Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 700.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID- AFRIKA
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
moet ’n opstelvraag wees.
4.2 Die ander vraag (DERDE) kan of ʼn opstelvraag of brongebaseerde
vraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord,
is in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE STUDENTE
(COSAS) APARTHEID IN DIE 1980’s TEENGESTAAN?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 Waaraan, volgens die bron, het COSAS hom aan toegewy?
(2 x 1) (2)
1.1.2 Noem TWEE verklarings van oortuigings wat COSAS
aangeneem het. (2 x 1) (2)
1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
waarom COSAS die tema, ‘Studente-werker Aksie’ aangeneem
het. (1 x 2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar oor waarom jy dink die inligting in die bron
bruikbaar sal wees, wanneer jy die redes vir die stigting van
COSAS bestudeer. (2 x 2) (4)
1.2 Verwys na Bron 1B.
1.2.1 Watter tipe weerstandstaktieke is volgens die bron, onder die
vaandel van COSAS uitgevoer? (2 x 1) (2)
1.2.2 Wat dink jy was die skoolgebaseerde kwessies wat tot die
skoolboikotte gelei het? (2 x 2) (4)
1.2.3 Definieer die term boikot in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.2.4 Lewer kommentaar oor wat COSAS bedoel het met die
slagspreuk: ‘Bevryding voor Opvoeding.’ (2 x 2) (4)
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Watter boodskappe word in hierdie plakkaat oorgedra oor die
redes vir die eise wat deur COSAS gestel word? (2 x 2) (4)
1.3.2 Noem enige TWEE sprekers by hierdie konferensie soos op die
plakkaat aangedui. (2 x 1) (2)
1.4 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B
die bewyse in Bron 1C ondersteun rakende die rol wat COSAS in die
weerstand teen apartheid gespeel het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Waarom, volgens die bron, is Mogale gearresteer? (1 x 2) (2)
1.5.2 Noem TWEE gevolge wat die staatsonderdrukking op studente
gehad het. (2 x 1) (2)
1.5.3 Lewer kommentaar op wat die COSAS-spreker geïmpliseer het
met die volgende stelling: “Ons sal in aksie bewys dat Bantoe-
onderwys boos is. Ons sal daarteen in opstand kom totdat dit
heeltemal geskrap is, op die rommel-asblik van geskiedenis
gestort en eens en vir altyd begrawe is.” (2 x 2) (4)
1.5.4 Verduidelik die begrip noodtoestand in die konteks van die
regering se reaksie op die studente-opstande. (1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy
verduidelik hoe COSAS die apartheidsregering gedurende die 1980's
teengestaan het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORDE VAN DIE GUGULETHU SEWE GEHANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Watter voorval in die bron toon ʼn eskalasie (toename) in
gewapende aanvalle deur MK-operateurs? (1 x 1) (1)
2.1.2 Identifiseer DRIE askaris, volgens die bron, wat deur generaal-
majoor Griebnouw na die Wes-Kaap ontplooi is om die Gugulethu
Sewe te infiltreer. (3 x 1) (3)
2.1.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink generaal-majoor Griebnouw
die hulp van Vlakplaas ontbied het. (2 x 2) (4)
2.1.4 Definieer die term askari in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.5 In die konteks van die moord op die Gugulethu Sewe, lewer
kommentaar op die volgende stelling oor die houding van die
polisie: “Almal het talle skietwonde aan hul liggame opgedoen:
almal is in die kop geskiet: een se helfte van sy gesig was
weggeblaas.” (2 x 2) (4)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Noem die TWEE polisiebeamptes, soos aangehaal in die bron,
wat aansoek om amnestie vir die dood van die Gugulethu Sewe
gedoen het. (2 x 1) (2)
2.2.2 Hoekom, volgens Mbelo, sou dit maklik gewees het om die
Gugulethu Sewe in hegtenis te neem? (1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar oor waarom jy dink die WVK amnestie aan
Mbelo toegestaan het. (1 x 2) (2)
2.2.4 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus
wat die WVK-verhore bestudeer. (2 x 2) (4)
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Watter boodskappe word in hierdie spotprent oor die doelstellings
