Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)

View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.7 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
COGNITIVE
KOGNITIEWE VLAKKE TOEKENNING
LEVELS
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van relevante 30%
LEVEL 1
inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/ terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
LEVEL 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne.
• Skakel met bronne on bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beprekings
30%
LEVEL 3 vas te stel.
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronen en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen word.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die opp brongebaseerde vrae moet kandidates
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerders verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerkie (✓) vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom
op een ree en twee punte toegeken word. (✓✓)
• Indien ‘n vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe word global (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in bereking gebring word wanneer
punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word waaneer ʼn
antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik om die vraag te
beantwoord.
• Lees weer die paragraaf om die mate te evalueer waarin die kandidaat in
staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die teogeken is vir die paragraaf aan die
einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in
die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse on ʼn basiese paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad/agterblad van
die antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat candidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samhangande wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaar voeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Candidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vavir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet candidate
krediet kry vir enige ander relvante antwoorde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.3 Globale assessering van die opstel.
Die opstel skryfwerk sal holistiese (global) geassesseer word. Hierde benadering
veries dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om ʼn individuele mening aan te beid deur gebruik te maak van geselekteerde
feitlike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die verwag word
om slegs “feite” neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering
sal leerders ook ontmoedig om ‘modelantwoorde’ voor te berei en weergee sonder
om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van
opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerder met holistiese assessering nie vir
onteoreikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
val:
• Die konstruksie / daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitlike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die synopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word
vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (“bullet”) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontstualiseer is
en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn)
bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ ʼn duidelike
hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduidelikng: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans
L
in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ʼn
opstel:
• Inleding, hoodaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie. ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van die opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbiedeing in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar tot watter mate
die hoofmomente gedek is en om die inhoudsvlak (op die
matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglating in die inhoudsdekking.
Poog om ʼn argument te handhaaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument Toon soms Poging Weinig of
beplande en beplande en en beplan en bewys van 'n aangewend geen poging
gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde gestruktureer. gestruktureerd om antwoord om die opstel
opstel. Goeie opstel. 'n opstel. Poog om Bewyse tot 'n e en beplande te struktureer. te struktureer
sintese van Relevante 'n duidelike sekere mate argument. Grootliks nie.
inligting. Het 'n argument is argument te gebruik om Poog om 'n beskrywend of
goed gevolg. Bewyse ontwikkel. argument te argument vol poog om
gebalanseerde, gebruik om die Gevolgtrekking ondersteun. te hou. argument te
INHOUD oorspronklike argument te gemaak uit Slotsom bereik Gevolgtrekkin ontwikkel.
argument verdedig. Poog bewyse om die op grond van g nie duidelik Geen poging
ontwikkel met om 'n argument te bewyse. ondersteun om 'n
bewyse. onafhanklike ondersteun. deur bewyse gevolgtrekking
Argument gevolgtrekking nie. te maak nie.
deurgaans uit die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevante tot
argument wat
gevolg is
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevante tot
argument wat
gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
Inhoud toereikend
en relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord.
20–23 18–19 14–17
Inhoud skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend
14–17 0–13
of irrelevante
inhoud
*Riglyne vir die toekenning van ‘n punt vir VLAK 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer
nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; min poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE MUUR TOT KOUE OORLOG-SPANNING
TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET-
UNIE VERSTERK?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Het geëis dat die Verenigde State en sy Geallieerdes hul
besettingsrolle in Berlyn moet prysgee.
• Verklaar dat indien hulle nie binne ses maande ʼn ooreenkoms in
hierdie verband onderteken nie, die Sowjetunie nie meer hul na-
oorlogse ooreenkomste sal nakom nie. (2 x 1) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Eisenhower het Khrushchev se eise geweier en daarop aangedring
dat hul Berlynse ooreenkoms steeds geld. (1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Duitsland was in vier sones van besetting verdeel.
• Viermagbeheer van Duitsland deur USSR, VSA, Frankryk en
Brittanje.
• Berlyn was ook onder viermagbeheer.
• Wes-Berlyn was ook onder beheer van die Geallieerdes
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Berlyn sou binnekort deur kommunistiese Oos-Duitsland beheer
word.
