Skip to content

History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12201723 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 NASIEN RIGLYNE VAK: GESKIEDENIS VS 2 (10792) 23 bladsye
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017 GESKIEDENIS (Tweede Vraestel) MEMORANDUM 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante 30% VLAK 1 inligting uit bronne (15 punte) • Definieer historiese begrippe / terme • Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne (20 punte) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings 30% VLAK 3 vas te stel (15 punte) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae: • Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord. Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (). • Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. 2
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _____________________________________________ . _________________ √√√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 3
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 2. OPSTELVRAE 2.1 By opstelvrae moet die kandidaat: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en / of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie / daarstelling van ʼn argument • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun • Die leerder se interpretasie van die vraag 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne / memorandum), vir elke hoofmoment / aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn / memorandum) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees 4
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 2.4.3 Die volgende addisione simbole kan gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ 2.5 Die matriks Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. 2.5.1 Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 2.5.2 Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 2.5.3 Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 }26 A VLAK 3 5
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE – TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument beplan Toon soms Poging Weinig of geen beplande en beplande en en en gestruktureer. bewys van ʼn aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde Bewyse tot ʼn gestruktureerde antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. ʼn opstel. Poog om sekere mate en beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante ʼn duidelike gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het ʼn argument is argument te argument te om ʼn argument beskrywend of goed gevolg. Bewyse ontwikkel. ondersteun. vol te hou. poog om INHOUD gebalanseerde, gebruik om die Gevolgtrekking Slotsom bereik Gevolgtrekking argument te oorspronklike argument te gemaak uit op grond van nie duidelik ontwikkel. Geen argument verdedig. Poog bewyse om die bewyse. ondersteun deur poging om ʼn ontwikkel met om ʼn argument te bewyse nie.. gevolgtrekking te bewyse. onafhanklike ondersteun maak nie. Argument gevolgtrekking deurgaans uit die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun.. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 Inhoud toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie / totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Antwoord sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 6
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 VRAAG 1 HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE APARTHEIDSREGERING IN DIE 1970’S UITGEDAAG? 1.1 1.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1A – V1] (a) Swartbewussyn • ʼn Filosofie wat swart trots en waardes aanmoedig. • Swart mense moet hulself van die boeie van minderwaardigheid bevry. • Swart mense moet hulself van die kettings van onderdrukking bevry. • Swart mense moet hulself bemagtig deur die verantwoordelikheid vir hul eie stryd op hulself te neem. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) (b) Bevryding • Om vrygemaak te word van onderdrukking van die apartheidsregering in die 1990’s in Suid-Afrika. • Om swart mense vry te maak van onderdrukking – apartheid. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Swart mense moet trots in hul ‘swartwees’ ontwikkel. • Swart mense moet hulself van die gevoel van minderwaardigheid bevry. • Swart mense moet selfvertroue ontwikkel om hul eie toekoms te bepaal. (1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Moedig selfstandigheid aan onder swart mense. • Koördineer aktiwiteite van SB. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.1.4 [Vasstelling van die nut (bruikbaarheid) van bewyse in Bron 1A –V3] Die bron is bruikbaar omdat: • Dit beklemtoon die mikpunte (doelwitte) en idees van Swartbewussyn. • Dit help ons verstaan wat die redes vir die vestiging van die BPC was. • Dit verduidelik die impak wat SB op die jeug in 1976 gehad het. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 7
