You're offline
Skip to content
Addendum

HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 12202414 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE MUUR DIE KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERSTERK? BRON 1A Die volgende bron fokus op die kommunikasie tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie voor die bou van die Berlynse Muur in 1961. Op 10 November 1958 het die Sowjet-premier Nikita Khrushchev geëis dat die Verenigde State en sy bondgenote hul besettingsrolle in Berlyn moet prysgee. Hy het ook verklaar dat indien hulle nie binne ses maande ʼn ooreenkoms in dié verband onderteken nie, die Sowjetunie nie meer hul na-oorlogse ooreenkoms sal eerbiedig nie, en ʼn aparte verdrag met Oos-Duitsland sal sluit. VSA pres. Dwight D. Eisenhower het Khrushchev se eise geweier en daarop aangedring dat hul Berlynse ooreenkoms steeds geld. Op 27 November het die Sowjetunie aangekondig dat hy die na-oorlogse ooreenkomste oor die besetting en bestuur van Duitsland en Wes-Berlyn verwerp het. Alhoewel Khrushchev nie aangedui het dat die Sowjetunie militêre mag sou gebruik as die Verenigde State nie daaraan voldoen nie, is dit algemeen verstaan dat die Sowjetunie van plan was om sy bedreiging te ondersteun. Die Verenigde State en Brittanje het geweier om in te stem tot die Sowjet-eise, met die argument dat ʼn vrye Berlyn, met geen gewaarborgde toegang tot die Weste nie, binnekort deur kommunistiese Oos-Duitsland beheer sou word. Teen Julie 1961 het Amerikaanse amptenare beraam dat meer as 1,000 Oos-Duitse vlugtelinge elke dag Wes-Berlyn oorgesteek het, ʼn ekonomiese en demografiese dreinering wat, ongekontroleerd gelaat word, ʼn ramp vir die Ooste sou beteken. [Uit https://www.britannica.com/event/Berlin-crisis-of-1961. Toegang op 6 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die bron hieronder bespreek die bou van die Berlynse Muur in Augustus 1961 en die resultate daarvan. Op die oggend van 13 Augustus 1961 het Berlyners wakker geword en ontdek dat in opdrag van die Oos-Duitse leier Walter Ulbricht, ʼn doringdraadheining oornag opgegaan het wat Wes- en Oos-Berlyn skei en beweging tussen die twee kante verhoed het. Die doringdraadheining is gou uitgebrei om sementmure en wagtorings in te sluit. Die Berlynse Muur sou die Weste verhoed om verdere invloed op die Ooste te hê, die vloei van migrante uit die kommunistiese sektor stop, en uiteindelik die mees ikoniese beeld van die Koue Oorlog in Europa word. Die Verenigde State het vinnig die muur veroordeel, wat gesinne verdeel het en vryheid van beweging beperk het. Kort nadat die muur opgerig is, het ʼn stryd (dooiepunt) tussen Amerikaanse en Sowjet- troepe weerskante van die diplomatieke kontrolepunt gelei tot een van die mees spanningsvolle oomblikke van die Koue Oorlog in Europa. ’n Dispuut oor of Oos-Duitse of Sowjet-wagte gemagtig is om die kontrolepunte te patrolleer en die reisdokumente van Amerikaanse diplomate wat deurgaan, te ondersoek, het daartoe gelei dat die Verenigde State tenks aan sy kant van die kontrolepunt gestasioneer het, wat na die Oos-Duitse troepe net anderkant die muur gewys het. Kommer dat Amerikaanse magte óf sou probeer om die muur af te neem óf hul pad deur die kontrolepunt sou dwing, het daartoe gelei dat die Sowjetunie sy eie tenks aan die Oos-Duitse kant gestasioneer het. ʼn Verkeerde skuif tydens die konfrontasie kon tot oorlog gelei het, en enige konvensionele skermutseling tussen twee kernmoondhede het altyd die risiko van eskalasie meegebring. In plaas daarvan het Kennedy van agterkanale gebruik gemaak om voor te stel dat Khrushchev sy tenks verwyder, en belowe dat as die Sowjetunie dit sou doen, die Amerikaanse Weermag sou wederkerig. Die stryd (dooiepunt) het vreedsaam geëindig. [Uit https://history.state.gov/milestones/1953-1960/berlin-crises. Toegang op 6 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) BRON 1C Die artikel hieronder is geskryf deur Richard Wald, ʼn joernalis, en gepubliseer in die New York Herald Tribune op 24 Junie 1962. Dit beklemtoon pogings deur die