• USSR sou die Geallieerdes verhoed om vrye toegang tot Wes-Berlyn
te hê.
• USSR sou kommunisme na die hele Berlyn versprei.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Oos-Berlyn sou sonder vaardige mense gelaat word.
• Die ekonomie van Oos-Berlyn sou negatief geaffekteer word.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Oos-Duitse leier, Walter Ulbricht. (1 x 1) (1)
1.2.2 [Definisie van historiese term uit Bron 1B – V1]
• Ideologiese mededinging (kompetisie) tussen USSR met
kommunisme en VSA met kapitalisme.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Voorkom dat Weste verdere invloed op die Ooste het.
• Sou die vloei van migrante uit die kommunistiese sektor stop.
• Sou uiteindelik die mees ikoniese beelde van die Koue Oorlog in
Europa word. (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• VSA
• Sowjet (2 x 1) (2)
1.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• VSA en Sowjet-troepe kon mekaar aanval.
• Daar was die moontlikheid van ʼn kernoorlog.
• Die vernietiging van die kernoorlog sou baie onskuldige mense raak.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Om spanning langs die muur wat die stad verdeel, te verlig. (1 x 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Sowjetunie sal Oos-Duitse soldate wat die Berlynse muur bewaak,
bystaan.
• Enige optrede teen Oos-Duitsland sou as ʼn uitdaging teen die
Sowjetunie beskou word.
• Sowjetunie sal ook geweld gebruik om hul sektor van Berlyn te
beskerm.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.3.3 [Verduideliking van ʼn historiese term uit Bron 1C – V2]
• Onderhandelinge tussen Brittanje, Frankryk, die Verenigde State
van Amerika en die Sowjetunie om die Berlynse krisis op te los.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.3.4 [Bepaal die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1C – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
• Die artikel is in 1962 in die New York Herald Tribune gepubliseer.
• Die bron bevestig die viermagsamesprekings wat in Berlyn gehou
was.
• Die bron berig oor die ooreenkomste wat tydens die vergaderings
tussen die VSA en die Sowjets gemaak is.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Daar was werksgeleenthede in Wes-Berlyn.
• Wes-Berlyn het met beter lewenstandaarde gefloreer.
• Hulle wou nie onder kommunisme wees nie.
• Hulle wou die vryheid hê wat in Wes-Berlyn aangebied word onder
demokrasie en kapitalisme.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die Wes-Berlynse polisie was gereed om die tiener te help toe hulle
vir hom gewaai het om oor te kom.
• Die polisie het die tiener in Wes-Berlyn verwelkom.
• Die houding van die polisie het enigiemand wat na Wes-Berlyn wou
ontsnap, aangemoedig om dit te doen.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 9
1.5 [Vergelyking van bronne 1B en 1C – V3]
• Beide bronne dui aan dat die Berlynse Muur spanning tussen die VSA en USSR
in Berlyn veroorsaak het.
• Beide bronne dui aan dat Oos-Berlyners geskiet is toe hulle die Berlynse Muur
na Wes-Berlyn probeer oorsteek het.
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
• By die Jalta konferensie is Duitsland in 4 besettingsones verdeel.
• Berlyn was ook beheer deur die VSA, Brittanje, Frankryk en die Sowjetunie.
• Berlyn was binne die Sowjet-sone geleë en die Sowjette het geregtig gevoel op
die beheer van die hele Berlyn.
• In November 1958 het die Sowjet Premier, Nikita Khrushchev, geëis dat die
Geallieerdes die beheer van Berlyn aan die Sowjetunie moet oorgee. (Bron 1A)
• Die VSA president, Dwight Eisenhower het Khrushchev se eise geweier en
daarop aangedring dat Berlyn steeds onder viermagbeheer sal wees.