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Pretoria Sentrale Gevangenis (1 x 1) (1) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • ‘die 20ste persoon wat in die voorafgaande agtien maande in aanhouding oorlede is’ (1 x 1) (1) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V2] • Hongerstaking (1 x 1) (1) 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B –V2] • Biko was baie fiks toe hy gearresteer is. • Die outopsie is voor hulle uitgevoer en hulle het waarskynlik die kneusplekke gesien en dat hy voor sy oorplasing / vervoer aangerand is. • Die polisie het genoeg rede om Biko se dood te verdoesel aangesien Biko ʼn martelaar (matyr) geword het. • Die koerant het in ʼn artikel aangedui dat Biko as gevolg van kopbeserings oorlede is. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Kruger het geweet dat hy leuens vertel. • Hy het die bevel van iemand hoër uitgevoer. • Dit wys hoe arrogant hy was en dat hy gedink het dat die publiek dit nie hoef te weet nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Biko is vry van onderdrukking – die ketting is gebreek. • Biko is beskou as ʼn baie belangrike vryheidsvegter – die plakkaat is ʼn huldeblyk. • Biko het die swart samelewing verenig – die hoofopskrif is: ‘Biko and Solidarity’. • Biko is deur mense vereer – huldeblyk. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3.2 [Analise van inligtin uit Bron 1C – V2] • Biko is vry van die ketting van onderdrukking. • Beklemtoon die feit dat Biko vry is – die einste apartheidsregering wat hom onderdruk het, het hom vrygestel deur hom te vermoor. • Biko het vrygebreek want hy het sy denke (gedagtegang) eerste bevry voor hy die apartheidregering uitgedaag het. • Hy was ʼn vryheidsvegter wat vir die bevryding van alle swart Suid- Afrikaners geveg het. • Die ketting beklemtoon hoe moeilik dit was om vryheid te bekom. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 1.4 [Vergelyking van Bronne 1A en 1C en verduideliking van ondersteuning –V3] • Bron 1A dui aan dat swart mense hulself van die boeie van onderdrukking moet bevry en Bron 1C dui aan dat Biko homself losbreek van die kettings wat hom van vryheid ontneem. • Bron 1A noem die stigting van die Black People’s Convention en in Bron 1C word Biko vereer vir die rol wat hy in die Black People’s Convention gespeel het en word dit op die pamflet genoem. • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘wydverspreide internasionale mediadekking’ (1 x 2) (2) 1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • Vensters is stukkend geslaan. • Mense is met swepe (sambokke) geslaan. • Traangas is afgevuur. (3 x 1) (3) 1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D –V2] • Hulle het opdragte van hoër uitgevoer. • Was gefrustreerd, want ten spyte daarvan dat permitte nie aan roubeklaers toegestaan is nie, het hulle steeds beplan om te gaan. • Voer die regerings se beleide – totale strategie- uit. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.6 [Interpretasie, sintese en evaluarie van bewyse uit relevante bronne –V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: • Biko moedig swart mense aan om hulself van onderdrukking te bevry (Bron 1A). • Biko het swartes verenig met sy oproep aan Afrikane, bruin mense en Indiërs. Bron 1A) • Moedig swartes aan om nie op wit liberalisme staat te maak nie. (Bron 1A) • Moedig swartes aan om hul eie strukture vir swartes te ontwikkel en sodoende van wit strukture weg te breek. (Bron 1A) • Inspireer die jeug van die 1970s om tot aksie oor te gaan. (Bron 1A) • Hy was ʼn uitgesproke leier. (Bron 1B) • Koerante het hul eie ondersoek gedoen – dit was ʼn aanduiding dat hulle nie die Minister se verklaring bloot gaan aanvaar nie. (Bron 1B) • Koerante het mekaar in die geveg teen die regering ondersteun. • AZAPO het plakkate gepubliseer om hulde aan hul afgestorwe leier te bring. (Bron 1C) • Roubeklaers het geweier om hulle planne om Biko se begrafnis by te woon te verander, selfs al het hulle nie permitte vir die busse ontvang nie. (Bron 1D) • Enige ander relevante antwoord (8) 9
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken. • Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv. toon geen of min begrip van hoe Biko en die SBB die apartheidsregering in die PUNTE VLAK 1 1970s uitgedaag het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate verband met die onderwerp bv. toon begrip van hoe Biko en die SBB die apartheidsregering in die 1970s uitgedaag PUNTE VLAK 2 het. 3–4 • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. toon ʼn deeglike begrip hoe Biko en die SBB die apartheidsregering in die 1970s uittgedaag VLAK 3 het. PUNTE • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn 5–8 georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. [50] 10
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 VRAAG 2 HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN DIE ONTBLOTING VAN DIE WAARHEID OOR DIE DERDE MAG- BEDRYWIGHEDE? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Om die growwe menseregteskendings van die verlede se politieke konflik te ondersoek. (1 x 2) (2) 2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Om sover moontlik ʼn beeld van die growwe menseregteskendings te skep. • Om vorige politieke konflikte aan te spreek. • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A –V2] • As gevolg van politieke konflikte tussen die politieke partye van Suid-Afrika. • Apartheidsbeleid van die Nasionale Party. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Die Menseregteskendingskomitee • Die Amnestiekomitee • Reparasies- en Rehabilitasiekomitee (3 x 1) (3) 2.1.5 [Verduideliking van historiese konsepte – V1] • ʼn Amptelike kwytskelding vir mense wat politiese oortredings begaan het. • Vergifnis / begenadiging van iemand vir hul oortredings / misdade soos die growwe menseregteskendings wat tydens apartheid gepleeg is. • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.6 [Bepaal die bruikbaarheid van ʼn bron – V3] • Dit beklemtoon die hoofdoelwit van die WVK. • Dit gee insig oor die WVK se omskrywing (siening) van growwe menseregteoortredings. • Dit verskaf ook inligting oor die verskillende subkomitees van die WVK. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 11
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Lede van die Nasionale Party het vervreemd deur die WVK gevoel. • NP voel geviktimiseerd (geteiken). (Enige 1 x 2) (2) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • As ʼn party wat vir hervorming gestem het in 1987, 1989 en die 1992- referendum. • Die party wou gehad het hul belangrike rol in die ontstaan van ʼn demokratiese Suid-Afrika moes erken word. (Enige 1 x 2) (2) 2.2.3 [Analise van inligting uit Bron 2B – V2] • Dui op die party se toewyding om genesing en eenheid na Suid-Afrika te bring. • Wou erkenning by die WVK kry. • Wou amnestie ontvang. • Wou sy naam skoonmaak. • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die Kommissie se verhoogde betrokkenheid by die party-politieseproses. • Die Kommissie toon vyandigheid teen oor die NP (Vyandige opmerkings teenoor die NP). • Die Kommissie kon deur die ANC misbruik word tot die nadeel van ander partye in die aanloop van die naderende verkiesings. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.5 [Interpretasie en evaluasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • De Klerk het die WVK se werk as ʼn heksejag teen die Nasionale Party gesien. • Sommige Nasionale Party leiers het gesê dat die WVK ʼn vermorsing van tyd was en ʼn poging om hulle te verneder. • Dat die WVK die ANC bevoordeel en die feit dat senior leiers van die ANC geweier het om vir amnestie aansoek te doen, ignoreer. • De Klerk het wettige aksies geneem om te voorkom dat inligting wat hom by die ‘derde mag’ aktiwiteite tussen 1990 en 1994 betrek, gepubliseer kan word. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 12
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2] • Wys dat die WVK De Klerk se bewyse oor Vlakplaas en ander apartheidsdoodsplase betwyfel. • Dit wys dat die Kommissie bewus was daarvan dat De Klerk se openbarings nie die volle waarheid was nie. • De Klerk het nie die volle waarheid vertel / bekend gemaak nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2] • Die Kommissie het bevind dat De Klerk se getuienis ʼn gebrek aan waarheid toon. • Hy het doelbewus versuim om sy betrokkenheid en dié van sy kabinetslede te openbaar in die gruweldade wat tydens apartheid gepleeg is. • De Klerk het beweer dat hy ʼn skoon gewete het in terme van sy kennis oor die ontwikkelinge by Vlakplaas. • Die WVK se bevindinge het openbaar dat De Klerk nie die volle waarheid oor die growwe menseregteskendings deur lede van sy regering gemaak het nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.4 [Vergelyk inligting in Bronne 2B en 2C – V3] • Bron 2C - De Klerk toon ʼn negatiewe houding deur nie ʼn belangstelling in die Kommissaris se verslag te toon nie – hy kyk weg en in Bron 2B beskuldig hy die WVK daarvan dat hulle sy party viktimiseer. • Bron 2C blameer De Klerk vir die Vlakplaas moorde terwyl Bron 2B De Klerk se ontkenning van kennis van politieke moorde deur sy veiligheidsmagte uitlig. • Bron 2C dui die woorde ‘Vlakplaas en ander apartheidsdoodsplase’ op sy voorkop en Bron 2B noem ook dat die koerante De Klerk impliseer by die doodsplase deur die koerantopskrif oor De Klerk se doodsplase. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • PW Botha (1 x 1) (1) 13
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 2.5.2 [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 2D – V1] • Menseregte is regte inherent aan alle mense, sonder diskriminasie. • Die fundamentele regte wat alle mense het omdat hulle mense is. • Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 2.5.3 [Analise van inligting uit Bron 2D – V2] • De Klerk wou seker maak dat die gruweldade van sy kabinetslede ʼn geheim bly. • De Klerk voel vervreemd deur die WVK omdat hulle weier om sy toewyding te erken. • Hy blameer die WVK dat hulle hom nie erken nie en derhalwe het hy nie sy volle samewerking gegee nie. • De Klerk mag moontlik bang wees dat die waarheid ontbloot word en dat sy status is gedwang gebring kan word. • Hy wou vervolging vermy. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 2.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – 3V] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit: SUKSESVOL: • Bewyse aan die WVK gelewer impliseer dat De Klerk by die ‘derde mag’ aktiwiteite betrokke was. (Eie kennis) • Die WVK het bevindings oor die veiligheidsmagte se betrokkenheid by moorde onder De Klerk se presidensie gemaak. (Bron 2B) • Die Nasionale Party het die WVK se verslag oor die NP se befondsing van die Derde Mag, gekritiseer. (Eie kennis) • Apartheidsagente het gevoel dat hulle begenadig moes word aangesien hulle slegs bevele van bo uitgevoer het. (Eie kennis) • Enige ander relevante antwoord. 14
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 NIE SUKSESVOL NIE • Beide die SAP en die NP het geweier om verantwoordelikheid vir hulle aksies tydens apartheid te neem. (Eie kennis) • De Klerk het enige kennis van die ontwikkelinge by Vlakplaas en ander doodsplase ontken. (Bronne 2B en 2C) • Nasionale Party het sy rol in swart op swart geweld ontken. (Eie kennis) • Regeringsagente het gevoel dat die WVK op ʼn heksejag was en dat dit die ANC bevoordeel het. (Bron 2B) • De Klerk het die WVK daarvan beskuldig dat hulle wraak eerder as versoening gesoek het. (Eie kennis) • De Klerk het wettige aksies geneem om te voorkom dat sekere inhoud nie in die verslag gepubliseer word. (Eie kennis) • Gebrek aan enige ondersteunende bewyse in terme van De Klerk se betrokkenheid by die doodsplase. • Enige ander relevante antwoord (8) Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken. • Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv. toon geen of min begrip of die WVK suksesvol daarin was om die Derde Mag PUNTE VLAK 1 waarhede te ontbloot. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate verband met die onderwerp bv. toon begrip of die WVK suksesvol daarin was PUNTE VLAK 2 om die Derde Mag waarhede te ontbloot. 3–4 • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. toon ʼn deeglike of die WVK suksesvol daarin was om die Derde Mag waarhede te ontbloot. VLAK 3 Gebruik bewyse baie effektief in ʼn PUNTE georganiseerde paragraaf en toon begrip van 5–8 die onderwerp. [50] 15
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 VRAAG 3 HOE HET GLOBALISERING DIE TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA BEïNVLOED? 3.1 3.1.1 [Verduideliking van historiese konsep – V1] (a) Globalisering • Die beweging van mense, informasie, goedere en dienste regoor die wêreld. • Mense en lande raak al hoe meer verbind – polities, ekonomies en kultureel. • Verbintenis in die wêreldekonomie deur tegnologie, makliker reismetodes en globale kultuur. • Konneksie tussen mense en lande wat hulle toelaat om te kommunikeer en handel te dryf deur wêreldkorporasies. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) (b) Vryemark • ʼn Stelsel waar die prys van goedere en dienste deur die ope mark en verbruikers bepaal word, en waarin die reëls en magte van verskaffing vry van enige regeringsinmenging is. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Baie regerings het die vryemark ekonomiese stelsel aangeneem. • Brei hulle eie produktiewe potensiaal uit. • Die skep van ʼn wye verskeidenheid nuwe geleenthede vir internasionale handel en belegging. (2 x 1) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Ondersteuners argumenteer dat dit armer lande en hul burgers toelaat om ekonomies te ontwikkel en hulle lewenstandaarde te verbeter. • Teenstanders van globalisering beweer dat die skepping van onversadigde internasionale vrye markte multinasionale korporasies in die Westerse wêreld bevoordeel ten koste van plaaslike ondernemings, plaaslike kulture en algemene mense. • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 16
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 3.1.4 [Analise van inligting uit Bron 3A – V2] Ondersteuners • Dit laat arm lande toe om ryk te word en hul lewenstandaarde te verbeter. • Globalisering het ʼn positiewe impak op arm lande en hul burgers. Kritici: • Globalisering verryk net ryk multinasionale korporasies. • Dit ignoreer die behoeftes van plaaslike ondernemings, kulture en gewone mense. • Dit het ʼn negatiewe impak op plaaslike besighede. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • Vroue (1 x 1) (1) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • Kan immobiel wees vir langperiodes (lank op een plek stil wees) • geduldig • werk versigtig, sagkens • volg instruksies (Enige 3 x 1) (3) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B –V2] • Baie het hul werk verloor. • Meerderheid verdien lae lone. • Baie het ʼn gebrek aan vaardighede. • Baie werk in lae status beroepe. • Vroue sukkel om alternatiewe werk te kry. • Indien hulle hul werk verloor, word huishoudings in armoede gedompel. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C –V2] • Suid-Afrikaanse tekstielbedryf is deur Chinese produkte gedomineer. • 100 000 werksgeleenthede is verloor in die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf a.g.v China. • China vernietig Suid-Afrika se tekstielbedryf. • China stort hul produkte in Afrika lande. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 17
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 3.3.2 [Verduideliking van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3] Die bron is bruikbaar omdat: • Dit beklemtoon China se dominansie in die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf. • Dit voorsien rede vir Suid-Afrika se invoer van Chinese produkte. • Dit verduidelik die impak van die invoere op die Suid-Afrikaanse ekonomie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4 [Vergelyk bronne 3B en 3C en die betrokke ondersteuning – V3] • Bron 3B beklemtoon die werksverliese onder vroue en in Bron 3C lees ons oor die 100 000 werksgeleenthede wat in die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf verdwyn het. • Bron 3B beskryf die uitbuiting van vroue as werkers in die industrie en in Bron 3C sien ons hoe China werkers wat onder armoede gebuk gaan, uitbuit. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • SACTWU (1 X 2) (2) 3.5.2 [Ontrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • Dit sou 55 000 nuwe werksgeleenthede in die tekstielbedryf skep. (1 x 2) (2) 3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Die prys van klere sal verhoog en die werkersklas sal daaronder ly. • Die verlies aan werk sal ʼn verhoging in werkloosheid veroorsaak. • Hoër handelsbalans beteken dat die land ekonomies sal swaarkry. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.5.4 [Analise van bewyse uit Bron 3D – L2] • Meer werksgeleenthede word gespaar en geskep. • Herlewing in die tekstielbedryf. • Deur Trots Suid-Afrikaanse produkte te koop, sal die land se ekonomie gestimuleer word. • ʼn Handelsbalans van tekort tot surplusse sal die ekonomie versterk. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse van relevante bronne – V3] • Globalisering bevorder die vloei van goedere oor grense (Bron 3A). • Suid-Afrikaanse tekstielbedryf word oorheers deur maatskappye wat teen tariewe beskerm word (Bron 3B). • Armoede onder werkersklas (Bron 3B). • China domineer die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf (Bron 3C). • Daar is ʼn hoë vlak van werkloosheid in SA (Bron 3C). • SA het baie ingevoerde items in die tekstielbedryf (Eie kennis). • COSATU blameer globalisering vir werksverliese (Bron 3D). • Handelsbalans het surplus negatief beïnvloed. • Enige ander relevante antwoord (8) 18
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken. • Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv. toon geen of min begrip hoe globalisering die tekstielbedryf in SA PUNTE VLAK 1 beïnvloed. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate verband met die onderwerp bv. toon begrip hoe globalisering die tekstielbedryf PUNTE VLAK 2 in SA beïnvloed. 3–4 • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. toon ʼn deeglike begrip hoe globalisering die tekstielbedryf in SA beïnvloed. VLAK 3 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn PUNTE georganiseerde paragraaf en toon begrip van 5–8 die onderwerp. [50] 19
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik hoe die internasionale anti-apartheidsbeweging druk op Suid-Afrika verskerp het om ʼn einde aan apartheid in Suid-Afrika te bring. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit: Inleiding: Kandidate moet aandui hoe suksesvol die internasionale anti-apartheidsbewegings was in die druk wat hulle op die apartheidsregering geplaas het. UITBREIDING • Internasionale reaksie – meer druk op die apartheidsregering om apartheid in sy geheel af te skaf. • Britse Anti-Apartheid Beweging (AAM) gestig. • AAM veldtog – boikot vir Suid-Afrikaanse produkte – vrylating van aangehoudes – boikotte teen Suid-Afrikaanse sportspanne – druk op Barclays Bank en ander Britse maatskappye – reguleer protes buite die ambassade. • Ierse Anti-Apartheid Beweging gestig (IAAM) gestig; • IAAM veldtogte – ondersteun handelsunies om SA te isoleer; oorreed Ierse intellektuele om ʼn embargo te ondersteun; stop Suid-Afrikaanse kos-invoere; stop Suid-Afrikaanse steenkool-invoere; Ierse Toerismekantoor in Johannesburg gesluit; Ierse kunstenaars en sportmanne het opgehou om SA te besoek; sommige Ierse intellektuele het geweier om na Suid-Afrika te reis. • Aktiwiteite van bewegings: sportboikotte, kulturele boikotte, akademiese boikotte, verbruikersboikotte. • Resultate van boikotte – sanksies, disinverstering, die Laat Mandela vry-veldtog • Die rol van internasionale vakbonde: Noorse Konfederasie van Unies, Internasionale Vervoerwerkers Federasie (ITF); Europese Konfederasie van Vryehandelsunies (ECFTU) • Enige ander relevante antwoorde. Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] 20
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 VRAAG 5 DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE. [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet aandui of die stelling regverdig / geldig is of nie. Indien hulle aandui dat dit geldig is, moet hulle verduidelik hoe die vestiging van die nie-rassige demokratiese Suid-Afrika in 1994 bereik is deur die toewyding van die politieke leiers. Indien hulle aandui dat dit nie ʼn geldige stelling is nie, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE • Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit Inleiding: Kandidate moet ʼn lyn van argumentering volg en die argumente met relevante bewyse ondersteun. UITBREIDING • De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond. • De Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990. • Die