Skip to content

History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201714 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 10792 GESKIEDENIS VRAESTEL TWEE ADDENDUM 14 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Tweede Vraestel) 10792/17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS (Vraestel Twee) VRAAG 1 HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE APARTHEIDSREGERING IN DIE 1970’s UITGEDAAG? BRON 1A Die volgende bron lig die idees van Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging uit. Biko en sy jong kamerade het die filosofie van Swartbewussyn bemark, wat swartmense aangemoedig het om hulself van die kettings van onderdrukking te bevry en vir alle swartes (insluitende Afrikane, bruinmense en Indiërs) om te werk na bevryding. Biko het swartmense aangemoedig om die verantwoordelikheid van hul eie stryd op hulself te neem en nie op liberale wittes te steun nie. Om dít te doen, was dit nodig vir swartmense om hulself van die diepgewortelde gevoelens van minderwaardigheid, as gevolg van 300 jaar van onderdrukking te bevry. Inteendeel, swartmense moes eerder ʼn trots om swart te wees ontwikkel, asook die selfvertroue om hul eie toekoms te bepaal. Die Swartbewussynsbeweging het die hele wit struktuur wat in Suid-Afrika bestaan het uitgedaag deur alternatiewe strukture te ontwikkel. Die studente het die Black People’s Convention (BPC) gestig, wat ʼn sambreelligaam (organisasie) was met die doel om alle Swartbewussynsaktiwiteite te koördineer. Dit het selfstandigheid deur die skepping van Swartgemeenskapsprogramme aangemoedig. Swartbewussyn het ʼn belangrike rol gespeel om die Soweto-jeug in 1976 te inspireer om tot aksie oor te gaan. Swartbewussyn se filosofie het hulle met selfvertroue gevul om hul eie moeilike omstandighede aan te spreek. Die Suid- Afrikaanse Studentebeweging (SASM) was ʼn Swartbewussynsorganisasie vir hoërskoolleerlinge. [Uit: http://www.sahistory.org.za/archive/ Verkry op 19 Mei 2017] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 1B Die volgende artikel is vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenisargiewe geskryf en dit verduidelik die gevangenisstraf en dood van Steve Biko in September 1977. In die nasleep van die stedelike opstande van 1976, met die moontlikheid van ʼn naderende nasionale revolusie, het die veiligheidspolisie op 18 Augustus vir Biko, die uitgesproke studenteleier, in aanhouding geplaas. Hy was dertig jaar oud en, volgens berigte, uiters fiks toe hy in hegtenis geneem is. Hy is in Port Elizabeth gearresteer en op 11 September 1977 na Pretoria Sentrale Gevangenis, Transvaal (nou Gauteng) oorgeplaas. Op 12 September is hy in aanhouding oorlede – die 20ste persoon wat in die voorafgaande agtien maande in aanhouding oorlede is. ʼn Post-mortem (nadoodse mediese ondersoek) is die dag na Biko se dood in die teenwoordigheid van sy familie uitgevoer. Volgens die verklaring deur die Minister van Justisie en Polisie, Jimmy Kruger, is Biko tydens ʼn hongerstaking dood. Hierdie verklaring was nie vir die waarnemers en Biko se naasbestaandes voldoende nie. Die mediese verslae wat deur minister Kruger ontvang is, is nooit openbaar gemaak nie. Aangesien Biko die twintigste persoon was wat in polisie-aanhouding dood is, het ʼn aantal koerante hul eie privaat ondersoek gedoen en agtergekom dat Biko as gevolg van kopbeserings oorlede is. Hulle ondersoek het ook aan die lig gebring dat Biko, voordat hy na Pretoria vervoer is, aangerand is en geen mediese behandeling ontvang het nie. Drie Suid-Afrikaanse koerante het berig dat Biko nie as gevolge van ʼn hongerstaking gesterf het nie. Kruger het ʼn klag teen een van die koerante, The Rand Daily Mail, by die Suid- Afrikaanse Persraad ingedien nadat dit ʼn voorbladartikel gepubliseer het waarin hulle