(Bron 1A)
• Spanning het tussen die VSA en die Sowjetunie toegeneem namate Brittanje
die Sowjet-eise geweier het. (Bron 1A)
• Op 13 Augustus 1961, het Berlyners ontdek dat die Berlynse muur gebou is, wat
Oos-Berlyn van die Weste skei. (Bron 1B)
• VSA het die muur veroordeel wat gesinne verdeel het en die vryheid van
beweging van die mense van Berlyn beperk het. (Bron 1B)
• Kort na die bou van die Berlynse muur, het ʼn dooiepunt tussen VS en Sowjet-
troepe ontstaan en dit het byna tot ʼn oorlog gelei. (Bron 1B)
• ʼn Dispuut het ontstaan oor óf die Oos-Duitse óf Sowjet-wagte gemagtig is om
die kontrolepunte te patrolleer. (Bron 1B)
• Dit het daartoe gelei dat die Verenigde State besluit het om tenks aan sy kant
van die kontrolpunt te plaas. (Bron 1B)
• Om die spanning te verlig, het viermagsamesprekings tussen die plaaslike
militêre bevelvoerders in Berlyn plaasgevind. (Bron 1C)
• As gevolg van die bestaande spanning, het Rusland teen die gevaarlike
uitlokking betrokke by skietvoorvalle by die muur gewaarsku. (Bron 1C)
• Die Sowjets het ook verbloemde dreigemente gemaak om nie ʼn “passiewe
waarnemer” te bly nie. (Bron 1C)
• Alhoewel mense geweet het dat hulle doodgemaak sou word, het hulle nietemin
hul lewens gewaag en die muur oorgesteek. (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv.
toon min of geen begrip van hoe die Berlynse
Muur die Koue Oorlog spanning tusen die
PUNTE
VLAK 1 Verenigde State van Amerika en die
0–2
Sowjetunie versterk het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp, bv. toon ʼn bietjie
begrip van hoe die Berlynse Muur die Koue
PUNTE
VLAK 2 Oorlog spanning tussen die Verenigde State
3–5
van Amerika en die Sowjetunie versterk het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om
ʼn paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon ʼn deeglike
begrip van hoe die Berlynse Muur die Koue
Oorlog spanning tussen die Verenigde State
PUNTE
VLAK 3 van Amerika en die Sowjetunie versterk het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
SUIDER-AFRIKA GEHAD?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• UNITA
• FAPLA (2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Angolese regeringsmagte (FAPLA) het gepoog om te vorder op
Jonas Savimbi se Unita-vesting by Mavinga. (1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Dit was in die belang van die Suid-Afrikaanse regering dat UNITA
nie voor die Kubane en FAPLA swig nie.
• Hulle was van die mening dat dit die vrede in Namibië sou ontwrig
en Umkhonto we Sizwe (MK)-basisse in staat sou stel om vanuit
Angola te werk. (2 x 1) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Die konflik was nou op kapitalisme en kommunisme gebaseer.
• Die magte het mekaar op grond van hul ideologiese oortuiging
ondersteun.
• Suid-Afrika het die kapitalistiese-belynde UNITA ondersteun en
Kuba het die kommunisties-belynde FAPLA ondersteun.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Die vooruitsig dat meer wit dienspligtiges deur ʼn goedgewapende
Kubaanse teenstander vermoor sal word.
• Die koste van die oorlog en die impak wat dit op Suid-Afrika se
ekonomie gehad het. (2 x 1) (2)
2.2.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 2B – V1]
• Besprekings/gesprekke wat deur verskillende groepe gehou word
om ʼn ooreenkoms oor ʼn sekere kwessie te bereik.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Suid-Afrika kon beheer oor Namibië verloor.
• Kommunisties-belynde Swapo sal beheer oor Namibië neem.
• Swapo was vriendelik teenoor Suid-Afrika se vyand, die ANC.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die Verenigde Nasies Organisasie het ʼn verantwoordelikheid
gehad om vrede in Angola te bewerkstellig.
• Kuba, Angola en Suid-Afrika was lede van die VN.
• VN het ʼn sleutelrol in die bemiddelingsproses gespeel.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Hulle oorheersende aansporing was om te veg vir die bevryding
van Suider-Afrika van koloniale en reaksionêre magte. (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Sal voortgaan om gevalle en lewende helde van die stryd teen
bevryding te eer en te onthou. (1 x 2) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Nelson Mandela het voorgestel dat Kuba se rol in Afrika nooit vergeet
kan word nie.
• Mandela het bedoel dat Suid-Afrika en Afrika as ʼn geheel dankbaar
vir Kuba se bydrae is.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.3.4 [Verduideliking van ʼn historiese term uit Bron 3C – V2]
• Namibië is nie meer deur Suid-Afrika regeer nie, maar kon hulself
regeer.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.3.5 [Bepaal beperkings van Bron 3C – V3]
Die bron is beperk omdat:
• Die bron is bevooroordeeld teenoor Suid-Afrikaanse troepe in
Angola.
