Skip to content

History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220219 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10792 GESKIEDENIS VRAESTEL 2 TYD: 3 uur PUNTE: 150 9 bladsye + ’n addendum van 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 2 (Vraestel 2) 10792/21 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die gewysigde KABV-dokument. BRON A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID- AFRIKA: INTERNE WEERSTAND TEEN APARTHEID VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE,1989 TOT DIE HEDE BRON B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE SKIKKING EN DIE REGERING VAN NASIONALE EENHEID VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag of 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste een uur aan elke vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet die kandidate hulle kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf duidelik en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 3 (Vraestel 2) 10792/21 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET BURGERLIKE ORGANISASIES IN DIE 1980's IN SUID- AFRIKA OP DIE NASIONALE PARTY SE HERVORMINGS VAN DIE APARTHEIDSBELEID GEREAGEER? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Lees Bron 1A. 1.1.1 Hoekom, volgens die bron, was die Verenigde Demokratiese Front gestig? (1 x 1) (1) 1.1.2 Verduidelik, deur gebruik te maak van jou eie kennis, die Koornhof Wetsontwerpe. (1 x 2) (2) 1.1.3 Lys enige TWEE organisasies wat deel was van die UDF se koalisie. (2 x 1) (2) 1.1.4 Uit hoeveel lede het die UDF, volgens die bron bestaan? (1 x 1) (1) 1.1.5 Wat, volgens die bron, was die rol van die volgende groepe tydens die toenemende onrus in die informele nedersettings? a) Jongmense b) Vakbonde (2 x 1) (2) 1.1.6 Verduidelik die redes vir die UDF se teenkanting teen die Driekamerparlement. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron1B. 1.2.1 Wat het die kombinasie van die leierskap (Chikane, Naudé and Tutu) van die SAKP beteken? (1 x 2) (2) 1.2.2 Hoe, volgens jou eie kennis het die polisie en weermag strukturele geweld op die bevrydingsbewegings, in die 1980's toegepas? (1 x 2) (2) 1.2.3 Wat, volgens die bron, was die voorstelle wat die Kairos-dokument gemaak het? (2 x 1) (2) 1.2.4 Lewer kommentaar op wat Biskop Desmond Tutu laat deurskemer het, toe hy gesê het: "Ons wat ’n vreedsame oplossing wil hê, word vinnig ’n irrelevansie (onbelangrik). " (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 4 (Vraestel 2) 10792/21 1.2.5 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die SAKP en Biskop Tutu burgerlike ongehoorsaamheid ondersteun het in die stryd teen apartheid. (2 x 1) (2) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Volgens die bron, waarteen het die koördineringskomitees die gemeenskap beskerm? (2 x 1) (2) 1.3.2 Watter 1982-apartheidswet het na jou mening gelei tot "die plaaslike regeringstrukture, wat berug was vir korrupsie”? (1 x 2) (2) 1.3.3 Hoe, volgens die bron, het die regering gereageer op die protesaksie van die burgerlike samelewing? (2 x 1) (2) 1.3.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir 'n historikus wat die siklus van protes, onderdrukking en geweld van die 1980's wil bestudeer. (2 x 2) (4) 1.4 Vergelyk Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die burgerlike protes en onderdrukking in die 1980's . (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na Bron 1D. 1.5.1 Hoekom, na jou mening, was die plakkaat ontwerp? (1 x 2) (2) 1.5.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom jy dink dat die noodtoestand 'n skending van mense, asook hul siviele regte was? (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die verskillende burgerlike samelewingsorganisasies gereageer het op die Nasionale Party se hervormings van die apartheidsbeleid in Suid-Afrika in die 1980's. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 5 (Vraestel 2) 10792/21 VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE PROSES VAN REPARASIE HANTEER ? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat dit die mandaat van die WVK was om genesing te bevorder. (1 x 2) (2) 2.1.2 Identifiseer TWEE doelwitte van die WVK uit die bron. (2 x 1) (2) 2.1.3 Definieer die konsep reparasies in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.1.4 Wat, volgens die bron, was die pligte van die WVK? (3 x 1) (3) 2.1.5 Verduidelik wat jy dink Desmond Tutu geïmpliseer het in die verklaring, "Ek het my nuwe span kommissarisse aangesê om ons land en ons mense te help om eens en vir altyd ons donker verlede te verstaan.” (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Haal TWEE bewyse uit die bron, wat daarop dui dat die slagoffers van apartheid ontevrede was met die proses van reparasie. (2 x 1) (2) 2.2.2 Lewer kommentaar op die WVK se beleid teenoor die volgende: a) Amnestie vir oortreders (1 x 2) (2) b) Reparasie vir slagoffers (1 x 2) (2) 2.2.3 Hoeveel geld, volgens die bron, is die slagoffers betaal of belowe as deel van die reparasiebeleid? (1 x 1) (1) 2.2.4 Waarom dink jy het die internasionale organisasies die reparasieproses ondersteun? (1 x 2) (2) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Hoekom, volgens die bron, het die slagoffers van apartheid by die Uniegebou vergader? (1 x 2) (2) 2.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die rol wat die Khulumani-ondersteuningsgroep gespeel het om die apartheid- slagoffers te ondersteun in hul stryd om reparasies van die WVK te verkry. (1 x 2) (2) 2.3.3 Wie, volgens die bron, was die leier van die Khulumani- ondersteuningsgroep? (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik waarom die slagoffers reparasies van die WVK geëis het. (1 x 2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 6 (Vraestel 2) 10792/21 2.3.5 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor die reparasies wat die slagoffers van apartheid geëis het. (2 x 2) (4) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskap wat in die spotprent oorgedra word oor reparasies vir die slagoffers van apartheid. (1 x 2) (2) 2.4.2 Verduidelik hoe die spotprenttekenaar die regering se houding teenoor die reparasieproses uitbeeld. (1 x 2) (2) 2.5 Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die getuienis in Bron 2D ondersteun oor die reparasies vir die slagoffers van menseregteskendings. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) die proses van reparasies hanteer het . (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 7 (Vraestel 2) 10792/21 VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING WERKERS IN ONTWIKKELENDE LANDE BEÏNVLOED? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Gee TWEE voorbeelde, uit die bron, van multinasionale korporasies. (2 x 1) (2) 3.1.3 Haal ‘n bewys aan vanuit die bron wat toon dat globalisering ontwikkelende lande gehelp het. (1 x 1) (1) 3.1.4 Deur gebruik te maak van inligting uit die bron en jou eie kennis, verduidelik die impak wat globalisering op ontwikkelende lande gehad het. (1 x 2) (2) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Wat, volgens die bron, het multinasionale korporasies aan ontwikkelende lande verskaf? (3 x 1) (3) 3.2.2 Verduidelik hoe globalisering werksgeleenthede vir werkers in ontwikkelende lande geskep het. (2 x 2) (4) 3.2.3 Lewer kommentaar oor waarom "sweatshop” arbeid beter is as die alternatief van aas (bakhand staan) of geen betaalde indiensneming. (1 x 2) (2) 3.2.4 Verduidelik hoe multinasionale korporasies bygedra het tot die ekonomiese groei in ontwikkelende lande. (2 x 2) (4) 3.2.5 Verduidelik waarom jy dink dat die bron bruikbaar sal wees wanneer die impak van multinasionale korporasies op ontwikkelende lande bestudeer word. (2 x 2) (4) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe werkers in multinasionale korporasies soos Nike behandel is. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 8 (Vraestel 2) 10792/21 3.4 Gebruik Bron 3D. 3.4.1 Volgens die inligting in die bron, waarom het Nike hulle beeld in die 1990's herstel? (1 x 2) (2) 3.4.2 Wat, dink jy vervaardig Nike? (1 x 1) (1) 3.4.3 Kies TWEE bewyse uit die bron om aan te dui dat werkers in die Nike- fabriek in Viëtnam ongelukkig was. (2 x 1) (2) 3.4.4 Identifiseer die maatskappy wat na bewering toegang tot Nike se kontrakfabrieke geweier is. (1 x 1) (1) 3.5 Vergelyk Bronne 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die getuienis in Bron 3D ondersteun oor die behandeling van werkers in multi-nasionale maatskappye soos Nike. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe globalisering werkers in ontwikkelende lande geraak het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 9 (Vraestel 2) 10792/21 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's Tot watter mate het Steve Biko en die ideologie van Swartbewussyn bygedra tot die 1976 studentebetogings in Soweto? Ondersteun jou argument met behulp van relevante bewyse. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Die opposisiepartye en die Nasionale Party-regering in Suid-Afrika is uiteindelik gedwing om die politieke dooiepunt op te los deur onderhandelinge in die 1990's wat gelei het tot die geboorte van 'n nuwe demokratiese Suid-Afrika in 1994. Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die proses van onderhandelinge wat tussen 1990 en 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WȆRELD ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 het gedien as 'n groot vonk vir die politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Stem jy saam met die stelling? Staaf jou argument deur te verwys na relevante gebeure wat die politieke landskap in Suid-Afrika tussen 1989 en 1990 gevorm het. [50] TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all