Weste en die Sowjets om die spanning wat deur die Berlynse Muur veroorsaak is, te verlig. Viermagsamesprekings tussen die plaaslike militêre bevelvoerders in Berlyn om spanning langs die muur wat die stad verdeel, te verlig, sal waarskynlik volgende week deur die Weste voorgestel word. Dean Rusk, Sekretaris van Buitelandse Sake, het in ʼn stampvol dag en ʼn half van vergaderings hier met kanselier, Konrad Adenauer en sy top adviseurs, blykbaar vandag Bonn se goedkeuring vir die voorstel ontvang. Dit sou beliggaam (ingesluit) wees in Amerikaanse, Britse en Franse antwoorde op die Sowjet-nota van 7 Junie waarin Rusland gewaarsku het oor die ‘gevaarlike provokasie’ (uitlokking) betrokke by skietvoorvalle by die muur. Destyds het die Sowjetunie bedekte (vermomde) dreigemente om nie ‘ʼn passiewe waarnemer’ te bly nie. Aanwesig by sommige van vandag se vergaderings was Wes-Berlyn se burgemeester, Willy Brandt. Al die vergaderings het baie goed verloop, het beide kante berig. Amerikaanse woordvoerder het beklemtoon dat beide kante saamgestem het dat reëlings vir toegang tot Wes-Berlyn gevind kan word wat vir beide die Weste en die Sowjets geskik sal wees. Dit beteken dat die Wes-Duitsers en die Amerikaners saamstem dat daar ʼn perfekte oplossing vir die Berlynse probleem kan bestaan nie, dat een in sig is nie, en dat kanselier Adenauer voortgesette Russies-Amerikaanse samesprekings goedkeur. Berigte uit Berlyn dui daarop dat die Oos-Duitse mense se polisie ʼn Berlyner doodgeskiet het wat vanoggend naby een van die stad se kanale probeer ontsnap het. Dit is die 30 ste moord by die muur sedert dit verlede Augustus opgerig is. [Uit https://link.gale.com/apps/doc/DVGPRN575773425/GDCS?u=webdemo&sid=GDCS&xid=c8820b70. Toegang op 18 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die foto hieronder deur Paul Schutzer het in die LIFE tydskrif op 8 September 1961 verskyn, wat ʼn Oos-Duitse tiener wys wat suksesvol oor die Berlynse Muur na Wes-Berlyn ontsnap het. [Uit https://www.life.com/history/berlin-wall-photos-early-days-cold-war-symbol/. Toegang op 28 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP SUIDER-AFRIKA GEHAD? BRON 2A Die bron hieronder bespreek die Slag van Cuito Cuanavale, geveg in Angola in 1987‒ 1988 by die Slag van die Lomba-rivier. Die slag, of meer korrek genoem die beleg, van Cuito Cuanavale is geveg op die oewer van die Lomba-rivier in die omgewing van Cuito Cuanavale, in suidoostelike Angola, tussen UNITA (bygestaan deur die SAW), en die Angolese weermag (FAPLA) bygestaan deur Kuba, die Sowjetunie en in ʼn mindere mate Oos-Duitsland. Die uitkomste was van uiters belang vir beide kante, en die geveg het die grootste konvensionele operasies van Suid-Afrikaanse magte sedert die Tweede Wêreldoorlog behels. Die gevegslyne is volgens ideologiese oortuigings bepaal. Die voorspel (aanloop) tot die geveg wat in Julie 1987 het begin het toe Angolese regeringsmagte (FAPLA) gepoog het om op Jonas Savimbi se UNITA-vesting by Mavinga aan te val, die strategiese sleutel tot sy basis by Jamba naby die Caprivi-strook. Aanvanklik het die offensief goed gevorder, met FAPLA wat die oorhand gekry het, hewige ongevalle op UNITA toegedien het, en hulle suidwaarts na Mavinga gedryf het. Veertien Angolese en Kubaanse brigades onder ʼn Russiese bevelvoerder het op 14 Augustus 1987 ʼn grootskaalse aanval op UNITA begin. SAW-troepe is inderhaas ingeroep om UNITA te ondersteun. Dit was in die belang van die Suid-Afrikaanse regering dat UNITA nie voor die Kubane en FAPLA swig (oorgee) nie – hulle was van mening dat dit die vrede in Namibië sou ontwrig en Umkhonto we Sizwe (MK), die militêre vleuel van die ANC in staat sou stel om basisse in Angola te vestig, deur toegangsroetes na Suid-Afrika vanaf Zambië, Botswana en Zimbabwe te skep. In Oktober is FAPLA se optrekkende 47ste Brigade by Lomba-rivier alles behalwe vernietig in ʼn aanval deur die SAW wat haastig op pad na UNITA se redding was. Verskeie ander FAPLA-brigades het onder swaar bombardement verbrokkel (ineengestort) maar het daarin geslaag om terug te trek