Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
2018
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentAddendum 


%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)

View all



History P1 May June 2018 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 14
- File size
- 595.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2018
SSE – Addendum
VRAAG 1: WAAROM HET KUBA IN DIE 1960's DIE BRANDPUNT VAN DIE
KOUE OORLOG TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
EN DIE SOWJETUNIE GEWORD?
BRON 1A
Hierdie bron verduidelik hoe President Eisenhower en President Kennedy van die
Verenigde State van Amerika gereageer het toe Kuba in die 1960's 'n kommunistiese
land geword het.
President Eisenhower het vroeg al vermoed dat Castro Cuba die kommunistiese weg
sou laat inslaan. Hy het dus in Maart 1960 die gebruik van dertien miljoen dollar in die
geheim gemagtig om Kubaanse uitgewekenes, die mense wat uit Kuba gevlug het, op
te lei om Kuba in te val en Castro te verwyder.
Ongeveer vyftienhonderd (1 500) uitgewekenes het vrywillig onderneem om vir hierdie
taak deur die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) opgelei te word. Hierdie hoogs
geheime opleiding het in die sentraal-Amerikaanse lande, Guatemala en Nicaragua,
plaasgevind.
Toe President Kennedy die amp oorgeneem het, het hy die Kubaanse probleem geërf.
Hy is deur die Eisenhower-regering ingelig oor die planne om Castro te verwyder.
Alhoewel Kennedy verras was, het hy tog toegelaat dat die CIA en die Kubaanse
uitgewekenes voortgaan. Wetende dat dit egter vir 'n magtige nasie sleg sou lyk om so
'n klein eiland binne te val, het hy geweier om die Amerikaanse weermag te betrek:
Amerikaanse militêre vliegtuie sou nie toegelaat word om die inval te dek nie.
Kennedy het gehoop dit sou lyk of die Verenigde State geen rol hierin gespeel het nie.
Die CIA en die 1 500 uitgewekenes, wat daarvan seker was dat die Kubane sou
opstaan en hulp verleen met hulle poging teen Castro, het op 17 April 1961 met hulle
inval by die moerasagtige strandgebied, bekend as die Bay of Pigs, voortgegaan.
Castro het deur informante van die beplande inval deur uitgewekenes uitgevind en sy
weermag was met Sowjet-vervaardigde tenks gereed. Die nederlaag van die
invallende uitgewekenes was vinnig en volledig. Dit was duidelik dat die mislukte inval
deur die Verenigde State gesteun is, want die groep uitgewekenes sou nooit so
georganiseerd en dapper kon gewees het nie …
Stewig in die kommunistiese kamp, was Castro nou teen Amerikaanse imperialisme.
[Uit http://ic.galegroup.com/ic/uhic/ReferenceDetailspage/ReferenceDetailsWindow?
Toegang op 18 November 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 1B
Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n brief wat op 18 April 1961 deur die Sowjet-
Premier, Nikita Khrushchev, aan die Amerikaanse President, JF Kennedy, geskryf is.
Hierin is daar 'n beroep gedoen dat die Verenigde State van Amerika se aggressie
teen Kuba tot 'n einde moes kom.
Meneer die President, in 'n tydperk van verontrusting, belaai met die gevaar van die
beëindiging van wêreldvrede, stuur ek vir jou hierdie boodskap. Gewapende aggressie
teen Kuba is begin. Dit is vir niemand 'n geheim dat die gewapende bendes wat
hierdie land binnegeval het, in die Verenigde State van Amerika opgelei, toegerus en
bewapen is nie. Die vliegtuie wat Kubaanse stede bombardeer, behoort aan die
Verenigde State van Amerika, en die bomme wat hulle laat val, word deur die
Amerikaanse regering verskaf.
Al hierdie dinge veroorsaak hier in die Sowjet-Unie 'n verstaanbare gevoel van
verontwaardiging (woede) deur die Sowjetregering en die Sowjetvolk.
Ons het onlangs deur ons onderskeie verteenwoordigers menings uitgeruil en ons het
gepraat oor die wedersydse begeerte om gesamentlike pogings aan te wend wat
daarop gemik is om die verhouding tussen ons lande te verbeter en die gevaar van
oorlog uit te skakel. Hoe kan dit wat die Verenigde State in werklikheid gedoen het,
begryp word, waar 'n aanval op Kuba nou 'n feit geword het?
Dit is nog nie te laat om die onherstelbare (skade) te vermy nie. Die regering van die
VSA het nog steeds die moontlikheid om deur ingrypings nie die vlam van oorlog in
Kuba te laat ontvlam en dit te laat groei tot onvergelykbare verwoesting nie.
Wat die Sowjetunie betref, moet daar geen fout oor ons posisie gemaak word nie: Ons
sal die Kubaanse volk en hul regering alle nodige hulp verleen om 'n gewapende
aanval op Kuba te verdedig.
[Uit The Kennedy-Khrushchev Letters deur T Fensch, red.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 1C
Hierdie bron verduidelik hoe President Khrushchev Kuba bygestaan het.
Alhoewel hy die Kubaanse uitgewekenes oorwin het wat by die Bay of Pigs ingeval
het, was Castro bang dat Amerika steeds Kuba wou inval om van hom ontslae te raak,
die regering te verander, en die Kubaanse kommunistiese rewolusie te vernietig.
Daarom het hy sy vriend, Sowjet-voorsitter Khrushchev, om meer bystand gevra.
Khrushchev het begin om in die geheim kernmissiele na Kuba te stuur. Massa-
vernietigingswapens was nou slegs 90 myl van die Verenigde State van Amerika af.
Khrushchev en Castro het waarskynlik geglo dat hierdie dodelike missiele Amerika sou
oortuig om Kuba met rus te laat. Hulle was verkeerd.
Met die gebruik van spesiale spioenasievliegtuie wat met kragtige kameras toegerus
was, het die Verenigde State van Amerika uitgevind dat missielterreine in aanbou was
en ook tot die gevolgtrekking gekom dat Sowjetskepe vanaf Rusland na Kuba gevaar
het met aanvalsmissiele (hulle het nie geweet dat sommige van hierdie missiele Kuba
alreeds bereik het nie).
President Kennedy en sy raadgewers was baie geskok en kwaad oor hierdie
ontdekkings. Hulle het gevoel dat hulle op hierdie situasie moes reageer. Die probleem
was: 'hoe?' Wat moes hulle doen oor die moontlikheid dat kernmissiele slegs 90 myl
van hulle af op hulle gerig was?
[Uit On the Brink: from the Bay of Pigs to the Cuban Missile Crisis deur M Mooney]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 1D
Die kaart hieronder illustreer 'n vlootblokkade wat die Verenigde State van Amerika in
Oktober 1962 op Sowjetskepe wat Kuba wou binnevaar, opgelê het.
VERENIGDE
STATE
ATLANTIESE
OSEAAN
SLEUTEL:
Amerikaanse militêre
basisse
Sowjetmissielterreine
-------- Amerikaanse
vlootblokkade, Oktober
Sowjetskepe bedoel vir
Kuba
[Uit http://libguides.monroe2boces.org. Toegang op 9 Februarie 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2018
SSE – Addendum
VRAAG 2: HOE HET DIE INMENGING DEUR BUITELANDSE MAGTE TUSSEN
1974 EN 1976 KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA
VERERGER?
BRON 2A
Hierdie bron verduidelik hoe die MPLA, FNLA en UNITA om beheer oor Angola geveg
het nadat dit in 1975 onafhanklikheid verkry het.