beweer het dat Biko aan breinskade oorlede is. The Star, nog ʼn dagblad, het die Rand Daily Mail ondersteun en daarop gewys dat koerante sal voortgaan om oor die omstandighede rondom Biko se dood te skryf aangesien die polisie blyk daarvoor verantwoordelik blyk te wees. [Uit: http://www.sahistory.org.za/article/bikos-imprisonment-death Verkry op 2 Junie 2017] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 1C Die onderstaande bron is ʼn plakkaat van die Azanian People’s Organisation (AZAPO). Dit is in 1977 by Steve Biko se begrafnis gebruik om hulde aan Biko se bydrae tot die vryheidstryd in Suid-Afrika te bring. BIKO AND SOLIDARITY [Uit: Biko, The Quest For A True Humanity deur The Steve Biko Foundation] Black People’s Convention (Swart Mense se Konvensie) Huldeblyk aan die wyle, erePresident Bantu Steve Biko Een Azania: Een Nasie b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 1D Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit ʼn verslag vir South African History Online en dit verduidelik hoe die apartheidsregering op die dood van Biko gereageer het. Talle voorvalle van ontwrigting deur die polisie is voor en tydens die begrafnis aangemeld. Aangesien die begrafnis wydverspreide internasionale mediadekking geniet het, was die begrafnis ook ʼn geleentheid om voor ʼn groot gehoor protes te lewer. Die Suid-Afrikaanse Regering het hul onlustepolisie gemobiliseer om groepe roubeklaers (begrafnisgangers) in afwagting op die protes op te breek en mense wat by die organisering van Biko se begrafnis betrokke was, is gearresteer, aangehou of verban. Om te voorkom dat hulle die begrafnis bywoon, is mense wat vir die begrafnis na King Williams’s Town gereis het, ook gearresteer omdat hulle nie hul pasboeke gedra het nie. Volgens The World Newspaper, wat later verban is, het die grootste insident van polisie-inmenging egter by die Dube Young Women Christian Association (YWCA) in Soweto, plaasgevind. Roubeklaers het by die YWCA byeengekom om ʼn nagwaak te hou voor die bus sou vertrek. Alhoewel die polisie geweier het om die twee busse toe te laat, het die Black People’s Convention besluit om met die begrafnisreëlings voort te gaan. Gevolglik het die onluste-polisie, terwyl die busse mense opgelaai het, opgedaag, en begin om vensters te breek en die mense op die bus met ʼn sambok (sweep) te slaan. Polisiebeampte het ook kannetjies traangas in die saal waar die roubeklaers gebid het, afgevuur. [Uit: https:v1.sahistory.org.za/pages/governance-projects/bc. Verkry op 3 Junie 2017] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Tweede Vraestel) 10792/17 VRAAG 2 HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN DIE ONTBLOTING VAN DIE WAARHEID OOR DIE DERDE MAGBEDRYWIGHEDE? BRON 2A Die onderstaande bron fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids- en Versoeningskommissie in 1995. Dit is geneem uit South African History Online. Die hoofdoelwit van die WVK is om so ʼn volledige beeld moontlik te skep van die growwe menseregteskendings tussen Maart 1960 (die maand waarin die Sharpville- slagtings plaasgevind het en die gevolglike gewapende vryheidstryd begin het) en 10 Mei 1994 (die datum waarop Nelson Mandela as die eerste demokratiese staatspresident ingehuldig is). Die Waarheids- en Versoeningskommisie sal die growwe menseregteskendings ondersoek wat verband hou met die vroeëre politieke konflikte in Suid-Afrika, binne en buite die Republiek, ongeag of dit deur die regering se veiligheidsmagte of die bevrydingsbewegings gepleeg is. ʼn Growwe menseregteskending word volgens die WVK-Wet as “die moord, ontvoering, marteling of ernstige slegte behandeling van ʼn persoon” gedefinieer. Gevolglik is die wettige onregte van apartheid, soos gedwonge verskuiwings of langdurige aanhouding , uitgesluit van die ondersoek van