Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 356.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGING WAT KONGO NA
AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde benadeel word.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WAT WAS DIE REDES VIR DIE BOU VAN DIE BERLYNSE MUUR IN
AUGUSTUS 1961?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Waar, volgens die bron, was Wes-Berlyn geleë? (1 x 2) (2)
1.1.2 Watter bewyse in die bron dui daarop dat die ekonomie van Oos-
Duitsland teen 1961 gesukkel het? (3 x 1) (3)
1.1.3 Lys DRIE redes uit die bron waarom Khrushchev Westerse
moondhede beveel het om Wes-Berlyn te ontruim. (3 x 1) (3)
1.1.4 Verduidelik wat word deur die stelling geïmpliseer: ‘Hierdie massiewe
breindrein het die DDR in ʼn stryd om oorlewing gedwing’. (1 x 2) (2)
1.1.5 Lewer kommentaar oor waarom Khrushchev Wes-Berlyn as ʼn
‘swerende wond’ in Oos-Duitsland beskou het. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Gee TWEE redes uit die bron waarom president Kennedy besluit het
om Wes-Berlyn nie te ontruim nie. (2 x 1) (2)
1.2.2 Definieer die konsep vrye mense in die konteks van die Berlynse krisis
van 1961. (1 x 2) (2)
1.2.3 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit president Kennedy se
stelling: “Terwyl ons gereed is om ons belange te verdedig, sal ons
ook gereed wees om vrede na te streef”? (1 x 2) (2)
1.2.4 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat President Kennedy se reaksie op die Berlynse krisis van 1961
navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Wat, volgens die bron, was die hoofrede waarom Khrushchev
besluit het om die grens op 13 Augustus 1961 toe te maak? (1 x 2) (2)
1.3.2 Waarom dink jy het die Westerse amptenare nie probeer om die
doringdraad te verwyder nie? (1 x 2) (2)
1.3.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik die impak van die Berlynse Muur op die burgers van
Berlyn. (1 x 2) (2)
1.3.4 Definieer die konsep spioene in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. Gebruik
die leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
1.4.2 Lewer kommentaar op die teenwoordigheid van die polisie tydens
die bou van die muur soos op die foto uitgebeeld. (1 x 2) (2)
1.5 Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun
rakende die Berlynse krisis van 1961. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes
vir die bou van die Berlynse Muur in 1961 verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WAAROM HET DIE ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975 DIE
SLAGVELD VAN DIE KOUE OORLOG IN AFRIKA GEWORD?
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, het die drie bevrydingsbewegings op
15 Januarie 1975 by Alvor in Portugal bymekaar gekom? (2 x 1) (2)
2.1.2 Noem die TWEE vereistes van die Alvor-ooreenkoms soos in die bron
aangedui. (2 x 1) (2)
2.1.3 Waarom dink jy was dit onmoontlik vir die drie bevrydingsbewegings
om Angola gesamentlik te regeer? (2 x 2) (4)
2.1.4 Definieer die konsep anti-koloniale oorlog in die konteks van die
onafhanklikheid van Angola. (1 x 2) (2)
2.1.5 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Die bewegings het nou uitsluitlik
hulp gesoek om hul posisies, soos teen mekaar bereken, te versterk’.
(1 x 2) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Identifiseer die TWEE lande in die bron wat die MPLA in staat gestel
het om die FNLA en UNITA uit Luanda te verdryf. (2 x 1) (2)
2.2.2 Lys DRIE redes uit die bron waarom die VSA en Suid-Afrika by die
Angolese Burgeroorlog van 1975 betrokke geraak het. (3 x 1) (3)
2.2.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom Suid-Afrika daarteen gekant was dat die MPLA
Angola regeer. (2 x 2) (4)
2.2.4 Verduidelik waarom jy dink die VSA sy betrokkenheid by die Angolese
Burgeroorlog ʼn geheim wou hou. (1 x 2) (2)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Watter bewyse in die bron dui daarop dat Rusland militêre steun aan
die MPLA verleen het? (3 x 1) (3)
2.3.2 Gee TWEE redes uit die bron waarom Kuba Operasie Carlota van
stapel gestuur het. (2 x 1) (2)
2.3.3 Wat dink jy was die impak van die aankoms van die 36 000 Kubaanse
soldate op die MPLA tydens die Angolese Burgeroorlog van 1975?