• Dit toon slegs die perspektief van die anti-apartheid magte.
• Die gebruik van propaganda is duidelik in die bron.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die Kubaanse soldate vier hul oorwinning tydens die Slag van Cuito
Cuanavale.
• Die Kubaanse soldate het swaar artillerie tydens die Slag van Cuito
Cuanavale gebruik.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die Kubaanse betrokkenheid het tot die onafhanklikheid van
Namibië gelei.
• Suid-Afrika het begin met onderhandelinge vir ʼn demokratiese
regering.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van Bronne 2C en 2D – V3]
• Beide bronne dui aan dat Suid-Afrikaanse troepe tydens die geveg deur die
Kubane verslaan is.
• Beide bronne dui aan dat die stryd daartoe gelei het dat Namibië sy
onafhanklikheid gekry het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 13
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
• ʼn Burgeroorlog het tussen Angola se Drie bevrydingsbewegings begin.
• Buitelandse lande het tot die oorlog toegetree en die verskillende groepe
ondersteun.
• Die Slag van Cuito Cuanavale was ʼn groot geveg wat op die oewer van die
Lomba-rivier in die omgewing van Cuito Cuanavale geveg is. (Bron 2A)
• Die stryd is gevoer as gevolg van ideologiese oortuigings. (Bron 2A)
• Dit was die begin van die einde van wit minderheidsheerskappy in Suider-
Afrika. (Bron 2A)
• Suid-Afrikaanse troepe is in die slag van Cuito Cuanavale deur Kubane
verslaan. (Bron 2B)
• Suid-Afrika het ingestem om Namibiese onafhanklikheid te onderhandel in
ruil vir Kubaanse onttrekking uit Angola. (Bron 2B)
• Die Slag van Cuito het die bevryding van Namibië, Suid-Afrika en die SAOG-
streek bespoedig. (Bron 2C)
• Nelson Mandela het die Kubane geloof vir hul rol in die bevryding van Suid-
Afrika en Afrika as geheel. (Bron 2C)
• Mandela het gesê dat hul rol nooit vergeet sal word nie aangesien hul name
gelys is. (Bron 2C)
• Die Kubane het bygedra om Suider-Afrika te help om vryheid te verkry vir
geen voordeel anders as hul oorheersende aansporing van
internasionalistiese solidariteit nie. (Bron 2C)
• Oliver Tambo het na die stryd verwys as die Waterloo van rassistiese Suid-
Afrika. (Bron 2C)
• Die Kubaanse-magte het feesgevier nadat hulle bygedra het om Suider-
Afrika te bevry. (Bron 2D).
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op elementêre wyse,
byvoorbeeld, toon min of geen begrip van die
impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op
PUNTE
VLAK 1 Suider-Afrika gehad het.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor die onderwerp
verslag doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate
verband met die onderwerp, byvoorbeeld toon
PUNTE
VLAK 2 begrip van die impak wat die Slag van Cuito
3–5
Cuanavale op Suider-Afrika gehad het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse byvoorbeeld
demonstreer deeglike begrip van die impak
wat die Slag van Cuito Cuanavale op Suider- PUNTE
VLAK 3
Afrika gehad het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf en toon begrip oor die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: HOE HET DIE OPTOG OP WASHINGTON TOT DIE EINDE VAN
DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA (VSA) IN DIE 1960’s BYGEDRA?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Hoë vlakke van werkloosheid.
• Werk wat die meeste Afro-Amerikaners slegs minimale lone gebied
het.
• Swak werksmobiliteit.
• Sistematiese ontneming van stemreg van baie Afro-Amerikaners.
• Volharding van rassesegregasie in die Suide. (Enige 3 x 1) (3)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• The Congress of Racial Equality / CORE
• Negro American Labor Council / NALC
• Student Non-violent Coordinating Committee / SNCC
• Southern Christian Leadership Conference / SCLC (Enige 3 x 1) (3)
3.1.3 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V2]
• Burgerregte verwys na die basiese menseregte wat deur alle
Amerikaanse burgers geniet behoort te word, maar dit is slegs aan
blanke Amerikaners gegee.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• King het gese dat Afro-Amerikaners in die meerderheid was en tog
het hulle geen regte in Amerika nie.
• King het die optog ʼn kans gegee en gesê dat Afro-Amerikaners die
leiding moet neem om hulself te bevry.
• Afro-Amerikaners moet nie hande vou nie en kyk na hulle eie
diskriminasie en segregasie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Om teen rassediskriminasie te protesteer.
• Om steun te toon vir groot burgerregtewetgewing wat in die
Kongres hangende was.
• Om gelyke geregtigheid vir alle burgers onder die wet te eis.
(2 x 1) (2)
3.2.2 [Definisie van historiese konsepte uit Bron 3B – V1]
• Onregverdige behandeling van verskillende kategorieë mense op
grond van ras, etnisiteit ens.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• King het geïmpliseer dat diskriminasie en segregasie eendag in
Amerika geskiedenis sal wees.
• King het geïmpliseer dat die mense van Amerika gelyke regte sal
geniet.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 15
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Abraham Lincoln was die president wat die Emansipasie
proklamasie in 1863 onderteken het.
• Swartes staan 100 jaar na die Emansipasie proklamasie in die
Lincoln-gedenkteken en hulle het steeds geen gelyke regte nie.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Dit is moeilik om te glo dat die 1964 Burgerregtewet daarsonder
sou plaasgevind het. (1 x 2) (2)
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Wat wil die Negers hê? (1 x 2) (2)
3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Die toespraak verduidelik dat King en die ander Negers ʼn einde aan
diskriminasie wou hê
• Negers wou gelyke regte met die wit Amerikaners hê.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (4)
3.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Segregasie in skole is as onwettig verklaar.
• Die leerstelling van apart maar gelyk was nie aanvaarbaar nie.
• Die skole sou onmiddellik gedesegregeer word.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Duisende mense het die Optog op Washington bygewoon.
• Martin Luther King Jr. het sy bekende toespraak tydens die optog
na Washington gemaak.
• Baie mense het die eise van die Burgerregtebeweging ondersteun.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4.2 [Bepaal die betroubaarheid van Bron 3D – V3]
Die bron is betroubaar omdat:
• Dit ʼn primêre bron is, ʼn foto wat tydens die optog geneem was.
• Die toespraak wat King gemaak het, het beroemd geword.
• Dit kan deur ander bronne bevestig word.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.5 [Vergelyking van Bron 3B en 3D ‒ V3]
• Bron 3B meld dat die optog deur ʼn geskatte 250 000 mense bygewoon is,
Bron 3D is ʼn foto van baie mense in die optog.
• Bron 3B meld dat Martin Luther King sy “Ek het ʼn droom toespraak” tydens
die optog, Bron 3D wys hoe King die toespraak lewer.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
• Teen 1963, is dit waarvoor die vroeëre betogings geveg het, nie verwesenlik
nie, soos hoë vlakke van werkloosheid, swak werksmobiliteit en sistematiese
ontneming van stemreg. (Bron 3A)
• Verskeie bewegings soos NALC, CORE, SCLC en SNCC het ʼn brief geskryf
waarin hulle permitte vir die beplande Optog op Washington op 28 Augustus
1963 versoek het. (Bron 3A)
• Die gestelde doelwitte van die protes het “ʼn omvattende wetsontwerp op
burgerregte” wat met segregasie sou wegdoen ingesluit. (Bron 3A)
• Die Optog op Washington op 28 Augustus 1963 is deur meer as 200 000
betogers bygewoon. (Bron 3B)
• Die geleentheid het musikale optredes deur Joan Baez, Bob Dylan ingesluit,
en daar was ook aanbiedings deur talle sprekers. (Bron 3B)
• ʼn Huldeblyk is gebring aan Bates, Rosa Parks, Myrlie Evers, Diane Nash en
ander swart vroue in die Burgerregtebewegings. (Bron 3B)
• Martin Luther King Jnr. het in sy toespraak sy onwrikbare hoop uitgespreek dat
“sy vier kindertjies eendag in ʼn land waar hulle nie deur die kleur van hul vel
beoordeel sal word nie sal woon …”. (Bron 3B)
• Tydens die 60ste herdenking van die optog het onderhoudvoerders die dag van
die optog onthou. (Bron 3C)
• Die Optog op Washington het tot die aanvaarding van die Burgerregtewet van
1964 bygedra. (Bron 3C)
• Die toespraak wat King gemaak het, het verduidelik wat die Negers wou hê.