die WVK. Die Kommissie se ondersoek moes fokus op die buitensporighede van die apartheidsisteem terwyl die inherente (ingeboude) kriminaliteit van die apartheid- regsorde grootliks onaangeraak is. Die Waarheids-en Versoeningskommissie is deur drie subkomitees bygestaan: die Menseregteskendingskomitee, die Amnestiekomitee en die Reparasie-en Rehabilitasiekomitee. [Uit: Common Past, Divided Truth: The Truth And Reconciliation Commission in South African Public Opinion deur G Theissen] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 2B Hierdie uittreksel is geskryf deur Padraig O’ Malley (Professor in Politieke Studies aan die Universiteit van die Wes-Kaap) en verskyn in die voorlegging van die Nasionale Party aan die WVK in 1997. Dit fokus op De Klerk se getuienis voor die WVK. Miljoene ondersteuners van die Nasionale Party wat entoesiasties die nuwe Suid- Afrika verwelkom het, wat vir die hervormingsbeleid in 1987, 1989 en in die 1992- referendum gestem het, het nou vervreemd en geviktimiseerd begin voel. Dit is ewe belangrik om die rol te erken wat die Nasionale Party en ʼn wye verskeidenheid van Suid-Afrikaners gespeel het in die skep van die nuwe Suid-Afrikaners as wat dit is om dié te identifiseer wat verantwoordelik was vir die menseregteoortredinge deur alle partye in die konflik. Die Kommissie raak toenemend meer betrokke by die party-politieke proses. Sommige van die Kommissie se aksies en verklarings, soos die mediakonferensie op 16 Januarie 1997, het die indruk geskep dat dit ʼn partydige (in die guns van ʼn spesifieke party) standpunt teen ons Party en sy leiers aangeneem het. Kommer word uitgespreek dat die Kommissie in die aanloop tot die 1999-verkiesings deur die ANC misbruik mag word tot nadeel van al die ander politieke partye. Ons het onlangs ʼn voorbeeld hiervan gesien: ʼn ANC-leiersfiguur, self ʼn aansoeker vir amnestie, het op grond van getuienis voor die WVK, my, as leier van ons Party, daarvan beskuldig dat ek kennis van politieke moorde gehad het wat klaarblyklik deur die veiligheidsmagte tydens my presidentskap uitgevoer is. Dit het daartoe gelei dat ʼn belangrike koerant ʼn hoofopskrif gepubliseer het: De Klerk se doodsplase – asof dit ʼn bewese feit was. Al hierdie dinge het gebeur ten spyte van die gebrek aan ondersteunende bewyse asook kategoriese (onvoorwaardelike) ontkenning deur my dat ek ooit van sulke verwikkelinge bewus was. Sulke beskuldigings wat uit die Kommissie se publieke aktiwiteite voortspruit, is nie net uiters onregverdig nie- dit ondermyn die vermoë van ʼn wettige politieke party om op gelyke basis aan die demokratiese proses deel te neem. [Uit: https://www.nelsonmandela.org>site Verkry 9 Februarie 2017] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 2C Die volgende spotprent deur Zapiro beklemtoon FW de Klerk se kennis oor Vlakplaas en ander apartheidsdoodsplase. Dit toon dat De Klerk nie die volle openbaring oor wat op die doodsplase gebeur het, gelewer het nie. VLAKPLAAS DAAR GAAN OOGLOPEND MEER AAN WVK ANDER APARTHEIDS- DOODSPLASE [Uit: Sowetan, 27 Maart 2000] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 2D Die volgende bron fokus op die WVK se bevindinge oor mnr. FW de Klerk se getuienis voor die WVK. Die uittreksel is uit die Daily Maverick van 4 Februarie 1995 geneem. FW de Klerk het verklaar dat nie hy óf sy kollegas in die kabinet en die Staatsveiligheidsraad die uitvoer van onwettige dade gemagtig of beveel het nie. Gegewe die sentrale rol wat die voormalige Staatspresident in die transformasie van Suid-Afrikaanse politiek gespeel het, asook sy rol in die 1990 –1994 periode, het die Kommissie die volgende bevindings gemaak: Die Kommissie bevind dat, mnr. De Klerk tydens sy getuienis voor die Kommissie op 21 Augustus 1996 en 14 Mei 1997, geweet het en deur sy Minister van Wet en Orde sowel as die Kommissaris van Polisie ingelig is dat hulle deur die voormalige Staatspresident PW Botha gemagtig was om Khotso House te bombardeer. Die Kommissie bevind dat die bombardement van Khotso House ʼn ernstige menseregteskending is. Die Kommissie bevind dat voormalige Staatspresident FW de Klerk oneerlik was omdat hy die Kommissie nie in sy vertroue geneem het nie en hulle nie oor alles waarvan hy kennis dra, ingelig het nie – ondanks die verpligting om dit te doen. Die Kommissie bevind dat mnr. De Klerk versuim het om die volle waarheid van die growwe menseregteskendings wat deur senior lede van die regering en senior lede van die Suid-Afrikaanse Polisie gepleeg is, te openbaar, ongeag die geleentheid om dit te doen. Die Kommissie bevind dat sy versuim om dit te doen neerkom op materiële nie-openbaarmaking, wat hom volgens die Kommissie aandadig maak aan growwe menseregteskendings. [Uit: www.politicsweb.co.za Verkry op 9 Februarie 2017] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Tweede Vraestel) 10792/17 VRAAG 3 HOE HET GLOBALISERING DIE TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED? BRON 3A Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit ʼn webtuiste oor globalisering en verduidelik die konsep daarvan. Globalisering is ʼn proses van interaksie en integrasie tussen die mense, maatskappye en regerings van verskillende lande, ʼn proses wat deur internasionale handel en belegging gedryf word en deur inligtingstegnologie ondersteun word. Die huidige golf van globalisering is gedryf deur beleide wat binnelandse en buitelandse ekonomieë geopen het. In die jare sedert die Tweede Wêreldoorlog, en veral gedurende die afgelope twee dekades, het talle regerings vryemark- ekonomiese stelsels aangeneem wat hul eie produksiepotensiaal aansienlik vergroot het en ontelbare nuwe geleenthede vir internasionale handel en belegging geskep het. Regerings het ook onderhandel vir dramatiese verlaging in handelshindernisse en het internasionale ooreenkomste ingestel om handel in goedere, dienste en belegging te bevorder. As gevolg van nuwe geleenthede in buitelandse markte, het korporasies buitelandse fabrieke gebou en produksie en bemarkingsooreenkomste met buitelandse vennote gevestig. ʼn Duidelik omskrywing van globalisering is dus ʼn internasionale industriële en finansiële besigheidstuktuur. Globalisering is egter baie omstrede. Voorstanders van globalisering argumenteer dat dit arm lande en hul burgers toelaat om ekonomies te ontwikkel en hul lewenstandaarde te verhoog, terwyl teenstanders van globalisering beweer dat die skepping van ʼn onbeperkte internasionale vryemark multinasionale korporasies in die Westelike wêreld bevoordeel ten koste van plaaslike ondernemings, plaaslike kulture en gewone mense. [Uit: http://www.globalization101.org/what-is-globalization Verkry op 26 Mei 2017] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 3B Die onderstaande bron fokus op die sosiale effek wat die tekstielbedryf op vroue in Suid-Afrika gehad het. Baie klerewerkers in ontwikkelende lande sou nie ʼn inkomste in die formele sektor hê as dit nie vir die klerebedryf was nie … By die identifisering van diegene wat meer aan handelsverwante skokke blootgestel is, val klerewerkers binne die bestaansgroepe van ‘stedelike industriële werkers’ en ‘landelike industriële werkers’ – kategorieë wat gekenmerk word deur lae toegangshindernisse (bv. vaardighede), lae lone en hoë vlakke van vervelige werk. Sowat 86 persent van die werkers in die Suid-Afrikaanse klerebedryf is vroue wat by die wêreldwye tendens aansluit. Vroue word beskou as besonder ‘geskikte’ werkers vir die klerebedryf omdat hulle vermeende kapasiteit vir lang periodes van fisiese onbeweeglikheid (kan lank stil sit), geduld, behendigheid (sagtheid) en vir hulle inskiklikheid (volg instruksies). Bestaanstrategieë vir afgedankte klerewerkers word beperk deur die gebrek aan ekonomiese geleenthede in gemeenskappe wat reeds onder stres is en ʼn tekort aan hulpbronne het. Eerstens, voor die verlies aan hul werk, was dié werkers lae inkomsteverdieners… Mense in ander sektore het hul werk verloor en as gevolg van die werkverlies is dié huishoudings in armoede gedompel. Tweedens kan hierdie werkers nie alternatiewe werk vind nie as gevolg van beperkte ekonomiese diversifikasie asook die lae koers van werkskepping en gevolglik arbeidsabsorpsie in Suid-Afrika. [Uit: http://www.tips.org.za/files/trade_vanderwesthuizen.pdf Verkry op 24 Mei 2017] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 3C Hierdie spotprent beeld die effekte van globalisering op die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf uit. Sedert 2001 het meer as 800 firmas en 100 000 werks- geleenthede uit die Suid- Afrikaanse SA Tekstielbedryf tekstielbedryf verdwyn. [Uit: www.obami.com Verkry op 28 Mei 2017] Ramspoed dreig b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Tweede Vraestel) 10792/17 BRON 3D Die volgende bron verduidelik Cosatu se reaksie op globalisering en die impak daarvan op die tekstielbedryf in Suid-Afrika. Johannesburg – Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (Cosatu) het Maandag in ʼn verklaring gesê dat hulle saam met hul vennote, die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie (SACTWU), die aankondiging verwelkom het dat die regering op 1 September 2006 kwotas op die invoer van klere en tekstiel uit China aangeteken het. “Ons verwelkom veral die sekretaris-generaal van SACTWU se voorspelling dat, indien dit behoorlik geïmplementeer word, die ooreenkoms oor kwotas kan help om meer as 55 000 nuwe werksgeleenthede in die plaaslike klere- en tekstielbedryf te skep. “In net vier jaar, het die bedryf ongeveer 67 000 werksgeleenthede verloor as gevolg van die toename in Chinese invoere. Sedert 2002 het die invoer van klere uit daardie land met 480% gestyg. As gevolg hiervan was ons handelsbalans met China aan die einde van 2005 ʼn tekort van R23 miljard. Volgens Cosatu kla kleinhandelaars – waarvan die vyf grootstes oor die vier jaar R18,1 biljoen in voorbelaste winste gemaak het – dat hierdie kwotas die prys vir die verbruiker sal verhoog. “Hierdie kwotas moet ons almal bevoordeel. Werksgeleenthede sal gered en geskep word. ʼn Bedryf wat op die rand van ineenstorting gestaan het, kan hernuwe word. Intussen sal verbruikers in staat wees om Trots Suid-Afrikaanse goedere van uitstekende gehalte en waarde te koop. Die handelsbalans met China sal van ʼn tekort na ʼn surplus beweeg en die hele ekonomie sal baatvind by ʼn sterk en groeiende klere- en tekstielbedryf. [Uit: http://www.fin24.com/Economy-20060904 Verkry op 2 Junie 2017] EINDE
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (Tweede Vraestel) 10792/17 ERKENNING Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Biko, S. The Quest For A True Humanity (The Steve Biko Foundation, Issue 2: January 2012) http://theconversation.com/why-bikos-black-consciousness… http://www.fin24.com/Economy-20060904 http://www.sahistory.org.za/archive/… http://www.sahistory .org.za/article/bikos-imprisonment-death.. http://www.tips.org.za/files/trade _vanderwesthuizen.pdf http://www.fin24.com/Economy-20060904. Sowetan, 27 March 2000 The Daily Maverick, FW De Klerk and the TRC – NEWS ANALYSIS…www.politicsweb.co.za. The O’Malley Archives – Nelson Mandela Foundation Theissen, G. Common Past, Divided Truth: The Truth And Reconciliation Commission in South African Public Opinion https:v1.sahistory.org.za/pages/governance-projects/bc https://www.nelsonmandela.org>site www.obami.com EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all