na Cuito, ʼn klein dorpie naby die samevloeiing van twee riviere wat sy naam uitmaak, geleë in die afgeleë uitgestrektheid (gebied) van Suidoos-Angola, ʼn streek wat die Portugese na verwys het as die land aan die einde van die aarde. [Uit https://www.sahistory.org.za/article/battle-cuito-cuanavale-1988. Toegang op 28 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die bron hieronder verduidelik die gevolge van die Slag van Cuito Cuanavale. Nietemin het die verbintenis van Kubaanse troepe die magsbalans in Suidelike Afrika radikaal verander. Die vooruitsig dat meer wit dienspligtiges deur ʼn goedgewapende Kubaanse teëstander (vyand) vermoor sal word, die koste van die oorlog en die impak wat dit op Suid-Afrika se ekonomie gehad het, het Suid-Afrika aangespoor om Cuito Cuanavale te verlaat. In April 1988 het PW Botha se kabinet ingestem om regstreekse onderhandelinge met Angola en Kuba te begin onder bemiddeling van Chester Crocker (VSA Assistent Staatsekretaris vir Afrika-Sake). Soos die Sentrale Intelligensie-agentskap (CIA) tot die gevolgtrekking gekom het, ‘het militêre oorwegings die swaarste geweeg in Pretoria se besluit om te onderhandel’, en het uitgebrei dat ‘vir die eerste keer in die moderne geskiedenis, sy leierskap ontsenu (beangs) was deur die vooruitsig van ʼn goed gewapende teëstander (vyand) in staat om Suid-Afrikaanse magte in konvensionele oorlogvoering ernstige ongevalle toe te bring (veroorsaak) … wat veroorsaak het dat president PW Botha en sy senior adviseurs teësinnig ʼn wapenstilstand (vrede) aanvaar het, en die idee om vir Namibiese onafhanklikheid te onderhandel in ruil vir die onttrekking van Kubaanse troepe’. ʼn Vlaag (reeks) onderhandelinge het Crocker se koppelings(verbindings)-plan nou geleidelik nader aan die werklikheid gebring. Alhoewel dit twaalf rondes van samesprekings sou neem, is op 22 Desember 1988 twee verdrae by die Verenigde Nasies Organisasie onderteken, een tussen Angola en Kuba wat die onttrekking van Kubaanse troepe reël, die ander tussen Angola, Kuba en Suid-Afrika wat tot Namibiese onafhanklikheid ingestem het. Crocker se lang geveg was verby; sy doelwit om ʼn streekvredesooreenkoms te bemiddel (onderhandel) is uiteindelik verwesenlik. [Uit Journal of Southern African Studies, Volume 35, Number 1: Chester Crocker and the South African Border War, 1981–1989. A Reappraisal of Linkage by Z Kagan-Guthrie] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) BRON 2C Die uittreksel hieronder is van die herdenking van die Slag van Cuito deur militêre veterane op 25 Maart 2022. Dit fokus op die resultate van die Slag van Cuito Cuanavale. Die geveg was die grootste militêre konfrontasie op Afrika-grond sedert die Tweede Wêreldoorlog … Dit was die begin van die einde van wit minderheidsoorheersing in Suider-Afrika, die aftakeling van die apartheidstelsel en die totale bevryding van Afrika van Europese besetting. Die stryd teen apartheidsmagte in Angola in 1988 word beskou as die oomblik wat die bevryding van Namibië, Suid-Afrika en die SAOG-streek bespoedig het. Dit het tot die beweging van magtige Kubaanse gewapende mag, na die weste, na die Namibiese grens gelei. Die gevegte in die suidwestelike deel van Angola het tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse, ANC en Kubaanse teenwoordigheid in Angola, en tot die onafhanklikheid van Namibië gelei. Daar was geen wesenlike gewin vir die Kubane wat tot ons steun gekom het nie, maar hul oorheersende aansporing (motivering) was om te veg vir die bevryding van Suider-Afrika van koloniale en reaksionêre (konserwatiewe) magte. Die slag van Cuito Cuanavale was waarna Oliver Tambo verwys het, as die Waterloo (ineenstorting) van rassistiese Suid-Afrika en die gevegte het deure vir ʼn demokratiese bedeling in Suid-Afrika oopgemaak. Die beslissende nederlaag van die rassistiese weermag in Cuito Cuanavale was ʼn oorwinning vir die hele Afrika. Hierdie oorwinning in Cuito Cuanavale is wat dit vir Angola moontlik gemaak het om vrede te geniet en sy eie soewereiniteit (onafhanklikheid) te vestig. Die nederlaag van die rassistiese weermag het dit vir die mense van Namibië moontlik gemaak om hul onafhanklikheid te bereik. Die Departement van Militêre Veterane sal voortgaan om gevalle en lewende helde van die stryd teen bevryding te vereer en te herdenk (onthou). [Uit https://www.dmv.gov.za/newsroom/advsories/2022/25032022htm Toegang op 28 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Die foto hieronder toon die Kubaanse lugafweerbemanning wat die oorwinning oor Suid- Afrikaanse magte vier tydens die Slag van Cuito Cuanavale in Angola, 1988. [Uit https://images.app.goo.gl/yHnWVQWevoB9Qu2x9] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 3: HOE HET DIE OPTOG OP WASHINGTON TOT DIE EINDE VAN DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE IN AMERIKA IN DIE 1960’s BYGEDRA? BRON 3A Die bron hieronder verduidelik die omstandighede waaronder Afro-Amerikaners geleef het wat tot die Optog op Washington op 28 Augustus 1963 gelei het. Teen 1963, die eeufees (100ste herdenking) van die Emansipasie-proklamasie, was die meeste van die doelwitte van hierdie vroeëre betogings steeds nie verwesenlik nie. Hoë vlakke van swart werkloosheid, werk wat die meeste Afro-Amerikaners slegs minimale lone en swak werkmobiliteit gebied het, sistematiese ontneming van stemreg (ontmagtiging) van baie Afro-Amerikaners, en die volharding van rassesegregasie in die Suide het gesprekke oor ʼn grootskaalse optog vir politieke en ekonomiese geregtigheid so vroeg as 1962. Namens die Negro American Labour Council (NALC), die Southern Christian Leadership Conference, die Congress of Racial Equality (CORE), en die Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC), het Randolph ʼn brief op 24 Mei 1962 aan Sekretaris Stewart Udall van die Departement van Binnelandse sake rakende permitte vir ʼn optog wat ʼn hoogtepunt bereik (beëindig) by die Lincoln-gedenkteken. Planne vir die optog is gestuit toe Udall die groepe aangemoedig het om die Sylvan-teater by die Washington- monument te oorweeg weens die komplikasies van die herleiding van verkeer en die hoeveelheid toeriste by die Lincoln-gedenkteken … In Mei, op die hoogtepunt van die Birmingham-veldtog, het King by Randolph, James Farmer van CORE en Charles McDew van SNCC aangesluit om later daardie jaar so ʼn aksie te vra, en verklaar: “Laat die swart arbeidende massas praat!” (King et al., 7 Mei 1963). Nadat president Kennedy van hul voorneme in kennis gestel is, het die leiers van die groot burgerregte-organisasies die optogdatum vir 28 Augustus vasgestel. Die verklaarde doelwitte van die betoging het, “ʼn omvattende wetsontwerp op burgerregte” ingesluit wat weg sal doen met gesegregeerde openbare akkommodasie; “beskerming van die stemreg”; meganismes om regstelling te soek vir skendings van grondwetlike regte; “desegregasie van alle openbare skole in 1963”; ʼn massiewe federale werkeprogram “om werklose werkers op te lei en te plaas”; en “ʼn Federale Wet op Billike Indiensnemingspraktyke wat diskriminasie in alle indiensneming verbied.” [Uit https://kinginstitute.stanford.edu/march-washington-jobs- andfreedom#:~:text=High%20levels%20of%20black%20unemployment,and%20economic%20justice%2 0as%2early Toegang op 28 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Die bron hieronder verduidelik die ontvouing van die Optog op Washington op 28 Augustus 1963. Optog op Washington, was ʼn politieke betoging wat op 28 Augustus 1963 in Washington, DC gehou is, wat deur ʼn geskatte 250 000 mense bygewoon is om rassediskriminasie te protesteer en om steun te toon vir belangrike burgerregtewetgewing wat in die Kongres hangende was. Die optog na Washington was die resultaat van samewerking tussen die “Groot Ses” van die burgerregtebeweging: James Farmer, Martin Luther King, Jr., John Lewis, A. Philip Randolph, Roy Wilkins en Whitney Young, almal leiers van burgerlike regte groepe. Die aktivis Bayard Rustin was die hooforganiseerder daarvan. Die geleentheid het honderde duisende mense bymekaargebring wat vreedsaam op die National Mall, in die skadu van die Lincoln-gedenkteken, bymekaargekom het om gelyke geregtigheid vir alle burgers onder die wet te eis. Die geleentheid het musikale optredes deur Marian Anderson, Mahalia Jackson, Joan Baez en Bob Dylan ingesluit, en dit bevat opmerkings deur talle sprekers, sommige deel van die amptelike program en ander nie, insluitend Lewis, Wilkins, Young, Daisy Bates, Walter Reuther, en onder andere Josephine Baker. ʼn Huldeblyk het ook Bates, Rosa Parks, Myrlie Evers, Diane Nash en ander swart vroue wat by die burgerregtebeweging betrokke was, vereer. King was die geleentheid se laaste amptelike spreker. Die skare is opgehef deur die emosionele krag en profetiese kwaliteit van sy toespraak, wat bekend gestaan het as die, “I Have a Dream” (Ek het ʼn droom)-toespraak. King het sy geloof beklemtoon dat, soos hy dit gestel het, “eendag sal hierdie nasie opstaan en die ware betekenis van sy geloofsbelydenis (oortuigings) uitleef: ‘Ons beskou hierdie waarhede as vanselfsprekend, dat alle mense gelyk geskape is.’ Hy het ook sy hoop uitgespreek dat sy kinders in ʼn nasie sal woon waar hulle, “nie volgens die kleur van hul vel beoordeel sal word nie, maar deur die inhoud van hul karakter.” [Uit https://www.britannica.com/event/March-on-Washington Toegang op 28 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) BRON 3C Die bron hieronder bevat uittreksels van onderhoude wat Michael A. Fletcher gevoer het oor die deelnemers van die 1963-Optog op Washington. Die onderhoude is tydens die 60ste herdenking van die optog gevoer. Holmes Norton: Optogte streef na effekte, maar hulle sien gewoonlik nie dadelik daardie effekte nie. Alhoewel die optog nie die oorsaak van die wetgewing was nie, is dit moeilik om te glo dat die 1964 Burgerregtewet daarsonder sou plaasgevind het. Dit het gehelp om die Kennedy-administrasie van twyfel en weerstand teen die optog te beweeg. Onthou president Kennedy was afhanklik van nie net Suidelike state se stemme nie, maar Suiderlinge (burgers van die Suidelike State) was die voorsitter van feitlik al die komitees in die Huis en die Senaat. ʼn Mens moet verstaan presies hoe verouderd die Kongres was en die nasie was. Dit was ʼn nasie waar daar geen federale wette was wat gesê het dat enigiemand wat ʼn werk kon doen, geregtig is om die werk te doen nie. Cox: Dit was die oomblik dat Amerika die vraag beantwoord het dat dit sedert 1955 of selfs 1954 in Brown v. Board [of Education] gevra word: Wat wil hierdie Negers hê? Ek dink dat King se toespraak daardie vraag beantwoord het deur te sê: “Ek het ʼn droom wat diep in die Amerikaanse droom gewortel is.” King het gesê wat ons wil doen, is om die belofte van die Onafhanklikheidsverklaring en die Grondwet na te kom. [Uit https://www.smithsonianmag.com/history/oral-history-march-washington-180953863/. Toegang op 06 Maart 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Die foto hieronder wys hoe Martin Luther King Jr. die skare tydens die Optog op Washington in Augustus 1963 toespreek. [Uit https://www.life.com/history/the-march-on-washington-power-to-the-people/ Toegang op 28 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: https://www.britannica.com/event/Berlin-crisis-of-1961 https://history.state.gov/milestones/1953-1960/berlin-crises https://link.gale.com/apps/doc/DVGPRN575773425/GDCS?u=webdemo&sid=GDCS&x id=c8820b70 https://www.life.com/history/berlin-wall-photos-early-days-cold-war-symbol/ https://www.sahistory.org.za/article/battle-cuito-cuanavale-1988 https://www.twn.my/title2/resurgence/2013/278/cover03.htm http://www.dmv.gov.za/newsroom/advisories/2022/25032022.htm#:~:text=It%20led%2 0to%20the%20movement,to%20the%20Independence%20of%20Namibia https://images.app.goo.gl/yHnWVQWevoB9Qu2x9 https://kinginstitute.stanford.edu/march-washington-jobs- andfreedom#:~:text=High%20levels%20of%20black%20unemployment,and%20econo mic%20justice%20as%2early https://www.britannica.com/event/March-on-Washington http://kinginstitute.stanford.edu>march-washington-jo https://www.life.com/history/the-march-on-washington-power-to-the-people Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all