Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
View all



HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 7
- File size
- 281.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA ‒
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE
VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan OF ʼn ń brongebaseerde vraag OF ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde benadeel word.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord EEN óf TWEE vrae uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet
word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) PROBEER OM
PW BOTHA SE HERVORMINGS IN DIE 1980’s TEEN TE STAAN?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Noem TWEE ander hervormingsmaatreëls uit die bron wat Botha
wou implementeer om apartheid in die 1980’s te hervorm. (2 x 1) (2)
1.1.2 Definieer die konsep Driekamerparlement in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Noem DRIE rassegroepe uit die bron wat in die driekamerparlement
ingesluit is. (3 x 1) (3)
1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
waarom jy dink PW Botha die meerderheid swartes uit die
driekamerparlement uitgesluit het. (2 x 2) (4)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Volgens die bron, wat was die doelwitte van die UDF wat tot sy
stigting gelei het? (3 x 1) (3)
1.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
waarom die UDF teen die grondwetlike hervormings van die
apartheidsregering gekant was. (2 x 2) (4)
1.2.3 Verduidelik die boodskap wat geïmpliseer word met die woorde:
“Ons is hier om te sê dat daar regte is wat nóg toegeken is, nóg
ontleen is vanaf die staat,” in die konteks van die UDF.” (1 x 2) (2)
1.2.4 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat
navorsing oor die stigting van die UDF doen. (2 x 2) (4)
1.3 Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
in Bron 1B met betrekking tot die redes vir die stigting van die UDF
ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023)
1.4 Raadpleeg Bron 1C.
1.4.1 Identifiseer enige TWEE leiers wat in die foto uitgebeeld word.(2 x 1) (2)
1.4.2 Gebruik visuele leidrade in die bron om die boodskappe wat in die
foto oorgedra word, te verduidelik. (2 x 2) (4)
1.4.3 Beskryf die gemoedstoestand van die leiers wat die stigting van die
UDF bygewoon het. (2 x 1) (2)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Noem enige TWEE UDF-leiers wat deur die apartheidsregering
aangehou (gevange/geneem) was. (2 x 1) (2)
1.5.2 Waarom, dink jy, was die UDF as die ‘interne vleuel van die
ANC’ beskou? (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
die United Democratic Front (UDF) probeer het om P.W. Botha se
hervormings in die 1980’s teen te staan. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL OM DIE WONDE VAN ’N VERDEELDE
SUID-AFRIKA TE GENEES?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Volgens die bron, wat was die twee belangrike dinge wat uit die
WVK na vore gekom het? (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom, dink jy, was sommige mense nie ten gunste van die WVK
nie? (1 x 2) (2)
2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
waarom jy dink die WVK ʼn katartiese (genesende) uitwerking vir
baie van die slagoffers gehad het? (2 x 2) (4)
2.1.4 Wat word geïmpliseer met die woorde: “Dit het ʼn argief
(bewaarplek) geskep … en hopelik daaruit te leer”, oor die werk
van die WVK? (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Waarom, dink jy het die WVK oortreders aangemoedig om vir
amnestie aansoek te doen? (1 x 2) (2)
2.2.2 Volgens die bron, wat was die positiewe aspekte wat deur die
WVK-verhore bereik was? (3 x 1) (3)
2.2.3 Definieer die konsep ‘amnestie’ in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.2.4 Wat, volgens die bron, was die grootste sukses van die WVK?
(1 x 2) (2)
2.3 Vergelyk Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die
bewyse in Bron 2B met betrekking tot die genesingsproses
van die WVK ondersteun. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na Bron 2C.
2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oorgedra
word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.4.2 Identifiseer enige DRIE ‘skelm(onderduimse)-streke’ in die bron
wat die Nasionale Party gedurende die 1980’s gepleeg het. (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023)
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die beperkings van die WVK vir ʼn geskiedkundige wat
navorsing oor die sukses van die genesing van die wonde van die
slagoffers doen. (2 x 2) (4)
2.5.2 Waarom dink jy het die Nasionale Party en ander verregse groepe
die WVK daarvan beskuldig dat dit ʼn ‘heksejag’ is? (2 x 2) (4)
2.5.3 Hoe, volgens die bron, sal herstellende geregtigheid suksesvol
wees? (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) suksesvol
was om die wonde van ʼn verdeelde Suid-Afrika te genees. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
“Dit was die Swartbewussynsbeweging (SBB) en Steven Bantu Biko wat
instrumenteel was om die apartheidsregering in die 1970's uit te daag.”
Stem jy saam met die stelling? Gebruik relevante bewyse om jou lyn van argument
te ondersteun. [50]
VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE:
ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE
“De Klerk se vrylating van Mandela was ʼn keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis tot
demokrasie in die 1990’s.”
Bespreek die stelling krities met verwysing na die proses van onderhandelinge in
Suid-Afrika tussen 1990 en 1994. [50]
VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie die beëindiging
van apartheid in Suid-Afrika beïnvloed het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
HISTORY P1 GR12 MEMO JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P1 GR12 MEMO JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024_ Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2024 Addendum Eng.pdf

Addendum