(1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron aan geskiedkundiges
wat die redes vir buitelandse betrokkenheid by die Angolese
Burgeroorlog van 1975 navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskap dra die bron oor met betrekking tot buitelandse
betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975? (1 x 2) (2)
2.4.2 Verduidelik hoe jy dink hierdie foto die uitkoms van die Angolese
Burgeroorlog van 1975 kon beïnvloed het. (1 x 2) (2)
2.5 Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2A ondersteun
met betrekking tot die betrokkenheid van buitelandse moondhede in die
Angolese Burgeroorlog van 1975. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom die Angolese Burgeroorlog van 1975 die slagveld van die
Koue Oorlog geword het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: HOE HET DIE VRYHEID SOMER-VELDTOG VAN 1964 BYGEDRA
TOT DIE TOEKENNING VAN STEMREG AAN SWART
AMERIKANERS WAT IN DIE 1960’s IN DIE VSA GEWOON HET?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Lys TWEE redes uit die bron waarom Mississippi teen 1964 die
laagste persentasie van geregistreerde swart kiesers gehad het.
(2 x 1) (2)
3.1.2 Noem TWEE organisasies uit die bron wat tydens die Vryheid
Somer-veldtog van 1964 saamgewerk het. (2 x 1) (2)
3.1.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom COFO-lede Noordelike blanke studente versoek
het om by hulle tydens hul kiesersregistrasieveldtog aan te sluit.
(2 x 2) (4)
3.1.4 Lewer kommentaar op die siening van blankes in Mississippi se
mening dat die aktiviste met kommunistiese leerstellings gebreinspoel
was. (1 x 2) (2)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Definieer die konsep aktivis in die konteks van die
Burgerregtebeweging in die VSA. (1 x 2) (2)
3.2.2 Waarom, volgens die bron, was die drie aktiviste in hegtenis geneem?
(1 x 2) (2)
3.2.3 Verduidelik wat geïmpliseer word met die verklaring, ‘Mississippi se
wetstoepassers het ʼn verrassende gebrek aan kommer oor die nuus
getoon’. (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat die dood van die drie aktiviste tydens die Vryheid Somer-veldtog
in Mississippi navors. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Wat dink jy was die doelwit van die FBI met die uitreiking van hierdie
plakkaat? (2 x 2) (4)
3.3.2 Wat vertel die plakkaat jou oor die ondersteuning van die Vryheid
Somer-veldtog binne die konteks van die Burgerregtebeweging?
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
3.4 Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting in Bron 3B rakende die
verdwyning van die drie aktiviste in Mississippi ondersteun. (2 x 2) (4)
3.5 Bestudeer Bron 3D.
3.5.1 Wat, volgens die bron, was die impak van die moord en brutaliteit
van die Vryheid Somer-veldtog op Amerikaners? (2 x 1) (2)
3.5.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop aandui dat die
Vryheid Somer-veldtog die politieke posisie van Swart Amerikaners
drasties verbeter het. (2 x 1) (2)
3.5.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom sekere aktiviste nie oortuig was dat tradisionele
politiek basiese burgerregte sou verseker nie. (2 x 2) (4)
3.5.4 Definieer die konsep burgerregte in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.5.5 Noem TWEE nasionale leiers uit die bron wat Swart Amerikaners
aangespoor het om hul regte ‘op enige manier wat nodig is’ aan te
gryp. (2 x 1) (2)
3.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer agt reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Vryheid Somer-veldtog van 1964 bygedra het tot die toekenning van
stemreg aan Swart Amerikaners wat in die 1960s in die VSA gewoon het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die Vietkong se vasberadenheid om Viëtnam onder ʼn kommunistiese bewind te
verenig, het daartoe gelei dat hulle die Amerikaanse betrokkenheid by die Viëtnamese
oorlog vanaf 1965 tot 1975 gewelddadig teengestaan het.
Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
Mobutu Sese Seko se pogings om Kongo se ekonomiese en politieke uitdagings aan
te spreek na die verkryging van onafhanklikheid vanaf België in 1960 het klaaglik
misluk.
Bespreek hierdie stelling krities deur te verwys na die suksesse en mislukkings van
die beleide wat Mobutu na onafhanklikheid ingestel het. [50]
VRAAG 6: PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF
DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING.
Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging se doelwitte van rassetrots en
selfversorgsaamheid tot die verbetering van die lewens van Swart Amerikaners in die
VSA in die 1960’s bygedra het. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Addendum