoen het nadat hy die leier van die Zoeloes geword het? (2 x 1) (2) 1.1.4 Identifiseer ʼn tradisionele wapen wat Shaka vir sy regimente of leër ingestel het. (1 x 1) (1) 1.1.5 Verduidelik waarom daar na Shaka as ʼn uitgeworpene verwys is. (1 x 2) (2) 1.1.6 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Shaka die kortsteek-assegaai ingebring het. (1 x 2) (2) 1.1.7 Lewer kommentaar oor hoe Shaka se diplomatieke vaardighede hom ʼn magtige Zoeloe-leier gemaak het. (1 x 2) (2) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Noem die DRIE belangrikste militêre taktieke wat Shaka tydens sy veldslae gebruik het. (3 x 1) (3) 1.2.2 Verduidelik wat Shaka met sy oorlogskreet, ‘oorwinning of dood’ bedoel het. (1 x 2) (2) 1.2.3 Hoe, volgens die bron, sal jy die volgende beskryf: (a) Die manlike amabutho (1 x 2) (2) (b) Die vroulike amabutho (1 x 2) (2) 1.2.4 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Shaka het sy magte opgebou, wat spoedig die terreur van die land geword het’. (1 x 2) (2) 1.2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom Shaka se militêre taktieke suksesvol met die verowering van ander koninkryke was. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) 1.3 Gebruik Bron 1C. 1.3.1 Verskaf TWEE aanhalings uit die bron wat daarop dui dat Shaka na die dood van sy moeder baie wreed geword het. (2 x 1) (2) 1.3.2 Lewer kommentaar oor hoe Nandi daartoe bygedra het dat Shaka ʼn magtige leier geword het. (1 x 2) (2) 1.3.3 Verduidelik wat met die stelling bedoel word: ‘Shaka het sy moeder lief gehad tot amper op die punt van aanbidding’. (1 x 2) (2) 1.3.4 Waarom, volgens die bron, het Shaka mense doodgemaak? (1 x 2) (2) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Identifiseer DRIE aanvalsposisies soos in die foto uitgebeeld. (3 x 1) (3) 1.4.2 Verduidelik hoe Shaka se militêre formasie daarin geslaag het om sy vyande te verslaan. (1 x 2) (2) 1.4.3 Vergelyk Bron 1B met Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1D rakende Shaka se militêre strategie ondersteun. (2 x 2) (4) 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik waarom die Zoeloes onder Shaka as die mees vreesaanjaende krygers in Afrika beskou was. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 5 VRAAG 2: HOE HET KOLONIALISME DIE LEWENS VAN BEIDE XHOSAS EN BOERE, IN DIE KAAPKOLONIE, NEGATIEF BEÏNVLOED? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Raadpleeg Bron 2A. 2.1.1 Waarom, volgens die bron, was Brittanje daarin geïnteresseerd om die beheer van Suid-Afrika oor te neem? (2 x 1) (2) 2.1.2 Definieer die term kolonialisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.3 Lewer kommentaar op die negatiewe impak wat kolonialisme op die lewens van beide die Xhosas en die Boere in die Kaapkolonie gehad het. (2 x 2) (4) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou kennis om te verduidelik waarom die Boere nie van die Britse bewind gehou het nie. (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Wat, volgens die bron, het Nongqawuse aan haar familie ná haar ontmoeting met die man gerapporteer? (2 x 1) (2) 2.2.2 Hoe, volgens die bron, het die Xhosa opperhoof, stamhoof Sarhili op die voorspellings/profesieë gereageer? (2 x 2) (4) 2.2.3 Beskryf in jou eie woorde hoe hierdie profesie tot die nederlaag van die witman sou gelei het. (1 x 2) (2) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Haal TWEE frases uit die bron aan wat daarop dui dat die Xhosas se onafhanklikheid en vryheid van hulle ontneem was. (2 x 1) (2) 2.3.2 Noem enige VIER veranderings wat die Britse goewerneur op die verslane Xhosa-nasie aangebring het. (4 x 1) (4) 2.3.3 Lewer kommentaar op die houding van die Britse goewerneur, Harry Smith rakende die toekoms van die Xhosas in Suid-Afrika. (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik in jou eie woorde wat die goewerneur met die woorde ‘naak’ en ‘boos’ bedoel het. (1 x 2) (2) 2.3.5 Gebruik die bron en jou eie kennis om die negatiewe rol van die Britte op die Xhosas te verduidelik (2 x 2) (4) 2.3.6 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir studente wat die gevolge van Britse kolonialisme op die Xhosa-nasie navors. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Identifiseer die persoon wat hierdie manifes geskryf het. Gebruik die visuele leidraad in die foto. (1 x 1) (1) 2.4.2 In watter koerant was hierdie manifes gepubliseer? (1 x 1) (1) 2.4.3 Waarom, volgens die bron, het die Boere besluit om die Kaapkolonie te verlaat? (2 x 1) (2) 2.4.4 Watter gevolgtrekkings kan oor die Boere se houding teenoor die emansipasie (vrylating) van slawe gemaak word? (1 x 2) (2) 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe kolonialisme die lewens van beide die Xhosas en Boere in die Kaapkolonie negatief beïnvloed het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 7 VRAAG 3: WAT WAS DIE OMSTANDIGHEDE BINNE DIE BRITSE KONSENTRASIEKAMPE GEDURENDE DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Watter rol het swartes tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog gespeel? (4 x 1) (4) 3.1.2 Verduidelik wat met witmensoorlog’ bedoel word. (1 x 2) (2) 3.1.3 Lewer kommentaar op die Britse reaksie van die Barolong nadat hulle Brittanje gehelp het om Mafikeng te red. (1 x 2) (2) 3.1.4 Noem VIER maniere waarop die Suid-Afrikaanse Oorlog swart boere beïnvloed het. (4 x 1) (4) 3.1.5 Verduidelik waarom swart Suid-Afrikaners gevoel het dat die Britte hulle na die oorlog verraai het. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Wat, volgens die bron, het die meisie aangespoor om die volkslied te sing? (1 x 2) (2) 3.2.2 Watter gevolgtrekkings kan uit die bron rakende die Britse houding teenoor Boere vroue en kinders gemaak word? (1 x 2) (2) 3.2.3 Hoe, volgens die bron, het die Boere op die behandeling van hul vroue en kinders in die konsentrasiekampe gereageer? (2 x 1) (2) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Gebruik die inligting in die bron om die toestande in die konsentrasie- kampe te beskryf. (4 x 1) (4) 3.3.2 Lewer kommentaar op waarom die behandeling van Afrikaner vroue en kinders as barbaars beskou was. (2 x 2) (4) 3.3.3 Wat, volgens die bron, was die gevolg van die voedseltekort in die kampe? (1 x 1) (1) 3.3.4 Noem die Engelse vrou wat die vroue en kinders in die konsentrasie- kampe gehelp het. (1 x 1) (1) 3.3.5 Hoe komplementeer (ondersteun) Bron 3A vir Bron 3C in die beskrywing van die toestande in die konsentrasiekampe? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) 3.4 Gebruik Bron 3D. 3.4.1 Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publisering van hierdie foto? (2 x 2) (4) 3.4.2 Verduidelik hoe Afrikaners moontlik gevoel het oor die Britte na die aanskouing van hierdie foto. (1 x 2) (2) 3.4.3 Noem die TWEE siektes in die bron wat tot die dood van kinders in die konsentrasiekampe gelei het. (2 x 1) (2) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van SES reëls (60 woorde) waarin jy die omstandighede binne die Britse konsentrasiekampe gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUID-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE ‘Moshoeshoe was as ʼn nasiebouer en ʼn diplomaat in die opbou van die Basoeto- koninkryk beskryf.’ Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met toepaslike voorbeelde. [50] VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD ‘Die konflik tussen die Xhosa en die setlaars was oor grond en vee.’ Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – WET OP NATURELLE GROND VAN 1913 Bespreek krities hoe die Naturelle Grond wet van 1913 die grondslag vir die stelsel van apartheid gelê het. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com  
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 
Downloaded from hlayiso.com  
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all