van die WVK oorgedra? (2 x 2) (4)
2.3.2 Identifiseer die leier van die WVK wat die proses gelei het. (1 x 2) (2)
2.4 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
bewyse in Bron 2C met betrekking tot die werk van die WVK ondersteun.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Noem die TWEE politieke aktiviste in die bron wat in 1985 deur
die polisie vermoor is. (2 x 1) (2)
2.5.2 Verduidelik wat Nomvewu Ngewu in haar verklaring bedoel het:
“Ons wil nie die euwel wat oortreders gepleeg het aan die nasie
terugbring nie. Ons wil menslikheid teenoor hulle toon, sodat dit
weer hul eie menslikheid kan herstel.” (2 x 2) (4)
2.5.3 Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy
verduidelik hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) die
moorde op die Gugulethu Sewe gehanteer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING DIE EKONOMIE VAN
ONTWIKKELENDE LANDE BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Waarom, volgens die bron, het die pas van globalisering die
afgelope paar jare toegeneem? (2 x 1) (2)
3.1.3 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui hoe besighede
by globalisering gebaat het. (2 x 1) (2)
3.1.4 Lewer kommentaar oor wat, jy dink, geïmpliseer word deur: “Die
klerebedryf in Bangladesj het byvoorbeeld na raming vier miljoen
mense in diens, maar die gemiddelde werker verdien minder in ʼn
maand as ʼn Amerikaanse werker in ʼn dag.” (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik
waarom die trekarbeiders en hongerloon fabriekswerkers die
protesaksie teen globalisering ondersteun het. (2 x 2) (4)
3.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat sommige
betogers kundig/bewus was van die aktiwiteite van die
Wêreldhandelsorganisasie. (2 x 1) (2)
3.2.3 Wat was die TWEE kwessies volgens die bron waarmee betogers
ontevrede was, ten opsigte van die werksaamhede van die
Wêreldhandelsorganisasie. (2 x 1) (2)
3.2.4 Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron vir ʼn
historikus wat die rol van die WHO in globalisasie, bestudeer.
(2 x 2) (4)
3.3 Gebruik Bron 3C.
3.3.1 Watter boodskappe dra hierdie spotprent aangaande
globalisasie oor? (2 x 2) (4)
3.3.2 Watter impak, volgens die bron, het die verskuiwing van
produksie op die VSA gehad? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.4 Lees Bron 3D.
3.4.1 Waarom, volgens die inligting in die bron, het multi-nasionale
maatskappye besluit om hul vervaardigingsaanlegte in oorsese
lande te vestig? (2 x 1) (2)
3.4.2 Definieer die term multi-nasionale korporasies in die konteks van
globalisering. (1 x 2) (2)
3.4.3 Gebruik die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoe die multi-
nasionale maatskappye gewone mense in ontwikkelende lande
benadeel het. (2 x 2) (4)
3.4.4 Verduidelik hoe multi-nasionale maatskappye deur globalisasie
bevoordeel was. (1 x 2) (2)
3.5 Vergelyk Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
inligting in Bron 3D ondersteun aangaande die impak wat globalisering op
ontwikkelende lande het. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis skryf ’n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin verduidelik
hoe globalisasie die ekonomieë van ontwikkelende lande beïnvloed. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
Dit was deur die invloed van die Swartbewussynbeweging (SBB) dat swart Suid-
Afrikaners in staat was om teen die apartheidsregering in die 1970’s op te staan.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik. [50]
VRAAG 5: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE
Die toegewydheid en vasberadenheid van verskeie politieke leiers en partye het
uiteindelik gelei tot die beëindiging van apartheid, en die vestiging van ʼn
demokratiese Suid-Afrika.
Bespreek hierdie stelling krities. Motiveer jou argument deur relevante bewyse te
gebruik. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate die ineenstorting van kommunisme beide die ANC en
die NP help besef dat die enigste oplossing in Suid-Afrika was om te onderhandel.
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 Paper 1 North West Mock 2025 Addendum

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum