Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 


%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)


View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 736.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Eng (2)Memo · AfrMemo · isiXhosa
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · SesothoMemo · EngMemo · AfrErrata
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN
DIE SOWJETUNIE (USSR) BYGEDRA?
BRON 1A
Hierdie bron verduidelik die redes vir Stalin se blokkade van Berlyn in 1949.
Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State, Frankryk en die
Sowjetunie die verslane Duitsland in vier besettingsones verdeel, soos uiteengesit by die
Yalta-konferensie in Februarie 1945 en later daardie jaar by Potsdam geformaliseer was.
Berlyn, alhoewel dit binne die Sowjet-besette sone geleë is, is ook verdeel, met die
Westelike deel van die stad onder Geallieerde beheer en die ooste onder Sowjet-beheer.
Die Sowjetunie, onder leiding van Joseph Stalin, wou Duitsland ekonomies straf en het
die land gedwing om oorlogreparasies te betaal en om sy industriële tegnologie te
oorhandig om die na-oorlogse Sowjet-herstel te bevorder. Aan die ander kant het die
Geallieerdes Duitsland se ekonomiese herstel as van kardinale belang beskou om dit as
ʼn demokratiese buffer teen die verspreiding van kommunisme in Oos-Europa te bewaar,
aangesien Stalin Sowjet-invloed daar gekonsolideer het.
... In Junie het Amerikaanse en Britse amptenare die nuwe geldeenheid, die Deutschmark,
in Bazonia en Wes-Berlyn bekendgestel, sonder om hul Sowjet-eweknieë in te lig. Die
Sowjetunie het dit as ʼn oortreding van hul na-oorlogse ooreenkomste beskou en dadelik
hul eie geldeenheid, die Ostmark, in Berlyn en Oos-Duitsland uitgereik. Op dieselfde dag
– 24 Junie 1948 – het hulle alle pad, spoorlyn- en kanaaltoegang tot die Geallieerde
besette sones van Berlyn geblokkeer en aangekondig dat die gesamentlike administrasie
van die stad tot ʼn einde gekom het.
[Uit https:// www.history.com/topics/cold-war/berlin-blockade.Toegang op 6 Februarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Die bron hieronder fokus op die reaksie van die Westerse Magte teenoor die Russiese
blokkade van Berlyn in 1949.
Die Berlynse Blokkade was die eerste ernstige botsing tussen die lede van die
voormalige Groot Alliansie, en vanaf daardie oomblik was dit baie duidelik dat die Koue
Oorlog begin het. Die Westerse Bondgenote was nie bereid om gewapende konflik met
die Sowjetunie te waag om die pad na Wes-Berlyn oop te maak nie. Hulle het besluit dat
hul sektore van Berlyn (wes) deur die lug voorsien sou word. Dit het bekend geword as
die Berlynse Lugbrug en dit het vir elf maande geduur totdat die Blokkade in Mei 1949
opgehef is.
By die hoogtepunt van die Berlynse Lugbrug het ʼn vliegtuig van die Westerse magte elke
minuut by Berlyn se Templehof-lughawe geland. Dit het die VSA $350 miljoen en
Brittanje £17 miljoen gekos om Wes-Berlyn op hierdie wyse te voorsien.
Stalin was ook nie bereid om mag te gebruik om die Westerse bondgenote te verhoed
om Wes-Berlyn per lug te voorsien nie, omdat hy nie in ʼn oorlog betrokke wou raak nie.
In Mei 1949 het Stalin die Blokkade beëindig.
Die Geallieerdes was nou vasbeslote om Wes-Berlyn as ‘n toonbeeld van kapitalisme op
te bou. Baie Duitsers van die Sowjet-sone het na Wes-Berlyn verhuis. Duitsland en
Berlyn sou vir die duur van die Koue Oorlog ʼn bron vir spanning in Europa bly.
In April 1949 het die VSA, Brittanje en Frankryk amptelik die vorming van die Duitse
Federale Republiek (Wes-Duitsland) aangekondig. Teen 1949 was daar ʼn wêreldwye
bewustheid van ʼn Koue Oorlog.
[Uit https://www.bbc.co.uk/bitesize/guides/zgdnmsg/revision/4 Toegang op 6 Februarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2021)
BRON 1C
Die uittreksel hieronder beskryf die impak van die Berlynse Blokkade op die Geallieerde
Magte en burgers van Wes-Berlyn.
Tussen 24 Junie 1948 en 30 September 1949 het Britse en Amerikaanse soldate sowat
400 000 vlugte na Wes-Berlyn gemaak en byna twee miljoen ton kos, steenkool, klere en
ander noodsaaklikhede afgelewer. Gedurende die besigste dae het ʼn vliegtuig elke 45
sekondes by een van die drie lughawens in Wes-Berlyn geland. Vlieëniers het selfs die
riviere as aanloopbane gebruik om hul noodsaaklike vragte in te bring. Berlyn se
Havelrivier was ʼn landingsterrein vir amfibiese vliegtuie (vliegtuie wat op water kan land)
wat aan die lugbrug deelneem het.
Selfs met voorrade wat deur Westerse nasies geskenk is, het geblokkeerde Berlyners
egter nie ʼn maklike jaar gehad nie. Daar was só ʼn tekort aan brandstof dat kragsentrales
vir slegs ʼn paar uur elke dag elektrisiteit kon voorsien. Voedselrantsoenerings het
hoofsaaklik bestaan uit ontwaterde (gedroogde) aartappels en vars kosse was glad nie
beskikbaar nie. In die winter het die son voor vieruur gesak. Die mense van Wes-Berlyn
het in hul koue, donker huise sonder hitte, lig of ʼn warm maaltyd saamgedrom om hulle
op te beur.
Die Wes-Berlyners was nietemin vasbeslote om nie aan Sowjet-druk toe te gee nie. Hulle
het geweier om kos van die kommunistiese regering van Oos-Berlyn te aanvaar.
[Uit A History of the United States, VolumeII:1865 to the Present – American Voices deur S Foresman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Hierdie bron is ʼn foto wat voorrade, wat die Westerse Magte aan Wes-Berlyn tussen 1948
en 1949 verskaf het, uitbeeld.
[Uit https://schoolshistory.org.uk/topics/world-history/cold-war-1945-1972/berlin-airlift/. Toegang op 05
Januarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 2: WAAROM HET ANGOLA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG IN
AFRIKA IN DIE 1970’s GEWORD?
BRON 2A
Hierdie bron fokus op die oorsprong van die Angolese Onafhanklikheidsoorlog.
Angola, wat ryk aan diamante en olie was, was een van die laaste Afrika-nasies wat
onafhanklikheid van ʼn Europese mag ontvang het. Op 25 April 1974 het ʼn Portugese
militêre staatsgreep, wat die land se koloniale praktyke teengestaan het, die regime
suksesvol omver gewerp. Die gesamentlike magte van die Popular Movement for the
Liberation of Angola (MPLA), die National Front for the Liberation of Angola (FNLA), en
die National Union for Total Independence of Angola(UNITA) het ʼn oorgangsregering met
die Alvor-verdrag van 1974 geskep.
Binne ʼn jaar het die regering gedisintegreer (ineengestort), en die Marxistiese-
georiënteerde MPLA onder Jose dos Santos het beheer oor die grootste deel van Angola
verkry met hulp van die USSR en die Kubaanse weermag. Die Verenigde State, Brasilië
en Suid-Afrika het UNITA befonds, wat ammunisie, intelligensie-verslae en huursoldate
verskaf het.
Hewige gevegte het tot 1991 voortgeduur totdat ʼn tydelike ooreenkoms bekend as die
Bicesse-akkoord bereik is. Die ooreenkoms het ʼn beroep op ʼn onmiddellike skietstilstand
en die verwydering van albei Suid-Afrikaanse troepe gedoen. Die ooreenkoms het ʼn
mandaat vir ʼn nuwe nasionale regering en weermag verskaf, tesame met Angola se eerste
veelpartyverkiesings.
[Uit www.blackpast.org>angolan-civil-war1975-2002 Toegang op 7 Februarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie bron verduidelik die betrokkenheid van die supermoondhede in die Angolese
Burgeroorlog van 1975.
Die krisis in Angola het ontwikkel tot ʼn Koue Oorlog-slagveld namate die supermoondhede
en hul bondgenote militêre hulp aan hul voorkeurkliënte gelewer het. Die Verenigde State
van Amerika het hulp en opleiding aan beide die FNLA en UNITA verskaf , terwyl troepe
van Zaïre Holden Roberto en sy soldate bygestaan het. China het ook militêre instrukteurs
gestuur om die FNLA op te lei. Die Sowjetunie het militêre opleiding en toerusting vir die
MPLA verskaf. Gedurende die somer van 1975 kon die Sowjet-ondersteunde MPLA mag
in Luanda konsolideer en die VSA-ondersteunde FNLA uit die hoofstad verdryf, maar die
FNLA het voortgegaan om aan te val. Die oorblywende Portugese troepe kon nie die
geweld stuit (stop) nie. Toe MPLA-leier Agostino Neto 11 November 1975 aangekondig het
as die dag van Angolese onafhanklikheid, het Lisabon besluit om sy troepe op daardie dag
te onttrek.
Die MPLA het ook lang gevestigde verhoudings met Fidel Castro se Kuba gehad. Voor 1
November het die MPLA met Castro vir Kubaanse hulp onderhandel. Terselfdertyd het
UNITA, wat Amerikaanse steun geniet het, die apartheidsregering in Suid-Afrika genader
vir militêre versterking. Pretoria het, met die doel om die gebruik van Angola as basis vir
rebelle wat vir die onafhanklikheid van die Suid-Afrika-besette Namibië geveg het te
beëindig, troepe gestuur wat Suidelike Angola in Oktober betree het en vinnige opgang in
die rigting van die hoofstad gemaak het. In reaksie hierop het Castro Kubaanse spesiale
magte gestuur om die Suid-Afrikaanse opmars te stop en het daarin geslaag om aandag te
vestig op die feit dat die Verenigde State steun verleen het aan ʼn groep wat nou hulp van
ʼn apartheidsregering aanvaar het.
[Uit history.state.gov/milestone/1969-1976/angola-. Toegang op 8 Februarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2021)
BRON 2C
Die onderstaande bron verduidelik die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid by die
Angolese burgeroorlog van 1975.
In die Volksraad in Januarie 1976 het Vorster (Suid-Afrikaanse premier) die skuld vir die
ingryping van Suid-Afrika in Angola vierkantig op die skouers van die Russe en Kubane
geplaas: Ons betrokkenheid was die effek van die Russiese en Kubaanse ingryping. As
hulle nie Angola binnegekom het nie, as hulle nie aan hierdie saak deelgeneem het nie,
sou hulle die hele Angola nie probeer ondermyn (ondermyn) en die mense onderdruk het
nie, sou Suid-Afrika nooit Angola binnegekom het nie ... Ons het ingegaan om Kuba en
die MPLA van die damme weg te jaag (Ruacana en Calueque)’.
Dit kan beswaarlik betwyfel word dat die steun wat die Russe en die Kubane aan die
MPLA in die vorm van wapens en opleiding gegee het, in 'n mate daartoe bygedra het om
die ingryping van Suid-Afrika te motiveer, maar dit is onwaarskynlik dat dit so ʼn
deurslaggewende rede was as wat Vorster geïmpliseer het. Dit was SWAPO, nie die
Kubane en die MPLA nie, wat die twee damme tussen Ruacana en Calueque bedreig het.
Die hoofrede vir Suid-Afrika se ingryping in Angola was nie die teenwoordigheid van
Russe en Kubane nie, maar die begeerte om te keer dat ʼn vyandige MPLA-regering
beheer oorneem. Toe Suid-Afrikaanse troepe vroeg in Oktober Angola binneval, was daar
amper geen Russe en baie min Kubane in die land.
Daar is ook bewyse dat president Kaunda van Zambië en president Mobutu van Zaire,
wie nie die MPLA goedgesind was nie, Suid-Afrika se steun vir die FNLA en UNITA
verwelkom het.
... Suid-Afrika se optrede het haar geleidelik dieper in die Angolese oorlog getrek ...
Generaal Hendrik van den Bergh is na Frankryk gestuur om wapens ter waarde van R20
miljoen vir die FNLA en UNITA aan te skaf ... Suid-Afrikaanse instrukteurs het begin om
FNLA en UNITA soldate in Suid-Angola op te lei.
[Vertaal uit South Africa in the 20th Century by BJ Liebenberg and SB Spies]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Die onderstaande foto het in The Observation Post verskyn en is getiteld, ‘Die vyand van
my vyand is my vriend’. Dit beeld Magnus Malan, PW Botha en Jonas Savimbi uit op die
grens van Angola tydens die Angolese burgeroorlog van 1975.
[Uit https://samilhistory.com/2017/08/19/the-enemy-of-my-enemy-is-my-friend/#comments. Toegang op 12
Julie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE TYDENS DIE
INTEGRASIE VAN DIE SENTRAAL HOËRSKOOL IN 1957 IN DIE GESIG
GESTAAR?
BRON 3A
Hierdie bron beskryf die rede vir die integrasie van opvoedkundige fasiliteite in Arkansas
in die 1950’s.
Op 17 Mei 1954 het die Amerikaanse hooggeregshof eenparig in Brown versus Raad van
Onderwys van Topeka beslis dat rasse-segregasie in opvoedkundige fasiliteite
ongrondwetlik was. Vyf dae later het die Little Rock skoolraad ʼn verklaring uitgereik en
verklaar dit hulle aan die besluit sal voldoen toe die hooggeregshof die metode en
tydsraamwerke waarin desegregasie geïmplementeer moet word, uiteengesit het.
Arkansas was destyds onder die meer progressiewe Suidelike State ten opsigte van
rassekwessies. Die Universiteit van Arkansas Skool vir Regte was geïntegreer in 1949 en
die Little Rock openbare biblioteek in 1951. Selfs voordat die Hooggeregshof beveel het
dat integrasie ‘met alle doelbewuste spoed’ moes voortgaan, het die Little Rock skoolraad
in 1955 eenparig ʼn plan van integrasie aangeneem om in 1957 op hoërskoolvlak te begin.
… In die lente van 1957 was daar 517 swart studente wat in die Sentraal hoërskool-distrik
gewoon het. Tagtig het ʼn belangstelling uitgespreek om Sentraal in die herfs by te woon,
en hulle is deur die Little Rock skoolraad ondervra, wat die aantal kandidate tot 17
verminder het. Agt van daardie studente het later besluit om by die slegs-swart Horace
Mann hoërskool aan te bly en die Little Rock Nege agtergelaat om hul pad na Little Rock
se premier hoërskool te maak.
[Uit www.history.com>central high. Toegang op 8 Februarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11
BRON 3B
Hierdie bron fokus op Elizabeth Eckford se ervarings op 4 September 1957, haar eerste
dag by Sentraal hoërskool.
Die eerste toneel wat Eckford gesien het toe sy uit die bus klim, wat ʼn blok van die Sentraal
hoërskool was, was ʼn see van woedende gesigte. Sy het skool toe probeer loop, maar ʼn
bespottende oproerige skare het haar pad geblokkeer. Alleen, en met knieë wat bewe,
het sy haar pad deur die skare gemaak. Sy het hard probeer om nie haar bangheid te wys
nie. “Dit was die langste blok wat ek ooit in my hele lewe geloop het”, het sy later gesê.
Eckford was een van nege studente wat vrywillig aangebied het om een van die eerste
Swart-Amerikaners te wees om Sentraal hoërskool by te woon. Toe sy daardie oggend
na die skool vertrek het, het Eckford gedink dat daar dalk moeilikheid kon wees. Maar sy
het nie geweet dat sy honderde woedende witmense sou sien wat sedert vroegoggend vir
haar gewag het nie. Skielik het ʼn kreet deur die skare gegaan. Elizabeth Eckford het
probeer om die skool binne te gaan.
Eckford het na die Nasionale Wagte teruggedraai, maar hulle het niks gedoen nie. Sy het
terug na die bushalte gestap en op die bank gaan sit. Weereens het die oproerige skare
haar omsingel. ‘Kry ʼn tou. Sleep haar oor na hierdie boom! Kom ons maak ʼn plan met die
neger.’ ʼn Wit vrou het haar pad deur die oproerige skare gemaak en geskree, ‘Los hierdie
kind alleen.’ Waarom martel (ontstel) julle haar?’ Ses maande van nou af, sal julle jul
koppe in skaamte hang.’ Die vrou, Grace Lorch, het saam met Eckford op die bank gaan
sit. Sy het haar arm om die meisie gesit en daar gebly totdat die bus opgedaag het.
Mev. Lorch het saam met Eckford gery totdat sy by die skool afgeklim het waar haar ma
onderrig het.
[Uit http://www.ahsd.org/ socialstudies/williamsm/The%20Mob%20at%20Central%20High%20School.pdf.
Toegang op 9 Februarie 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2021)
BRON 3C
Hierdie foto toon Elizabeth Eckford, een van die nege swart studente wat by die slegs-
blanke Sentraal hoërskool in Little Rock, Arkansas, in Augustus 1957 gaan inskryf het.
Agter haar is ʼn groep ouers en lede van die Nasionale Wag wat haar weens haar ras
geteister het.
[Uit: https://www.history.com/this-day-in-history/central -high-school-integrated. Toegang op 10
Februarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13
BRON 3D
Hierdie bron fokus op die gebeure wat plaasgevind het nadat die Little Rock Nege in 1957
by die Sentraal hoërskool begin het.
Daardie aand, vanuit die Wit Huis, het die president ʼn nasionaal uitgesaaide toespraak
gelewer waarin hy verduidelik het dat hy die aksie geneem het om die oppergesag van
die reg te verdedig en ‘eie reg deur oproerige skares’ en ‘anargie’ te voorkom. Op 25
September 1957 het die Little Rock Nege die skool onder hewige gewapende beskerming
binnegegaan.
Troepe het regdeur die skooljaar by die Sentraal hoërskool aangebly, maar die Swart
studente was nog steeds aan verbale en fisieke aanrandings aan die hand van ʼn faksie
wit studente blootgestel. Melba Patillo, een van die nege, was met suur in haar oë gegooi
en Elizabeth Eckford was van ʼn stel trappe afgestoot. Die drie manlike studente in die
groep was aan meer konvensionele (gewone) aanrandings onderwerp. Minnijean Brown
was geskors nadat sy ʼn bak kerriekos oor die kop van ʼn tergende wit student gestort het.
Sy was later vir die res van die jaar geskors nadat sy voortgegaan het om terug te veg.
Die ander agt studente het konsekwent die ander wang gegee. Op 27 Mei 1958 het Ernest
Green die eerste Swart persoon geword wat aan die Sentraal hoërskool gegradueer het.
Goewerneur Faubus het voortgegaan om die skoolraad se integrasie- plan te beveg, en
in September 1958 het hy Little Rock se drie hoërskole beveel om eerder te sluit as om
integrasie toe te laat. Baie Little Rock-studente het ʼn jaar van onderrig verloor namate die
regsgeveg oor desegregasie voortgegaan het.
[Uit: www.history.com>central-high… Toegang op 8 Februarie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2021)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende verkry:
A History of the United States, Volume II:1865 to the Present – American Voices by S
Foresman
historytoday.com
http://www.ahsd.org/socialstudies/williamsm/The%20Mob%20at%20Central%20High%2
0School.pdf
images.app.goo.gl/e27YpuvQ5ar9M6
www.atomicheritage.org>history
www.blackpast.org>angolan-civil-war1975-2002
www.history.com/this-day-in-history/central -high-school-integrated
www.history.com/topics/cold-war/berlin-blockade.
www.history.com>central
www.history.com>central-high…
https://samilhistory.com/2017/08/19/the-enemy-of-my-enemy-is-my-friend/#comments
South Africa in the 20th Century by BJ Liebenberg and SB Spies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Eng)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper