NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS
ADDENDUM
*XHISA3*
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
You're offline
Skip to contentAddendum


%20Term%201%20Controlled%20Test%201%202023%20Addendum_hlayiso.com_--48741a44-1ab1-444b-86d4-58897c42c11d/v1-335be09d3493899c7cdb/card.webp)

%20Term%201%20Controlled%20Test%201%202023%20Addendum--9edebc79-b30a-43a1-8209-8532b6527726/v1-99557dcbdbe094142e99/card.webp)

View all
HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Afr D
History · Grade 10 · National November Exam · 2019. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Addendum
- Year
- 2019
- Exam period
- National November Exam
- Pages
- 16
- File size
- 315.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 1: WAAROM WAS DIE ZOELOES ONDER SHAKA AS DIE MEES
VREESAANJAENDE KRYGERS IN AFRIKA BESKOU?
BRON 1A
Hierdie bron beskryf Shaka en die opkoms van die Zoeloe-staat.
Shaka, ʼn uitgeworpende as kind, was grootgemaak deur ʼn aantal naburige groepe en
het uiteindelik by die Mthethwa beland waar hy homself as ʼn bekwame vegter in die
leër van Dingiswayo onderskei het. Dingiswayo was so beïndruk met Shaka dat hy
hom in 1816 gehelp het om hoof van die Zoeloes na die dood van Senzangakhona te
word. Onder die Zoeloes het Shaka ʼn aantal militêre innovasies gekonsolideer –
sommige wat deur Dingiswayo ontwikkel was, ... om ʼn magtige militêre masjien tot
stand te bring. Alle jong mans was in ouderdomsregimente opgeneem en het militêre
opleiding ontvang. ʼn Kortsteek-assegaai was ingestel ... wat Shaka se leër ʼn voordeel
in naby (hand tot hand) gevegte gegee het. Militêre strategieë, soos die ‘oskop’-
formasie waarmee Zoeloe-regimente hul vyande omsingel het, is vervolmaak. Toe
Dingiswayo vermoor was, het Shaka met sy militêre masjien die dood van sy mentor
gewreek, ... Shaka het die Mthethwa onder sy bewind ingelyf en die Zoeloe-staat as
die dominante mag onder die noordelike Nguni gevestig.
Shaka het ʼn nuwe nasionale identiteit bevorder deur die Zoeloe-identiteit van die staat
te beklemtoon. Al die onderdane van die Zoeloe-staat het Zoeloes geword en moes
die koning met hul persoonlike trou (lojaliteit) beloon. Gebruiklike Nguni-feeste, soos
plant- en oesvieringe, het geleenthede geword waarop Shaka ʼn groot aantal mense
bymekaargemaak het en die deugde van die staat geprys (gevier) het. Op hierdie wyse
het Shaka ʼn Zoeloe-bewuswording ontwikkel wat die oorspronklike identiteite en
afstamming (families) van die verskillende volke wat sy onderdane was, oortref het.
Shaka het sy mag gekonsolideer deur ʼn reeks oorloë teen naburige volke. Sy leërs
het strooptogte vir beeste en kos gedoen; hulle het enigeen aangeval wat die gesag
van die Zoeloe-monarg betwis het; ... Hy het ook Britse handelaars in sy koninkryk
verwelkom en diplomatieke afgevaardiges (verteenwoordigers) na die Britse koning
gestuur.
[Uit https://www.google.com/search?source. Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie bron fokus op die militêre sisteem wat deur Shaka gebruik was.
Die assegaai: Hy het gesien dat die tradisionele spies, ʼn lang handvatsel-assegaai
wat van ʼn afstand gegooi was, nie geskik was vir die gereguleerde gevegte in naby
(hand tot hand) formasie wat hy in gedagte gehad het nie. Hulle het tot teenaan die
vyand beweeg agter die skuiling van die skans van skilde, dan was hul teenstanders
aan hulle oorgelaat en ʼn volledige oorwinning kon behaal word. Na hy die sukses van
sy nuwe taktiek bewys het, het Shaka sy krygers met kort-handvatsel steek-assegaaie
bewapen en hulle opgelei om tot naby hul opponente te beweeg met hul lyflengte-
koeiskudde-skilde (beesvel-skilde) wat ʼn byna ondeurdringbare beskerming gevorm
het vir alles wat na hulle gegooi was.
Dissipline: Deur baie oefeninge en dissipline het Shaka sy magte opgebou, wat
spoedig die terreur van die land geword het. Shaka het die dra van sandale verbied,
en het sy vegters se voete verhard deur hulle kaalvoet oor growwe doring-grond te
laat hardloop om sodoende groter mobiliteit te verseker. Sy oorlogskreet was
‘Oorwinning of dood!’ ... en hy het sy impi’s op aanhoudende militêre veldtogte gehou
totdat hy gedink het dat hulle die reg verdien het om ʼn kopring (isicoco) van manlikheid
te dra.
Die manlike amabutho: Die jong mans was weggeneem om saam met ander uit alle
dele van die koninkryk in ʼn toepaslike amabutho of ouderdomsregiment ingeskryf te
word. Dit het ʼn gevoel van gemeenskaplike identiteit onder hulle gebring.
Die vroulike amabutho: Getalle jong vroue van die koninkryk was by die militêre
nedersettings byeengebring. Amptelik was hulle in die koning se sorg. Hulle is in
vroulike ekwivalente van die manlike amabutho georganiseer en het aan seremoniële
dans en uitstallings deelgeneem. Tot op daardie tydstip was seksuele omgang tussen
lede van die manlike en vroulike ouderdomsregimente egter verbode. Oortredings is
met die dood gestraf.
[Uit https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]
BRON 1C
Hierdie bron beskryf hoe Nandi se dood Shaka se leierskap laat versleg het.
Ten spyte van die moeilike tye wat hulle saam beleef het, of miskien as gevolg
daarvan, het Shaka sy moeder amper tot op die punt van aanbidding lief gehad.
Koningin Nandi kaBhebhe is op 10 Oktober 1827 aan disenterie (aansteeklike diarree)
oorlede. Volgens Donald Morris het Shaka beveel dat geen gewasse gedurende die
daaropvolgende jaar van rou geplant moes word nie, dat geen melk (die destydse
basis van die Zoeloe-dieet) gebruik moes word nie en dat elke vrou wat swanger sou
word saam met haar man vermoor moes word. Minstens 7 000 mense wat
onvoldoende droefheid gertoon het, was tereggestel, hoewel die doodmaak nie tot
mense beperk was nie; koeie was geslag sodat hul kalwers sou weet hoe die verlies
van ʼn moeder voel.
[Uit https://en.wikipedia.org/wiki/Nandi_(mother_of_Shaka). Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
BRON 1D
Hierdie foto beeld Shaka se ‘oskop’-formasie uit, een van sy magtigste militêre
taktieke.
Die buffelhorings-formasie van die Zoeloe-mag: Dele 1–4 hierbo: 1 ‘vyand’ 2 ‘horings’ 3 ‘bors’
4 ‘lendestuk
[Uit https://en.wikipedia.org/wiki/Impi. Toegang op 12 August 2019 verkry.]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS (ADDENDUM) 5
VRAAG 2: HOE HET KOLONIALISME DIE LEWENS VAN BEIDE XHOSAS EN
BOERE, IN DIE KAAPKOLONIE, NEGATIEF BEÏNVLOED?
BRON 2A
Hierdie bron beskryf die redes waarom die Britte na Suid-Afrika gekom het.
In Suid-Afrika was daar ʼn komplekse mengsel van mense – Britte, Boere
(afstammelinge van Nederlandse setlaars uit die 1600’s) en inheemse Afrika-volke
soos die Xhosas, die Zoeloes en die Matabele. Die Britte wou Suid-Afrika beheer
omdat dit een van die handelsroetes na Indië was.
Toe goud en diamante egter in die 1860’s–1880’s ontdek is, het hul belangstelling in
die streek toegeneem. Dit het hulle in konflik met die Boere gebring. Die Boere was
teen die Britse bewind gekant. Hulle wou ʼn eenvoudige boerdery-bestaan voer. Britse
bewind het hul land toenemend ʼn nywerheids- en sakewêreld-land gemaak. Die Boere
het ook gevoel dat die inheemse Swartes minderwaardig was en as slawe behandel
moes word. Ten spyte daarvan, het hulle in die 1870’s verskeie oorloë met Swart-
volke geveg en effektief die mag van die Zoeloes verbreek.
[Uit http://www.nationalarchives.gov.uk/education/empire/g2/cs3/background.htm. Toegang op 5 Junie
2019 verkry.]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
BRON 2B
Hierdie bron, geskryf deur Gemma Pitcher, verwys na die veeslagting as massa-verset
en nie as massamoord nie.
Toe sy terugkeer, het sy gesê dat sy ʼn man gesien het wat vir haar gesê het: 'Die
hele gemeenskap sal uit die dood opstaan; dat alle beeste wat nou leef, geslag moet
word’. Die meisies het teruggekeer huis toe en hulle gesinne vertel wat gebeur het,
maar niemand het hulle geglo nie.
Nongqawuse en Mhlakaza het gesê dat diegene wat aan hulle verskyn het, die geeste
van hul dooie voorouers was, wat weer lewend geword het om die Xhosa-volk weer
tot sy volle glorie te herstel en ‘die Xhosa die hulp te verleen wat hulle benodig om die
witman uit die land te verdryf’.
ʼn Paar dae later het Mhlakaza self met die geeste vergader en gesê dat al die dooies
van die Xhosa-volk weer sou opstaan, dat hulle uit die see sou opkom en nuwe en
onbesmette vee saam met hulle sou bring asook ‘skape, bokke hoenders en enige
ander dier wat benodig word, klere en alles wat hulle kon wens om te eet. . . en
allerhande goed vir hul huise.’ Volgens Nongqawuse, was die beeste in ondergrondse
grotte (spelonke) op daardie tyd, wagtend om op te staan en ʼn nuwe wêreld vir die
gesuiwerde Xhosa-mense te begin.Op die dag van hul koms, het sy belowe, ‘dat die
blindes sou sien, die dowes sou hoor, kreupeles sou loop, en dat die hele Xhosa-nasie
uit die ‘dood’ sou opstaan en ʼn goue era sonder siekte, dood of ongeluk sou begin’.
Namate woord van die profesieë versprei het, het die opperhoof van die Xhosa, Sarhili,
afgevaardiges (verteenwoordigers) na die mond van die Gxarha-rivier gestuur om die
profesieë te ondersoek. Hulle het nie werklik die vreemdelinge ontmoet nie, maar het
teruggekeer huis toe, oortuig van die waarheid van die profesieë, en onmiddellik hul
vee begin doodmaak. Sarhili het toe twee van sy raadslede gestuur om die
stamhoofde onder Britse jurisdiksie in kennis te stel dat hulle hul vee wat ‘getoor’ is
moet opoffer. Nadat Sarhili sy ondersteuning gegee het, het die beweging enorme
momentum gekry.
[Uit www.siyabona.com/eastern/cape.xhosa/cattle killling.htlm: Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS (ADDENDUM) 7
BRON 2C
Hierdie bron is ʼn uittreksel uit ʼn toespraak deur die Britse Goewerneur, Harry Smith,
aan die verslane Xhosa hoofmanne. Dit verduidelik hoe die nuwe stelsel sal werk.
‘Julle grond sal uitgemerk word en merke sal gemaak word sodat julle almal daarvan
sal weet. Dit sal in distrikte, stede en dorpe, met Engelse name opverdeel word. Julle
sal almal leer om Engels te praat in die skole wat ek vir julle sal oprig ... Julle sal nie
meer naak en boos wees soos wat julle altyd is, tensy julle hard werk nie. Julle sal
geleer word om te ploeg ... Julle sal handelaars hê en julle moet julle mense leer om
gom, hout en huide te bring om te verkoop, sodat julle kan leer hoe om geld te gebruik
en goedere vir julleself te koop. Julle moet leer dat dit geld is wat mense ryk maak
deur werk, en julle moet my help om paaie te maak, ek sal julle betaal.’
[Uit In Search of History deur J. Bottaro et al]
BRON 2D
Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit die Manifes wat gepubliseer was op 2
Februarie, 1837. Die Manifes verduidelik die redes waarom die Voortrekkers die Kaap
wou verlaat en skets ook hul hoop en voornemens vir die toekoms.
x Ons is wanhopig dat die kolonie gered kan word van die euwels wat dit bedreig
deur die gedrag van rondlopers/swerwers (hawelose mense) wat toegelaat word
om te gaan waar hulle wil.
x Ons kla oor die vals beskuldigings van sendelinge in Engeland teen ons.
x Ons kla dat ons plase voortdurend deur die Xhosa geplunder word en veral oor
die laaste grensoorlog wat baie van ons geruïneer (verwoes) het.
x Ons kla oor die ernstige verliese wat ons gedwing is om te ly as gevolg van die
vrylating van ons slawe.
[Uit Focus deur B. Johanneson et al]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: WAT WAS DIE TOESTANDE BINNE DIE KONSENTRASIEKAMPE
GEDURENDE DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG?
BRON 3A
Hierdie bron beskryf hoe swart Suid-Afrikaners in die konsentrasiekampe behandel
was.
Amptelik, wou beide die Britte en die Boere, nie die swartes toelaat om by hulle aan te
sluit om teen die ander kant te veg nie. Tog word geglo dat soveel as 100 000 swart
mense in die oorlog gedien het as verkenners, spioene, bestuurders, arbeiders,
draagbaar-draers en diensknegte.
In Mafikeng was 2 000 Swartes uitgejaag en daar gelaat om in die veld te verhonger
weens die voedseltekort. En tog, toe die Boere Mafikeng aangeval het, was dit
grotendeels die Barolong wat hulle vasgevang en die stad vir die Britte gered het. Geen
dankbetuiging was teenoor die Barolong uitgespreek nie. Geen vergoeding vir hul
lewensverliese en beeste tydens hierdie ‘wit-mens oorlog’ nie.
Baie swart boere het tydens die oorlog verliese aan gewasse, veediefstal en afgebrande
huise gely.
Op die Rand was swart werkers vasgevang toe die oorlog begin en die myne gesluit
het. Hulle kon nie huis toe gaan nie. Duisende is in konsentrasiekampe geplaas en daar
aangehou teen ʼn koste van minder as ʼn sent per dag vir Brittanje. Daar was honderde
sterftes daar as gevolg van swakheid en infeksie. In werklikheid was daar selfs meer
sterftes daar as in die kampe wat vir die Boere opgerig was.
[Uit In Search of History deur J. Bottaro et al]
BRON 3B
Hierdie bron verduidelik die ervarings van die verbranding van plase deur die Britse
kaptein March Phillipps.
Op ʼn ander plaas het ʼn klein meisie haar voorbereidings vir haar vertrek onderbreek
deur met ʼn woedende gesigsuitdrukking, hul volkslied op ʼn klavier vir ons te speel. Ons
het mense afgelaai. Dit het hard gereën en die wind het hard gewaai – ʼn ellendige
aangejaagde huisverlating; geplunderde huis, bemodderde soldate, ʼn afgetrokke ma
wat een of twee klein dingetjies red en haar kinders na die ossewa wat buite staan stoot,
en hierdie arme klein hawelose persoon wat te midde daarvan haarself reg maak vir ʼn
finale verset ...
Ons kan genoeg doen om haat teen Engeland en die dors na wraak die eerste plig van
elke Boer te maak, en ons kan nie effektief die getal mans verminder wat daardie plig
sal uitvoer nie. Dit is natuurlik nie net ʼn kwessie van die oorlog nie. Dit is ʼn kwessie van
die bestuur van die land daarna.
[Uit Focus deur B.Johanneson et al]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS (ADDENDUM) 9
BRON 3C
Hierdie bron verwys na ʼn verhaal van Emily Hobhouse oor toestande in die
konsentrasiekampe.
Die skuiling was totaal onvoldoende. Toe die 8, 10 of 12 persone wat ʼn kloktent bewoon
het, almal ingedruk was, hetsy om te ontsnap aan die felheid van die son of stof of
reënstorms, was daar geen ruimte om te beweeg nie, en kon die atmosfeer nie eens
beskryf word selfs met die sykante opgelig nie.
Geen seep was voorsien nie. Die water wat voorsien was, was nie voldoende nie. Geen
beddens of matrasse was beskikbaar nie. Diegene, en hulle was die meerderheid, wat
nie hierdie dinge kon koop nie, moes daarsonder klaarkom.
Brandstof was skaars. Die voedselrantsoen was klein, maar toe die aanwasgetal op die
skaal kom, het dit ʼn hongersnoodskatting geword.
[Uit Focus deur B. Johannes et al]
BRON 3D
Duisende kinders is in die konsentrasiekampe dood aan masels en disenterie (wat in
besmette water voorkom). Somtyds het hele gesinne gesterf. Die ervaring om soveel
van hul kinders te verloor, het Boerevroue meer vasbeslote gemaak om weerstand te
bied.
[Uit:https://www.sahistory.org.za/topic/women-children-white-concentration-camps-during-anglo-boer-
war-1900-1902: Toegang op 12 Augustus 2019 verkry.]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Bottaro, J. et al. 2013, In Search of History, Oxford University Press, Published in
South Africa.
Johanneson, B. et al. 2014, Focus, Maskew Miller Longman, Published in Cape
Town.
https://www.google.com/search?source.
https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu.
https://en.wikipedia.org/wiki/Nandi-(mother of Shaka
http://www.nationalarchives.gov.uk/education/empire/g2/cs3/background.htm.
www.siyabona.com/eastern/cape.xhosa/cattle killing.htlm.
https://www.sahistory.org.za/topic/women-children-white-concetration-camps-
during-anglo-boer-war-1900-1902.
https://www.sahistory.org.za/achive/retief-manifesto-grahams-town-journal-2
february-1837..
https://en Wikipedia.org/wiki/impi.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Addendum
GR10 HISTORY ADDENDUM ENG

Addendum
Gr 10 History Term 1 Controlled Test 2023 Addendum hlayiso.com
%20Term%201%20Controlled%20Test%201%202023%20Addendum_hlayiso.com_--48741a44-1ab1-444b-86d4-58897c42c11d/v1-335be09d3493899c7cdb/card.webp)
Addendum
Gr 10 History (English) Term 1 Controlled Test 1 2023 Addendum hlayiso.com

Addendum
Gr 10 History Term 1 Controlled Test 2023 Addendum
%20Term%201%20Controlled%20Test%201%202023%20Addendum--9edebc79-b30a-43a1-8209-8532b6527726/v1-99557dcbdbe094142e99/card.webp)
Addendum
Gr 10 History (English) Term 1 Controlled Test 1 2023 Addendum

Addendum
HISTORY P1 GR10 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 10 History
Explore more published documents in this catalogue.











