NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*XHISA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper
View all




%20Term%201%20Controlled%20Test%201%202023%20Addendum_hlayiso.com_--48741a44-1ab1-444b-86d4-58897c42c11d/v1-335be09d3493899c7cdb/card.webp)
HISTORY GR10 QP NOV2019 Afr D
History · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- National November Exam
- Pages
- 16
- File size
- 170.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe
inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae
onder AFDELING A en DRIE opstelvrae onder AFDELING B.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750
VRAAG 2: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750
VRAAG 3: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS
VAN DIE BASOETO KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE
VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
KONFLIK OP DIE HOËVELD
VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – WET OP
NATURELLE GROND VAN 1913
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees.
5. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik.
6. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
VRAAG 1: WAAROM WAS DIE ZOELOES ONDER SHAKA AS DIE MEES
VREESAANJAENDE KRYGERS IN AFRIKA BESKOU?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Verskaf TWEE bewyse uit die bron wat daarop dui dat Shaka nie die
oorerflike opvolger was nie. (2 x 1) (2)
1.1.2 Wie het Senzangakhona as die leier van die Zoeloes opgevolg? (1 x 1) (1)
1.1.3 Wat was die eerste ding, volgens die bron, wat Shaka gedoen het nadat
hy die leier van die Zoeloes geword het? (2 x 1) (2)
1.1.4 Identifiseer ʼn tradisionele wapen wat Shaka vir sy regimente of leër
ingestel het. (1 x 1) (1)
1.1.5 Verduidelik waarom daar na Shaka as ʼn uitgeworpene verwys is.
(1 x 2) (2)
1.1.6 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
waarom Shaka die kortsteek-assegaai ingebring het. (1 x 2) (2)
1.1.7 Lewer kommentaar oor hoe Shaka se diplomatieke vaardighede hom ʼn
magtige Zoeloe-leier gemaak het. (1 x 2) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Noem die DRIE belangrikste militêre taktieke wat Shaka tydens sy
veldslae gebruik het. (3 x 1) (3)
1.2.2 Verduidelik wat Shaka met sy oorlogskreet, ‘oorwinning of dood’ bedoel
het. (1 x 2) (2)
1.2.3 Hoe, volgens die bron, sal jy die volgende beskryf:
(a) Die manlike amabutho (1 x 2) (2)
(b) Die vroulike amabutho (1 x 2) (2)
1.2.4 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Shaka het sy magte opgebou, wat
spoedig die terreur van die land geword het’. (1 x 2) (2)
1.2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom Shaka se militêre taktieke suksesvol met die
verowering van ander koninkryke was. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019)
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Verskaf TWEE aanhalings uit die bron wat daarop dui dat Shaka na
die dood van sy moeder baie wreed geword het. (2 x 1) (2)
1.3.2 Lewer kommentaar oor hoe Nandi daartoe bygedra het dat Shaka ʼn
magtige leier geword het. (1 x 2) (2)
1.3.3 Verduidelik wat met die stelling bedoel word: ‘Shaka het sy moeder lief
gehad tot amper op die punt van aanbidding’. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom, volgens die bron, het Shaka mense doodgemaak? (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Identifiseer DRIE aanvalsposisies soos in die foto uitgebeeld. (3 x 1) (3)
1.4.2 Verduidelik hoe Shaka se militêre formasie daarin geslaag het om sy
vyande te verslaan. (1 x 2) (2)
1.4.3 Vergelyk Bron 1B met Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B
die bewyse in Bron 1D rakende Shaka se militêre strategie ondersteun.
(2 x 2) (4)
1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
verduidelik waarom die Zoeloes onder Shaka as die mees vreesaanjaende
krygers in Afrika beskou was. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 5
VRAAG 2: HOE HET KOLONIALISME DIE LEWENS VAN BEIDE XHOSAS EN
BOERE, IN DIE KAAPKOLONIE, NEGATIEF BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Raadpleeg Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, was Brittanje daarin geïnteresseerd om
die beheer van Suid-Afrika oor te neem? (2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die term kolonialisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.3 Lewer kommentaar op die negatiewe impak wat kolonialisme op die
lewens van beide die Xhosas en die Boere in die Kaapkolonie gehad
het. (2 x 2) (4)
2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou kennis om te verduidelik
waarom die Boere nie van die Britse bewind gehou het nie. (2 x 2) (4)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Wat, volgens die bron, het Nongqawuse aan haar familie ná haar
ontmoeting met die man gerapporteer? (2 x 1) (2)
2.2.2 Hoe, volgens die bron, het die Xhosa opperhoof, stamhoof Sarhili op
die voorspellings/profesieë gereageer? (2 x 2) (4)
2.2.3 Beskryf in jou eie woorde hoe hierdie profesie tot die nederlaag van
die witman sou gelei het. (1 x 2) (2)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Haal TWEE frases uit die bron aan wat daarop dui dat die Xhosas se
onafhanklikheid en vryheid van hulle ontneem was. (2 x 1) (2)
2.3.2 Noem enige VIER veranderings wat die Britse goewerneur op die
verslane Xhosa-nasie aangebring het. (4 x 1) (4)
2.3.3 Lewer kommentaar op die houding van die Britse goewerneur, Harry
Smith rakende die toekoms van die Xhosas in Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik in jou eie woorde wat die goewerneur met die woorde
‘naak’ en ‘boos’ bedoel het. (1 x 2) (2)
2.3.5 Gebruik die bron en jou eie kennis om die negatiewe rol van die Britte
op die Xhosas te verduidelik (2 x 2) (4)
2.3.6 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir studente wat die
gevolge van Britse kolonialisme op die Xhosa-nasie navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019)
2.4 Gebruik Bron 2D.
2.4.1 Identifiseer die persoon wat hierdie manifes geskryf het. Gebruik die
visuele leidraad in die foto. (1 x 1) (1)
2.4.2 In watter koerant was hierdie manifes gepubliseer? (1 x 1) (1)
2.4.3 Waarom, volgens die bron, het die Boere besluit om die Kaapkolonie
te verlaat? (2 x 1) (2)
2.4.4 Watter gevolgtrekkings kan oor die Boere se houding teenoor die
emansipasie (vrylating) van slawe gemaak word? (1 x 2) (2)
2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik
hoe kolonialisme die lewens van beide die Xhosas en Boere in die Kaapkolonie
negatief beïnvloed het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE OMSTANDIGHEDE BINNE DIE BRITSE
KONSENTRASIEKAMPE GEDURENDE DIE SUID-AFRIKAANSE
OORLOG?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Watter rol het swartes tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog gespeel?
(4 x 1) (4)
3.1.2 Verduidelik wat met witmensoorlog’ bedoel word. (1 x 2) (2)
3.1.3 Lewer kommentaar op die Britse reaksie van die Barolong nadat hulle
Brittanje gehelp het om Mafikeng te red. (1 x 2) (2)
3.1.4 Noem VIER maniere waarop die Suid-Afrikaanse Oorlog swart boere
beïnvloed het. (4 x 1) (4)
3.1.5 Verduidelik waarom swart Suid-Afrikaners gevoel het dat die Britte
hulle na die oorlog verraai het. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die bron, het die meisie aangespoor om die volkslied te
sing? (1 x 2) (2)
3.2.2 Watter gevolgtrekkings kan uit die bron rakende die Britse houding
teenoor Boere vroue en kinders gemaak word? (1 x 2) (2)
3.2.3 Hoe, volgens die bron, het die Boere op die behandeling van hul vroue
en kinders in die konsentrasiekampe gereageer? (2 x 1) (2)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Gebruik die inligting in die bron om die toestande in die konsentrasie-
kampe te beskryf. (4 x 1) (4)
3.3.2 Lewer kommentaar op waarom die behandeling van Afrikaner vroue
en kinders as barbaars beskou was. (2 x 2) (4)
3.3.3 Wat, volgens die bron, was die gevolg van die voedseltekort in die
kampe? (1 x 1) (1)
3.3.4 Noem die Engelse vrou wat die vroue en kinders in die konsentrasie-
kampe gehelp het. (1 x 1) (1)
3.3.5 Hoe komplementeer (ondersteun) Bron 3A vir Bron 3C in die
beskrywing van die toestande in die konsentrasiekampe? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019)
3.4 Gebruik Bron 3D.
3.4.1 Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publisering
van hierdie foto? (2 x 2) (4)
3.4.2 Verduidelik hoe Afrikaners moontlik gevoel het oor die Britte na die
aanskouing van hierdie foto. (1 x 2) (2)
3.4.3 Noem die TWEE siektes in die bron wat tot die dood van kinders in
die konsentrasiekampe gelei het. (2 x 1) (2)
3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van SES reëls (60 woorde) waarin jy die omstandighede binne die
Britse konsentrasiekampe gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
afdeling nie.
VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUID-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN
DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE
‘Moshoeshoe was as ʼn nasiebouer en ʼn diplomaat in die opbou van die Basoeto-
koninkryk beskryf.’
Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met toepaslike voorbeelde. [50]
VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
KONFLIK OP DIE HOËVELD
‘Die konflik tussen die Xhosa en die setlaars was oor grond en vee.’
Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – WET OP
NATURELLE GROND VAN 1913
Bespreek krities hoe die Naturelle Grond wet van 1913 die grondslag vir die stelsel
van apartheid gelê het. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 10 History
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 10 His ATP 2023 24

Question paper and memo
EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP MW History Grade 10 March 2025 QP and Memo

Addendum
GR10 HISTORY ADDENDUM ENG

Addendum
Gr 10 History Term 1 Controlled Test 2023 Addendum hlayiso.com
%20Term%201%20Controlled%20Test%201%202023%20Addendum_hlayiso.com_--48741a44-1ab1-444b-86d4-58897c42c11d/v1-335be09d3493899c7cdb/card.webp)
Addendum