(Bron 3C)
• Die Optog op Washington was ʼn sukses, en dit word gewys op die foto waarin
King die skare toegespreek het. (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon min
of geen begrip van hoe die Optog op Washington
het tot die einde van diskriminasie en segregasie in
PUNTE
LEVEL 1 die VSA in die 1960’s bygedra.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor die onderwerp verslag
doen nie.
• Bewyse meestal relevant en hou groot mate verband met
die onderwerp bv. toon begrip van hoe Optog op
PUNTE
LEVEL 2 Washington bygedra het tot die einde van
3–5
diskriminasie en segregasie in die VSA in die 1960's
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer deeglike
begrip van hoe Optog op Washington bygedra het
tot die einde van diskriminasie en segregasie in die PUNTE
LEVEL 3
VSA in die 1960's 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 17
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Verenigde State van Amerika suksesvol
was om die verspreiding van kommunisme in Viëtnam in die tydperk 1965 tot 1975 te
bekamp. Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding Kandidate moet ʼn standpunt inneem deur te verduidelik tot watter mate die
Verenigde State van Amerika suksesvol was om die verspreiding van
kommunisme in Viëtnam in die tydperk 1965 tot 1975 te bekamp. Hulle moet
ʼn uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun.
UITBREIDING
Redes waarom die Verenigde State by die Viëtnam-oorlog betrokke geraak het (bevat
die verspreiding van kommunisme, vrees vir die ‘Domino-effek’, verspreiding van
kapitalisme)
• Die VSA het Diem se korrupte kapitalistiese regime in Suid-Viëtnam ondersteun.
• Golf van Tonkin resolusie (eskalasie).
• Mislukking van ‘Operation Rolling Thunder’ (bommissie vanaf Maart 1965 was om
die Noord-Viëtnamese ekonomie te vernietig om te keer dat hulle die Suide help; om
die National Liberation Front te vernietig).
• Guerrilla-oorlogvoering deur die Vietminh/Vietkong het die moraal van die VSA
verwar en ondermyn.
• Ho Chi Minh-roete en die betekenis daarvan.
• Mislukking van ‘Operation Ranch Hand’ (Konvensionele taktiek wat deur die VSA se
weermag gebruik is was nie effektief as gevolg van digte plantegroei nie) gedwing
om napalm, agent oranje (Agent Orange) te gebruik ‒ het die omgewing vernietig,
maar nie die Ho Chi Minh-roete nie.
• Tet Offensief.
• Anti-oorlog protesbeweging in die VSA en internasionaal.
• Die rol van die media om die impak van oorlog op die Viëtnamese mense en op
Amerikaanse soldate te wys.
• WHAM (Wining the hearts and minds of the Vietnamese) het eerstens die
implementering van die onttrekkingsproses van Amerikaanse troepe uit Viëtnam
beteken.
• Soek en vernietig (My Lai-dorpsslagting).
• Rol van Nixon – Viëtnamisering (mislukking van die weermag van die Suid-Viëtnam
om doeltreffend te veg).
• Bombardering van Noord-Viëtnam (Laos en Kambodja word kommunisties).
• Onderhandelinge vir vrede tussen VSA en Viëtnam.
• Saigon (Suid-Viëtnam) het in 1975 aan kommunistiese Noord-Viëtnam geval.
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ʼn relevante slot saamvat [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE-KONGO
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur
analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek of die politieke en ekonomiese beleid wat deur Mobuto
Sese Seko in die nuwe onafhanklike Kongo ingestel is, groei en welvaart meegebring het.
Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOF ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur krities te bespreek of Mobuto Sese
Seko se politieke en ekonomiese beleid wat in die nuut onafhanklike Kongo
ingestel is, groei en voorspoed gebring het. Hulle moet aandui hoe hulle van
plan is om hul argument te ondersteun.
UITBREIDING
Politieke beleid
• Koloniale erfenisse: (as agtergrond inligting)
• Paternalisme – Kongolese is soos kinders behandel – met geen verantwoordelikheid in
administrasie of verteenwoordiging van die regering nie.
