You're offline
Skip to content
Memorandum

HISTORY GR10 MEMO NOV2019 Afr D

Subject: HistoryGrade 10201921 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2019 GESKIEDENIS NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
2 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE GEWIGS- VLAKKE TOEKENNING VAN VRAE  Onttrek inligting uit bronne. VLAK 1  Selektering en organisasie van 40% (V1) relevante inligting uit bronne. (20)  Definieer historiese begrippe/terme.  Interpretasie van bewyse uit bronne. VLAK 2 40%  Verduidelik inligting verkry uit (V2) (20) bronne.  Analiseer bewyse uit bronne.  Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne.  Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, VLAK 3 eensydigheid en beperkings vas te 20% (V3) stel. (10)  Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken ( ); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ()  Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. _________________ . ____________________________ . __________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.  Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:  In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun  Die leerder se interpretasie van die vraag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ Die matriks 2.5 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 }26–27 A VLAK 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 5 NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL – TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n poging om die gestruktureerde om antwoord te opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en struktureer. opstel te sintese van opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer nie. Grootliks inligting. Het 'n Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog beskrywend of goed argument is argument te om 'n argument vol te ontwikkel. poog om argument gebalanseerde, gevolg. Bewyse ondersteun. te hou. Gevolgtrekking Slotsom bereik op te ontwikkel. Geen oorspronklike gebruik om die Gevolgtrekking nie gemaak uit bewyse grond van bewyse. argument ontwikkel argument te duidelik poging om 'n met bewyse. verdedig. Poog om om die argument te gevolgtrekking te ondersteun deur Argument 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. deurgaans gevolgtrekking uit volgehou en die bewyse te INHOUD maak om die verdedig. Onafhanklike argument te gevolgtrekking ondersteun. gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:  Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6  Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: WAAROM WAS DIE ZOELOES ONDER SHAKA AS DIE MEES VREESAANJAENDE KRYGERS IN AFRIKA BESKOU? 1.1 Gebruik Bron 1A. 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Hy was deur Dingiswayo gehelp om die hoof van die Zoeloes na die dood van Senzangakho te word  Hy was ʼn uitgeworpene (2 x 1) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Shaka Zulu (1 x 1) (1) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Shaka het ʼn aantal militêre innovasies gekonsolideer.  ʼn Magtige militêre masjien was tot stand gebring  Alle jong mans was in ouderdomsregimente opgeneem.  ‘n Nuwe ‘oskop’ formasie was ingestel. (2 x 1) (2) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Kortsteek-assegaai (1 x 1) (1) 1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Hy was buite die huwelik gebore.  Hy was ʼn buite-egtelike seun.  Hy was deur sy pa verloën.  Hy was nie as erfgenaam van die stamhoofskap beskou nie.  Hy was tussen ʼn aantal buurstamme grootgeword.  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.1.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Om in naby (hand tot hand) gevegte betrokke te raak.  Om die vyand maklik dood te maak.  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.1.7 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Die bevolking van sy koninkryk het vinnig vermeerder en die mag was gesentraliseer.  Zoeloe-identiteit is by sy mense bevorder deur nasionale identiteite en nasionale seremonies.  Britse handelaars was ook in sy koninkryk verwelkom.  Nasionale seremonies was ingestel.  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 7 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Die assegaai  Die formasie  Die dissipline (3 x 1) (3) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Óf hulle wen die stryd óf sterf in plaas van om te verloor.  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] (a)  Jong mans het saam met ander van alle dele van die koninkryk ingeskryf.  Hulle het 'n gemeenskaplike identiteit gehad.  Elkeen het sy eie naam gehad en hulle het militêre gemeenskappe geword. (1 x 2) (2) (b)  Jong vroue van die koninkryk het by die militêre nedersettings vergader  Amptelik was hulle in die sorg van die koning  Hulle is in vroulike ekwivalente van die manlike amabutho georganiseer  Hulle het aan seremoniële danse en vertonings deelgeneem (1 x 2) (2) 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Vreeslose leër  Magtige leër  Verower naburige stamme  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Kortsteek-assegaai was gebruik in naby (hand tot hand) gevegte  Liggaamslengte beesvelskilde om die soldate te beskerm teen spiese wat na hulle gegooi word.  Oskop-formasie om die vyand uit alle hoeke aan te val.  Gedissiplineerde soldate wat kaalvoet oor growwe doring-grond kan hardloop.  Die gebruik van Amabutho vir beide mans en vrouens.  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]  Hy het beveel dat geen gewasse geplant moet word nie.  Geen melk mag gebruik word nie.  Enige vrou wat swanger geraak het, moet saam met haar man vermoor word.  Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Hulle het moeilike tye saam beleef.  Hy is deur sy pa verloën.  Hulle het na die Mthethwa-stam gevlug.  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) 1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Hy het sy moeder baie lief gehad  Hulle het moeilike tye saam beleef  Hy het moeilike kinderjare gehad  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]  Mense wat onvoldoende bedroefheid betoon het.  Hulle het nie genoeg hartseer/droefheid getoon nie. (1 x 2) (2) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]  Sye – Horings  Middel – Bors  Agter – Lendestuk (3 x 1) (3) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]  Vyand kan vanuit alle hoeke onverwags aangeval word.  Venynige en briljante aanval.  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 1.4.3 [Vergelyking van Bron 1C en Bron 1D – V3]  Albei bronne toon Shaka se briljante maniere om die vyand onverwags aan te val.  Bron 1B noem dat krygers opgelei was om in naby (hand tot hand) gevegte formasie na hul teenstanders te beweeg en in Bron 1C word getoon dat die vyand deur die oskop-formasie omsingel is.  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:  Hy het 'n formidabele leër opgebou (Bron 1A)  Hy het briljante militêre taktieke gebruik (Bron 1B en 1D)  Het jong mans opgeneem as krygers (Bron 1A)  Die Zoeloe-leër onder Shaka het 40 000 manskappe gehad (Bron 1A)  Die kortsteekspies is gebruik vir naby gevegte (Bron 1A en 1B)  Shaka het 'n aantal militêre innovasies gekonsolideer (Bron 1A)  Sy leër was vreesloos en magtig en het dus terreur oral gesaai (Bron 1B)  Hy het homself as ʼn bekwame vegter onderskei (Bron 1A)  Shaka se dapperheid het ʼn invloed op die vasbeslotenheid van sy krygers gehad. (eie kennis)  Hy het invloed en ʼn reputasie gehad om mense te dwing om by hom aan te sluit. (eie kennis)  Enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 9 Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. toon PUNTE geen of min begrip van waarom die Zoeloes 0–2 onder Shaka as die mees vreesaanjaende VLAK 1 krygers in Afrika beskou was.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.  Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate PUNTE verband met die onderwerp, bv. toon begrip van 3–4 waarom die Zoeloes onder Shaka as die mees VLAK 2 vreesaanjaende krygers in Afrika beskou was.  Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ‘n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn PUNTE deeglike begrip van waarom die Zoeloes 5–6 onder Shaka as die mees vreesaanjaende VLAK 3 krygers in Afrika beskou was.  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 2: HOE HET KOLONIALISME DIE LEWENS VAN BEIDE XHOSAS EN BOERE, IN DIE KAAPKOLONIE, NEGATIEF BEÏNVLOED? 2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] 2.1.1  Die Britte wou Suid-Afrika beheer omdat dit een van die handelsroetes na Indië was.  Toe goud en diamante egter in die 1860’s–1880’s ontdek is, het hul belangstelling in die streek toegeneem  Britse bewind het hul land toenemend ʼn nywerheid en sakewêreld land gemaak (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 [Omskrywing van historiese begrippe uit Bron 2A – V1]  Die beleid of praktyk om volle of gedeeltelike politieke beheer oor ʼn ander land te bekom, met setlaars te beset en ekonomies uit te buit.  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Dit het hul lewenstyl verander omdat hulle gewoond was aan ʼn eenvoudige gesinslewe.  Hulle land is van hulle weggeneem – moes na die binneland verhuis.  Die meeste van hulle het slawe geword  Hulle was aangespoor om by oorloë betrokke te raak.  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Boere wou ʼn eenvoudige lewe hê.  Britte het hul land ʼn land van nywerheid en sakewêreld gemaak.  Britte het hul land afgeneem.  Britte het hul mag/kultuur en waardigheid weggeneem  Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  ‘Die gemeenskap uit die dood sal opstaan;  ‘Alle beeste wat nou leef, geslag moet word’ (2 x 1) (2) 2.2.2. [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  Het afgevaardiges na die Gxarha-rivier gestuur om die profesieë te ondersoek.  Twee raadslede is gestuur om die stamhoofde onder Britse jurisdiksie van die ‘getoorde’ beeste in kennis te stel. (2 x 2) (4) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Die Blanke setlaars sou in die see gedryf word.  Die Xhosa-volk sou weer regeer.  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 11 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]  ‘Julle land sal afgemerk word ...’  ‘Land sal verdeel word in distrikte, en dorpe …;  ‘… met Engelse name.’  ‘Julle sal leer om Engels te praat in die skole wat ek vir julle sal oprig …’ (Enige 2 x 1) (2) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]  Hulle moet Engels leer.  Bou dorpe met Engelse name.  Het geleer hoe om te ploeg en handelaars te word  Leer hoe om geld te gebruik en dinge vir hulself te koop  Enige ander relevante antwoord (4 x 1) (4) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Hy het die Xhosas verneder.  Ondermyn hul waardigheid  Xhosas het geen toekoms in Suid-Afrika gehad nie  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Hy wou nie hê dat Xhosas kaal moes rondloop nie.  Beteken dat die Xhosas onkundig/onbeskaaf/barbaars was  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 2.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Grond van hulle ontneem.  Die verandering van hul lewenstyl/waardigheid en taal  Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 2.3.6 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 1C – V3]  Primêre bron – toespraak deur die Britse goewerneur aan die verslaande Xhosa-volk.  Gee aanduidings oor die voorwaardes van die nuwe stelsel wat die Britte aan die verslaande Xhosa-stamhoofde opgelê het  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]  Piet Retief (1 x 1) (1) 2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]  Grahamstad Joernaal (1 x 1) (1) 2.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]  Hulle het bedreig gevoel deur die gedrag van swerwers.  Valse beskuldigings deur sendelinge in Engeland.  Hierdie plase is deur die Xhosas geplunder.  Hulle het verliese gely ná die vrylating van hul slawe. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) 2.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]  Hulle het gevoel dat die Britse regering niks gedoen het om hulle te beskerm nie.  Hulle het finansiële verliese gely ná die vrylating van hul slawe.  Die grensoorlog het hulle ook verwoes.  Voortrekkers / Boere kon nie saamleef met die idee dat slawe as gelyke beskou word nie  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - L3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:  Gedwing om die Kolonie teen hul wil te verlaat.  Hulle is mishandel (bron 2A)  Families is opgebreek (bron 2C)  Konflik oor grond (Bron 2C)  Xhosas het hul waardigheid verloor (Bron 2B)  Hul lewens sowel as hul vee verloor (Bron 2B)  Hulle was besig met oorloë (Bron 2A)  Dit het hul lewenswyse verander (Bron 2A)  Beide die Boere en die Xhosa's moes hulle aanpas by die nuwe veranderinge. (eie kennis)  Dit het die lewens van die Suid-Afrikaners heeltemal verander. (eie kennis)  Dit het gelei tot die uiteindelike opkoms van Boererepublieke soos die TVL en OFS. (eie kennis)  Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. toon geen PUNTE of min begrip van hoe kolonialisme die lewens van 0–2 beide Xhosas en Boere in die Kaapkolonie, VLAK 1 negatief beïnvloed het.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.  Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate PUNTE verband met die onderwerp, bv. toon begrip van hoe 3–4 kolonialisme die lewens van beide Xhosas en VLAK 2 Boere in die Kaapkolonie negatief beïnvloed het.  Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn PUNTE deeglike begrip van hoe kolonialisme die lewens 5–6 van beide Xhosas en Boere in die Kaapkolonie VLAK 3 negatief beïnvloed het.  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 13 VRAAG 3: WAT WAS DIE TOESTANDE IN DIE KONSENTRASIEKAMPE GEDURENDE DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Verkenners  Spioene  Bestuurders  Arbeiders  Draagbaar-draers  Diensknegte (Enige 4 x 1) (4) 3.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  ʼn Oorlog tussen blanke Afrikaners en die Britse bevolking. (1 x 2) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Geen begrip van die waardering / erkenning aan die Barolong nie.  Hulle is nie vergoed vir hul lewensverlies en beeste nie. (1 x 2) (2) 3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Hulle oeste verloor.  Hul lewens en huise verloor  Veediefstal  Duisende is in konsentrasiekampe geplaas.  Meer mense is in swart konsentrasie kampe as in wit kampe dood. (Enige 4 x 1) (4) 3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Hulle het saam met die Britte geveg, maar kon nie stem ná die oorlog nie.  Brittanje het hul pleit -– beswaar teen die Unie geïgnoreer  Hulle het hul grond deur die Wet op Naturelle Grond van 1913 verloor.  Enige ander relevante antwoorde (2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Om finale verset teen Brittanje te toon.  Om lojaliteit aan haar eie land en mense te toon (1 x 2) (2) 3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]  Dit was genadeloos, harteloos en onmenslik  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Engeland gehaat.  Strewe na wraak.  Bereidwilligheid om te veg totdat hulle die land in die toekoms regeer (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  Die skuiling was totaal onvoldoende.  Daar was geen ruimte om te beweeg nie  Geen seep was voorsien nie.  Daar was ʼn tekort aan water  Geen beddens en matrasse nie (4 x 1) (4) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  Grond, diere en plase is deur Britse troepe vernietig.  Burgers was geteiken.  Mense se vermoë om selfonderhoudend te wees, was vernietig.  Nie genoeg kos of water nie.  Duisende kinders het gesterf  Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 3.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  Dit het tot hongersnood gelei. (1 x 1) (1) 3.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  Emily Hobhouse (1 x 1) (1) 3.3.5 [Vergelyking van bronne om ooreenkomste tussen Bronne 3A en 3C te bepaal – V3]  Albei bronne verwys na slagoffers van plaasverbranding.  Albei bronne toon dat mense in konsentrasiekampe aangehou was.  Albei bronne beklemtoon ʼn tekort aan voedsel en water, asook die gevolge daarvan.  Albei bronne dui op ʼn gebrek aan sanitasiegeriewe.  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]  Kinders het in konsentrasiekampe gesterwe.  Hulle is dood van hongersnood.  Kinders sterf van masels en disenterie  Pyn van oorlog word uitgebeeld.  Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]  Kwaad  Verbitterd  Haat  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]  Masels  Disenterie (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 15 3.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – L3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:  Swak lewensomstandighede (Bron 3C)  Tekort aan voedsel (Bron 3C)  Geen beddens of matrasse nie (Bron 3C)  Kinders is dood aan masels en disenterie (Bron 3D)  Baie is dood weens infeksies en swakheid (Bron 3A)  Baie meer mense het in swart konsentrasiekampe gesterf as in Wit kampe (Bron 3A)  Dit het verwoestende gevolge gehad vir beide die Boere en die Xhosas (eie kennis)  Mense is van hul lewensbestaan ontneem. (eie kennis)  Swart boere het hul oeste en vee verloor omdat dit vir weermagvoorrade geneem was (eie kennis)  Die behandeling van vroue en kinders gedurende daardie tyd het ʼn gevoel van Afrikanernasionalisme aangemoedig. (eie kennis)  Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:  Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse bv. toon PUNTE geen of min begrip van die omstandighede binne 0–2 die Britse konsentrasiekampe gedurende die VLAK 1 Suid-Afrikaanse Oorlog.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.  Bewyse meestal relevant en hou in ‘n groot mate PUNTE verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die 3–4 omstandighede binne die Britse VLAK 2 konsentrasiekampe gedurende die Suid- Afrikaanse Oorlog.  Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn PUNTE deeglike begrip van die omstandighede binne die 5–6 Britse konsentrasiekampe gedurende die Suid- VLAK 3 Afrikaanse Oorlog.  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUID-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretatiewe vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet Moshoeshoe beskryf as ʼn nasiebouer en ʼn diplomaat in die opbou van die Basoeto-koninkryk. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit: Inleiding: Kandidate moet argumenteer en aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. UITBREIDING:  Moshoeshoe se diplomasie o Moshoeshoe was ʼn slim, liefdevolle leier wat vlugtelinge ʼn slaapplek gegee het o Suid-Sotho is verenig in ʼn nasie deur Moshoeshoe, ʼn leier met militêre sowel as diplomatieke vaardighede o Hy het die bevreesde vlugtende mense verwelkom en beskerm o In die hantering van Kora- en Griekwa-aanvalle het hy diplomasie en mag gebruik o Hy het sy vyande met geskenke van beeste afgekoop o Sy mense verdedig deur hulle na Thaba Bosui-berg te verskuif om maklik teen aanvallers te beskerm o Min roetes na die berg, baie water om 3 000 mense en diere te ondersteun  Mafisa o Moshoeshoe het beeste aan arm mense geleen o Moshoeshoe het vlugtelinge gehelp deur Mafisa.  Verhouding met Trekboere o Moshoeshoe het Trekboere aanvaar o Hy het hulle die reg gegee om grond te gebruik o Hy het vreedsaam met Trekboere gewoon o Hy was versigtig om nie ʼn dokument te onderteken of geskenke te aanvaar nie o Hy wou toesien dat hulle nie later beweer dat hulle die grond gekoop het nie  Boere en Moshoeshoe o Moshoeshoe het sommige Boere toegelaat om as gaste in die Caledon-vallei te bly o Die handel met Trekboere het toegeneem o Basotho verruil graan en beeste met Boere vir gewere en buskruit o Konflik tussen Boere en Basotho het in 1840’s begin toe die Boere beweer het dat hulle die grond besit wat hulle bewoon het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 17  Moshoeshoe se verhouding met sy bure o Gebruik verhoudings met sy bure om sy koninkryk te versterk o Hulde gebring aan Shaka in die hoop dat hy in vrede gelaat sou word o Nadat hy die Ndebele verslaan het, het hy hulle goed behandel o Het sendelinge uitgenooi wat hom gehelp en raad gegee het hoe om met witmense om te gaan o Na verskeie veldslae het Moshoeshoe in 1868 om Britse beskerming gevra o Basotho-land het Britse grondgebied geword, maar Moshoeshoe het steeds daarin geslaag om sy koninkryk te bewaar o Enige ander relevante antwoord Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om hierdie opstelvraag te assesseer. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING KONFLIK OP DIE HOËVELD [Beplan en konstrueer ʼn argument gebaseer op bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede – V3] SINOPSIS Kandidate moet die redes vir die konflik tussen die Xhosa en die setlaars aan die Oostelike grens bespreek. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit: Inleiding: Die redes vir die konflik tussen die Xhosa en die setlaars. UITBREIDING:  Reeds voordat die Britte die Kaap oorgeneem het, was daar kontak en konflik tussen Nederlandse boere en Xhosa-owerhede langs die oosgrens van die kolonie.  Beide die Hollanders en die Xhosa was veeboere, en daar was dus mededinging tussen hulle om die beste weidingsgrond.  Daar het alreeds drie grensoorloë tussen hulle plaasgevind.  Daar was ook meer vreedsame kontak in die vorm van handel, en sendelinge het sendingstasies en skole onder die Xhosa opgerig.  Sommige Xhosas het as veeboere op setlaarsplase gewerk, in ruil vir tabak, koper en yster.  Die Britse regering het besluit om die konflik oor grond te beëindig deur die Xhosa te dwing om ooswaarts te beweeg.  In 1811–12 het ʼn groot mag, bestaande uit Britte, setlaars en Khoi-soldate, die Xhosas aangeval, hul vee verower en hulle gedwing om oos van die Visrivier te beweeg.  Die Britse leër het die verskroeide aarde-taktieke gebruik en dorpe en gewasse verbrand.  Na elke oorlog is meer grond deur die kolonie oorgeneem en die Xhosas was gedwing om nog verder ooswaarts te beweeg.  In 1850 val die Xhosas aan om hul land te herwin.  Hulle was bygestaan deur die Khoi van die sendingstasies, sowel as plaaswerkers, wat bang was dat hulle hul werk en huise sou verloor weens die groei in wolboerdery wat nie soveel arbeid benodig het as ander soorte boerdery nie.  Vir 'n rukkie was daar paniek onder setlaars wat gevrees het dat die opstand sou versprei.  Dit het egter nie gebeur nie, en weereens is troepe na die Oos-Kaap gestuur om weerstand te bied.  Alhoewel die Xhosas gewere gehad het, kon hulle nie tred hou met die eindelose voorraad gewere en soldate wat die Britte gehad het nie.  Teen 1857 het die Xhosas agt grensoorloë teen die Britte geveg.  Hulle het baie van hul land verloor, daar was ʼn slegte droogte wat gelei het tot die mislukking van gewasse, en baie van hul vee het aan longsiekte beswyk.  Hulle was ʼn verslane volk, maar het ʼn laaste desperate poging aangewend om koloniale beheer teen te staan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 19  Dit het begin toe ʼn jong vrou, genaamd Nongqawuse, ʼn visioen gehad het waarin sy geglo het dat die voorouers met haar gepraat het.  Sy het aan die Xhosas gesê dat as hulle hul vee doodmaak en nie gewasse plant nie, hulle mag herstel sou word, en die setlaars in die see ingewerp sou word.  Hulle het gedoen soos sy gesê het.  Die resultaat was ʼn tragedie vir die Xhosa-mense.  Ongeveer 400 000 beeste is doodgemaak, en in die voedseltekort wat gevolg het, is ongeveer 50 000 mense dood aan hongersnood  Baie Xhosas het begin glo dat die koloniale owerhede verantwoordelik was vir die verspreiding van die verhaal en gesê dat hulle hul vee moes doodmaak.  Aangesien hulle geen ander opsie gehad het nie, het duisende mense na die Kaapkolonie gegaan om as arbeiders te werk.  Die koloniale owerhede het meer Xhosa-grond oorgeneem en sommige van die Xhosa-kapteins op Robbeneiland in die tronk gestop.  As gevolg van die vee-slagting en al die grensoorloë, is die onafhanklikheid van die Xhosas verbreek.  Al hul grond het deel geword van die Kaapkolonie en is deur die Britte beheer. Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante antwoord saamvat. Gebruik die rubriek op bladsy 6 om hierdie opstelvraag te assesseer. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 GESKIEDENIS (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913 [Beplan en konstrueer ʼn argument gebaseer op bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede – L1] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik hoe die Die Wet op Naturelle Grond van 1913 die grondslag vir die stelsel van apartheid gelê het. HOOFASPEKTE Inleiding: Die Wet op Naturelle Grond het die grondslag gelê vir die stelsel van apartheid. UITBREIDING  Voordat die Wet op Naturelle Grond goedgekeur was, het baie swart boere suksesvolle deelboere op please wat in blanke besit was, geword.  Deelboere het die land bewerk en die gewasse wat hulle geproduseer het, verkoop  Hulle het ʼn deel van die winste aan die eienaar van die grond gegee.  Die wet op grond het ʼn einde aan deelboerdery gebring.  Deelboere moes as arbeiders op wit-besitte plase werk  Of na die gebiede wat volgens die Grondwet as inheemse reservate opsygesit is, beweeg  Die reservate was oorvol  Die toestande daar was baie swak, met gronderosie, ondervoeding en siektes wat toegeneem het.  Dit kon nie die aantal mense wat gedwing was om daar te woon, onderhou nie.  Die meeste van die grond wat aan reservate toegeken was, was nie geskik vir boerdery nie  Dit het beteken dat Swartes nie meer op bestaansboerdery kon oorleef nie  Hulle sou buite die reservate moes werk om hul gesinne te onderhou.  Die Grondwet het die moontlikheid beëindig dat Swartes ooit suksesvolle kommersiële boere in kompetisie met blankes sou word.  As gevolg van die desperate situasie wat dit veroorsaak het, het hierdie wet beteken dat swartmense aan die genade van die barmhartigheid van die mynmaatskappye en blanke grondeienaars oorgelewer was en dat hulle so min as moontlik betaal sou word.  Dit het gelei tot verdere uitbuiting van swart Suid-Afrikaners aan die hande van die wit minderheidsregering.  Gevolglik moes baie mense die reservate verlaat om werk as arbeiders op wit – besitte plase te kry  Op die myne  Of in die dorpe  Dit is presies wat die regering wou hê.  Mense het deur die platteland gereis op soek na plekke waar hulle kon bly.  Hulle het hul vee en al hul besittings saamgeneem Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS 21  Uiteindelik moes hulle hul voorraad verkoop om te oorleef  Die wet het ook bepaal dat dit verbode was om ʼn grondlose swart persoon ʼn woonplek te gee  ʼn Boete van 100 pond of ses maande gevangenisstraf is opgelê  Hulle het nou geen vorm van rykdom gehad nie.  Die enigste manier om geld te verdien, was om hul arbeid te verkoop  In 1916 stel die regering die Beaumont-kommissie aangestel om die gevolge van die wet op grond te ondersoek.  Alhoewel die kommissie bevind dat die reserwes veels te klein was, het die regering geen stappe geneem om die situasie te verbeter nie. Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat. [50] Gebruik die rubriek op bladsy 6 om hierdie opstelvraag te assesseer. TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all
HISTORY GR10 MEMO NOV2019 Afr D | Hlayiso