Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202320 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2023 GESKIEDENIS V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese konsepte/terme • Eenvoudige interpretasie van die bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting ingesamel van die (20) bron • Analiseer bewyse vanuit bron • Interpreteer en evalueer inligting en data uit bronne. • Vra vrae oor vooroordeel, betroubaarheid en bruikbaarheid en 30% VLAK 3 beperking van bronne (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bron en maak ʼn onafhanklike afleiding. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerkie (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en ✓ twee punte toegeken word (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt onder in die regterkantse kantlyn.bv. 32 50 • Maak seker dat die punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argumen 2.4 Assesseringsprosedures van ʼn opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer jy die opstel assesseer. 2.4.2 Gedurende die eerste lees van die opstel moet punte gegee word vir ʼn relevante inleiding,(aangedui deur ʼn kolpunt in die nasienriglyne) elk van die hoof punte/aspekte wat korrek gekontekstuleer is (ook aangedui deur ʼn kolpunte in die nasienriglyne) en ʼn relevante slot,(aangedui deur ʼn kolpunt in die nasienriglyne). Byvoorbeeld in ʼn antwoord waar daar (5)hoofpunte is sal daar 7 punte wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. P Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. E Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 5 2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slot nie korrek gekontekstueer ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling H • Analise A√ • Interpretasie I√ • Lyn van argument LVA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. In die assessering van ʼn opstel moet die gegewe kriteria in die rubriek gebruik word. In die assessering van die opstel moet aandag gegee word aan beide die inhoud en die aanbieding. By die punt van kruising tussen die inhoud en die aanbieding moet ʼn punt gegee word. (a) Die eerste lesing van die opstel sal wees om te bepaal tot watter mate die hoof aspekte gedek is en om die inhoudsvlak te bepaal (in die rubriek). I VLAK 4 (b) Die tweede lesing van die opstel sal verband hou met die vlak van aanbieding (in die rubriek) I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Gee ʼn algehele punt deur die matriks te gebruik I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed Baie goed Goed beplande Argument Toon soms bewys Poging Weinig of geen AANBIEDING beplande en beplande en en beplan en van ʼn poging om die aangewend om gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde gestruktureer. gestruktureerde en opstel te opstel. Goeie antwoord te opstel. ʼn opstel. Bewyse tot ʼn beplande struktureer nie. sintese van struktureer. Relevante Poog om ʼn sekere mate argument. Poog inligting. Het ʼn argument is gebruik om om ʼn argument vol Grootliks duidelike goed gevolg. Bewyse argument te te hou. beskrywend of gebalanseerde, argument te gebruik om die ondersteun. Gevolgtrekking nie poog om argument oorspronklike argument te ontwikkel. Slotsom bereik duidelik te ontwikkel. Geen argument verdedig. Poog om Gevolgtrekking op grond van ontwikkel met ondersteun deur poging om ʼn ʼn onafhanklike gemaak uit bewyse. bewyse. Argument gevolgtrekking uit bewyse nie. gevolgtrekking te bewyse om die deurgaans die bewyse te maak nie. volgehou en argument te INHOUD maak om die verdedig. ondersteun. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 Inhoud toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of 14–17 0–13 glad nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) PROBEER OM PW BOTHA SE HERVORMINGS IN DIE 1980’s? TEEN TE STAAN 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Wetlike erkenning van Afrikaan/swart vakbond-unies • Erkenning van die permanensie van ʼn stedelike Afrikane bevolking (2 x 1) (2) 1.1.2 [Verduideliking van ʼn historiese uit Bron 1A – V1] • Parlement van 3 kamers wat blankes, Kleurling en Indiërs insluit. • Dit moet al vier die rassegroepe, Swartes, Blankes, Kleurlinge en Indiërs, insluit • Die drie groepe is toegelaat om onder mekaar te stem • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Indiërs • Kleurlinge • Blankes (Enige 3 x 1) (3) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Hulle was die meerderheid van die bevolking • Die Swartes sou die verkiesing wen as dit plaasvind • Dit is maklik vir die wit regering om Indiërs en Kleurlinge te beheer • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • ʼn Onverdeelde Suid-Afrika wat aan al sy mense sal behoort • Oop demokrasie waarvan geen enkele Suid-Afrikaner uitgesluit sal word nie • Menswaardigheid van alle mense sal gerespekteer word (Enige 3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Dit was kosmeties • Slegs vir blankes en minderheidsgroepe voorsiening gemaak • Alle Suid-Afrikaners moet met waardigheid en respek behandel word en nie net minderheidsgroepe nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Die UDF sal geen regte aanvaar wat deur die staat gegee word nie • Die staat het nie die reg om hierdie regte te bepaal nie • Dit is Godgegewe regte wat aan alle mense gegee het, ongeag kleur • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.2.4 [Evaluering van die betroubaarheid van bewyse uit Bron 1A en 1B – V3] Die bron is BETROUBAAR omdat: • Die bron is ʼn toespraak deur een van die hoofsprekers van die UDF • Dit is ʼn primêre bron; sienings van die UDF uitgespreek deur Boesak • Dit wys vir ons die doel/werk van die UDF in die aanvanklike stadium van sy stigting • Dit beklemtoon ook die mislukking van apartheid en die behoefte aan die vorming van UDF • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1A en 1B – V3] • Bron 1A: Botha wou grondwetlike verandering aantoon deur die Driekamerstelsel in te stel. • Bron 1B: UDF het aan ʼn verenigde nasie gewerk • Bron 1A: Nie alle blankes wou mag aan die swart mense gee nie Bron 1B: UDF wou demokrasie hê waar geen Suid-Afrikaner uitgesluit sal word nie • Beide bronne maak melding van hervormings • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Dr. Allan Boesak • Archie Gumede • Mev. Naicker (Enige 2 x 1) (2) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Om die arm op te lig, dui op eenheid • Sit van UDF-amptenare met gewone lede dui op hul ondersteuning vir mekaar • Almal van hulle luister aandagtig na die spreker wat hul groot belangstelling aandui • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 9 1.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Gelukkig • Vreugdevol • Saamhorigheid • Eenheid • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 1) (2) 1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • Popo Molefe • Masiu Patrick ‘Terror’ Lekota • Moses ‘Moss’ Chikane (Enige 2 x 1) (2) 1.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Die UDF het ook in die beginsels van die Vryheidsmanifes geglo • Die UDF het ook die apartheidsregering teengestaan • Die UDF het ook die protesaksie teen die apartheidsregering gelei • Beide partye wou hê apartheid moet beëindig word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Botha het die weermag in staat gestel om hul invloed oor onderdrukkende aktiwiteite te vergroot (Bron 1A) • Botha wou ook mag aan minderheidsrassegroepe gee (Bron 1A) • Sommige Afrikanergroepe het weggebreek deur nie Botha se veranderinge te aanvaar nie (Bron 1A) • Die UDF is van stapel gestuur om alle mense in te sluit (Bron 1B) • Moenie stem-veldtog wat deur UDF geloods is (eie kennis) • Miljoen handtekeninge-veldtog teen die driekamerparlement (eie kennis) • Die UDF het teen ʼn kommerwekkende tempo gegroei en die apartheidsregering bevind hulself in ʼn krisis (Bron 1B) • Bekendstelling van die UDF dui eenheid aan (Bron 1C) • Die Verraadverhoor van die drie dui op die vrees van die NP vir die groei van die UDF (Bron 1C) • Die regering pak die skuld op die UDF vir geweld (Bron 1D) • Uiteindelik is die vonnisoplegging omgekeer en die drie beskuldigdes is vrygelaat (Bron 1D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe het die United Democratic Front (UDF) probeer VLAK 1 het om PW Botha se hervormings in die 0–2 1980’s teen te staan. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die United Democratic Front (UDF) probeer het om PW Botha VLAK 2 3–5 se hervormings in die 1980’s teen te staan. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die United Democratic Front (UDF) probeer het om PW Botha se VLAK 3 6–8 hervormings in die 1980’s teen te staan. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 11 VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL OM DIE WONDE VAN ‘N VERDEELDE SUID-AFRIKA TE GENEES? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ʼn Merkwaardige en verreikende openbare blootstelling van die menseregteskending en misdade wat onder die apartheidsregime gepleeg is, bereik • Dit het gewone mense toegelaat om uitdrukking te vind vir die lyding onder die regime (2 x 1) (2) 2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Het nie die WVK vertrou nie • WVK het die oortreders bevoordeel eerder as die slagoffers • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Hulle was vry om hulself tydens die verhore uit te druk • Hulle kon hul oortreders ontmoet • Hulle kon afsluiting vind. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Daar is baie gevalle van menseregteskending waaruit die apartheidsregering kan leer • Hulle sal kan besluit wat korrek is of bekering nodig het • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die WVK wou hê mense moet die waarheid oor hul gruweldade vertel • Oortreders kon nie in die hof verhoor word nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Slagoffers het die geleentheid gehad om diegene te konfronteer wat hulle seergemaak het • Oortreders het die kans gehad om berou te toon • Slagoffers het vir die eerste keer uitgevind wat met hul geliefdes gebeur het wat verdwyn het of dood gevind is • Ander het geleer waar lyke van hul geliefdes gevind kon word. (Enige 3 x 1) (3) 2.2.3 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2B – V1] • Amptelike kwytskelding vir politieke gemotiveerde misdade • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Die nasie aan te moedig om aan te beweeg ná die gruwels van die apartheidsera (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) 2.3 [Vergelyking van bewyse van Bron 2A en Bron 2B – V3] • Bron 2A skets die blootstelling van die menseregteskendings en misdade wat gedurende die apartheidsera gepleeg is. Bron 2B skets die proses waardeur mense na vore gekom het en gepraat het oor die misdade en menseregteskendings wat gepleeg is • Bron 2A toon hoe apartheid die bevolking in terme van hul menslikheid beïnvloed het. Bron 2B het die slagoffers toegelaat om van aangesig tot aangesig met die oortreders te staan • Bron 2A praat oor die begin van versoening. Bron 2B gee in detail uit hoe die nasie vorentoe beweeg het as gevolg van die WVK • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die NP het geweier om verantwoordelikheid te aanvaar vir die misdade wat gelys is (spraakborrel – WAT IS “APARTHEID”?) • Die NP het die ANC as onverskillig beskou (glimlag op hul gesigte) • Die NP kon nie die misdade onthou wat gedurende die apartheidsera gepleeg is nie (spraakborrel – WAT IS “APARTHEID”?) • Die NP was nie bereid om diegene wat die bevele gegee het, bekend te maak nie (spraakborrel – Wie het die bevele gegee?) • Die NP het ontken dat daar apartheid bestaan waarvoor hulle verantwoordelik was (spraakborrel – WAT IS “APARTHEID”?) • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.4.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – V1] • Bombardeering • Telefoon gespreke afluister • Diefstal van vakbondfondse • Spioenasie • Smeerveldtogte • Vlakplaas • Derde Mag • Treffergroep (Enige 3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 13 2.5 2.5.1 [Bepaling van die beperkings uit Bron 2D – V3] • Verseker dat geregtigheid geskied as gevolg van die WVK se hoop om die vrese van die NP en ander ver- regse groepe te akkommodeer • Hierdie groepe het nie gevra vir aspekte van die waarheid wat bekend gemaak word nie in ʼn poging om hul politieke geloofwaardigheid te behou • Hierdie groepe het nie besef dat die hoofrol van die WVK was om versoening te bou nie, maar hulle het dit eerder as ʼn heksejag beskou. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Die NP het ʼn outoritêre regime gevestig tydens die apartheidsera en baie van sy lede het menseregteskendings gepleeg • Die NP en ander regse groepe wou hul reputasie bewaar en wou nie hul beelde verder verneder nie • Die NP wou nie meer vrae beantwoord oor die redes agter apartheid wat baie historici as ʼn kriminele sameswering beskou het nie • Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 2.