onderhandelingsproses begin. • Ontbanning van politieke organisasies soos die ANC en PAC. • Eerste formele ontmoeting by Grootte Schuur – vrylating van politieke gevangenis. • Pretoria Minuut – ANC kondig aan dat hulle die gewapende stryd gaan opskort. • KODESA I – werksgroep word opgestel om spesifieke sake te hanteer. • Regter vleuel Konserwatiewe Party en linker vleuel PAC boikot KODESA. • IVP leier, Mangosuthu Buthelezi weier om by te woon. • Slegs Wit-referendum gee De Klerk die mandaat om te onderhandel. • KODESA 2 stort in duie oor meerderheidsregring / magsdeling / streeksmagte. • Verhoogde geweld (Boipatong, Bisho ens.) • Verdrag van Verstandhouding onderteken as gevolg van samesprekings deur Cyril Ramaphosa en Roelf Meyer. • Sluipmoord op Chris Hani en Mandela se intervensie. • Veelpartyonderhandelingsforum. • Regter vleuel AWB val Wêreldhandelsentrum binne en die gevolge daarvan. • Sonsondergangsklousule deur Joe Slovo laat onderhandelings voortgaan. • Finale ooreenkoms rakende verkiesingsdatum bereik vir 27 April 1994 (aangekondig). • ANC wen die verkiesing – Mandela die eerste swart Suid-Afrikaanse President. • Enige ander relevante antwoorde. Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] 21
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 VRAAG 6 DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of daarvan verskil. Indien hulle saamstem moet hulle aandui hoe die val van die Sowjetunie in 1989 ʼn belangrike impak op Suid-Afrika se politieke toekoms gehad het. Indien hulle verskil, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE • Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit. Inleiding: Kandidate moet na hul stelling verwys en verduidelik hoe die val van die Sowjetunie die politieke toekoms van Suid-Afrika beïnvloed het en die weg na onderhandelings geopen het. UITBREIDING • Agtergrond (Glasnost en Perestroika). • Ineenstorting van kommunisme, disintegrasie van die Sowjetunie en die val van die Berlyn muur. • Die Nasionale Party-regering het die ANC as ʼn agent van die kommunistiese Sowjetunie gesien. • Met die val van die Sowjetunie was die ANC verswak. • Die val van die Sowjetunie het beteken dat die Nasionale Party-regering hul siening oor die ANC moes verander. • Die val van kommunisme en die Slag van Cuito Cuanavale het ʼn groot impak op die Suid- Afrikaanse regering se houding oor ‘samesprekings met kommuniste’ gehad. • Die Suid-Afrikaanse regering het besluit om uit Angola te onttrek en ʼn skikking oor Namibië is onderhandel. • Die vreedsame oordrag van ʼn meerderheidsregring in Namibië het beide die ANC en die Suid-Afrikaanse regering aangemoedig om in gesprek te tree. • Die Nasionale Party was nie meer bekommerd oor die invloed van die SAKP op die ANC en ANC se alliansie met die SAKP nie. • Die Nasionale Party kon nie langer kommunisme gebruik om hul onderdrukking te regverdig nie. • Suid-Afrika was nie langer ʼn belangrike rolspeler in die Koue Oorlog politiek nie. • Die Nasionale Party kon nie langer die bedreiging van kommunisme gebruik om ondersteuning van Westerse regerings te kry nie. • Westerse regerings het druk op Suid-Afrika toegepas om apartheid te beëindig. • Westerse regerings het druk op Suid-Afrika geplaas om met die ANC te begin onderhandel. • Die val van kommunisme het ook die ANC beïnvloed. 22
Downloaded from hlayiso.com 10792 / 17 • ANC kon nie langer op die Sowjetunie steun vir ekonomiese en militêre ondersteuning nie. • Sosialisme was nie langer ʼn opsie vir die rewolusionêre ANC nie. • Die resultaat was dat die ANC reg was om te onderhandel. • Die veranderende wêreld en massaprotes in Suid-Afrika het spanning binne die NP verhoog. • Dit het tot ʼn verandering in leierskap binne die NP gelei in 1989. • FW de Klerk het met beleid van hervorming begin. • In 1989 is die verbanning op politiek gevangenes opgehef. • In Februarie 1990 het De Klerk aangekondig dat Mandela vrygelaat gaan word. • De Klerk het ook die ontbanning van politieke organisasies soos die ANC, PAC en SAKP aangekondig. • Die regering was gewillig om die einde van apartheid te onderhandel. • Enige ander relevante antwoorde Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] 23

Study this subject

More from Grade 12 History

View all