• België het nie vir die behoorlike oorgang van ʼn nuwe leierskapsoorname voorberei nie.
• Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklik geword met Joseph Kasavubu as president
en Patrice Lumumba as Eerste Minister.
• Kasavubu het verkies dat die Kongo ʼn federale staat is, terwyl Lumumba vir ʼn sterk
gesentraliseerde, nasionale regering was.
• Lumumba ook in konflik met Moise Tshombe.
• Die nuut onafhanklike Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin, bv. Tshombe het
op afskeiding van Katanga vir sy eie onafhanklikheid gefokus – ʼn teken vir die behoefte
aan sterk politieke beleid.
• Mobuto het die mag van Kasavubu oorgeneem deur ʼn staatsgreep in 1965 (ambisieus)
• Hy het outoritarisme toegepas om politieke stabiliteit te bewerkstellig.
• In 1967 het Mobutu daarin geslaag om die Katanga-rebellie te stuit.
• Mobuto het sy land ʼn nuwe grondwet gegee as ʼn eenpartystaat onder sy party, die
Popular Movement for the Revolution (MPR).
• Die Kongo het binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid ʼn eenpartystaat geword met
alle opposisie onderdruk (outoritêr).
• Mobutu het ʼn persoonlikheidskultus (Mobutoism) (swak leierskap) ontwikkel –
selfgesentreerde leierskap.
• Mobutoïsme het die Kongo ʼn outokratiese staat onder homself gemaak as ʼn militêre
diktator (swak leierskap).
• Hy is deur die VSA ondersteun omdat hy gesien is as ʼn anti-kommunistiese bondgenoot
– voortgesette koloniale oorheersing.
• Hy het ʼn sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings beheer.
• Bevorderings en die toewysing van staatsinkomste – het gelei tot nepotisme – nie deur
die Kongolese verwelkom nie.
• Hy het ʼn beleid van Zaïrenasie, ʼn beleid wat vaardige/kundige buitelanders of diegene
wat strategiese bestuursposisies beklee het met ongeskoolde plaaslike mense vervang
– wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke leierskaprolle gelei het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 19
Ekonomiese beleide
• Koloniale erfenisse: (as agtergrond inligting).
o Uitbuiting ‒ Belgiese welvaart gebaseer op ontginning van katoen,
rubberplantasies en myne (koper, tine en diamant) deur koloniale maatskappye;
Winste uit minerale (myne) op uitbuiting van Kongolese werkers gebaseer.
o By onafhanklikheid is Kongo as die welvarendste beskou, maar met die
ekonomiese rykdom wat deur buitelandse eienaars besit word.
• Mobutu erf ʼn kapitalistiese ekonomie (van België).
• Ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders.
• Sommige ekonomie ryk aan natuurlike hulpbronne: koper, kobalt, diamante en ander
materiale wat op buitelandse investering gebaseer was.
• Hy het nasionalisering ingestel: Mobutu het die land se kopermynbou bedryf
genasionaliseer en winste uit die koperbedryf gebruik om sy 10-jaar
industrialisasieplan te finansier (wat pro-Kongolees op sigwaarde verskyn het).
• Genasionaliseerde maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding (verskyn
pro-Kongolees op sigwaarde).
• Buitelandse maatskappye wat onder beheer van sy bondgenote en familielede
geplaas is.
• Zairianisering bekend gestel (vervang buitelanders met Zairiaanse burgers) (goeie
leierskap – bemagtiging van plaaslike inwoners en keer paternalisme om).
• Zairianisering het gelei tot korrupsie, nepotisme, diefstal en wanbestuur.
• Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme (Groot gaping tussen
die elite en gewone burgers/ryk en arm geskep) (swak leierskap).
• Swak ekonomiese beleid het gelei tot die afname in die toestand van infrastruktuur
soos paaie, ens. – Kongolese negatief geraak wat nie deur die Kongolese verwelkom
is nie.
• Mobuto het ʼn kleptokrasie geskep – waarin ʼn groep aangestelde staatsamptenare
hul posisie vir finansiële gewin (korrupsie) misbruik het.
• Mobuto is gedwing om Retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars)
(ondoeltreffendheid van Zairianisering) in te stel – mislukte beleid.
• Baie min buitelandse eienaars het teruggekeer.
• Kongo se ekonomie het ineengestort (swak ekonomiese beleid) – negatiewe impak
op Kongolese.
• Kongo het afhanklik geraak van buitelandse hulp en belegging, bv. van die
Wêreldbank onder koloniale invloed bly wat nie deur die Kongolese verwelkom word
nie.
• Mobutu het lewenslank as president tot sy dood in 2007 gebly.
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet argumente met relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING PROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE
1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling dat die
Swartmag-filosofie daarin geslaag het om swart trots, selfstandigheid en die verdediging
van Afro-Amerikaner se regte in die 1960’s te vestig. Hulle moet hul argument met
relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOF ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate die
Swartmag ‒ filosofie het daarin geslaag om swart trots, selfstandigheid en
die verdediging van Afro-Amerikaner se regte in die 1960ʼs te vestig. Hulle
moet ook ʼn uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun.
UITBREIDING
• Omstandighede in die VSA: (Agtergrond inligting)
• Swart Amerikaners is steeds ekonomies en polities onderdruk in die VSA as gevolg
van diskriminerende (Jim Crow) wette
• Gebrek aan ʼn gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese omstandighede
(woon in ghetto’s en krotbuurte/swak behuising/onvoldoende fasiliteite)
• Swart Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van verandering en
die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s
• Swart Amerikaners was aan polisiebrutaliteit onderwerp – het tot die groei van
nasionalitiese gevoelens gelei.
• Swartmag–filosofie het voorgestaan om vertroue by Afro-Amerikaners te vestig
• Die bevordering van ʼn gevoel van selfgelding; selfstandigheid; swart trots; beheer
van politiek in hul eie gemeenskappe (voorgestaan deur Stockley Carmichael);
• Swart-Amerikaners om hulself teen polisiebrutaliteit te beskerm.
• Swart-Amerikaners om vryheid van Blanke gesag te soek.
• Bevordering van Afro-haarstyl en Afrika-klere en het die slagspreuk ‘Swart is pragtig
geskep’; (het daarin geslaag om minderwaardigheidskompleks uit te skakel).
• 1966 Bobby Searle en Huey Newton stig die Black Panther Party (BPP) vir
selfverdediging – teen polisiebrutaliteit (het daarin geslaag om Afro-Amerikaners
aan te moedig om selfgeldend te wees en vertroue in te boesem).
• BPP se tienpuntplan sal vertroue by Afro-Amerikaners inboesem‒sosiale, politieke
en ekonomiese doelwitte wat geformuleer is vir die opheffing van die Afro-
Amerikaanse gemeenskap.
• Die Black Panther Party het voedingskemas, kindersorg- en geletterdheidsprojekte
in swart gemeenskappe bedryf ‒ die voedingskemas het honger onder die jeug
uitgeroei en leer in skole verbeter (vertroue ingeboesem).
• BPP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die Afro-Amerikaners
gemeenskappe uitgeroei (vertroue ingeboesem).
• BPP-kindersorgprojekte het gesorg vir mediese behoeftes van Afro-Amerikaners in
swart gemeenskappe (vertroue ingeboesem).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 21
• BPP het geëis dat Afrika-geskiedenis in skole onderrig word.
• BPP het gewild geword en dit het takke in al die groot stede gevestig.
• Die mees voor-die-handliggende vorme van rassisme het tot ʼn einde gekom.
• Rassegeweld het grootliks afgeneem.
• Miljoene swartes is uit armoede gelig.
• Swartes is tot openbare ampte verkies.
• Regstellendeaksiebeleide is vir indiensneming van die regering geïmplementeer.
• Swartes het volle gelykheid met blankes verkry.
• Groter rassetrots en selfvertroue is onder swart mense ingeboesem.
• Swart kiesers is aangemoedig om swart kandidate vir die amp te ondersteun.
• Kiesersregtewet is aanvaar en dit het geletterdheidstoetse uitgeskakel.
• Daar was ʼn toename in staatsbesteding aan behoeftiges.
• Daar was ʼn sosiale en ekonomiese mobiliteit van Afro-Amerikaners.
• Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 Paper 1 North West Mock 2025 Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (English)

Question paper