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] Slagoffers moet sien dat oortreders berou toon (1 x 2) (2) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne – V3] Leerders kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Dit het ʼn merkwaardige openbare blootstelling van menseregteskendings en misdade wat gepleeg is behaal (Bron 2A) • Die WVK het die apartheidsera se beleid teen die mensdom blootgelê (Bron 2A) • Die WVK het gewone mense toegelaat om hul lyding onder die regime uit te druk (Bron 2A) • Die WVK moes griewe van beide swart en wit hanteer (Bron 2B) • Dit het mense toegelaat om na vore te kom en om vergifnis en amnestie te vra (Bron 2B) • Die WVK het ook toegelaat dat die slagoffers en die oortreders mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet (Bron 2B) • Die WVK was ʼn sukses aangesien dit die nasie aangemoedig het om vorentoe te beweeg ná die gruwels van apartheid (Bron 2B) • Die WVK het die NP se vuil streke teenoor die ANC ontbloot (Bron 2C) • Dit het die Derde mag, Vlakplaas en moordbendes ingesluit (Bron 2C) • Een van die suksesse van die WVK was die herstel van die slagoffers se waardigheid (Bron 2D) • Die NP en ander ver- regse organisasies het die WVK as ʼn heksejag beskou en sy politieke geloofwaardigheid skade berokken (Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie VLAK 1 (WVK) suksesvol was om die wonde van 0–2 ’n verdeelde Suid- Afrika te genees. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip hoe die Waarheids-en- Versoeningskommissie (WVK) suksesvol VLAK 2 3–5 was om die wonde van ’n verdeelde Suid- Afrika te genees. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die Waarheids- en- Versoenings Kommissie(WVK) suksesvol was om wonde van ʼn VLAK 3 6–8 verdeelde Suid- Afrika te genees. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 15 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970s TOT 1980s: SUID- AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling dat dit die Swart Bewussynsbeweging en Steven Bantu Biko wat instrumenteel was om die apartheidsregering in die 1970's uit te daag. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem oor hoe die Swart Bewussynsbeweging en Steve Bantu Biko instrumenteel was in die uitdaging van die apartheidsregering in die 1970’s. UITBREIDING • In die 1970's het Swartbewussynsbeweging (SBB) die vryheidstryd laat herleef • Apartheid het in die 1970's en 1980's toenemend onderdrukkend geword • Weerstand was ʼn hopelose oorsaak. SB idees het daardie ingesteldheid verander • Swartbewussyn (SB) het begin as ʼn universiteitstudentebeweging onder leiding van Stephen Biko wat daarop gemik was om swart mense bewus te maak en ʼn gevoel van eiewaarde en selfvertroue by hulle te vestig om die apartheidsregime uit te daag. • Die rol van Biko: Biko het by studentepolitiek betrokke geraak terwyl hy medies aan die universiteit studeer het as lid van NUSAS – ʼn nie-rassige studenteorganisasie. Biko was oortuig dat hulle nie die behoeftes van swart Suid- Afrikaners kan verstaan nie en het gevoel daar is ʼn behoefte aan eie organisasie om vir hulself te praat. Biko het medestudente van ander etniese universiteite gewerf en in Desember 1968 ʼn grondwet vir die Suid-Afrikaanse Studente- organisasie (SASO) opgestel. • SASO: Versprei SB idees oor die kampusse van die etnies geskeide universiteite. Was belangrik omdat dit swart eenheid en solidariteit bevorder het, studente meer polities bewus gemaak het, studente aangemoedig het om hulself van apartheid te bevry Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) • SBB: Versprei vanaf die etniese universiteitskampusse na die res van Suid-Afrika. Jong swart mense is na verskeie gemeenskappe gestuur om klinieke te skep en te bestuur en om geletterdheidsveldtogte op te stel om solidariteit en selfstandigheid aan te moedig. In 1972 is die Black People’s Convention (BPC) gestig om die aktiwiteite van al die verskillende SBB-groepe wat ontstaan het, te koördineer. BC het arbeidsbewegings in Suid-Afrika weer wakker gemaak. In 1972 het SASO ʼn nasionale vakbondraad vir swartes gestig. Die Black Allied Workers Union (BAWU) is deur Drake Koka gestig, en dit het wit betrokkenheid by die vakbondbeweging verwerp. Urban Workers’ Strike (1973) redes vir die staking en eise van die werkers. Beklemtoon die regering se reaksie en impak van stakings. Viva Frelimo byeenkomste; hierdie byeenkomste as nasionale veldtogte wat deur SASO aangebied word die byeenkomste spanning tussen SASO en die Suid- Afrikaanse regering • Regering se persepsies van SBB: Aanvanklik was SA regering nie bekommerd oor die SBB nie, aangesien dit gelyk het aan sy eie beleid van afsonderlike ontwikkeling. Apartheidsfilosofie het in rasseskeiding geglo, so die vorming van SASO (slegs swart unie) het gelyk in ooreenstemming met apartheidsteorieë van ''eie sake''. SB het sterker geword; dit het ʼn uitdaging aan die staat gestel, want dit het ʼn massabeweging geword wat apartheid wou ondermyn. Apartheidsregering het gereageer op die bedreiging wat die SBB ingehou het deur aksies te neem soos; SB-leiers in 1971 verbied om in die openbaar te praat (8 SASO-leiers is verbied); 8 BPC-leiers is ingevolge die Wet op Terrorisme sonder verhoor aangehou; SASO is teen 1975 op universiteitskampusse verbied en Biko is in 1977 wreed deur die veiligheidspolisie vermoor. • 1976 Soweto-opstand: Leerders by skole in Soweto was ongelukkig omdat; meeste staatsbefondsing het na wit skole gegaan, erge oorbevolking in klasse, kurrikulum was beperk en onderwys het leerders voorberei op hande- en ongeskoolde arbeid. Die instelling van Afrikaans as onderrigmedium in 1975 in swart skole het massaprotes ontketen. SASM het besluit om ʼn massabetoging teen Afrikaans as onderrigmedium te hou. Op 16 Junie 1976 het duisende Soweto- leerders ʼn vreedsame protes aangepak. Later Later het die optog gewelddadig geword en honderde is beseer (Hastings Ndlovu en Hector Pietersen). Woed oor die polisie-aksies het leerders amok gemaak deur die strate van Soweto en simbole van apartheid soos geboue en wit besighede verbrand. • Debatteer of SASO (en SASM) deur SBB beïnvloed is. Daar was baie ander faktore wat ʼn rol gespeel het soos; swak lewensomstandighede in Soweto, invloed van die ANC (politieke invloed) en die stigting van die vakbondbeweging. Daar is egter ʼn algemeen aanvaarde idee dat SB die leerders van Soweto beïnvloed het. ʼn Aantal SASO-lede het onderwysers geword nadat hulle gegradueer het. Hulle het BC-idees aan leerders bekendgestel. SASM het leierskapsopleiding aan hoërskoolleerders verskaf, en dit (SASM) is deur SASO aangemoedig om hom te bekommer oor ongeregtighede binne die samelewing en om SB-idees te versprei. • Die nalatenskap van BC oor SA politiek: BCM het die stryd teen apartheid laat herleef. As gevolg van die verandering in houding wat deur die BCM en SASO gebring is, het skoolkinders die apartheidstaat uitgedaag en landwye protes gelei. BCM politieke aktiviste het ʼn nuwe politieke organisasie, die Azanian Peoples' Organisation (AZAPO) in 1978 gestig. Azapo het BC se filosofie omhels en wit deelname aan die stryd verwerp. Enige ander relevante inligting. • Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ’n relevante slot. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 17 VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet die stelling krities bespreek met verwysing na die proses van onderhandeling in Suid- Afrika tussen 1990 en 1994. Hulle moet ʼn standpunt inneem en hul argument met relevante bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet aandui of die stelling ʼn akkurate evaluering is van hoe De Klerk se vrylating van Mandela ʼn keerpunt was in Suid-Afrika se geskiedenis tot demokrasie in die 1990's. UITBREIDING • De Klerk kom in 1989 aan bewind • De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990 as ʼn keerpunt beskou • Het gelei tot die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP • Die opheffing van beperkings op COSATU en AZAPO; De Klerk se besluit om Mandela op 11 Februarie 1990 uit die tronk vry te laat, het die weg gebaan vir onderhandelinge • Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet: ANC-afvaardiging onder leiding van Nelson Mandela en die NP-afvaardiging onder leiding van FW de Klerk) • Apartheidswetgewing herroep soos die Wet op Afsonderlike Reservering van Geriewe • Pretoria-minuut, 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die gewapende stryd op te skort) • KODESA 1 (19 politieke partye uitgesluit AZAPO, CP en PAC – 300 afgevaardigdes het vergader) • Geweld breek uit in verskeie dele van Suid-Afrika soos die Rand, Natal en elders (IVP, ANC en Derdemag geweld) • CODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye kon nie ooreenkom oor ʼn nuwe grondwetmakende liggaam en tussentydse regering nie (onsekerheid) • NP wou minderheidsveto hê terwyl ANC ʼn tussentydse regering vir nie langer as 18 maande en gewone meerderheidsregering wou hê nie • Boipatong-slagting (17 Junie 1992) en die gevolge daarvan (geweld en onsekerheid) • Bhisho-slagting (7 September 1992) het die proses van onderhandelinge (geweld en onsekerheid) amper ontspoor. • Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) • Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika (geweld en onsekerheid) • Belangrikheid van die Veelparty-onderhandelingsforum vir Suid-Afrika se toekoms • Regse (AWB) aanval op die World Trade Centre en die gevolge daarvan (geweld en onsekerheid) • Sonsondergangklousule wat deur Joe Slovo ingestel is, het die dooiepunt van onderhandelinge verbreek • Heidelberg taverne-slagting – 31 Januarie 1993 (geweld en onsekerheid) • St James-slagting in Julie 1993 – APLA oop vuur – 11 gedood en 58 gewond (geweld en onsekerheid) • Tussentydse Grondwet in November 1993 • Shell House-slagting in Maart 1994 – IVP optogte na die ANC-hoofkwartier – 8 mense dood en 250 beseer (geweld en onsekerheid) • Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig • ANC het verkiesings gewen en Mandela het die eerste swart Suid-Afrikaanse president geword • Enige ander relevante antwoord. • slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ’n relevante slot. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 19 VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie die beëindiging van apartheid beïnvloed het. Hulle moet ʼn lyn van argument inneem en hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet verduidelik hoe die ineenstorting van die Sowjetunie die beëindiging van apartheid beïnvloed het na 1989. Hulle moet demonstreer hoe hulle die vraag gaan benader. UITBREIDING • Ekonomiese toestande in Rusland in die laat 1980’s • Gorbatsjof se beleid van perestroika en glasnost • Gorbatsjof beëindig die kernwapenwedloop met die VSA • Gorbatsjof beëindig die oorlog in Afghanistan • Die USSR gee afstand van haar oorheersing oor Oos-Europa • Die val van die Berlynse Muur en die einde van kommunisme • Veranderinge in die wêreld het bygedra tot die einde van apartheid • Die ineenstorting van die USSR het die ANC sy hoofbron van steun ontneem • Die ANC kon nie meer op die USSR staatmaak om dit ekonomies of met wapens te ondersteun nie • Gorbatsjof was ook ten gunste van ʼn vreedsame magsoorgang in Suid-Afrika • Die Nasionale Party se bewering dat hy optree as ʼn ‘bolwerk’ teen kommunistiese uitbreiding in Suider-Afrika het onrealisties geword • Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese oorname beskerm, was naïef • Westerse wêreldmoondhede het die stap ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en demokraties oplos • Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie meer wit oppergesag in Suid-Afrika kan handhaaf nie • Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord op die behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling is nie • Die Slag van Cuito Cuanavale en die onafhanklikheid van Namibië • Daar was geen twyfel dat die voortgesette onderdrukking van swart Suid- Afrikaners nie politieke stabiliteit sou verseker nie • PW Botha het ʼn beroerte gehad en is deur F.W. de Klerk opgevolg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2023) • FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie ʼn sameswering was wat vanuit Moskou gerig is nie. • Dit het De Klerk in staat gestel om in gesprek te tree met die bevrydingsorganisasies • Op 2 Februarie 1990 het De Klerk aangekondig' ʼn nuwe en regverdige grondwetlike’ bedeling • Dit het die einde van apartheidsregering aangedui • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ’n relevante slot. As die kandidaat nie met die stelling saamstem nie, moet hulle hul lyn van argument met relevante bewyse ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all