Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202124 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 GESKIEDENIS V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne. 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne. (20) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en 30% VLAK 3 beperkings vas te stel. (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. P Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 5 2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die gestruktureerde om antwoord te opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie. gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het ʼn argument is duidelike argument gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of goed te ontwikkel. gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument gebalanseerde, Gevolgtrekking argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike gemaak uit bewyse verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn argument ontwikkel met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te Argument gevolgtrekking uit ondersteun. die bewyse te bewyse nie. maak nie. deurgaans maak om die volgehou en INHOUD argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1 HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG- SPANNING TUSSEN DIE WESTERSE MAGTE EN DIE SOWJETUNIE BYGEDRA? 1.1 1.1.1 Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Duitsland (1 x 1) (1) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Duitsland is in vier besetting sones verdeel • Berlyn is ook verdeel, met die Westelike deel van die stad onder Geallieerde beheer en die ooste onder Sowjet-beheer. (2 x 1) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘dwing die land om oorlogreparasies te betaal’ • ‘om sy industriële tegnologie te oorhandig om die na-oorlogse Sowjet-herstel te bevorder’ (Enige 1 x 1) (1) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V1] • Dit is omdat daar geen ooreenkoms by Yalta of Potsdam bereik is op 'n eenvormige geldeenheid vir die verskillende sones nie. • Die Geallieerdes het Rusland nie ingelig oor die bekendstelling van die nuwe geldeenheid nie, alhoewel hulle Berlyn gesamentlik beheer het. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V2] • Die Sowjetunie het dadelik hul eie geldeenheid, die Ostmark, in Berlyn en Oos-Duitsland uitgereik. • ‘Op dieselfde dag – 24 Junie 1948 – het hulle alle pad-, spoorlyn- en kanaal toegang tot die Geallieerde besette sones van Berlyn geblokkeer en aangekondig dat die gesamentlike administrasie van die stad tot ʼn einde gekom het.’ (2 x 1) (2) 1.2 1.2.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V1] • Koue oorlog is ʼn ideologiese stryd tussen kapitalisme en kommunisme sonder om by fisiese gevegte betrokke te raak. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Hulle wou ʼn vurige oorlog vermy. • Hulle wou nie as die aggressor beskou word nie. • Duitsland het pas uit ʼn 6-jarige oorlog gekom, en nog ʼn oorlog sou verwoesting veroorsaak het. • ʼn Gewapende konflik in Berlyn sou tot die dood van duisende Duitsers gelei het. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.2.3 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V2] • Ekonomiese stelsel op privaat besit gebaseer • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Hulle was nie bereid om gewapende konflik met die Sowjetunie te waag nie. (1 x 1) (1) 1.2.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • VSA • Brittanje • Frankryk (Enige 2 x 1) (2) 1.2.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Om die ekonomiese herstel van Wes-Berlyn te bespoedig. • Om aan die wêreld te wys dat kapitalisme beter as kommunisme is. • Om die sukses van kapitalisme te demonstreer. • Om moontlike onluste onder die inwoners van Wes-Berlyn te verhoed. • Om verdeeldheid in Oos-Duitsland en Oos-Berlyn teweeg te bring. • Om verdeeldheid onder kommunistiese denke teweeg te bring. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Kos • Steenkool • Klere • Ander noodsaaklikhede (Enige 2 x 1) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Hulle was afgesny van noodsaaklike benodighede • Inwoners was afgesny van familie wat in ander sones gewoon het. • Inwoners van Wes Berlyn was nou blootgestel aan kragonderbrekings, voedseltekorte en voedselrantsoenering • Inwoners van Wes Berlyn was nadelig deur die blokkade getref • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Hulle wou hul weerstand teen die blokkade ten toon stel • Hulle wou nie ingee vir kommunistiese druk nie • Hulle wil Rusland wys dat hulle nie van hulle afhanklik was nie • Om hul vasberadenheid om onder ʼn kapitalistiese bestel te leef, te demonstreer. • Hulle sou hul onafhanklikheid verloor indien hulle hulp vanaf Rusland sou aanvaar. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 9 1.3.4 [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1C – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit wys dat die Geallieerdes nie vir Russiese druk ingegee het nie • Dit gee die fyner besonderhede van die lugbrug wat die Geallieerdes gebruik het om Wes Berlyn van voorrade te voorsien • Dit demonstreer die Geallieerdes se vasberadenheid om kommunisme in te perk • Dit demonstreer die Geallieerdes se vasberadenheid om kapitalistiese en demokratiese lande te beskerm en ondersteun. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Dit wys Westerse magte wat noodsaaklikhede in Wes-Berlyn aflewer • Hulle het vliegtuie gebruik om kos gedurende die Berlynse- Blokkade af te lewer • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • Vliegtuie (1 x 1) (1) 1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en 1D – V3] • Bron 1C verklaar dat Britse en Amerikaanse soldate sowat 400 000 vlugte na Wes-Berlyn gemaak het terwyl Bron 1D die vliegtuie wat die vlugte gemaak het duidelik uitbeeld • Bron 1C verklaar dat Britse en Amerikaanse soldate byna twee miljoen ton kos, steenkool, klere en ander noodsaaklikhede afgelewer het terwyl Bron 1D die kratte waarin die kos, steenkool, klere en noodsaaklikhede vervoer was duidelik uitbeeld. • Beide bronne wys dat voedsel deur middel van vlugte afgelewer is • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende as punte gebruik om die vraag te beantwoord: • Die Verenigde State, Frankryk en die Sowjetunie het Duitsland en Berlyn in vier sones verdeel (Bron 1A) • Die Westerse magte het besluit om hul sones te kombineer om Wes- Berlyn te vorm, terwyl Rusland hul sone Oos-Berlyn genoem het (Eie kennis) • Geen ooreenkoms is bereik oor ʼn eenvormige regeringstelsel in verskillende sones nie (Eie kennis) • Westerse magte het ʼn nuwe geldeenheid ingestel en dit het tot voorspoed in Wes Berlyn gelei in vergelyking met armoede in Oos- Berlyn Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) • Stalin het die bekendstelling van die nuwe geldeenheid as ʼn skending van die na-oorlogse ooreenkomste beskou (Bron 1A) • Stalin het al die toegangsroetes en kanale geblokkeer om totale beheer oor Berlyn te neem (Bron 1A) • Westerse bondgenote was nie bereid om gewapende konflik met die Sowjet-unie te waag om toegangsroetes na Wes-Berlyn oop te maak nie (Bron 1B) • Hulle het besluit om hul sektore te voorsien van al die noodsaaklikhede deur vliegtuie (Bron 1B, 1C en 1D) • Vlugte het elke 45 sekondes by een van die drie lughawens in Wes- Berlyn geland (Bron 1C en Bron 1D) • Stalin aan ander kant was nie bereid om ʼn oorlog te waag deur daardie vliegtuie te skiet nie (Bron 1B) • In Mei 1949 het Stalin die Blokkade beëindig/opgehef (Bron 1B) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. toon min of geen begrip oor hoe die Berlynse Blokkade bygedra het tot Koue Oorlog- PUNTE VLAK 1 spanning tussen die VSA en die Sowjetunie. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag doen nie. • Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Berlynse Blokkade tot PUNTE VLAK 2 Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en 3–5 die Sowjetunie bygedra het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese wyse. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor hoe die Berlynse Blokkade tot Koue Oorlog-spanning tussen PUNTE VLAK 3 die VSA en die Sowjetunie bygedra het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 11 VRAAG 2: WAAROM HET ANGOLA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG GEDURENDE DIE 1970’s EN 1980’s GEWORD? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Diamante • Olie (2 x 1) (2) 2.1.2 [Definisie van historiese begrip uit Bron 2A – V1] • ʼn Vredesooreenkoms tussen vegtende partye om ʼn einde te maak aan ʼn gewapende konflik • Enige relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Portugal (1 x 1) (1) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • MPLA • FNLA • UNITA (3 x 1) (3) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Rusland wou kommunisme in Afrika versprei. • Rusland wou vlootbase in Afrika bekom • Rusland wou handelsooreenkomste met Afrika-lande onderteken • Enige relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘... die supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp aan hul voorkeurkliënte gelewer het’ (1 x 2) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die VSA wou verhoed dat die kommunistiese MPLA Angola oorneem • Die VSA wou haar petroleum-belange in Angola beveilig • Die VSA wou nie troepe na Angola stuur nie aangesien sy reeds in Vietnam verslaan was; dus het hulle hierdie bewegings ondersteun om die MPLA omver te werp • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • MPLA en Castro was kommunistiese bondgenote • Baie Kubane was van Angolese afkoms • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.4 [Definisie van historiese begrip uit Bron 2B – V2] • Die reg van Angolese burgers om hulself te regeer, vry van koloniale beheer/gesag. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Russe • Kubane (2 x 1) (2) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Ruacana’ • ‘Calueque’ (2 x 1) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Die MPLA was ʼn kommunistiese organisasie. • Die MPLA was teen SA se apartheidsbeleid gekant • Die MPLA het SWAPO en ANC toegelaat om militêre basisse in Angola te vestig. • SA wou nie deur kommunistiese buurstate omring word nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3.4 [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 2C – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit gee ʼn objektiewe beeld van SA se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975 • Die doel van die bron is om die leser in te lig oor SA se redes vir ingryping in Angola. • Dit beklemtoon die vrees van die SA regering vir kommunisme. • Dit wys dat SA ekonomiese en politieke belangstelling in SWA gehad het wat hulle wou beskerm. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • SA en UNITA het ʼn baie goeie verhouding gehad. • SA en UNITA was bondgenote. • SA en UNITA het mekaar se doelwitte tydens die Angolese burgeroorlog ondersteun • SA het UNITA as die regerende party in Angola verkies. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • UNITA is die vyand van die MPLA en SA; daarom is die twee bondgenote. • UNITA is die vyand van die MPLA en daarom is UNITA die vriend van SA. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 13 2.5 [Vergelyking van inligting uit Bron 2A en Bron 2D – V3] • Bron 2C meld dat SA vir UNITA ondersteun het, terwyl hierdie ondersteuning duidelik in Bron 2D uitgebeeld word. • Bron 2C meld dat SA begin het met die opleiding van UNITA-soldate, terwyl hierdie ondersteuning duidelik uitgebeeld word op die foto waar Magnus Malan langs PW Botha en Jonas Savimbi gesien word. • Albei bronne beeld SA en UNITA as bondgenote uit. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit. • Na onafhanklikheid het die drie bewegings in Angola meegeding om mag in Angola oor te neem (Eie kennis) • Angola was ryk aan diamante en olie en het dus buitelandse inmenging aangewakker (Bron 2A) • Die supermoondhede en hul bondgenote het militêre hulp aan hul voorkeur kliënte gelewer (Bron 2B) • Die VSA het hulp en opleiding aan FNLA en UNITA verskaf (Bron 2B) • Die Sowjetunie het ook militêre opleiding en toerusting aan die MPLA (Bron 2B) verskaf • SA het UNITA ondersteun omdat hulle die verspreiding van kommunisme in Suidelike-Afrika wou verhoed (Bron 2B) • SA wou sy eie isolasie verbreek en het daarom die VSA se versoek om UNITA te ondersteun, verwelkom (eie kennis) • MPLA onderhandel met Castro vir Kubaanse hulp (Bron 2B) • SA was teen die kommunistiese MPLA gekant (Bron 2C) • Suid-Afrika het UNITA ondersteun (Bron 2B) • Suid-Afrika het ekonomiese belange in SWA – Ruacana- en Calueque- damme gehad (Bron 2C) • SA het UNITA ondersteun as die amptelike regering van Angola (Bron 2C en 2D) • SA en UNITA verenig in hul poging om die MPLA as amptelike regering van Angola omver te werp. (Bron 2C en 2D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. toon min of geen begrip oor waarom Angola die fokuspunt van die Koue Oorlog in Afrika PUNTE VLAK 1 gedurende die 1970’s geword het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag doen nie. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp bv. toon ʼn paar begrip oor waarom Angola die fokuspunt van die Koue PUNTE VLAK 2 Oorlog in Afrika gedurende die 1970’s 3–5 geword het. Gebruik bewyse op ʼn baie basiese wyse. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n insig oor waarom Angola die fokuspunt van die Koue Oorlog in Afrika gedurende die PUNTE VLAK 3 1970’s geword het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 15 VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE TYDENS DIE INTEGRASIE VAN SENTRAAL HOËRSKOOL IN 1957 IN DIE GESIG GESTAAR? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • ‘dat rasse-segregasie in opvoedkundige fasiliteite ongrondwetlik was’ (1 x 2) (2) 3.1.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 3A – V1] • Die beëindiging van segregasie en die oopstelling van fasiliteite vir alle rasse. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Dit het beteken dat gesegregeerde skole en universiteite die wet oortree het. • Dit het beteken dat gesegregeerde onderwysgeriewe nie in die grondwet aanvaar en beskerm word nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • ‘Tagtig studente’ (1 x 1) (1) 3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A –V2] • Hulle was meer gemaklik tussen hul eie mense • Hulle wou rassisme teenoor hulle by Little Rock vermy. • Hulle wou nie verneder word nie. • Hulle het geweet dat hul veiligheid nie gewaarborg sou wees nie. • Hulle het vervolging aan die hande van die KKK vermy. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘Alleen, en met knieë wat bewe, ...’ (1 x 2) (2) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘... ʼn bespottende oproerige skare het haar pad geblokkeer.’ • ‘Weereens het die oproerige skare haar omsingel.’ • ‘Kry ʼn tou’ • ‘Sleep haar oor na hierdie boom!’ • ‘Kom ons maak ʼn plan met die neger’. (Enige 3 x 1) (3) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2] • Die wit oproerige skare was teen integrasie by Hoërskool Sentraal gekant • Die wit oproerige skare was steeds rassisties • Die wit oproerige skare het geglo dat blankes meerderwaardig en swartes minderwaardig was. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Grace Lorch was nie rassisties nie • Grace Lorch het nie swartes as ʼn minderwaardig ras beskou nie • Grace Lorch was ten gunste van integrasie • Grace Lorch het alle rasse as gelyk beskou • Grace Lorch was simpatiek teenoor die lot van swartes gesind • Sy was simpatiek teenoor Eckford • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Rasse-integrasie was nie deur die blanke gemeenskap in Arkansas geduld nie • Rasse-integrasie sou moeilik toegepas word • Rasse-integrasie was selfs deur die staatspolisie verhoed • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3.2 [Evaluering van die betroubaarheid van bewyse in Bron 3C – V3] Die bron is BETROUBAAR tot ʼn groot mate omdat dit: • ʼn Primêre bron is wat eerstehandse inligting oor die gebeurtenis verskaf • Die inligting deur ander historiese bronne bevestig kan word • Die fotograaf teenwoordig tydens die gebeurtenis was – ooggetuie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4 [Vergelyking van bewyse in Bronne 3B en 3C – V3] • Bron 3B verklaar dat Elizabeth op pad skool toe deur ʼn woedende blanke skare begroet was, terwyl Bron 3C die woedende skare uitbeeld • Bron 3B verklaar dat die Nasionale Wagte niks gedoen het om Elizabeth te beskerm nie terwyl Bron 3C die Nasionale Wagte uitbeeld as passiewe soldate wat die gebeurtenis net aanskou in plaas daarvan om Elizabeth te beskerm • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘... hy die aksie geneem het om die oppergesag van die reg te verdedig ...’ • ‘en eie reg deur oproerige skares en anargie te voorkom.’ (2 x 1) (2) 3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘Swart studente was nog steeds aan verbale en fisieke aanrandings aan die hand van ʼn faksie wit studente onderwerp’ • ‘Melba Patillo, een van die nege, was met suur in haar oë gegooi’ • ‘Elizabeth Eckford was van die trappe afgestoot’ • ‘Die drie manlike studente in die groep was aan meer konvensionele aanrandings onderwerp’ • ‘Minnijean Brown was geskors nadat sy ʼn bak kerriekos oor die kop van ʼn tergende wit student gestort het’ (Enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 17 3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Hy was teen rasse-integrasie van skole gekant. • Faubus was ʼn rassis. • Faubus wou voorkom dat die swart leerders die skool binnegaan. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.5.4 [Definisie van historiese konsep in Bron 3D – V2] • Verwys na die situasie waar Afro-Amerikaners en blankes dieselfde fasiliteite sou deel sonder rassediskriminasie. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.6 [Interpretasie, analise en sintese uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: • Die rassediskriminasie was baie algemeen in die suidelike state en Arkansas is ook geraak (Bron 3A) • Brown versus Raad van Onderwys van Topeka beslis dat rasse- segregasie in opvoedkundige fasiliteite ongrondwetlik was (Bron 3A) • Integrasie by Little Rock was goedgekeur maar omdat dit in die suide geleë was, was baie uitdagings verwag (Bron 3A) • Elizabeth Eckford, een van die Little Rock nege is toegang by die Sentraal hoërskool geweier (Bron 3B) • ʼn Woedende wit oproerige skare het haar omring, op haar geskree en haar geteister (Bron 3B) • Die wagte het niks gedoen om Elizabeth Eckford te beskerm nie (Bron 3B en 3C) • Die president het besluit om integrasie met geweld af te dwing (Bron 3D) • Swart studente is aan verbale en fisiese aanrandings onderwerp (Bron 3D) • Goewerneur Faubus het die skoolintegrasieplan beveg deur Little Rock se hoërskool te sluit eerder as om integrasie toe te laat (Bron 3D) • Ten spyte van die uitdagings het die meerderheid swart studente gegradueer (Bron 3D) • Enige ander relevante reaksie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Kan nie bewyse onttrek of bewyse uit die bronne op ʼn baie elementêre wyse onttrek nie, bv. toon min of geen begrip van die uitdagings wat die Little Rock Nege in 1957 tydens die PUNTE VLAK 1 integrasie van Sentraal hoërskool in die 0–2 gesig gestaar het. • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag doen nie. • Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal relevant is en in ʼn groot mate verband hou met die onderwerp, bv. toon begrip van die uitdagings wat die Little Rock Nege in 1957 PUNTE VLAK 2 tydens die integrasie van Sentraal hoërskool 3–5 in die gesig gestaar het. • Gebruik bewyse uit bronne op ʼn baie basiese wyse. • Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat 'n deeglike begrip van die onderwerp toon bv. demonstreer ʼn deeglike begrip van die uitdagings wat die Little Rock Nege in 1957 PUNTE VLAK 3 tydens die integrasie van Sentraal hoërskool 6–8 in die gesig gestaar het. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 19 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.] SINOPSIS Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die stelling nie en hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. As hulle nie met die stelling saamstem nie, moet die kandidate die ander militêre strategieë wat gebruik is om kommunisme te beperk, identifiseer en bespreek. Hoofaspekte Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet met die stelling saamstem of nie saamstem nie en hul redes kortliks verduidelik. UITBREIDING • Na die Franse Viëtnamese oorlog was Viëtnam verdeel langs die 17de Parallel, in Noord- en Suid-Viëtnam • Noord-Viëtnam was onder die bewind van ʼn kommunistiese regime, terwyl Suid-Viëtnam onder ʼn kapitalistiese regime was • Die VSA het onvoorwaardelike ondersteuning aan Suid-Viëtnam gegee • Suid-Viëtnam is geregeer deur die korrupte en ongewilde Ngo Dinh Diem • Die Nasionale Bevrydingsfront is gestig en het 'n guerrilla-leër, die Viëtcong gevorm • Ngo Dihn Diem is omver gewerp – onstabiliteit in Suid-Viëtnam • Vietcong het ʼn uitgerekte veldtog begin om Viëtnam te verenig • China en Noord-Viëtnam het die Viëtcong ondersteun • Die VSA het betrokke geraak – om die verspreiding van kommunisme in Suid-Oos-Asië te voorkom – die ‘Domino-Effek’ • Die Viëtcong ontvang voorrade van die kommunistiese Noord-Viëtnam deur die Ho Chi Minh Roete • VSA se operasie/veldtog Rolling Thunder: Bomaanval-veldtogte gerig teen Noord-Viëtnam. Duisende burgerlikes is deur die bomme doodgemaak. Bomaanvalle was intensief en dit het vir agt jaar geduur. Die operasie/veldtog het misluk, deels omdat Noord-Viëtnam hoofsaaklik ʼn boerderygemeenskap- land was en daar geen militêre of industriële teikens was nie. Rusland en Chinese was in staat om alle militêre voorrade wat die Amerikaners vernietig het, te vervang • Tet-offensief-: Op 30 Januarie 1968 het die Viëtcong en Noord-Viëtnamese Weermag wydverspreide aanvalle op ongeveer 100 stede en dorpe geloods. Hierdie aanvalle was beplan om saam te val met die eerste dag van die Tet vakansie, hoewel daar ʼn ooreenkoms was om ʼn skietstilstand gedurende die vakansie te onderneem. Die aanval het as ʼn verrassing vir die Suide en sy Amerikaanse bondgenote gekom. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) • Die VSA se gebruik van tegnologiese wapens: Amerikaners het ʼn paar metodes gebruik wat staatgemaak het op die toepassing van die wetenskap tot oorlogvoering. Helikopters is gebruik om troepe te vervoer. ʼn Groot probleem vir die Amerikaners was om die VC in die dik, tropiese oerwoud te vind. Hulle het dus Agent Oranje ontwikkel om die oerwoud te vernietig waar die VC-soldate kon wegkruip. Agent Blue is deur Amerikaners gebruik en dit het die land besoedel, wat vir baie jare onvrugbaar gebly het. Amerika het ook chemiese wapens gebruik wat aan die brand slaan. Napalm produseer ʼn dik jellie stof wat homself heg aan die vel en deur na die spiere en bene brand. • Soek-en-vernietig beleid: Die doel van die beleid was om die vyand te vind en te vernietig. Een probleem was om die vyand te identifiseer. Onskuldige burgerlikes was die slagoffers van die bomme. Dit was dus baie ʼn tref-en- mis-beleid. • Die VSA se openbare teenkanting teen die oorlog • Die VSA se swaar verliese • Die VSA-onttrekking • Val van Saigon: Die hoofstad van Suid-Viëtnam was Saigon en die Amerikaanse ambassade self is na ses en ʼn half uur deur guerrillas beset. Amerikaners het hierdie geleentheid op TV gekyk. Die simbool van Amerikaanse mag en prestige wat die sentrum van Saigon oorheers het, is met koeëlgate van ontslae geraak. • Amerikaanse perspektief van die oorlog • Viëtnamese perspektief van die oorlog • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 21 VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.] SINOPSIS Kandidate moet fokus op die politieke en ekonomiese uitdagings wat die Kongo in die gesig gestaar het nadat hulle onafhanklikheid bereik het. Hulle moet ook al die suksesse wat behaal is ten spyte van die omstandighede beklemtoon. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet die suksesse en uitdagings wat die Kongo in die gesig staar krities bespreek met spesifieke verwysing na die ekonomiese en politieke aspekte na die verkryging van onafhanklikheid van koloniale heerskappy. UITBREIDING POLITIEKE ASPEKTE Kongo: • Die bereiking van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (die Kongo 1960) – J. Kasavubu het president geword en P. Lumumba het die eerste minister geword • Nadat hy veelpartyverkiesings tydens onafhanklikheid gehou het, het die Kongo binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid ʼn eenpartystaat geword • Mobuto Sese Seko het lewenslank as president aangebly tot sy dood in 2007 • Mobuto het ʼn gevoel van nasionale eenheid en trots in Zaïrese identiteit en kultuur probeer bevorder • Hy het die naam van die Kongo na Zaïre verander • Die nuwe naam het ʼn program van ‘Zaireanisasie’ ingelei • Mobuto het die faksie/groep ondersteun in die Angolese burgeroorlog wat besig was om te verloor • Mobuto Sese Seko het ʼn kleptokrasie geskep waar ʼn groep aangestelde publieke amptenare hul posisies vir finansiële gewin misbruik het • Het Afrika-waardes teruggebring • Sterk gesentraliseerde regering • Politieke stabiliteit (alhoewel gebaseer op outoritarisme) • Enige ander relevante respons EKONOMIESE ASPEKTE • Die Kongo het ʼn eenproduk-ekonomie van haar koloniseerder geërf • Die Kongo het ʼn kapitalistiese model gevolg • Die Kongo het gesukkel om sy ekonomie te ontwikkel • Mobuto het aanvanklik nywerhede genasionaliseer met behulp van die Zairianisasie-beleid – plase en besighede van die buitelandse eienaars is afgeneem en met Kongolese burgers vervang. • Die Kongolese burgers was ontevrede omdat die land se ekonomie in duie gestort het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) • Die Kongolese was sonder kos en etniese groepe het onder mekaar baklei om waardevolle hulpbronne te beheer • Toe dit misluk het weens ʼn gebrek aan vaardighede en swak bestuur het hy ʼn kapitalistiese model aangeneem en besighede aan buitelandse eienaars terug gegee • Hy het die idee van vrye onderneming ondersteun en buitelandse maatskappye aangemoedig om hulself by die ekonomiese ontwikkeling van Zaïre te betrek • Kongo moes buitelandse hulp aanvaar en beleggings toelaat wat aanvanklik as neo-kolonialiste beskou is • Enige ander relevante antwoord. • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 23 VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950’s TOT DIE 1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.] SINOPSIS Kandidate moet aandui in hoeverre die Swartmagbeweging daarin geslaag het om die lewens van Afro-Amerikaners in die 1960's te verander. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit: Inleiding: Kandidate moet aandui in watter mate die Swartmagbeweging daarin geslaag het om die lewens van Afro-Amerikaners in die 1960's te verander. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument wil ondersteun. UITBREIDING Oorsake • Swartes in die noorde is steeds teen gediskrimineer en steeds ekonomies ontmagtig • Swartes was ontnugter oor die stadige tempo van verandering en vreedsame protesaksies van die CRM • Polisie-brutaliteit was ʼn bydraende faktor • Het nasionalistiese gevoelens aangewakker –- die reg om hulself te regeer Swartmag • Hierdie filosofie het selfstandigheid en selfbeskikking voorgestaan • Swartes aangemoedig om trots op hulself te wees • Swartes aangemoedig om hul eie politiek in hul gemeenskappe te beheer • Swartes aangemoedig om hulself teen polisie-wreedhede te beskerm Die Black Panther Party • Newton en Searle het die BPP vir selfverdediging gevorm • Hulle het die stede gepatrolleer om Swartes teen polisiewreedheid te beskerm • Die Tienpuntprogram was geïmplementeer • Het beter huisvesting en werksgeleenthede vir Swartes geëis • Die oorlewingsprogramme (‘Survival Programmes’) was geïmplementeer • Gratis ontbyt vir kinders, geletterdheidsklasse, voedingskemas en gratis mediese klinieke • Het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig word • Verwerpte wit idees van mode • Was teen rasse-integrasie gekant Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) Die rol van Malcolm X: • Malcolm X was ʼn kragtige spreker en toegewyde menseregte-aktivis • Malcolm X het in swart skeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) geglo en hy het selfrespek en selfdissipline bepleit • Hy het geglo in die konsep van Swart self-trots en selfbeeld / selfrespek / selfhelp • Gevra vir selfverdediging (aggressie) in hul revolusie bv. rasse-onluste in Watt, Detroit • Wou hê Afrika-Amerikaners moet opstaan teen wit owerhede in die nastrewing van vryheid, geregtigheid en gelykheid op watter manier ook al moontlik • Bevorder die gebruik van geweld as ʼn manier van selfverdediging teen diegene wat Afro-Amerikaners aangeval • Enige ander relevante antwoord Die rol van Stokely Carmichael: • Stockely het in 1966 die voorsitter van SNCC (Student Non-violent Koördinerende Komitee) geword en besluit om die leerstellings van die Swartmagbeweging aan te neem. • In 1966 het hy die Black Power-slagspreuk ‘Swart is pragtig’ gewild gemaak • Bepleit die beginsels van Swartmag (doen dinge vir jouself; beheer politiek in hul gemeenskappe; is trots op eie kultuur en verdedig hulself teen rasse- onderdrukking en manipulasie). • Hy het nie in vreedsame verset as ʼn strategie geglo nie weens voortslepende geweld wat deur wit Amerikaners teen Afro-Amerikaners gebruik is. • Bepleit die uitsluiting van ‘wit’ liberale as ʼn filosofie vir Afro-Amerikaners • Stokely Carmichael was ten gunste van Afrika-klere en Afrika-haarstyle as simbool van Swart trotsheid • Carmichael het by die Black Panther Party (vir selfverdediging) aangesluit wat die Swartmag/Swart trotsheid-filosofie in aksie gestel het. • Die Black Panther party is deur Bobby Searle en Huey Newton gestig • Hulle was betrokke by die inisiëring en ondersteuning van gemeenskapsgebaseerde programme en voedingskemas asook anti- armoede sentrums; vir verdediging teen polisiewreedheid; gefokus op sosio- ekonomiese toestande van Afro-Amerikaners en het ook gemeenskapsoorlewingsprogramme bedryf • Die Tienpunt-plan het gedien as die Black Panther Party Manifesto wat sy sosiale, politieke en ekonomiese doelwitte gedek het • Die Black Panther Party het by straatpatrollies betrokke geraak; polisie- aktiwiteite gemonitor en hulself verdedig deur gewere (militêre benadering) te dra om die voortslepende polisiewreedheid en teistering van jong stedelike swart mans te stop • Enige ander relevante antwoord. • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all