Drie groot militêre bewegings het sedert die 1960's vir Angolese onafhanklikheid
geveg. Die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) was 'n Marxistiese
organisasie wat in die hoofstad, Luanda, gesetel was en onder leiding van Agostinho
Neto was. Die National Front for the Liberation of Angola (FNLA), onder leiding van
Holden Roberto, was in die noorde van die land gevestig en het sterk bande met die
Amerikaanse bondgenoot, Mobutu Sese Seko, in die naburige Zaïre gehad. Die
National Union for the Total Independence of Angola (UNITA), 'n uitloper van die
FNLA, is deur Jonas Savimbi gelei en deur die land se grootste etniese groep, die
Ovimbundu, ondersteun.
Na aanleiding van die Portugese staatsgreep het hierdie drie rewolusionêres in
Januarie 1975 met verteenwoordigers van die nuwe Portugese regering vergader en
die Alvor-ooreenkoms onderteken wat Angolese onafhanklikheid verleen het en
voorsiening gemaak het vir 'n drievoudige magsdelingstelsel. Vertroue onder die drie
groepe het egter vinnig afgebreek, en die land is in 'n burgeroorlog gedompel, waar
elkeen om alleenmag gewedywer het.
Die krisis in Angola het in 'n Koue Oorlog-slagveld ontwikkel, aangesien die
supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp aan hul voorkeurklante gelewer het.
Die Verenigde State van Amerika het hulp en opleiding aan beide die FNLA en UNITA
verskaf terwyl troepe uit Zaïre Holden Roberto en sy vegters gehelp het. China het ook
militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die Sowjet-Unie het militêre
opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf. Gedurende die somer van 1975 was die
Sowjet-ondersteunde MPLA in staat om sy mag in Luanda te konsolideer en die
Amerikaans-ondersteunde FNLA uit die hoofstad te verdryf, maar die FNLA het
voortgegaan om aan te val.
[Uit http://history.state.gov/milestones/1969–1976/angola. Toegang op 16 September 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 2B
Die bron hieronder dui aan hoe die Verenigde State van Amerika UNITA gedurende
die Angolese Burgeroorlog ondersteun het.
Die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) het in Julie 1975 sy eerste groot verskeping
wapens aan die FNLA gemaak. Soos die Russe en die Chinese, het Amerika dus hulp
aan een kant van die Angolese burgeroorlog verleen op 'n vlak wat veel groter was as
wat dit ooit in die stryd teen Portugese kolonialisme was.
Amerika was opvallend direk by die burgeroorlog betrokke. Benewens opleiding van
Angolese vegeenhede, het Amerikaanse personeel heelwat vlugte tussen Zaïre en
Angola gemaak om verkennings- en voorsieningsmissies uit te voer. Die CIA het meer
as 'n miljoen dollar aan 'n ambisieuse huursoldaatprogram bestee. Verskeie berigte het
in die Amerikaanse pers verskyn, waarin beweer is dat baie Amerikaanse
guerrillavegters besig was om in Angola teen die MPLA te veg, van 'talle' tot '300', en
dat baie ander in die Verenigde State van Amerika gewerf en opgelei word om by hulle
aan te sluit. Maar John Stockwell, die hoof van die CIA se Angola-taakmag, stel die
aantal Amerikaanse huursoldate wat uiteindelik in Angola was, op slegs 24. Die CIA
het ook die bewapening van Britse huursoldate (wat in Angola geveg het) gefinansier.
Die Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, het agterna die Senaat ingelig dat
'die CIA nie betrokke is' by die werwing van huursoldate vir Angola nie … Joernaliste,
wat belangrike nuusdienste verteenwoordig het, is gewerf en sodoende kon die Diens
(CIA) internasionale dekking van vals verslae vir Sowjetraadgewers in Angola
genereer. Een CIA-storie, wat deur UNITA aan die pers bekend gemaak is, was dat
20 Russe en 35 Kubane gevange geneem is. Nog 'n leuen was dat verkragtings in
Angola na bewering deur Kubaanse soldate gepleeg is; dit is vererger om hulle
gevangeneming, verhoor en teregstelling in te sluit …
[Uit https://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola. Toegang op 20 September 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 2C
Hierdie spotprent deur Bob Connolly het op 27 November 1975 in die Rand Daily Mail
verskyn. Die titel is 'Oor die Vingers Getik ("Knuckle-rapping")' en toon Henry Kissinger
(die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake) wat die Russiese hand met
'n 'olyftak' slaan.
[Uit Conflicting Missions: Havana, Washington, Pretoria deur P Gleijeses]
RUSSIESE
GREEP IN KISSINGER
AFRIKA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 2D
Hierdie uittreksel bevat 'n verduideliking deur Raul Diaz Arguelles, hoof van Decima
Direccion (die spesiale taakmag wat in beheer van alle Kubaanse oorsese militêre
missies is) oor waarom Kuba vanaf 1975 in Angola betrokke geraak het.
'Ons het op Sondag, 3 Augustus, in Luanda, Angola, aangekom en die MPLA
gekontak,' het Diaz Arguelles aan Raul Castro verslag gedoen … 'In ons eerste
gesprek met Neto … het ons die doel van ons besoek verduidelik wat ons op die
volgende punte gebaseer het:
• Die versoek wat deur die MPLA gerig is … in Januarie en die versoek wat later in
Mosambiek aan Cheito (Xiyeto), die stafhoof van FAPLA gerig is.
• Ons wou duidelikheid kry oor watter bystand ons moes verleen, gegewe die FNLA
en Mobutu se aggressie teenoor die MPLA en die moontlike verloop van gebeure
voor onafhanklikheid in November. Ons het geweet dat die magte van reaksie en
imperialisme al hulle mag (krag) sou gebruik om te voorkom dat die MPLA beheer
oorneem, want dit sou 'n progressiewe regering in Angola beteken. Daarom het ons
vir Neto die militante solidariteit van ons Opperbevelvoerder, ons party en ons
regering gebring, en ons het hom 100 000 dollar gegee.
Die Angolese het gedurende die gesprek oor die gebrek aan bystand uit die
sosialistiese kamp gekla en hulle het uitgewys dat, as die sosialistiese kamp hulle nie
help nie … terwyl die imperialiste (VSA) die FNLA op elke moontlike manier help.
Hulle het ook gekla dat die Sowjetunie in 1972 opgehou het om hulle te help en dat die
militêre bystand wat hulle nou stuur, nietig (waardeloos) is, gegewe die enormiteit
(omvangrykheid) van die behoefte …'
Intussen is Diaz Arguelles se voorstel van 'n militêre missie dramaties (op groot skaal)
in Havana uitgebrei. Die hersiene plan het gevra vir die versending van 480 man wat
personeelopleidingsentrums sou skep (stig), wat 5 300 Angolese in drie tot ses
maande sou oplei. Kuba sou die wapens verskaf, asook kos, klere, kampgereedskap,
toiletware, medisyne, veldbeddens en beddegoed. Kuba het met ander woorde besluit
om Neto byna vyf keer meer instrukteurs as wat hy gevra het, aan te bied.
[Uit Conflicting Missions: Havana, Washington, Pretoria deur P Gleijeses]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/2018
SSE – Addendum
VRAAG 3: WAT WAS DIE REAKSIES OP DIE STIGTING VAN DIE BLACK
PANTHER-PARTY IN DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA?
BRON 3A
Die uittreksel hieronder beskryf die stigting en strategieë van die Black Panther-party in
die 1960's.
Een van die radikaalste Swartmag-groepe, die Black Panther-party, is in Oktober 1966
deur Huey Newton, 24 jaar oud, en Bobby Searle, 30 jaar oud, in Oaklands, Kalifornië,
gestig. Newton en Searle is ideologies sterk beïnvloed deur Malcolm X en
rewolusionêres soos Che Guevara, Frantz Fanon en Mao Zedong.
Die beginselvereistes van die Panthers is in 'n tienpuntmanifes geïnkorporeer.
Die aard van die manifes was nasionalisties. Individuele eise daarin sluit in: betaling
van vergoeding aan swart Amerikaners deur die federale regering as vergoeding vir
slawerny; kwytskelding aan swart Amerikaners van weermagdiens; en vryheid vir
swart Amerikaners wat in federale, staats-, distriks- en stedelike gevangenisse
aangehou word, tensy hulle deur 'n jurie van hulle eie portuurgroep in die swart
gemeenskap verhoor is …
… Die Panthers het onderneem om die vlak van polisiegeweld en die teistering van
swart gemeenskappe deur wetstoepassingsbeamptes te monitor. Hulle het ook 'n
paramilitêre styl uniform van swart barette, ligblou hemde, swart leerbaadjies en swart
langbroeke en skoene aangeneem. Hulle het daarby volstaan dat dit die
konstitusionele reg van alle Amerikaanse burgers is om gewere te dra, soos
uiteengesit in die tweede amendement van die Amerikaanse grondwet. Partylede het
swaar gewapen in die openbaar verskyn en Panther-patrollies het polisiemotors in die
ghetto's (townships/stedelike areas met 'n meerderheid swart Amerikaners) agtervolg.
Dit het tot gespanne verhoudings met wetstoepassingsagentskappe en, in sommige
gevalle, tot gewelddadige skietgevegte gelei.
[Uit Black Civil Rights in America deur K Verney]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 3B
Hierdie bron is geneem uit 'n Kaliforniese koerant, The Sacramento Bee, wat op
2 Mei 1967 verskyn het. Die hoofopskrif lui: 'CAPITOL IS INVADED' ('KONGRES-
GEBOU INGENEEM') en die onderopskrif lui: 'State Police Halt Armed Negro Band'
(Staatspolisie Keer Gewapende Neger -bende).
[Uit http://legallacuna.wordpress.com/2012/06/07/prospecting-in-the-martial-imaginary/.
Toegang op 20 September 2017 verkry.]
Staatspolisie
Keer
Gewapende
Neger -bende
Neger – 'n Afbrekende (neerhalende) term wat gebruik word om na swart
Amerikaners te verwys
VERTALING:
KONGRES-GEBOU INGENEEM
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 3C
Die uittreksel hieronder beskryf die gemeenskaps- en politieke werk wat die Black
Panther-party gedurende die 1960's in verskeie state in die Verenigde State van
Amerika onderneem het.
Die Black Panther-party het teen 1970 amper 5 000 lede in meer as 20 state gehad.
Panthers en ondersteuners was vanaf San Diego tot New Haven aktief in talle
programme en diensprojekte … Die Panthers het baie pogings aangewend om in die
fundamentele behoeftes van mense te voorsien. Hierdie programme het mense tot die
party aangetrek meer as enige iets anders. Die Black Panther-party het teen 1969
gratis ontbytprogramme, wat weekliks 20 000 kinders gevoed het, in 19 plekke
gehad. Die Panthers het vryheidskole ontwikkel asook die prysenswaardige
gesondheidsklinieke wat gratis sekelseltoetsing ('n generiese siekte wat hoofsaaklik
mense van Afrika-oorsprong affekteer) in Chicago, Portland, Los Angeles, New York
en ander stede verskaf het.
Die Panthers het die National Committee to Combat Fascism gestig wat 'n breë
versameling organisasies bymekaargebring het om die oorlog in Viëtnam,
polisiegeweld en 'n reeks ander kwessies wat as skadelik vir swart Amerikaners
beskou is, teen te staan … Die Panthers was aan die voorpunt van die rewolusie vir
die jong en vasbeslote gewone lede van die party.
Die Panthers het oor die hele land versprei en duisende jongmense gelok om hulle te
verbind tot die stryd op maniere wat net 'n paar organisasies vereis het … Verskillende
groepe het verskillende kenmerke gehad wat provinsiale (plaaslike) sake weerspieël
het … Die Black Panthers wou saam met die mense 'n pad na rewolusie stap, selfs al
sou dit beteken dat sy lid die eerste tree moes neem.
[Uit Black Power, Radical Politics and African American Identity deur JOG Ogbar]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 3D
Die bron hieronder beskryf die stappe wat gedurende die 1960's deur die Federale
Speurdiens (FBI) teen die Black Panther-party gedoen is.
Die FBI het die Black Panther-party self beskuldig (gekritiseer) as 'n groep
'kommunistiese misdadigers' wat daarop uit (vasbeslote) was om die Amerikaanse
regering omver te werp.
Bewapen met daardie definisie en al die masjinerie van die federale regering, het
J Edgar Hoover die FBI opdrag gegee om 'n veldtog te loods om die Black Panther-
party geheel en al uit te wis (vernietig) en hy het opdrag gegee dat plaaslike
polisiedepartemente moes help om dit te doen. Inderdaad, soos Hoover dit in 1968
gestel het, het die Party 'die grootste bedreiging vir die interne veiligheid van Amerika
verteenwoordig' en hy het plegtig belowe dat 1969 die laaste jaar van daardie Party se
bestaan sou wees … Feitlik elke kantoor en ander fasiliteit van die Black Panther-party
is teen die einde van daardie jaar gewelddadig deur die polisie en die FBI aangeval …
Daar was elke denkbare soort aanval op die party se maatskaplike programme en
vernietiging van die party se eiendom. Tydens polisieklopjagte is die eiers van die
ontbytprogramme gebreek, die party se kliniekvoorrade is verpletter (stukkend
geslaan) en bondels van die party se koerante is vernietig. Die FBI se sogenaamde
teenintelligensieprogram, bekend as COINTELPRO, het sy veldkantore en plaaslike
polisie opdrag gegee om die party te vernietig deur middel van informante, lokvinke
(moeilikheidmakers) en geheime aktiwiteite wat oproer (chaos) en moord ingesluit het.
Die party het nogtans oorleef en voortgegaan om sy oorlewingsprogramme op te bou
wat nie net die gratis ontbytprogramme en gratis klinieke ingesluit het nie, maar ook
onder andere kruideniersware wat weggegee is, die vervaardiging en verspreiding van
gratis skoene, skool- en onderrigprogramme, senior vervoer- en diensprogramme,
gratis busdienste na gevangenisse en gevangenesondersteunings- en regshulp-
programme.
[Uit http://www.lebbunawi.tumblr.com/post/111798191610/black-panthers-party-18-freedom-by-any-
means. Toegang op 20 September 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/2018
SSE – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Fensch, T. ed. 2001. The Kennedy – Khruschev Letters (New Century Books,
The Woodlands, Texas)
Gleijeses, P. 2003. Conflicting Missions: Havana, Washington, Pretoria (Galago, Paarl)
http://history.state.gov/milestones/1969 - 1976/angola
http://ic.galegroup.com/ic/uhic/ReferenceDetailspage/ReferenceDetailsWindow?
http://legallacuna.wordpress.com/2012/06/07/prospecting-in-the-martial-imaginary
http://libguides.monroe2boces.org
http://www.lebbunawi.tumblr.com/post/111798191610/black-panthers-party-18-
freedom-by-any-means
https://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola
Mooney, M. 2006. On the Brink: from the Bay of Pigs to the Cuban Missile Crisis
(HOT, University of California, Irvine)
Ogbar, JOG. 2005. Black Power, Radical Politics and African American Identity
(Johns Hopkins University Press, Baltimore)
Verney, K. 2004. Black Civil Rights in America (Routledge, London)
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2024 Addendum Eng.pdf

Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Addendum
History P1 May June 2018 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
History P1 May June 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P2 May June 2018 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P1 Addendum June 2019 English_hlayiso.com_.pdf
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P1 Nov 2019 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
History P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024_ Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper